Baie Sukkel

Januarie 3, 2009 at 8 : 49 237 Kommentaar

Destyds nadat die water van die groot vloed verdamp het, het Wipneus op haar Chopper uit Noag se ark gery.  Vandag nog dink ek dat elke kind iewers in hulle lewe ‘n fiets moet besit.  Self het ek 4 besit.

Die fiets was in die laat negentiende eeu gesien as ‘n Vryheid Masjien vir vroue.  Die fiets se nuwe diamant vorm het vrouens meer mobiel gemaak en is een van die groot invloede op die emansipasie op die vrou.  Dit het gelei dat vroue se klere meer fietsvriendelik of te wel korter moes word.  Dit het ook gelei tot die ontstaan van die bloemer, destyds ‘n skandalige kledingstuk. 

Ek weet nie op kinders vandag nog fietsmal is nie.  Ek het my eerste fiets gekry toe ek 3 jaar oud was.  Dit was ‘n groen BMX wat my ma in die kas weggesteek het tot Kersvader dit kon aflewer het.  Ek het dit wel in die kas ontdek, maar was vertel dat dit my niggie se fiets is.  Kersvader het so 3 jaar later ‘n blink rooi fiets gebring.  Wat hy met die trein moes aanstuur.  Die fiets was ander as die ander kinders se fietse.  Ek moes agtertoe trap om te briek en my saal was sag.  Ek het so 5 jaar later in Kersvader gekerm dat ek te groot vir my fiets was.  My genade, ek was al 11 en kon al tot op my pa se chopper gery het.  Die Kersoggend was ek glad nie beindruk omdat ek ‘n tang in die garage moes gaan haal het nie.  Ek is heel nors na buite, net om die pienk en geel ferrari vol strikke in die motorhuis te vind.  Die tuinier het my ‘n jaar later daarvan verlos, toe kry ek ‘n wit fiets met pienk krake van die versekering.  Ek het dit vandag nog.

Nee, ons het nie die aarde op ons fietse geskeur nie.  Daar was heelwat vragmotors in die straat waar ons in gebly het, dat dit bloot net nie veilig was nie.  Ons moes in die erf gery het of gewag het dat een van die straat se grootmense kom toesighou op ‘n Saterdag- of Sondagmiddag.  Ek was seker al st 8 voordat ek my ma kon oortuig dat ek self daarmee kon rondry.  Al was dit net gim toe 3 keer ‘n week en winkel toe om te gaan werk.  Die fiets is later saam universiteit toe, waar ek dit soms vir die lekker gery het.  Ongelukkig het ek tans net nie plek vir my fiets nie.

Ons moes in matriek ‘n fietstoer doen, 50 km na die naburige dorp en die volgende dag die hele pad terug.  Ek sal julle eerder die detail spaar van wat alles seer was.  Ek het die hele pad daarheen gery en terug en elke oomblik daarvan geniet.

Vertel ons ‘n bietjie van julle fietse?  Wat het julle daarmee gedoen?  Het alle kinders vandag ‘n gat in hulle opvoeding wat ‘n fiets kon vul?  Kan ‘n klein motorfiets regtig soveel beter as ‘n fiets wees?

Blogvraag?  Hoekom moes Queen die omslag van hulle Fat Bottom Girls omslag verander het?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

EERSTE NAWEEK VAN 2009! Oorlog Waansin

237 Kommentaar Add your own

  • 1. Nuus  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 13

    Travolta ‘heartbroken’ by son’s death

    The funeral of John Travolta’s 16-year-old son Jett is reported to be taking place tomorrow. His body is expected to be flown back to Florida from the Bahamas where he died on Friday.

    He was found unconscious on Friday morning in the bathroom of the family’s home in the Bahamas. Lawyers acting for Travolta were quoted as saying that Jett suffered from grand mal which is a type of epilepsy that causes convulsions.

    An autopsy is planned for today to determine the exact cause of the teenager’s death.

    AdvertisementSpeaking about his son, Travolta said he was “the most wonderful son that two parents could ever ask for.” The actor continued “I did everything I could to keep him alive. I tried the kiss of life for about 20 minutes. I wouldn’t give up.”

    Travolta said that he and his wife, Kelly Preston, were “heartbroken” by their loss.

    Speaking on his website he said “Jett lit up the lives of everyone he encountered.”

  • 2. olga  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 17

    Dose is karton houers met baie nut. ek is bly om te sien hoe hoog wk mans ag. hulle het beslis hulle pluspunte.

  • 3. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 18

    @ Zoekoe

    Eks mos die GM!! Het jy nie gehoor nie?

  • 4. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 23

    😆 😛

  • 5. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 28

    @ Olga
    😈

  • 6. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 40

    “It’s not what you do once in a while, it’s what you do day in and day out that makes the difference.”

  • 7. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 43

    Aaaaag vrek! Nou wil my piesie nie werk nie!

  • 8. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 11 : 49

    Dis oor jy so diep raak willes – jou piesie versuip

  • 9. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 05

    Ek wil dit lees, Willes

    dankie tweeling

  • 10. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 09

    @ *M*

    Ek!? Diep? He! He!

  • 11. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 09

    gaat ons dan nou nie ‘n nuwe pos kry vandag nie ? ? ? ?

  • 12. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 12

    Seker eers vanaand Zoeks

  • 13. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 13

    FOK !!!! ek dink ek moet huistoe ry om te gaat kaka….. nee man kan nie so sonder water sit nie…. ek kan nie eers my hande was as ek klaar gepiepie het nie…. eeeuw en dis nou lunchtyd en ek moet eet maar nie as my hande nie gewas is nie > ? ??

  • 14. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 14

    Tra la la la la la la la laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa *kug* *kug*

  • 15. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 15

    @ Zoeks

    Jy kan by my kom kan EN hande was!

  • 16. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 17

    Dankie Wille Kjind !!! watse kos het jy btw ? 😉

  • 17. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 22

    @ Zoeks

    Ek het wortels……..:mrgreen:

    *fluister* Ek het bedoel jy kan by my kom KAK

  • 18. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 23

    Shit, maar julle het na al die jare nog steeds nie geleer om minder te praat nie!! Joh, joh, joh

  • 19. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 23

    Hello daar Wille Kjind Q, wie’s jy ek was vd eerste wat maak jy hier!!

  • 20. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 26

    GIGGEL !!!! Wow – amper moer ek van my stoel af !

  • 21. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 27

    Shit maar is dit nou so erg!!

  • 22. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 28

    Ek gaan loop in die Mall en al wat my wil herken is Mathilda toe loop ek maar verder!! Sy en die kinders het mos net een ding op die brein, shop!!

  • 23. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 29

    Giggel! mwah

  • 24. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 30

    Wanneer was dit ? Plaas klap jy my teen my oor !

  • 25. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 31

    Willes se Q behoort haar weg te gee. Om van haar gevreetjie nie te praat nie. Daar is net 1 50% boeremeisie op die blog.

  • 26. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 32

    Mathilda,

    En dan d(&(&r jy my op, en glo my ek soek nie moeilikheid met hierdie antie nie hoor!!

    A3
    Sien ek het jou belowe ek sal kom kuier ek het net nie gesê wanneer nie!!

    Wies Wille Kind Q

  • 27. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 34

    Ok, nou weet ek. Het sy al van verhuis na ‘n nuwe verpligte tydverdryf waar jy betaal word anders vrek jy??

  • 28. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 35

    🙄

    Die ousie. Ook bekend as Sam!

  • 29. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 37

    Nee man, ek is nie so kwaai nie. Was baba saam ? Wanneer was dit ?

  • 30. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 38

    Sy dink mos deesdae sy is die kleinbaas.

  • 31. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 41

    Mathilda, dit was Maandag die 8st en ja baba was saam!!

    Nee lyk my die kleinste is soms nog haar baas!

  • 32. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 41

    Daar is n paar nuwe maatjies, wat nog nie opgedaag het vandag nie.

  • 33. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 44

    Jy sou die verkeerde persoon teen die kop geklap het – daai tyd het ek op die strand gesit in TOTI

  • 34. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 44

    Waar krap julle al die maaitjies uit??

  • 35. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 12 : 49

    Met ons oulike persoonlikhede wanneer hulle verveeld is.

  • 36. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 08

    GIGGEL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! MWAH!!!!!!!!!

  • 37. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 08

    Mwah jul almal ook hoor!!

  • 38. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 11

    Hey! Hey! Wie skinner van my op ‘n openbare blog😯

  • 39. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 11

    Hallo Gigi !! 😀 😀

  • 40. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 14

    Beteken dit ons gaan jou darem nou weer meer gereeld sien hier giggel ?

  • 41. Wille Kjind Q  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 17

    @ Zoekoe

    Moet ek my laaste wortel nog vir jou hou?

  • 42. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 19

    Julle rose en doring – ek sal van tyd tot tyd inloer maar ek is rerig besig by die werk so vergewe maar as ek so dan en wan verdwyn!

  • 43. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 19

    @ Wille Kjind

    Dankie, maar ek is OK nou…. het sommer ‘n pub lunch gaan maak, daar is darm spoel toilette ook gewees 😉

  • 44. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 20

    Hei hoe verander ek my prentjie want ek sien julle het almal jul eie prentjies??

  • 45. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 22

    By die gevreetfabriek bo aan. Eerder nou en dan as glad nie

  • 46. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 23

    As ek dit alreeds gevra het sorry!! Maar weet iemand iets van Ster of bespreek ons dit nie hier nie?

  • 47. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 24

    En Mario??

  • 48. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 28

    Het jare laas van hulle gehoor

  • 49. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 44

    Ek neem aan dis seker maar beter so na die laaste gebeurlikheid met Ster saam…

    Ek verstaan nie lekker vd prentjie verander wat jy verduidelik nie, onthou ek is nie meer vandag se kind nie verduidelik mooi stadig of teken prentjies, asb?

  • 50. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 1 : 48

    Ek sal my kloon gaan roep vir daai job – as jy so oud soos ek is laat jy dit doen, jy doen dit nie self nie !

  • 51. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 11

    Delegeer ja !!!

  • 52. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 13

    ek is al amper heeltemal ontwater…… ek is so dors vir ‘n biekie water, ek sal moor vir water……. 😯

  • 53. olga  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 19

    ek is beindruk. zoekoe ken groot woorf. en nogal reggespel ook. woooooow.

  • 54. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 20

    Zoekoe

    Dis gagga om so sonder water te sit – veral as daar baie mense is wat dieselfde geriewe moet gebruik – dit maak ook baie vinnig dat ek in my kar klim en huistoe gaan – daar is juis ‘n vreeslike maaggriep in die lug en dis die heerlikste omstandighede vir hom om vatplek te kry

  • 55. olga  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 22

    vir water zoekoe? plein h2o? nie bier nie? mense, dit is die jaar van wonders. hoor my lied.

  • 56. Search the Web on Snap.com  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 28

    Olgatjie – welkom !

  • 57. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 31

    Funny looking naam wat ek nou gehad het

  • 58. olga  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 32

    Tillie wati willie, dankie.

  • 59. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 36

    Eish !!! nee man – na my tweede lewer oorplanting in desember moet ek nou net water nuttig !!!

  • 60. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 52

    Tillatjie,

    Het jy nog nie geleer v Oasis water hier in ons geweste nie, ek laat nie eers die kinders meer water by die skool drink uit die kraan nie!!

  • 61. olga  |  Januarie 5, 2009 om 2 : 56

    He, he, he, water het ook nes, (Wat nou weer wk?) baie gebruike zoekoe. vertel ons eerder van jou baie sukkel. was sdker nie altyd n cortina big6 nie. :laugh:

  • 62. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 00

    ek is nie bang nie – maar alkohol aka bier is gesonder deesdae as water,

    “drink beer and make shit, rather than drink water an be full of shit” of so iets !

  • 63. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 00

    Gigi

    Ek doen nie water nie maar waarvan ek praat is spesifiek as daar by die werk nie water is nie en baie mense moet die toilette gebruik

  • 64. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 03

    Ek het 3 fietse in my lewe besit…. en ek weet tot vandag toe nog nie HOEKOM ek so baie gesukkel het nie….. 🙄

  • 65. olga  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 04

    ek moet minstens 2 liters water per dag drink. so as al die rivier vol rose was, wie het gevrek van dors? dis reg. olga.

  • 66. Zoekoe  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 05

    Sug !! ek moet vandag weer beginte Gym…. ek is so min lus ek dink sommer ‘n flou verskoning uit …. soos dat ek ontwater is agv omstandighede of so iets…..

  • 67. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 06

    🙄 Sorry man, jy sien wanneer mens net nou en dan in loer!!

  • 68. Gigi  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 07

    Zoekie,

    Gim maar vir my part ook!! Byvoorbaat dank

  • 69. olga  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 07

    Destyds was dit mos lekker sukkel. wens ek kan my chopper terug kry. die bergfiets is nie vir my nie.😆 ek skrik my desmoers as die ding so vinnig gaan en probeer sommer so in die ry afklim.

  • 70. skroplap  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 27

    aloa almal
    🙂

  • 71. olga  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 30

    elo skroplap.

  • 72. skroplap  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 34

    hi
    hoe gannit? lekke krismis gehad?

  • 73. olga  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 40

    Ja, dankie. hoe was joune?

  • 74. skroplap  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 43

    leke rustig dankie

  • 75. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 45

    Skroppie !

  • 76. *Mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 3 : 50

    Ek sien julle later op opera – ek gaan nou huistoe na my baba toe

  • 77. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 5 : 27

    Kloon

    Is TL nie al moeg vir jou nie?

  • 78. Adrie  |  Januarie 5, 2009 om 5 : 29

    En daar verdwyn Tilla net?

  • 79. Salome  |  Januarie 5, 2009 om 7 : 09

    Hallo Almal!!!

    Ek self het nooit ‘n fiets gehad nie. Weet nie hoekom nie, moet my ma dalk vra. Ek het egter een dag by die niggies op die plaas gekuier, geleer fiets ry en daai dag kon niemand my van daai fiets af kry nie – op en af die plaaspad. Was nogal gebobbejaniseer na die dag, maar dit was lekker . . .

    Ons seuns het van klein klein af fietse gehad. Die swart skopfiets was natuurlik altyd die eerste.

    Toe die pleegkinders by ons gebly het, was dit ok die eerste ding wat hulle gekry het. Die heel jongste (3 jaar) het op die sement voor die agterdeur op en af gery tot ek naderhand wou gek word – grrrr, grrrr, grrrr die plestik wiele mos op die sement. Toe dit egter later stil raak en ek gaan loer, le hy sommer soos ‘n aap op ‘n tak vas aan die slaap op die fiets.

    ‘n Kind MOET ‘n fiets he!!

  • 80. Salome  |  Januarie 5, 2009 om 7 : 49

    Sal ok maar net wonner wat van nagskof geword het . . . gmph!

  • 81. Salome  |  Januarie 5, 2009 om 7 : 53

    Ek gaan nou maar waai. Moet nog Liefie se tjoklit koek gaan versier en more vroeg vroeg gou souttert maak.
    Sal maar hier ‘n stukkie los vir die hongeriges. (sorg iemand nog dat die koffiemasjien loop?)

  • 82. *mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 8 : 20

    Hey saloom

  • 83. *mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 8 : 22

    Nee salome jong – ons word gesnoep met die koffie – om van koekies nie eers te praat nie

  • 84. *mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 8 : 25

    Kloon – sy is mos myne, sy sal nooit moeg raak vir my nie !

  • 85. *mathilda*  |  Januarie 5, 2009 om 8 : 25

    En ek praat alweer met myself

  • 86. Salome  |  Januarie 5, 2009 om 8 : 31

    Aaaag sorry MAtilla, het nie gedink hier is nog lewe nie.

  • 87. Salome  |  Januarie 5, 2009 om 8 : 32

    MAtilda, ek is glad nie te ver vir jou om ‘n stukkie verjaardagkoek te kom eet nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: