Ledigheid is die duiwel se oorkussing

Desember 22, 2008 at 6 : 07 56 Kommentaar

Die einde van Desember begin Januarie, is seker die tyd van die jaar waarop die meeste mense by die huis is.  Dit is ook die tyd waarop alle kleuterskole gesluit is en die dagmoeders self langs die strand wil wees.  Hoe word almal besig gehou?

Soos julle almal teen die tyd weet, is ek die wêreldrekordhouer van slegwees.  Vakansie is vir my ‘n tyd waarin ek ekstra sleg kan wees.  As ek ‘n paaf foto’s kan neem, is dit ‘n bonus.  Ek is nie vol draadwerk nie.  Ek eet, lees, eet, speel, eet, slaap en eet nog ‘n bietjie.  ‘n Luukse wat ek kan bekostig.  Daar is nie ‘n paar Adrianatjies wat ek moet besig en uit my hare moet hou nie.

Wat doen normale mense?  Ek weet van mense wat hulle verlof so vol werk pak, dat hulle vir 3 maande daarna by die werk moet gaan rus.  Dit is die dak wat geverf moet word en die tuin wat reggeruk moet word.  Hulle gaan dalk ‘n week of so weg, maar is verder erg bedrywig.  Verlof is vir hulle ‘n tyd om goed te doen waarvoor hulle nie gewoonlik tyd kry nie.

Ander verkies weer om weg te gaan.  Dit kan nogal pret wees, veral as dit iewers is waar jy nog nie was nie.  Dit hou gewoonlik so ‘n week.  Binne 2 dae het ‘n mens klaar alles gedoen wat die plek bied.  Die kenners reken dat om ‘n vakansie te gaan hou, een van die mees stressvolle ervarings is.  Ek verstaan nie lekker hoekom nie, maar wie is ek om te stry?

Wat doen julle as julle ‘n paar dae vir julleself het?  Hoe hou julle die kinders besig?  Sien julle uit na julle verlof of vrees julle dit heimlik?

Blogvraag:  Wie het in Februarie 1886 goud in Johannesburg ontdek?

Blogantwoord:  Die antwoord wat ek gesoek het, is La Befana.  Olga was reg, maar Willes verskil.  Verskeie bronne beaam dit (Die bron wat ek gebruik het reken dat Kris Kringle (Baba Jesus) vir die Duitsertjies geskenke bring.)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kersbome en Kersvader Geseënde Kersfees Mengelmoes

56 Kommentaar Add your own

  • 1. Lola  |  Desember 22, 2008 om 7 : 02

    Eerste. Is ek? Kan ek?

  • 2. Lola  |  Desember 22, 2008 om 7 : 11

    George harrison het eerste goud aan die witwatersrand ontdek. Te langlaagte.

  • 3. Lola  |  Desember 22, 2008 om 7 : 19

    Mag ek kommentaar lewer op julle verskil oor die italiaanse geskenk kwessie? As ek mag, la befana is die geskenk geeer. My bron, elio, is n gebore en getoeë italianer.

  • 4. Pikkie  |  Desember 22, 2008 om 8 : 42

    Dan vra jy nog, ek pak en trek, pak en trek, pak en trekkk…. Pas self die kinders op, maak tussen in huisskoon, was wasgoed, stryk, pak en trek. Het ek al gesê pak en trek…. Dis soos ‘n nuwe blerrie stokperdjie, een van die dae spring my meubeltjies sommer self op die trok as hulle ‘n vragmotor sien verbyry…..

  • 5. Lola  |  Desember 22, 2008 om 11 : 49

    Ek is by die see. Ek is nie n liefhebber van die see nie, maar dit is waar die familie is.

  • 6. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 1 : 45

    Help!!

  • 7. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 1 : 46

    Die bitches verneuk my!

  • 8. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 1 : 49

    Dan is hulle kastig my eige bloedfamilie. Gmf! Ek dink dit bewys dat ek in die hospitaal omgeruil is!

  • 9. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 1 : 50

    Grrr!!

  • 10. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 1 : 53

    Piks

    Staak die blerrie feetjies ook al? Belowe dat dit die laaste keer is wat jy trek. Dalk kom help hulle jou dan.

  • 11. Olga  |  Desember 23, 2008 om 2 : 05

    Hey daar. Ai, treurigheid tog. My sellefoontjie nou ingestuur ‘hoofkantoor’ toe. So, ek leen maar weer homer sn. As ek paar dae vir myself het, sal ek gaan stap. Sal net eers by bessie verby moet kom. Sy kan nie die pas vol hou nie. Ek sal lees en vreet, heeldag.

  • 12. Olga  |  Desember 23, 2008 om 2 : 07

    Ek wil die kak gewoonte van slaap aanleer. Dit sal salig wees om meer as 3 of 4 ure uit elke 24 te kan slaap.

  • 13. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 2 : 11

    Olga

    My ma se altyd: mense wat nie kan slaap nie, se gewetens ry hulle. Het jy iets op die hart?

  • 14. Olga  |  Desember 23, 2008 om 7 : 51

    My hart is skoon. As die gewete pla, was ek dit met n kannetjie rosè. More, more. Ek wil nog slaaaaaaaaaaaaaappppppppppp!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 15. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 7 : 56

    Dagse julle ledige luiaards😆

  • 16. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 7 : 58

    Sjuut Olga

    Jy raas my wakker. Netnou maak jy die mal heks ook wakker! Sy het weer gister rooi koeldrank gedrink asof daar geen more is nie.

  • 17. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 8 : 01

    Ridder

    Jy beter koffie aandra! Dit is die middel van die nag nog!!😡

    Grrr!

  • 18. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 04

    More white knight. Hoe gaan dit?

    Juf annie
    skaam jou!

  • 19. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 07

    Hoe kan jy die arme heks so wyn voer? Sjym, jy beter nou al n koolblaar op haar kop gaan vasmaak om te keer viri pyn.

  • 20. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 8 : 08

    Vir wat moet ek my skaam?

  • 21. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 8 : 10

    Olga

    Die heks het mos nie brieke as sy dink sy sien iets rooi nie. Ek moes net keer, of sy strip. Wat sou tannie Verna daarvan gese het?

  • 22. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 16

    Juf annie

    jy het seker weer heel aand abba musiek gespeel. Daarom dat die heks wou strip. Die heks het buitendien so miljuisend plooie. Sou mens iets tussen die plooie kon sien?

  • 23. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 22

    Ai, die dem tatie foon. As ek 5c gooi, se dit eers out of memory. Dan druk ek ‘ok’ en weer ‘submit’. Dan natuurlik se dit ‘duplicate comment’. As ek my sonde nie ontsien nie, gaan bekak ek myself sommer. Ok, my neus dan. Maar dan help ‘options’ ‘reload’ my boggeroli. Dan moet ek uitlog en weer in.

  • 24. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 8 : 29

    Olga sal Jacobs Kronung koffie reg wees vir jou?

  • 25. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 8 : 29

    Adrie, vir wat grrr jy alweer so? Hak jou naels aan die mat vas?

  • 26. Riaan Oosthuysen  |  Desember 23, 2008 om 8 : 30

    Ons gaan nooit weg oor Desember nie. Ek hou nie van die vol strande en om saam met die ander Gautengers ure in spitsverkeer by die see te sit nie.

    Ons is op ‘n uitreik vakansie. Slaap in ons eie bed en reik maar elke dag uit na iets binne trefafstand

  • 27. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 8 : 31

    😆➡ Riaan se uitreik vir Desember.

  • 28. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 34

    Hoekom los julle my alleen? Ek gaan in die hoek bolle. Dan gaan ek in daardie hoek pp. Dan gaan ek in daardie hoek kots. Gou bietjie timjan drink. Daars hy. Nou deur die tralies n straal spuit in die hoek met die kussing en pakke sweeties en koekies. Oe, leke. Nou gaan ek sing sing waai. Ek sing ‘ek gaan huppel, huppel, huppel, huppel, huppel soos ek loop. Met n mandjie, mandjie in my handjie, handjie fudgd gaan ek tog koop.

  • 29. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 8 : 37

    Olga
    Bedaar, niemand het jou alleen gelos nie. Ek weet Adrie tel nie.👿
    Maar hier is ander ook.🙄

  • 30. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 40

    Jacobs sal great wees, dankie knight. 1 en half lepels koffie, niks melk of suiker nie. Ek het niks met die gemors in die hoeke te doen nie. Dit was die heks want haar kop is seer. Ek sit al heel oggend op die stoep want die heks het so hard gesnork.

  • 31. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 8 : 42

    1 Heerlike koppie Koffie vir jou, swart en sonder suiker net soos ek myne drink.😆

  • 32. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 44

    Die wysneus slaap seker weer knight. Weet jy, ek dink ons moet koerantpapier tussen haar tone indruk en dit aan die brand steek. Het jy vuurhoudjies?

  • 33. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 47

    Hmmm, dankie knight, die koffie is heerlik. Jy red my lewe.

  • 34. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 8 : 49

    Sit sommer starlights in. Sy dink mos hoeka haar kop is heeldag in die sterre.😀

  • 35. Olga  |  Desember 23, 2008 om 8 : 54

    Darem ietsie goeds wat die herriemerrie my geleer het. Jacobz kronung met die groen lable. Leke.

  • 36. Liewe Heksie  |  Desember 23, 2008 om 8 : 59

    Iemand het in my sterretjieskombuis gebollie! Boe hoe hoe hoe! Ek gaan vir Tannie Ousie vertel!😥

  • 37. Olga  |  Desember 23, 2008 om 9 : 01

    My sel wat onherstelbaar beskadig is, is dan nou reg. Hoe de flippen hel moet ek dit nou verstaan? Dit sou ‘hoofkantoor’ toe gestuur gewees het. Nou is dit reg en in nelspruit. Seker vir heksie gekontrakteur om die foon met haar besem in en uit te vlieg hoofkantoor toe. Seker goed betaal gewees. Dis hoekom die blerrie – flerrie soveel rooi koelas kon suip. Dankie heksie.

  • 38. Liewe Heksie  |  Desember 23, 2008 om 9 : 04

    My koppie is seer! Tannie Ougat se rooi koeldrank is giftig! Die ou perse het my in die nag oor die kop geslaan! Ek moet tannie oom Donkie toe gaan! Ek gaan dood!

  • 39. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 9 : 04

    Olga, Daai groen Label is tops ja. Jy wil beweer daai Herrie Merrie het so effe van ‘n kultuur in haar.😯

  • 40. Olga  |  Desember 23, 2008 om 9 : 08

    Hierdie ou perrefien model sel foontjie was besig om my teen die mure uit te dryf. Maar nou moet ek weer oor die 100kms nelspruit toe ry en oor die 100 kms terug. Eisj, en dit oor n skelm storie.

  • 41. Liewe Heksie  |  Desember 23, 2008 om 9 : 08

    Ek is nie n vlermuis nie, Tannie Ougat! Ek is n heksie allie pad van Blommeland af. Tannie is ook maar lekka dom! hie hie

  • 42. Liewe Heksie  |  Desember 23, 2008 om 9 : 13

    Tannie Oom Kinkel, daardie perd vreet al my blommetjies op! Blommie gaan vir tannie oom met sy hark slaan

  • 43. White Knight  |  Desember 23, 2008 om 9 : 16

    Julle gorrel nou asof julle nog steeds gesuie is. Ek gaan julle verlaat tot daar weer normaliteit💡 intree. As dit moontlik is?😕

  • 44. Olga  |  Desember 23, 2008 om 9 : 22

    Ja, rite heksie. N dame wat wil dans en haar klere uittrek is n flerrie. Skuus, n vlermuis dan.

    Knight

    iewers, erens. Het iemand die herriemerrie n druppel kultuur gevoer.

  • 45. Olga  |  Desember 23, 2008 om 9 : 30

    Rooflesers, julle moet asb besonders versigtig lees. Die blerrie – flerrie sit met n skerp gemaakte draad daar teen die blog bord. Sy gaan julle oë uitsteek. Wie het vir KLIP weg gegooi? Ek het soooooo daarna uitgesien om sy kersfees siening blog te lees.

  • 46. Olga  |  Desember 23, 2008 om 11 : 25

    Heksie, gaan toor asb die mense by jakaranda fm. Laat hulle maurice stuur om AFRIKAANS te leer praat. Hy se vir n luisterares wat in gebel het ‘HET N LEKKER KERSFEES.’ frigging hel. En vir n ander ene ‘ek hoop dat jy PRET HE HET HET’

  • 47. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 12 : 36

    Kyk net so n fossiel! Ek vra koffie en dan gaan maak hy vir Olga!

    Grrr!!

    Handskoene en lang naels is nie maatjies nie.

  • 48. Olga  |  Desember 23, 2008 om 1 : 25

    Jy het nog geslaap daarom het ek koffie gekry juf annie. Whê pê pê pê pê! Dit was tog leke.

  • 49. demoerin  |  Desember 23, 2008 om 4 : 38

    😆 Laat jy my nou lag. Ek het ‘n lekker alt vir my eie gat getrek. Ek het volgende week af….en ek trek. HEEEEHAAAA

  • 50. demoerin  |  Desember 23, 2008 om 4 : 38

    ek bedoel..GEPLUK ..😆

  • 51. demoerin  |  Desember 23, 2008 om 4 : 39

    … en dis ‘n LAT …😆 LAAANNNGGG JAAARRR

  • 52. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 4 : 40

    Dit is in elk geval te warm vir koffie.

    Ek drink eerder n kapokkie doppie

  • 53. Adrie  |  Desember 23, 2008 om 4 : 43

    Hi DMI

    Moenie nog worry oor eet nie, ek doen dit klaar namens jou. Nou het jy meer tyd om te pak en uit te pak.

    Dit is n waste om tot Kersfees te werk.

  • 54. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 4 : 45

    Eish!

  • 55. Wille Kjind Q  |  Desember 23, 2008 om 4 : 46

    EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!! EK IS MORE AF!!

  • 56. Olga  |  Desember 23, 2008 om 5 : 42

    Ek het tog die beste werk nog! Ek kry 6 maande verlof 2 keer n jaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: