Kosskool

Januarie 13, 2009 at 6 : 56 237 Kommentaar

Koshuise laat min mense koud.  Dit is of ‘n fees of ‘n absolute nagmerrie.  Ek verwys spesifiek na skoolkoshuise.  Daar was seker ‘n stadium waar dit soos ‘n Maasdorpverhaal verloop het, maar dit is waarskynlik saam met middernagfeeste begrawe. 

Ek is nouwel nie ‘n koshuisbrak in murg en been nie.  Ek het inderwaarheid net 18 maande in die koshuis gewoon.  Koshuise het na 1994 verval na iets wat amper nie meer bestaansreg het nie.  Mense was bang die anderkleuriges smeer op hulle kinders af, met die gevolg dat koshuise ontvolk is.  In ander gevalle het die anderkleuriges gedy, dissipline is verslap en die hele koshuiskultuur is na die maan.  Ek was na 1994 in die koshuis, toe daar beslis meer gekleurdes as blankes was, die dissipline nie meer was wat dit op ‘n stadium was nie, maar waar daar nog ‘n bietjie koshuis kultuur oor was.

Ek is middel st 9 koshuis toe, my ouers het verhuis en ek was nie lus om matriek in ‘n ander skool aan te pak nie.  My ma se “bevele” is deur ‘n klok vervang.  ‘n Klok wanneer jy moet opstaan, ‘n klok wanneer jy moet gaan eet, ‘n klok wanneer jy moet swot, ‘n klok wanneer jy jou Bybel moet lees, ‘n klok wanneer jy moet bad en selfs ‘n klok vir wanneer jy moet gaan slaap.  My ma het beslis minder gekerm as die klok.  Ek moes ook vinnig die klok se nukke leer ken, want ek was skaars in die koshuis, toe word ek ‘n prefek.  Elke aand was daar iets anders om ons besig te hou.  Maandae was jeugaksie, Dinsdae was kultuur, Woensdagmiddae was ons dorp toe en Donderdae was dit sokkies of videos.  Vrydae is ons almal huistoe, aangesien die koshuis naweke gesluit is.

Kattekwaad is glad nie so onskuldig as wat die koshuisverhale voorgegee word nie.  Ja, daar is soms ‘n kreatiewe daad wat suiwer pret is, maar dit is ver in die minderheid.  Van die onskuldige oortredings is goed soos laat wees, ligte uit ignoreer, bad wanneer jy wil, slaap in iemand anders se kamer.  Ons het ons eie kamers gehad, tensy jy gekies het om te deel.  Selfs dan was daar baie kamers oop gewees.  Ons het ook in ons kamers gestudeer, al was daar gereeld gedreig dat ons die voorreg sal verloor.  Ten minste 80% van die kinders in die koshuis rook.  Ander ernstige oortredings was goed soos drink, uitslip, dwelms, in die teenoorgestelde geslag se koshuis te wees en seks op die koshuisgronde.  Die meerderheid van die kinders het hulle aan een of meer van die oortredings skuldig gemaak.

Ontgroening was ook erger toegepas in die koshuis as by die skool.  Wanneer die dorpskinders al vergeet het wat by die skool die dag gebeur het, besef die koshuisbrakke wat ontgroening regtig is.  Elke st 6 kry ook hulle eie matriek.  Hulle moet die matriek se bed opmaak, kamer uitvee, boeke oortrek, tas skool toe en terug dra en enige iets doen wat as st 6 werk beskou is.  Die laasgenoemde sluit afdek en papiere optel in.  Hulle het dit gedoen, want hulle het geweet hulle sal die voordele geniet wanneer hulle in matriek is. 

Ons het nie middernagfeeste gehou nie, maar daar was soms marshmallows gebraai.  As die onderwysers daarvan te hore gekom het, het hulle net gevra dat die koshuis nie afgebrand moet word nie.  Daar was ook gangglye gehou, met die verstandhouding dat (die st sesse) die gang sal opruim.  Daar was die een juffrou wat ek elke nou en dan uit haar woonstel uit gesluit het.  Ek was ook eendag amper in ‘n vriendin se kamer betrap met studietyd.  Daar was net een genade.  Ek moes doodeenvoudig deur die venster ontsnap, ‘n venster wat 2 verdiepings hoog is en ek wat hoogtevrees het.  My vriendin het die juffrou besig gehou terwyl ek by die kamer langsaan ingeduik het en na my kamer ontsnap het. 

Onderwysers was die algemeen nie ‘n pyn in die agterend gewees nie.  Die prefekte het maar gedoen wat nodig was.  Ons het die onderwysers net gesien as ons hulle gepla het, hulle iets by ons gesoek het, daar groot probleme ontstaan het of as hulle aspris wou wees.  Maar dan,😉 het hulle ook baie goeie prefekte gehad.

Die koshuis het my van my naiewiteit genees.  Ek was nogal dig gewees toe ek daar geland het, maar ek het gou agter gekom dat sekere goed nie net in stories gewees nie.  Laat ek ‘n paar voorbeelde noem wat op my gang gebeur het.  Een meisie se (oorlede) oupa het haar gemolesteer en sy het gesukkel om dit te verwerk.  Sy het selfmoord gedreig as sy in die koshuis moet bly.  Daar was ‘n ander meisie wat regtig selfmoord probeer het, gelukkig nie op die skoolgronde nie.  Een aand het sy verdwyn.  Ek moes die juffrou aan diens in kennis gestel en moes die koshuis en skool vol soek.  Ons het haar in ‘n yskoue stort gekry, ten volle geklee en in ‘n toestand.  Daar is ook kinders wat in die koshuis geprop word om hulle onder hulle ouers se voete uitgehou word.  Die ergste was seker die dag toe 2 engeltjies op ‘n dorpmiddag hulle aan vodka oorgegee het.  Terug by die koshuis het hulle alkoholvergiftiging ontwikkel, so erg dat die een stuipe gekry het.  Dit was doktersake en natuurlik moes die prefekte weer hulle kant bring.

Ek het die koshuis geniet, maar dit is nie die plek vir iemand wat nie ‘n sterk persoonlikheid het nie.  Koshuise vorm kinders, maar dalk nie in die mens waarop hulle ouers gehoop het nie.

Was jy ‘n koshuisbrak?  Watter streke het julle aangevang?  Het jy die koshuis geniet?  Hoe voel jy nou oor koshuise?

Blogvraag:  In Maasdorp, wat was Yskis se naam gewees?

Blogantwoord:  Verons was reg met Treur en Blyde riviere.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Blyderivier Canyon Gr 1 Juffrou

237 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 10 : 48

    En wanneer – solank dit net na payday is 😯 geld is min, en die bank is al gatvol om my krediet te gee !

  • 2. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 10 : 49

    Witbank – dis darm nie TE vêr van die beskawing af nie…. dalk iewers naby die Witbank dam – dis mooi daar !

  • 3. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 10 : 49

    zoekoe
    waar is jy?

  • 4. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 10 : 53

    Zoekoe sit in sy kantoor en maak of hy werk.

  • 5. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 10 : 53

    Die capitol van SA 😀

  • 6. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 10 : 56

    Adrie, vandag, baie bloot toevallig is jy reg oor my !

  • 7. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 10 : 58

    Whateva

  • 8. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 17

    en toe is dit stil !

  • 9. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 18

    Almal vergader seker iewers.

  • 10. Verons  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 18

    Kan ek ‘n voorstel maak vir die blogjol in in Witbank?????
    Kom ons gaan kuier vir die dag by Steve’s place (Bahram Bay) dis ‘n moerse lekker plek om by te kuier! Dan kry ons maekaar so 10uur daar (Ons van Pta af sal so 8:30 moet ry) en groet mekaar so 4uur se kant!
    Ongelukkig is dit al plek wat ek ken daar en ek onthou dat ek nog altyd baie lekker daar gekuier het! Veral in die Bar swembad!😉

  • 11. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 19

    Of ry rond.

  • 12. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 20

    Persoonlik hou ek nie van ‘n swembad nie, maar dit is net ek.

  • 13. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 29

    Tweeling

    Waar is jy?

  • 14. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 37

    verons

    dit klink heel bakgat!

  • 15. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 39

    daai bar pool is BAIE COOL!

  • 16. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 11 : 51

    Ek wil nie in ‘n bar sit en suie nie – soek ‘n plek waar ek kan braai en buitelug geniet !

  • 17. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 00

    Ek stem nogal saam met Zoekoe

    Onthou die paar van ons met kinders.

  • 18. Nats  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 01

    Hiers ek Tweeling!!

    Verons
    Klink lekker gesellig! Is daar lekker groen gras waar mens kan braai en op die gras kuier sommer op ‘n kombers? Ek weet nie of ek lus is vir die hele in ‘n kroeg sit storie nie (maar dis net ek)

  • 19. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 06

    Nats, dis nie net jy nie 🙄

  • 20. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 07

    Ek ook.

  • 21. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 10

    Skrop

    Voor ek vergeet, dit mag in op 28 Februarie wees nie.

  • 22. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 12

    julle siele is welkom om by ons te kom kuier…daar nie veel om te doen nie, maar daar is braai geriewe en die kids kan swem…

  • 23. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 14

    Skrop

    Waar is ons?

  • 24. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 17

    man jy weet mos…by die moonlight

  • 25. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 19

    He He He

    Bly Ouma Wip dalk skelm daar?

  • 26. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 20

    Watter fasiliteite is daar? Soos in is daar braais, tafeltjies ens?

  • 27. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 22

    nee, julle moet tafels en braaiers saam bring…….

  • 28. Wille Kjind Q  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 22

    Mnr en mev Saloom se plek is groot genoeg

  • 29. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 23

    😉

  • 30. Nats  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 24

    Skrop
    Presies wa is die moonlight!? Hoeveel lig jare vanaf Jozi?

  • 31. Wille Kjind Q  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 24

    En da kak my bêtterie👿

  • 32. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 25

    Nats

    Blykbaar 120 km van Jhb. En 100 km van Pta. Maar ek weet nie so lekker van die tafeltjies nie.

  • 33. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 25

    Skroplap, is dit julle plek daai ?

  • 34. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 28

    Ek sien op die website mens kan ‘n boot ook daar in die water moer en selfs visvang !! Kwaai !

  • 35. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 29

    nes a3 daar se nats

  • 36. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 30

    Zoekoe

    Jy gaan seker maar net met ‘n Heineken hengel.

  • 37. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 32

    zoekoe

    nee skoonmale sn

  • 38. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 33

    Dalk eksskoonma nadat ons daar deur is.

  • 39. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 35

    😆 Ja dalk EKS 😆 ons klomp is rof !

  • 40. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 37

    eks skoonma is n bargain..solank dit net nie eksman is nie.🙂

  • 41. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 38

    dink julle mens kan skei van jou skoonouers?💡

  • 42. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 39

    He He He

    Jou wens word dalk bewaarheid. Ons gee die ou ding dalk ‘n hartaanval.

  • 43. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 39

    ‘n Kind kan van sy of haar ouers skei, so hoekom dan nou nie.

  • 44. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 39

    Interesante vraag Skroplap – kan dalk ‘n lekker post wees vir eendag !

  • 45. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 41

    Kan ek skei van my kredietkaart ?

  • 46. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 42

    Ja

    Kry ‘n doodssertifikaart en hy is history.

  • 47. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 45

    Nee, dan sal die bank die geld kom soek wat ek skuld by my boedel !

  • 48. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 47

    Ek is net deesdae biekie bang vir daai dam – witbank is ‘n baie besoedelde omgewing, en baie plakkers bemors die water wat na die dam toe loop – ek kook al deesae my drinkwater !

  • 49. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 48

    Het jy dan nie ‘n beskermingsplan op jou kredietkaart nie? As die bank dink ek is dood, skrap hulle my skuld.

  • 50. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 50

    Cholera en Zoekoe het gese ek is boring toe ek daaroor blog.

  • 51. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 53

    Wat jy waar kry Adrie? het nooit so iets gesê nie – wat ek gesê het was dat dit nie ‘n lekker onderwerp was nie –

  • 52. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 54

    He He

    Ek het nooit lekker onderwerpe nie. Ek moet julle darem op julle tone hou.

  • 53. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 55

    Tom the Baptist ~

    Tommy’s Mother looked out the window and noticed
    him ‘playing church’ with their cat.
    He had the cat sitting quietly and he was preaching to it.
    She smiled and went about her work.

    A while later she heard loud meowing and hissing and ran back to the
    open window to see Tommy baptizing the cat in a tub of water. She
    called out, ‘Tommy, stop that! The cat is afraid of water!’

    Tommy looked up at her and said,’He should have thought about that
    before he joined my church.’

  • 54. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 56

    waar is die julle ?

  • 55. Verons  |  Januarie 14, 2009 om 12 : 59

    Ja daar is mooi braaigeriewe! Reg langs die bar swembad is daar grasdakkies met tafels en braaigeriewe! Die grasperk loop tot teen die dam en daar is lekker warm en koue swembaddens vir die kinders (en grootmense)
    Zoeks jy sit nie in ‘n bar en suie nie jy sit in ‘n lekker louwarm swembad wat uitkyk oor die dam en braai plekke (buite) en suie!! Die bar is deel van die swembad!!

  • 56. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 09

    Ek het ongelukkig nog nie die lyf vir ‘n swembad nie…. maar ek werk daaraan, en dit vat nogal langer as wat ek gedink het ! 😆

  • 57. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 11

    Dalk moet ons later formeel daaroor stem.

  • 58. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 16

    Kan mens jou eie drank saamvat? dis cheaper as ‘n bar, en is daar oorslaap geriewe as ek nie onder die invloed wil terug bestuur ?

  • 59. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 18

    Goeie vraag, Zoekoe.

  • 60. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 21

    In die swembad sit om ‘n bar laat my regtig gril. Hoe weet julle iemand piepie nie in die water omdat hy/sy te lekker kuier nie.

  • 61. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 32

    eeeeeeeeuuuuuuuW ! ! !

  • 62. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 36

    En hoe gereeld word daardie swembad skoon gemaak?

  • 63. Adrie  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 36

    Wat as iemand daarin kots?

  • 64. Erns  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 45

    Mirrag almal,

    ek sien ons hou een vannie dae weer blog jol enigetyd na di 25ste is reg met my

    A3 jy moet nou alweer gross wees

  • 65. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 48

    Hi Erns !! 😀

  • 66. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 1 : 50

    Al wanneer in ‘n swembad sit en drink goed sal wees, is as ek dit privaat kan doen met so paar oulike bimbo’s 😉 😉

  • 67. Erns  |  Januarie 14, 2009 om 2 : 29

    loda Zoeks

    ja nee daas sekere goed wat ek nie by ‘n public swembad sal doen nie en sit en dop is een van hulle

    julle kan my dan maar by die tafeltjies of op die gras kry

  • 68. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 2 : 38

    nou waar is al die mense skielik heen ? julle werk tog seker nie

  • 69. neykie  |  Januarie 14, 2009 om 2 : 48

    Halo A3,

    Het ‘n skelm tydjie afgeknyp om hier in te loer.

    My nuwe jaars wense aan die Dorings en soms Rose oordra.

    Ek wens baie ek was in die koshuis as kind, maar nou ja.

    Lekker dag verder

  • 70. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 2 : 53

    is daar al n plan aan die gebeur?

  • 71. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 2 : 55

    gevrek!!!

  • 72. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 2 : 58

    heelemal gevrek!!!

  • 73. Zoekoe  |  Januarie 14, 2009 om 3 : 11

    mors dood !

  • 74. *mathilda*  |  Januarie 14, 2009 om 4 : 37

    Hallo maters

  • 75. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 4 : 38

    *m*

    hi jy..ganit?

  • 76. *mathilda*  |  Januarie 14, 2009 om 4 : 45

    Koshuis – hoeveel tyd het julle ?

  • 77. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 4 : 46

    *m*

    gooi hom!!!

  • 78. *mathilda*  |  Januarie 14, 2009 om 4 : 48

    Gud en j ?

  • 79. skroplap  |  Januarie 14, 2009 om 4 : 51

    gan goed dankie

  • 80. *mathilda*  |  Januarie 14, 2009 om 4 : 55

    Ag shit – battery pap – maar ek belowe ek sal kom my eier lê – al moet julle terug gaan lees

  • 81. stanley cierenberg  |  Januarie 16, 2009 om 7 : 57

    ek lees heerlik aan hierdie blog….

  • 82. Adrie  |  Januarie 16, 2009 om 8 : 08

    Dankie Stanley

    Ek is bly dat jy dit geniet.

  • 83. *Mathilda*  |  Januarie 16, 2009 om 11 : 12

    Beloofde inskrywing – sorry dis so lank

    Sjoe – ons het heerlike tye gehad in die koshuis. Ek was in Handelsskool se koshuis want die tegniese skool het te min meisies gehad.

    Kyk – inspeksie staan by ons was nog ‘n serious saak – alles was gevou soos hulle jou in die army sou leer om dit te doen – as ‘n dingetjie net ‘n mm uit plek uit was is jou hele kas uitgegooi en jy het maar weer van voor af begin pak.

    Ons mag geen elektriese ware gehad het nie, nou kyk, ek sal dooi as ek nie my koffie kry nie, my ma het toe vir my so element jobbie gekoop wat jy so in die koppie kon druk en hy het dan die water gekook – ek moes daai ding omtrent wegsteek soos Oom Paul sy miljoene ! Maar my koffie het ek gedrink !

    Ek het ongelukkig (of dalk gelukkig) nie die voorreg gehad om in St 6 die koshuis te betree nie, maar ons het nogsteeds fun gehad – ek het in St 7 net soveel aangejaag soos ‘n St 6 ! En ek was voor op die wa genoeg om in St 9 en matriek ‘n St 6 te hê wat ja en amen op alles wat ek sê.

    Okay, nou kom ons by van die dinge wat ek soos daglig kan onthou wat ons aangejaag het.

    Nommer 1 – ons koshuismoeder se naam was paashaas (as julle haar kon sien sou julle verstaan het hoekom), sy het ‘n Skyline gery (tot vandag toe kry jy my nie dood in een van daai nie) en sy het so wit poedel gehad. Ons het baie uitgeslip en het al geweet sy ry baie in die dorp rond juis om te kyk of sy iemand van die koshuis sien – so, voor ons gegaan het het ons 2 van haar kar se wiele afgeblaas want dan het ons geweet sy kan nie net die spaarwiel opsit nie. Eendag was sy iewers heen en ons besluit toe nou dis tyd dat die hond biekie kleur kry en ons dye haar toe pienk met koekkleursel en in plaas daarvan dat die klein teef buite bly tot sy droog is – gaan lê sy toe nou op haar miesies se spierwit beddegoed – eish !

    Ons het nog toe naweke gehad en kyk, as ek wil huistoe gaan gaan niemand my keer nie – nou sit ek met waterpokkies – niemand het geweet behalwe die kliniektannie nie – so kom die naweek nou nader en paashaas vertel vir ons niemand gaan huistoe nie – ek weereens my windgat self sê vir haar nee, jy verstaan verkeerd, ek gaan huistoe, sy op haar perdjie en sê jy sal nie, ek op my agterpote – ek sal en jy gaan my nie keer nie – ek mag anyway nie hier bly nie ek het waterpokkies ! Fok ek dog sy dood op die plek !

    Daar was nog baie dingetjies wat ons gedoen het in die koshuis self (soos om almal gelyk met dorpverlof ons 2de oorgaatjies te laat inskiet), maar dan was daar die busryery na en van die koshuis af ook – nou kyk – 7 ure elke Vrydag en elke Sondag op ‘n bus raak lank, jy kan ook net soveel slaap. Eendag het ek al die pad tot in Pietersburg gery met die bus en toe het ‘n klomp van ons sommer besluit ons is nie lus vir skool die week nie en toe met die bus weer terug Ellisras toe gegaan (een van die girls se pa het die busdiens gehad), haar ma het die volgende oggend eers uitgevind ons is daar en ons toe geforce om ons ouers te laat weet – joh joh joh – dit was my laaste pakslae (op 17) en sekerlik maklik die hardste, seker omdat ek vir hom moes wag tot my pa by die huis gekom het ! Maar daarna het ek en my ma die res van die week lekker gekuier en geshop – die werke !

    Ek sal weer een of ander tyd skribbel oor wat ons nog aangevang het – soos wat ek dit onthou.

  • 84. Gigi  |  Januarie 16, 2009 om 11 : 27

    Ek glo nie in Koshuis as ek nie ‘n keuse het vir my kids nie

  • 85. giggel  |  Januarie 16, 2009 om 11 : 28

    Kom ons probeer weers

  • 86. Adrie  |  Januarie 16, 2009 om 11 : 41

    He He He

    Nice kloon.

  • 87. Van koshuis tot weermag  |  Januarie 21, 2009 om 12 : 47

    […] ‘n rukkie terug vra Doringrosie ons moet vertel of ons koshuisbrakke was en of ons dit geniet het. Nie lank daarna nie, in […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: