Kersbome en Kersvader

Desember 21, 2008 at 4 : 31 56 Kommentaar

Net om die storie van Kersfees klaar te maak, moet ek aan die tradisies van kersbome en Kersvader raak.

Immergroenbome het spesiale betekenis gehad aan die antieke mense in die winter.  Hulle het die takke aan hulle deure en vensters gehang in die hoop dat dit hekse, spoke en bose geeste sou weghou.  In die noordelike halfrond is die korste dag en langste nag op die 21 Desember.  Die antieke mense het geglo dat winter ‘n teken is dat die songod siek geword het.  Die korste dag was rede tot feesvieringe.  Dit het die keerpunt aangedui, van waar die songod sterker sou word.  Die immergroen takke het hulle herinner aan al die plante wat weer sou groei wanneer die son weer gesond was.

Die Egiptenare het baie dieselfde gedagte gekoester as hulle Europese bure.  Na die kortste dag, het hulle ook hulle woning met immergroen takke versier.  Dit was simbool dat lewe die dood oorwin het.  Die Romeine het ook die immergroen takke in hulle vieringe van Saturnia gebruik.  Dit het weer vir hulle die ewige lewe voorgestel.

Kersbome soos ons dit vandag ken is die Duitsers se idee.  In die 16de eeu het toegewyde Christenne bome in hulle huise geplaas en versier.  Ander het weer ‘n hout piramide gebou en dit met immergroen takke bedek.  Martin Luther was blykbaar die eerste mens wat kerse op die boom aangesteek het.  Hy was oppad huistoe, terwyl hy aan ‘n preek gewerk het.  Die sterre het hom so gefasineer dat hy dit aan sy gesin wou wys.  Van daar het hy die kerse op ‘n boom geplaas en dit aangesteek. 

Iemand moet die geskenke aandra, almal weet mos dat dit Kersvader se werk is.  Al beweer Sonkind dat hy al in 2000 die lepel in die dak gesteek het.  Kersvader se ontstaan is te danke aan ‘n monnik wat vandag bekend is St Nicholas.  Nicholas is 280 n.C in Patara (Turkye gebore).  Hy het sy hele erfenis weggegee om die armes en siekes te help.  Hy het een keer ook 3 susters gered wat deur hulle pa verkoop is vir slawerny of prostitusie.  Nicholas het later bekend gestaan as die beskermer van kinders en seevaders.  Sy feesdag is 6 Desember en hy geniet nog veral in Holland groot aansien.   

Kersgeskenke het in die 18de eeu baie gewild geraak.  In die tyd het mense begin aandag gee aan kinders se geestelike behoeftes ook.  Kersdag het ‘n dag geword waarop aandag en geskenke op kinders oorlaai kon word, sonder dat die ouers beskuldig kon word dat hulle die kinders bederf.

Blogvraag:  Wie bring die Italianse kinders se geskenke op Kersfees?

Blogantwoord:    Emil was reg met Franz Greiter

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sonsoekers Ledigheid is die duiwel se oorkussing

56 Kommentaar Add your own

  • 1. andre  |  Desember 21, 2008 om 6 : 04

    antwoord: hulle ouers?

  • 2. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 7 : 03

    EERSTE!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 7 : 05

    Jy moet EERSTE skree parra. DAN antwoord jy:mrgreen:

  • 4. andre  |  Desember 21, 2008 om 7 : 08

    uhm almal kan mos sien wie het eerste gepraat hoekom dit nog sê?

  • 5. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 7 : 16

    Ai tog! Gat ek op hierie heilige Sondag met jou sukkel😕

  • 6. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 7 : 17

    Ek dink die antwoord is baby Jesus. Of altans…. Dis wat my vriendin op skool my getune het

  • 7. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 7 : 19

    Gebu Bambino of so iets. Eish! Ek sal die regte spelling moet ga wiki

  • 8. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 7 : 24

    Of issit nou Gezu Bambino?

  • 9. andre  |  Desember 21, 2008 om 7 : 43

    nie ‘n idee waarvan jy praat nie

  • 10. *mathilda*  |  Desember 21, 2008 om 8 : 03

    Laaste ! ! !

  • 11. *mathilda*  |  Desember 21, 2008 om 8 : 03

    O ja – hallo julle !

  • 12. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 8 : 20

    Lo da my 3ling se kloon

  • 13. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 8 : 22

    André….. Jy moet ma gewoont raak aan my malhuis maniere. Ek deel ‘n sel (dis nou inni malhuis) met my 3ling

  • 14. *mathilda*  |  Desember 21, 2008 om 8 : 42

    Willes, ek sien jy het darem nie weer die shopping gelos vir die 23 en 24ste nie

  • 15. *mathilda*  |  Desember 21, 2008 om 8 : 44

    He he – dis mos nou hoe dit moet werk – my man was skottelgoed en ek blog !

  • 16. *mathilda*  |  Desember 21, 2008 om 8 : 45

    My hartjie is baja seer – bliksems het Donderdagnag my en my ma se honde vergiftig

  • 17. *mathilda*  |  Desember 21, 2008 om 9 : 03

    Sien julle biki later weer – gou vir baba organise

  • 18. Lola  |  Desember 21, 2008 om 9 : 12

    Interessant, dankie.

  • 19. Adrie  |  Desember 21, 2008 om 9 : 34

    Hallo Almal

    Emil, ek weet jy was reg op die vorige blog. Ek het nog nie kans gekry om die post te update nie.

    Andre, hmmm, dit is nooit so maklik nie.

    Willes, of jou maatjie of my bron jok.

    Tilla, dit is n gemors. Vind uit wie is verantwoordelik, dat ons hom kan vergiftig. Drolle.

  • 20. Emil  |  Desember 21, 2008 om 10 : 07

    TWINTIGSTE!!!

  • 21. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 10 : 43

    My 3ling… Jy moet jou source wee gat lees. As jy verwys na La Befana (kindly old witch-soos jou ma:mrgreen: ) dan is dit nie OP kersdag wat sy die geskenke uitdeel nie ma wel op 6 Jan die vooraand van die Epiphany.

  • 22. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 10 : 45

    Tilla… Dis verskriklik! Sulke dinge maak my briesend. Die moere gee nie ‘n hel om wie en wat hulle seer maak nie.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 10 : 47

    *fluister* Ek sal ‘n vuurpyl op in hul holle druk as ek hulle inni hande kry!

  • 24. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 10 : 50

    Adriana… Volgens google word die kjinders vertel dat BABY JESUS(Gezu bambino) hul geskenke gee OP kersdag

  • 25. Olga  |  Desember 21, 2008 om 2 : 08

    Elo. Vodacom, die blixems, maak foon oop om my die waterskade te wys. Ek het dit nie nat gemaak of laat word nie. Die onus rus op die vervaardigers om die goed waterdig te maak. En die verspreiders, soos vodacom, moet veiplig word om te verseker hulle kliënte kry nie minderwaardige produkte wat deur SWEET beskadig kan word nie. Deur sweet inderdaad. Selfoon word in die hand gebruik. Palms word sweterig as jy selfoon of klein toestel gaan vashou, gaan jou palm sweet. Ek voel n veer vir kakstories. Ek wil my foon waarvan die speaker aan en af kom tydens n gesprek, herstel he. Dit is die 5de keer dat dit herstel word vir dieselfde probleem. 4 keer kon hulle dit herstel het. Sonder dat dit waterskade was. Ek sal nie upgrade om n ander foon te kry nie. Hulle het hulle aandele goedkoop aan swart mense gesmous. Ek wil nie so n rassistiese firma ondersteun nie.

  • 26. Olga  |  Desember 21, 2008 om 2 : 13

    Ai, tilla, jou huis is geteiken. Die honde is nou klaar uit die weg geruim. Blixem wat honde kan vergiftig kan kinders molesteer ook.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Desember 21, 2008 om 2 : 20

    Olga…. Ek hoop jyt daai foun diep in hul holle opgedruk!

  • 28. Olga  |  Desember 21, 2008 om 2 : 50

    Wk, die foon het beslis nie met my huis toe gekom nie.

  • 29. Olga  |  Desember 21, 2008 om 2 : 54

    In italië op ou kers nag word geglo, dat die maagd maria met baba Jesus in die nederigste huise ingaan om hom by die vuur te laat warm word. La befana aan die ander hand, is moeder kersfees, sy lewer geskenke af.

  • 30. Olga  |  Desember 21, 2008 om 2 : 59

    Ag, ekskuus my vreeslik. Gee ek nou net n halwe storie. Die kinders sit ook nie n kous uit nie. Hulle sit hulle skoene uit vir la befan.

  • 31. *mathilda*  |  Desember 21, 2008 om 9 : 02

    Hulle het darem die bliksems gevang maar dit bring ongelukkig nie my honde terug nie. Sien, ek sê mos altyd slaap is n kak gewoonte en mense moet dit afleer, as dit nie was vir my wat so min slaap en baie lig slaap as ek dit wel doen nie weet ek nie wat sou gebeur het nie

  • 32. Adrie  |  Desember 21, 2008 om 9 : 13

    Hallo Kloon.

    Soek jy n bietjie arseen? Of dalk talium?

  • 33. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 6 : 30

    3 Slapies

  • 34. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 6 : 45

    Eks woensdag dag af!:mrgreen:

  • 35. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 6 : 46

    Yipee!

  • 36. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 6 : 48

    Ek voeli baja lus vi werk vandag nie😥

  • 37. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 6 : 49

    Ek hoop helfte vanni mense daag nie op nie

  • 38. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 6 : 55

    EK WILLI WERKI!!!!!

  • 39. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 6 : 57

    Ek moet seke die deur gat oopmaak virri clowns….

  • 40. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 12 : 13

    Testing 1 2 3

  • 41. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 12 : 18

    My kompjoester werk wee!!!!!! :mrgreen:

  • 42. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 12 : 20

    En eks al1……

  • 43. White Knight  |  Desember 22, 2008 om 1 : 13

    Dagse Julle klomp

    Wie maak weer wat vandag?

  • 44. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 1 : 18

    Met 2 ROOFLESERS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 45. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 1 : 20

    WHITE KNIGHT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 46. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 1 : 20

    Het jy kos saam gebring? Eks hommer!

  • 47. Riaan Oosthuysen  |  Desember 22, 2008 om 1 : 30

    Ek was hier, nou is ek nie meer hier nie.

  • 48. Olga  |  Desember 22, 2008 om 2 : 40

    More ini mirrag. Ek was ook hier, maar gaan nou waai.

  • 49. White Knight  |  Desember 22, 2008 om 2 : 48

    Ek is hier, alweer?

  • 50. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 3 : 07

    Ek het petrol en ‘n lighter!!!!!

  • 51. White Knight  |  Desember 22, 2008 om 3 : 56

    En jy wil wat brand Willes?

  • 52. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 4 : 33

    Die blog!!! Niemand wil dan met my praat nie!😈

  • 53. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 4 : 34

    ALMAL is al by die see of inni bos! GMPF!!!!!

  • 54. Adrie  |  Desember 22, 2008 om 4 : 43

    Ek doen die inniebos deel.

    Howzit?

  • 55. Wille Kjind Q  |  Desember 22, 2008 om 5 : 07

    Ek wil ok inni bos wees😥

  • 56. Zee  |  Desember 23, 2008 om 9 : 32

    Meisiekind, ‘n baie geseënde Kersfees vir jou.

    Hoop jy kry die persentjie wat jy wil hê

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: