Gr 1 Juffrou

Januarie 14, 2009 at 6 : 00 244 Kommentaar

So seker as wat die son aan die ooste opkom so seker is dit dat almal mal is oor hulle gr 1 juffrou.  Sy is die mooiste, gaafste en slimste mens op die hele aarde.  Vir die hele jaar gaan daar blomme en geskenkies aangedra word.  So word alle gr 1 juffrouens aanbid.  Of sy dit verdien of nie.  Sy is vir ‘n paar maatjies die beste ding op twee voete vir ‘n hele jaar.  Selfs is sy die grootste heks denkbaar wat ver van enige kind gehou moet word.

Ek was geen uitsondering nie.  Ek was dol oor my gr 1 juffrou gewees.  Deur die jaar het ons ‘n paar keer koppe gestamp en my ma het haar een keer (waarvan ek kan onthou) gaan invlieg, tog het dit gou oorgewaai.  Ek het van haar gehou reg deur die laerskool en selfs reg deur die hoërskool ook.  Ek het eers na skool objektief na haar begin kyk.

Vaalmuis.  Dit is dalk kras gestel, maar dit som haar die beste op.  Sy het nie ‘n sterk persoonlikheid nie en is bloot nie iemand met wie ek sal kan vriende word nie.  Sy is dan nie eers besonders mooi nie.  Ek moet seker toegee dat sy ‘n dierbare mens is, presies seker die mens wat ‘n gr 1 se vertroue kan inboesem.  Ek is seker as ek nou op haar moet gil, sal sy begin huil.

Ek het haar en haar man eendag saam met ‘n kollega van my raak geloop.  Ons het ‘n paar woorde gewissel en ek het haar aan my kollega voorgestel.  Hy vra haar toe hoe ek in haar klas was.  Volgens haar het ek net mooi nooit stil gebly nie.  Duidelik het daar nie veel verander nie.  Soos sy en haar man wegloop, hoor ek hom aan haar sê:  You have taught her well.  Hoe hy dit kon sien 16 jaar nadat ek in haar klas was, weet ek nie, maar dit is seker waar.

Het jy van jou gr 1 Juffrou gehou?  Sal jy nog van haar hou as jy haar nou weer raakloop?  Wat van jou kinders se gr 1 juffrou?

Blogvraag:  In watter skool was Danny en Sandy van Grease (in die fliek)?

Blogantwoord:  Olga was reg met Helen Muller.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kosskool Aan die neus rondlei

244 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 32

    *M*
    Ek soek ook daai fotos!! Julle moet met almal deel😉

    Wille Q
    Was jy dalk die persoon wat die polisie man gejaag het😉

    ’n Polisiebeampte van die Calcutta-polisiekantoor naby Mkhuhlu, Hazyview, mag nooit weer in sy lewe in die Krugerwildtuin kom nie.

    Dit nadat hy tussen Kersfees en Nuwejaar ’n rooibok met ’n polisiebakkie in die wildtuin doodgery het.

    Die polisiebeampte was van die Skukuza-polisiekantoor op pad na die Krugerhek toe ’n trop rooibokke glo oor die pad geloop het.

    Hy het een van die diere doodgery.

    Ná die ongeluk het die polisiebeampte weggejaag, maar is deur ’n toeris van Johannesburg agternagesit en by die Krugerhek aangekeer.

    Hy het die polisiebeampte daar aangehou totdat die wildtuin se wetstoepassers die beampte kon aankla.

    Mnr. Raymond Travers, woordvoerder van die wildtuin, het die voorval gister bevestig. ’n Klag van roekelose en nalatige bestuur is teen die polisiebeampte aanhangig gemaak.

    Dit was die eerste keer sedert 2005 dat iemand toegang tot die wildtuin verbied is. Die vorige keer is ’n man van Nelspruit verbied nadat hy gedreig het om personeel by ’n toegangshek met ’n wielsleutel aan te rand.

    Die wildtuin se voortgesette veldtog teen wetsoortreders die afgelope feestyd het ook sowat R314 000 in hul geldkoffers laat beland.

    Altesame 503 boetes is die afgelope vier weke in die wildtuin uitgereik weens spoedoortredings, rommelstrooiery, harde musiek en mense wat onwettig uit hul voertuie geklim het.

    Mnr. Abe Sibiya, waarnemende direkteur van die wildtuin, sê hulle het talle wenke oor oortredings van besoekers af gekry wat die wildtuin se noodnommer geskakel het.

    “Ons kan ongelukkig nie oral wees nie, maar sulke wenke help ons om oortreders vas te vat,” sê hy.

  • 2. Xanika  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 36

    Adrie ek weet nou nie by ander skole nie, maar by ons word hulle nog ontgroen. Gister met die saalopening moes al die graad 8’s hul klere onderstebo aantrek en in die saal teen die muur staan. Die skoolhoof het op ‘n stadium genoem hoe mooi ons skooldrag is en dat al die ouers moet poog dat hul kinders dit moet dra, maar dat ons nou nie na die kinders teen die muur moet kyk nie! Vanoggend sien ek het hulle “camo” broeke aan met gras op hul koppe.

    Lyk my nou dat daar nie meer mag ontgroen nie, is dit erger as ooit!

  • 3. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 37

    Ek het nog nie eers by die beeld uitgekom vandag nie.

  • 4. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 38

    Ontgroening kan nogal pret wees.

  • 5. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 39

    Ons moes weer afkyk wanneer ons met ‘n matriek praat. Goed en wel, maar as jy ‘n kop langer as die meeste matrieks is, moet jy maar eerder voor jou kyk.

  • 6. Beeld  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 51

    Malani Venter

    Stellenbosch. – Die helfte van die lintwurm in sy varkvleisgereg was al opgeëet voor ’n polisieman van Somerset-Wes die oorblywende deel in sy bord in die Gordonsbaai Spur sien lê het.

    Insp. Hennie Smit het Donderdagmiddag ’n eisbein, ’n tradisionele gebraaide varkgereg, saam met sy vrou in die Sunset Bay-Spur in Gordonsbaai geniet, toe hy volgens hom die segmente van die sowat 7 cm-lange lintwurm in die bord sien lê het.

    Met afgryse het Smit gister vertel hoe ’n stukkie van die oorblywende agterlyf van die wurm uit die vleis gehang het. “Ek het eers gedink dis ’n sening, maar toe sien ek die plat segmente en besef dit is ’n lintwurm.”

    Hy het sonder om ’n woord daarvan aan sy vrou te sê, opgestaan en na die restaurant se toilette gehaas.

    “Ek het die kos wat ek nog besig was om te kou in die toilet uitgespoeg en daarna dit by die ontvangsdame gaan aanmeld,” het Smit gesê.

    Dit was glo nie die eerste keer dat so iets gebeur het nie, het dié aan hom gesê.

    Die bestuurder wat op daardie dag aan diens was, het hom om verskoning gevra en voorgestel hy moet iets anders bestel.

    “Die man het nie eens geskok gelyk toe ek hom inlig van die wurm nie. Ek het toe maar ’n stuk steak en twee dubbel-whiskeys bestel om die gevoel in my weg te kry.”

    ’n Bestuurder van dié Spur het gister by navraag gesê nie hy of die personeel is bewus van dié voorval nie.

  • 7. Beeld  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 52

    Sanri van Wyk

    Die Olimpiese swemheld Ryk Neethling word gereeld voorgekeer vir handtekeninge en foto’s saam met aanhangers.

    By sy besoek aan die 7de laan-stel was dit egter hý wat iemand vir ’n foto gevra het.

    Neethling was gisteraand eenmalig op die gewilde SABC2-sepie te sien.

    Die dag wat die betrokke episode verfilm is, het Neethling vir me. Sara-Lea Wessels, ’n woordvoerder van Danie Odendaal-produksies, gevra om ’n foto van hom saam met die karakter Paula te neem.

    Hy het ook gevra dat sy met sy selfoon ’n foto neem.

    Dié foto, het die swemster gister aan Beeld gesê, was vir sy suster, Jean-Marie (18), en die gesin se huiswerker van sowat 32 jaar, me. Angelina Lehodi.

    Neethling het gesê Paula was aanvanklik sy gunsteling Laan-karakter, maar die Flooze (Sorina Erasmus) soos sy in die sepie bekend staan, is goed besig om Paula se plek in te neem.

    Erasmus is heel duidelik ook ’n groot Neethling-aanhanger. Met die verfilming destyds, het Wessels gesê, het Erasmus drie eksemplare van sy boek vir hom geneem om te onderteken.

    Erasmus het in gisteraand se episode teenoor Neethling gespeel.

    Neethling daag in die episode in Oppiekoffie op vir ’n onderhoud met Paula wat vir die Hillside Times werk.

    Die Flooze “kaap” die onderhoud en vra Neethling om op ’n afspraak met haar te gaan.

    Neethling het sy Laan-ervaring as great beskryf.

    “Ek is ver van ’n akteur af. Al die akteurs en ander mense op die stel was geduldig en behulpsaam,” het hy gesê

    Wessels het gesê die stel het lanklaas so gegons as met die dag van dié opname.

    “Die akteurs word gewoonlik oorval vir handtekeninge en foto’s, maar hierdie keer het hulle foto’s saam met Ryk of sy handtekening gesoek, of gevra dat hy sy boek vir hulle teken.”

    Wessels het gesê die jonger mansakteurs het die storie maar net so op ’n afstand gade geslaan. “ ’n Mens kon sien dat hul gebied binnegedring word. Maar die vroue het geswymel.”

  • 8. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 53

    Hoe moeilik kan dit wees om ‘n freakin telefoon te beantwoord?

  • 9. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 54

    Julle al lankal gese dat die drol ‘n oog vir ‘n ou vrou het.

  • 10. Bottertjie  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 55

    Ek was MAL oor my Gr 1 Juffer! Wat nogal weird is is dat al 4 ons kinders by dieselle juffrou was in Gr 1!

  • 11. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 11 : 56

    Iemand nog hier of sulk julle nou?

  • 12. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 01

    Ek check gou my kos van die kantien af vir wurms !

  • 13. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 06

    Ek is sommer naar vir almal wat graag eisbein eet.

  • 14. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 09

    Botter

    Al 4 van ons het weer verskillende gr 1 juffrouens gehad en ons al 4 het in verskillende skole klaar gemaak.

  • 15. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 09

    Ek eet dit ook graag, maar dit is te veel vleis op een slag.

  • 16. Nats  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 17

    Adrie
    Eeeeuuuwww ek het daai storie oor die wurm gelees!!

  • 17. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 18

    Okay – my kind se eerste dag in die koshuis en hoërskool het soos volg verloop. O ja – daar bestaan nie meer ‘n ding soos ontgroening nie (dis nou inisiasie of sommer tradisie)

    Na ons hulle by die koshuis gelos het moes hulle gaan kyk waar hulle matriek bly – hulle mag NET die brandtrappe gebruik. En hulle moet op die geel streep loop (wat omtrent 30cm van die muur af is).Daar gekom moet hulle vir die matriek koffie gaan maak – hulle noem die matrieks Cortess.

    Elke keer wat hulle die koshuis inkom of verlaat moet hulle so funny pose en skree “whatzup Fernandi”

    Hul moet in die sloot loop skool toe met hul en hul matriek se tas en kliphard eendjies, eendjies stap in ‘n ry sing.

    Hulle 24/7 haarstyl is 10 poniesterte (maak nie saak hoe kort jou hare is nie !

    Hulle is ook met onderstebo skoolklere skooltoe gister.

    Hulle mag nie met seuns of mans praat nie.

    Heeldag skree die matrieks BOM – dan moet hulle platval (sy sê haar knieë en elmboë is al stukkend.

    Dan skree hulle PLAK – dan moet hulle aan die naaste muur, venster of wat ookal vassuig !

    En dan die laaste ding wat ek vir nou kan onthou is hulle skree vir hulle JELLIEVIS – dan moet hulle die naaste seun – of dit nou skoolseun, onderwyser, vreemdeling of hoof is druk (en dan is hulle natuurlik in die bollie want hulle mag nie eers vir mans kyk nie !)

    Gisteraand het hulle chips eet kompetisie gehad , die wat na ‘n sekere tyd die minste oorgehad het het gewen – hulle prys ? Hulle kon die oorblywende chips kry en hulle moes skoonmaak !

    En laaste moes hulle die matriek seuns vra om te dans gisteraand en die st6 seuns moes die matriekmeisies vra om te dans (die seuns en dogterskoshuis eet in die aande saam)

    Vandag is hulle op hulle gr8 kamp, het 12 uur gery – sal hoor wat is volgende.

    O ja – ons moes vir hulle ‘n 60’s uitrusting ook kry – dis vir die konsert en dan is daar een of ander model kompetisie ding waar hulle matriek hulle gaan aantrek vir die occasion !

    Fluit fluit my storie is uit !

  • 18. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 21

    Ek LOVE eisbein – daar is altyd genoeg vir ‘n brakkie pakkie ook ! Sal nou net eers mooi ondersoek instel voor ek weer een eet

  • 19. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 27

    Ek kan verstaan hoekom Spur die storie wil stil hou.

  • 20. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 34

    Dink net as jy ‘n wurm gekou het.

  • 21. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 36

    Aan die anderkant, daar is mense wat vir hulleself ‘n lintwurm laat inplant om gewig te verloor.

  • 22. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 36

    Waar is Skroppie vandag?

  • 23. Nats  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 39

    Adrie
    Nee kyk om ‘n wurm in jou te plant om gewig te verloor is eers gross!!! Ek sal heeltyd vir myself gril om te dink da is ‘n sluimerige wurm binne my!! Wat my kos eet wat na my liggaam toe moet gaan!!!

  • 24. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 43

    En jou bloed suip. GROSS

  • 25. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 44

    Dalk moet ek TOG ‘n eisbein by die Spur gaan eet – he he …

  • 26. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 50

    Eish !!! internet was weer af die hele oggend – GRRRR !!

  • 27. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 52

    Ek is so honger, ek eet sommer ‘n hoop wurms.

  • 28. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 52

    Watse tipe wurms? Mopani, of Sywurms?

  • 29. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 53

    Verkieslik Jelliewurms.

  • 30. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 54

    Zoekoe – welkom !!!

  • 31. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 54

    Suur jellie wurms

  • 32. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 12 : 57

    Of ‘n ham en kaas toebroodjie, mits die ham nie van spur af kom nie.

  • 33. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 00

    Hi Mathilda !! 😀 dankie 😛

  • 34. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 04

    So, het julle my gistermiddag gemis?

  • 35. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 04

    Dis ook al waaraan jy deesdae dink Adrie – KOS en nogmaals KOS !

  • 36. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 07

    What do you mean deesdae – ons soek ALTYD kos !

  • 37. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 07

    Was jy weg gewees? nie agter gekom nie 🙄

  • 38. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 08

    Ek is deesdae die hele tyd honger. My wurm werk ook nie saam nie. Natuurlik tel ek gewig op.

  • 39. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 09

    Ook waar.

    Hoe se hulle: As jy baie studente op ‘n plek soek, belowe hulle gratis drank. As jy AL die studente op ‘n plek soek, belowe hulle kos.

  • 40. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 12

    Daai kos storie werk nogal baie goed ook hier by my werk – die FAT CATS is altyd gewillig om na ‘n meeting toe te gaan as daar kos is….!

  • 41. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 17

    Enige mens vergader beter as daar ‘n ietsie op die spyskaart is.

  • 42. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 18

    dan dink hulle net aan vreet, en die meeting is ‘n waste !

  • 43. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 18

    Hey vanaand gaat ek nie GYM nie – Yippeeee !!!

  • 44. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 23

    Waar gaan jy suie?

  • 45. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 36

    Ek het ‘n date !!!

  • 46. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 37

    Vertel ons meer?

  • 47. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 39

    Ek dink Skroplap het haar simpel geskrik omdat sy die volgende blogjol moet reel.

  • 48. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 42

    Aag gaan ietsie eet – gaan nie meer sê as dit nie. . .

    Ja lyk my sy het groot skok opgedoen !! sy moet net almal nooi, selfs die wat mooi gevra het !

  • 49. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 44

    Ek dink sy maak nou nog skoon waar sy haarself bevuil het.

  • 50. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 47

    😆 😆 hopelik net nie in die swembad nie 😆

  • 51. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 47

    O ja – oor daai een – Steves Place (of soos deesdae genoem Barham Bay) is ‘n baie nice plek – daar is kampplek en chalet tipe van goed. Die bar by die swembad is warm en daar is buite 1 klein en 1 groot koue swembad en dan is daar onderdak ook ‘n warmswembad. Daar is braaigeriewe en gras of sulke rondawelafdakkies om onder te sit sou jy verkies en daar is selfs ‘n winkeltjie – dis nogal mooi daar

  • 52. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 48

    Ag nee Zoekoe man – jy weet hoe nuuskierig is ons ! Jy kan nie so iets sê en dan weghardloop nie – ons soek details !

  • 53. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 1 : 49

    Ek gril vir ‘n swembad.

  • 54. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 01

    Mathilda, ek sê niks – ek is nie daai tipe ou wat uitpraat nie

  • 55. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 03

    Veral as daar baie mense in is.

  • 56. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 04

    Ek sit nou so en dink, (ek weet dit maak seer) Dis net nog ek en Klip op die blog wat manlik is…. ? ? ? ?

  • 57. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 04

    Wil Zoekoe nou maak asof hy ‘n gentleman is? 😯

  • 58. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 06

    En Ridder, Demoerin, Emil wanneer hulle op die blog uitslaan. Wheelbarrow Jack klink vir my ook na ‘n man. Ek weet Fokker is ‘n man.

  • 59. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 09

    Ek swem in niks kouer as badwater nie !

  • 60. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 13

    Ek swem nie. GLAD NIE

  • 61. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 24

    ek hou van swem – soos in die see !

  • 62. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 26

    Kloon

    Ons wag nog vir jou koshuis stories.

  • 63. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 37

    Ja ja – jy sal dit kry – ek het mos gebelowe !

  • 64. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 38

    Watter eeu???

  • 65. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 41

    hello almal!

    hoe gaan dit vandag????

  • 66. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 43

    En net toe ek dog sy het ‘n hoendertjie op haarself getrek.

  • 67. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 45

    Op die laatste more – ek sê jou mos ek het baie om te doen na my parmantigheidsverlof !

  • 68. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 47

    Skroppie !!!!

  • 69. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 49

    GRRRR

    Ek gaan iemand verwurg. Met ‘n kyk!!!

  • 70. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 50

    a3 & *m*

    julle al besliut waar en wanne ons jol????

  • 71. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 51

    Skroplap

    Jy moet besluit waar en wanneer. Ons deel is om op te daag.

  • 72. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 51

    Praat dalk met Salome, sy wil jou dalk help.

  • 73. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 54

    a3

    julle moet besliut waareen julle wil gaan…..

  • 74. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 54

    a3

    en watse ge dalk is dit???

  • 75. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 56

    ((((SALOME))))

  • 76. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 56

    As dit van my afhang, gaan ek nie na die verbrande swemdamkroeg toe nie.

    Verder gaan ons waarheen jy se ons moet gaan.

  • 77. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 2 : 57

    Salome bly in Witbank en like van goed reel. Sy het Tilla se ooievaars gehelp reel.

  • 78. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 00

    COOL

    SAL HAAR VRA,

  • 79. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 07

    Ek is goed met die OPDAAG ding 😛

  • 80. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 12

    Maar niemand sien hom ooit braai nie.😉

  • 81. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 14

    My internet is vandag oppie koffie.

  • 82. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 15

    Niemand? ja ek braai geheimsinnig !

  • 83. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 17

    Seker net as jy hallusineer

  • 84. Zoekoe  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 22

    van die rook van die hout (of is daar dalk blare aan die hout?)

  • 85. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 34

    Of die goed in groen botteltjies.

  • 86. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 50

    Ek hak weer orals vas.

  • 87. *Mathilda*  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 51

    Nou ja – laat ek gaan boeke oortrek – sien julle miskien later as Opera haar mini aangetrek het – en daar ‘n nuwe post is want Opera werk nie so lekker saam as sy crowded voel nie !

    Toodles

  • 88. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 3 : 52

    Geniet kloon.

    Ek wonder of jy die naweek st 6 en st 10 boeke sal moet oortrek.

  • 89. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 4 : 15

    Eish

    Dit is al amper huis toe gaan tyd.

  • 90. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 4 : 25

    ekke is HONGER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 91. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 4 : 27

    ekt my gesig gaan verander

  • 92. skroplap  |  Januarie 15, 2009 om 4 : 28

    maar gaan seker oor n jaar eers verander

  • 93. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 4 : 42

    10 000 miljoen keer beter as wat jy gehad het.

  • 94. Adrie  |  Januarie 15, 2009 om 4 : 53

    Gaan jy nie moeg word om so te dans nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: