Geseënde Kersfees Mengelmoes

Desember 23, 2008 at 6 : 33 80 Kommentaar

Joh . . . wat ‘n jaar!   Moet asseblief nie drink en bestuur nie.  As jy vinnig moet briek mors jy dalk jou drank.  He He.  ‘n Baie geseënde Kersfees vir een en almal. 

Wille Kjind Q

           God self het gesê:
   “Ek sal jou nooit verlaat nie,
   Jou nooit in die steek laat nie.”
Hebreërs 13:5
 
My kersboodskappie is dat al ons blog maatjies en hulle vriende en familie ‘n veilige en geseënde Kersfees moet hê!!
En ons moet net onthou dat die Here altyd by ons is, en sou ons deur ‘n moeilike tyd gaan moet ons net onthou ons is nie alleen nie.
En ons as maats is ook daar om mekaar by te staan, al beteken dit om ‘n oproep 2uur die oggend te kry! My foon is altyd aan!!! J 
Geniet die tyd, sit ‘n glimlag op jou bakkies, klap jouself op die gat en sê ek is FABULOUS!! 
Sien julle sommer gou weer in die nuwe jaar!!!!!!!!
Enjoy!!!!!!! 
xxx

Nats

Ek wil ook graag aan al die Dorings, die rooflesers en die gaste ‘n baie Geseënde Kerswees toewens.  Mag die Kersster wat so helder geskyn het en die Wyse manne na die Koningskind gelei het, vir julle ‘n baken van liefde hoop en vrede wees.  

Adrie

Geseënde Kersfees
 
Mag hierdie fees seisoen vir julle almal net vreugde en vrede inhou.  Mag ons elkeen wat ’n moeilike pad gestap het hierdie jaar terug staan en ons knieë buig en DANKIE sê.  Ons het elkeen ons eie pad gestap en ook as ’n “familie”, so baie van julle het ’n ongelooflike groot invloed gehad op ons afdraai paaie.  Nuwe vriendskappe is gevorm en ouer vriendskappe gekoester en vertroetel – ons het nie altyd saamgestem nie, maar ons het ons ook nie daardeur laat stuit nie !  Al ons vriende het elkeen ’n deeltjie bygedra en ons gedra deur die hartseer en die trane maar ook deur die vreugde en vrede.  Ek wil vandag vir ieder en elk van julle sê baie dankie dat julle deel is van “ons”.  Lekker Kersfees en mag die Here julle paaie gelyk maak !  Ons bou volgende jaar voort daarop !
 
Liefdetjies
 
*Mathilda*

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ledigheid is die duiwel se oorkussing Byname

80 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 7 : 50

    EERSTE!

  • 2. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 8 : 06

    Hallo!

    Ek kort iemand om my te help om die liggies op te sit. Ek het net 2 hande en kort 6!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 8 : 51

    Liggies? Die tyd vanni jaar. Dis dan alreeds krismis sussa!😯

  • 4. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 8 : 53

    Smaak my sekere mense het die heks se rooi koeldrank gesteel

  • 5. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 8 : 54

    En nie net ‘n biekie nie…..

  • 6. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 9 : 09

    Skuus. Op die leer kan ek nie ook nog n selfoon vashou nie.

    En ek bespaar energie, ek sal dit die 26ste afhaal.

  • 7. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 9 : 26

    Ek sal die leer en jou sel vashou

  • 8. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 9 : 27

    By the way…. Die 26ste van waai maand❓

  • 9. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 9 : 28

    Desember

  • 10. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 9 : 29

    2009 of beyond.😆

  • 11. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 9 : 33

    Ek werk al die heel middag daaraan! Ek is sopas klaar. Dit laat die liggiehuis na die huis van donkerte lyk.

  • 12. Olga  |  Desember 23, 2008 om 9 : 58

    Hey daar. Dankie, aan almal n gelukkige, geseende en veilige kersfees. God seën altyd.

  • 13. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 10 : 06

    Dit is eintlik n skande dat n mens deesdae vir iemand n veilige Kersfees toe te wens. Dit behoort eintlik vanselfsprekend te wees.

  • 14. *mathilda*  |  Desember 23, 2008 om 10 : 12

    Hello julle

  • 15. *mathilda*  |  Desember 23, 2008 om 10 : 14

    Ek het vir die 1ste keer in my lewe vandag n turkey gaargemaak, stuffing – die werke ! Dit lyk heel spoggerig !

  • 16. *mathilda*  |  Desember 23, 2008 om 10 : 22

    Julle moet lekker dux

  • 17. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 10 : 26

    Kloon!

  • 18. Jo-Ann  |  Desember 23, 2008 om 10 : 27

    Halloooooo!!!

    Geseënde Kersfees aan julle drie en almal wat hier kuier… maak mooi!

    Jo-Ann

  • 19. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 10 : 29

    Tilla,

    Het jy vandag n proeflopie gedoen? Bietjie vroeg om n kalkoen vir Kersfees te maak.

  • 20. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 10 : 35

    Jo – ann

    Jy moet darem eers van die koekies proe. Heksie het die heeldag gebak.

    Ek aanvaar net geen verantwoordelikheid vir gebreekte tande nie.

  • 21. Olga  |  Desember 23, 2008 om 10 : 53

    Gaan jy my tandheelkundige implantaat borg as my tand breek op n hekse koekie, juf annie?

  • 22. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 11 : 00

    Beslis nie! Almal weet die heks se koekies is net goed om iemand mee dood te gooi.

  • 23. Olga  |  Desember 24, 2008 om 12 : 28

    Mag ek jou met n koekie gooi juf annie?

  • 24. Wille Kjind Q  |  Desember 24, 2008 om 5 : 50

    Hey! Hey! Die heks het die hele nag gelê en tjank. Nou weet ek hkm! *fluister* moenie vi ha sê ek het die koekies aan die liggies vrou geskenk nie. Oom Riaan het dan so mooi gevra vi donasies

  • 25. demoerin  |  Desember 24, 2008 om 7 : 33

    Ditto oor al die goeie wense. Ek het nie die krag gehad vir links nie…. so kom claim die pressie!

  • 26. Wipneus  |  Desember 24, 2008 om 7 : 35

    Hello Almal

    Ouma het mooi aangetrek vir haar boodskap aan al haar kleinkinders en res van die groot familie! Sy skuif haar bolla reg, vandag sit die bloomer en al die ander klere waar hulle hoort want Ouma is rustig!!!
    Daar is koekies en mooi kersfees goedjies in die huis vir my horde kleinkinders!!
    http://christmaskersfees.wordpress.com/

    Julle moet veilig ry en lekker rus! Dis altyd sooooo lekker om hier by julle te kuier!

    ‘n Kersfees vol liefde, vrede en blydskap aan elkeen van die doring blogmaats en rooflesers!!!

    “My Christmas wish for you, my friends
    Is not a simple one
    For I wish you hope and joy and peace
    Days filled with warmth and sun

    I wish you love and friendship too
    Throughout the coming year
    Lots of laughter and happiness
    To fill your world with cheer

    May you count your blessings, one by one
    And when totalled by the lot
    May you find all you’ve been given

    Much more than what you sought

    May your journeys be short, your burdens light
    May your spirit never grow old
    May all your clouds have silver linings
    And your rainbows pots of gold

    I wish you all this and so much more
    May all your dreams come true
    May you have a wonderful Christmas

    And a happy New Year, too

    “Love Ouma Wipneus”

    Aan Tilla, klein Tilla, Willekjind en Nats! Julle is vir Ouma net so spesiaal en Ouma los vir julle ook elkeen ‘n knapsak sterre onder die kersboom

    (Aan Adrie, baie dankie vir ‘n spesiale vriendskap, omgee en lekker lag wat jy in my dae sit!!! (Ouma mompel ek sal seker nou moet bylas van die baklei en raas ook) Maar eindelik is daardie baklei net so lekker!! whahahaha LOL Mag jy en jou geliefdes ‘n wonderlike kersfees hê! )
    Onthou om vir Ouma 2 van daardie koekies saam te bring!

    Ouma moet kwaliteits toets doen om te weet hoeveel labolla sy vir jou kan vra!!! ROFL

    Geseënde Kersfees en Voorspoedige nuwejaar!!! ♪♫♫♪

  • 27. lanaba  |  Desember 24, 2008 om 7 : 38

    Vir jou ook meisie – sal nog baie hier kom kuier…………..

    Troedelkies
    xxxx

  • 28. Olga  |  Desember 24, 2008 om 8 : 12

    More, more. Dis n heerlike dag. Bewolk en koel sover. Net reg vir die warm werk van kos kook. Dit moet ook gedoen word ne. My kinders kom huis toe net om te eet after all. Wha ha ha ha ha ha ha!!!!! Kan dan nie braaivleis voor hulle neerklap nie.

  • 29. Olga  |  Desember 24, 2008 om 8 : 15

    Dankie ouma wip. Hoop jou kersfees met jou geliefdes gaan die voriges oortref. God seën julle.

  • 30. Wipneus  |  Desember 24, 2008 om 8 : 29

    Olga geniet die kosmaak en jou kinders!!! Dis altyd lekker om die kinders te bederf!!

    Steek hulle in die werk:mrgreen:

  • 31. Nats  |  Desember 24, 2008 om 8 : 30

    Goeie more julle!!!

    Mag julle almal ‘n wonderlike Kersdag hê more en alles van die beste!!!!!

    Geseende Kersfees maatjies!!!!!!!

    Sien julle weer in die nuwe jaar!!!!

    xxx

  • 32. Wipneus  |  Desember 24, 2008 om 8 : 31

    Dankie Olga!! Mag joune ook vol sprankel en blink sterre wees!

  • 33. Pikkie  |  Desember 24, 2008 om 9 : 25

    Geseënde Kersfees al julle dierbare goeters!!! Ek hoop julle het ‘n heerlike, vreugdevolle dag!!!
    C is for the Child born that night to be our light. (John 8:12)
    H is for holy is His name. (Rev.4:8)
    R is for rejoice with gladness & joy. (Luke 1:14)
    I is for Immanuel, God with us. (Is.7:14,) John 1:14)
    S is for the star that led the Wise men to Him. (Matt.2:2)
    T is for the truth & grace that was sent our way. (John 1:14)
    M is for Mother Mary laying Him in swaddling clothes in the manger. (Luke 2:7)
    A is for angels singing songs of joy. (Luke 2:14)
    S is for salvation.

    Soet wees en praat weer anderdag!!! ♥♥♥♥

  • 34. Olga  |  Desember 24, 2008 om 10 : 47

    Ouma wip, ek geniet die goed altyd. Maar. . . . Hulle laat hulle nie in die werk steek nie. Hulle sit eerder en kyk hoe ek werk. Ekskuus, ek het bedoel ek geniet die goed altyd. Ai, ek meen natuurlik die dinge. Nee, die kinders. Wha ha ha ha ha!!!!!

  • 35. Adrie  |  Desember 24, 2008 om 11 : 46

    Oe! Lyk my Olga is al fyn gewyn!

    Ek het die allervreeslikste siekte op gedoen. Ek is alweer oppad om te gaan shop.

    Tweeling, n blonde oomblik? Jy het mos gemerry in die post.

    Ouma, verwag die rekening vir die verjongings terapie. He he he. Ek geniet fights ook.

    Lanaba, sien daarna uit om jou in die nuwe jaar te leer ken.

    DMI, Ek was net so lui met links en personalized boodskappe. Ek wens tog vir almal dieselfde toe.

    Pikkie, as die blogjuffrou het jy ons seker geleer om dierbaar te wees.

  • 36. Emil  |  Desember 24, 2008 om 12 : 06

    Geseënde Kersfees vir julle almal. Ek wens julle en jul geliefdes ‘n vreugdevolle tyd toe.

  • 37. Ingrid  |  Desember 24, 2008 om 12 : 13

    Geseende Kersfees vir almal, vrede en liefde in elke kerskous.

  • 38. Adrie  |  Desember 24, 2008 om 1 : 13

    Ek het gou vir julle n mandjie koekies gebring. Wat my ma gebak het, nie die heks nie. Hier is ook vrugtekoek. Help julleself voordat Willes dit ook in Danville gaan aflaai. Daar is melk, sap, koeldrank en iets sterker in die yskas.

  • 39. Wille Kjind Q  |  Desember 24, 2008 om 5 : 25

    Ek het my hele huis vi die liggie tannie gat gee. Ek vat al die koekies en melk vi my! Whuhahahaha!😈

  • 40. Wille Kjind Q  |  Desember 24, 2008 om 5 : 27

    Julle ka die vrugtekoek kry:mrgreen:

  • 41. Adrie  |  Desember 24, 2008 om 6 : 34

    Dammit! Die blog se liggies het veroorsaak dat ESKOM hulle op geruk het.

    Klip, doen groot asb vir ons n goeie woordjie.

  • 42. Olga  |  Desember 24, 2008 om 8 : 07

    Help nie jy roep na klip nie, juf annie, iemand het hom
    Weggegooi. Maar ten minste beteken dit darem hy werk nie.

  • 43. Olga  |  Desember 24, 2008 om 8 : 09

    Willekjend, dink jy ek kan my kinders vir die liggie tannie gaan gee?

  • 44. Salome  |  Desember 24, 2008 om 8 : 19

    Hallo al jul wonderlike vreemdelinge!!

    Ek hoop dit gaan nog goed met almal in die blog familie.

    Mag ieder en ‘n elk van julle ‘n baie geseende Christusfees beleef.

    N.S:
    Het baie Hertzoggies en Lepelsteeltjies, en, en, en gebak. Wag nou net vir julle almal om dit te kom opeet.

  • 45. Salome  |  Desember 24, 2008 om 8 : 21

    Wille kjind
    Nou vir wat deel jy die vrugtekoek uit? Ek het hierdie jaar ook die wille perd opgesaal om vrugtekoek te bak, en ek moet se, dis nogal blerrie lekker.

  • 46. Adrie  |  Desember 24, 2008 om 8 : 29

    Saloom!

  • 47. Adrie  |  Desember 24, 2008 om 8 : 31

    Gmf!

    Plaas kom deel Saloom haar cremora tert resep! *Skimp Skimp*

  • 48. Salome  |  Desember 24, 2008 om 8 : 36

    Adriana, jy moet dalk jou SMS’se deur gaan. Het jou laaaaaankal di resep gestuur. gmph – wat wou *skimp skimp*

  • 49. Salome  |  Desember 24, 2008 om 8 : 38

    Cremora tert
    Meng 2 koppies Cremora poeier en halwe koppie kookwater
    Klits vir 2 minute.
    Gooi ‘n blik kondensmelk by
    Klits vir 2 minute
    Gooi halwe koppie suurlemoensap by
    Klits tot styf.

    Wola – gmph *skimp skimp*

  • 50. Adrie  |  Desember 24, 2008 om 8 : 44

    Thanks Saloom

    Jy is n ster.

    Iemand het jou sms gesteel. Wag net tot ek der swernoot in die hande kry. Ek doop hom Eskom, neuk hom op en bind hom op die dorpsplein vas.

  • 51. Wille Kjind Q  |  Desember 24, 2008 om 10 : 37

    Arme swernoot…..

  • 52. Olga  |  Desember 24, 2008 om 11 : 04

    Ai, ons is steeds in duisternis gehul. Helfte van die laeveld. En ek, arme swernoot het nog niks gekook nie.

  • 53. andre  |  Desember 24, 2008 om 11 : 50

    geseënde kersfees vir julle almal en voorspoedige nuwe jaar

  • 54. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 7 : 10

    Ai Olga. Ek hoop julle het dam al krag. Anners moet julle gou deur ry na my toe en hie kom eet

  • 55. Adrie  |  Desember 25, 2008 om 1 : 22

    Die krag is weer aan.

  • 56. Adrie  |  Desember 25, 2008 om 1 : 26

    As julle nie gou weer van my hoor nie – ek het voedselvergiftiging opgedoen. En my hele gesin voedselvergiftiging gegee.

    Ek moes poeding maak.

  • 57. Olga  |  Desember 25, 2008 om 2 : 54

    Elo op die geseende dag. Dankie wk. Krag het na 2.30 vmore aangekom. Juf annie hoe het jou poeding uit gekom?

  • 58. Adrie  |  Desember 25, 2008 om 3 : 39

    Olga

    Hulle se dit vat tot 48h vir simptome om te ontwikkel.

  • 59. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 4 : 01

    JOH!! My pens is nou dik gevreet!

  • 60. Olga  |  Desember 25, 2008 om 6 : 19

    Dik – gevreet is nie die woord nie, wk. Hulle moes my die gang afrol bed toe. Ma kyk toe ek op die bed gekom het, het ek darem baie leke gelalies. Ek hoop julle geniet n plesierbevange dag sover.

  • 61. Adrie  |  Desember 25, 2008 om 6 : 21

    Willes, het jy n varkie van jouself gemaak?

  • 62. Olga  |  Desember 25, 2008 om 6 : 22

    Waar is die herriemerrie? Ek hoop nie dis haar poering wat al ingeskop het nie.

  • 63. Olga  |  Desember 25, 2008 om 6 : 24

    Ag, nou toe nou. Daar is sy nou. Die poering was veilig.

  • 64. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 7 : 12

    He! He! Ek MOES myself dik vreet. Ek het al my kos en geld mos vi die liggie tannie gat gee. Ek het reserwes opgebou vi die laaaaang maand wat voor lê……

  • 65. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 7 : 27

    Eks nou poegaai. Eks bly ek het net 1 gas gehad. Ek sou nie wee kon cope met daai baja skorrelgoed nie😯

  • 66. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 7 : 31

    ZZZZZzzzzzzzzzzzzzzzzz

  • 67. Adrie  |  Desember 25, 2008 om 7 : 50

    Wat het julle gekry?

    Ek het n DVD en CD gekry wat ek eeue lank soek, n blender, n volle stel handdoeke, n tripod vir my kamera, n ring en n wavrag tjoklits gekry.

    Ek sal nie die maand honger ly nie, hulle se tjoklits is n gebalanseerde maaltyd!

  • 68. Olga  |  Desember 25, 2008 om 8 : 20

    Kan ek ook maar se wat ek gekry het? My blou oog mensies het my gebel. Ouma se liefies. Toe het peanut my ook gebel. Verder het ek n wavrag liquorice allsorts gekry, n voedsel verwerker, paar tente, bakpanne, cd rak, eetgerei en badgoedjies gekry. Toe bel my noolste nolie en sy mina. En die kerk was pragtig versier, al was dit nie die hoenderhaan wat die mis gelei het nie.

  • 69. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 8 : 37

    Ek het ‘n kakhuis vol bad sepie goeters gekry. ‘n handsak, juwele boksie, nief bloeddruk monitor, onnerklere, mini superbike, opvou piekniek basket, mp4 player en die res kan ekki onthou nie

  • 70. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 8 : 41

    3ling…. Ek hoop jyt genoeg tjoklits vi my ook. Tussen die 2 van ons gat onsi stink of honger lei nie

  • 71. Adrie  |  Desember 25, 2008 om 8 : 52

    Ek stink nooit nie.

    Grrr!!

  • 72. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 9 : 28

    Dis jou kant vanni storie

  • 73. Wille Kjind Q  |  Desember 25, 2008 om 9 : 31

    Nag julle. Ek ga dux. Eks viby moeg

  • 74. Olga  |  Desember 25, 2008 om 10 : 28

    Wk, wat op dees aarde is n mini super bike?

  • 75. Wheelbarrow Jack  |  Desember 26, 2008 om 1 : 29

    Ek hoop julle het almal n great kersfees gehad en baie geskenke gekry, mag die vreugde, veiligheid en geluk wat die Jesus kind gebring het ons ieder en elk deur die lewe dra.

  • 76. Lola  |  Desember 26, 2008 om 4 : 07

    Hoop julle het genotvolle kersdag gehad. Jesus seen en vreugde vandag en altyd vir almal.

  • 77. Wille Kjind Q  |  Desember 26, 2008 om 7 : 50

    Olga… Dis ‘n bike wat knie hoogte staan. Hy vat tot 150kg en kan tot 80km/h ry. M.A.W Jy kan ok met hom ry as jy wil ; )

  • 78. Olga  |  Desember 26, 2008 om 8 : 47

    More, more. Dankie wheelbarrow jack en lola. Dankie, maar baie nee dankie wk. So n dubbel gevouery klink nie na pret nie. Wie wou jou so straf? Tumi se ou netta kan ook 150 kg lar dra. Maar sy kan darem 180km/h haal, sonder dat ek my hoef dub bel te vou.

  • 79. Wille Kjind Q  |  Desember 26, 2008 om 11 : 18

    He! He! Ek het dit vi myself gekoop. Dis moer nice en ekt gister heeldag die straat plat gery. Ek moet sê…. 80km/h so plat teen die aarde nogal scary is die eerste paar kere

  • 80. Lola  |  Desember 26, 2008 om 1 : 04

    Praat die vrou wat vir ha kinders nie skool goed as kersgeskenke koop en dit nog individieel toe draai. Way to go. Gaan eet seker by bugati’s terwyl haar kinders maar weetbix vir aandete kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: