In the summertime

Desember 5, 2008 at 7 : 31 52 Kommentaar

Somer is sinoniem met die see, skemerkelkies en krieket.  Met Kersfees en vakansietyd.  Skemerkelkies, koue biere en waatlemoene.   Geen wonder die selfoonmaatskappye hemel dit die heeldag op nie.  Somertyd bring ook keuses mee, veral as jy ‘n Transvaler is.  ‘n Vuil kar of elke dag kar was.

Ek is een van die mense wat ‘n bruin kar ry, nie dat ek ‘n bruin kar gekoop het nie.  Daar is net geen beter reëndans as wanneer ek my kar was nie.  Dus is sy altyd vuil.  So gou as wat sy gewas is, sak daar ‘n bui reen uit wat haar weer bruin los.  Ek neem aan sy hou daarvan om undercover te wees.

Daar is deesdae amper net soveel maniere om jou kar te was as wat daar soorte karre op die pad is.  Ek was nog self my kar – ek bestuur dit persoonlik self deur die carwash.  ‘n Ander manier is om te gaan parkeer waar daar karnarre is wat kar was.  Ek sal nou nie daar parkeer as my kar nie vuil is nie, hulle krap karre mos as hulle nie was nie.  Neem jou kar vir ‘n diens, al maak hulle of hulle die kar diens, kry jy jou kar silwerskoon terug.  Jy kan iemand boelie om jou kar te was of jou kar uitleen op voorwaarde dat dit gewas word.  Dan is daar die onfeilbare metode om self die emmer nader te sleep.

Ry jy ook met ‘n bruin kar?  Hou jy dalk van kar was?  Hoe handel jy die sakie af?

Blogvraag:  Wie was die vader van die Mini (1959)?

Blogantwoord:  Ridder was reg:  Hulle het ‘n geel vlag gehys om aan te dui dat daar cholera aanboord is.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Mense moet nie in die water tjorts nie Hoekom juis dan 25 Desember?

52 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Desember 5, 2008 om 7 : 53

    eeeeerrrrrsssstttteeee!!!!

  • 2. Olga  |  Desember 5, 2008 om 7 : 58

    ek ry sowat 1.5km grondpad. na elke tog dorp toe, moet ek dus kar was. my kar trek ook baie graag kamies aan en dit pla my nogal. mnr en of mev bobbejaan mag dalk dink dis weermag voertuig en my met hulle bolle bestook. dus bad ek my fordjie amper voor elke rit.

  • 3. Adrie  |  Desember 5, 2008 om 7 : 59

    Hallo Olga

  • 4. Adrie  |  Desember 5, 2008 om 8 : 00

    Bad jy die Ford self of kry jy iemand om dit vir jou te was?

  • 5. Adrie  |  Desember 5, 2008 om 8 : 03

    Ek moet more oggend vroeg uitvlieg om Lucy te gaan bad. Ek het nie tyd of lus vir toustaan nie.

  • 6. Beeld  |  Desember 5, 2008 om 8 : 07

    Buks Viljoen

    ’n Vyftienjarige meisie van Pietermaritzburg is eergister deur ’n rower gewond by ’n uitkykpunt van die bekende natuurwonder God’s Window buite Graskop in Mpumalanga.

    Die meisie (wie se naam op versoek van haar ma weerhou word) het saam met haar ma, mev. Mandy Cocco (nooiensvan), (43), by die uitkykpunt stilgehou om foto’s te neem.

    Hulle was op pad na Hoedspruit waar hulle Cocco se seun sou gaan haal.

    “Ek het gesien drie mans kom aangeloop na waar ons besig was om foto’s te neem. Ek het my nie juis daaraan gesteur nie, want daar was ander toeriste in die omgewing,” het sy gister gesê.

    “Toe een van hulle by my verbyloop, het hy my handsak gegryp. Ek het gegil en hom met die kamera begin slaan,” het Cocco, wat heeltyds in Doebai woon, gesê.

    Sy is in Suid-Afrika om haar twee kinders wat hier skoolgaan, vir ’n vakansie in Doebai te kom haal.

    “Een van die rowers het ’n vuurwapen uit ’n plastieksak gehaal. Die volgende oomblik het ’n skoot geklap en my dogter het begin gil.”

    Haar dogter is in die regterskouer getref.

    Die rowers het in die Mercedes-Benz wat sy gehuur het, gespring en weggejaag.

    “Ek het toe eers gesien hoe vol bloed my kind is.”

    Hulle het ’n verbygaande voertuig voorgekeer en die polisie is ontbied.

    Die gewonde meisie is ná behandeling in Graskop na die Nelspruit Medi-Clinic geneem. Die koeëlpunt is in ’n noodoperasie verwyder.

    Cocco het gesê haar dogter is baie getraumatiseerd. Sy is reeds uit die waakeenheid na ’n algemene saal oorgeplaas.

    Kapt. Malcolm Mokomene, polisiewoordvoerder, het gister die aanval bevestig.

    Hy het gesê die gesteelde voertuig is enkele ure later verlate in Phalaborwa gekry.

    Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

  • 7. aventer  |  Desember 5, 2008 om 8 : 52

    As ek ‘n kar het sal ek hou se

  • 8. Adrie  |  Desember 5, 2008 om 9 : 00

    Aventer

    Dit gaan ook oor geld of nie.

  • 9. Olga  |  Desember 5, 2008 om 11 : 57

    juf annie, ek was my kar self. in di paar maande dat ek haar het, het my nolie haar 1keer gewas en n karnar het haar 1 keer gewas.

  • 10. Olga  |  Desember 6, 2008 om 12 : 02

    het van die voorval gehoor. maar die bos telegraaf het gese ma en 3 dogters, met baie gory detaik. maar laevelder se min of meer wat beeld se. ma en 2 dogters te bosbokrand beroof en verkrag deur bende van 8 wat hulle in hulle huis oorual het. maar dis omdat die dappere ridders in blou te besig is om hulle wit vroulike kollegas te intimideer en te viktimiseer om hulle werk te doen.

  • 11. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 7 : 18

    More

  • 12. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 7 : 21

    Olga

    Dit lyk amper of dit by een van die stilhouplekkies gebeur het. So al asof Graskop sulke publisiteit kan bekostig.

  • 13. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 9 : 17

    En daar is pateetlaan in die sop oor die selfmoord. Dit is glo te realisties en te skokkend.

  • 14. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 9 : 19

    Lees ek in die koerant terwyl ek my kar was.

  • 15. Olga  |  Desember 6, 2008 om 9 : 50

    pateet ln behoort in die sop te wees net omdat dit opkom. goeie donner lyk of hulle nou weer van altus n gerifiel wil maak met paula wat dubbel sy ouderdom is en lyk. ouderdom sit nhe net in spek lae nie. nou wil pateetlaan alweer die kinders wys lus tussen n outannie en n vaalseun is reg.

  • 16. Wille Kjind Q  |  Desember 6, 2008 om 9 : 53

    Mirrag. Ek was 1, miskien 2 keer ‘n jaar my eie kar. My washbay was hom 2 keer ‘n week

  • 17. Olga  |  Desember 6, 2008 om 5 : 15

    jy al ini willetuin, wk? dis in elk geval regte willetuin weer. niks son om jou te brand nie. niks mis om die diere weg te steek nie. tilla het seker al swem of 10 weg. en ek my badboy gesien.

  • 18. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 6 : 42

    Olga

    WK beplan om 2 dae lank te ry mistuin toe

  • 19. Olga  |  Desember 6, 2008 om 7 : 28

    goeie geeftig. hoe bly maak n ford my hart, juf annie. het nie soveel tyd nodig nie. nie eers kaap toe nie.

  • 20. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 7 : 29

    Nog 2 slapies. . .

    Nog 2 slapies se agterent

  • 21. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 7 : 31

    Ek het n mamma mia dvd! Ek het n mamma mia dvd! Ek het n mamma mia dvd!

  • 22. Adrie  |  Desember 6, 2008 om 7 : 32

    My maantuig het net 4 ure nodig om mistuin toe te ry.

  • 23. Olga  |  Desember 6, 2008 om 9 : 43

    thank goodmess 4 ford. 40 minute, dan klok ons in. wk ry seker kuier kuier mistuin toe.

  • 24. Olga  |  Desember 6, 2008 om 9 : 44

    good luck met jou mamma mia dvd. jy het lank gewag daarvoor.

  • 25. Olga  |  Desember 6, 2008 om 9 : 47

    ek wonder of wk krokke gaan sien. ons het geen krok gesien nie. het in die koerant gesien daar was weer krokke vrygelaat. hulke was 4eker maar in kwarantein toe ons daar was. maar wk is mos wk. self die LEEUE groet haar met die hand.

  • 26. Olga  |  Desember 7, 2008 om 7 : 02

    more, more. ons is nou al sederd donderdag in n water krisis gedompel.. ons het nie water nie. dan kom die water vir n uur of wat aan maar dis so vuil, gn mens kan dit gebrtik nie. die verantwoordelike mens skitter in sy afwesigheid. sit sy gat deur en hy is nie eers swart nie.

  • 27. Adrie  |  Desember 7, 2008 om 7 : 20

    More

    ZZZZZZZZZZ

  • 28. Adrie  |  Desember 7, 2008 om 7 : 21

    Olga

    Julle het net op die verkeerde plekke gekyk of nie mooi genoeg gekyk nie. Ek het heelwat kroks gesien toe ek laas daar was.

  • 29. Olga  |  Desember 7, 2008 om 7 : 24

    die antw op die blog vraag. . . . sir alec issigonis. ek wonder of selfone nie meer in knp werk nie.

  • 30. Olga  |  Desember 7, 2008 om 7 : 26

    dis nie altemit nie, juf annie. ons het maar net op die gewone plekke kroks gesoek. in of naby water. nooit daaraan gedink om in die bome te soek nie.

  • 31. Lola  |  Desember 7, 2008 om 7 : 35

    Hello. Goeie inskrywing. Ek ry ook grondpad. My kar is ook undercover brunette. As sy gewas is, is sy weer silwerkleurig.

  • 32. Adrie  |  Desember 7, 2008 om 7 : 36

    Whahahahaha Olga

    Ek sal maar ‘n foto van ‘n Krok moet posduif.

  • 33. Olga  |  Desember 7, 2008 om 7 : 37

    van water ook asb.

  • 34. Olga  |  Desember 7, 2008 om 7 : 40

    die 5l empties raak nou al plastiek. nie eers meer bokse nie. die vuilis verwyderaars gaan dink hier woon ander mense.

  • 35. Olga  |  Desember 7, 2008 om 7 : 44

    leer jy jou kuiergas om te blog?

  • 36. aventer  |  Desember 7, 2008 om 7 : 47

    more more mensies

  • 37. Olga  |  Desember 7, 2008 om 7 : 51

    more aventer.

  • 38. Lola  |  Desember 7, 2008 om 7 : 53

    Ander posts is ook goed. Baie interessant.

  • 39. Olga  |  Desember 7, 2008 om 8 : 00

    more lola. baie welkom as dit jou eerste besoek is. of welkom terug.

  • 40. Adrie  |  Desember 7, 2008 om 8 : 02

    Olga

    Wat van n krok in die water?

    More Annermerrie

    Welkom Lola

    Ek sal netnou n Kersfees blog kom plaas.

  • 41. Lola  |  Desember 7, 2008 om 8 : 04

    Dankie olga. Ek lees dikwels julle posts en geniet die geredekawel terdee.

  • 42. Olga  |  Desember 7, 2008 om 8 : 07

    die geredekawel? wha ha ha ha. dit was voor ons ander bloggers rubber gevreet en weggehop het. dalk het hulle selfone nie geld op nie, omdat hulle met verlof is. almal weet mos, petrol is duur.

  • 43. Olga  |  Desember 7, 2008 om 8 : 08

    fok die krok, juf annie. water om te drink, vloere te was, skottelgoed te was, om in te badddddd.

  • 44. Lola  |  Desember 7, 2008 om 8 : 11

    Lol olga, dan gaan hulle gou uitvind rubber is duurder as lugtyd.

  • 45. Olga  |  Desember 7, 2008 om 8 : 13

    ag, ek dink hulle speel maar bietjie play hard. hulle saak.

  • 46. Lola  |  Desember 7, 2008 om 8 : 15

    Jy meen soos met the games people play? Hulle weet dalk nie hoe om met hulle selfone te blog nie.

  • 47. Olga  |  Desember 7, 2008 om 8 : 17

    heel waarskynlik. of opera het alweer haar mini uitgetrek. gelukkig het my ou kak samsung nie sulke streke nie.

  • 48. Olga  |  Desember 7, 2008 om 8 : 20

    alhoewel ek dink dat hulle wag maar vir bonus om airtime te kan laai.

  • 49. Lola  |  Desember 7, 2008 om 8 : 22

    He, he, he. Dis ook moontlik. Geniet die dag. Dankie vir die kuier. Totsiens.

  • 50. Olga  |  Desember 7, 2008 om 8 : 24

    loer gerus weer in. dis leke om nie met myself te praat nie. tata.

  • 51. Lola  |  Desember 7, 2008 om 8 : 25

    Sal beslis so maak. Dankie.

  • 52. Olga  |  Desember 7, 2008 om 10 : 56

    is jou kuiergas weg, juf annie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: