Hoekom juis dan 25 Desember?

Desember 7, 2008 at 4 : 20 186 Kommentaar

Kersfees is vandag ‘n dag wat ons gebruik om Christus se geboorte te vier.  Niemand is seker presies wanneer Christus gebore is nie.  Party glo April, ander Januarie – hoekom vier ons dan op 25 Desember sy verjaarsdag?

Lank voordat Christus gebore, was daar in Europa rondom wat ons vandag as Kersfees ken feesgevier.  Dit was die donkerste dae van die jaar, dus was die mense maar binne vasgevang.  Daarom was die fees van lig en geboorte gevier.  Dit is ook die omdraai van die winterseisoen, dae sou stadig aan warmer en langer word.

In Noorweë is Yule gevier van die 21 Desember.  Om die son terug te verwelkom, het die mans van ‘n huis stompe in gebring.  Die stompe was aan die brand gesteek en daar was gepartytjie tot die stomp uitgebrand was.  Dit kon tot 12 dae lank neem.  Die Noorse mense het geglo dat elke vonkie van die vuur die geboorte van ‘n nuwe dier in die lengte voorstel.

In antieke Europa was daar ook nie juis ‘n beter tyd vir ‘n partytjie nie as juis einde Desember nie.  Die meerderheid boere het dan klaar geslag sodat daar minder vee was wat gevoer moes word in die winter.  Dit was vir baie die enigste tyd van die jaar wat hulle vars vleis gehad het.  Nog belangriker seker is dat die wyn en bier teen die tyd klaar gefermenteer was.  Reg om te drink.

In Rome was daar ‘n fees gehou om Saturnalia, god van landbou te vier.  Hiëragie was op sy kop gekeer, slawe was base en die gepeupel het die stad oorgeneem.  In die tyd was Juvenalia ook gevier, te ere van Rome se kinders.  Op 25 Desember het die ryker burgers ook Mithra gevier.  Mithra was ‘n kindergod, uit ‘n rots gebore en die god van die onoorwinlike son. 

In die vroeë jare van die Kerk, was Paasfees die belangrikste fees wat gevier was.  Dit was eers in die 4de eeu wat daar besluit is dat Christus se geboortedag ook te vier.  Herders sou nie diere in die veld gehad het in die winter nie, dus is dit meer waarskynlik dat Christus in die lente gebore was.  Pous Julius I het op 25 Desember besluit, waarskynlik om die Saturnalia fees te kaap.  Dit het verseker dat die mense wel Kersfees sou vier, al sou die kerk moeilik kon voorskryf hoe Kersfees gevier moet word.  Teen die Middeleeue was die meerderheid van Europa Christenne.

Dit is ook nie toevallig dat Kersfees ‘n tyd van liefdadigheid geword het nie.  Die armsaliges het bloot na die ryk mense gegaan en daarop aangedring om saam met hulle te eet en te drink.  As die rykes nie saamgespeel het nie, sou die armes hulle geteister het.  Die hoër klasse sou dus oor Kersfees hulle “skuld” aan die armes betaal.

Kersfees was vir ‘n paar eeue ‘n dag waarop mense sou kerk toe gaan en dan dronk word.  ‘n Paar stywe lippe het in 17de eeu Kersfees probeer uitroei.  In Engeland het Oliver Cromwell in 1645 oorgeneem en dadelik begin om Kersfees met wortel en tak uitteroei.  Die mense het geëis dat Charles II weer die troon moet warm hou en hy het Kersfees terug gebring.  Die Amerikaners was nog erger.  ‘n Mens kon met 5 shillings beboet word as jy Kersfees tussen 1659 en 1681 gevier het.  Na die Amerikaanse Revolusie het alles Engels uiters ongewild geraak en so ook Kersfees.  Kersfees is eers na 26 Junie 1870 ‘n federale vakansiedag geword. 

Daar is oproepe dat Europa eerder Kersfees opgee en ‘n Wintersfees in die plek daarvan vier.  Ek hoop die storie is ook dood gebore.  Koningin Elizabeth het gesê dat daar nie ‘n manier is wat Engeland gaan ophou Kersfees vier nie.  Die nie-christenne kan gerus ook Christenne se geloof respekteer, soos Christenne hulle geloof moet respek teer.  Lang lewe die koningin en almal wat haar gevoel deel.

Blogvraag:  Wie het die eerste Kerskaarte laat maak?

Blogantwoord:  Olga was reg met Sir Alec Issigonis.

Baie geluk aan Salome wat vandag (7 Desember) verjaar.  Ek hoop daar lê ‘n voorspoedige jaar voor, Saloom.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

In the summertime Verkrag, wat nou?

186 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 2 : 26

    ‘n Kapokkie-doppie?

  • 2. Zoekoe  |  Desember 8, 2008 om 2 : 33

    Nee dis vroeg – wel hang seker af hoelaat jy opgehou drink het die vorige aand/oggend !

  • 3. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 2 : 34

    Ek wonder nou wat sal ‘n kapokkie-doppie wees?

    ‘n Shooter of ‘n cocktail?

    Almal weet mos hoe dapper ‘n kapokkie kan wees.

  • 4. Zoekoe  |  Desember 8, 2008 om 2 : 39

    Shooter = Skietsluk, of Gooidooi

  • 5. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 2 : 44

    Aitsa

    Ek sien iemand het sy kreatiewe hoed op gesit.

  • 6. Zoekoe  |  Desember 8, 2008 om 2 : 57

    ek is mos altyd kreatief . . .

  • 7. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 2 : 57

    Snork

    That is a first. As ‘n mens kan jok, kan jy steel ook.

  • 8. Nats  |  Desember 8, 2008 om 3 : 04

    Eks terug!!

    ‘n Shooter (uitgespreek as shoot-her) is ‘n skietha! (skiet-haar)
    En ‘n cocktail is ‘n… geen idee! Maar ek hou eerder van die haanveer as die haanstert!

  • 9. Zoekoe  |  Desember 8, 2008 om 3 : 04

    hier gaan nie juis veel aan nie, so iemand moet iets probeer om die tyd om te kry . . .

  • 10. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 3 : 05

    Ek hou van kapokkie-doppie, al het ek geen idee wat dit is nie.

    Waar is Verons?

    Haar neus nou finaal opgetrek?

  • 11. Zoekoe  |  Desember 8, 2008 om 3 : 06

    SkokDop kan ook werk !!! veral as dit tequila is😀

  • 12. Zoekoe  |  Desember 8, 2008 om 3 : 09

    ek is verveeld !

  • 13. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 3 : 09

    He He He

    Veral as dit ‘n bottel tequila is.

  • 14. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 3 : 10

    Dit gaan ‘n ekstra lang Desember wees. Ek moes sommer Vrydag op verlof gegaan het.

  • 15. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 3 : 51

    Hak ons weer vas hier vandag?

  • 16. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 3 : 53

    Nope

    Almal rus net.

  • 17. Olga  |  Desember 8, 2008 om 3 : 59

    in hitte soos die moet mens rus juf annie. ons het darem weer water. en dit is na vloer skrop darem nie meer heeltemal rooi nie.

  • 18. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 01

    Snork skoon soos hulle rus.

  • 19. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 02

    OLGA!!!!

    Ek wou nog genoeg het dat party mense geen stamina het nie. Net een kapokkie-doppie – wat niemand weet wat dit is nie – en die spul le uitgepass.

  • 20. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 03

    Ek dink van nou af drink ons net kapokkie-doppies op die blog.

  • 21. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 03

    OBS is juis so flou.

  • 22. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 08

    Kyk net

    Ons PRAAT net van ‘n kapokkie-doppie en almal pass uit.

  • 23. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 09

    Duidelik kan net ek my dop op die blog vat.

  • 24. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 20

    TWWWWEEEEEEELLLLLIIIIIIIIINNNNNGGGGG

    Jy gooi familienaam weg. Word wakker.

  • 25. Nats  |  Desember 8, 2008 om 4 : 36

    *GAAAAAAAAP*

    Ek weet nie hoekom jy eers Vrydag met verlof wil gaan nie… ek wou al laaaaaank al met verlof gewees het!!!

  • 26. Nats  |  Desember 8, 2008 om 4 : 39

    *Links klap*
    Nope my Tweeling is nog nie wakker nie…

    *regs klap*
    Tweeling?? Jy ok??

    *Skud Adrie rond*

    Helloooooo

  • 27. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 43

    Jy jok.

  • 28. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 45

    Ek het net my rug vir ‘n oomblik gedraai.

    Die Kapokkie-doppie het jou so hard geklap, jy sien die heks aan as ek.

    (Ons weet darem nou dat ‘n Kapokkie-Doppie rooi is.)

  • 29. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 46

    KOM TERUG!!!!

    DADELIK!!!!!!!!

  • 30. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 47

    AG Neee!!!!!!!!

  • 31. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 49

    Sies

    Dit is groot sonde om jou tweeling alleen op die blog te los.

  • 32. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 50

    GRRRRR

  • 33. Nats  |  Desember 8, 2008 om 4 : 54

    Solly ek hier *hik*

    Nou moet ek huis toe ry! In hielie toestan *hik* d

  • 34. Adrie  |  Desember 8, 2008 om 4 : 56

    O genade

    Kry eerder een van daardie skooter gedoentes. Jy weet daardie mannetjies wat met ‘n halwe skooter aangejaag kom, dit in jou kar bere en jou huistoe neem.

  • 35. attie  |  Desember 9, 2008 om 2 : 30

    Sorry ek kom so laat. Is waar Kersfees was eers alles behalwe ‘n fees vir geboorte van Christus, maar deur die loop van jare het Christene tog daarin geslaag om die sentrale fees rondom die geboorte van Christus te vier. Aangesien ons nie die geboorte vier nie, kan ons hierdie dag op enige dag vier – waarom dan nie dei dag wat met die verloop van jare die Christus-fees geword het nie.

  • 36. Adrie  |  Desember 9, 2008 om 2 : 43

    Attie

    Ek het amper gedink jy kom vertel my ek praat strooi. Sjoe!!! 😆

    Dit was seker die enigste goeie kaping in die geskiedenis. Slim gedink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: