Pad gevare

Januarie 12, 2009 at 6 : 22 220 Kommentaar

potholes-2

In Suid-Afrika het ons dikwels nie ‘n ander keuse as om in ‘n kar te klim en te ry as ons iewers heen wil gaan nie.  Ongeag van hoe haaglik die pad of toestande is nie, moet jy maar op jou tande kners en hoop op die beste.   Dit is moeilik om iemand anders te laat bestuur as jy alleen ry.  As jy jare lank al alleen ry, vertrou jy moontlik jou bestuursvermoë baie meer as die ander persoon s’n.  Jy was al immers al voorheen daardeur.

Is daar vandag nog in Suid-Afrika ‘n pad langer as 10 km sonder slaggate?  (Is daar ‘n piksteelbende wat die pad kom stukkend kap wanneer dit reën?)  Al kan jy ‘n wiel omruil, wie is lus om in die middel van nêrens al jou bagasie uit te pak om die noodwiel te kry.  Dit is ook glad nie vanselfsprekend dat jy wel verder sal kan ry nadat jy die band omgeruil het nie.  Iemand wag dalk net tot jy klaar geswoeg het om jou kar syne te maak.  Dus moet jy maar soos ‘n dronk mens al om die gate probeer ry.  Maar dit is nie die ergste nie.

Orals is daar ook padwerke.  Watse werk hulle doen, weet ek nie, die slaggate raak net meer en meer.  Jou tande word stomp gekners, maar 60 moet jy ry in ‘n deel wat voorheen 120 was en ‘n dubbelbaan.  Wanneer die padwerkers kom, is dit die einde.  Hulle maak nooit klaar nie.  Hoe lank vat dit om ‘n pad behoorlik op te mors?  Terloops, behoort hulle ook aan die piksteel bende?  Maar dit is nie die ergste nie.

Suid-Afrika het dalk ‘n goeie klimaat, maar dit sal altyd reën as jy wil ry.  Dit belemmer jou sig, al is jy hoe mal oor reen.  Mis is nog erger, dit is soms so dik dat jy nie ‘n motor 10 m voor jou kan sien nie.  Ek haat dit om op geloof te ry.  Ek wil sien waar ek ry en sien hoe ek vorder.  Is dit nie ‘n wet dat jou ligte moet aanwees wanneer jou sig belemmer word nie.  Jy is dalk supersiende, maar jou ligte maak jou sigbaar vir ander motoriste.  Die son wat direk in jou oë skyn is ook nie pret nie.  Maar dit is nie die ergste nie.

Loslopende diere is deesdae ook meer op die pad as op die plaas.  Dit is beeste, bobejane en bokke orals.  Dan praat ek nie eers van die voetgangers op die snelweg of die kinders wat in die pad speel omdat hulle ouers dink ‘n foto is belangriker as hulle maaksels nie.  Maar dit is nie die ergste nie.

Die ergste is al die bogenoemde saam in die donker!!  Dit is verbasend dat daar nie regtig hare op mense se tande groei nie.

Hoe voel jy oor minder as ideale toestande?  Verkies jy om self te ry?  Het ek iets gemis?

Blogvraag:  Na wie is die Bourke’s Potholes vernoem en hoeveel goud het hy in sy kleim daar naby gekry?

Blogantwoord:  Willes was reg met Moses Suzman.

Met al die slag-gate ens… wie wil met Jan-Tuisbly se tjorrie ry as mens dan uitmis op die??

gods-window-2

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Dit is jou storie Blyderivier Canyon

220 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 37

    Beslis – mens betaal nie so baie vir n hond en dan mis jy spuite en loop die kans dat hul siek word en vrek nie. Ek dink ek sal seerder kry as die hond as ek hom moet spuit ! Maar ek kan altyd laat my pa dit doen – het jare lank geboer en op n stadium by n veearts gewerk – hy sit sommer self sterte af ook want hy weet hoe

  • 2. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 37

    Pssssst!!!! rooflesers se poep stink

  • 3. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 38

    Thanx dit sal gaaf wees

  • 4. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 39

    Ek het jare terug dit eenkeer probeer , maar dis nie iets wat ek weer sal kan doen nie .

  • 5. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 40

    Ek is nou weer terug – moet gou wasgoed uit die tuimeldroër uithaal

  • 6. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 41

    Ons klomp diere hierdie nuwejaar stroop in gegee wat ons by die veearts gekry het , dit was te koekig om daai labrador teef te sien loop soos iemand wat lekker gesuip is

  • 7. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 42

    Dit reen so lekker die laaste paar dae die tuimel droers werk oortyd

  • 8. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 44

    Ek kan dit picture ja. Ons het n groot hond gehad in ellisras wat gereeld getrek geraak het op maroelas

  • 9. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 45

    One hot summer day, a redneck came to town with his dog. He tied the dog under the shade of a tree, and headed into a bar for a cold one.

    Twenty minutes later, a policeman entered the bar and asked, ‘Who owns the dog tied under that tree outside?’

    The redneck said it was his.

    ‘Your dog seems to be in heat.’ the officer said.

    The redneck replied, ‘No way. She’s cool ’cause she’s tied up under that shade tree.’

    The policeman said, ‘No, you don’t understand. Your dog needs to be bred.’

    ‘No way,’ said the redneck. ‘That dog don’t need bread. She ain’t hungry ’cause I fed her this morning.’

    The exasperated policeman said, ‘NO! You don’t understand. You dog wants to have sex!’

    The redneck looked at the cop and said, ‘Well go ahead. I always wanted a police dog.’

  • 10. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 45

    Dis net die goed wat more moet saam – die res kry ek maar by hook or by crook droog, hang oral drade

  • 11. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 46

    Kan ek ook nou daai smaak van maroelas hier in my mond imagine!!

  • 12. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 49

    Se vir my is Steenkool spruit besig om af te kom ??? Dit was altyd toe ek op Kriel gebly het nice om te sien as daai spruit af kom, daai water kom mos hier na ons toe

  • 13. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 52

    Waar gaan jou meisiekind koshuis toe?? Seker nie te ver van julle af nie.

    Ek het ook altyd gewonder hoe dit in n koshuis moes wees , dit het ook voorgekom die koshuis kinders het meer dissipline as ons plaasjapies gehad

  • 14. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 53

    Ek was op Bethal in die skool , ek glo nie daar is meer koshuise nie

  • 15. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 55

    My huis is nog steeds n koshuis vir my kinders en hulle is al lankal klaar met skool 😯

  • 16. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 10 : 59

    Hy het nog nie afgekom toe ek vanmiddag daar verby is nie. Sy gaan Hoogenhout toe, daar is seuns en meisies koshuis. Ek was in n koshuis maar dis baie anders nou

  • 17. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 01

    Damn, daar is wragtig so 4 of 5 goed wat ek sal moet stryk more

  • 18. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 02

    Watter apteek is dit wat daai spuitstof verkoop

  • 19. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 04

    Klipfontein apteek , die een as jy langs die kant inkom van checkers…..skuus ek neem aan jy ken Witbank redelik goed

  • 20. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 05

    Ek was ook in Hoogenhout op skool

  • 21. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 06

    Ek weet waar dit is. Ek het actually al in witbank gebly ook

  • 22. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 07

    As jy van Kriel af inkom en by robot van Mcarthy en CTC regs indraai…..die middelste ingang

  • 23. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 07

    Ja kyk – daar is nie n manier wat ek haar in hierdie hool skool sit nie

  • 24. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 08

    OK , vra maar net daar , ek koop al my diere medisyne daar , dis nou die spuite en ook program pille

  • 25. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 09

    Gits hier sit ek nou en terug gaan in memory lane en dink aan al die stront wat ek daar aangevang het

  • 26. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 11

    Ons sou ook seker nou nog op Kriel gebly het as hulle n busdiens daarvan af hier na Kendal toe gehad het

  • 27. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 12

    Ek gaan eers groet maar sal jou weer sien voor jou skof klaar is

  • 28. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 12

    Laat ek jou nie ophou met jou stryk werk nie , ek moet ook eers gou die latest gossip gaan luister hier by my kollegas, en dan daai wurms try eet

  • 29. Klip  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 13

    Geniet die res van jou aand en dankie vir die lekker chat ….

  • 30. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 13

    Hoekom het ek gedink jy is by duvha

  • 31. *mathilda*  |  Januarie 12, 2009 om 11 : 15

    Toodles vir nou en sterkte vir die wurms

  • 32. Klip  |  Januarie 13, 2009 om 1 : 52

    Hier is n papmasjien op skof wat blykbaar n resep het vir die wurms , nie een van ons was braaf genoeg om te proe nie . Die ou is met verlof sodra hy terug kom sal ons weer probeer

  • 33. Klip  |  Januarie 13, 2009 om 4 : 50

    Die espresso masjien is al warm

  • 34. Klip  |  Januarie 13, 2009 om 5 : 05

    Early bird catches the worm……..solank jy net nie die wurm is nie

  • 35. *mathilda*  |  Januarie 13, 2009 om 5 : 57

    En nou die gevreetjie by 182 ? More en tatta

  • 36. *mathilda*  |  Januarie 13, 2009 om 5 : 59

    Ek is eerste ini ry vir koffie

  • 37. *mathilda*  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 04

    Wp vat al heelnag my hond – bly sê server timed out

  • 38. *mathilda*  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 07

    Willes – het jy verslaap ?

  • 39. *mathilda*  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 09

    Sien julle nou nou weer

  • 40. Klip  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 11

    My skof is besig om sy pothole te sien. Geniet julle dag by die werk terdee

  • 41. Klip  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 12

    Ek het so n bietjie met die gesiggies gespeel

  • 42. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 32

    Testing!

  • 43. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 33

    Jislaaik! NOU wil die stjoepid foun werk👿

  • 44. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 35

    Vigeet vanni koffie. Ons drink nou net die knertsie

  • 45. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 35

    Gmpf! Nous almal weg

  • 46. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 37

    Ek stig somme ‘n nuwe pothole bende😈

  • 47. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 38

    Dit onstig my somme as my foun nie wil saamspeel nie

  • 48. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 39

    GGGRRR!!!

  • 49. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 40

    Praat later

  • 50. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 41

    AS my net sy kant bring!😯

  • 51. Zoekoe  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 52

    Hallo en môre mense 😀

  • 52. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 6 : 53

    Zoekoe! Mwah! Ek moet nou gat werk. Check jou later

  • 53. Zoekoe  |  Januarie 13, 2009 om 7 : 26

    Hey Willes – geniet die werk (wel soveel moontlik😉 )

  • 54. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 7 : 58

    Trug! Tot die volgende clown instap natuurlik!

  • 55. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 03

    En wee ………..

  • 56. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 04

    Slaap julle nog?

  • 57. Verons  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 11

    More julle!!
    Van die toestande op ons paaie wil ek nie eers praat nie want dit jaag my bloeddruk net op! Dan het hulle nog die vermetelheid om hemel hoë tolgelde ook te vra vir ‘n opgefokte pad!!😡

  • 58. Verons  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 12

    Hoekom wys my nuwe gevreetjie nie??????

  • 59. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 22

    He! He! Toe ek my Atos nog gery het kon sy deur ‘n pothole ry. As sy onder was kon jy nie ha sien nie:mrgreen:

  • 60. skroplap  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 30

    lo almal

  • 61. ADRIANA  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 43

    Hak ek vas

  • 62. Adrie  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 51

    Nee

    Hier is net niemand nie.

    Verons

    Ek sien jou blou gedroggie duidelik.

  • 63. Nats  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 52

    Goeie more julle!!!!

    Die ergste potholes wat ek nog tee gekom het was toe ons van die Wille Tuin af gery het deur MP da verby Belfast oppad Middelburg toe… dit was ‘n agterpaatjies want die hoofpad was toegemaak.

  • 64. Adrie  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 54

    Tweeling

    Is daardie eerste foto jou eie?

  • 65. Adrie  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 55

    Nats

    Fluister

    Jy kan gaan eerste.

  • 66. Nats  |  Januarie 13, 2009 om 8 : 57

    Ek sien nie Verons se gedroggie nie…

  • 67. Zoekoe  |  Januarie 13, 2009 om 11 : 08

    Ons internet was weer af – baie dankie slim IT mense !🙄

  • 68. Wille Kjind Q  |  Januarie 13, 2009 om 11 : 15

    Zoekoe…. Vikere blog

  • 69. Zoekoe  |  Januarie 13, 2009 om 11 : 17

    hoenou? ❓

  • 70. Adrie  |  Januarie 13, 2009 om 11 : 18

    Kry ‘n mens ‘n IT departament wat altyd deliver?

    Zoekoe daar is ‘n nuwe blog op.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: