Aktivisme

Januarie 7, 2009 at 8 : 08 138 Kommentaar

Ridder het sy kristaalbal uitgehaal en so bietjie voorspel wat hy dink in 2020 gaan gebeur.  Dit is sy voorspelling vir ons:  Die groep onder aanvoering van hul Leidster Adrie het besluit om op te hou praat oor al die onderwerpe wat hulle na aan die hart lê en het ’n vroue teen “……” aktivisme groep begin wat hul beywer vir die herstel van dit wat hulle glo, nodig het om te verbeter en verander. Aangesien Adrie egter nie haar dagboek op datum gehad het met die vergadering nie kan geeneen van hulle meer onthou wat verbeter en herstel moet word nie.

Het ek vir die fossiel nuus.  Oor 11 jaar gaan ek nog steeds 12 jaar oud wees en nog lank nie ‘n dagboek nodig hê om te onthou wat ek wil aanspreek nie.  Maar dit ten syde, as ek dit kan bekostig, sal ek ophou werk en begin baklei vir die wat nie kan nie.  Kliphard en lank genoeg dat ek nie misgekyk kan word nie.  Ek is egter geen martelaar nie en is hopeloos te selfsugtig om my gemak vir ander op te offer.  Dalk verander dit in 2020, maar ek twyfel.  Ek sal eers 10 lotto’s moet wen.

Iemand wat nie self kan baklei nie, is volgens my kinders.  God vergewe ons alles, maar Hy vergewe ons nie die onreg wat ons ‘n kind aandoen nie (Dalene Matthee – Fiela se Kind).  Verontregte kinders word verontregte grootmense wat nog verontregte kinders maak.  Bloot omdat hulle nie noodwendig van beter weet nie.  Iewers moet die kringloop gebreek word en maatskaplike werkers maak nie hondhaar af nie.  Dit is tyd dat daar met nuwe oë na kinders se belang gekyk word, sonder dat die regering of kerke bande aan die hulp kan lê.

Ek het nogal ‘n vermoede dat ek dit as ‘n ondergrondse organisasie sal moet bedryf.  Die wet is hopeloos te vol gate om kinders se regte te waarborg.   Drastiese ingryping gaan die “oortreders” se menseregte skaad, wat van my dus ‘n misdadiger gaan maak.  Dit sal wel die skade op die kind verminder. 

Net ‘n paar idees wat ek met so groep sal wil doen.  Elke iemand wat van molestering verdink word, sal moet verdwyn of hy / sy verloor wat hom pla.  Mense wat kinders aanrand, sal aangerand word.  In so ‘n mate dat hulle sal leer om hulle hande tuis te hou.  Die wat eerder drank koop as kos, sal in drank versuip word.  Die wat kinders boelie, sal groot “boetes” opgelê word.  Die winste van die boetes sal gebruik word om die te voer wie se ouers regtig nie kan nie.  Kinders wat uithang waar hulle nie moet wees nie, sal huis toe geneem word en dan sal die ouers moet verantwoording doen.

Net ‘n paar los gedagtes.  Ek sal ‘n grondwet gaan skryf wanneer ek dit regtig kan doen. 

Sien jy jouself as ‘n aktivis?  Sal jy graag ‘n aktivis wil wees?  Wat sal jy as aktivis doen?

Blogvraag:  Wat is David Bowie se regte naam?

Blogantwoord:  Olga was reg met Helen Fielding.

Baie geluk aan Olga en Sterretjie wat vandag verjaar.  Ek hoop hulle het ‘n spesiale dag wat hulle vir lank gaan onthou.

My sussie se dogterjie – gister 7 Jan 2009 gebore

*Nats*

amy-leigh-7-jan-09

amy-leigh-2

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Dagboek inskrywing van een oude dwaas Die goeie ou dae

138 Kommentaar Add your own

  • 1. olga  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 09

    eerste.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 14

    Tweeste!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 15

    Hêppie bifdei Olga!

  • 4. Wille Kjind Q  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 19

    David Robert Jones?

  • 5. Wille Kjind Q  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 21

    Ek moet seke gou die post lees

  • 6. Wille Kjind Q  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 22

    Nwt

  • 7. Wille Kjind Q  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 22

    Of nee wag… Ek sal more lees

  • 8. Lola  |  Januarie 7, 2009 om 8 : 54

    Pot, stel en wedstryd aan lola. Go lola.
    Go lola.
    Go lola.
    Wie is die slapgat nou?
    Olga,
    Dankie dat jy my probeer help het. Moet egter nie vyande van jou vriende maak vir my nie. Hoop jy het n wonderlike jaar.

  • 9. White Knight  |  Januarie 7, 2009 om 10 : 16

    Dagse Adrie

    Dus gaan Ouma Wip nog steeds vir jou oor 11 jaar moet doeke aansit😀

  • 10. White Knight  |  Januarie 7, 2009 om 10 : 20

    Aktivisme = Adrie wat me haarself praat dat dit soos ‘n vis op droe grond lyk wat snak na asem .😉

  • 11. Adrie  |  Januarie 7, 2009 om 11 : 02

    Wag net tot ek ouma Wip vertel dat jy lelik met my is. dan druk sy die fossiel se lans op n ongemaklike plek op.👿😀

  • 12. Adrie  |  Januarie 7, 2009 om 11 : 04

    Is dit nie al ligte uit in die outehuis nie?🙄

  • 13. olga  |  Januarie 7, 2009 om 11 : 26

    het slaap nou ook n slegte gewoonte vir jou geword, juf annie?

  • 14. olga  |  Januarie 7, 2009 om 11 : 32

    oor verontregte kinders is jy so reg hoor. dit word n bose kringloop. ek sien dit nou weer eerstehands. dis so jammer ek kon al die jare net magteloos sit en toekyk.

  • 15. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 5 : 25

    More! More! Die koffie is gebou en daar is hope koek. Help gerus jul self

  • 16. Janet  |  Januarie 8, 2009 om 5 : 38

    NO OFFENSE MAAR EK LIKE BAIE MEER VAN WILLEKJIND Q SE BLOGS. KAN SY NIE MAAR ALTYD SKRYF NIE?

  • 17. Janet  |  Januarie 8, 2009 om 5 : 41

    KOM ONS VOTE WIE MOET SKRYF.

  • 18. Riaan Oosthuysen  |  Januarie 8, 2009 om 5 : 45

    Lekker verjaar Olga

  • 19. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 6 : 46

    Ek gooi somme ‘n hele paar knertsies by die koffie…..

  • 20. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 6 : 51

    Vanoggend toe ek by my erf uit ry toe hardloop da 2 mamoerse rotte uit my buurman oori pad se erf. En toe hol hulle wragtag in my erf tot agter. Gmpf! Hulle gat seke later hul tasse loop haal en hul intrek neem👿 . Hoopenlik is dit nie man en vrou wat wil kom nes skop nie

  • 21. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 7 : 00

    Hallo en goeie môre mense !!! 😀

  • 22. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 7 : 25

    More maaikies

    Olga en ster

    Veels geluk liewe maaikies
    Omdat jul verjaar
    Mag die Here julle seën tot julle toontjies omkrul
    en nog baie blogjare vir ons spaar !

  • 23. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 7 : 26

    willes

    daai rotte op steroids ?

  • 24. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 7 : 31

    Wanneer verjaar Olga en Ster? vandag of was dit gister?
    😀 Anyway – Baie geluk julle twee – mag julle ‘n great verveldag hê !!!! 😀

  • 25. White Knight  |  Januarie 8, 2009 om 7 : 48

    Dagse

    Baie geluk aan die wat verjaar het gister en wat vandag verjaar.

  • 26. White Knight  |  Januarie 8, 2009 om 7 : 48

    Adrie
    Al wat Wip gaan indruk is jou dummy😆 om jou mond toe te kry.

  • 27. Olga  |  Januarie 8, 2009 om 7 : 54

    More, more. Wk, riaan, tilla, white knight, zoekoe, dankie.

  • 28. Ramos  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 30

    Janet jy was gese omi kakhuis skoon te maak. Kyk hoe vriet willekjind alweer uit die customers se karre. Kry ha da weg. As ek julle klimeide weer naby die pc’s kry, kak julle. Dan kry julle R5 elk viri putco shuttle. Fokkit.

  • 29. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 36

    Eish !! 🙄

  • 30. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 37

    Goeie more julle!!!

    Olga
    Baie geluk! Mag jy ‘n mooi jaar hê en lekker bederf word!!

    Topic
    Ek is te sag en terug getrokke om ‘n aktivis te wil wees – sal dalk nie so hard soos my Tweeling kan veg nie! So ek sal dit ‘n skip gee. Maar ek sal wel saam haar werk want ek glo aan doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê – so maak ‘n kind seer en moenie verbaas wees as dit jou in die agter sterk kom byt nie, want dit sal!

  • 31. Adrie  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 44

    GAAP!

  • 32. Adrie  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 45

    Die dames verjaar vandag, 8 Januarie.

  • 33. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 45

    Mirrag kloon !

  • 34. Elaine  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 45

    Die meide en hulle vebeeldingsflugte tog. Eish.

  • 35. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 46

    Hi Nats 😀

    Goeie Middag Adrie !!! 😛

  • 36. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 47

    Elaine gee ons ‘n paine !!! 🙄

  • 37. Adrie  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 47

    Ridder

    Ouma Wipneus weet dummies is sleg vir my tande. Daarom stop sy mond met koekies toe.

  • 38. Adrie  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 51

    Janet

    Dankie vir jou eerlikheid. Willes sien nie kans om elke dag n post te skryf nie. Dit staan jou wel vry om haar anders te oortuig.

  • 39. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 53

    Lo da Zoekoe

    Wat van

    Elaine
    Is ‘n vreeslike pain
    sy is ook baie plain
    Sy sit baie strain
    op haar klein
    brein
    🙂

  • 40. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 8 : 55

    Julle my sussie se dogtertjie is te pragtig vir woorde!!!!!!!

    Sy sou vandag uit gekom het, maar nou is dit eers more😦
    So ek moet nog ‘n hele dag wag om haar vas te hou!

  • 41. Adrie  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 03

    Nats

    Gaan jy n foto opsit?

  • 42. Verons  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 04

    More, more!
    Geluk aan die b-day girls hoop julle jaar is regtig great!
    Wie is is Lola, Ramos en Elaine??? Hulle klink vir my so dieselfde hmmmmm?🙄
    Hoekom lyk dit my die persoon/persone soek kak??

  • 43. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 07

    Hallo Verons 😀 😀

    Baie geluk met die Tannie Word Nats 😛

  • 44. Janet  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 09

    Mies a3, ek vra askies. Willes het my met ha groot strapon piel gedreig. Darom dat ek hom lieg kom prat het.

  • 45. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 11

    Adrie
    Sodra ek die foto gedown load het… ek het net twee geneem deur die glas (wou nie hê die flash moet haar pla nie) en ‘n video!

    Zoekoe
    Dankie baie!!

  • 46. Olga  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 16

    Eita. Juf annie, jy is uitgestem. Gaan jy nuwe blog begin?

  • 47. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 16

    Dis nou in bitter swak smaak – en die jaar het skaars begin…. ai tog 🙄 🙄

  • 48. Olga  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 18

    Kon jy darem die ou poppie vashou?

  • 49. Olga  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 20

    Ag, ekskuus zoekoe, ek sal my swak smaak na die nuwe blog skuif.

  • 50. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 37

    Ek het ‘n hondjie gekry – gaan hom die 1ste Februarie (op die engelsman se verjaardag) haal !

  • 51. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 39

    Olga
    Nee😦 Ek mag nie eens na haar toe gegaan het nie… net deur die glas gekyk het. Wou ‘n gap vang maar ek was bang hulle gooi my uit die hospitaal uit. Ek verstaan hulle is bang babatjie tel siektes op of word gesteel.

  • 52. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 41

    *M*
    Congrats!! Jy jou Labrador gekry?? Kom vertel ons meer!! Watse kleur is hy/sy??

    Shame ek beter vir Maxine gaan kos koop – dis skaars die nuwe jaar en haar pak kos is kla! Wens net daai Tweeling van my se brak wil haar eie kos eet!

  • 53. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 44

    Nats

    Ek gaan vanmiddag kyk na hulle – daar is swart – tan en wit – ek moet nou net besluit watter kleur ek wil hê !

  • 54. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 45

    O ja – dit gaan ‘n reun wees

  • 55. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 50

    Save Electricity

    Our father who art in Eskom
    powerless be thy name
    thy kingdom badly run
    thy power undone
    in Jo’burg as it is in KZN
    give us this day our half-baked bread
    and forgive our trespassers who shoot us dead
    lead me not into a dark nation
    but deliver me from loadshedding
    for thine have no kingdom – no power – and no electricity
    Amen

  • 56. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 56

    *M*
    Dis nice dat jy die kleur kan kies!! My ma het ‘n tan reun, sy naam is “Seuntjie” hulle kon nooit op ‘n naam besluit nie toe noem hulle hom die heeltyd seuntjie toe stick dit!🙂

  • 57. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 9 : 56

    Olga – en meen nommer 44 – Janet – is in swak smaak !

  • 58. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 10 : 01

    Nogal, die vrou het 2 werpsels – altesaam 19 hondjies – die naam sal ook afhang van die kleur wat ek vat.

  • 59. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 10 : 04

    *M*
    Goeie genade! Ek is bly ek kyk nie na al daai hontjies nie… ses het ons mal gemaak toe hulle begin rond loop het en oral op die mat peips!🙂 Wat nog van 19 groter puppies!😯

  • 60. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 10 : 33

    Ja nee kyk – dis ook nie vir my nie – ek moes al met 10 boerboele so sit (dan is daar nog ‘n bakleiery oor daar nie soveel spene is nie)

  • 61. Bottertjie  |  Januarie 8, 2009 om 10 : 36

    Hey Adrie
    ‘n Gatskop, lek-lekker, awesome 2009 vir jou! Ek sal van volgende week weer begin blog!

  • 62. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 10 : 40

    Botter ! Welkom !

  • 63. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 11 : 14

    En toe word dit stil . . .

  • 64. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 11 : 31

    Waar slaap almal ?

  • 65. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 11 : 43

    Ja waar slaap julle rond?

  • 66. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 11 : 44

    EK dink ek gaan sommer Maxis toe vir ‘n lekker Double Cheeseburger en tjips !

  • 67. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 01

    Zoekoe
    Sal jy asb vir my ‘n take away bring?
    Tjips met asyn!! Mmmmmmmm

  • 68. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 04

    Gaan jy vir my ‘n brakkie pakkie bring Zoeks ?

  • 69. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 09

    nes ek gedink het…. Adrie is reg… praat net van kos dan peul die bloggers orals uit 😆 😆

  • 70. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 10

    Issie – ek is nog heeltyd hier – maar ek is moeg om met myself te praat !

  • 71. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 26

    KOS!!!!!?????

  • 72. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 29

    I rest my case 😆

  • 73. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 29

    Hey willes !

  • 74. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 37

    Ek het net gou vir my ‘n nuwe strap on gat koop…… iemand het my oue gesteel👿

  • 75. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 39

    willes – he he …

  • 76. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 48

    :mrgreen:

  • 77. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 52

    😯 en 🙄

  • 78. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 55

    Ek wil dit nie hardop sê nie…. so ek gaan fluister:
    “Die plek is gevrek sonder Adrie” hoop nou nie sy gaan groot koppie kry nie….

  • 79. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 55

    @ Zoekoe

    Waas jou😳

  • 80. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 56

    Nee jong – sy wil mos net lê en poep ruik !

  • 81. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 57

    Hoekom moet Zoeks nou skaamkry ? Wat het ek gemis ?

  • 82. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 57

    ek 😳 nie meer nie…. Multi het my mooi geleer 😈

  • 83. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 12 : 58

    Mathilda, gaat lees komment nommer 44 ….

  • 84. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 02

    O ek dog net jy het weer aangejaag – daai comment is al ou nuus

  • 85. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 03

    O ek dog net jy het weer aangejaag – daai comment is al ou nuus

    Matt begin alweer kak aanjaag

  • 86. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 05

    Eks nou oppi sel. My piesie willi die game saamspeel nie

  • 87. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 06

    wie is Matt?

  • 88. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 06

    Matt ga kak!

  • 89. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 07

    Zoekoe… Hy soek nou en dan kak

  • 90. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 08

    Waas almal?

  • 91. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 08

    Eks lekka moeg vandag

  • 92. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 09

    O, maar ek ken hom nie…. wel, as hy kak soek, is hy definitief op die regte plek 😆

  • 93. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 09

    Hoopenlik na die mans apteek toe

  • 94. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 10

    Whuhahahahaha

  • 95. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 10

    He he …

    willes – weer games gespeel tot in die middernagtelike ure ?

  • 96. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 11

    Jy sal hom ok wil moer as hy kak soek met jou Zoekoe

  • 97. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 13

    Tilla…. As jy dom is moet jy suffer. Ek was ‘n paar keer dom die afgelope week ….

  • 98. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 13

    hy interfere met ons blogtyd – die Matt

  • 99. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 14

    Ek moet sê my sel is ligjare vinniger as my piese

  • 100. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 15

    Bedoel piesIe

  • 101. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 19

    toemaar willes – ons verstaan kodetaal

  • 102. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 20

    Tra la la la la

  • 103. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 20

    Strap on PIESIE 😈

  • 104. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 21

    He he

  • 105. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 24

    Ek moet nog vi Olga sing😯

  • 106. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 29

    Wa julle nou?

  • 107. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 30

    Hier’s ek !

    Trek los en sing !

  • 108. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 33

    Eish! Ek oefen nog my stem bande. Ek het ‘n parra in my keel

  • 109. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 34

    😯:mrgreen:

  • 110. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 34

    in jou keel? ? ? 😯 😯

  • 111. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 35

    Jy het die heeldag gehad om op te warm

  • 112. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 36

    Zoekoe – dis hier waar jou bloosgevreetjie nou moet deurkom !

  • 113. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 47

    Kry ons nie koek vandag nie ?

  • 114. Nella  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 54

    Hi almal het maar net gou gou kom inloer om vir almal baie gelukkig 2009 toe te wens – veral die wat ek ken soos Tilla, A3, Zoekoe en Verons… hoop julle het ‘n gatskop nuwe jaar – en aan al die ander geniet julle hier – dis goeie maats wat julle nou gemaak het. Groete
    Nella

  • 115. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 1 : 54

    Koek? 😯 Parra? 😯 – ek is op die verkeerde blog 😯

  • 116. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 02

    Hallo Nella 😀

    Dankie – en goeie en gelukkige 2009 vir jou en jou geliefdes ook !!!

  • 117. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 16

    GGGRRR!!!!!!!! Da trip ons krag! Ek warm net gu die stem bande op voor ek sing….

  • 118. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 22

    *KUG* *KUG*

  • 119. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 26

    Nella

    Welkom vriendin – hoe gaan dit ?

  • 120. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 26

    Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
    Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
    Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
    Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
    Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
    Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika

    In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
    In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
    In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –
    Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
    Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
    Waar en trou as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika.

    In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
    In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
    By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis –
    Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
    Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
    Om te lewe, om te sterwe – ja, ons kom Suid-Afrika.

    Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
    Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou –
    Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
    Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
    Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer –
    Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

  • 121. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 28

    O 4K!!!! Vikeere song!!! :mrgreen:

  • 122. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 29

    suig ‘n strepsil ! 😆

  • 123. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 30

    GGGRRR!!!!!!!!

    Goshdarnit!
    Something has gone wrong with our servers. It’s probably Matt’s fault.

    We’ve just been notified of the problem.

    Hopefully this should be fixed ASAP, so kindly reload in a minute and things should be back to normal.

  • 124. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 36

    Vat ‘n hammer Willes – hoegroter die probleem hoegroter die hammer

  • 125. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 38

    Matt gaan vir hom meer as net ‘n hammer kry !

  • 126. Wille Kjind Q  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 40

    Happy Birthday to you
    Happy Birthday to you
    Happy Birthday Grand Ole Opry
    Happy Birthday to you…

  • 127. Zoekoe  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 51

    Stuur sommer vir Matt na my parkie toe – sê hy moet 18H00 daar wees – ek gaan 17H00 eers GYM dan sal ek kom loer by die parkie !

  • 128. Nella  |  Januarie 8, 2009 om 2 : 55

    Hi Tilla goed en met jou – hoe gaan dit met daai pragtige Tillie Lief?

  • 129. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 01

    Baie goed dankie – tandjie no 3 is oppad en sy wil nou net stap (niks van kruip nie)

  • 130. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 20

    En daar is almal weer weg

  • 131. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 35

    Koewieeeeeee

  • 132. Wipneus!  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 43

    Hi Almal

    Baie geluk met jou verjaarsdag Olga, mag jy ‘n fantastiese jaar hê. Ek los vir jou ‘n lekker granadella yskastert op die tafel!

    Die baba is te cute!! Geluk aan die ouers en die Tannie!

    Jy sal ‘n goeie aktivis wees Adriana, ek weer nie! Ek raak te emosioneel oor dinge raak en ek raak ook maklik emosioneel betrokke.

    Wat ek daarmee bedoel is dat ek iemand sommer sal storm loop en reg in eie hande neem as hy nie weet wat die regte en verkeerde manier in die lewe is nie. Ek meen dis hoekom ons ‘n brein gekry het, om te gebruik en te onderskei….. Ek kan ook maklik aan die tjank gaan oor ander se seer. Maar ek sal eerder baklei as huil:mrgreen: Dis my geheime wapen!!😆

    Geduld was laaste aan my uitgedeel en ek het minder as ‘n teelepeltjie gekry!

    Ek is so lui om op die blogs rond te hang, julle moet my maar vergewe! Volgende week is alles terug na normaal!

  • 133. Wipneus!  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 45

    Tilla jy moet asb vir my ‘n foto van Tillie lief stuur, dit klink of sy so groot geword het, net nou die dag was sy nog ‘n baba!
    Maar moet tog nie dat Adriana hoor nie, dan is sy weer so jaloers en wil my byt!

  • 134. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 47

    Ag mammatjie – is dit nie te cute en cuddly nie !

    Ouma Wip ! Ons wil ook grenadilla yskastert hê

  • 135. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 48

    Ek sal jou adres by daai einste Adriana moet kry eers

  • 136. *Mathilda*  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 48

    Sy was Maandag al 10 maande – die tyd vlieg verskriklik

  • 137. Wipneus!  |  Januarie 8, 2009 om 3 : 59

    Ughhh ek weet nie of sy my adres vir jou sal gee nie, so wat van jaloers het ek in my lewe nog nie teë gekom nie!

    Vreeslik selfsugtig as dit by Tillie lief kom, ek het seker in die antieke tyd laas ‘n foto van Tillie lief gekry!!!

    Sjoe is dit al 10 maande? Geen wonder sy wil al die lewe op haar twee voetjies verken nie!

    Adriana gee asb Ouma se adres vir Tilla as dit nie te veel moeite is nie! Ek belowe (fingers crossed, ek sal niks doen nie) :mrgreen:

  • 138. Nats  |  Januarie 8, 2009 om 4 : 22

    *M* en Ouma Wip
    Posduif oppad!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: