Byname

Desember 26, 2008 at 10 : 17 102 Kommentaar

Shakespeare het gesê: “ A rose by any other name would smell as sweet.”  Dit bring my by noemname. 

Wie van ons gaan dwarsdeur die lewe sonder om ‘n noemnaam op te tel.  Sommige noemname hou verband met jou naam.  Ek het ‘n vriendin, 4 bakstene hoog en – destyds – 6 bakstene breed.  Sy het daarop aangedring om my Olga’tjie te noem.  Sy self was Hendriena, Drienie genoem, maar ook bekend as Babs.  Ander dame weer, bekend as Elma is gedoop Elizabeth Maria.  Ellie vir Eleanor.  Bennie vir Bernardus of Benjamin.  Maar ek het egter ‘n Barend geken wie  Ben genoem was.

Dan is daar Hannie wat later blyk om eintlik Magrieta gedoop was.  Honey wie Loretta is, Linnie wie in werklikheid Yolande is.  Dit is werklik wat my so interesseer van name.  ‘n Oom Gawie wie Gerhardus is.  Tog ook ‘n tannie Gawie wie se regte naam ek nooit gehoor het nie. 

Daar was ‘n outjie wie Slapgat op skool genoem was.  Na skool het mense dit afgekort na Slappes.  Dit het later Slapes (Slypes) geword.  Hy word tot vandag toe so genoem.  Dan het ek Gums met die hand gegroet.  Sy regte naam is Willem.  Ons het Piet Zip geken.  Hy het geweier om onderbroek te dra.  Sy . . . umh . . . noenoe het in sy broek se rits verstrengel geraak.  Die werksverpleegster het al haar dae gehad om dit los te kry.  Wel, ek glo daarna het hy beslis in ‘n paar onderbroeke belê.

Homer was deur die swart werkers Dumelang genoem.  Dit het donderweer beteken.  Hy het die verdien met sy geskreeëry.  Tot vandag verwat hy steeds vriendelikheid en gulhartigheid met volume.  ‘n Dame wie mank loop, noem die swart bevolking Tapyt.  Volgens hulle, sê haar voetstappe Ta (normale been) Pyt (mank been).  Iemand anders was njors genoem.  Hy het ‘n intense liefde vir vroue gehad wat hom die byenaam besorg het.

Dan dink ek aan name wat skoolkinders onnies gee.  Ons het ‘n onderwyser met ‘n skeel oog gehad.  Hy was bekend as Honey-eye.  Ons Wetenskap onnie, Mnr Meyer was bekend as Frankie vir Frankenstein.  Sy een oog was meer promiment as die ander.  Ons Aardrykskunde onnie was bekend as Bredasdorp.  Die Engelse onderwyser was om een of ander rede Banda genoem.  Juffrou de Klerk was Jalap genoen.  Juffrou von Pittius was natuurlik Pitneus genoem.

Wat is jou bynaam en hoekom?  Het jy ‘n onderwyser getag met ‘n noemnaam?

Blogvraag:  Onder watter naam is ‘n Hydrangea beter bekend?

Olga.

 

Blogantwoord:  Olga was reg met George Harrison.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Geseënde Kersfees Mengelmoes Wat beteken integriteit?

102 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 11 : 12

    EERSTE!!!!!!!

  • 2. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 11 : 14

    Ja Ja, ek kroek! Sue my!

  • 3. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 11 : 17

    Ek het ‘n ding oor name of self byname. Ek hou nie van deel nie, veral nie my naam, byname of skuilname nie. Ek sien daar dwaal ‘n Doringrosie op die blogs rond. Ek weet sy het waarskynlik geen idee dat die blog bestaan nie. Elke slag as ek haar iewers raaklees, wil ek haar wurg. Ek het patentreg op Doringrosie, roos (in enige vorm) en Dorings ook. GRRR

  • 4. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 11 : 19

    My byname?

    If I tell you, I have to kill you.

  • 5. Olga  |  Desember 26, 2008 om 11 : 25

    Tweede.

  • 6. Olga  |  Desember 26, 2008 om 11 : 26

    Dis my post juf annie. Mag ek di vraag antw?

  • 7. Olga  |  Desember 26, 2008 om 11 : 30

    Heng wk, vir iemand wat se kersfees is heeltemal te kommersieel en jy glo nie aan duur geskenke nie, koop jy darem maar duur geskenk vir jouself. Het jy regtig regtig reggekry om vir jou kids net skool benodighede te koop?

  • 8. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 11 : 32

    🙄

    Nee, Olga. Nee, nee, nee, NEE. Dit is kroek.

  • 9. Olga  |  Desember 26, 2008 om 11 : 44

    Ek self het my mensie die soldaatjie getag. Hy was te vroeg gebore. Gewig geval tot in die omgewing van 800g, een infeksie na die ander die hoof gebied en danksy God se genade oorwin. Vandag is hy ‘n gesonde, bekkige, strydlustige en besige daatjie bekend as sarge. Hoekom nie generaal nie, wonder julle? Want wat is die weermag as hy nie sersante het nie?’n sarge is die ruggraat van enige weermag. Daarom is my mensie sarge.

  • 10. Olga  |  Desember 26, 2008 om 11 : 46

    :sulk:

  • 11. Olga  |  Desember 26, 2008 om 11 : 47

    :s

  • 12. Olga  |  Desember 26, 2008 om 11 : 50

    Ek wil ook gevreetjies maak!😥

  • 13. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 12 : 30

    Olga

    Het einste Sarge hom nie aan ontvoering al skuldig gemaak nie? Hy is dalk n mafia sarge.

  • 14. Olga  |  Desember 26, 2008 om 1 : 52

    Haai nee, hy het net babatjie geannekseer en hande wat syne baba wou terugneem gebyt. Maar hy het darem nie getake away nie.

  • 15. Wipneus!  |  Desember 26, 2008 om 3 : 24

    My bynaam was vuur of rissiepit, ek gaan nie verder verduidelik nie😳

    Dan is ek ook Ouma Rosie! Ek het patentreg :mrgreen:

    My vriendinne noem my “M” logies as jy weet wat my naam is. Ek is te lui om my naam uit te skryf en e posse, kaartjies en briefies word afgesluit as “M” Sal my leer om so lui te wees, M kan nou vir enige iets staan bv Moegoe 😆

    Geniet die res van julle rustyd!!!

  • 16. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 4 : 40

    Hie Hie Hie

    Ouma Moegoe!

    Whahahahaha!

  • 17. Jo-Ann  |  Desember 26, 2008 om 4 : 48

    Ek antwoord op verskeie variasies van my naam, net nie Johanna nie. My ma het my altyd Joan of Joanie genoem. As sy die dag my naam gebruik het, het ek geweet hier kom ‘n ding. My skoonma noem my Annie (engels) en ‘n paar vriende noem my sommer Jo.

    Ek onthou net een onnie se bynaam – Travolta. Hy was ons boekhou onnie en het altyd gelyk of hy dans voor in die klas. Eers toe hy geskors is het ons geweet dat hy eintlik onvas op sy voete was.

    Die antwoord… krismisroos – die kleur het onder andere iets te doen met die suurinhoud in die grond – my buurvrou s’n is helderpienk. 🙂

  • 18. boendoe  |  Desember 26, 2008 om 5 : 26

    Tsk, Jo-Ann! Bars jy my bubble hier met die krismisroos-antwoord! 😆

    As kleintjie het ek myself “Hettie” gedoop. Daai een steek nog steeds vas onder my broers en hul kinders. En my groentjienaam in st. 6 was Jellie. 😯

  • 19. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 6 : 11

    Ons was nie gedoop nie. Ook nie ontgroen nie. Wel georienteer. Onthou dat net st 6 en eerstejaars menseregte het. Prefekte, komlede en hklede het nie. Ons was darem die doop gespaar.

  • 20. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 6 : 14

    Ek het die storie al vertel. My eerste dag in gr1 vra die juffrou my wat is my naam. Ek wou se my naam is Adrie, maar toe se my pa my naam is Adriana

  • 21. carina  |  Desember 26, 2008 om 6 : 31

    Dis ‘n Krismisroos!!!

    My bynaam is en was nog altyd Katryn. Seker maar afgelei van my naam. My man noem my Babes. Ek hoop nie dis afgelei van die vark movie nie.

  • 22. Rippel  |  Desember 26, 2008 om 6 : 36

    Piet Zip😆 😆 😆

    Het hy kids gemaak daarna?

  • 23. Rippel  |  Desember 26, 2008 om 6 : 59

    My een vriendin het my Rippel gedoop. Na Radio Rippel. Want ek kwetter die heeltyd en weet al die nuus van almal.

  • 24. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 7 : 06

    Whahaha

    Rippel is n skinderbek!

    Jo-Ann

    Was Travolta se klasse net so geswaai?

  • 25. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 7 : 12

    Ons het n Sopoog (lepeloog gehad), Boertjie (deeltyds geboer), Plankie (plankdun vrou), Muskiet (lang bene soos n muskiet gehad), Zibi en Blerrie Bouwer op skool gehad.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Desember 26, 2008 om 7 : 17

    Hey! Hey! My kjinners het net bok snot en bees ballas geëet op kersdag. Weetbix is te duur. Onthou net dat kaviar nou duur is Lola…. So ek kon net myself voer. 4k die res. Dis mos elkeen vi homself enni duiwel virri res😈

  • 27. Wille Kjind Q  |  Desember 26, 2008 om 7 : 20

    Olga…. Ga na MSA se website toe. Log in met my username en password dan sal jy sien wa die bike vandaan kom.

  • 28. Wille Kjind Q  |  Desember 26, 2008 om 7 : 25

    Daai bike het my nie ‘n sent gekos nie…. net 4kin baja sweet. Ek ga vi jou ‘n lees bril koop. Ek het gesê dat mense nie konsentreer op die geboorte van Christus nie. Hulle is meer behep oor geskenke en daai dik drol in sy rooi pak en aanplak wit baard

  • 29. Wille Kjind Q  |  Desember 26, 2008 om 7 : 26

    Ek moet net gou die post gat lees sodat ek kan comment as ek mag

  • 30. Wille Kjind Q  |  Desember 26, 2008 om 7 : 37

    Manny, Sammy, Sam…. Vi die obvious rede. WWE = Wicked Witch of Eastwick…. Ek wonner hoekom. Cheecky bek… Eishs! Mêdêm en Sista boss deur die manne wat in my span is by die werk. Die res kan of wil ek nie onthou nie

  • 31. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 7 : 44

    Drieling

    Was jy dan kerk toe?:mrgreen:

  • 32. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 7 : 46

    Ek vier Kersfees op elke manier denkbaar. Advent, kersvader, kommersieel, liefdadigheid, carols, eet, liggies, kerk . . . Die hele spul. Behalwe kersflieks.

  • 33. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 00

    Goeie naand almal.

    Hoop almal se Kersdag was gevul met vreugde en liefde , en dat ons in die jaar wat voorle net goed sal doen.

  • 34. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 03

    A3 ek vra omverskoning dat ek nie op jou e-mail versoek kon reageer nie . Ek was van skof af op n projek hier by een van ons turbines , maar is weer terug.

    Ek was Woensdag by my swaer se begrafins die oggend , en die aand het ons geskenke uitgedeel , wat n kontras.

  • 35. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 8 : 09

    Klip!!

  • 36. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 8 : 10

    Ek is jammer om van jou swaer te hoor. Wat het gebeur?

  • 37. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 8 : 12

    Moenie worry oor my versoek nie. Daar is altyd 2009.

  • 38. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 8 : 13

    Ek hoop jou en jou familie se Kersfees was geseend en vol liefde.

  • 39. Olga  |  Desember 26, 2008 om 8 : 39

    Wk, kyk asb op kersfees mengelmoes van 26 des om 11:18. Jy het gese jy het die mini superbike vir jouself gekoop. So hou maar die leesbril se geldjies, wk, en koop vir jou n onthou hoed. Moenie teef oor die kak wat jy self praat nie. Hou kan jy vir my bril koop as al jou geld by die lig tannie le.

  • 40. Olga  |  Desember 26, 2008 om 8 : 41

    Elo klip. Innigste meegevoel met jou swaer se heengaan.

  • 41. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 42

    My swaer is twee maande gelede met lewer kanker gediagnoseer , en toe is hy die 20 ste in n hospice oorlede.

    Ja ek hoop dat 2009 n vreugde volle jaar gaan wees

  • 42. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 43

    Dankie Olga.

  • 43. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 44

    Ek praat so met van my kollegas , dan wonner ons wie is volgende??.

  • 44. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 46

    A3 ek is seker jy het van die mooiste geskenke gekry????

    As n mens die volgende paar weke in die shopping malls rondloop ruik jy weer van die lekkerste perfuum wat die dames gekry het vir kersfees

  • 45. Jo-Ann  |  Desember 26, 2008 om 8 : 46

    Dit is seker Travolta se skuld dat ek tot vandag toe nog nie maats is met Boekhou nie. Die ou se kop het nie lekker geklop nie, hoe moes ek iets laat klop.

    Ek onthou my ma-hulle het altyd van my laerskool se skoolhoof as Boom Pretorius gepraat. Hy was ‘n oud-onderwyser van haar en sy dog toe so ewe sy gaan hom groet op my eerste skooldag. Ek weet nie of sy geweet het waar om haar kop in te druk toe ek ewe kordaat ge-“hallo oom Boom” het nie. My pa vertel nog met lekkerlag die stukkie. Oppas maar wat mens voor die kinders sê….

    Dan was daar die outjie wat sommer “Tyre Lippe” genoem is wat my verpes het deur te dreig om my te soen; ek was 11 en ek was vrek bang hy gaan dit doen. Hy was die skool se boelie en heelwat groter as die meeste van die kinders. Toe hy my eendag met sy fiets gejaag het, het ek my tas sekuur voor sy voorwiel ingegooi en hy het amper sy nek gebreek. Ek het eers myself in ‘n ander bloedgroep ingeskrik toe hy doodstil bly lê het, maar ek het gat skoongemaak toe hy tekens van lewe getoon het. Dit was ‘n nare ding om te doen, maar hy het my uitgelos van daardie dag af. Hy het ‘n slag gedruip en ons het in dieselfde standerd beland toe ek hoërskool toe is. Iemand het vir die prefekte gefluister ons het ‘n “vete” en toe doop hulle ons saam – ons moes hand-aan-hand wandel terwyl hy aanmekaar moes skreeu dat hy my liefhet. Ek was maar te bly toe dit oor was!

  • 46. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 49

    My biologie one het m moewiese bles gehad , sy naam was “GAT”

    My een offisier in die polisie se by naam was “pompie” hy het die manier gehad om sy texan plein so te rook dat ek ook lus geword het om dit te rook , en dan het hy die aakligste hoesie gehad

  • 47. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 50

    JoAnn, jy het daai mannetjie se demone , of is dit hormone wakker gemaak 😆

  • 48. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 8 : 53

    Klip

    Ja, nogal. Veral my goue ring, al bly ek steeds ‘n lelike ding.

    Jo-Ann

    Wys nou net. Jy moet jou afkeure nooit hardop toon nie. Dan kan dit jou nie inhaal nie.

    Het jou oom Boom Boom gestook?

  • 49. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 8 : 54

    Klip

    Spoeg gou jou byname? Jy het seker ook een in die Polisie gehad.

  • 50. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 54

    Dit het al so baie met my gebeur dat ek wonder of ek nie die naam Johan moes gehad het nie

    As ek iemand ontmoet en ek stel my self voor as Kobus , dan later word ek Johan genoem. En dis altyd van wild vreemde mense. ( dit het nou al rerig sommer baie gebeur) nog nooit is ek verkeerdelik as piet of koos of enige ander naam genoem nie , behalwe Johan

  • 51. Klip  |  Desember 26, 2008 om 8 : 56

    Ek is nooit rerig op n by naam genoem nie , maar na aanleiding van my van is ek “Possie” , “Mossiemis” en “Pis die pot mis” genoem

  • 52. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 8 : 58

    Klip ek bedoel Johan

    Jy lyk seker soos ‘n Johan.

    Bespeur ek ‘n bietjie prostaatprobleme of kan jy net nie mik nie.

  • 53. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 00

    Kabous en Kabousie , is ook van die name wat ek genoem word.

    As kind was my naam Kobie, en van gr1 af was daar n meisiekind saam met my wat se naam ook Kobie was , en toe ek die dag hoerskool toe gaan stel ek myself voor as Kobus.

  • 54. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 01

    😆 so het Posthumus al baie byname gevorm

  • 55. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 02

    Ek is van kleins af geklap as ek gemis het , so my korrel is in die kol ….

  • 56. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 9 : 02

    Jou pa se naam ook Jakobus?

  • 57. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 02

    Ek het ook al gewonder hoe lyk n Johan.

  • 58. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 04

    Ja hy was so dronk toe hy my moes gaan registreer, toe draai hy net sy twee name om , en my geboorte datum op my geboorte sertifikaat is ook verkeerd Ek is Jacobus Nicolaas , en hy was N J

  • 59. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 06

    Miskien word ek ook eendag posthumously vereer, …………..vir al die kakkies wat ek praat

  • 60. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 08

    A3 daai goue ring het sekerlik n pragtige blink steentjie ook in???

  • 61. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 9 : 08

    Klip

    Gammon is duur, jy kan nie bekostig om so varke te gooi nie.

  • 62. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 09

    n Duif met n ring vlieg beter as die sonder n ring

  • 63. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 9 : 10

    Droom groot drome, ne?

    Klip, aikona. Die ring was ‘n geskenk aan Adrie van Adrie.

    Waar is Olga, Jo-Ann en Willes nou?

  • 64. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 11

    Serious , my ma se ek is op die 10 gebore , en ek is op die 11de geregistreer.

  • 65. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 12

    Hulle sit seker nou en krismis left overs en eet.

    Ek gaan nog gammon eet tot na nuwejaar ….

  • 66. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 9 : 13

    Ek sou wou sien hoe verduidelik jou pa dit aan jou ma.

  • 67. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 14

    So van kos gepraat , ons klomp gaan vanaand hier op skof n bietjie kos maak , skaapstertjies en pap

  • 68. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 15

    Sy was seker ook net nugter vir my geboorte …..

  • 69. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 9 : 16

    Vrate

    Ek hoop nie dit was Hilda se konkoksie nie, dan tjank hulle tot volgende Kersfees oor sooibrand.

  • 70. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 9 : 18

    Op Brannefien gespeen, Klip?

    Nee, hel. Ek bly eerder by tuisgebakte koekies.

  • 71. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 21

    Hoe lus word ek nou vir n lekker tuisgebakte koekie.

    Mellow wood was die drank van hulle keuse , maar na n besoek aan die drycleaners toe ek so 6 jaar oud was het hulle nooit weer gedrink nie.

  • 72. Klip  |  Desember 26, 2008 om 9 : 22

    Hiert die ouens wag vir my , geniet die aand en sweet dreams….

    Dankie vir die lekker chat A3.

  • 73. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 9 : 27

    Wat is die storie agter die drycleaners? Halwe stories word nie op die blog toegelaat nie.

    Lekker eet.

    Cheers.

  • 74. Wipneus!  |  Desember 26, 2008 om 10 : 06

    Jammer om te hoor van jou swaer Klip! 😦

    My Krismisrose staan vol in blom!! Bloues en pienkes en weird groenes ek weet nie hoekom is daar so baie groenes nie, is hulle groen of moet hulle nog blom? Dalk kry daai groenes te min son!! Ek weet nie wat gaan in die tuin van my aan nie. Dis omdat ek blog en nie my tuin meer so gereeld liefde gegee het nie. In die nuwe jaar sal dinge moet verander dit kan nie meer so aangaan nie !! ROFL

    Ek doen die “Lazy life” dis soooo lekker om lui te wees en net lekker dinge te doen. Aan die anderkant voel dit nogal vreemd, ek voel die heeltyd of ek iets moet doen of vergeet het. Seker die ouderdom!

    Adriana ek wil weet wat jou byname was? Ek weet darem van die een wat ek jou gedoop het: Klein merrie!:mrgreen:
    Cheeky bek is ook nogal een wat vinnig in die brein flits!
    whahaha

  • 75. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 10 : 43

    Adriana se byname?

    RSM, Miesies, President, Herriemerrie en amper vergeet ek . . . . Adrie.😆

  • 76. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 10 : 46

    Krismisrose blom pienk in suurgrond en pers in brakgrond.

  • 77. Adrie  |  Desember 26, 2008 om 10 : 55

    Ampertjies vergeet ekke van Kloon, Tweeling en Drieling.

  • 78. Lola  |  Desember 27, 2008 om 12 : 34

    6. Wille Kjind Q | November 30, 2008 at 8 : 03
    Dit is ‘n moerse geldmaak storie. Ek kak in my broek as hulle poppe, speelgoed remote controle karre ens oppi tv wys en die kjinders wil dit hê. Ek koop vir my kjinders educational toys en hul skool benodighede vir die volgende jaar. Ek draai die pritt, inkleurpotties ens 1 vi 1 toe en gee dit vi as geskenke. Hulle ouma en tannies koop genoeg toys om te hou tot die volgende krismas

    79. Wille Kjind Q | December 26, 2008 at 11 : 18
    He! He! Ek het dit vi myself gekoop. Dis moer nice en ekt gister heeldag die straat plat gery. Ek moet sê…. 80km/h so plat teen die aarde nogal scary is die eerste paar kere

    Oordeel asb self wle ‘n leesbril of wie onthou pille nodig het. Ek is ‘n ou roofleser op die blog!

  • 79. Lola  |  Desember 27, 2008 om 12 : 41

    a3, waar kan ek ‘n gesiggie langs my naam kry?

    rippel,

    as jy is wie ek dink, was j tuks student tussen 1998 en 2001?

  • 80. Klip  |  Desember 27, 2008 om 1 : 12

    A3, drycleaners = Castle carry, ek dink dis hoe hulle dit spel , maar ek moet se daar is mense wat soontoe gaan om uit te droog en dan net meer drink na die rehab. By Denmar kan n mens blykbaar ook uitdroog

  • 81. Lola  |  Desember 27, 2008 om 8 : 38

    More, more. Klip, dit moers n rowwe trip vir n kind gewees het. Ek is bly hulle het darem by gepik.

  • 82. Adrie  |  Desember 27, 2008 om 10 : 30

    Eish!

  • 83. Adrie  |  Desember 27, 2008 om 10 : 32

    Jammer Klip. Blonde oomblik.

  • 84. Olga  |  Desember 27, 2008 om 3 : 30

    Elo. Kry enige ander oomblikke as blonde oomblikke, juf annie?

  • 85. Bayu  |  Desember 27, 2008 om 5 : 04

    hi.. I am From Indonesia beautiful country..how are you??….. introduction from my blog…..can we exchange link……add me here…thank very much ok……success always🙂

  • 86. Adrie  |  Desember 27, 2008 om 5 : 59

    Oe!

    My genade. Ek lees boonop soos my gat ook.

    Lola

    Vul die aansoekvorm op die bly te kenne bladsy in. Dan gaan soek jy die gevreetjiefabriek wat links aangegee word.

  • 87. Klip  |  Desember 27, 2008 om 8 : 07

    Goeie naand almal.

    Ek hoop meeste kersfees leftovers is nou al klaar geeet😮

  • 88. Klip  |  Desember 27, 2008 om 8 : 08

    Wat n heerlike vooruitsig om heel nag hier te sit

  • 89. Oubaas  |  Desember 27, 2008 om 8 : 50

    Hi! Hou julle leke holiday?

    Ja ne, die byname. Ek het die bynaam Oubaas opgetel, en nous ek ma Oubaas lol.

    Ek het onlangs my eie chatsite begin en gepas is die naam Oppie Koffie😀

    Mag julle almal ‘n vooerspoedige 2009 beleef, en kom drink gerus ‘n koppie koffie by Oppuie Koffie. Die link is op my naam.

  • 90. Adrie  |  Desember 27, 2008 om 9 : 38

    Hallo almal

  • 91. Adrie  |  Desember 27, 2008 om 9 : 42

    Gawie
    Kom steel jy mense van my blog af?

    Is dit nou n nuwe chatsite?

  • 92. Olga  |  Desember 27, 2008 om 9 : 46

    Naand Klip

  • 93. Klip  |  Desember 27, 2008 om 11 : 53

    Hallo daar Olga. Jammer ek kom nou eers weer hier uit , het so n bietjie weggevoer geraak in al die leftovers in my lunch box

  • 94. Olga  |  Desember 28, 2008 om 12 : 16

    Als reg, klip. Left overs is s.a se traditioneelste gereg ooit. Myne is darem nou klaar. Die kinders is tuis. Hulle is leftovers se moses.

  • 95. Klip  |  Desember 28, 2008 om 6 : 13

    More more , gammon of hoenner❓

  • 96. *mathilda*  |  Desember 28, 2008 om 9 : 04

    Gammon asb olga

  • 97. *mathilda*  |  Desember 28, 2008 om 9 : 04

    O ja more maaikies

  • 98. *mathilda*  |  Desember 28, 2008 om 9 : 05

    Sien julle later, gan nou eers pak en huistoe gaan

  • 99. Adrie  |  Desember 28, 2008 om 9 : 22

    Is dit al oggend?

  • 100. Adrie  |  Desember 28, 2008 om 9 : 23

    Hene, ons reen weg vandag

  • 101. Adrie  |  Desember 28, 2008 om 9 : 25

    Die donderweer word deur my maag veroorsaak, maar ek het niks te doen met die emmer water wat van bo af gegooi word nie.

  • 102. Olga  |  Desember 28, 2008 om 10 : 00

    Elo daar. Nog n koue nat dag. Somer het vergeet waar ons is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: