Bedsake

Desember 17, 2008 at 4 : 47 93 Kommentaar

Ek het soort van belowe om die week net ligte onderwerpe aan te raak. 

Daar word beweer dat ‘n mens ‘n derde van jou lewe in ‘n bed deurbring.  In my geval is dit seker net mooi die helfte van my lewe wat ek omslaap.  Ek is gek oor slaap.  Dit is vir my niks om die heelaand wakker te bly nie, maar daar is geen manier hoe ek met ‘n glimlag kan opstaan nie.  Dit is vir my glad nie snaaks om 4 uur te gaan slaap en na 12 eers deur die son uit die bed gebak te word nie.  Net mense met iets op hulle gewete sukkel om te slaap, nog ‘n bewys dat daar niks is waaroor ek my hoef te skaam nie.

Blykbaar verklap jou slaap posisie baie van jou persoonlikheid.  Iemand wat in ‘n bondeltjie oprol, voel glo onveilig en het issues.  Iemand wat op hulle rug slaap, is blykbaar selfsugtig.  Ek kan julle nie vertel wat my posisie van slaap is nie.  Ek slaap, ek kan nie nog kyk hoe ek slaap nie.  Wat ek wel weet, is dat ek nie net ‘n bed in die oggend kan regtrek nie.  Die laken is waarskynlik op die vloer, saam met enige ekstra kussings.  Die duvet kan op enige een van verskeie plekke wees.  Ek slaap net met 1 kussing, meer maak my nek seer.

Nagklere is na my mening iets wat ‘n mens hospitaal toe dra.  Ek besit nie nagklere nie, ek sal gaan koop as ek moet hospitaal toe gaan.  Wat hopenlik nooit gaan gebeur nie.  Ek slaap ook nie kaal nie.  Ek slaap in ‘n t-hemp in die somer (met ‘n “boxer” as ek nie alleen in die huis is nie) en ‘n sweetpak in die winter.  ‘n Sweetpak is warmer as die gewone wintersnagklere.  Ek was al gevra wat ek gaan doen as die huis afbrand.  Die antwoord is eenvoudig:  Ek sal doodbrand, want die kanse dat ek sal wakker word daarvan is nul.  Ek het al deur meer as een brandalarm geslaap.

Natuurlik moet ‘n mens iets doen voordat jy gaan slaap.  Daardie iets gaan waarskynlik op jou bedkassie rus.  My bedkassie is ‘n gemors.  Daar is iets van alles daarop.  Insluitende ‘n Bybel, ‘n paar boeke, my 3g kaart, my selfone, ‘n koffiebeker en ‘n paar afstandbeheerders.  Op die oomblik het ‘n TV in die slaapkamer en ek HAAT ‘n TV in die kamer.  Daar is net nie elders plek daarvoor nie.  Ander mense sal dink dat dit ‘n wonder is dat ek enigsins kan slaap in my kamer.  Weereens, my gewete is skoon.

Ek het julle nou genoeg verveel met my slaap gewoontes.  Vertel my van julle slaap gewoontes.  Watter slaap posisie verkies jy en waarin slaap jy?  Vertel ons ‘n bietjie wat sal ons op daardie bedkassie kry.

Blogvraag:  Wie het Slaap (gedig) geskryf?

Blogantwoord:  Ridder was amper reg met Nzobo (Dambuza) en Nhlela.  Willes het hom darem reggehelp.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Geskenke en inkopies Selfoon ekstras

93 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 28

    EERSTE!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 30

    Arno Levine?

  • 3. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 30

    Of issit Levin?

  • 4. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 31

    Wag! Ek gat gou google. Nwt

  • 5. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 35

    DF Malherbe

  • 6. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 37

    Arno whatses face het het ok ‘n gedig met die titel slaap geskryf

  • 7. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 38

    Ek het my moments wa ek vi dae aan 1 ka slaap. As ek slaap…. Dan SLAAP ek!

  • 8. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 39

    Ek lees gou die post😉

  • 9. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 43

    Eish!

  • 10. Olga  |  Desember 17, 2008 om 7 : 44

    Elo, elo. Ek wil mtn en vodacom hof toe neem. Hulle tas nou my menseqegte gruwelooslik aan. Die fokkers ontneem my my vryheid van spraak. EK WIL N PROKUREUR HE.

  • 11. Olga  |  Desember 17, 2008 om 7 : 45

    Ek slaap soos ek wil. Met nagklere, daarsonder. Net nie met mz tekkies aan nie.

  • 12. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 46

    Ok…. Almal wat my ken weet dat ek poerel nakend slaap hetsy da anne mense saam my ‘n kamer deel. 90% slaap ek op my maag en die anne 10% is verdeel tussen op my sy en op my rug

  • 13. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 47

    Lo Olga

  • 14. Olga  |  Desember 17, 2008 om 7 : 47

    Ek slaap op my maag. Reg hoeks met die kant van die bed. 1 hand onder my kussing. Ander hand onder my maag.

  • 15. Olga  |  Desember 17, 2008 om 7 : 49

    Lo willekjend. Hoe gaan dit?

  • 16. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 49

    Op my bedkassie… Boeke, glas met vars coke virri aand, sellie, kers en en en en

  • 17. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 50

    Oraait dankie. Ek het ‘n paar prokurower pêlle:mrgreen:

  • 18. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 51

    O ja….. Daas 1 moerse groot tievie in my se kamer

  • 19. Olga  |  Desember 17, 2008 om 7 : 52

    Ek slaap nie in die nag nie. Aikona. Ek gaan slaap vroegoggend. Dam slaap ek tot bessie my uit die bed snork. Het julle van steve se nuutste aandag soekery gehoor?oeee, ouma wis sal haar doodskaam vir hom.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 52

    Natuurlik met ‘n dieviedie speler😉

  • 21. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 53

    He! He! Ek het sy mannewales raak gelees

  • 22. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 7 : 54

    Whuhahahaha! ‘n Tea party met ‘n splash!

  • 23. Olga  |  Desember 17, 2008 om 7 : 55

    Bybel, almanak met dag tekse uit die bybel, bottel water en selfoon op my bedkassie. En lamp. Huidige boek en oordruppels kry ook plekkie. Jy mut my dari prokkies se nr gee.

  • 24. Olga  |  Desember 17, 2008 om 7 : 58

    Ha ha, ha. Die arme outoppie sal ook alles doen om media dekking te kry.

  • 25. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 8 : 00

    Ouma Wip is trots op hom. Tant Emsie se maniere geld nie vir hom nie. Grrr! Ouma Wip bied hom n urn vol tee aan.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 00

    Ek haat die tyd vanni jaar. Dan doem doem elke 2de huis met hul kak musiek. Gmpf!

  • 27. Olga  |  Desember 17, 2008 om 8 : 00

    Ag, wk, vergeet asb die prokkie se nr. Laat ek dit maar in die fam hou. Boeta! Kom help asb.

  • 28. Olga  |  Desember 17, 2008 om 8 : 02

    Elo herrie merrie. Hoe gaan dit?

  • 29. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 02

    Dis ‘n vrot pampoen en ‘n koppie tee…..

  • 30. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 03

    Hey! Lo da my 3ling

  • 31. Olga  |  Desember 17, 2008 om 8 : 05

    En n boetie wat wat nou weer doen, shane?

  • 32. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 06

    Olga… Ek ken die mafia persoonlik. Uhm…. Kan ek jou adres vi hulle gee solat jy hulle die details van vodadom en mtn kan gee?

  • 33. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 07

    Ek weet ok wa die taliban is……

  • 34. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 08

    En as jy nie kan Cope nie dan stuur ek opsie A en C

  • 35. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 10

    En as dit nie werk nie kry ons vi Patricia Deville

  • 36. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 12

    Of klaasvakie….

  • 37. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 8 : 13

    Ek praat nou net kak. Nwt. Gat gou skollegud was

  • 38. Olga  |  Desember 17, 2008 om 8 : 20

    Die liewe skottelgoed tog. Dalk sal die mafia goed werk.

  • 39. Olga  |  Desember 17, 2008 om 8 : 23

    Die mafia moet asb klaasvakie wegjaag by mtn en vc. Dan kan hulle my fone regmaak. Nou moet ek wag vir homer om huis toe te kom.

  • 40. Olga  |  Desember 17, 2008 om 8 : 36

    Wat is die slaap?
    n wondersoete ding.
    Sag op haar bloue oe daal die vaak
    soos maneskyn
    diep waterkuile raak.
    Om daar te droom
    in silwer skemering.
    Vir laas beef oor haar lippe n fluistering
    nag pappie.
    Ek merk hoe langsaam hy genaak
    wat drome soet
    tot werklikhede maak.
    In vadersarm rus my lieweling.

    Sluit so my oe God, wanneer vir my u engel wenk
    tot laaste lange rus
    en ek van wilde woeling
    hier moet skei
    dat my dan stille drome
    huis toe sus,
    en sterke hand deur duisternisse lei.
    Sluit so my oe God
    as ek gaan rus.
    D.F. Malherbe nes wk gese het.

  • 41. carina  |  Desember 17, 2008 om 8 : 38

    Ek slaap op my sy in my man se arms en ek dra ‘n pajama broek en strappy toppie in die somer en ek lyk soos die Michelin mannetjie in die winter kompleet met kouse en handskoene en truie ens. Ek pes koudkry. Soos ek gaan le om te slaap, so staan ek weer op – maar ek slaap sleg en slaap maksimum drie ure ‘n nag (nogsteeds)! Ek weet nie wie het slaap gedig nie. O ja, op my bedkassie is my bybel, my bedlampie, foto van my kinders, selfoon, wekker en leë glas.
    Lekker aand!

  • 42. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 00

    Eish! Lyk my ek moet ok ‘n bybel op my bedkas sit…..

  • 43. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 02

    Olga…. Ek stuur solank die mafia na vodadom toe en die taliban na êmtieên

  • 44. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 03

    Nee wag. Korreksie… Empty ên

  • 45. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 04

    Of ek kan reël dat Steve sy tee op hul piesies ga smyt:mrgreen:

  • 46. Olga  |  Desember 17, 2008 om 9 : 14

    Wha HA ha HA. Gaan hy weer splash? En wat gaan hy doen as shane hom daar voorle? Dan gaan hy seker die tee opdrink.

  • 47. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 15

    Kla gebad en hie gat nogsteeds 4kol aan

  • 48. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 17

    Of koffie begin drink….

  • 49. Olga  |  Desember 17, 2008 om 9 : 19

    Gaan jy die bybel gebruik wk? Of gaan dit net clutter wees?

  • 50. Olga  |  Desember 17, 2008 om 9 : 21

    Dink jy hy sou n vrou met inhoud van houer gegooi het as dit dop was?

  • 51. maxie  |  Desember 17, 2008 om 9 : 24

    Ek slaap altyd op my regtersy (in die fetusposisie) in baie koel katoenslaapklere en sonder ‘n duvet want ek verpes hitte.

    Verder is my gewete skoon maar ek sukkel om te slaap want ek sien te veel mishandelde diere wat by die SPCA aankom (en dit sal enige redelike mens slapelose nagte gee).

  • 52. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 27

    Testing

  • 53. Olga  |  Desember 17, 2008 om 9 : 28

    Sterkte met wat jy sien maxi.

  • 54. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 28

    Olga…. Ek sal die bybel lees. Al is dit 1 vers ‘n maand😳

  • 55. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 30

    Max…. Ai tog! Ek sal nie jou werk wil hê nie. Nie vi alli geld inni wêreld nie

  • 56. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 32

    Wel…….. Miskien vir ‘n paar biljoen rand. Prozac en zolle is duur. En ek ga BAJA norig kry as ek by julle moet werk

  • 57. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 9 : 39

    Nag julle. Soet wees en hande bo die komberse (of laken)!

  • 58. maxie  |  Desember 17, 2008 om 9 : 39

    Dankie Olga

    Wille…
    Dis maar net vrywilligerswerk.
    Maar ek dink ek gaan ophou.
    Dit was eers die Animal Anti Cruelty League in die Oos Kaap, en nou dit.

    Dit het te veel geword.

    Bedkassie:
    Bedlamp
    3 bottels water
    Panado
    Asmapompie
    Rennies
    Cuteste pers keramiekpadda met uitpeuloë uit Knysna se wereld
    Bybel
    Baie boeke
    Oi en tissues

  • 59. Wille Kjind Q  |  Desember 17, 2008 om 11 : 15

    GGGRRR!!!!!! Nou kan ek NIE SLAAP NIE!

  • 60. Lola  |  Desember 18, 2008 om 1 : 14

    Nuwe blog dankie. Interessante 1 ook. Ek slaap nakend, half op my linker sy, half op my maag. Regter been opgetrek, regterhand onder my wang, linkerhand op my kop. Op my bedkassie is book en sel. Bedlamp en radio.

  • 61. Wille Kjind Q  |  Desember 18, 2008 om 6 : 47

    Dit gat ‘n heerlike dag wees. My piesie is gekonfokulate!

  • 62. Wille Kjind Q  |  Desember 18, 2008 om 6 : 53

    En daas nog iemand wat nie ‘n bybel op ha kassie hetti…..

  • 63. Wille Kjind Q  |  Desember 18, 2008 om 6 : 55

    Sies!

  • 64. Wille Kjind Q  |  Desember 18, 2008 om 6 : 56

    Wag! Lat ek gou gat werk. Praat later

  • 65. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 8 : 37

    More Almal

  • 66. Beeld  |  Desember 18, 2008 om 8 : 58

    Magdel Fourie

    Die eerste Noord-Amerikaanse poemawelpies wat tot nog toe in Suid-Afrika gebore is, word nou in ’n dieretuin in Midrand met die hand grootgemaak nadat hul ma hulle by geboorte verwerp het.

    Dié twee blou-oog sussies is vyf weke gelede byna dood in hul ouers se kamp in die Lory Park- private dieretuin ontdek nadat hulle die vorige nag in ’n reënstorm gebore is. Vermoedelik het hul vierjarige ma nagelaat om haar welpies te versorg omdat dié haar eerste welpies was en die erge reën haar net verder verwar het, het mnr. Eddy van Eck, kurator, aan Beeld gesê.

    “Ons het hulle net die Woensdagoggend halfdood en so te sê yskoud in die lang gras gekry, sonder hul ma by hulle.”

    Hulle is toe dadelik na ’n “babakamer” in ’n huis binne die dieretuin geneem om met die hand groot te maak.

    Dit was die eerste twee weke ’n geswoeg om die twee sussies aan die lewe te hou, het Van Eck gesê.

    Benewens die longontsteking wat hulle in die nattigheid opgedoen het, is die welpies se immuunstelsel boonop verswak omdat hulle nie hul ma se eerste moedersmelk ingeneem het nie.

    Van Eck en sy kollegas het dit toe op hulself geneem om die tweetjies daagliks sowat agt keer – dus elke twee uur – met formule-karnivoormelk te voer.

    Die afgelope tyd is dit egter al verminder na slegs ses keer per dag, het me. Dani Hawke, vrywilliger by Lory Park, gesê.

    Die sussies weeg elk tussen 1,3 kg en 1,6 kg.

    “Hulle lyk nou baie beter, ons dink beslis hulle gaan deurtrek. Ons sukkel nog net so ’n bietjie met hul magies,” het Van Eck gesê.

    Volgens hom is dié welpies se ouers die enigste volwasse Noord-Amerikaanse poemas (bergleeus) in Suid-Afrika.

    Die ma en pa is albei op tweejarige ouderdom van onderskeidelik Switserland en Duitsland na Lory Park gebring.

    Dié twee welpies is dus die heel eerste welpies van dié spesie wat in Suid-Afrika gebore te word, het hy gesê.

    Slegs die klein Suid-Amerikaanse poema is elders in Suid-Afrika te sien.

    Dié dat die sussies met ekstra sorg behandel word. Hul babakamer word pynlik skoon en steriel gehou en niemand behalwe hul onmiddellike versorgers word toegelaat om hulle te hanteer nie, het Hawke gesê.

    Hulle is vandeesweek ook die eerste keer aan die publiek bekend gestel.

    “Ons moet hulle nou nog net name gee.”

  • 67. Beeld  |  Desember 18, 2008 om 9 : 00

    Ek hoop van harte Steve Hofmeyr soek sielkundige hulp vir sy emosionele probleme en aggressie.”

    So het Esmaré Weideman, redakteur van Huisgenoot, You en Drum, gistermiddag gesê ná die voorval Maandagoggend by Sun City toe Hofmeyr ’n koppie tee in haar gesig gegooi het.

    Weideman het gesê: “Hofmeyr mag nie toegelaat word om hiermee weg te kom nie. Huisgenoot oorweeg dus regstappe.”

    Sy het gesê die voorval het op die ontbytstoep van die Lost Palace, ure voor die kroningsplegtigheid van die nuwe Mej. Suid-Afrika, plaasgevind.

    “Ek was besig om ontbyt te geniet saam met vier vriende en kollegas toe die voorval plaasgevind het.

    “Hofmeyr het my van agter genader, langs die tafel gestop en gesê: ‘Môre, Esmaré.’ Toe ek opstaan om hom te groet, het hy die koppie tee oor my gegooi en weggestap. Bespiegelinge dat ek hom eerste genader het of iets aan hom gesê het, is onwaar.

    “Persoonlik sou ek graag die voorval wou ignoreer, maar as die redakteur van die grootste tydskrif in Suid-Afrika, as joernalis en as vrou kan ek die saak nie daar laat nie.

    “Ek het ’n verantwoordelikheid om Huisgenoot se naam te beskerm. Hofmeyr se aantyging dat die media sy egskeiding veroorsaak het, is bisar en misplaas. Hy soek ’n hond om te skop eerder as om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar. “Huisgenoot het geen vendetta teen hom nie; ons doen bloot verslag oor ’n bekende sanger se doen en late. As hy om die verkeerde redes in die nuus is, kan hy nie die media daarvoor blameer nie.

    “Steve se aanval op my as mens, joernalis en vrou was laakbaar. Ek en my redaksie – baie van hulle fenomenale vroue – voel baie sterk daaroor dat sulke gedrag nie geïgnoreer of goedgepraat kan word nie.

    “Die tydskrifte waarvan ek redakteur is, het al jare lank ’n teenmisdaad-veldtog en neem gereeld standpunt in teenoor enige vorm van fisieke en emosionele mishandeling van vroue.”

    Weideman het gesê met moontlike regstappe “wil ons nie ’n storm in ’n teekoppie verder opblaas nie; ons wil vir en namens vroue sê: Enige vorm van geweld, fisiek of emosioneel, in die openbaar of in jou slaapkamer, is nie aanvaarbaar nie”.

    Sy het gesê sy is nie kwaad oor die voorval nie, “inteendeel, ek kry Steve baie jammer”.

    Hofmeyr het gisteraand net voordat hy in Hartenbos vir ’n vertoning op die verhoog gegaan het, gesê hy sal nooit iemand anders, “insluitend die media” vir sy dade blameer nie. “Maar ek blameer sekere knaende joernaliste vir my egskeiding.”

  • 68. Beeld  |  Desember 18, 2008 om 9 : 16

    Die polisiesersant van Potchefstroom wat in Januarie brandstof oor ’n kat gegooi en die dier aan die brand gesteek het, is gister in die plaaslike landdroshof tot ’n effektiewe boete van R3 000 en ’n jaar se korrektiewe toesig gevonnis.

    Sers. Patrick Rampete het vroeër onskuldig gepleit op die aanklag van wreedheid teenoor diere teen hom, maar landdros Esteé Jansen het hom skuldig bevind.

    Hy het die kat eers in sy woonstel en toe in die parkeerterrein van die polisiewoonstelle in Potchefstroom aan die brand gesteek. Net ’n klein stukkie verkoolde karkas het oorgebly.

    Jansen het bepaal Rampete moet as deel van sy korrektiewe toesig elke maand 16 uur gemeenskapsdiens by die plaaslike dierebeskermingsvereniging doen. Hy is voorts vir die volle tydperk daarvan in huisarres.

    Rampete moet ook sielkundige behandeling kry, ’n kursus in lewensvaardighede voltooi en ’n program teen dieremishandeling voltooi. Hy mag voorts geen dwelms of alkohol gebruik nie. – Linda de Beer

  • 69. skroplap  |  Desember 18, 2008 om 9 : 21

    hello almal

  • 70. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 9 : 21

    Ek het hopeloos te min gisteraand geslaap.

  • 71. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 9 : 22

    Hey Skroppie

    Hoe gaan dit?

  • 72. skroplap  |  Desember 18, 2008 om 9 : 25

    a3

    gaan goed en daar by jou? loaf jy al of werk jy nog?

  • 73. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 9 : 28

    Ek werk nog. Ek tel al die minute.

    Jy?

  • 74. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 9 : 50

    Okay.

    Sien julle miskien later.

  • 75. Verons  |  Desember 18, 2008 om 9 : 53

    More Almal
    My slaapgewoontes wissel erg (hang af hoe getrek ek is)😉
    Meestal slaap ek nogals rustig ek hoef party oggende net die bed aan die kant waar ek geslaap het reg te trek
    Op my bedkassie is:
    2 Bybels (afr & eng)
    omtrent 5 lees boeke
    ‘n tydskrif of twee
    2 kerse (1 is te min as die krag af is en ek wil lees) Het in elk geval die mooiste lampolie lampie wat met sitronella olie gemeng is persent gekry nou is die kerse nie meer nodig nie!
    Natuurlik my selfoon en 2 klein beertjies wat ek by Paul persent gekry het en wat nou ek nou mooi oppas (hy is mos laasmaand oorlede).

  • 76. Nats  |  Desember 18, 2008 om 9 : 54

    *GAAP*

    Goeie more julle!

    Die buurman se kar se alarm het vanoggend net na 2am afgegaan en toe kon ek nie weer aan die slaap raak nie – wat baie snaaks is, ek sukkel nie sommer om te slaap nie.

  • 77. Verons  |  Desember 18, 2008 om 9 : 55

    Ek is glad nie ‘n katliefhebber nie en as ek ‘n kat in my huis kry sal ek hom met ‘n skoen gooi dat hy daar trek………………………… maar om hom lewendig te wil verbrand sal ek nooit nie daai ou het te lig daarvan afgekom!!

  • 78. Verons  |  Desember 18, 2008 om 9 : 58

    @Nats hoe laat jy my nou gaap *GAAP* GAAP*
    Ek is net so moeg ons het gisteraand saam met ‘n paar pelle gekuier en toe die vleis op die kole gesit is het ek toevallig op my horlosie gekyk toe was dit kwaroor 12!
    Die laaste keer wat ek op my horlosie gekyk het toe was dit 2:45! So ek weet nie hoe laat ek gaan slaap het nie maar ek weet wel 5:30 was ek weer op!!
    Ekke moeg man!!!!

  • 79. Nats  |  Desember 18, 2008 om 10 : 19

    Verons
    Dan het jy genoeg rede om so lekker te gaap!!

    My bedkassie
    – leesboek
    – rosie goed wat lekker ruik
    – bedlampie
    – 2 mooi kersies
    – watte, room en gesig goed. (wat nie eintlik da mag wees nie!)
    – glas sirkel dingetjie waarop ek my water sit.

  • 80. Pikkie  |  Desember 18, 2008 om 1 : 31

    Hallo almal. Ek slaap op my linkersy… het dit aangeleer toe ek swanger was, mens haal makliker asem. My bedkassie… Die gewone goed en dan whatever die kinders die dag mee gespeel het. Ek tel dit so streep streep deur die huis op en plak dit net daar neer om more te bere… Dit lê gewoonlik dan vir ‘n paar dae daar voor ek daarby uitkom. Kan iemand my sê hoekom wys my gravatar in Opera en Firefox maar in Explorer is ek een soliede swart gat???

  • 81. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 5 : 27

    wtf????

    nou is ek die queen van doringsensomsrose!!!

    whooooohooooooooo

  • 82. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 5 : 29

    nou wonder ek watse kak ek kan maak

  • 83. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 5 : 30

    en met my luck is hier niemand om MEE kak te maak!!!
    🙂

  • 84. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 5 : 31

    okay….

    wie rooflees?

  • 85. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 5 : 32

    ek wag nou net vir die troon en septer……..en my geduld is baie kort!

  • 86. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 5 : 41

    Ai, my rule was kort maar baie aangenaam!
    net jammer hierdie koningkryk het niks onderdane nie:)

    toodles

  • 87. Wipneus!  |  Desember 18, 2008 om 5 : 42

    Hierdie is nie Adriana nie! Is jy verveeld?

  • 88. Wipneus!  |  Desember 18, 2008 om 5 : 46

    Kom help my koekies bak ek het baie werk!:mrgreen:

  • 89. ADRIANA  |  Desember 18, 2008 om 5 : 58

    Ai Tog Adrie Kloon Drol

    Ek moet jou eindlik bedank. Ek gaan juis op verlof, dus kan jy die blog aan die gang hou.

  • 90. Wille Kjind Q  |  Desember 18, 2008 om 7 : 47

    Jipeee! Ek het ‘n 3ling, ‘n kloon 3ling, ‘n 3ling se 2ling, ‘n 3ling se kloon, ‘n ouboet, ‘n kleinsus, ‘n ouma, ‘n ma, ‘n cousin en ‘n klomp dozens!:mrgreen:

  • 91. Wille Kjind Q  |  Desember 18, 2008 om 7 : 48

    EN ‘n evil twin natuurlik!

  • 92. Adrie  |  Desember 18, 2008 om 8 : 02

    Nuwe blog op

  • 93. elchinas  |  Januarie 3, 2009 om 10 : 00

    hey…

    great…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: