Wat beteken integriteit?

Desember 28, 2008 at 9 : 15 240 Kommentaar

ABSA het ‘n nuwe baas gekry. Nogal ‘n vrou wat by Steve Booyens die leisels gaan oorvat. ‘n Eer wat Maria Ramos ten minste R20 miljoen ‘n jaar in die sak sal bring. Sy het ook baie goeie kontakte met die land se Tesourie. Dit is te betwyfel of daar al ‘n hoof van ‘n handelsbank is wat op ‘n beter voet met die Minister van Finasies was. Maria Ramos is al lank Trevor Manual se bedmaatjie en is sedert Saterdag ook Mev Manual.

Ek gee nou nie regtig om of ‘n man of ‘n vrou aan die hoof van ABSA staan nie. Ek gaan waarskynlik nie van hom/haar hou nie, tot die dag wat alle bankkostes gehef word. Ek verstaan Ramos kan haar self glo rondry, dus behoort dit my ‘n sent ‘n jaar minder aan bankkostes spaar. Ek het my ook nie juis veel gesteur aan die feit dat sy en Manual meer as net vriende is nie. Dit kan net vir goeie drama sorg. Hopenlik raak dit nie my sak in ‘n negatiewe manier nie.

Ek het egter die fout gemaak om deur ‘n ou tydskrif te blaai. Eers word daar reguit gevra of dit nie oneties is nie. Baie goeie vraag, dit is ‘n goeie teelaarde vir korrupsie en nepotisme. Niks waaraan ons nie gewoond is nie. Die twee se vriende, familie en werkers gee boonop die versekering dat hulle sakkevol integriteit het. ‘n Paar paragrawe later blyk dit dat hulle verhouding al begin het, lank voordat Manual van sy vrou geskei is. Maria was dus Trevor se skelmpie.

Goed, ek weet getrouheid maak jou nie beter geskik vir ‘n pos nie. Jou skerp brein of aanvoeling verander nie omdat jy jou huwelik eer nie. Jy kan nog steeds groot hoogtes bereik al is jy so immoreel as wat kan kom. Maar kan jy werklik sakke vol integriteit besit, as jy nie respek vir die huwelik het nie?

Dit laat my wonder oor wat die mense as integriteit beskou. Ek het altyd gedink dat integriteit oor rotsvaste beginsels gaan. ‘n Mens sal verwag dat iemand met integriteit se woord hulle eer is. Is ek dalk verkeerd dat dit die huwelik ook moet insluit? Mag iemand met integriteit na willekeur tussen beginsels kies? Wat beteken integriteit dan?

Manual en Ramos ken dalk hulle werk, maar van integriteit weet hulle nie veel nie. As hulle beginsels opsy kon stoot toe vlees roep, wat laat julle dink dat hulle ‘n dowe oor gaan draai as Rand en sent praat?

Blogvraag: Maria Ramos begin in Maart by ABSA. Waar is sy op die oomblik die hoof uitvoerende beampte?

Blogantwoord: Jo-Ann was eerste reg met Krismisroos.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Byname Ek sou kon doen met ‘n Miljoen!

240 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 33

    Ja wa wyd

  • 2. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 33

    Lyk my daai oog het te swaar geword

  • 3. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 33

    Ek het nou eers n baie boring fliek op etv gekyk

  • 4. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 34

    Hey – hoe bekruip jy my

  • 5. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 34

    Dit smaak my die tv wys die grootste gemors as almal lekker le en slaap

  • 6. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 35

    Ek het ook nou so deur die kanale geblaai en hier gaan net mooi niks aan nie

  • 7. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 36

    Ek is so wakker soos n springhaas wat gejag word .

    My kollega het sy girlfriend vir hom laat kom kuier saam met haar broer, hulle sit nou alaml hier en slaap …..

  • 8. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 36

    Korreksie – hulle wys deesdae altyd n klomp crap

  • 9. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 38

    Dit raak lekker daar by eskom

  • 10. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 40

    Jy is gelukkig as jy dstv het , want hier kan ek net die gewone kanale kyk

  • 11. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 41

    Dalk moet jy hulle wakker snork – so much vir geselskap

  • 12. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 42

    Ek het dit vir my so lekker as moontlik gemaak , niemand hier kyk agter ons nie😆

  • 13. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 42

    Dit verander nie juis iets nie – daar gaan nogsteeds niks op tv aan nie

  • 14. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 43

    Die mense wat kom kuier het is maar van tywelagtige karakter . ek se ook maar liewer niks verder nie

  • 15. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 43

    Dis hoekom ek by eskom weg is – hulle kyk nie na hulle mense nie

  • 16. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 44

    Ek is al so gewoond daaraan om myself geselskap te hou ….en ek moet se as dit ook nou nie vir hierdie blog van julle was nie dan het ek nou wraggies niks gese vannaand nie

  • 17. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 44

    In daai geval – los hulle dat hulle slaap

  • 18. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 45

    Ja kyk, die blog verander baie dinge

  • 19. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 46

    Toe die gravy trein weg spring , toe scheme ek ,ek gaan vir myself sorg. Toe maak ek dit vir my gerieflik hier in my job.

    Waar was jy by eskom as ek mag vra.?

  • 20. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 46

    Ek waardeer dit dat jy hierdie tyd van die oggend kom inloer.

  • 21. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 48

    My appyship by matimba gedoen en toe matla toe en klaargemaak 10 jaar 6 maande later by eskom properties in kriel

  • 22. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 50

    Wel as dit so gaan kan ons amper afstig en n nagskof blog skep. nee nee ek praat sommer net , dis sommer baie lekker hier

  • 23. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 50

    Dis my plesier. Ek geniet dit om iets te hê om te doen in my ledige tye wanneer normale mense slaap !

  • 24. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 50

    Sjoe dis ook amper n leef tyd

  • 25. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 52

    As ek nou by die huis was en wakker moes gewees het het ek sekerlik n program op tv gekyk wat oor kos gaan

  • 26. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 52

    Die tyd van die nag kan n mens die stilte waardeer .

  • 27. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 53

    Jip, en toe kom ek agter daar is lewe na eskom

  • 28. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 54

    En sekerlik n klomp planne maak vir die dag wat voorle

  • 29. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 55

    Hoe praat jy nou , ek is al 26 jaar vasgevang in eskom, en ek is ook seker daar is lewe na eskom, maar hoe se hulle die verskil tussen n groef en n graf is net die diepte

  • 30. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 56

    Ek kan nie eers in die nag slaap nie, wat nog van in die dag ! Ek is bly ek werk nie skofte nie

  • 31. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 57

    Van al die wakker wees in die nag beteken dit seker jy kan n uiltjie in die dag knip , of hou die gesin jou ook te besig??

  • 32. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 3 : 58

    N ou wat saam my by properties gewerk het is begin desember daar weg myne toe na 26 jaar

  • 33. Klip  |  Desember 29, 2008 om 3 : 58

    Ek het nog net seker so 1 jaar van my lewe nie skofte gewerk nie , nee wag dit seker n bietjie langer , maar dis vir my weer baie moeilik.

  • 34. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 00

    Ek kan glad nie in die dag slaap nie en as dit wel gebeur dat ek n paar minute dos kan ek glad nie daai nag slaap nie

  • 35. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 00

    Hier by ons is ook n klomp ouens wat weg is myne toe , maar ek moet se hulle is almal ambagsmanne.

    Unfortunately is ek net n operator , net gekwalifiseerd in stront praat😆

  • 36. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 01

    Solank jy net iets het om te doen as jy nie kan slaap nie.

    As my kussing my roep , dan praat ek nie tee nie

  • 37. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 02

    Die myne het ook stront praat kamers – noem dit ook kontrole kamers

  • 38. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 03

    Dis hoekom ek so baie lees

  • 39. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 04

    Ek het al gewonder hoekom cater hulle nie rerig vir skof mense nie , ok , ek verstaan ons is te min , maar as ek 8 uur in die oggend by die huiskom na n 12 uur skof en saam met my kollegas n bier wil gaan drink dan is alles nog toe,

  • 40. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 05

    Miskien moet ek ook so n bietjie begin rond kyk

  • 41. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 07

    Ek het op die weg tydskrif ingeteken toe hy uitgkom het en daar is nog sommer n klomp wat ek nog niee eers oopgemaak het nie . Ek kon darem so twee bladsye lees van n huisgenoot wat hier rond le . Ek beny julle wat so lief is vir lees.
    Mev Klip lees ook baie , maar gewoonlik as ek by die werk is

  • 42. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 09

    Wat is julle planne vir die nuwe jaar??

  • 43. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 10

    Die moere dink net aan hulle self

  • 44. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 11

    My grootste wens vir die nuwe jaar is net dat hierdie jaar moet verby kom , ek begin al klaar stres or my diere wat op oujaars aand weer gaan verwilderd word met al die klomp wat so klappers skiet

  • 45. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 12

    Het nog nie n clue nie, het darem nog so 3 dae om te besluit daaroor, sal seker maar na die skoonmense toe gaan

  • 46. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 13

    Ek het nie meer honde wat kan stres daaroor nie

  • 47. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 13

    Op nuwejaar moet ek inelkgeval dagskof werk, so ek sien n laat nag vir my. Laas jaar by die veearts n klomp kalmeer pille vir al die diere gekry maar dit help net mooi niks

  • 48. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 14

    Ja , ek lees hier dat jou honde vergiftig was , sulke moere wat dit doen moet hangpaal kry

  • 49. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 15

    Ek wens hulle wil crackers heeltemal ban

  • 50. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 16

    Ek dink ek moet op n detox gaan op nuwejaarsdag.

    Ek kan ook in my honde se oe sien hulle soek nie meer leftovers nie

  • 51. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 17

    Ek sal like om daai bliksems van hulle eie medisyne te gee

  • 52. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 17

    Ek het net een begeerte vir n cracker en dit is om daai wat so hard skiet in n chinees se gat op te druk , laat hulle kan voel …….

  • 53. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 18

    Dis altyd die groot eet die tyd van die jaar

  • 54. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 19

    Ek het daai vergiftiging een keer gesien toe hulle my buurman se honde vergiftig het , en dis nie mooi nie . Ek glo dat hulle wiel sal draai en as hulle die dag vrek dat dit die aller aakligste dood sal wees.

  • 55. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 19

    Ek mind nie die crackers wat net mooi maak nie maar ek pes die wat geluide maak

  • 56. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 20

    Ek kry net die kalkoene en varke jammer , ek sal ook seker eers weer gammon die einde van volgende jaar in die oe kan kyk

  • 57. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 21

    Dis baie erg – daai diere ly verskriklik en daar is net mooi niks wat jy kan doen om dit vir hulle beter te maak nie

  • 58. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 23

    Ek het nog 1 gammon in die vrieskas, sal hom seker so hier by paasfees kook

  • 59. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 24

    Die voëltjies tjirp te lekker buite

  • 60. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 24

    Dis seker nie iets wat stop gesit sal kan word nie .

    Ek het verstaan hier is gekontroleerde vuurwerke in witbank , maar dit nog nooit gesien nie . Kyk maar elke jaar na die mense oorkant die spruit hoe hulle die goed in die lug opskiet

  • 61. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 26

    Hierts dis al amper dagbreek .

    Dis ook wat ek van hou so vroeg in die oggend, maar hier by ons hoes die arme goedjies net te erg

  • 62. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 27

    Wel ek praat maklilk , as ek honger is vreet ek enige iets

  • 63. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 27

    Hulle sal dit nooit kan beheer solank dit verkoop word nie

  • 64. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 30

    My vrou kyk na twee kinders , en ek se vir jou hulle is voelig , 3 en 4 jaar onderskeidelik. Hulle is in pleegsorg en het al so n bietjie moeilike tye agter die rug , nou vang ek maar saam vis en speel golf en krieket en my vrou speel weer barbie ….

  • 65. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 32

    WordPress gooi nou my comments weg – moer !

  • 66. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 33

    Ek is darem nou weer af tot donderdag toe en nou scheme ek maar om hulle daar na Boksburg toe te vat , something van waterworld of iets .

  • 67. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 35

    Ek lees in die nuus MTN is ook amper van die lug af , so enige iets is moontlik deesdae. WP volg in hulle voetspore

  • 68. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 36

    Dis nogal n aanpassing om skielik weer sulke kleintjies in die huis te hê, maar dis lekker om vir hulle sulke goedjies te doen, hulle waardeer elke dingetjie

  • 69. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 38

    Daai waterworld is daar naby die east rand mall en die vlooimark

  • 70. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 39

    Ja jy kan weer se dis moeilik , n mens raak net te geheg aan hulle . Ek weet ook nie wat die toekoms inhou nie ….maar nou ja tyd sal leer

  • 71. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 40

    Dis reg , maar ek glo ons sal more gaan want die vlooi mark is toe op Maandae , en ek mis nie n vlooi mark nie

  • 72. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 42

    Ek het hulle nou die dag hier op greenside golf baan op die golf karretjie rondgery , en ek moet se ek is ook weer lus om golf te speel , sal maar my stel moet afstof . Ek sukkel net so n bietjie met die visvang , dit het ek baie jare laas gedoen

  • 73. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 43

    N vriendin van my het ook n seuntjie wat nou al 4 jaar by haar bly van die kinderhuis af en eventually is hulle nou besig om hom aan te neem maar dit was nie n maklike paadjie nie

  • 74. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 46

    Julle moet dit geniet en mooi ry. Wp gee my nou grief so ek gaan maar eers groet. Thanx vir die chat. Sien jou weer nuwe jaar hier

  • 75. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 47

    Die twee kinders in my meisiekind se boyfriend s’n
    Die hof het hulle verlede maand in sy ma se pleegsorg gesit , en nou moet my meisiekind na hulle kyk en sy werk in Middelburg en die mannetjie werk vir netcare en die kinders is nou hier en dan daar , dis toe maar dat my vrou besluit het om na hulle te kyk vir die vakansie .

    Dis nou wanneer ander mense se probleme joune word

  • 76. Klip  |  Desember 29, 2008 om 4 : 47

    Take care en mag al jou drome waar word hierdie nuwe jaar

  • 77. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 51

    Jy het darem nog net n uur oor. Ja jong, ek maak ook gereeld ander mense se probleme myne, maar ek kan nie agteroor sit en kyk dat kinders suffer nie

  • 78. *mathilda*  |  Desember 29, 2008 om 4 : 55

    He he – nommer 1 in die nuwe jaar sal ek en my skaal n talk moet hê, my skoonsus trou (met n dokter) en dit sal verseker n larney besigheid wees – ek kan nie 1 van my tente (soos olga sal sê) aantrek nie !

  • 79. Klip  |  Desember 29, 2008 om 6 : 20

    Daars hy , nou wag ek net vir my aflos.

    Tilla , dan moet jy maar net n larney tent kry.😆

    Sjoe ek was lanklaas by n troue , dis seker maar die ouderdom , ek woon lately net begrafnisse by

  • 80. Klip  |  Desember 29, 2008 om 6 : 29

    Vir al die bloggers ….geniet die laaste dae van 2008 , hoop om almal weer hier te sien in die nuwe jaar

  • 81. Carina  |  Desember 29, 2008 om 7 : 24

    Kyk ek dink nie helfte van ons politikuste kan integriteit spel nie. Maar ek hou van Trevortjie – dit voel my hy is die enigste een in ons parlement wat sy werk doen! Miskien sal dit ABSA goed doen as iemand anders bietjie aan stuur van sake is want hulle moet terugkom aarde toe. Solank my geld net nie gebruik word om nog ‘n flippen sport geleentheid te borg nie!!!

  • 82. Wille Kjind Q  |  Desember 29, 2008 om 9 : 26

    Uitfreakeneindelik!! Ek kon die hele naweek nie op die blog inkom nie. En die tye wat ek kon, kon ek nie comment nie…….. seke ok ma goed so.

    @ Lola

    Skyf gou jou bolla reg en sit jou bril op want ek gat nou vi jou prentjies teken.

    6. Wille Kjind Q | November 30, 2008 at 8 : 03
    Dit is ‘n moerse geldmaak storie (Dis nou die winkels en hul advertensies oor die kers seisoen).

    Ek kak in my broek as hulle poppe, speelgoed remote controle karre ens oppi tv wys en die kjinders wil dit hê (Hier praat ek van ‘n ‘baby born’ of R500 se remote control kar wat die kjinners somme die dag na kersfees breek. Partykeer somme op kersdag).

    Ek koop vir my kjinders educational toys ( Let nou mooi op – êdjoekeishinal beteken dat hulle gewoonlik computers kry. Soos byvoorbeeld die een wat my dogtertjie hierie kersfees gekry het. Dis ‘n interactive ‘facts of the world’ computer met ‘n wêreld kaard. Ek sal nie noem wat dit gekos het nie nou nou kak jy in jou broek daaroor)

    (Dan die belangrikste) en hul skool benodighede vir die volgende jaar. Ek draai die pritt, inkleurpotties ens 1 vi 1 toe en gee dit vi as geskenke (Meeste ouers vergeet van hierdie deel van die oefening. Skool is meer belangrik as keersfees).

    Hulle ouma en tannies koop genoeg toys om te hou tot die volgende krismas (Glo dit of nie maar hulle het genoeg gekry om hulle te hou tot volgende jaar).

    79. Wille Kjind Q | December 26, 2008 at 11 : 18
    He! He! Ek het dit vi myself gekoop (Die maklikste is om te verduidelik dat dit werk soos e-bucks. Ek werk my gat af deur die jaar, kry punte by die maatskappy waar ons sekere items kan ‘koop’ op die internet en dan jou punte gebruik as betaling, en voila……. Bob’s your uncle.)

    Dis moer nice en ekt gister heeldag die straat plat gery(Ja ek het dit geniet!).

    Ek moet sê…. 80km/h so plat teen die aarde nogal scary is die eerste paar kere (dis 4kin scary!!)

    Net jammer jy het vigeet van die kak opmerking oor my kjinders wat weetbix eet.

    Oordeel asb self wle ‘n leesbril of wie onthou pille nodig het. Ek is ‘n ou roofleser op die blog! (Vir ‘n ou roofleser lees jy ook ma kak wanne dit kom by opmerkings oor my se kjinners!)

  • 83. boendoe  |  Desember 29, 2008 om 11 : 43

    Sjoe! 233ste! Ek gaan jou dus nie verder verveel met wat ek dink oor Trever en Maria nie… :mrgreen:

    Net:

    http://boendoe.wordpress.com

    En as JY my kan se hoe ek my nuwe blog aan my naam kan link, sal ek jou ewig dankbaar wees! Nog steeds gekoppel aan my oue…

  • 84. Wipneus!  |  Desember 29, 2008 om 11 : 51

    Ouma pluk haar bloomer op en skuif die bril op haar kop terwyl sy paniekbevange heen en weer hardloop!

    Sy prewel : “Die kinders is alweer aan die baklei so op die oujaar! Gaan ek nooit rus kry nie”

    Adriana gooi gou vir ouma so stewige enetjie in, die bottel is in die Omo waspoeier boks weggesteek onder die wasbak:mrgreen: Maak asb gou!!!!!

    Samantha en klim af van daai gevaarlike ding, waar het jy nou gesien ‘n dogtertjie ry met so gevaarlike ding in die straat rond! Bring daai sleutels dadelik hier! 😈

  • 85. Wipneus!  |  Desember 29, 2008 om 11 : 56

    Hello Boendoe ek het vir jou ‘n e pos gestuur met die info!! 🙂

  • 86. Wille Kjind Q  |  Desember 29, 2008 om 12 : 37

    @ Ouma Wip

    Mirrag. Vir wat skree ouma so😯

  • 87. Adrie  |  Desember 29, 2008 om 12 : 40

    More . Ouma giovanni het in die omo box gep. Ek sal klip se vatjie wat hy vir die ou wetter weggesteek het oprol dak toe. Ek het n weggooi doek met ouma se naam op. Wie gaan kerm oor n toilet

  • 88. Wille Kjind Q  |  Desember 29, 2008 om 12 : 47

    @ My 3ling

    Dis al mirrag……..

  • 89. Lola  |  Desember 29, 2008 om 3 : 03

    wille kjind q, rotflmao! :laugh:
    word wakker asb. Jou slim antwoode wys jou fantasie elke keer beter en beter. seker soos ebucks van volkskas. bob is my uncle indeed. oeeee!!!!!!! eina tog. kinders moet skool benodighede he. kersvader moet dit nie ring nie, mamma en pappa moet dit koop. sonder geskenkpapier. jy lewe in fools paradise. met al die dinge wat jy doen, koop en gee moet jy minstens die gm van volkswgen wees. ons kan almal tel weet jy. net miskien as jy jou kinders ordentlike computers koop plaas van die japscrap wat die chinaman op die sypaadjie by vosloorus se busstop verkoop, sal jy nie elke jaar nuwe een hoef te koop nie. jy kon heelnaweek nie op die blog inkom nie want selfone werk nie op tokkos nie, skud jou kop, willekjind q, die rose wat jy ruik, is dieseldampe. dit is die goed wat jy ruik wanneer jy met jou putco cadilac werk toe en huis toe ry. pik by willekjind, pik by. jy is al te oud vir die grandiose drome wat jy so koester. moet jou nie uitgee vir ‘n chappie nie, willedromer, dan sal jy nie gekou word ni.

  • 90. Wille Kjind Q  |  Desember 29, 2008 om 4 : 03

    WHUHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Oeg nee wag!!! My magie is nou te seer gelag!!! Gelukkig het ek baja toiletpapier EN kondome. Net jammer dis ‘n DP en nie ‘n GM nie🙄

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: