Geskenke en inkopies

Desember 15, 2008 at 5 : 04 174 Kommentaar

16 Desember was eendag lank gelede Dingaansdag.  Later het dit Gelofdedag geword en na 1994 staan dit as Versoeningsdag bekend.  In Adriana Magrieta Swanepoel se boeke is die geskenke-koop-dag. 

Dit is verskriklik onpatrioties, ek weet, maar aangesien my familie nie Voorhollers of Agterhollers was nie, is ek nie aan ‘n gelofde gekoppel nie.  Selfs al was ek, het my gesonde verstand my al lankal oortuig dat die rivier wat bloedrooi was, net nog ‘n storie is wat nie met feite bederf is nie.  Ek vier vir so 3 minute gelofde dag, ek salueer diegene wat geskenk-dag opsy gestoot het en by die Voortrekkermonument toustaan soos ek daar verby ry.  Ek onthou die dag, maar het beter dinge om te doen as om na lang toesprake daaroor te luister.  (Eendag gaan ek nog seker maak dat die son wel 12 uur op die sakrofaag skyn, maar nie in 2008 nie.)

Dit is nou ‘n welbekende feit dat ek vlak genoeg is om Kersdag sinoniem met geskenke te stel.  Dit is ‘n feit soos ‘n perd dat al is jy glad nie ‘n voorstaander van ‘n kommersiële Kersfees is nie, jy in alle waarskynlikheid ook ‘n geskenk of twee sal gaan koop.  Al weier jy volstrek om saam mal te gaan, moet jy nog steeds brood en melk koop.  Alle winkels raak van 16 Desember mal, selfs die kafee (of Spar) op die hoek. 

Hoe vermy jy die miernes gedruis die 10 dae wat Kersfees voorafgaan?  Ek het twee voorstelle.  1.  Wag tot na Kersfees om geskenke te koop.  Alles is dan afgemerk en niemand is in die winkels nie.  Jy kan die raad selfs volg om die gedruis in 2009 te vermy.  2.  Gaan na 6 in die aande.  Alle winkels het verlengde ure, maar min mense maak gebruik daarvan.  Na 6 maak mense kos en kyk sepies, jy kan dus in gemak doen wat gedoen moet word.  Selfs net brood en melk koop, as dit al is wat jy wil koop.

Een vraag wat altyd by my spook is wat om vir ander vir Kersfees te koop.  Ek is seker ek is nie die enigste een met die dilemma nie.  Kom ons kyk dus hoe kan ons mekaar help.  Daar is die volgende afdelings, natuurlik vir manlik en vroulik:  Babas 0 – 2, Kleuters 3 – 6, Jong kinders 7 – 9, Ouer kinders 10 – 12, Tieners 13 – 18, Jong Volwassenes 19 – 29, Volwassenes 30 – 59 en Ou mense.  As jy jou in een van die klasse bevind, wat sou jy graag wil hê?  Laat die aap uit die mou en laat weet ons wat koop julle vir julle familie. 

Aan wie is jy almal ‘n geskenk verskuldig?  Beter gestel:  vir wie voel jy moet jy ‘n geskenk oor Kersfees gee?  Ek is nie net vlak nie, ek is sommer suinig ook.  Ek gee net aan die direkte familie geskenke en aan enige kind wat my padjie oor Kersfees kruis.

Blogvraag:  Wie het die Zoeloes aangevoor met die Slag van Bloedrivier?

Blogantwoord:  Willes was reg met Gaudete Sondag.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die derde Sondag van Advent Bedsake

174 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Desember 17, 2008 om 12 : 02

    Dan loop ek weg!

  • 2. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 12 : 04

    Waarna toe? En hoekom?

    O ja, Annermerrie het ‘n kar gekry.

  • 3. Wipneus!  |  Desember 17, 2008 om 12 : 08

    Wie is Annermerrie? Behoede my ek het nie krag vir meer as 1 merrie nie. Ek loop Maan toe!:mrgreen:

  • 4. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 12 : 09

    Jy sit al klaar daar en dit help jou niks.

    Wat laat jou dink dat dit in 2009 gaan help.

    Annermerrie – Aventer.

  • 5. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 12 : 11

    En nee, ek weet nie hoekom Aventer Annermerrie is nie.

  • 6. Verons  |  Desember 17, 2008 om 12 : 24

    A3 ek sal julle die pad kan wys na al daai goud en dis nie onder Tito se stert nie maar wel reg onder oom Paul se standbeeld!

    Ek weet net nie hoe ons DAAR gaan uitkom nie! Ek onthou nog jaaaare terug was daai plek beter beskermd as ford knox en intussen het daar baie verbetrerings bygekom! Ek was laas daar toe het ons nog als met die hand in die reserwebank se boeke opgeskryf!
    Dis nou die goud en die nuwe geld wat gedruk was!

  • 7. Wipneus!  |  Desember 17, 2008 om 12 : 24

    Ag dis nice, sy ry nou seker al die petrol uit!!!

  • 8. Nats  |  Desember 17, 2008 om 12 : 25

    Hello julle!!

    Sjoe weeeeee ek is besig vandag!!!

    Ek is mal daaroor om geskenke te koop en veral om dit toe te draai!!🙂

    En natuurlik om geskenke te kry! Maak nie saak wat dit is nie – ek is nie vol nonsens nie!!!

  • 9. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 12 : 28

    Verons

    Steek daar toe wragtig waarheid in die Kruger miljoene? 😯

    Dit maak sake makliker. Ons help die ANC om oom Paul daar te verwyder. Vir ‘n goeie doel natuurlik.

  • 10. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 12 : 29

    Ek draai nie self geskenke toe nie. Daar is ander mense wat dit soveel netjieser as ek kan doen. Ek laat dit in hulle bekwame hande.

  • 11. Wipneus!  |  Desember 17, 2008 om 12 : 44

    Hello Verons en Nats

    Verons goeie nuus, die Krugers stanbeeld is baie makliker as Tito se alie! whahahaha

    Ek hou ook niks van geskenke toedraai nie! Dis baie werk, ek het al die geskenke toegedraai maar nog nie linte opgesit nie! 😦

  • 12. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 12 : 51

    Soos ek se

    Daar is meer as genoeg mense wat bereid is om dit vir jou te doen.

  • 13. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 12 : 53

    As ek moet eerlik wees, dink ek hulle raak elke jaar slordiger. Ek is nie meer so seker dat hulle dit netjieser kan doen nie.

    Ek moet bylas, min mense kan so netjies as my broer geskenke toe draai. Snaaks genoeg, hou hy daarvan.

  • 14. Verons  |  Desember 17, 2008 om 1 : 31

    Hallo Wip,
    Nee julle ek glo nie ons kan maar oom Paul verwyder soveel ons wil daai goud lê baie diep daar onder!
    Die goud was al laank voor oom Paul se standbeeld daar gewees!

  • 15. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 2 : 31

    Ek is nie bang vir graaf swaai nie.

  • 16. skroplap  |  Desember 17, 2008 om 3 : 34

    hello almal

  • 17. skroplap  |  Desember 17, 2008 om 3 : 35

    as hier ooit iemand is

  • 18. skroplap  |  Desember 17, 2008 om 3 : 37

    NIEMAND!!!!🙂

  • 19. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 4 : 06

    Damn, te laat!

  • 20. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 4 : 11

    Kan julle nie vir 5 min alleen laat nie

  • 21. andre  |  Desember 17, 2008 om 6 : 08

    dis inderdaad waar, dit was so week terug wat ek omtrent 5 uur by die mall aangekom het, toe was hulle nog baie besig na so uur of wat hier naby 6 uur se kant was die winkels heeltemal dood en ek het omtrent ‘n lekker tyd gehad met die shopping

  • 22. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 6 : 36

    Lo Andre!

    Jy was lanklaas hier!

  • 23. andre  |  Desember 17, 2008 om 6 : 55

    yes, ek was bietjie besig die afgelope tyd met allerhande dinge, het wel nog so nou en dan hier kom lees,soms lekker stories hier
    daai heel nuutste blog “bedskake” is lekker om nog so bietjie interissante feite omtrent jou te leer haha🙂

  • 24. Adrie  |  Desember 17, 2008 om 7 : 26

    Ha ha ha. Soos dat ek gevaarlik is wanneer ek wakker is en gevaarliker wanneer ek slaap.

    Andre, vul asb vir ons die aansoekvorm in by die bly te kenne page.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: