Die derde Sondag van Advent

Desember 14, 2008 at 12 : 22 172 Kommentaar

Dit is amper die einde van Advent en ek het julle nog nie eers vertel wat Advent is nie.  Advent beteken koms of aankoms.  Advent begin die Sondag die naaste aan 30 November en eindig op Oukersaand.  ‘n Belangrike deel van Advent is die Adventkrans.  Dit maak die aftelling tot Kersfees meer sigbaar.

‘n Adventkrans is ‘n sirkelvormige krans van immergroen blare.  Daar word vier kerse in die kranse geplaas.  Drie van die kerse is pers en een is pienk.  Met elke Sondag van Advent word daar ‘n nuwe kers aangesteek, met die kerse wat die vorige Sondae aangesteek is.  Dus sal daar met die eerste Sondag net een kers brand en met die vierde Sondag sal al vier die kerse brand.  In die middel van die krans is daar ‘n wit kers, wat die Christuskers genoem word.  Dit word met Oukersaand aangesteek.

Advent was oorspronklik ‘n tyd van berou en vasting.   Kersfees kan nie van Goeie Vrydag geskei word nie, Christus is immers gebore juis om gekruisig te word.  Pers is die kleur van vasting en berou, daarom is drie van die kerse in die krans pers.  Die derde Sondag is bekend as die Sondag van blydskap.  Daarom word die met die pienk kers gevier.  Dit dui daarop dat die vas amper verby is en dat daar binnekort Kersfees gevier gaan word.  Deesdae word Advent meer as ‘n fees van hoop gevier en so het blou kerse meer die norm geword. 

Die krans is vol simboliek.  Die is ringvorming om God voortestel.  Soos God het die sirkel nie ‘n begin of einde nie.  Immergroen dui op die hoop wat ons in God het.  Groen wys ook op die hernuwing van ons geestelike lewe.  Die kerse simboliseer die hoop wat Jesus in ons lewe gebring het.  Advent strek oor 4 Sondae, om die 4 eeue van wag tussen die profeet Mageali en Christus se geboorte uit te beeld. 

Ons is vandag besig om die derde Sondag van Advent te vier en kan dus nou met blydskap die slapies tot Kersfees aftel.  Tog moet ons ook aan diegene dink vir wie Kersfees geen vreugde in hou nie. 

Die feesseisoen is ongelukkig vir te veel mense ‘n tyd van marteling.  Kan julle glo dat daar ‘n oplewing van selfmoorde is oor Kersfees?  Die redes is legio.  Dit is veronderstel om familietyd te wees, maar baie mense het of nie familie nie of is vervreemd van hulle familie.  Hulle word dalk weens omstandighede gedwing om Kersfees in die vreemde te vier, ver van hulle geliefdes af.  Ongelukkig word drank ook misbruik oor Kersfees.  Dit lei na meer ongelukke en minder mense in die nuwe jaar.  Kersfees is ook vir baie mense ‘n tyd waar huishoudelike geweld hooggety vier. 

Daar is baie kinders wat te vergeefs op Kersvader gaan wag.  Ek wonder altyd wat gebeur met die kaartjies wat op die boom agterbly?  Kyk daardie kinders hoe hulle maatjies geskenke kry en wonder hoekom niemand hulle kaartjies gekies het nie?  Ek gaan seker maak dat daar ‘n Kersvader vir nog ‘n kind ekstra is.  Gaan jy dieselfde doen?

Blogvraag:  Wat word die derde Sondag van Advent genoem?

Blogantwoord:  Daar het ‘n muskiet in Titus se neus opgevlieg en die gezoem het hom mal gemaak.

PS:  Die blogprojek word tot die nuwe jaar uitgestel.  Ek kon nie ‘n geskikte familie kry nie en orals help die mense klaar oor Kersfees.  Ek sal julle op hoogte hou.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Muskietejag Geskenke en inkopies

172 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 16

    Verons ook.

  • 2. White Knight  |  Desember 15, 2008 om 5 : 16

    en die Merrie praat met haarself.

  • 3. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 16

    Tilla staar na die see.

  • 4. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 18

    Ridder

    Nee, hel. Dit is ongeskik om my te interrup as ek met myself praat. GRRRR

  • 5. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 19

    Ridder bekruip my in die hoop dat ek so groot sal skrik, dat ek sommer die lepel in die dak sal steek. Min wetende dat onkruid nie vrek nie.

  • 6. White Knight  |  Desember 15, 2008 om 5 : 19

    DIe ergste is dat jy soms van jouself met jouself praat. Hehehehehe.

  • 7. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 20

    Klip werk aan sy preek . . . er . . . ek bedoel blog oor die ware Kersfees.

  • 8. White Knight  |  Desember 15, 2008 om 5 : 20

    Ek sit oop en bloot hier op die rots en lag vir jou.

  • 9. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 20

    Ridder

    Wanneer ek so mal raak, gebruik ek darem twee name.

  • 10. White Knight  |  Desember 15, 2008 om 5 : 21

    Doen nie die wegkruip ding nie.

  • 11. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 21

    Waar was ek? Voordat die mansmens my in die rede geval het.

  • 12. White Knight  |  Desember 15, 2008 om 5 : 22

    Hopelik nie uit die spons kamer ontsnap nie.

  • 13. White Knight  |  Desember 15, 2008 om 5 : 23

    Ander kry jy dalk seer as jy buite gelaat word.

  • 14. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 23

    Ridder!!!

    Gaan skree op die nuwe blog eerste! Netnou vergeet ek iemand en dan voel hulle in die gesig gevroetel. Dan is dit jou skuld. Ek het niet die heel aand tyd nie. 😡 👿

  • 15. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 24

    Gmf

    En nou is my comment in moderation.

  • 16. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 28

    Klaar te laat.

    Ek het klaar vergeet wie ek nog moet noem.

  • 17. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 28

    Geen wonder nie, ek moes al by die huis gewees het.

  • 18. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 29

    Ek sal seker nog eendag uit my graf uit blog.

  • 19. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 29

    Kan julle dink aan watter blogs ek van daar sal kan skryf?

  • 20. White Knight  |  Desember 15, 2008 om 5 : 31

    Shame Alzheimers?

  • 21. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 31

    Okay, Okay

    Ek is op my besem en weg.

    Lekker aand almal.

  • 22. Adrie  |  Desember 15, 2008 om 5 : 32

    Ridder

    Nog lank nie. Gelukkig kry mense met die geheue van ‘n sif nie alzheimers nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: