Oorlog Waansin

Januarie 5, 2009 at 10 : 05 126 Kommentaar

Is daar iets meer sinneloos as oorlog? 

Dit is vir my ironies.  ‘n Oorlog ontstaan gewoonlik waar ‘n geskil nie tussen politici besleg kan word nie.  Politici neem die besluit of daar meer drastiese optrede benodig word om die ander span politici van mening te laat verander.  Hoekom sneuwel daar so min politici gedurende oorloë?  Eenvoudig: omdat hulle nie in die oorlog veg wat hulle begin het nie.

Die jong man of vrou wat van hulle familie weggeskeur word om te gaan baklei, is gebreinspoel om nie vrae te vra nie.  Hulle skiet gesigloses, mense met wie hulle dalk onder ander omstandighede mee vriende kon gewees het.  Politici se familielede gaan nie slagvelde toe nie.  As so ‘n familielid gyselaar geneem word, maak dit die onaantasbare politici weerloos.  Maak dit van hulle ook maar net mense.

Moenie dink dat die politici die oorlog finansier nie.  Die mense wat hulle vlees en bloed opoffer om die magstryd te stry, moet die finansier ook.  Hulle hap vir belasting is baie groter as die van die politici.  Hulle gaan gebuk onder brandstof tekorte, voedsel tekorte, mediese tekorte –  ek vermoed die politici gaan aan soos gewoonlik.

Politici word teen alle koste veilig gehou.  Hulle word nie uitgelewer aan bomaanvalle en terreur nie.  Hulle het toegang tot die beste intelligensie, wat hulle betyds kan waarsku.  Die mense wat die oorlog moet finansier, wat hulle bloedfamilie beskikbaar stel om te veg, hulle moet maar bid dat hulle dit sal oorleef.   Hulle kinders word uitgelewer aan die wreedhede, maar hulle mag nie kla nie.

Wanneer die oorlog miskien eendag verby is, kry die politici iets anders om oor te praat.  Alle verantwoordelikheid word op die bevelvoerders afgeskryf.  Party sal dalk selfmoord pleeg sodat hulle nie tot verantwoording geroep kan word nie. 

Maar wat van die wat sonder vrae die vuilwerk moes doen?  Die wat die slagveld oorleef het, sal vir die res van hulle lewe sukkel om dit te verwerk.  Hulle gesinne gaan saam met hulle ly, dikwels aan hulle eie hande.  Daar gaan gesinne wees wat ‘n broodwinner gaan verloor, kinders wat sonder ‘n ouer of self beide ouers gaan moet groot word.  Daar gaan mense wees wat ledemate verloor het of vir die res van hulle lewens medies ongeskik gaan wees.  Weereens gaan dit al hulle geliefdes raak.

Dit is ‘n basiese kinderreg dat kinders nie as soldate gewerf mag word nie.  Tog is hulle die grootste slagoffers van enige oorlog.  Beelde wat hulle nooit moes sien nie, gaan hulle hele lewe lank jaag.  Hulle is ook nie gevrywaar teen beserings, mishandelings of dood nie.  Hulle moet met die vrag funksionele grootmense word, mense wat nie hulle letsels aan hulle kinders oordra nie.

Is oorlog iets anders as ‘n politiese magspeel?  Hoekom nie die politici wat in die eerste plek reggesien moet word, direk aanval nie?  Hoekom agter onskuldige mense skuil?  Hoekom mensliewende mense in monsters verander?  Is dit ooit die moeite werd?

Blogvraag:  Wat is die amptelike tale van Isreal?

Blogantwoord:  Maxi was reg.  Fat Bottom Girls se omslag moes verander word, omdat die kaal vrou op die fiets veroorsaak het dat sekere winkels dit nie wou verkoop nie.

Baie geluk aan Ferrari wat vandag verjaar.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Baie Sukkel Dagboek inskrywing van een oude dwaas

126 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Januarie 5, 2009 om 10 : 31

    Hello ek weet nie wat hulle taal is nie, ek gaan raai! Hebreeus?

  • 2. Wipneus!  |  Januarie 5, 2009 om 10 : 48

    Adrie hierdie verdomde oorlog is ontstellend! Daar is ook altyd die een of ander krisis in die Ooste. Ek sê weer hulle is so ge-issue met geboorte, geen rus vir hulle siele. Hulle wil net geweer opneem of Rockets afvuur.

    Ek het vandag gelees op ‘n forum dat Amerika miljoene vir Israel gee! Die Amerikaners is up in arms daaroor. Soos een Amerikaner dit gestel het, ons is besig om hierdie oorlog te finansier en ons is self op die oomblik in ‘n finansiële krisis.

    Maar hierdie Hamas is volgens my ‘n klomp terroriste wat nie ‘n snars omgee dat daar soveel Palestinians dood gaan of seerkry nie. Wrede spul mense. Nou gaan die mense nog doodgaan van die honger en dors ook!

    Ek weet regtig nie wie se kant ek moet kies nie! Ek is al die hele dag besig om alles hieroor op te lees. Laat my mos dink aan ‘n Babelse verwarring, wat nooit gaan ophou nie!

    Selfde met Irak, daar is nou nog nie vrede nie en sal ook nooit wees nie. Hierdie mense is gewoond om so te lewe. En by hierdie punt staan ek.

    Iran is natuurlik die volgende krisis, daar broei ook dinge!

  • 3. Wipneus!  |  Januarie 5, 2009 om 10 : 51

    O hulle praat seker natuurlik ook Arabies

  • 4. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 10 : 53

    Ek is aan die kinders se kant. Gister op die nuus het n dokter vertel van sy 8maand oue pasient wat gewond is. Kinders voel n veer vir politiek en geloof. Laat die wat die oorloe laat uitbreek dit in n kryt uitbaklei.

  • 5. olga  |  Januarie 5, 2009 om 10 : 55

    ek dink ook hulle praat hebreeus en arabies. derde van tweedeheid.

  • 6. olga  |  Januarie 5, 2009 om 10 : 58

    Ja, sit die goed in n kryt. of aangesien hulle bloed wil vergiet, gee hulle stomp messe en laat hulle die saak uitbaklei.

  • 7. olga  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 02

    ek onthou die anglolese oorlog en die vlugtelinge wat op alle denkbare maniere namibie binnegekom het. dit was haglik. vlotte gemaak uit planke, parafiendromme en tou. dan het hulle die groot wye see daarmee aangedurf. die media het later die mpla party gen oem MOQE PEOPLE LEFT ANGOLA.

  • 8. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 05

    Dieselfde gebeur tans in Zimbabwe.

  • 9. olga  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 07

    Dan was daar die swapo terreur togte ook. geen mens was veilig nie. onskuldige koeldrank in of langs die pad het die dood ingehou. swaai uit vir die klip of gat in die pad, en kboen gaan die melkhouer, koeldrank blik, wat ook al. dit was verskriklik. die verminking van onskuldige mense wie nie geleentheid gegun was om hulleself te verdedig of te beveilig nie.

  • 10. olga  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 12

    terreur oorlog is die lafhartigste manier van oorlog voer. nidmand weet ooit vooraf waar die volgende aanval vandaan gaan kom nie. dus was ake moontlike veiligheids maatreels toegepas. maar dit was nie altyd genoeg nie. Maar wag, almal weet van die grensoorloe deur swapo geloots. So laat ek eerder n dank gebed doen dat dit verby is.

  • 11. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 00

    LAASTE!

  • 12. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 01

    EERSTE!

  • 13. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 02

    Hêppie bifdei Boerseun! Mwha!

  • 14. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 05

    Eish! Ek seg eerder niks oori topic nie. Ek gat so opgewerk raak dat ek nie sal ka slaap nie. Nag. Praat more

  • 15. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 6 : 35

    Joh! Voel of ek babalas het.

  • 16. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 6 : 57

    Hallo julle ! !

  • 17. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 00

    More maaikies

    Boerseun : Veels geluk liewe maaikie
    Omdat jy verjaar
    Mag die Here jou seën
    En nog baie jare spaar !

    Ek sal maar net gesels, want oorlog wil ek niks van weet nie

  • 18. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 05

    Salome

    Waar is ons koek ? En koffie ?

  • 19. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 16

    Boerseun baie geluk met die verjaarsdag – hoop jy geniet die dag baie, en mag jy nog BAIE verjaarsdae hê !

  • 20. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 17

    Hi Mathilda 😀

  • 21. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 19

    As dit nie vir oorlog was nie, was die mense se populasie te groot vir die aarde – dit hou ons nommers in toom !

  • 22. demoerin  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 24

    Ek sal eerder nie begin met die oorlog ding nie, jy gaan my nooit weer stilkry nie. Maar na 2,000 jaar dink ek is die kanse skraal om OOIT vrede in die midde ooste te hê – ek dink dit is al deel van ‘n leefstyl.

  • 23. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 29

    Hey Zoeks

    En nou doen aids dieselfde job !

  • 24. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 7 : 31

    Ja – aids help ook om die mens se aanteel in toom te hou ! dis dalk nie so slegte ding nie…..

  • 25. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 34

    Eish – waar is al die maaikies nou ?

  • 26. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 35

    Hoezit!!

  • 27. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 37

    Ek gaan noooooooit maar NOOOOIIIIITTTTT wee games speel op my sy foon tot NA middernag nie!!!

  • 28. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 37

    Stjoepid vroumens! TSK!!!

  • 29. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 38

    …………………… dis nou ekke………….

  • 30. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 38

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 31. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 39

    EISH!!!!!!!!

  • 32. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 39

    HEY!!!!!!! Ek ga die koek alleen opvreet!

  • 33. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 40

    Hallo hello!

    My werkgewer was so paar maande in Irak – en hulle het ‘n video gemaak van fotos wat hulle geneem het, en ek kon nie eens na alles kyk nie! Ek dink nie ons besef wat daai mense deur maak elke dag nie!

    My ma se sus se skoonbroer moes hulp kry na hy terug is van die oorlog en was nooit weer dieselfde mens nie… altyd wakker geword van nagmerries ens.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 44

    NATS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 35. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 45

    Happy birthday
    Happy birthday to you
    Happy birthday
    Happy birthday to you

    Well, it’s time to celebrate your birthday, it happens every year
    We’ll eat a lot of broccoli and drink a lot of beer
    You should be good and happy that there’s something you can eat
    A million people every day are starving in the street

    Your daddy’s in the gutter with the wretched and the poor
    Your mama’s in the kitchen with a can of Cycle Four
    There’s garbage in the water
    There’s poison in the sky
    I guess it won’t be long before we’re all gonna die

    Happy birthday
    Happy birthday to you
    Happy birthday
    Happy birthday to you

    Well, what’s the matter little friend, you think this party is the pits
    Enjoy it while you can, we’ll soon be blown to bits
    The monkeys in the pentagon are gonna cook our goose
    Their finger’s on the button, all they need it an excuse

    It doesn’t take a military genius to see
    We’ll all be crispy critters after World War III
    There’s nowhere you can run to, nowhere you can hide
    When they drop the big one, we all get fried

    (Come on boys and girls, sing along, ok?)

    Happy birthday
    Happy birthday to you
    Happy birthday
    Happy birthday to you
    wow! (background screaming, sound effect)

    Well there’s a punk in the alley and he’s looking for a fight
    There’s an Arab on the corner buying everything in sight
    There’s a mother in the ghetto with another mouth to feed
    Seems that everywhere you look today there’s misery and greed

    I guess you know the Earth is gonna crash into the sun
    But that’s no reason why we shouldn’t have a little fun
    So if you think it’s scary, if it’s more than you can take
    Just blow out the candles and have a piece of cake

    Happy birthday
    Happy birthday to you
    Happy birthday
    Happy birthday to you
    wow!

    Happy birthday
    Happy birthday to you
    Happy birthday
    Happy birthday to you

    (Happy Birthday!)

    And a pinch to grow an inch!

  • 36. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 52

    My Tweeling se Drieling!!!!!

    Jy sing sooooo mooi!!

    Boerseun – Baie baie geluk met jou verjaardag!! Mag jy gespoil word!!!!

  • 37. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 52

    Willes en Nats ! Hallo

  • 38. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 8 : 57

    Hallo *M*
    Hoe was Mini you se vakansie by die see!?

  • 39. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 18

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 40. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 20

    Baie lekker dankie – net te kort

  • 41. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 30

    Halie halie halie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 42. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 31

    As ek al1 is dan werk my workpress. Sodra daar meer as 2 mense op is dan wil dit NIE werk nie!!!!!

  • 43. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 32

    worDpress

  • 44. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 36

    EK WIL NOG SLAAAAAAAAAAAAAP!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 45. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 38

    Moet nie dink ek gaan jou alleen hier los nie – daarvoor het ek heeltemal te min werk !

  • 46. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 41

    TILLLLLLLLAAAAAAAAAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 47. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 43

    Jislaaik mense. Ek kon 10 jaar terug nog jol tot die son opkom EN nog gaan werk. Deesdae lê ek in my bed en games speel tot wie weet watte tyd. Slaap vi 4-5 ure en voel asof ‘n trein my getrap het!

  • 48. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 45

    Bespeur ek ‘n tikkie oumens in jou willes ?

  • 49. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 53

    @ Ouma Tilla

    GMPF!!!!!!

  • 50. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 56

    Nee nee – dis Ouma Willes – ek kan aanmekaar party, lees of wat ookal en 2 ure slaap en ek is perdfris die volgende dag !

  • 51. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 56

    As ek nou ‘n halwe matras kry is ek uit soos ‘n kers!

  • 52. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 9 : 59

    Dis OUMA WIP!!!!! WHUHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!

  • 53. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 00

    En as jy WEER vi my sê ouma dan gat ek my wip en vi Ouma Wip vertel jys lelik met my😈

  • 54. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 01

    Hak WP?? Of is dit net ek??

  • 55. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 03

    Wip jou en hardloop na ouma wip toe – ek is nie bang vir haar nie

  • 56. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 09

    Ai tog dis ek wat vas hak!! 👿

    Ek wil ook gaan slaap!!! Manlief is af tot volgende Woensdag – so unfair!!!!!

  • 57. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 10

    Geez!

  • 58. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 12

    Ek hoop Ouma Wip trek jou gatvelle af

  • 59. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 13

    Geez wat ?

  • 60. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 14

    Sy moet my eers soek – sy gaan jou gatvelle ook aftrek

  • 61. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 14

    Tra la la

  • 62. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 16

    Ouma Wip sal my nooit ka vang nie. Sy moet eers die ossewa inspan😉

  • 63. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 17

    Check julle later. Ek ga gou bank toe!

  • 64. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 19

    Gaan jy vir ons geld trek met ‘n balaclava ?

  • 65. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 30

    Weet een van julle dalk van iemand wat Labrador puppies het ?

  • 66. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 36

    Ek moes na die hotel oorkant die pad geloop het om te gaat piepie want ons gebou is nog steeds droog…. toe haak ek skielik vas by Wimpy !

  • 67. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 38

    Het jy vir ons n brakkie pakkie saamgebring ?

  • 68. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 52

    Dankie vir die uitnodiging Zoekoe!!

  • 69. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 10 : 59

    Trug! Sjoe!! As ek geweet het die pad ga so besig wees dan het ek eerder saam Zoekoe Wimpy toe gegat

  • 70. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 07

    Ek het vir julle elkeen ‘n lekker MEGA brêkfis takeaway gebring !!! enjoy !

  • 71. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 09

    @ Zoeks

    MMMmmm……. Fênks!

  • 72. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 10

    Persistence and determination alone are omnipotent. The slogan ‘press on’ has solved and always will solve the problems of the human race

  • 73. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 12

    Koek en dan ‘n brêkkie😯

    Wel……. iemand het iets reg gedoen

  • 74. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 23

    Happy Birthday to You
    You live in a zoo
    You look like a monkey
    And you smell like one too.

  • 75. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 24

    Today is a birthday, I wonder for whom?
    It must be for somebody right in this room.
    So look all around you for somebody who
    Is smiling and happy, my goodness, it’s you!

    Happy Birthday Boerseun, from all of us to you,
    Happy Birthday Boerseun, from all of us to you.
    We congratulate you, and hope all your sweet dreams come true,
    Happy Birthday Boerseun, from Mommy and Daddy too (boom boom.)

  • 76. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 32

    Ek het ook nounet gewonder wie Maria is

  • 77. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 46

    Arri gedorie, wie is ferrari aka boerpreun? Ek het hom nog nooit teegekom nie. Ingeval hy n roofleser is, many happy returns.
    Nats
    Sou jou tan nie en swaer nie minder letters gewees het nie? N skoonboer is jot boetie nadat hy gebad het.:lol:

  • 78. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 47

    @ Ouma Tilla

    Huh!!!???😈

  • 79. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 49

    @ Olga

    Dis Mnr Salomi

  • 80. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 50

    Wille kjend het die bifday blues. Toemaar wk, jou bifday kom ook.

  • 81. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 51

    Cumpleaños feliz
    te deseamos a ti
    cumpleaños Boerseun
    cumpleaños feliz.

  • 82. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 53

    Nog nooit raak gelees nie, wk. Maar geluk met sy bd.

  • 83. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 55

    Olga😆
    Eish… ek sukkel om my woorde te kry deesdae! Praat myself soms deurmekaar – as die jaar so begin gaan klim ek eerder terug inni bed tot volgende jaar!

  • 84. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 11 : 56

    Waar koop jy dari gidsboeke wk? Hulle gee sulke verdraaide weergawe van die taal wat jy dink jy praat. Al die locals weet dadelik wie om te fleece.

  • 85. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 03

    @ Olga

    Nee man!!! Ek ka gin daai taal praati. Ek het dit toevallig raak gelees en die copy en paste ding gedoen.

  • 86. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 04

    Julle los my alweer alleen op die blog. Ek het gisteraand n timjan cocktail gedrink.die hoeke is almal oop vandag.

  • 87. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 06

    😆 my tong knoop met ingels. Ek sal trip en tanne uitval met spaans.

  • 88. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 07

    Ek sal my gat afsukkel om die ~ oppi n te kry:mrgreen:

  • 89. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 07

    Drieling

    Ek dog dan jy kan die spaans gooi?

    Ek het gou my hoek kom toesluit. Olga moet haar eie bedpan soek.

  • 90. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 08

    Ek kan deur die safetyhek straal. 4k net blerts. Wag gou goed mik en . . . . .

  • 91. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 08

    Gaap

    More almal.

  • 92. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 09

    @ Olga

    Drink nog 1 dan voel jy somme beter!

  • 93. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 10

    Ek het n koeelvaste glasdeur vir my hoek.

  • 94. Olga  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 10

    Damn daar kom iemand. Netnou is dit ouma wip. Laat ek maar toilet toe gaan.

  • 95. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 11

    DRIELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 96. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 11

    Dit is blerrie warm

  • 97. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 12

    Ek sit maar eerder oppi dak en pas die koeler box op

  • 98. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 15

    Ek dink Ouma Wip koop vir elke kind in Gaza n geskenk of 10.

  • 99. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 17

    Ek sou sê middag as ek jy is kloon – nie more nie !

  • 100. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 17

    Die dak gaan jou gat blase brand.

  • 101. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 19

    Kloon

    Dit is nog dou voor dag. Watse middag is dit met jou?

  • 102. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 22

    Dis na 12

  • 103. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 26

    Nie orals in die wereld nie.

  • 104. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 29

    Ai jai jai!!!!!

  • 105. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 12 : 32

    Ek het ‘n gazebo oppi dak opgeslaan

  • 106. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 00

    BOE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 107. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 02

    Is dit ‘n skrikmaak BOE of ‘n huil BOE ?

  • 108. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 07

    Ek😥 nie

  • 109. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 25

    Ek 😯 ook nie

  • 110. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 32

    He! He!

  • 111. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 44

    en niemand chat ook nie……..🙄

  • 112. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 45

    🙄
    :P:
    :D:😆😥😡😯:mrgreen:😎😮

  • 113. Zoekoe  |  Januarie 6, 2009 om 1 : 46

    👿😈😛😀❓

  • 114. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 2 : 02

    😎:mrgreen:

  • 115. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 2 : 04

    @ Zoeks

    Eks net besig oppi foun om ‘n omie ‘n hartaanval te gee

  • 116. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 2 : 23

    Eish! Ek dink iemand moet 911 bel. Die oom het sy voertuig vanaf Grobbies laat sleep en R3500 betaal virri insleep dienste. Net om uit te vind dat dit net die battery is wat vervang moet word. Met Eish ja!!!!

  • 117. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 2 : 59

    Sy eie versekering sou dit vir hom gratis ingesleep het ! En dalk nog selfs vir hom gesê het wat fout is.

  • 118. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 3 : 04

    Die poepol hetti versekering nie. Shame!!!

  • 119. *Mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 3 : 21

    As jou kop dom is moet jou lyf maar suffer ! Mens kan nie in vandag se lewe sonder versekering gaan nie. Dit help nie jy het ‘n moerse kar en as so iets gebeur betaal jy jou gat af nie.

  • 120. Wille Kjind Q  |  Januarie 6, 2009 om 3 : 32

    Ja nee kyk! Ek stem!

  • 121. Nats  |  Januarie 6, 2009 om 4 : 05

    Mmmmmm!!!!

    Wie hou van olywe!? Die groenes??

  • 122. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 4 : 45

    Nats

    Kom die olywe met of sonder n martini?

  • 123. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 4 : 47

    Second thoughts . . . Ek eet glad nie olywe nie. Ek drink ook nie martini nie

  • 124. olga  |  Januarie 6, 2009 om 6 : 04

    :D: :P:

  • 125. Adrie  |  Januarie 6, 2009 om 6 : 34

    😀 😛

  • 126. *mathilda*  |  Januarie 6, 2009 om 6 : 41

    Kloon, kom kuier op nuwe blog man

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: