Drie, nee vier dinge

Desember 9, 2008 at 6 : 02 116 Kommentaar

Salomo is veronderstel om die slimste man ooit op die aarde te wees.  Ek wonder of hy ook slimmer as enige vrou op hierdie aarde is?  Nie juis dat dit saak maak nie.  Hy het oor drie, nee vier dinge gewonder.  Ironies genoeg, die goed waarvoor hy nie kon antwoorde vind nie, kan menige van ons vandag oor gorrel.

As Salomo oor drie, nee vier dinge kon wonder, kan ek ook.  Dit is seker my eie skuld as ek nie die antwoorde ken nie.  Ek is te lui om dit te google en deur massas inligting te werk om die antwoord te kry.  Dit is as daar natuurlik ‘n antwoord is. 

  1. Hoekom moet die kajuitruite se blinders oop wees as ‘n vliegtuig opstyg en land?  Dit kan nie ‘n vlieënier se sig belemmer nie.  Hy/sy sien niks wat in die kajuit aangaan nie.  Niemand van buite af kan enige iets sinvol binne die kajuit sien nie.  Ek weet te min van fisika om te weet wat die invloed van die blinders op die kajuitdruk kan wees.  As dit ‘n invloed het, hoekom word dit enigsins toegemaak tydens ‘n vlug?
  2. Hoekom is mense wat onder die broodlyn lewe se hare altyd gekleur?  Dit is gewoonlik ‘n tuisjobbie, wat nie eers baie vars lyk nie.  R50 is seker nie baie nie, maar dit kan darem ‘n bietjie kos koop.  Terwyl ek op die onderwerp is, is daar ‘n wet wat sê dat jy net Coke kan drink as jy nie kos kan koop nie?  Hoekom moet hulle ook altyd rook?  Die werklike armes het nog ‘n string kinders ook.  Weet hulle nie dat jy kondome gratis kan kry nie?
  3. Die afgelope paar jaar het ek regtig oor die Britse konsentrasie kampe gewonder.  Toegegee, die Anglo Boere Oorlog is nie my gunsteling deel van die geskiedenis nie.  Al wat ek al ooit gelees het is dat die vrouens swaar gekry het, juis oor die huisvesting, water en kos wat skraps of onvoldoende was.  Ek het net een keer in ‘n fiksie gelees dat ‘n offisier sy hand teenoor ‘n vrou gelig het.  Ek het nog nooit gelees dat hulle aangerand is, lyfstraf gekry het of verkrag was nie.  Was die geskiedenisskrywers te preuts om al die besonderhede te gee, of is die Engels groter here as wat ek ooit verwag het?
  4. Hoekom verlekker mense hulle so graag in ander se ellende?  Watter nut dien dit om foto’s van ernstige beseerdes per posduif die wêreld vol rond te stuur?  Dit gaan gewoonlik sonder ‘n les gepaard, dit gaan net daaroor om mense te skok.  Hoe kan mense sulke foto’s geniet?  Wie wil wurms in ‘n mens se brein sien?  Ek het ‘n sterk maag, maar van daardie foto’s het my al groen om die kiewe gehad.

Waaroor wonder jy?  Deel gerus met ons.  Het julle enige antwoorde op my vrae?

Blogvraag:  Wat was die Koningin van Skeba se naam?

Blogantwoord:  Nats was reg met Anchien Troskie.

Spesiale dankie aan die mans wat aan die vorige blog deel geneem het.  Ons is gewoond daaraan dat die tipe blogs gewoonlik deur mans gestopstraat word, dus was dit verblydend om soveel mans se menings teen verkragting te sien.

Laat ek my deel aan die gemeenskap doen en ‘n paar verveelde bloggers help.  HUISWERK TYD!  :evil:  Kan die volgende mense ons dalk vertel oor watter 3, nee 4 dinge hulle wonder.

Demoerin, Pikkelik, Annermerrie, Sonkind en Dellie

Spread the joy.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Verkrag, wat nou? Rus in Urbe

116 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Desember 9, 2008 om 6 : 19

    eerste.

  • 2. Olga  |  Desember 9, 2008 om 6 : 20

    olga?

  • 3. Olga  |  Desember 9, 2008 om 6 : 30

    jou 2de wonder het my ook al laat wonder. die mense het ook altyd n hond of twee. of drie. en n kleinkind of 3 op die heup, knie of vloer. as hulle kos vir die hond of honde is, dui dit op oorvloed. as daar kleinkinders is, moet die bloedjies gevoed, geklee, opgelei word. waar is hulle ouers? weet hulle nie net die maak van die kinders is gratis nie? verder kos elke asemteug geld. ja, ja. kruisig my maar. dit is immers hoe dit is.

  • 4. Adrie  |  Desember 9, 2008 om 6 : 32

    Olga

    Re nr 2 . . . Huh?

  • 5. Olga  |  Desember 9, 2008 om 6 : 43

    ha, ha, ha. olga, die koningin van skeba

  • 6. Olga  |  Desember 9, 2008 om 6 : 49

    pateet laan se skrywers moet asseblief gaan navorsing doen oor hulle 4 week special dramatjies se profiele. wat dit moet wees. terrie het van die woord go af probleme gehad. maar toe was sy 1 week voor haar selfmoord gerape. eers het jocelyn deur haar hol geval elke keer as donovan by jj.s opgedaag het van vqees. nou het sy die jagter geword. sy soek hom. ag, plaas van laat hulle maar die storie doodloop.

  • 7. attie  |  Desember 9, 2008 om 6 : 57

    Ek wonder ook dikwels oor nommer 2 omdat ons dikwels moet help maar nie mag toelaat dat die dinge ons hulp beïnvloed nie.

  • 8. Wheelbarrow Jack  |  Desember 9, 2008 om 8 : 45

    Re nr 2. Dis feit soos n koei. Hoe armer hulle is, hoe meer honde en klein kinders gaar hulle op. Die sigarette en die asmapomp is altyd daar. En die hare is altyd rooi gekleur. Dan wonder hulle hoekom hulle onverdiend swaarkry.

  • 9. Wheelbarrow Jack  |  Desember 9, 2008 om 8 : 52

    Re nr 3. Die ageskiedskrywers was dalk net preuts. Engelsman het yswater in sy are maar hulle was ver van hulle vroue en familie. Ek het al gelees van kinders wat in konsentrasie kampe gebore was. Hulle moes iewers vandaan gekom het. Die vroue/ meisies wat aan die kinders geboorte gegee het, was maande of jare lank alleen voordat hulle na die kampe geneem was.

  • 10. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 03

    ag tog met no 3 het ek geen simpatie nie. dit was kruger ie hebsug wat die oorlog tot gevolg gehad het. en die mans se vrees vir boelies soos de la rey wat hulle in die oorlog gehou het. lafaards. maar ja, ons suid afrikaners is te goed opgevoed om sulke ou boelies te stuur waar hulle hoort. in hulle moere!

  • 11. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 7 : 19

    More almal

  • 12. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 7 : 21

    Attie

    Ek het al baie gewonder of hulle minder afhanklik sal wees af iemand hulle net na behore opvoed.

  • 13. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 7 : 23

    Kruiwa

    Ek wou dit nie hard gese het nie, maar dit is altyd rooi.

  • 14. demoerin  |  Desember 10, 2008 om 7 : 32

    Ja nee, 2 en 4 sal nooit verander nie. My gevoel daaroor ook nie. Baie sad situasie. Nommer 1 het ek okkie ‘n clue nie. Ek neem aan omdat opstyg en land die gevaarlikste gedeeltes van vlieg is, moet almal maar help kyk dat niks aan die brand slaan of omgery word nie????

  • 15. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 7 : 35

    Goeie more mense !!!

    uhm ek wonder oor alles, daar is so baie ek dink nie hier is geenoeg plek om dit alles uit te spel nie….

  • 16. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 7 : 41

    Ek dink nommer 4 is Huisgenoot en Beeld se skuld dat mense so lief geraak het vir bloed en derms en ellende 😯 ing !

  • 17. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 8 : 17

    Kom Zoekoe

    Vertel ons waaroor wonder jy?

  • 18. Dellie  |  Desember 10, 2008 om 8 : 25

    Interessante goed waaroor jy wonder. Nou wonder ek ook daaroor, maar ek sal jou huiswerk doen!😉

  • 19. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 8 : 32

    Dellie

    Wees bly dat dit 3, nee 4 is en nie 3000. Ek kan die heeldag wonder.

  • 20. Nats  |  Desember 10, 2008 om 9 : 02

    Goeie more!!!

    Sjoe wee… nou wonder ek oor meer goed as wat ek kla oor wonder!!🙂

    Nr 2 het ek ook self ervaar!
    My sussie se ou het sonder werk gesit vir so paar maande… maar tog ry hy rond (met petrol wat sooooo duur was) en tog het hy elke dag gerook. Nou vra ek jou met trane in my oe… HOE!!??

  • 21. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 08

    Nats

    Daar is seker ‘n pot geld iewers net vir hulle gebruik.

  • 22. Olga  |  Desember 10, 2008 om 9 : 17

    ek het in my dag des lewens 4 keer gevlieg. was te vrek bang om te roer. as daar blindings was, kan ek nie enige iets oor of van hulle onthou nie. laaste keer was 29 jaar gelede.

  • 23. Olga  |  Desember 10, 2008 om 9 : 18

    sover dit nr 4 betref, die mens, is n perverse dier.

  • 24. Nats  |  Desember 10, 2008 om 9 : 19

    Adrie
    Moet wees!! Hulle weet iets wat ons nie weet nie!

    Ek het gaan Google en die volgende maak nogal sin.

    If there’s an accident and the lights go out, at least you have light coming in from outside.

    Also, you can see the conditions outside more easily.

    The idea is to match the outside lighting as much as possible so that passenger’s eyes don’t have to adjust if they have to get out quickly.

    Besides, everyone should be awake on landing anyway!

  • 25. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 21

    Olga

    Het jy ooit jou oe vir ‘n sekonde op die vlug oop gehad?

  • 26. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 24

    Nats

    Dit maak nie sin nie. As jy in die aand opstyg of land, sit hulle die kajuitligte af. En jou dingetjie moet oop wees. As daar ‘n ongeluk is, gaan al die lug van buite in die kajuit die vlieeniers niks help nie. Hulle moet kan sien, ek worry nie te veel nie.

  • 27. Olga  |  Desember 10, 2008 om 9 : 26

    terug na nr 2. hulle lewe dikwels op staats pensioen. iewers is altyd n kar. die kar is altyd rybaar. daar is n selfoon, altyd lugtyd. het onlangs iemand gesien wie van gunste en gawes lewe. die hoetroustel was daar. speakers wat by my heup gepas het. al die nuutste cds. maar nie meubels nie. dogter kom uit die straat in, en raai wat? sy, wat werkloos is, dra lables. gegrimeer tot die 9.s. met groot maskara, nee, eyelimerkringe. ek kan dink dat sy elke maand n nuwe potlood moet koop. kyk, dit wil gedoen word.

  • 28. Pikkie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 31

    GMF!!!

  • 29. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 32

    Olga

    Het die dogter ni dalk ‘n pimp wat in alles voorsien nie?

  • 30. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 33

    Pikkie

    Is die onderhoud al verby?

    Hoe het dit gegaan?

  • 31. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 34

    Gewoonlik word daar darem eers gegroet en dan geknor. Lyk my ons moet sekere mense maniere leer.

  • 32. Pikkie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 48

    Adrie!! Maniere !!! Gmf!!!

  • 33. Pikkie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 48

    Onderhoud was baie positief! Moet vanmiddag gaan vir tweede onderhoud! :mrgreen:

  • 34. Pikkie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 50

    Dit beteken net dat ek weeeer vir vanmiddag moet ‘n babysitter soek!!! Aijaijai!

  • 35. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 53

    Pikkie

    Pos hulle vir my en ek sal kyk.

  • 36. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 53

    Vir watse pos doen jy aansoek?

  • 37. Nats  |  Desember 10, 2008 om 9 : 57

    Adrie
    Nou praat jy sirkels… onthou as die ligte in die aand aan is en die vliegtuig val en al die ligte gaan af – dan sal jy ‘n rukkie neem om aan die buite lig gewoont te raak. Mens kan in die aand sien – jou oë moet net aanpas. So as jy binne sekondes na die naaste deur toe moet hol sonder ligte en eers wag om gewoont te raak aan die donker kan dit dalk jou lewe kos!

    Dit maak vir my sin!

  • 38. Pikkie  |  Desember 10, 2008 om 9 : 57

    Whahahaha, ontvangsdame by tandarts…. Go figure, met my tande wat elkeen in ‘n ander windrigting staan!

  • 39. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 01

    Piks

    Eerder jy as ek.

    Nats

    Ek dink nog steeds jou bron gorrel.😉

  • 40. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 04

    Piks

    Dalk bied hy jou draadjies vir n salaris aan.

  • 41. aventer  |  Desember 10, 2008 om 10 : 06

    Ek wonder oor baie dinge in die lewe.

    Een van hulle is hoekom ek gistraand gaan kuier het…eish…ek’t darem iets geleer, moenie jou glas saam jou pelle los nie…hou hom eerder vas en maak dit self vol

    Hallo my liewe mensies…hoe gaan dit op so ‘n lieflike woensdag oggend??

  • 42. Pikkie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 06

    Gmf!!

  • 43. aventer  |  Desember 10, 2008 om 10 : 09

    Hallo pikkie…ek het my posduifie gegooi

  • 44. Verons  |  Desember 10, 2008 om 10 : 10

    Helloooooo!!
    A3 ek wonder ook oor nr 2….
    Sigarette, stringe kjinners en honde en dye (in daai volgorde) en jy is brandarm!
    Ek het nou die dag uitgevind hoekom meestal rooi, want die cheap dye kom in sulke snaakse buisies @ R9.50 en dit kom net in 2 kleure rooi of swart! Jy kry dit op die “black as me” rakke!
    Daai anties mettie sigaret innie bek en krullers innie hare treat haarself so een maal ‘n maand met bietjie dye solat sy darem nie so vaal moet lyk nie sodat ou Piet nie die heeltyd so skeeloog virrie bure se dogter wat 14jaar oud is hoef te kyk nie!!

  • 45. Nats  |  Desember 10, 2008 om 10 : 11

    Pikkie
    Beteken dit dan jy sal vir my draadjies kan kry vir cheap cheap??🙂
    Al moet ek soooooo ver ry is dit ok fine!!

  • 46. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 12

    Pikkie

    Eet julle al hondekos dat jy so knorrig is😯 ?

    Annermerrie

    Mens laat nooit jou drankie buite jou sig nie. 👿 Vriende wat met jou dop mors is nie vriende nie.

  • 47. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 14

    As jou eie comment gemoderate word . . .

  • 48. aventer  |  Desember 10, 2008 om 10 : 16

    😐

  • 49. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 21

    En daardie lang gesig, Aventer

    Tweeling

    Erken dit maar, jy soek nie draadjies nie, jy wil net vir Pikkie gaan kuier.

  • 50. Verons  |  Desember 10, 2008 om 10 : 22

    Opvolg van gister se berig!!

    Só lyk plaaskampe

    Erika Gibson
    Die sogenaamde opleiding van “regse kindersoldate” is gewone weerbaarheidsopleiding wat deur die polisie self goedgekeur is.

    “As daar iets mee fout is, is elke avontuurkamp en wa-penopleidingskursus wat enigiemand anders aanbied, ook verdag,” het ’n ontstoke “kommandant” Franz Jooste, uitvoerende hoof van die Kommandokorps, gister gesê.

    Een van dié organisasie se lede het in die Pretoriase landdroshof verskyn op ’n aanklag van menseroof nadat ’n 15-jarige seun glo verlede Donderdag van sy ouerhuis in Pretoria “ontvoer” en na ’n opleidingsplaas geneem is.

    Daar is beweer kinders word daar opgelei vir ’n oorlog teen swart mense. Hulle word glo gewys hoe om bomme te maak en vuurwapens te gebruik.

    Jooste sê dié bewerings is snert.

    Volgens hom was die afgelope naweek se kamp by Mookgopong (Naboomspruit) op ’n toetreevlak waar basiese dissipline soos drilwerk vir die seuns geleer word.

    Daar was geen sprake van enige vuurwapenopleiding nie en die enigste “plofstof” wat op dié kampe gebruik word, is klappers wat met vislyn gebruik word om booby traps te stel.

    Die Kommandokorps is as ’n Art. 21-maatskappy geregistreer en volgens Jooste is die idee dat dit in ’n mate die rol van die nou ontbinde weermagkommando’s sal oorneem. Die struktuur en opleiding van die korps is deur die polisie én die weermag goedgekeur.

    “Ons leer die kinders – almal hoërskoolkinders – hoe om in bepaalde situasies op te tree waar hulle of hul familie se veiligheid bedreig word.

    “Ons is nié so onverantwoordelik om met die intrapslag wapens in kinders se hande te stop nie. Eers ná die vierde naweekkamp word bepaalde verdedigende wapen- opleiding aan hulle verskaf.

    “Niemand word geleer om bepaalde groeperings aan te val nie en aan die begin van elke kamp maak ons dit baie duidelik dat ons geen praatjies van onwettige optrede sal duld nie,” het Jooste gesê.

    “Ons leer kinders én grootmense om hulself beter te kan beskerm en nié weerloos teen misdadigers te wees nie. Niemand word gedwing om enigiets te doen nie.”

    Volgens hom gee die kinders se ouers toestemming dat hulle die kampe mag bywoon. Die betrokke 15-jarige kind het die afgelope naweek onder valse voorwendsels by sy ouerhuis “weggeglip”, het Jooste gesê. Die seun het volgens hom ook oor sy ouderdom gejok.

    In die vervolg sal ouers in die teenwoordigheid van getuies toestemmingsbriewe vir kampe moet teken eerder as om dit te faks.

    Daar was 29 ander kinders ook by die naweek se kamp en tien instrukteurs het toesig gehou.

    Jooste het kategories ontken dat enige van hulle ontvoer is.

    Die seun se ouers het die organiseerders gebel en gevra dat hulle hom moet terugbring. ’n Dril-instrukteur, “sers.” Wentzel Laubscher, het die seun Sondagaand gaan aflaai, maar nié “weggejaag” soos vroeër beweer is nie, het Jooste gesê.

    Laubscher is sedertdien vir menseroof gearresteer nadat die kind se ouers ’n klag by die polisie gaan indien het.

    Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig Laubscher het weens beweerde menseroof in die hof verskyn.

    “Die saak is tot 17 Desember vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Die polisie is bewus van die kampe. Tot op hede was daar nog geen rede om onwettighede met die kampe te verbind nie.

    “Die polisie ondersoek nietemin alle bewerings.”

    Kommandokorps

    Hulle gebruik die rang- en embleemstelsel van die Boerekommando’s van weleer.

    Hoërskoolkinders en volwassenes kan vrywillig aan weerbaarheidsopleiding soortgelyk aan die destydse kadetopleiding deelneem.

    Kinders ondergaan sesmaandelikse naweekkampe voordat hulle ‘n beret mag dra.

    Defensiewe wapenopleiding begin eers ná vier kampe.

    Die Hartland-kommandement van die korps in Pretoria het glo reeds honderde lede, terwyl Engels- en Portugeessprekendes toenemend betrokke raak.

    Die meeste van die instrukteurs is oudsoldate en -polisielede

  • 51. Verons  |  Desember 10, 2008 om 10 : 25

    Nou gaan daai kind se kak veroorsaak dat die spul bobbejane in ons regering weer die kampe as een of ander rassistiese beweging gaan etiketeer!!!

    Fok man al wat daai ouens wil doen is om ons meer paraat te maak en hopelik misdaad so te kan help bekamp… fok fok fok!
    Ek wens ek kan daai fokken klein snotneus en sy ouers in die hande kry! Hulle almal kort ‘n paar fokken warm klappe……………..

  • 52. Ek wonder… « Dellie se Dinge  |  Desember 10, 2008 om 10 : 26

    […] 10, 2008 · Filed under Ek Wonder Adrie het my getag om drie, nee vier goed te lys waaroor ek wonder. Dis rerig nie so maklik soos wat dit […]

  • 53. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 26

    As ek blogpryse moet uitdeel, moet ek seker vir Verons roofleser van die jaar maak.

  • 54. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 29

    Verons

    Eerlik, ek dink nie die kind was ontvoer nie. Maar ek dink wel hulle lei mense op met ‘n swart oorlog ingedagte.

  • 55. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 38

    Ek wonder of ek kan inskryf, terwyl hulle weet dat ek dit agterna vir blogmateriaal gaan gebruik.

  • 56. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 10 : 53

    Ek wonder, hoekom alles wat lekker is… sleg is vir mens ? ?

    Ek wonder hoekom daar goed soos vliee gemaak is

    Ek wonder wat is “Consciousness”

    Ek wonder, space, waar is space? is dit binne in nog groter space???

    Wat is infinate?

    Hoekom bestaan ons nou eintlik?

    Dis net so paar dinge…… waaroor ek wonder

  • 57. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 10 : 56

    Zoekoe

    Geen wonder dat jy moet drink nie.

  • 58. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 02

    En as mens logies dink en ook so biekie filosofies ingemeng…

    ‘n Atoom bestaan uit ‘n nukleus, en dan elektrone en neutrone wat rondom die kern in bane beweeg…. ons sonnestelsel, het ook ‘n kern, die son, en planete wat rondom die son wentel in bane…. so wie sê, dat ons sonnestelsel nie net ‘n atoom is in ‘n groter ligaam nie, wat op sy beurt weer deel is van ‘n planeet wat deel maak van ‘n atoom in ‘n nog groter ligaam…. en dit kan in beide rigtings gaan – groter, asook kleiner….. ? ?

  • 59. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 03

    Hoekom is water nat ?

  • 60. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 04

    Hoekom is my kop nou seer ? ?

  • 61. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 05

    Zoekoe

    Net elektrone wentel. Neutrone is ook in die kern.

    Want dit is nie droog nie.

  • 62. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 05

    Wonder ek hoekom praat niemand nie? ? ?

  • 63. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 06

    Want jy het vir ‘n verandering gedink.

    Ek is verbaas jou kop het nie gebars nie.

  • 64. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 07

    Ja ja OK professor Fisika !!!! u get my point !

  • 65. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 08

    Ek dink aanmakaar, dis net as ek drink, dat die stemme in my kop biekie stiller raak . . .

  • 66. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 09

    Lyk my ek moet my naam verander na niemand toe.

  • 67. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 10

    Niemand sal weet nie. . . . 😆

  • 68. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 10

    Zoekoe

    Antwoord jy al die stemme?

    Want dan is daar geen hoop nie.

  • 69. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 11

    Ook weer waar.

  • 70. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 14

    Ek voer soms diep gesprekke met my stemme, maar soms raas hulle net en dan moet ek drink…. wat nogal gereeld is….

  • 71. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 16

    “Its a very interesting Psychological Phenomenon”

    Daars ‘n Prys as jy weet waar daai quote vandaan kom !

  • 72. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 18

    Gereeld of Daagliks?

  • 73. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 18

    Prys?

    Jy weet ek doen nie bier nie.

  • 74. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 22

    Gereeld kan ook daagliks beteken !!

    Die prys is nie bier nie… dis iets wat lekker is !

  • 75. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 23

    Tip nommer 1

    Dit kom uit ‘n fliek

  • 76. Olga  |  Desember 10, 2008 om 11 : 28

    ek het ook darie boek vir my kiddos gekoop zoekoe. ai, is die veelbesproke kampe nie maar soortgelyk aan die voortrekkerkadette wat ons kinderjare gedoen het nie. as die kamp organiseerders n getekende toestemmingsbrief per fax gekry het,maak dit mos die seun en sy ouers se aanklag van ontvoering en menseroof mos belaglik. dan kan hulle aangekla word van ñmer andere valse verklarings afle. en in die seun se geval bedrog ook.

  • 77. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 28

    Ek wonder nou of Zoekoe se idee van lekker ook vir my sal lekker wees.

  • 78. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 38

    Vries ons weer?

  • 79. Nats  |  Desember 10, 2008 om 11 : 48

    Ek is besig… sal net nou weer saam julle kom wonder!

    My wonder om julle mee te los…

    Ek wonder hoekom die mens gemaak was… die aarde is baie beter af sonder ons. Diere, plante en water sal beter af gewees het sonder ons en kon voortbestaan! Wie weet of daar oor 5 of 10 jaar nog olifante gaan wees… of die aardbol nog hier gaan wees agv global warming (wat deur die mens veroorsaak is)

    Ek weet dis bietjie diep vir ‘n Woensdag… maar dis iets waaroor ek wonder – die mens mors net met alles wat mooi is – ja ek weet ek is een van hulle!🙂

  • 80. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 11 : 56

    Ek dink die mens dink hopeloos te veel van homself…. global warming is nie ons skuld nie…. die aarde gaan deur sulke fases, al vir biljoene jare, ek meen daar is ystydperke, en dan is daar weer warm droe tydperke…lank voor ons nog in die prentjie was, die Dinosaours het almal uitgesterf, en so what? die natuur gaan weer aan…. dis net ons self wat ons sal vernietig – die natuur sal weer voor begin !

  • 81. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 11 : 57

    Goeie Vraag

    Dalk is alles anders rondom die mens gemaak, om seker te maak die mens raak nie verveeld nie. Jy ken van die duiwel se oorkussing.

  • 82. Sonkind  |  Desember 10, 2008 om 12 : 06

    Oor nommer 1 – ek het eendag ‘n lugwaardin gevra – oop venster blinders beteken dat die vliegtuig nie gekaap is nie. Kapers het blykbaar die gewoonte om die blindings toe te trek. Dalk is hulle bang ‘n skerpskutter skiet hulle deur die venstertjies😆

  • 83. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 08

    Son

    Sweer? Dit maak actually meer sin as my tweeling se storie.

  • 84. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 19

    en ñu weet die kapers van die blimding dimg. eisj. hoe ken n mens n kind uit? moet altyd spog ør die drank, sex en sigarette. dit bewys aan volwassenes hulle is kinders. onverantwoordelike twitte. maar superkoel in hulle oe. DIS NOU ZOEKOE BUITE REKENING GELAAT. ONS WEET MOS HY SUIP OM DIE STEMME STIL TE MAAK. die stemme wil hom gedaan maak.

  • 85. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 20

    geeftag! is ek op die regte blog? zoekoe vol diep denke? juf annie, waar het ek verdwaal jong?

  • 86. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 21

    Olga

    Ek dink SAB het bankrot gespeel. Die stemme praat al deur Zoekoe. Hel, geen meer bier op aarde nie.

  • 87. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 22

    En van watter bus val jy nou af met die kinders?

  • 88. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 12 : 24

    Ek is mos ‘n diep mens Olga, moet nooit die fout maak om te dink ek is soos die mens wat hier kakpraat nie… ek is in werklikheid baie erger 😆

  • 89. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 25

    buitendien, zoekoe het net nagelaat om te se, die bi. bang, en dinosouresse wat uitgevrek het, was al voordat mens die aarde bewandel het nats. dus is dit veilig om aan te neem mens, vaar nie so sleg nie.

  • 90. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 26

    erger? goeiste tyd, juf annie, ek hoop daar is brand trap van die dak af.

  • 91. Zoekoe  |  Desember 10, 2008 om 12 : 27

    Die big boss het gesê ons kan nou huistoe gaan !!! yipeeee ek is weg !!!!
    BAAI julle

    (is wel more terug 😦 )

  • 92. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 27

    Olga

    Net ek en Nats kom op die dak. Die res moet wag vir ‘n uitnodiging. Netnou breek Zoekoe die dak.

  • 93. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 28

    gaan lees terug oor die my drankie maak my so groot kjenners juf annie

  • 94. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 29

    Bossie het mos eenkeer uit suiwer viesheid die deur uit die kosyn geloop. Die mense kon die nuwe deur eers na die naweek op sit. Toe mos sy maar die heeltyd waghou.

  • 95. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 31

    Olga

    Was jy in die voortrekkers?

  • 96. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 32

    ja, kyk. dis n goeie ding. as hy nie afbreek nie, val hy dalk deur die dak.

  • 97. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 33

    nee, juf annie. ek het nie die khakie uniform ding na skool gesoek nie.

  • 98. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 36

    Het net die uniform jou afgeskrik?

    Deesdae dra hulle denim.

  • 99. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 36

    He He He

    Olga, as die ou vroue van die blog ons afpis, los ons hulle op die dak – sonder ‘n coolbox. Vra maar vir Verons.

  • 100. Olga  |  Desember 10, 2008 om 12 : 37

    die uniform was maar n deel daarvan. wie sou my boeke gelees het as ek voor gaan trek het?

  • 101. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 39

    Olga

    Multitask – Trek voor terwyl jy lees.

    Wag, ek wil gou iets by die Welsyntannie gaan leen.

  • 102. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 12 : 42

    Anyway, ek het hierdie gister op ‘n ander blog (waarheen ek nie wil link nie) in ‘n comment raakgesien, en ek het gedink dis vreeslik snaaks. Ek het toe vir Chopper gevra of ek dit maar kan leen om vir julle te wys. Ek was nooit self in die Voortrekkers nie, maar het pels gehad daar. Niks teen die Voortrekkers nie, asseblief, dis net eenvoudig ‘n snaakse skets. Lees dit met ‘n oop gemoed. Hoop julle geniet dit ook.

    Kry koers Voortrekker dogters…

    Alhoewel Afrikaners kwansuis plesierig is, is dit nie altyd lekker om Afrikaans te wees nie. Veral nie destyds in die ou Suid-Afrika nie. Ja sure, ons was heavy bevoordeel en kon lekker almal *spyker (streng figuurlik natuurlik) en goorwees en jobs kry en so aan.

    Maar wat van die kinders? Hoekom moes hulle so suffer? En nee, ek praat nie van Mamma se perm en Pappa se safaripak nie. Ek praat van iets veel, veel ergers. Veel…veel…veel…ergers. Veel.

    Ek praat van die Voortrekkers.

    Check, kinders is moerse susceptible vir kak idees. Jy hype net iets goed genoeg en gooi ‘n costume in, dan soek hulle dit. So eendag is jy by die skool (laerskool hopelik) en jy chat met een van jou maatjies en hy mention dat jy hom moet join by die Voortrekkers.

    Op hierdie stadium weet jy al van die Voortrekkers in general, want dis about al wat jy in die eighties op skool geleer is. Voortrekkers 1, Dingaan 0. Voortrekkers 0, Britte 1. Geloftedag, Sanna, kakebeenwa. Repeat ad nauseum.

    Maar die maatjie vertel jou van iets heel anders een pouse terwyl julle argumenteer oor watse meneer die seerste met ‘n liniaal kan slaan. Tussenin eye jy sy Liqui-Fruit want jy’t net een van daai lame plastiek botteltjies wat so in die kosblik pas vol flou Clifton aanmaak-koeldrank. Nie eers ‘n Melrose kasie nie.

    So vind jy uit ‘n hele lot kinders gaan na-skool (ook genoem buitemuurs of ekstra-kurrikuler) na die paradegrond toe vir Voortrekkers. Mens kry so ‘n costume, en jy’s in ‘n span met ander kids en marsjeer en gaan op kampe en fokken als. Ja sure, mens moet ook ‘n lot kak leer en jou hemp insteek en in ‘n span wees met ‘n dierenaam – maar jy kry ‘n COSTUME!

    Met drif join jy die linies van jong Suid-Afrika. Hierdie klink vir jou na die shit. Hulle lyf jou in en jy eindig op in ‘n span soos die Koedoes in my geval. Jou costume is cool want jy skiem op die stadium nog army is great. Lekker fokken bruin klere en ‘n oranje das met epilette en ‘n beret en sulke badges op die arms. Op jou beret pryk so ‘n fakkel met ‘n ossewawiel en die allemintige leuse: “Hou koers.” *Cool, skiem jy.

    Dan begin als snuff draai. Hulle deel sulke vieslike oranje boeke uit. Binne-in is sulke lame prentjies van hoe om sewe soorte knope met sewe soorte tou (of tou subsitutes) uit te voer. Hoe om in die veld te poep. Hoe om jou maatjie se been te spalk met ‘n eierklitser en hoe om ‘n vlag te stryk sonder dat dit die grond raak. Advanced ouens kon die vlag op sewe maniere opvou. Als was sewe. Die idee om op te sign begin nou al kakker lyk.

    Die volgende wake-up call is as jy links en regs ge-Penkop word. Gewat? Ge-Penkop, china. Seuns is mos Penkoppe en meisies is mos Drawwertjies. Mos. Die kleintjies nou. As jy hoërskool strike dan verander jou colour scheme van kots-oranje na kots-groen en jy word ‘n Verkenner. Dis nou as jy op hoërskool nog lame genoeg is om in die Voortrekkers te wees.

    Elke week het jy klas by so ‘n oom se huis, gewoonlik een van die laaities in jou span se pa. Maar dan is dit ewe skielik nie meer ‘n oom nie, dis nou Kommandant Smit. Hahaha. Sure, ek is ook ‘n kommandant. Whatever.

    Die purpose van die hele effort is om badges te kry. Dit gaan als oor die costume, jy check? Daar’s badges vir first aid, en voëls kyk en spoorsny en al sulke natuurprogram tipe crap. Ter wille van oorlewing. Lekker blind.

    Maar, ek’s nou onregverdig. Jy doen ook lekker goed. Soos om aan kaskarwedrenne deel te neem en as jy wen ‘n glasie louwarm Coke te kry. Darem kon ek bestuur na ek gemaak het of ek asma het. Maar maybe was dit net Vereeniging wat so lame was.

    Dan begin jy op kampe gaan. Jou blikbord en blikbeker gaan in so ‘n fokken nerd-sakkie wat Mamma gemaak het van oorskietlap. Met jou span se badge op – natuurlik! Om die kampvuur ruk almal sulke pseudo-gesang boekies uit en Oom Danie… jammer, ek bedoel Kommandant Smit sit in:

    As ek saans met my maats om die kampvuur sit, kampvuur sit, klop my hart van puur genot…

    Uit die hoek van jou oog check jy die ander laaities uit. Is hierdie ouens for real? Op draks? ADD? Puur genot? *WTF?

    En dis net die begin china. Hierna volg tone omkrul treffers soos die kwasi-atletiekliedjie “Rol die wiele” en crap sentimentele goed oor mense wat in die aand in die berge ry en about ‘n fokken heart attack kry oor hoe mooi die natuur is. Ook die immer-gewilde Afrikaner nasionalisme propaganda en daai liedjie oor die worsie bo-op ‘n snytjie botter en brood.

    En dan’s jy vas. Jy is tien jaar oud, sit myle van jou ouers af en dit alles oor ‘n blerrie costume. Jy is nog te jong en stupid om die Drawwertjies se potensiaal te sien, en al wat jy kan doen is om al die aktiwiteite te doen wat hulle jou tune.

    Soos parade. Dis mos moer belangrik dat kinders kan marsjeer sodra hulle arms kan swaai. Reeegs-rig! “Daai Penkop, maak jou beret reg. Steek in jou hemp. In die Voortrekkers lyk ons netjies.” Blerrie weirdo’s.

    Ag en dan is jy nou op jou klein kursussie wat gaan oor iets profound soos potbrood bak uit modder en snot en jy karring aan om jou stupitte badge te kry. Badge of honour. Ha! Die ander badge wat jy kan losslaan is so ‘n goue jukskei affêre op jou bors vir elke jaar wat jy voor trek. Moerse reward. Big. Huge.

    Na die kamp skiem jy om te quit, maar dis nie so maklik nie. O nee. Ma het klaar betaal vir die kwartaal en dit gaan maar broekskeur tuis, so jy bly ‘n Koedoe of Renoster of whatever the hell Kommandant Pieter-se-pa besluit het. Sug.

    Dan’s dit nog ‘n paar klasse in tent opslaan na skool, ‘n paar boring parades op stowwerige terreine, en kampe waar jy teen ander lame spanne in jou ouderdomsgroep meeding. Gewoonlik vir iets fantasties soos poeding na ete of ek dink ons het eenkeer ‘n sakboekie elkeen gewen.

    As mens dan later in jou lewe universiteit toe gaan, check jy daar’s beurse vir kinders wat verkenners was. Of selfs Presidentsverkenners. Nooit ouens. Kom nou. Maar ek guess hulle moet op een of ander manier beloon word vir ‘n complete en utter mors van tyd.

    Kommandant, sit vir ons in…

    Rol die wiele, wiele, wiele

    Rol die wiele van die wa

    Rol die wiele, wiele, wiele,

    Rol die wiele van die wa

    Kry koers Voortrekker dogters

    Kry koers Voortrekker seuns, seuns, seuns!

  • 103. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 1 : 02

    Van Wipneus:

    Ons vakansie is kort geknip.

    Kortliks kan ek net sê dat my beste vriendin Ella vir haar lewe veg in die hospitaal.

    My plek is langs my vriendin….

    UPDATE: 9/12/2008 – 3:39 ELLA IS NOU OORGEPLAAS NA DIE HOëSORG EENHEID EN HAAR MAN GAAN NOU ‘N ANDER DOKTER SE HULP INROEP!!

  • 104. Nats  |  Desember 10, 2008 om 1 : 23

    Adrie😯

    Wat vertel jy ons nou????
    Shame dis baie hartseer!!!

    Wipneus
    Ons dink aan julle en veral jou vriendin in die moeilike tyd!!!
    xxx

  • 105. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 1 : 33

    Nats

    Ek moes julle seker gister al ingelig het. Dit gaan glad nie goed nie.

  • 106. Olga  |  Desember 10, 2008 om 1 : 37

    wipneus, ek dink aan julle in die tyd en bid inniglik vir jou vriendin. sterkte ouma wip.

  • 107. Olga  |  Desember 10, 2008 om 1 : 39

    goeie tyd! praat n grootmens regtig sulke walglike afr soos die eks voortrekker? dan is ek tog so bly en wou nooit my boeke los om n voortrekker te word nie. ek gaan lank naar wees. jig.

  • 108. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 1 : 43

    Olga

    Onthou dat dit nog skoon ge-edit is. Dink net hoe het die oorspronklike geklink.

  • 109. Olga  |  Desember 10, 2008 om 3 : 45

    as afrikaners nie afr wil praat nie, dan moet hulle eerder engels praat of zoeloe. eirj. dis n vryf demokratiere land. hulle kan praat soos hulle wil. viva.

  • 110. Nats  |  Desember 10, 2008 om 3 : 59

    Hak ons vas… of is julle net baaaaaiiieeee stil??

  • 111. Adrie  |  Desember 10, 2008 om 4 : 17

    En niks

  • 112. Nats  |  Desember 10, 2008 om 4 : 51

    Absoluut niks!

  • 113. Olga  |  Desember 10, 2008 om 5 : 37

    steeds niks? ai, jai, jai!

  • 114. Die drie nee vier goed en toekennings. « Pikkelik se Blik  |  Desember 10, 2008 om 9 : 56

    […] nee vier goed en toekennings. Posted on 2008/12/10 by Pikkelik Ek is getag deur ‘n Doringmerrie om drie nee vier goed te noem waaroor ek wonder.  Nie maklik nie, want eintlik wonder ek nie oor […]

  • 115. Sonkind  |  Desember 11, 2008 om 8 : 15

    Adrie, wees net geduldig, my huiswerk is volgende op my prioriteitslysie. My internet is tans net vrek stadig, so ek moet mooi beplan wanneer ek waar wat doen🙂

    Ek het nogal ‘n goeie paar dinge waaroor ek wonder.

  • 116. Van wonder gaan die son onder  |  Desember 11, 2008 om 3 : 00

    […] Doringrosie deel huiswerk uit so kort voor die vakansie –  sy is erger as ‘n skooljuffrou! […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: