Troeteldiere en vuurwerke meng nie!

Desember 30, 2008 at 3 : 22 39 Kommentaar

 

Dit walg my! Dis weer daai tyd van die jaar waar ek my arme hond verskriklik jammer kry. In die gebied waar ek bly skiet die mense al vroeg in Desember vuurwerke. Dan praat ek nie eens van die kleintjies wat net saggies ‘whooosh’ nie…….. Ek praat van goeters wat by Nasa as bomme kan kwalifiseer.

 My hond is permanent op ‘n high op oukersaand en natuurlik oujaarsaand. Ek het eers die pille probeer maar die het nie gewerk nie. Syt nogsteeds die kombuis deur afgespring en my veiligheids hek uit sy skaniere ge bokspring. So twee jaar terug het ek met ‘n veearts gesels en syt my vertel van die inspuitings wat sy het wat die honde mellow maak. Dit is onskadelik en nie verslawend nie en die huismense hoef nie elke aand die yskas voor die deur te stoot nie.

 My hond slaap net 1 aand in my huis en dis elke jaar op 31 Desember. Elke jaar bid ek dat dit reën sodat die mense nie hul vuurwerke kan ‘geniet’ nie. Verbasend genoeg het meeste van daai mense self ook honde maar hulle gee nie ‘n vlenter om nie!

 Hierdie is ‘n paar dingetjies wat ek gewoonlik doen.

 Maak seker die omgewing is veilig. Verwyder items wat die hond kan beskadig, soos bv glas bottels.

  1. Maak seker die hond dra ‘n hals band met ‘n doggy tag op. Die details op die tag moet natuurlik die nuutste inligting wees.

  2. Maak ‘n ‘den’ wat nie naby die vensters gelee is nie. Dit is verkieslik onder ‘n tafel met ‘n tafeldoek oor.

  3. Sit die tv of radio aan en maak toe die gordyne.

  4. Sit altyd naby hom en maak ‘ssshhh’ geluide

 Wel……. Ek hoop dit gee julle ‘n paar idees oor wat om met jul honde te doen more aand (31/12/2008).

 Sterkte

 Wille Kjind Q

 Blogantwoord : Ouma Wip het by hook en by crook reg geantwoord. Die antwoord is natuurlik ‘n nag aap (Bush baby)

 Blog vraag : In watter land word die ‘Flip File’ gemaak?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ek sou kon doen met ‘n Miljoen! Nuwe jaar met nuwe voornemens

39 Kommentaar Add your own

  • 1. Riaan Oosthuysen  |  Desember 30, 2008 om 3 : 49

    Dit seker net op 30 Desember wat ‘n mens eerste hier comment of ten minste ek

  • 2. Riaan Oosthuysen  |  Desember 30, 2008 om 3 : 50

    Ons honde is darem nie so bang vir vuurwerke nie. Die lawaai raak hulle nie te veel nie, maar aan die ander kant is hier nie te veel vuurwerke naby ons nie

  • 3. Wille Kjind Q  |  Desember 30, 2008 om 3 : 55

    @ Riaan

    Jy moet ‘EERSTE’ skree:mrgreen:

    Wees bly jou honde raak nie so bevange soos myne nie. Maar nou ja……. dit klink mos soos die derde wereld oorlog hier by ons.

  • 4. Olga  |  Desember 30, 2008 om 6 : 12

    Hey daar. My honde is senuagtig. Hulle verpes die kruitreuk net soveel as die geraas. Solank ma egter naby is, is die saak reg.

  • 5. Olga  |  Desember 30, 2008 om 8 : 00

    Aan die anderkant, ons is n ou klein gemeenskappie. Ons neem mekaar oor die algemeen in ag.

  • 6. Adrie  |  Desember 30, 2008 om 8 : 04

    Hulle behoort elke jaar n area beskikbaar te stel vir die vuurwerke. Uit die woongebiede.

    Drank en vuurwerke gaan nog minder saam. Om van kinders en vuurwerke nie te praat nie. Hoeveel ongevalle is daar nie jaarliks agv onverantwoordelike afvuur van vuurwerke.

    Ek gaan niks se van die gekke wat n craker in n hond se hol laat ontplof nie.

  • 7. Adrie  |  Desember 30, 2008 om 8 : 05

    En ek het gedink dit is flenter.

  • 8. Adrie  |  Desember 30, 2008 om 8 : 05

    Ek raai RSA.

  • 9. Olga  |  Desember 30, 2008 om 8 : 10

    Vuurwerke behoort verban te word. Punt.

  • 10. Adrie  |  Desember 30, 2008 om 8 : 17

    Ek soek van die NASA bomme vir die tolhekke. Of vir die CEO van SANRAL.

  • 11. *mathilda*  |  Desember 30, 2008 om 8 : 26

    Howdy

  • 12. Olga  |  Desember 30, 2008 om 8 : 45

    Hey tilla. Ag, hou maar jou ice cream. Ek het my eie gekoop by milkylane. Whe pe pe pe.

  • 13. olga  |  Desember 31, 2008 om 12 : 00

    Tillie wati willie het gaan lalies. kan jy dit nou oorvertel.

  • 14. olga  |  Desember 31, 2008 om 12 : 01

    sy het warimpel waar n date met klaas vakie gehad.

  • 15. Jaco  |  Desember 31, 2008 om 2 : 43

    Oudergewoonte het ons weer die nodige voelfokkol pilletjies vir die honde loop koop vandag, en natuurlik ‘n dubbeldosis vir myself ook. Net om te keer dat ek een of ander dronk bliksem se klappers in sy eie gat loop opdruk jy verstaan.
    As daar een dag in die hele jaar is wat ek omwens, dat is dit 31Desember. Kan vuurwerke nie maar totaal uit die woonbuurte verban word nie?

  • 16. Wipneus!  |  Desember 31, 2008 om 5 : 54

    Ons het Indiërs wat voor ons ingetrek het met meer geld as wat dat daar water deur my kraan loop. Oulike mense maar vreeslik lief vir vuurwerke!! My punt is al daai geld wat soos water loop gaan seker vanaand vir die vuurwerk vertoning in die buurt sorg!

    Ons het al so hier en daar ‘n voorsmakie gekry van dit wat vir ons buurt wag vanaand 🙄 En elke keer wat ek daai “BAM!!” geluid gehoor het, skrik ek my oorhoeks!

    Daar is nou bv geen mooi vuurwerke nie, o nee dis alles net hierdie donderweer wat klink soos oordeelsdag! Klink vir my of daardie “bom geluid” hulle op ‘n high sit.

    Ek is ook altyd agter die tyd want ek het gedink daar mag nie meer vuurwerke in woonbuurte geskiet word nie!

    Vanaand druk ek ‘n WARM STUK HOUT uit die braaivleis vure in hulle se ALIES op!!! 😈 Ek dink Teddie moet vir my ook van hierdie voelf@kkol pilletjies gaan koop LOL

  • 17. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 6 : 54

    More! More!

    @ My se 3ling

    Vlenter…….. Flenter……. Same diffs:mrgreen: *fluister* Ek het lank gewonner oor daai 1😳

    @ Jaco

    Ek dink ek sal somme 1 van my hond se inspuitings neem. Of nee wag! Somme 1 op elke boud😯

  • 18. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 7 : 36

    Ek hoop ons ga vroeg sluit vandag. Dit klink of ons net 5 karre het virri dag. Ma ek sien ‘n mamoerse probleem soos ”n groot berg voor my………… 5 karre met EEN technician👿

  • 19. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 8 : 50

    @ Ouma Wip

    Ek hoop die trimmiengs hang al gereed inni skuur. Die Heks sing nog steeds in my ore…………. iets van sy soek ‘n oupa. Dis nou die wit poeier goeters wat in ‘n pampiertjie toegevou is sê sy. Ai tog! Hoe meer ek vi ha sê dat ‘n nurofen beter werk as ‘n grand pa, hoe meer skree sy dat sy ‘n oupa soek!

  • 20. Wipneus!  |  Desember 31, 2008 om 9 : 00

    Uit die Beeld vanoggend: Whoop whoop dankie!!!!

    André Damons, Hilda Fourie

    Sowat 8 000 kg vuurwerk is gister in die weste van Pretoria gekonfiskeer.

    Die Tshwane-metropolisie, polisie en brandweer het in Hercules en Bon Accord op die vuurwerk, ter waarde van sowat R3,5 miljoen, beslag gelê, het sr. supt. Alta Fourie, metropolisiewoordvoerder, gesê.

    Mnr. Johan Pieterse, hoof van die Tshwane-nooddienste, het gesê mense moes al 14 dae gelede aansoek gedoen het om ’n vuurwerk?lisensie as hulle vanaand vuurwerk wil skiet. Oortreders kan met tot R2 500 beboet word.

    Mnr. Percy Morokane, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê ook hulle gaan geen genade betoon teenoor mense wat vuurwerk onwettig afvuur nie.

    Mense wat beplan om die nuwe jaar met groot joligheid binne te gaan moet twee keer dink – hulle kan die begin van 2009 in die po-lisieselle beleef, het hoofsupt. ?Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gewaarsku.

    Baie metropolisiebeamptes sal op Oujaarsaand ontplooi word, het hy gesê. Hulle sal verskeie hoofroetes in die Goudstad patrolleer en padversperring s hou.

    “Enigeen wat met ’n bloedalkoholvlak oor die maksimum gevang word, sal die eerste dag van die nuwe jaar in die selle deurbring.”

    Die Tshwane-metropolisie beplan verskeie operasies vanaand om te verseker Pretorianers gaan die nuwe jaar veilig binne, het me. Louise Brits, woordvoerder, gesê.

    “Ons gaan op ’n hoë gereedheidsgrondslag wees en daar sal regoor die stad padversperrings opgestel word. Ons sal ook sorg dat metropolisielede by al die gewone groot partytjies, soos by die Fonteine, Derdepoortpark en Hatfield, teenwoordig is om die orde te handhaaf,” het sy gesê.

    In Johannesburg sal die wetstoepassers sterk fokus op plekke wat in die verlede nie by die regulasies gehou het nie.

  • 21. Wipneus!  |  Desember 31, 2008 om 9 : 02

    Willekind die Heks is getoor:mrgreen:

    Sy beter hierdie blog skoon en netjies kry vir die partytjie vanaand!!!! Gaan pluk haar uit die bed uit! Jaag vir haar wit dulsies en kaster olie in … dit laat enige siekte soos mis voor die son verdwyn😆

  • 22. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 9 : 03

    Sjoe! Dis blêrrie baja vuurwerke! Ek hoop die polieste gat vir ‘n slag my woonbuurt patroleer

  • 23. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 9 : 04

    Ek weet dam nie so mooi van daai kaster olie nie. Nou nou bekak sy die blog!

  • 24. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 9 : 07

    Ek het ha staaf toegesluit inni ouma boks kas. Sy wil mos die blog skoon toor. Alla mapstieks! Dit sal gemors van epidermise porporsies afgee

  • 25. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 9 : 09

    Ek wonner nou net as ‘n dom bobjan besluit om die gekonfiskeerde vuurwerke te brand om ontslae te raak daarvan…………. EISH!!!!!!

  • 26. Olga  |  Desember 31, 2008 om 10 : 04

    More, more. Viva vir die polisie. Wat my nou vreeslik kielie van die hele storie is, hoekom toelaat dat die kak vervaardig of ingevoer word? Verban dit gefokkenheel en al. Ja, wk, die moontlik is groot hulle dit gaan brand om daarvan ontslae te raak. Seker by hulle huise. Ten aanskoue van die hele buurt. Die vertoning des vertonings.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 10 : 39

    He! He! Ek sien al die verslag wat hulle skryf………

    ê ê ê ê we dispôsed of da firewêks by means of laaiting dêm one baai one

  • 28. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 10 : 49

    WHUHAHAHAKAKAKAKAKA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 29. Wipneus!  |  Desember 31, 2008 om 11 : 43

    Hou op om te staan en lag Willekind. Spring aan die werk en hang die skuur vol ballonne! Kan jy nie sien hier is nog baie werk nie. Hier is ook niemand om te help nie. Jaag hulle uit die kooi uit!:mrgreen:

    Whoop!! Whoop!! Ouma is aan die dans vanoggend!!! Groot party!

    Mag julle spoed glad nie gebreek word in 2009 nie! Gaan groot en mag die geluk julle verveel. Yes, maak dit vir julself ‘n MAGICAL jaar!

    Happy!!! Happy!!!

  • 30. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 11 : 51

    Hêppie Hêppie!!!!!!!!!!!!

  • 31. bujanglahat  |  Desember 31, 2008 om 1 : 26

    Happy New Year 2009
    —————————-
    From South Sumatera, Indonesia
    Visit here to see beautiful My City :
    http://bujanglahat.wordpress.com/intip-kota-ku/bumi-seganti-setungguan

  • 32. machiel  |  Desember 31, 2008 om 1 : 52

    Ek trap heeljaar in almal se honde se stront, wat die strate vol lê. As die nuwejaar aanbreek is dit my beurt om revenge te neem.

  • 33. Adrie  |  Desember 31, 2008 om 2 : 45

    Machiel

    Almal wat ek ken se honde is in n omheinde erwe. Wie se eienaars seker maak dat die gaste nie in stront hoef te trap nie. As jou gestel te sensitief is vir hondepoef, gaan smeer dit in die eienaar se gesig. Maar om al wat n dier is aan jou tiraniese wraak uit te lewer, is wreed. Dit is ook n oortreding van die wet.

  • 34. Wheelbarrow Jack  |  Desember 31, 2008 om 2 : 48

    Machiel jou dom poes. Bly uit eersterus en vosloorus weg dan sal jy nerens in die kak trap nie. Ek hoop bankfin neem revenge op jou en neem jou kar terug.

  • 35. olga  |  Desember 31, 2008 om 4 : 04

    Machiel, wraak teen redelose diere? dit is n simptoom van n terminaal siek brein. ek hoop jou testament is in orde.

  • 36. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 7 : 04

    Ai tog!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Desember 31, 2008 om 7 : 06

    Maar wat het EersterusT en Vosloorus met honde stront uit te waai😕

  • 38. Lola  |  Januarie 1, 2009 om 9 : 39

    Machiel hoop jou wraak was soet. Lafhartige sak stront wie geheel en al te lafhartig is om die eienaars van die honde te gaan aanspreek. Dan wil jy oorlog op redelose diere verklaar. Dit maak sin. Perfek sin. Weè die arme kinders by jou.

  • 39. Wille Kjind Q  |  Januarie 1, 2009 om 10 : 31

    Ek is bly dit het HONDE en katte gereen…. Anners het iemand net dalk ‘n klapper op in sy hol gehad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: