Dit is jou storie

Januarie 11, 2009 at 9 : 48 308 Kommentaar

Ek is ‘n brildraer.  Ek dra nie sommer enige gewone bril nie, ek het ‘n uitsonderlike afwyking.  So uitsonderlik dat net een uit elke 20 miljoen mense daaraan ly.  Na vele oogartse was dit net ‘n professor van Amerika wat my kon diagnoseer toe ek in st 7 was.  Ek is supersiende.  Dit beteken dat ek baie beter op groot afstande kan onderskei as die meeste mense.  Ek kan oor iemand se skouer koerant lees wat 30 m van my wegsit.  Die probleem is dat die goed wat naby my is, baie helder is.  Om ook soveel besonderhede te kan waarneem stel verskriklike eise aan die brein.  Dit veroorsaak dat ek aan die verskriklikste hoofpyne ly.  Vandaar die bril.  Dit verswak my visie, sodat ek min of meer normaal kan sien.  

Gewoonlik hou ek my private inligting privaat, maar ek breek die reël vir ‘n rede vandag.  Soos elke ander mens is ek ook geregtig op my fiksie.  As ek dink aan die snert wat mense my as die reine waarheid opdis, dink ek dat dit van nou af die rede vir my bril sal wees.  Dit is darem soveel interessanter as om te erken dat ek dieselfde kwaal het as elke tweede swaksiende mens. 

Mense wat my goed ken sal weet dat ek niemand ooit glo nie.  Ek is geneig om alles tot op die been te analiseer en tel ook gedurig goed bymekaar.  Die oomblik wat 1 en 1 nie twee maak nie, delf ek verder.  Gewoonlik is daar ‘n rede hoekom ek rot ruik.  As ek iemand een keer op ‘n lieg betrap het, is dit verby.  Dit amuseer my geweldig hoe hulle dink almal is so dom soos hulle. 

In my ervaring verwar mense in 3 gevalle fiksie met die werklikheid.  Hulle is altyd ryker as wat hulle salarisstrokie aandui, hulle is altyd op die randjie van die dood en hulle is ‘n monster uit ‘n rilfliek as hulle kwaad raak.  Wanneer enige van die temas aangeraak word, kan jy nader skuif vir ‘n goeie storie.  Dit mag dalk op die waarheid gegrond wees, maar moet niks kop toe vat nie.

Elke mens is seker geregtig op hulle eie fiksie, maar kan hulle nie probeer dat dit werklik klink nie.  Party mense kan tel en daar is geen manier dat jy soveel op jou salaris kan uitgee nie.  Jy kan nie 15 minute bewusteloos onder water gelê het nie, want dan was jy dood.  As jy iemand met ‘n baseballbat dood geslaan het, het jy die storie uit die tronk uit vertel.

Hoe voel julle oor die saak?  Is jy bereid om te erken dat jy nie ‘n goeie storie met feite bederf nie?  Hoe naief is jy as jy ‘n storie vertel word?

Blogvraag:  Met wie het Helen Suzman getroud toe sy 20 was?  (Net feitelike antwoorde tel.)

Blogantwoord:  David Bowie is David Robert Jones.  Willes was reg.

Baie Geluk met Ouma Wipneus se verjaarsdag (12 Januarie).  Ek hoop dit is ‘n dag gevul met liefde.

Ek is weer terug met mening en ek hou julle fyn dop.  :evil:  GRRRR!!!!

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Eish! Pad gevare

308 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Januarie 12, 2009 om 5 : 28

    Nou lyk dit mooi.

  • 2. skroplap  |  Januarie 12, 2009 om 5 : 30

    whateva

  • 3. skroplap  |  Januarie 12, 2009 om 5 : 30

    !!!!

  • 4. Adrie  |  Januarie 12, 2009 om 5 : 32

    Tata Poplap

    Soet wees, as jy kan.

  • 5. Adrie  |  Januarie 12, 2009 om 5 : 37

    O vrek

    Van bad to worst.

    Verander terug, ek sal nie een woord kla nie.

  • 6. Adrie  |  Januarie 12, 2009 om 5 : 38

    Cheers

  • 7. Wipneus!  |  Januarie 12, 2009 om 6 : 52

    Oe!!! almal het mooi avatars gekry!! Ek hou daarvan!

  • 8. Zee  |  Januarie 13, 2009 om 11 : 29

    😛

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: