Mense moet nie in die water tjorts nie

Desember 4, 2008 at 5 : 50 145 Kommentaar

Julle almal weet hopenlik teen die tyd dat Zimbabwe met ‘n Cholera krisis.  Soos gewoonlik het hulle haastig hulle probleem met Suid-Afrika gedeel.  Sterftes aan Cholera is die afgelope tyd in Limpopo en Natal aangemeld. 

Met 2008 wat ten einde snel, sal ‘n mens dink dat die wêreld se bevolking almal toegang het tot behoorlike sanitasie en skoon water.  Tog kan ‘n mens nog lank nie jou toilet as vanselfsprekend aanvaar nie.  Daar is nog miljoene mense wat daarsonder klaarkom.  Dit is die rede hoekom daar vandag nog Cholera gereeld in armer gemeenskappe uitbreek.

Cholera word deur ‘n bakterie Vibrio Cholerae veroorsaak.  Interessant, die bakterieë kan nie op hulle eie die siekte veroorsaak nie.  Die patogene vorm is bakterieë wat deur ‘n bakteriofaag, of te wel ‘n bakterievirus, geinfekteer is.  Dit gee hulle die nodige gene om die toksiene te maak wat die siekte veroorsaak. 

Cholera is ‘n vinnige, maar ernstige siekte van die dunderm.  Simptome ontwikkel binne ‘n paar ure tot ‘n paar dae.  Cholera word gekenmerk aan ‘n dun, loperige stoel (diaree/bollie) en braking.  Dit veroorsaak dat die liggaam baie vog en elektroliete verloor.  Ander kenmerke sluit krampe, afwesigheid van urine, ontwatering en ineenstorting in.

Cholera het 4 fases.  Die eerste fase (incubation) is wanneer die bakterieë die liggaam besmet en koloniseer.  Baie van die bakterieë word gedood met die maagsuur, maar daar kan ‘n paar wees wat in die dermkanaal eindig.  Simptome in die fase is lyfseer, hoofpyn, diaree, geen eetlus en ‘n ligte koors.  Die fase kom nie altyd voor nie, maar kan ‘n paar dae duur.

Die volgende fase word onttrekking (Evacuation) genoem.  Die pasiente sal ernstig moet besig watter kant die toilet die nodigste het.  Die fase word gekenmerk met diaree, erge braking en krampe.  Die stoel sal ‘n ryswater voorkoms hê:  los, waterig met stukkies slym.  Braaksel kan dieselfde voorkoms toon.  Krampe begin dikwels in die bene, versprei dan na die arms, hande, voete en die maag.  Die fase duur so 2 – 12 ure en kan tot die ineenstorting van die pasient lei.

Ineenstorting (Collapse) is die 3de fase.  Die bloed se sirkulasie kom so te sê tot stilstand.  Oë is ingesak en wange is hol, die vel is droog en vol plooie, maar dit is koud en bedek met sweet.  Die asem is koud en vinnig.  Pols is swak en die bloeddruk laag.  Urine kan heeltemaal afwesig wees, maar die diaree kan nog voortduur.  Die verstand is helder, tot kort voordat die koma intree.  Die fase duur van ‘n paar uur tot ‘n paar dae.  Dit eindig gewoonlik met die dood, as gevolg van die ontwatering.

Soms, terwyl die dood enige oomblik verwag word, kan die simptome omgekeer word.  Die vel se temperatuur kan styg en die braking kan stop.  Diaree word al hoe minder en die stoel raak stewiger.  Volle herstel neem gewoonlik 1 – 2 weke. 

Behandeling is om die vog en elektroliete so gou te vervang as wat die pasient daarvan ontslae word.  Dit kan ook binneaars toegedien word.  Die behandeling duur voort tot die bloeddruk tot normaal terugkeer.  Dikwels word die mense van alle menswaardigheid beroof terwyl hulle siek is.  In Asië kan hulle kaal op staalbeddens gelos word, met ‘n gat op ‘n strategiese plek. 

Cholera behoort te verdwyn met behoorlike sanitasie en skoon water vir almal.  Soos met soveel ander siektes.  Cholera word deur water oorgedra.  Daar is nie ‘n goeie inenting daarvoor beskikbaar nie, maar dit kan vermy word.  Besmette water behoort gesteriliseer te word voor gebruik.  Mens moet nie in besmette water swem nie en net goed eet wat ordentlik gaar gemaak is.

Ek hoop julle kan nog eet na die inskrywing.  Ek sal op ‘n ander dag kerm oor skoon water en sanitasie.

Blogvraag:  Hoe sou skepe in die verlede aangedui het as een of meer van die bemanningslede cholera gehad het?

Blogantwoord:  Olga was reg met Daantjie Kat.

Bron:  Notas uit verskeie bronne.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Veiligheid In the summertime

145 Kommentaar Add your own

  • 1. White Knight  |  Desember 4, 2008 om 6 : 23

    Whe, eerste gewees. 😆

  • 2. White Knight  |  Desember 4, 2008 om 6 : 30

    Dagse Julle

    Skepe wat een of meer persone aan boord gehad het met vermoedelik cholera, moes ‘n geel vlag hys en was vir ‘n tydperk van 30 – 40 dae nie toegelaat om passasiers af te laai in enige hawe nie.

    Nog steeds eerste😉

    Groete

  • 3. Olga  |  Desember 4, 2008 om 6 : 35

    twwwwweeeeeeeeeddddddeeee

  • 4. Olga  |  Desember 4, 2008 om 6 : 37

    hulle sou n lantern op n spesifieke plek op die dek gehang het.

  • 5. White Knight  |  Desember 4, 2008 om 6 : 57

    Shame en die lantern was toe nooit skuldig nie😆

  • 6. Olga  |  Desember 4, 2008 om 7 : 22

    arme lanterntjie.

  • 7. Olga  |  Desember 4, 2008 om 7 : 25

    C O U N T D O W N ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !

    FOUR DAYS TO GO! ! !

  • 8. Riaan Oosthuysen  |  Desember 4, 2008 om 7 : 26

    Dit was baie interesant

  • 9. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 7 : 31

    Olga

    Ek oorweeg dit om buite die winkel te gaan kamp.

    Ridder

    Jy karring nou met die verkeerde tannie, jy sal dink jy het cholera as sy met jou klaar is. 😆

  • 10. Olga  |  Desember 4, 2008 om 7 : 42

    jy moet net nie die kampstoel vergeet nie, herriemerrie.

  • 11. Olga  |  Desember 4, 2008 om 7 : 44

    my tumi het vandag afspraak vir rybewys gaan maak. ons was 6vm al daar. sy het haar tuisgemaak op kampstoel. wat goed was, hulle was eers na 8 gehelp.

  • 12. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 7 : 51

    Kan julle glo Tyrone kan sy gat lig?

  • 13. Olga  |  Desember 4, 2008 om 7 : 52

    as die mense net hulle toilet gewoontes wil regkry. maar ek dink dis luiheid wat hulle noop om te doen wat die maklikste is, te hel met die gevolge.

  • 14. Olga  |  Desember 4, 2008 om 7 : 54

    tyrñe moet nou bly sit. o iets weg te seek. hy favour mos vir cindy.

  • 15. Olga  |  Desember 4, 2008 om 7 : 57

    eers die trane. nou word God ook nog bygesleep. moenie vir cindy vote nie. sy dans kak.

  • 16. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 7 : 59

    Ek stem vir niemand nie.

  • 17. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 02

    ek ook nie. ek is te jealous. ek wil ook so dans.

  • 18. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 02

    Ek hoop net nie Tessa hulle wen nie. BORING

  • 19. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 04

    ek worry oor my noolste nolie daar in limpopo.

  • 20. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 06

    Ek stem vir Tyrone. He He He – die naaste wat ek aan Oscar Wilde sal kom.

  • 21. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 07

    ek dink tessa is dave se suster. die pretty girl het haar gat gesien.

  • 22. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 08

    Olga

    Hy sal fine wees, mits hy al sy water kook. Ook waarmee hy kos maak of vrugte afwas.

    Hy kan water ook met Jik steriliseer. Ek kan net nie nou die verhouding onthou nie. Iets soos 250 ml op 25 l.

  • 23. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 09

    stem vir die kort gatte. dit gee hulle voorsprong bo die pere dame.

  • 24. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 12

    ek het hom aangeraai om bietjie domestos in sy skottelgoedwater te gooi en met kookwater af te spoel. om water te kook of bottelwater vir drinkwater te kry.

  • 25. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 12

    LAASTE!

  • 26. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 12

    Terry het haar laaste speletjie gespeel. Vir die volgende maand gaan daar net selfverwyte wees.

  • 27. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 13

    die rumba suig. hulle dans gevrek. hoekom het hulle so ver gekom?

  • 28. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 14

    Olga

    Laat hy eerder sy skottelgoed water met jik behandel. Domestos bevat dalk ander chemikaliee wat skadelik kan wees.

  • 29. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 14

    Ek het gevote. Vi Rob en Mary natuurlik…. DRIE KEER!

  • 30. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 15

    Sy lyk na ‘n chocolade eclair.

  • 31. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 15

    Testing

  • 32. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 16

    ek hoop van harte die selfmoord gaan isobelle me soveel berou vul dat sy terry se voorbeeld volg. die patetiese vrou vererg my.

  • 33. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 16

    HALLO!!

  • 34. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 16

    Chocolate eclair bedoel. Toffie hoe dit ook al gespel word.

  • 35. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 18

    wie lyk soos chob eclair? wow wk. jy en my tumi dink eenders. sy het elke foon in die huis beet om vir rob en mary te vote.

  • 36. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 18

    Olga

    Hoe gaan dit nou pateetlaan wees sonder patete?

    Kyk aan die blink kant. Dit dryf haar en Ryno dalk uit mekaar. Die pateetskrywers hou daarvan om dieselfde stories te herhaal. Onthou Nadia en Christelle?

  • 37. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 19

    Perebek. Met haar geel en pers klere.

  • 38. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 20

    12/10 vir Rob en Mary se lied. Dit kan net skouspelagtig wees.

  • 39. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 20

    Net jammer die band trek dit deur hulle agterente. Dit was nou tyd vir ‘n CD speler.

  • 40. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 23

    Tyrone het traan kliere!

  • 41. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 24

    Ai tog. Hy moet ‘n fietspomp gaan soek.

  • 42. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 25

    He! He! Dis nogal vrek snaaks! Tyrone TJANK!

  • 43. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 26

    tyrone, na vanaand sal strictly nooit weer dieselfde wees nie. hy het gehuil. en gestaan, opgestaan vir dansers. yeahhh.

  • 44. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 27

    Ek gat wee vote. Nwt

  • 45. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 27

    ek hoop sy val.

  • 46. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 27

    Ek wil ook tjank as ek dink wat die band met een van die beste songs ooit aangevang het.

    Tessa hulle kan maar huistoe gaan.

  • 47. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 28

    Selfs hulle freestyle is boring.

  • 48. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 28

    B O R I N G ! ! !

  • 49. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 29

    Nee 4k! Ek gatti my airtime morsi. Hulle gat wen. Because I’m bad! Ja swaer

  • 50. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 29

    hou jou bek tyrone.

  • 51. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 29

    As daar ‘n 11 was, het Rob en Mary seker 44 gescore.

  • 52. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 31

    hulle kon 5 en 6 gegee het juf annie hulle het 2 hande elk.

  • 53. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 31

    Ek praat van die kortgatte wat ga wen

  • 54. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 32

    VIVA. YOU AND YOUAND YOU, VOTE 4 RCB AND MARY. ITS THE ONLY THING 2 DO.

  • 55. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 33

    Olga

    For that matter, hulle het elkeen ‘n 10 en ‘n 9. Nou gee ons hulle dalk net idees wat hulle mee gaan droogmaak.

  • 56. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 33

    Ek gat gou bad. Chat later

  • 57. Olga  |  Desember 4, 2008 om 8 : 40

    ek pis my oe uit as hulle 10 en 9 vir tessa en grant gee.

  • 58. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 8 : 47

    Laaste !

  • 59. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 48

    Olga

    Dit is nie nou die tyd om uie te skil nie.

    Kloon

    Bly jy kon dit maak. Ek hoop jy het opgestock met gebottelde water.

  • 60. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 8 : 49

    Kloon
    hierdie inskrywing het jou seker in jou element gehad – baie interessant thanx

  • 61. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 8 : 50

    Ek kook al my water – al is dit deur die purifier !

  • 62. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 54

    Tilla

    Ek wil al lank gaan ‘n post oor sanitasie skryf, maar ek het nie tyd om behoorlik navorsing te doen nie. Veral nie die stats nie. Wat sekerlik skrikwekkend is.

    Met siektes soos cholera en TB, verstaan julle dalk hoekom maak vigs my nie opgewonde nie. Selfs griep is 10 000 keer interessanter. Maar dan weer, vigs mag mos nie as ‘n siekte behandel word nie.

  • 63. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 8 : 55

    O fok, laat ek julle eers van my middag vertel ! So gaan ek toe mos nou Nissan toe om daai venster rubber te laat opsit, laasweek gebel, die ding is daar, bel vandag dis reg ek kan kom, so 1/2uur doenig kom 1 van die ouens daar aan met 2 sakkies rubbers – wragtag is dit toe weer die verkeerde ding ! Kyk – toe kon ek enige spiritsmeid se naam gat maak !

  • 64. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 56

    Dan praat ek nie eers oor die aanmeldbare siektes nie. Of die superdodelikes nie. Vigs kan ‘n 100 jaar vat om sy slagoffer te eis, daar is mense wat 24 jaar al met die virus saam lewe.

  • 65. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 8 : 57

    Tb maak meer mense dood as vigs

  • 66. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 58

    Haai nooit. Laat hulle vir jou die verkeerde een bestel.

    Daar is groot drama met hulle Kwaliteitsbeheer.

  • 67. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 8 : 59

    Tilla

    Wel, vigs help TB nogal om meer slagoffers te eis.

    Wat nog van Malaria wat nog steeds die meeste dode veroorsaak.

  • 68. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 8 : 59

    Ek het darem so 80% van my krismis shopping klaar gedoen

  • 69. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 00

    Wp moer my comments weg

  • 70. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 02

    Trug! Naand my 3ling se kloon

  • 71. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 02

    Kyk – na vandag se tantrum glo ek daar gaan iets gedoen word daaraan

  • 72. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 03

    Hey willes

  • 73. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 04

    Tilla… Ek sou hul in hul ma se moere gevloek het

  • 74. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 9 : 05

    Ek het nog niks vir Kersfees geshop nie.

  • 75. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 06

    Geweld los alles op

  • 76. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 08

    Ek shop die dag voor kersfees. Change my mind oppi laaste minuut

  • 77. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 08

    Ek het sommer n hele ‘outing’ gemaak van die dag

    willes – jy willie weet nie, ek het amper begin skaamkry vir myself (en di kids dink dis n moerse grap)

  • 78. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 12

    Tilla… Da sit ‘n bietjie meid in almal wat net partykeer smeek om uit te kom

  • 79. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 9 : 13

    Tilla

    Het jy al ‘n brief vir elke koerant in die land geskryf?

  • 80. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 14

    Het A3 tiesjoes gat koop vi Tyrone?

  • 81. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 16

    Weet jy, almal maak foute maar wragtag nie so aanhoudend en presies dieselfde fout nie

  • 82. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 9 : 19

    Dit is beslis onaanvaarbaar.

  • 83. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 24

    Sê ek ook, di 1ste keer het hulle ‘vergeet’ om di ding te order, toe ek navraag doen weet hul ni eers van my kar ni, nie op die registrasie nr of vin nr ni, bestel toe die ding, dis vir links voor en part nr op pakkie is dieselfde – kla die ding gestrip toe kom hul agter di spare in di pakkie is regs voor – gooi n tantrum, hul bestel nuwe 1 en daar is dit weer part nr van links op pakkie maar spare is vir regs !

  • 84. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 25

    Dis genoeg om van diaree te kry !

  • 85. *mathilda*  |  Desember 4, 2008 om 9 : 29

    Nou ja, julle moet leka dux

  • 86. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 37

    GGGRRR!!!

  • 87. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 43

    Die stjoepid opra trek ha mini uit

  • 88. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 10 : 03

    Yippee! Die kortgatte het gewen!

  • 89. Olga  |  Desember 4, 2008 om 10 : 07

    fok opera en ha mini. rob en mary het gewen.

  • 90. Olga  |  Desember 4, 2008 om 10 : 09

    hells bells tilla, ek hoop jy neem jou kar volgende keer sommer secunda toe. ek sal worrie as sulke onbevoegte mense aan my kar werk.

  • 91. Wille Kjind Q  |  Desember 5, 2008 om 5 : 48

    EEN SLAPIE! WHOO HOOO!

  • 92. Wille Kjind Q  |  Desember 5, 2008 om 5 : 50

    Go Rob! Go Mary! Go Rob! Go Mary! Go Rob! Go Mary! Go Rob! Go Mary!

  • 93. Wille Kjind Q  |  Desember 5, 2008 om 6 : 32

    Eish! Amper vigeet ek…. Voorspoed aan alli ouers wat wag virri raporte:mrgreen:

  • 94. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 7 : 10

    Goeie môre mense !! dis vrydag . . . 😛

  • 95. Olga  |  Desember 5, 2008 om 7 : 10

    more, more. vandag is mos rapporte dag. sterkte almal.

  • 96. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 7 : 14

    Esh man – die inskrywing ….🙄 is nie na goeie smaak nie !

    hoekom wil ek weet hoeveel kak cholera iemand gee? ? ?

  • 97. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 7 : 15

    Hi Olga

    ek het rapport dag gehaat toe ek op skool was. . . .

  • 98. Olga  |  Desember 5, 2008 om 7 : 49

    hoekom het jy rapport dag gehaat?

  • 99. White Knight  |  Desember 5, 2008 om 7 : 50

    Adrie

    Jy sien dis waar jy die fout maak, ekke bang geen antie nie, want ek dra ‘n staal suit.😆

  • 100. Olga  |  Desember 5, 2008 om 7 : 54

    ha ha ha. doen nogal goed om te weet hoeveel kak cholera kan gee. ignorance isnt bliss.siekte soos cholera gaan nie net in limpopo bly nie. een besmette zimbabweer op pta stasie is al wat nodig is. nou word die mense nog aangemoedig om hulle kak suid afrika toe te bring ook.

  • 101. Olga  |  Desember 5, 2008 om 7 : 56

    en jou staal suit is reeds wat jou hard gaan laat val.

  • 102. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 8 : 04

    vir obvious redes !

  • 103. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 8 : 08

    Suid Afrika is mos die land met die goue kakhuis 😆

  • 104. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 9 : 35

    en toe is daar niks en niemand. . . 😦

  • 105. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 9 : 35

    môre almal!
    So van cholera gepraat.
    Dis net vir my altyd so snaaks om hulle te staan en kyk as hulle gan water skep by die rivier of stroom.

    Enn komp was wasgoed in die rivier en net twee meter stroom AF skep die volgende een water vir drink!

    Ek meen come on dis nie rocket cience nie!

    En die beste van als is dan swem daar nog n swerm van hulle ook nog so tussen in

  • 106. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 08

    Hallo NightCrawler

    Soms dink ek, mense verdien die kak wat hulle kry . . .

  • 107. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 10 : 10

    Lyk my almal is uit op lang naweek

  • 108. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 10 : 11

    Hey zoekoe
    Ek stem saam. As die kop dom is moet die lyf suffer

  • 109. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 12

    Hulle is al uit die hele week…. dis maar bitter stil hier rond

  • 110. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 13

    N C

    ja nee kyk, ek sê mos armoede sit tussen die ore – as jy wil sukkel – dan sal jy sukkel 😀

  • 111. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 16

    Of, die lot het gaan kuier iewers en ons nie gesê daarvan nie 😦

    Dalk moet ek pizza kry of KFC dan sal jy sien hoe vinnig die mense opdaag 😉

  • 112. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 10 : 18

    Ja nee kyk jy kan arm maar ordentlik wees.
    As jy nie toilet det nie gryp graaf en gebrawe wat jy nie wil groot maak nie!😆

  • 113. Olga  |  Desember 5, 2008 om 10 : 32

    ha, ha, ha. hoe moeilik kan dit wees om te begrawe. maar dis moeite. hulle lewe eerder met die reuk, siekte, ha, ha, kak saam as om moeite te doen.

  • 114. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 10 : 36

    Dis nou die spreekwoordelike “crap where you eat”

  • 115. Olga  |  Desember 5, 2008 om 10 : 38

    and sleep ens. dan vat jy net jou crap oor die grens suid afrika toe. daar wag n goue kakhuis op jou. of was dit nou n pot?

  • 116. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 40

    EK meen nou nie net arm in die sin van min geld nie, ek meen arm van beskawing…. dis mos nie nou meer die donker eeue nie… as jy wil gemaklik en skoon lewe, moet jy werk daarvoor – dit val nie uit die lug soos somige mense glo nie….

  • 117. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 41

    Die Goue KAKPOT 😆

  • 118. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 44

    of is dit nou POTKAK ?

  • 119. Olga  |  Desember 5, 2008 om 10 : 47

    ek dink dis potkak. maar, ja, wat kan jy anders verag in n lang waar jy kriminele rekord moet he om prossie te word.

  • 120. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 48

    mmmm ja nee kyk – as jy jou leiers kies uit kriminele uit, dan moet jy vat wat jou kant toe kom !

  • 121. Olga  |  Desember 5, 2008 om 10 : 49

    vingers txt alweer wat brein nie se nie. maar dis wat gebeur as n mens na die goue kakpot wat sindelikheid n klug maak vaskyk.

  • 122. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 51

    Dit maak nie saak vir watter rede ookal jy kriminele dinge doen nie… of dit nou vir vryheid is of watookal – dit bly ‘n kriminele daad, en dit maak van jou ‘n krimineel – nie ‘n hero nie !!!!!!!

  • 123. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 10 : 51

    😆 he he he

  • 124. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 10 : 53

    As hulle krimenele wil vereer moes ou Barend Swart Superman gewees het

  • 125. Olga  |  Desember 5, 2008 om 10 : 56

    ek maak snackwiches met gisteraand se oorblybredie. wie eet saam?

  • 126. Olga  |  Desember 5, 2008 om 10 : 58

    wha ha ha ha. en ou et en bie bikermice.

  • 127. Olga  |  Desember 5, 2008 om 11 : 02

    viva desmond tutu.

  • 128. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 11 : 09

    Is dit nog nie twee uur nie?
    damn ek is moeg vandag

  • 129. sasports  |  Desember 5, 2008 om 11 : 14

    Alles goed en wel, maar wie gaan die krieket wen?

  • 130. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 11 : 18

    wie de moer gee om nou oor krieket? ek soek PIZZA 😆

  • 131. Night Crawler  |  Desember 5, 2008 om 11 : 20

    PIZZA PIZZA PIZZA EK SOEK!

  • 132. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 11 : 32

    he he he ek het geweet as ek net kos noem, dan kom die mense 😆

  • 133. Olga  |  Desember 5, 2008 om 12 : 04

    is julle alweer vreetsaam? ek hoop niks in of aan die pizza he via zim of limpopo gekom nie.

  • 134. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 12 : 22

    EEEUUUUW aag nee man Olga, nou is ek nie meer honger nie 🙄

  • 135. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 12 : 23

    want die delivery ou het nogals vir my soos ‘n foreigner gelyk !

  • 136. Zoekoe  |  Desember 5, 2008 om 12 : 37

    Ons netwerk gaan hulle binnekort afskakel om te nuwe VPN stelsel op die lug te kry so ek gaan maar solank koebaai sê chat julle weer dan maandag of so !

  • 137. Pikkelik  |  Desember 5, 2008 om 12 : 55

    Behoede my daarvan! Ek lees nou die dag in ‘n kampeer tydskrif hulle sê as jy vuil water in 2 liter coke bottels gooi en jy los dit vir 5 dae bo-op ‘n dak waar dit baie son kry is dit suiwer! 😯 Ek weet nie van die een nie, gaan dit ook nie sommer probeer nie, maar ja, ek het dit gelees! Lekker naweek vir julle!

  • 138. Olga  |  Desember 5, 2008 om 1 : 06

    wou julle net op die gevare van take aways wys zoekoe. leke naweek.

  • 139. Olga  |  Desember 5, 2008 om 1 : 08

    elo pikkelik. in die bloedie hitte van die n kaap dalk. maar ek sal nie dapper genoeg wees om die kans te waag nie.

  • 140. Olga  |  Desember 5, 2008 om 1 : 12

    jy het ander dag berig geplaas oor die demokratiese polisieman van nelspruit, juf annie. ene erik masiya dink ek. ondanks die aanranding of was dit intimidasie klag van jou berig is hy steeds nie intern aangekla oor die voorval in okt nie. toe het hy n wit vroulike kollega se vingers in n laai toegeklap. hy het 2 lede van die publiek geintimideer wie haar probeer help het.

  • 141. Olga  |  Desember 5, 2008 om 1 : 19

    daar is ook 1 spesifieke verkeerspolisiebully wat naweek aande jong witmense by vulstasie gaan inwag en dan met hulle moeilikheid soek en die > + < uit hulle slaan. dit is tot so kuns ontwikkel, die petrol joggies vorm kring om hulle dat die kameras niks van die aanranding kan opneem nie. dit moet so dikwels geoefen gewees het om dit reg te kry.

  • 142. Olga  |  Desember 5, 2008 om 4 : 19

    goeie aarde. waar blog julle deesdae? se my ook. ek sal net uitkyk, nie dadelik vloek nie.

  • 143. Adrie  |  Desember 5, 2008 om 5 : 52

    Niks!

  • 144. Adrie  |  Desember 5, 2008 om 5 : 56

    Pikkie

    Wie dit ookal geskryf het hoop dat uv van die son die water sal steriliseer. UV is nie die beste steriliseermiddel nie, maar as die nood druk. . .

  • 145. aventer  |  Desember 5, 2008 om 6 : 26

    Ek het my lisensie gekry!!!!!!!!!:mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: