Veiligheid

Desember 3, 2008 at 6 : 10 115 Kommentaar

Baie mense groet deesdae met:  “Wees veilig.”  Dit beteken gewoonlik doen wat jy kan om nie ‘n siekte op te doen nie, om nie aangeval te word nie en om nie te verongeluk nie.  Veiligheid word ook altyd in die meeste werksplekke voorgehou.  Die wet maak selfs voorsiening dat ‘n persoon afgedank kan word wat nie veiligheidsreëls nakom nie.

Jammerte mense word nie gedwing om in hulle huise of in hulle daaglikse omgang veiligheid altyd eerste te oorweeg nie.  Tel deesdae ‘n koerant op en let op hoeveel ongelukke gebeur tuis.  Goed wat eintlik net die gevolg van nalatigheid is en dus voorkom kon word.  As jy dom is moet jy sukkel, maar dit is onregverdig dat jou kinders onder jou domheid ly.

Ek het al telling verloor van hoeveel kinders het vanjaar al in swembaddens en visdamme verdrink.  Geen wonder nie.  By al die huise waar ek die afgelope jaar was, het net een ‘n veiligheidsheining gehad.  By die een huis loop die deur op die swembad uit.  Hulle het ‘n kruipende baba, wat ek al meer as een keer van die swembadrand mos gaan haal het.  Hulle verskoning is dat hulle nie geld het om die swembad te beveilig nie.  Ek hoop hulle het geld vir ‘n begrafnis of om die kind vir die res van sy lewe te versorg.

Dit is nie net ander mense se boeke wat duister is nie, maar ook hulle kombuise.  Ek ken iemand wie se baba om haar kruip terwyl sy kos maak.  Sy kan oor die baba val, maar ploeter maar eerder voort.  Ek sidder as ek daaraan dink as ‘n mes of warm pot dalk val.  Of wanneer die baba ‘n kleuter word en haar handjie op ‘n plaat druk.  Meeste mense tree onveilig in ‘n kombuis op.  Antwoord maar jouself.  Hoe dikwels gooi jy net ‘n mes in die wasbak?  Draai jy jou potte se stele weg sodat jy nie per ongeluk daar teen stamp nie?  Dra jy hitte handskoene?  Maak jy dadelik iets wat op die vloer val skoon?

Speel beteken ook glad nie dat jou kind veilig is nie.  Ek het die afgelope jaar net een keer gesien hoe ‘n ma haar kind van iets verwyder waaraan sy kon stik.  Hoe dikwels word daar seker gemaak dat kinders nie met gevaarlike onderwerpe hardloop nie?  Ek het al gesien hoe seuns mekaar met BB guns skiet.  Niemand kan dit deesdae waag om sonder ten minste ‘n valhelm fiets te ry nie en dan praat ek nie eers van motorfiets nie.  ‘n Hond is amper soos ‘n mens, maar bly ‘n dier.  ‘n Hond kan beslis nie alleen by ‘n maand oue baba gelos word nie.

Ek gaan nie eers iets sê oor kinders wat nie vasgemaak word wanneer daar gery word nie.  Dit is egter nie die einde van veiligheid in die kar nie.  Deure het ‘n kinderslot op met goeie rede, hoe dikwels word dit gebruik.  Nou die dag sien ek hoe iemand ‘n Jetta vol mense rondry.  Daar was 2 mense in die kattebak, soos in hulle bene het oor die rand gehang.  Dit kan seker pret wees, maar daar is geen verskoning vir die kinders wat elkeen op die skoot vasgehou het  nie.  Beide was boonop dronk.  Hoekom sal iemand ‘n kleuter in ‘n 4×4 se venster laat sit?  Sonder dat sy vasgehou word.

Dit is seker genoeg om herkou te word.  Wat laat jou hare regop staan?

Blogvraag:  Wie leer kinders van padveiligheid (karakter)?

Blogantwoord:  Wipneus was reg met Ben Filmalter.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Verpes-plesier Mense moet nie in die water tjorts nie

115 Kommentaar Add your own

  • 1. olga  |  Desember 3, 2008 om 6 : 15

    eeeerrrrrrsssssttttttteeee!!!!!

  • 2. olga  |  Desember 3, 2008 om 6 : 16

    rusty kat?

  • 3. olga  |  Desember 3, 2008 om 6 : 16

    ha, ha, ha. daantjie kat.

  • 4. Pikkelik  |  Desember 3, 2008 om 6 : 31

    Daantjie Kat! Ek stem saam met al hierdie dinge! En ek is vreeslik veiligheidsbewus, ek maak selfs nie eers kos op my stoof se voorste plate nie, maar op die einde van die dag kan ‘n mens nie jou kind 100% bulletproof nie, al doen jy alles in die boeke en wat jou gesonde verstand vir jou sê. Dis nou daar waar geloof en vertroue en knieë deurbid inkom. Ek sê nie mens moet maar laat gaan en glo/hoop jou kinders gaan niks oorkom omdat jy gebid het nie, ek sê net mens moet doen wat jy kan en verder bid. Ag aarde toggie maak enigiets sin wat ek sê???

  • 5. olga  |  Desember 3, 2008 om 6 : 32

    Dan praat ek nie eers van kinders op quads sonder veiligheidsklere of valhelm nie. dis goed en wel om agterna te se die top spoed kon laer gestel gewees het. en dan did onus 4 square op die vervaardiger se skouers pak. ai, en dan praat ek nie eers van 1 blaps met ander toesmeer deur te se die kind sal voortaan tussen ma se kniee op haar quad ry waar HY VEILIG GAAN VOEL. die eerste blaps kan ek verstaan en vergewe. die tweede? aikona.

  • 6. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 6 : 41

    LAASTE!

  • 7. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 6 : 44

    Ek sal later lees en saam praat. Die skool se ‘prestige evening’ gat nou begin.

  • 8. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 6 : 57

    Ek het vergeet om te noem van mense wat ry sonder dat hulle weet waar die kinders is nie. Mens maak mos seker dat die kleintjies veilig en uit die pad is.

  • 9. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 7 : 00

    Tipies coloured…. Begin laat!

  • 10. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 7 : 06

    Sterkte 3ling. Sulke aande is boring

  • 11. *mathilda*  |  Desember 3, 2008 om 7 : 30

    Issie – ek is laaste !

  • 12. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 7 : 38

    KLOON

    Breek ek amper my nek om hier uittekom.

  • 13. *mathilda*  |  Desember 3, 2008 om 7 : 39

    En die onnosele mense wat hul kinders voor in die kar op hul skote laat sit – en dan nog bestuur ook ! O ja, en mense wat nie hul medisyne toemaak of hoog bêre nie

  • 14. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 7 : 42

    Chemikaliee in ‘n koeldrankbottel bere.

  • 15. aventer  |  Desember 3, 2008 om 7 : 48

    eks amptelik klaar met my skoolloopbaan…

  • 16. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 7 : 49

    *fluister* My kjind het al drie trophies!:mrgreen:

  • 17. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 7 : 50

    Willes

    Gaan jy more ‘n foto daarvan op die blog sit?

    Geluk, Klein-Sam.

    Aventer

    Vier jy veilig fees?

  • 18. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 7 : 50

    Sssjjjt… Hulle gat my hoor skreeu tot inni willetuin!

  • 19. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 8 : 00

    Waarvoor het sy pryse gekry?

  • 20. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 8 : 02

    1ste inni klas, veiligheids bewus en kuns

  • 21. *mathilda*  |  Desember 3, 2008 om 8 : 02

    Ek het vandag my kind se skoolklere vir die hoërskool gaan koop !

  • 22. *mathilda*  |  Desember 3, 2008 om 8 : 04

    Geluk sam en klein sam

  • 23. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 8 : 06

    Kloon

    Wanneer ry julle see toe?

  • 24. *mathilda*  |  Desember 3, 2008 om 8 : 08

    Okay, moenie met my praat nie !

  • 25. *mathilda*  |  Desember 3, 2008 om 8 : 10

    Saterdag oggend

  • 26. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 8 : 12

    :mrgreen: dankie julle. Hulles noggi eers halepad nie. Eks kla moeg gesit. Chat later. Die hoof check my kak uit.

  • 27. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 8 : 17

    😉 Hoe laat moet ek daar wees om saam te ry?

  • 28. *mathilda*  |  Desember 3, 2008 om 8 : 23

    4uur

  • 29. Adrie  |  Desember 3, 2008 om 8 : 26

    Die middag?

  • 30. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 9 : 03

    4k my! Die hoofseun het ‘n average van 9 en 4kin 90% (ja…. 99) gekry! Hy lyk soos ‘n regte poep ma hys slim viby!

  • 31. Olga  |  Desember 3, 2008 om 9 : 19

    way 2 go willekjend se kjend. wie se pa is dre genius?

  • 32. Olga  |  Desember 3, 2008 om 9 : 22

    die 99%? hy moet verseker n baie aantreklke ba5ies ge.

  • 33. Olga  |  Desember 3, 2008 om 9 : 24

    gaan die fn nog dood trap. bakkies, gesig, snoet. onnhes gee lankal nie meer punte op meriete nie. hulle gee punte om wang te layby, af te kraak of omdat hulle kan. mikmoere.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 10 : 24

    Sjoe! Uitfreakeneindelik lê ek in my katel. Ek praat nie van die kjind se bakkies nie parra. Ek praat van sy size! Ek gat nou dux. Praat more wee

  • 35. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 11 : 02

    Eish! Ek kanni slaapi…..

  • 36. Olga  |  Desember 3, 2008 om 11 : 51

    slaap is n goeie gewoonte. net jammer slaap hou nie van my nie.

  • 37. Wille Kjind Q  |  Desember 4, 2008 om 5 : 47

    EK WILLI GA WERKI!!! Ek wil natuurlik veel eerder willetuin toe ga

  • 38. Olga  |  Desember 4, 2008 om 6 : 26

    more, more. moenie stres nie wk, die wildtuin gaan nie wegloop nie.

  • 39. Arne  |  Desember 4, 2008 om 6 : 57

    Ek stem ooreen met meeste van jou punte hierbo.
    My eerste kind is so 7 maande gelede gebore en ek doen omtrent alles wat ek kan om hom en my vrou veilig te hou. Mense wat nie hulle kinders vasgordel, mense wat hulle jong kinders op vierwiel motorfietse laat ry en die swembad heinings is net ‘n paar van die dinge wat my brusend maak van nalatige ouers.

    Baie goeie punte wat jy gemaak het.

  • 40. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 7 : 07

    HALLO ! ! ! mense 😀

  • 41. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 7 : 12

    Veiligheid is vir die SWAKKELINGE !!! 😈

  • 42. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 7 : 41

    En lyk my vandag gaan nie anders wees as gister nie…… 🙄

    niemand chat nie….

  • 43. Xanika  |  Desember 4, 2008 om 8 : 54

    Goeiemore

    Leef Daantjie Kat ooit nog? Dink daar is ‘n paar groot mense wat ook kan nut vind deur na hom te luister.

    ‘n Ongeluk is so vinnig om te gebeur en as mens so soek vir probleme, moet jy weet jy gaan dit een of ander tyd kry. My laaitie weet ons ry nie voor hy nie vasgegordel is nie. En hy mag ook nie fiets ry as hy nie sy “fiets hoed” op het nie, al is dit net in ons tuin.

    Wille Kjind Q – baie geluk met jou kid se trophies.

  • 44. Nats  |  Desember 4, 2008 om 8 : 58

    Goeie more julle!!!

    Jammer ek is soooooo besig ek vat nie grond nie!!!

    Topic
    Ek stem 100% saam Tweeling!!!
    Wat my ook pla is mense wat voor sit met ‘n kind op hul skoot!! Vriende van my ouma hulle het almal so in ‘n motor dood verongeluk – die 3 jarige dogtertjie op die ma se skoot het geen kneus of seer plekke gehad nie, net haar nekkie was gebreek omdat die ma probeer keer het en die impak haar nekkie gebreek het!!

  • 45. WILLE KJIND Q  |  Desember 4, 2008 om 8 : 58

    @ Arne

    More en welkom!

    @ Zoeks

    Ek issi baie lus om te werk nie maar ek MOET alles uitsort voor more!👿

  • 46. WILLE KJIND Q  |  Desember 4, 2008 om 9 : 00

    @ Xanika

    More. Dankie maaikie. Wa die shampers?

    @ Nats

    Lo da my 3ling se 2ling!

  • 47. Nats  |  Desember 4, 2008 om 9 : 11

    More Wille Q!!

    Sien julle weer bietjie later!!!

  • 48. Xanika  |  Desember 4, 2008 om 9 : 51

    Sal liewer die shampers vir nog so ‘n week moet bêre as die kantoor sluit…

  • 49. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 10 : 23

    Haloooooo ! ????

    iemand nog hier? ?

  • 50. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 10 : 24

    .
    .
    .
    .
    B
    o
    r
    i
    n
    g

    b
    l
    o
    g

  • 51. Night Crawler  |  Desember 4, 2008 om 10 : 29

    En hoe gaan dit hier met al julle mende hier in blog land?

  • 52. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 10 : 36

    More almal

  • 53. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 10 : 37

    Hand op!

  • 54. Xanika  |  Desember 4, 2008 om 10 : 37

    Hi Night Crawler

    Sommige werk te hard om te kan kla en die ander moan net oor die boring blog…

  • 55. Xanika  |  Desember 4, 2008 om 10 : 39

    More Adrie

  • 56. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 10 : 43

    Hallo Xanika, NightCrawler, Adrie

  • 57. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 10 : 50

    ek moan nie ek noem maar net ‘n feit 🙄

    b o r i n g – b l o g

  • 58. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 10 : 50

    Het iemand julle vingers gesteel?

  • 59. Xanika  |  Desember 4, 2008 om 10 : 52

    Hallo Zoekoe

  • 60. Olga  |  Desember 4, 2008 om 11 : 26

    boring blog of boring mense op die blo?

  • 61. Olga  |  Desember 4, 2008 om 11 : 30

    zoekoe is natuurlik helemal reg. veiligheid is vir sissies. almal weet egter en ek stem hierm3 ook heeltemal saam, LIEWER BANGJAN AS DOOIEJAN.. VIVA VEILIGHEID. ek is eerder n lewendige sissie, dankie.

  • 62. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 11 : 33

    Boring mense. Gevrek

  • 63. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 11 : 35

    Ek wonder of carols gaan uitreen?

  • 64. Olga  |  Desember 4, 2008 om 11 : 38

    hulle is soos in totaal gevrek.

  • 65. Olga  |  Desember 4, 2008 om 11 : 39

    vanaand se carols?

  • 66. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 11 : 45

    Wat jac reel,

  • 67. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 11 : 47

    Grrr

  • 68. Xanika  |  Desember 4, 2008 om 11 : 53

    skuus ek is een van die boring mense op die blog, maar ek probeer nog ‘n salaris ook verdien

  • 69. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 12 : 06

    Ek kan deesdae nie my rug vir 10 minute draai nie. Dan vergaan alles.

  • 70. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 12 : 07

    Xanika

    Jy is gelukkig dat jy ‘n salaris kry. Ek kry net peanuts, sonder sout.

  • 71. Xanika  |  Desember 4, 2008 om 12 : 08

    @ Adrie

    Hou dan asseblief op om jou rug te draai!

  • 72. ADRIANA  |  Desember 4, 2008 om 12 : 15

    Xanika

    Ek sal moet. Julle is soos kleuters. As niemand kyk nie, breek julle alles af.

  • 73. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 12 : 15

    10 minute – gmpf !!! jys al vir dae lank ingocnito Adrie 🙄

  • 74. Beeld  |  Desember 4, 2008 om 12 : 21

    Londen. – ’n Suid-Afrikaanse vrou is onder ’n groep mense wat in Wallis en Ierland deur die polisie op klagte van mensehandel gearresteer is.

    Daar word vermoed dat hulle deel is van ’n internasionale prostitusienetwerk wat deels oor die internet bestuur is.

    Die polisie het die 31-jarige vrou saam met ’n 47-jarige Ierse man in Pembroke?shire, Wallis, vasgetrek, het die BBC gistermiddag berig.

    In Ierland is nog vier mans en twee vroue weens die vermeende organisering en bestuur van prostitusie in hegtenis geneem.

    Die polisiediens in Noord-Ierland het tot dusver minstens agt vroue geïdentifiseer wat hulle glo Noord-Ierland ingesmokkel is uit lande buite Europa en toe in prostitusie ingedwing is. Sewe van die slagoffers is uit bordele gered.

    Die polisie glo die misdaadbende was in drie Europese regsgebiede bedrywig en het ook sterk bande met Suid-Afrika.

    Supt. Essie Adair van die Noord-Ierlandse polisiediens het gesê hulle ondersoek het verlede jaar begin en het speurwerk in Suid-Afrika, Noord-Ierland en Wallis ingesluit. – Korrespondent

  • 75. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 12 : 35

    Ek was toe reg. . .

  • 76. Beeld  |  Desember 4, 2008 om 12 : 42

    Susan Cilliers

    Een van die grootste mediese deurbrake in dekades – ’n entstof teen servikale kanker – is van gister heelwat goedkoper.

    GlaxoSmithKline (GSK), ’n navorsingsgegronde farmaseutiese en gesondheidsorgmaatskappy, het gister in Johannesburg aangekondig die entstof Cervarix, waarvan drie dosisse nodig is, is nou 36% goedkoper.

    Elke inspuiting kos nou R450 pleks van sowat R700.

    Ná die eerste inspuiting is nog een ’n maand later nodig.

    Die laaste inspuiting word ses maande ná die tweede gegee.

    Die entstof is ontwikkel om lewenslange beskerming teen servikale kanker te bied.

    Servikale entstof is ’n entstof teen die menslike papilloomvirus (MPV), wat tot 80% van servikale kankers veroorsaak.

    MPV word tydens seksuele omgang, of intieme genitale vel-tot-vel-kontak oorgedra.

    GSK se aankondiging oor die prysverlagting vorm deel van ’n reuse- servikale immunisasie-veldtog, wat onder andere deur dr. Peter Koll, ’n gerespekteerde Sandtonse ginekoloog, ondersteun word.

    “Die entstof is die grootste ontwikkeling in my 20 jaar as ginekoloog en kry nie die aandag wat dit verdien nie. Jong meisies behoort ingeënt te word nog voordat hulle seksueel aktief word – dit behoort trouens as die laaste van kinder-inentings beskou te word.

    “Servikale kanker is die tweede grootste oorsaak van kankersterftes onder vroue. Dis ontstellend om jong vrouens met kinders en families deur die kankerswaarkry te sien gaan.

    “ ’n Papsmeer alleen voorkom sowat 70% van servikale kankers, maar selfs met ’n Papsmeer kan kanker misgekyk word.

    “Alle vrouens gaan ook nie jaarliks vir ’n Papsmeer soos hulle moet nie. Inenting kan tot 80% van servikale kankers voorkom,” het Koll gister gesê.

    Volgens hom is die kwessie of mans, wat ook die MPV-virus dra, ook ingeënt behoort te word, nog omstrede.

    “Ons fokus vir eers op vroue, omdat hulle die ergste geraak word.”

    Die prysverlaging is maar net die begin om inenting teen servikale kanker vir alle vroue in Suid-Afrika toeganklik te maak.

    “Ons wil nouer saamwerk met onder meer die regering om die entstof nog toegankliker en meer bekostigbaar te maak,” het mnr. David Pritchard, bestuurder van GSK Suid-Afrika, gesê.

    Jy benodig ’n doktersvoorskrif vir die entstof. Enige dokter of klinieksuster kan jou inent.

    Die feite

    Servikale kanker is wêreldwyd die tweede grootste oorsaak van kanker onder vroue en lei jaarliks tot 270 000 sterftes.

    Servikale kanker kom voor wanneer die menslike papilloomvirus (MPV) hardnekkig is en dan in kanker ontwikkel.

    Tot 80% vroue wat seksueel aktief is, doen MPV in hul leeftyd op. Hoe ouer hul word, hoe groter die risiko dat dit kanker word.

    Sowat 100 soorte MPV’s is reeds geïdentifiseer. Hiervan veroorsaak sowat 15 servikale kanker.

    In Suid-Afrika ontwikkel sowat 6 700 vroue jaarliks servikale kanker. ’n Geraamde 3 700 van hulle sterf daaraan.

    Een uit 26 vroue in Suid-Afrika loop die risiko om servikale kanker in haar leeftyd te ontwikkel.

  • 77. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 12 : 43

    Waaroor was jy reg, Zoeks?

  • 78. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 12 : 47

    Aag sommer alles !

  • 79. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 12 : 55

    Nou gorrel jy weer dik stukke.

    Fiela

    Gaan pie vir Zoekoe nat.

  • 80. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 1 : 07

    Ek eet tog lekker pizza.

  • 81. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 1 : 08

    Ek sou gedeel het, maar aangesien hier niemand is nie.

  • 82. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 1 : 08

    Ek gorrol en ek borrol maar die plek bly gevrek !

  • 83. Olga  |  Desember 4, 2008 om 1 : 19

    juf annie, le jou sellulere divisie weer by die huis?

  • 84. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 1 : 29

    Nee sy dink mos sy kan almal omkoop met kos…. wel…. dit het amper gewerk met my, behalwe dat ek darm klaar lekker ge eet het

  • 85. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 1 : 36

    Jy gorrel en borrel nie mooi genoeg nie. Dit is die probleem

  • 86. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 1 : 39

    Ons weet ook almal jy is altyd honger.

  • 87. White Knight  |  Desember 4, 2008 om 1 : 44

    Dagse Julle Kletsers

    Veiligheid is altyd belangrik rondom kinders, Maar Afrika is ook nie vir sissies nie.😀

    In elke geval, kuier lekker verder.😉

    Groete

  • 88. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 2 : 03

    Nie altyd nie…. direk na ete is ek gewoonlik vol…. 🙄

  • 89. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 2 : 05

    Vol van jouself, ja.

  • 90. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 2 : 35

    vol kos 🙄 duh !!

  • 91. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 2 : 41

    Vol stront ook.

  • 92. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 2 : 48

    kos maak stront – die een van die natuur se wette !

  • 93. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 2 : 51

    Jammer Ridder

    Ek weet nie hoekom wordpress daarop aandring om almal te moderate nie.

    GRRRR

  • 94. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 2 : 52

    huh ? ? ❓

  • 95. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 2 : 53

    Maar die stront wat ons hier praat, is glad nie die natuur se skuld nie. . .

  • 96. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 2 : 53

    Zoekoe

    Met wie het jy baklei dat almal net weg is? HUH???

    Ek watch vir jou!!!

  • 97. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 2 : 54

    Ek ? ? ? ? wassie ekkie 😮

  • 98. roer  |  Desember 4, 2008 om 2 : 57

    Aaaah! ‘n Possie so na my hart.

    “By al die huise waar ek die afgelope jaar was, het net een ‘n veiligheidsheining gehad.” Dit was seker myne waarvan jy praat (seg ek met trots…😆 ) Moet tog net niks se^ van my terries wat van die dak af spring ens nie!

    NET gister ry ek weer OP DIE SNELWEG verby iemand wat ‘n kleuter op die agterste sitplek laat staan. Dit MOET onwettig verklaar word en mense wat dit toelaat moet ‘n hewige boete kry, want hulle is onbevoegde ouers. As hulle nog in ‘n ongeluk betrokke is waarin die kind dan seer gekry het of gesterf het, moet hulle tronkstraf kry. Dis nalatigheid in die hoogste graad.

  • 99. roer  |  Desember 4, 2008 om 2 : 58

    Howdie Zoekoe

  • 100. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 3 : 00

    Hallo Roer 😀

    gaanit?

  • 101. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 3 : 01

    Genade

    Skrik ek my amper dood toe Roer so skielik praat.

  • 102. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 3 : 02

    Maar as jy al die ouers toesluit vir nalatigheid as die kinders seerkry, wie gaan dan na al die kinders kyk ? ?

  • 103. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 3 : 02

    Tannie Roer

    Dit is teen die wet.

    En😉 al wat ek van jou huis gaan se is dat dit nie jou baba was wat ek alewig moet red nie.

  • 104. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 3 : 04

    Ek se mos al lankal, dit is jammer dat daar nie lisensies uitgereik word voordat iemand aan teel nie.

    Zoeks

    Ons sal maar al die kinders op jou voorstoep aflaai. Toemaar, jy hoef nie jou bier met hulle te deel nie.

  • 105. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 3 : 06

    Hie Hie Hie

    Val iets my nou by. ‘n Sekere blommie hierso se heining van haar swembad is so veilig, sy het nie eers ‘n sleutel om self in te gaan nie. As jy nie oor die heining kan klim nie, kan jy nie swem nie.

  • 106. roer  |  Desember 4, 2008 om 3 : 34

    Jy Zoekoe! Jy…😆

  • 107. Adrie  |  Desember 4, 2008 om 4 : 01

    Great minds

  • 108. Zoekoe  |  Desember 4, 2008 om 4 : 30

    great minds? ? ? waar ??

    oja – fools never differ

  • 109. Olga  |  Desember 4, 2008 om 4 : 47

    zoekoe het almal se pap opgeeet. baie dinge is onwetti. maar ja, vir wie? net vir ons wat die ou reeltjies gehoorsaam. mense ry dan steeds sonder veiligheidsgordels. ry selfoon teen die oor. en selfoon teen die oor is niks. kyk maar hoeveel ry selfoon in die hand. op chat? mxit? blog? dit grens aan krimineel. pKORREKSIE. dit is krimineel.

  • 110. ADRIANA  |  Desember 4, 2008 om 4 : 48

    Gmffff

    Snaaks hoe 3 vingers altyd terug wys.

  • 111. ADRIANA  |  Desember 4, 2008 om 4 : 50

    Dit is natuurlik vir Zoekoe bedoel.

  • 112. Olga  |  Desember 4, 2008 om 5 : 18

    dap wat heerlik koel begin het, het n scorcher geword.

  • 113. Pikkelik  |  Desember 4, 2008 om 5 : 33

    Geskenkie vir jou!!!!

  • 114. Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin’s Klasak  |  Desember 5, 2008 om 7 : 47

    […] gebukkend gaan, gaan daar al hoe meer skelms en kansvatters daarbuite wees. Dink tog maar aan veiligheid oor die tyd in die algemeen, en wees ekstra versigtig op die paaie en waarmee jou kinders in […]

  • 115. johnny  |  Desember 29, 2008 om 5 : 26

    Q2fKhU Thanks for good post

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: