Sonsoekers

Desember 19, 2008 at 5 : 32 19 Kommentaar

‘n Mens sal dink ons blanke Suid-Afrikaners weet teen die tyd dat die Afrika son niemand se speelmaat is nie.  Desember en Januarie is die tyd wat ons genoeg fotosinteer vir die res van die jaar.  Snaaks genoeg gebruik ons nie altyd die beskerming wat ons benodig nie.

Ek hoort eintlik self vandag in die kerkbanke.  Ek is dikwels te lui om sonbrandroom te gebruik.  Een van die redes hoekom ek wel die moeite af en toe doen is om plooie te voorkom.  Ek smeer soms net aan my gesig sonbrandroom en ignoreer die res van my lyf.  Dit is seker beter as niks.  Ek het ‘n donker vel wat heelwat son kan hanteer.  Nou nie so donker dat ek nooit brand nie, maar ek brand selde meer as een keer ‘n seisoen.  Dit is al asof die een brand my vir die res van die seisoen beskerm teen sonskade.  Glad nie wetenskaplik nie en ‘n gevaarlike siening daarby.

Ek het wel in die gewoonte gekom om sonbrandroom saam te karring as ek weet ek gaan die heeldag in die son wees.  Veral vir die ligter mense en kinders wat vergeet het dat die son seer kan maak. 

Het julle al ooit gewonder wat beteken SPF?  SPF gee ‘n aanduiding van hoe lank die room jou kan beskerm teen die sond.  As jy gewoonlik binne 13 minute in die son begin brand, kan jy die getal met die SPF vermenigvuldig om te weet hoe lank jy beskermd sal wees..  As jy dus SPF 15 aansmeer, behoort jy vir omtrent 195 minute lank teen die son beskerm te wees.  Onthou egter dat swem en sweet die beskerming kan verlaag.  Jy sal dus meer gereeld moet aansmeer as jy besig is om te swem.  As jou onderlaag faktor bevat en jy smeer ook sonbrandroom aan, kan jy nie die twee se SPF bymekaar tel nie.  Jy geniet dan die beskerming van die hoogste faktor.

Suid-Afrika het ‘n hoë voorkoms van velkanker.  Dalk het dit tyd geword dat ons beter na ons velle omsien.  Die hele jaar lank en nie net in Desember nie.

Blogvraag:  Wie het die eerste sonblok in 1938 ontwikkel?

Blogantwoord:  Hung-up was eers as ‘n true tone bekend gestel.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Selfoon ekstras Kersbome en Kersvader

19 Kommentaar Add your own

  • 1. Pikkie  |  Desember 19, 2008 om 6 : 46

    EErste!

  • 2. Pikkie  |  Desember 19, 2008 om 6 : 48

    Ek weet nie wat is die antwoord nie…. :mrgreen: Maar ek weet dat ek nooit, winter of somer sonder sonskerm is nie… Never, ever… My vel is so verspot, ek kan net my neus by die deur uitsteek dan brand hy ‘n blaas. Ouboet het ook so ‘n vel soos ek, gelukkig kom ek agter Poppedyn het ‘n baie sterk vel, nie dat ek haar nie ook heeltyd in die sonroom hou nie, haar velletjie brand net nie seer nie… Lekker naweek vir julle!

  • 3. Riaan Oosthuysen  |  Desember 19, 2008 om 7 : 05

    Ek gee op. Gee maar die antwoord. Lyk my die res is reeds met vakansie. Ek brand maklik in die son en kan dit nie waag om die son aan te pak voordat ek nie ‘n goeie sonblok aangesmeer het nie.

    Was dit nie vir flinke Pikkie nie was ek eerste, nou is ek tweede.

  • 4. Emil  |  Desember 19, 2008 om 9 : 20

    Franz Greiter

    Stel jou voor hoe ek brand met my groot voorkop!

  • 5. Wille Kjind Q  |  Desember 19, 2008 om 9 : 51

    LAASTE!

  • 6. Wille Kjind Q  |  Desember 19, 2008 om 9 : 55

    Ja nee kyk…… Die anti kapper bly nooit agter nie. Ek het omtrent 2 houers van elke soort!

  • 7. Wille Kjind Q  |  Desember 19, 2008 om 9 : 57

    Ek en die son is glad nie tjommies nie😈

  • 8. Wille Kjind Q  |  Desember 19, 2008 om 9 : 59

    Dis hoekom ek NIE van die strand hou nie

  • 9. Lola  |  Desember 20, 2008 om 2 : 41

    Wp het my txt weggegooi. Dit was glad nie nice nie.

  • 10. Wille Kjind Q  |  Desember 20, 2008 om 7 : 39

    More more! Ek dink ek moet vandag die geskenke en kjinders se klere gat koop. Eish!!

  • 11. White Knight  |  Desember 20, 2008 om 12 : 44

    Dagse

    Dis juis daai ding van brand en seer word, dat Ridder maar liewers as hy die metaal pak uit trek onder ‘n boom of in die koelte loop sit as hy wil bid.

    Die aanbidding van die son werk nie vir hom nie, hy los dit maar vir die spulle wat dink as alles vol sand is en die blase loop voor en agter jou die straat af, dat dit pret is.

    Groete en smeer maar daardie rome dik voor julle later die dokter moet sien om die kanker velle af te sny.

  • 12. Dark Matter  |  Desember 20, 2008 om 6 : 32

    Ek brand nooit nie. Ek is Dark Matter

  • 13. Wille Kjind Q  |  Desember 20, 2008 om 8 : 45

    He! He! Wat ‘n dag! AL die geskenke gekoop. Malhuis se moses. Ek het nie eens ‘n skrapie opgedoen nie😉

  • 14. Wille Kjind Q  |  Desember 20, 2008 om 8 : 48

    Ek is seke al te oud om te sê NOOIT WEE NIE! Ai tog. Ek dink ek gat elke krismis vat soos hy kom….

  • 15. Wille Kjind Q  |  Desember 20, 2008 om 8 : 50

    Eks super moeg. Gat soos ‘n groot slaap.

  • 16. Adrie  |  Desember 20, 2008 om 10 : 51

    Hallo almal!

    Wat n dag! My voete het hulle opgeruk en pad gevat. Ek hoop die goed het sonskerm gevat.

  • 17. Wille Kjind Q  |  Desember 20, 2008 om 10 : 53

    DRIELING!

  • 18. Wille Kjind Q  |  Desember 20, 2008 om 11 : 10

    Lyk my jou vingers het saam jou voete die pad gevat

  • 19. Nelba  |  Desember 22, 2008 om 10 : 02

    Ek het rooi hare en brand binne vyf minute rooi en seer. Maar ek is verskriklik sleg met sonbrandroom aansmeer. En baie lief vir buite wees. Ek kan behoorlik sien hoe my vel verouder het die afgelope paar maande.

    Ek probeer onthou om die kinders te smeermet sonblok. Ten minste faktor 40. Synde seuntjies gril hulle en hol weg, maar ek’t nou vir Marco verduidelik van velkanker en dit laat hom nogal gewillig naderkom dat ek hom maar kan smeer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: