Verpes-plesier

Desember 2, 2008 at 6 : 20 140 Kommentaar

Daar is ‘n prys om te betaal om my pad te kruis.  Die kanse is baie goed dat ek jou gaan aanwend om my te vermaak.  Ek is self nog erger in die regte lewe as in die blogwêreld.  Ek het besluit om vandag my donker kant met julle te deel.😈

Vodacom het jare terug ‘n produk bekend gestel waarmee jy die hele jaar verseker was van lugtyd.  Ek het in die tyd my eerste selfoon gesteel en wou die kaart laai.  So is ek na die naaste winkel wat dit aanhou.  Die bestuurderes vertel vir my in kleur hoe ek 365 dae gratis lugtyd, 20 smse maandeliks verniet kry, ek kry tot gratis toegang tot nooddiens.  Al wat ek moes doen is om R120 te betaal.  Ek wou weet waarvoor die R120 is.  Daar rammel sy weer alles af wat ek gratis kry.  Ek wou weet as dit gratis is, hoekom moet ek die R120 betaal.  Sy kon dit net nie snap nie.

Ek verpes ‘n sekuriteitswag.  Die man moet seker maar net sy werk doen, maar ek gaan dit nie vir hom maklik maak nie.  Hoekom wil hulle altyd weet wat in my kattebak is?  Ek weier gewoonlik en vertel hulle gewoonlik dat ek een of ander grootkop se lyk daarin het.  Nege uit 10 kere laat hulle my gaan.  My dag is gemaak as hulle my vra of ek iets het om te verklaar.  My gewone antwoord is ‘n kernbom.  Dit werk soos ‘n bom.  Die hek word oopgemaak en ek kan doen wat ek wou gaan doen het.  Die lekkerste is natuurlik om dinge in en uit te smokkel sonder dat die wagte dit besef.  Spaar my moeite, hulle papier en laat my soos ‘n spioen voel.

Hoe gemaak as jy dieretuin toe gaan om ‘n Reuse Panda te sien?  Of wildtuin toe omdat jy graag ‘n wildehond en ‘n Swartwitpens wil sien.  Dieselfde as wat jy maak as die waterval wat jy gaan kyk het nie die ingangsgeld werd was nie.  Jy gaan soek jou kleingeld.  Jy het mos nie alles gesien as waarvoor jy betaal het nie.  Dit is dan net regverdig dat jy nie die volle prys betaal nie.  Beter nog, kyk of jy vooraf die prys kan afstry.  Dring daarop aan dat jy net 12 is of nog ‘n student is. 

Dit bring my tot winkels.  Het julle al ooit probeer om hulle aan hulle beloftes te herinner?  Hulle sal gewoonlik langtand daarvoor instem, maar die belofte verwyder voordat jy behoorlik uit die winkel is.  Dit is sommer bog om ‘n toeriste prys vir iets te betaal net omdat jy toevallig in ‘n toeriste gebied is.  Dring op die plaaslike prys aan.  Wat van afslag omdat jy ‘n gereelde klient is?  Hier geld die ou gesegde nog dikwels.  Wie nie waag nie, wen nie. 

Ek is enige bemarker se droom.  Ek raak nooit ongeskik of dreig hulle met die wet nie.  Ek luister beleefd en vra baie belangstellend vrae.  Hulle hoor al hoe die sente inrol wanneer ek alte liefies nee sê.  Dit is soos ‘n ballon wat bars. O ja, het julle al ooit probeer om ‘n Jehove getuie te bekeer?  Hulle vertel al hulle maatjies en hulle vermy jou soos die dood.

Amper vergeet ek van kelners.  Hulle verdien amper ‘n blog op hulle eie.  Ek aanvaar my rekening op een manier, met baie sweets.  Dit is nou as ek van hulle sweets hou.  Anders moet hulle maar koekies bring.  Ek toets ook hulle produk kennis deeglik.  Net dan om hulle wiele pap te maak met iets heeltemaal onverwags. 

Genoeg gebieg vir een dag.  Hoe vermaak julle julleself?

Blogvraag:  Wie is die stigters van Mugg & Bean?

Blogantwoord:  Olga was reg met Lydia Pinkham.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wanneer verdien jy ‘n dranklisensie? Veiligheid

140 Kommentaar Add your own

  • 1. aventer  |  Desember 2, 2008 om 6 : 34

    EKS EEEEEEEEEEEEERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 2. aventer  |  Desember 2, 2008 om 6 : 35

    wel….ek vermaak myself deur vreemde gediertes op te tower in my gedagtes en dan vir elkeen ‘n naam te gee…

  • 3. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 6 : 36

    Ben Filmalter

  • 4. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 6 : 37

    Hey, wag vir my!

  • 5. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 6 : 45

    Sies, daar hardloop julle weg!😥

  • 6. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 6 : 57

    DRIESTE!

  • 7. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 04

    En al1……

  • 8. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 04

    Adrie ek sal mos nooit vir jou sê wat ek doen nie. Jy sal jou klere skeur en jouself met as gooi! 😆

    Maar soos jyself nou weet het ek nogal ‘n erge donkerkant. Elke mens wat my ontmoet is gewoonlik heeltemal van koers af in die eerste 15 minute!!! whahahahaha

    Oe! en Teddie en my bulletjies ontgeld dit heeldag! Veral as ek ietsie soek of gedoen wil hê!! Ek sal vinnig lostrek en hulle duidelik laat verstaan dat ek dink hulle nie meer lief is vir my nie.:mrgreen:
    Ek sal aanhou tot hulle so skuldig voel dat hulle die wêreld vir my sal versit! Net om op die einde te laat val dat ek buitendien nie daardie ding soek of gedoen wil hê nie. whahaha

    Hoe ek myself vermaak? Ek is heeldag besig om almal poetse te bak met ‘n straight face! Of ek gaan aan die gil vir ‘n plastiek slang wat ek self daar neer geplak het. Die werkers skreeu en hardloop verskrik weg! Jôjô hierdie vrou is nie reg in die kop nie!!! 😆

    Ek is ‘n handvol, maar dit hou die lewe interessant! 😆
    Wie wil nou boring wees?

    Ek het dan so pas 5 minute terug jou siel uitgetrek, dis net garing draadjies wat oor is!!! whahahahaha

    Kleinkinders, Listen carefully, I’m going to say this only once……
    Julle moet soet wees, Ouma gaan met vakansie.
    Die ossewa staan gepak …. vol koffers en proviant!!!!
    Swartland, Rooiberg en die ander osse het goed uitgerus en lyk gretig vir die reis!!!
    Ouma gaan haar selfoon afskakel, die ding is in elk geval net ‘n nuisance!!! :mrgreen: Die vervlakste ding is ook so klein Ouma sukkel om die knoppies te sien sonder ‘n bril en daardie wilde lui-toon is te vreeslik. Ek het vir Gysie gesê hy moet vir Ouma “Aanstap Rooies” opsit, maar hy vertel toe mos vir Ouma die liedjie’jie is te oud, en hy sal nooit daardie ring-tone in die hande kan kry nie. Dis juis die probleem vandag se jongmense ken nie meer mooi musiek nie.

    Natuurlik gaan ek my juweleboksie(rekenaar) en “cap” ook laat rus. Oupa het amper stuipe gekry tot hy die maand se rekening sien. Maar ek het hom net vinnig versterkdruppels ingejaag. Ek het hom ook verseker dat dit nie weer sal gebeur in Desember nie. Hy hoef nog nie te weet van 2009 nie, anders sal hy nie bedaar nie.

    Dankie vir al die lekker saamspeel die jaar.! Natuurlik gaan Ouma vreeslik verlang, maar as julle soet is bring Ouma vir julle ietsie lekkers saam! 😉 Ons het darem lekker sports gehad nê?

    Dankie ook vir julle kuiertjies op Ouma se blog! Alhoewel Adriana Swanepoel net altyd aan die gil en skreeu raak daar!:mrgreen: Nou weet julle hoekom lyk haar ore soos satelietskottels …… Ouma het elke dag haar ore 6 keer geknyp, gepluk of getrek!!! 😯

    My wense is aan elkeen van julle vir die mooiste Kersfees en mag 2009 vir julle net mooi dinge inhou.

    Tata
    Ouma Rosie

  • 9. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 05

    Dan vermaak ek dan maar myself

  • 10. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 06

    Nou vir wat is Ouma se kommentaar op moderation???? Huh wat het ek gedoen????

    Nou is Ouma erg beswaard!! Sy ruk haar bloomer op en pluk die bolla reg en haal haar fynste sakdoekie uit om die traantjies weg te vee!

    Dan wip sy haar boude 3 duim in die lug en vat die pad!!!

  • 11. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 07

    Hello Willekind

  • 12. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 07

    ADRIEEEEEEEEEEEEEEEEEEE

  • 13. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 07

    Hallo roofleser

  • 14. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 08

    He he!

  • 15. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 09

    Nou vloek Ouma se soetse kleinkind haar uit as ‘n skelm!!! Behoede my, Ouma kort versterkdruppels 😯

  • 16. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 09

    Wille Kindjie wanneer gaan jy met vakansie?

  • 17. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 10

    Die klein mêrrie soek seke wee kak iewers met iemand

  • 18. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 11

    Ek gat Sat ry ouma. Natuurlik willetuin toe

  • 19. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 12

    Ek soek nog my oom se miljoene

  • 20. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 13

    Ie jo

  • 21. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 14

    Gaan jy alweer willetuin toe??? Hoeveel olifante wil jy nou nog sien? Het jy tyddeel daar Willes???? 😆 Jy moet dit geniet!!!!

    Ja ek dink ook sy soek weer êrens moeilikheid, vandag gaan ek nie nonsies duld nie. Ek draai altwee haar ore mors-af!! Kan jy glo dat sy Ouma se kommentaar op moderation het! En dit nadat ek vir haar gesê het ek kom ‘n baie lang briefie vir my kleinkinders los! Die klein merrie! As ek haar vanaand in die hande kry, bly daar net bloedspatseltjies oor! :mrgreen:

  • 22. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 15

    Daar is my kommentaar weer op moderation???? Wat gaan in die huis aan??? So kan dit nie aangaan nie???

    Ek kan nie ‘n normale gesprek hier voer nie! 😦

  • 23. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 15

    My foun tjank alwee dat sy bêtrie pap is. Simpel ding! TSK!

  • 24. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 16

    Mag ons nou net 1 sin kommentaar lewer?? Is hier nuwe reëls Willes???

  • 25. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 17

    Willes jy moet jou vakansie geniet!! Veilig ry!

  • 26. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 17

    Ai tog…. Klink my ouma raak kêns

  • 27. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 18

    Ek sweer daar is 2 van my kommentare op moderation, Willes, kan jy my lang kommentaar sien????

  • 28. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 18

    Byt vas. Ek gaan kyk gou

  • 29. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 18

    Ek gat later wee kom gesels

  • 30. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 19

    wag dat ek haar bel!!! 😈

  • 31. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 19

    elo daar.

  • 32. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 19

    Hardloop! Adrie!!!!

    Bye Wille kindjie!! Soet wees! 🙂

  • 33. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 20

    Hello Olga, hoe gaan dit???

  • 34. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 22

    Ouma tik met haar fyn skoentjie op die teëlvloer en kap die kierie ook ongeduldig!!!! Klein merrie!!

  • 35. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 22

    Kan ek jou dalkies kom help??? 😈

  • 36. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 23

    ek kry hulle gewoonlhk by die til. as daar 1 prys op die rak is en hulle scanner wys hoér prys, dan vat ek hulle aan. of dit nou 1c of r10 is. wys hulle egter laer prys, is dit hulle saak. as dit steel is, dan is ek maar n dief.

  • 37. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 23

    Vir wat is dit net my kommentaar wat op moderation is HUH?????

    Wie dink jy betaal die huur vir die huis???

  • 38. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 24

    gaan goed, dankie wipneus. jy moet die herriemerrie kort vat en kort hou.

  • 39. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 24

    Dis reg Olga!! Hulle moet jou die prys vra wat hulle op die rak vertoon!!! Dis niks diefstal nie!!!

  • 40. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 25

    Olga ek wag vir haar!! :mrgreen: Al sit ek hier tot middernag! Sy weet natuurlik nie waar die knoppies sit nie!!!

  • 41. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 26

    hoekom kom net n gedeelte van my 5c deur? hoe gaan dit wipneus?

  • 42. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 27

    Olga dit gaan baie goed met my!!! Maar wag eers …….. as dit nie goed gaan nie, sal jy my dalkies kan help???? he he

  • 43. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 28

    Adrie kyk by comments approve asb net my comments as jy so gaaf sal wees!!!

  • 44. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 28

    of sy sit en suip weer op die dak, wipneus. jy moet die deng ring deur die neus sit en intoom as sy so uitrafel.

  • 45. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 29

    Olga hierdie hele blog hang skeef!!! Ek dink hier was weer partytjie gehou terwyl ek nie hier was nie!! Ek sien juis die kruideniers en drankkaste is alles leeg!!!

  • 46. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 29

    ek help graag. wil jy he ek moet n wip vir haar gaan span?

  • 47. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 30

    Is jy al op vakansie Olga?

  • 48. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 31

    hulle het wild geparty wippie. dit was na sisters with blisters. toe wou die herriemerrie n shane hondjie gaan steel het.

  • 49. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 32

    nee, wat wipneus, arm mense kry nie vakansie nie.

  • 50. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 32

    Olga ja, slim plan….. gaan span asb die wip wat Ouma vir die rooibokke gekry het! Ouma kan nie die jag stories doen nie, dus ek span maar gereeld so onwettige wippie jy weet!! ‘n Oumens kry darem mos ‘n belustigheid vir ‘n stukkie droë vleis!!

  • 51. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 32

    GRRRR

    Skinderbekke.

    Gebeur nou as iemand ‘n comment langer as my post tik. Meester manipuleerder.

    (Ek weet nie wat gaan deesdae met WordPress aan nie.)

  • 52. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 33

    Wil sy sowaar Ouma se hondjie gesteel het!! Ek wou sê die hond kry deesdae te veel paniekaanvalle!!! 😯

    Arm??? ja, ja ek het ook al daardie een gehoor! Mind u dis die kinders wat ons so arm maak!!

  • 53. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 35

    Adrie kyk hoe rooi word jy, jy lieg blatant in Ouma se gesig!! Jy het my kommentaar op moderation gesit!!! Ouma mag ‘n lang kommentaar tik, ek betaal after all die huur op hierdie bouval!

  • 54. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 36

    ja, sy wou die honjie aan my verkoop het vir n papsak wyn. toe hap hy haar op har vinger.

  • 55. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 37

    GMPH!!!!!

    Sorg dan dat die plek geverf word ook.

  • 56. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 38

    Olga

    Jy weet mos ek het niks teen maltese nie.

    FIELA!!!!!!!

    Moenie vir ouma byt nie.

  • 57. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 40

    Ten minste is Shane nie so groot snob as sy Mies nie. Hy het heel lekker saam geparty.

  • 58. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 41

    Het sy nou oorgeskakel na goedkoop wyn??? Die arme ding is besig om haar bankrot te drink!! Ouma sal moet bel vir berading!!

    Ouma sal die plek verf! Die ding is heeltemal sonder kleur!!! Mens moet dit bont maak!

    Shane sa!!! vat haar!

  • 59. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 42

    Jaaa! Ouma is seker dan maar ‘n snob! Ek sal maar vir berading moet inboek, dis eindelik alles oumagrootjie se skuld, sy het mos gedink omdat sy daardie fling met Oom Paul Kruger gehad het, sy is nou van die adelstand!!

  • 60. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 44

    Adriana het jy vanaand jou groente opgeëet of het jy alweer die ertjies onder die jêm squash weggesteek!!!! Eet daardie verdomde kool!!!! 😈 Vir wat dink jy pak jou ma daardie vrieskas vol kos!!!

  • 61. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 44

    MAXINE

    Nats gaan jou boude slaan. Jy kan nie vir Shane wil eet nie.

    Fiela, Maxine, Shane en Bessie – ek dink julle moet gaan pie. Buite, nie binne nie.

  • 62. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 46

    Ek eet altyd my groente. 👿 Tot die brocolli. GRRRR

  • 63. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 46

    Vat die honde uit om ‘n draadjie te gaan loop Adrie, Ouma wil vroeg gaan slaap, dis môre ‘n lang rit in die hitte! Ek wil die osse vroegdag in die pad laat val!

  • 64. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 47

    Ouma Wip! Jok jy op ‘n openbare blog oor my oom. Ag nee. Siesa!

  • 65. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 47

    Oe iets het nou net oor Ouma se graf geloop, Ouma ril tot in haar middel toontjie in!! Hier mag nie brocolli in hierdie huis gekook word nie. Ouma eet dit nie!!!!

  • 66. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 48

    Wie’s jou Oom Wille Kind????? Is hy van onse mense???

  • 67. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 49

    jy moet heerlik vakansie hou ouma wip. goed uitrus en versterk en veilig terug kom. geseende kersfees vir jou en joune. alle heil en voorspoed vir 2009.

  • 68. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 49

    Brocolli maak mens siek! Jy kry koors daarvan😈

  • 69. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 49

    Honde het klaar gaan pie en bollie.

    Waar gaan die vakansie wees?

  • 70. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 50

    Oom Paul Kruger

  • 71. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 50

    Baie dankie Olga, met sulke goeie wense kan dit nie anders as om ‘n lekker feestyd te wees nie. Al daardie goeie wense ook vir jou en jou geliefdes!!! Dit sluit die kinders en honde in😉
    Mag 2009 vir jou helder skyn!

  • 72. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 50

    Geen wonder sekere oumense is altyd so siek nie.

  • 73. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 7 : 51

    Ek wil saam gat op vakansie

  • 74. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 54

    dankie ouma wip. juf annie, jy het vi bessie geskop. kyk jou soolprint op haar pels. siesa. gaan speel nou vir haar kurt darren cd om jammer te se.

  • 75. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 55

    En waar moet ek dalk ‘n Koert van Heerden CD uitkrap?

  • 76. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 56

    Sam se Opera se mini het al weer die gees gegee.

  • 77. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 56

    Ek gaan nie hier vertel waar ek vakansie hou nie Adriana, koppies het ore!!! Hier hang juis deesdae verdagtes rond! Ouma sal geen rus kry nie, hulle sal al my proviant uit suip!

    Sam weet jy dat Paul Kruger regtig familie is van Oupa Teddie, nou dit maak ons twee bloed familie!!! :mrgreen:
    Ek skaam my dood, het die man nie die kluts kwyt geraak nie???? Ek ken nie eers daardie deel van die geskiedenis meer nie!!!

    Wille kind ek sal jou duskant De Aar optel vir die vakansie????

    Wie is die oumens wat so baie brocolli eet Adriana??? Groot fout Mev Msimang het gesê net knoffel, suurlemoene en beet is nodig vir ‘n gesonde lewe!!! Verder kan jy maar doen wat jy wil!!! :mrgreen:

  • 78. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 57

    My comment is onder moderation wag dat ek hom opbreek

  • 79. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 57

    Ek gaan nie hier vertel waar ek vakansie hou nie Adriana, koppies het ore!!! Hier hang juis deesdae verdagtes rond! Ouma sal geen rus kry nie, hulle sal al my proviant uit suip!

  • 80. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 57

    Sam weet jy dat Paul Kruger regtig familie is van Oupa Teddie, nou dit maak ons twee bloed familie!!!:mrgreen:
    Ek skaam my dood, het die man nie die kluts kwyt geraak nie???? Ek ken nie eers daardie deel van die geskiedenis meer nie!!!

  • 81. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 57

    Wille kind ek sal jou duskant De Aar optel vir die vakansie????

    Wie is die oumens wat so baie brocolli eet Adriana??? Groot fout Mev Msimang het gesê net knoffel, suurlemoene en beet is nodig vir ‘n gesonde lewe!!! Verder kan jy maar doen wat jy wil!!!:mrgreen:

  • 82. Olga  |  Desember 2, 2008 om 7 : 58

    gaan koop ene. jy wou mos my hond skop.

  • 83. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 7 : 59

    Ek praat van die Ouma wat nie brocolli eet nie. Wat so sukkel.

  • 84. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 59

    Ag ja Adriana gaan sit vir ouma Kurt’jie se cd op, die een van Loslappies

  • 85. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 7 : 59

    Wat is ‘n opera se mini????

  • 86. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 00

    Olga

    Jou hond probeer my frame. Sy het self in my voet vasgeloop.

  • 87. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 00

    Ek sit nie my mond aan Brocolli nie, dit is medisyne as jou maag pyn!!! Ouma eet ook nie vrugte nie, dit koop ek net vir die pappegaaie! Ek is nie ‘n gaai nie!

  • 88. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 01

    Wat soek Olga se hond by jou Adriana??? Jy is gevaar vir enige ding met asem!!

  • 89. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 01

    Ouma

    Daardie ding op jou selfoon wat maak dit jy lustig kan saamblog.

  • 90. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 02

    Ouma

    Bessie het van Olga af weggeloop.

    En kerm net weer in my ore dat jy siek is.

  • 91. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 02

    Adriana, jy moet vir Ouma opera kom opsit, watse area gaan hulle sing?? Is dit nou Mozart of Beethoven??? Ouma luister nie enige twak nie! 😆

    Bessie kom sit dadelik hier onder Ouma se stoel, daardie merrie is nie lief vir vreemde diere nie! Snob!!!

  • 92. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 03

    he, he, he. bessie het tog nou wraak geneem. sy het met fiela in die fontein gaan swem.

  • 93. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 03

    Ek sal by jou kerm, jy moet kyk dat ek gesond is en bly. Ek het jou aangestel in daardie pos!

  • 94. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 04

    Die hele huis gaan nat word van die honde wat in die water gespeel het. Ouma gaan haal gou die mop!

  • 95. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 04

    WHAHAAHAHAHAHAHAHAHAHA

    Bessie sit waar sy wil en nie waar iemand wil he sy moet sit nie.

    Dalk moet ek eendag ‘n foto van Bessie opsit.

  • 96. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 05

    dit lieg jy herriemerrie. jy het my hond gesteel.

  • 97. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 06

    Watse geslag en nasionaliteit is Bessie dan kindjie??? Is sy ‘n rêrige hond?? Jy moet dat Ouma haar weer wip, waar het jy nou gesien mens lag vir ‘n oumens! Pure stuitigheid!

  • 98. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 06

    Ag nee. Fiela is nog ‘n babahondjie.

    He He He

    Daar gaan le sy met haar nat lyf in Bessie se mandjie. En Maxine pieps in haar waterbak.

    Ouma

    Eet jou brocolli. DE!!

  • 99. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 06

    Is Bessie nou by Adriana??? Adriana stuur asb vir Ouma ‘n foto van Bessie, dat ek sien of die hond goed opgepas word?

  • 100. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 08

    toe wou jy n losprys van my he. nou wik jy nie vi ouma wip en bessie loslappie speel nie. ek gaan vir bessie en shane toffies gee.

  • 101. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 08

    Olga

    Lies lies viscious lies. Die waghond het self in die maantuig gespring.

  • 102. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 10

    My CD speler is stukkend.

  • 103. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 12

    Julle praat ouma nou so deurmekaar ek maak niks meer uit van die gesprek nie

  • 104. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 12

    ek wou haar nie losprys betaal nie, ouma wip. nou moet juf annie elke dag kurt darren liedjie vir bessie speel. nou is sx gemeen met my hond.

  • 105. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 13

    Olga wie en wat is Bessie, is dit nou ‘n hond en is die hond by Adriana???

  • 106. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 15

    Ouma

    Olga se hond sing mos saam met Koert van Heerden as hy op die radio is.

    Almal sleep mos hulle honde saam blog toe.

  • 107. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 15

    ek wil my hñd terug he herriemerrie. jy borsel haar nie mooi nie. en jy het haar tong vol lipstiffie gesmeer sodat mense nie haar swart tong mag sien nie.

  • 108. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 16

    Adriana, Olga en Wille kind

    Ouma moet nog gaan kersgeskenke toedraai as ek vanaand op my eie kooi wil slaap. Die hele kooi is besaai met kersgeskenke!

    Ek hoop julle gaan ‘n lekker kerstyd hê! Lekker rus! Geniet al die lekker kos, koek, poeding en terte!!!

    Mooi bly en lekker slaap!

  • 109. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 16

    Wip

    Bessie is regtig Olga se hond. Foto oppad per posduif. Uitstekende waghond, wag heeldag net vir kos.

  • 110. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 18

    Nag Ouma

    Lekker vakansie hou. Veilig ry en geseende kersfees.

    Olga

    Ek borsel haar glad nie.

  • 111. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 19

    nag ouma wip. slaap leke. en sterkte met die geskenke toedraai. veilig reis.

  • 112. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 21

    weet jy wat, wysneus? bessie het tog weggeloop. sy is terug by die huis. whela ka pela.

  • 113. Wipneus!  |  Desember 2, 2008 om 8 : 21

    Ek wag vir Bessie se foto! Ek kan nie glo wat ek hoor nie!! whahahahaha

    Dankie Adrie jy moet ook veilig ry! (Ek sal jou tog maar ‘n sms stuur – net om seker te maak jy bly uit die kwaad uit)

    Nag julle!!

  • 114. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 23

    Olga

    Dankie tog. Sy vreet my uit die huis uit. Meer as Maxine en Fiela saam.

  • 115. Olga  |  Desember 2, 2008 om 8 : 25

    laat ek my hond gaan versorg. sy lyk sleg. nag. almal. slaap leke.

  • 116. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 8 : 27

    Nou moet ek seker maar met die honde praat.

  • 117. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 9 : 41

    Pragtig! Nou kan ek inlog en almal het ge4kof

  • 118. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 9 : 43

    Kom Kaffor. Kom ons ga dux ma se noenkoes.

  • 119. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 9 : 46

    Ja Bessie…. Natuurlik kan jy saam Kaffor slaap. Hande bo die duvet nê!

  • 120. Olga  |  Desember 2, 2008 om 10 : 40

    wk, jy moenie my hond verkeerd leer nhe. haar plek is op die vloer. in haar mandjie of op haar lelike grys kbers.

  • 121. Wille Kjind Q  |  Desember 3, 2008 om 5 : 36

    Olga…. Ek dinki Bessie gat voor die naweek terug nie. Ek sal ha by die hek aflaai oppad na die willetuin toe😉

  • 122. Beeld  |  Desember 3, 2008 om 6 : 34

    Marietie Louw-Carstens

    Polokwane (Pietersburg). – Die Limpopo-rivier is met cholera besmet.

    Boere met besproeiingsplase wat aan die rivier grens, is uiters bekommerd nadat die gesondheidsdepartement in Limpopo mense gewaarsku het om glad nie die rivierwater te gebruik nie.

    Mnr. Phuti Seloba, woordvoerder van die departement, het gesê toetse is eergister op die water gedoen en dit is beslis besmet.

    ’n Ernstige cholera-uitbreking in Zimbabwe het onlangs na Suid-Afrika se mees noordelike provinsie oorgespoel. Die cholera het vermoedelik in die rivierwater beland toe siek Zimbabwiërs deur die rivier geswem het om in Suid-Afrika hulp te soek.

    Me. Marie Helm, streekbestuurder van TLU SA, het gesê die besmetting het verreikende gevolge.

    Talle boere gebruik water uit die rivier vir besproeiing van meestal groente. Die water word ook vir huishoudelike doeleindes deur plaaswerkers gebruik. “Boere en tradisionele leiers word gevra om inligting oor die besmette rivier te versprei en streng gesondheidsmaatreëls in te stel.”

    Inwoners van Musina is gerus gestel dat dié dorp se drinkwater nie beïnvloed sal word nie.

    Mnr. Wilson Dzebu, woordvoerder van die Musina-munisipaliteit, het gesê die dorp se water is van die Limpopo-rivier afkomstig, maar word goed gesuiwer.

    Verskeie inwoners het egter aan Beeld gesê hulle kook reeds as voorsorgmaatreël hul drinkwater of gebruik gebottelde water.

    Talle siek Zimbabwiërs het gister in Musina onder bome gesit of gelê terwyl hul aarvoedingsbuise aan bome se takke gehang het.

    Hulle word in tente by die Musina-hospitaal behandel, maar weens die erge hitte van tot 35°C in dié grensdorp is dit baie koeler onder die bome as in die tente.

    Die siekte het intussen nog ’n slagoffer geëis toe ’n 64-jarige Zimbabwiër eergistermiddag laat in een van die tente dood is, het Seloba gesê. Dit bring die dodetal in Suid-Afrika weens cholera sedert middel November op sewe te staan.

    Seloba het gesê 111 pasiënte word in die hospitaal en die tente vir cholera behandel. Vyf is na die Polokwane- provinsiale hospitaal oorgeplaas.

    ’n Dokter is ook uitgeplaas na die Madimbo-kliniek, tussen Musina en Pafuri, waar baie cholerapasiënte daagliks aanmeld.

    Intussen berig Sapa-AFP dat 484 mense reeds sedert Augustus in Zimbabwe aan die gevreesde siekte dood is. Meer as 11 000 gevalle is in die land aangemeld.

    Die eerste cholera-geval suid van die grens is op 15 November aangemeld toe ’n vrou in Musina behandel is. Sy het die siekte vermoedelik in die Beitbrug-gebied in Zimbabwe opgedoen en toe na Suid-Afrika gekom. Sedertdien doen die gesondheidsdepartement van Limpopo alles moontlik om die stroom siek Zimbabwiërs, wat elke dag meer word, te behandel.

    Vlugtelinge uit die land woon ook in haglike omstandighede op die Musina-skouterrein terwyl hulle wag om om asiel aansoek te doen.

    Behalwe vir die drie markiestente van die gesondheidsdepartement wat naby die hospitaal op die dorp opgeslaan is, het die Verenigde Nasies ’n bykomende tent staangemaak om pasiënte te rehidreer. Die Internasionale Rooi Kruis het gister ook pasiënte by die hospitaal bygestaan.

  • 123. Zoekoe  |  Desember 3, 2008 om 7 : 10

    Goeie môre mense ! ! ! 😀

    ek vermaak my self met DRANK !!

  • 124. Zoekoe  |  Desember 3, 2008 om 7 : 34

    En blog….. as daar mense is….🙄

  • 125. Olga  |  Desember 3, 2008 om 7 : 59

    more, more almal. dankie wk. ek hoop bessie het haar les nou geleer. sy moet nie in maantuie spring nie. ai, die stoutertjie. alhoewel, ek persoonlik dink sy was in die blou maantuig in gesit. maar ja.

  • 126. Olga  |  Desember 3, 2008 om 8 : 13

    soos julle nou al weet is een van my plesiere om te teef. nooit om n teef te wees nie. berigte soos die cholera een, laat al my hare regop staan. nou stroom siek zimbabweers al kakkend oor die grens. dink aan die bolle besmetting wat oral le. maar s.a moet oor hulle vader frigging cloete speel. hoekom gaan slaan hulle dan nie eerder verdomde tente in zim op en gaan help die mense daar nie? dan behoort meeste kak in zim te bly. ek hoop babara hogan gaan ons mediese dienste verskaffers goed in hulle gulsige bekke ruk. ek het gister my tumi tandarts toe geneem. tannde skoenmaak, 1 vlak stopseltjie kos toe r596. ek word vooraf vertel die tandarts se tarief is n TITSELTJIE hoér as wat die med fonds dink hulle dienste werd is. maar hulle kan my nie vooraf se hoeveel nie. goed. toe sy klaar is word ek gevra om bietjie te sit of wil ek eerder n rekening in die pos he. ek verkies om te betaal. hoeveel kan n TITSELTJIE tog nou wees? frigging fok!!! hulle titseltjie is na my mening n TITSELTJIE meer as n derde van die

  • 127. Olga  |  Desember 3, 2008 om 8 : 20

    rekening. n ronde r200. dis tog n basiese diens wat hulle verskaf. ek dink mediese dienste moes nes meds, gereguleer word. vra dr meer as die staats vasgestelde prys, gryp die lisensie. ons het die duurste opsie med fonds. oral en vir alles is daar steeds n BYBETALINGTJIE. as die mediese fondse onderbetaal, moet hulle toegemaak word. ons betaal meer, baie meer aan med fonds bydraes per jaar as wat ons mediese dienste gebruik. daarom kan ek nie insien hoekom ons altyd moe BYBETAAL nie.

  • 128. Olga  |  Desember 3, 2008 om 10 : 04

    hellooooo! is hier lewe vandag?

  • 129. Olga  |  Desember 3, 2008 om 10 : 06

    almal babbelas? ai, oe, nee.

  • 130. Xanika  |  Desember 3, 2008 om 10 : 18

    Goeiemore…

  • 131. Verons  |  Desember 3, 2008 om 10 : 28

    More julle!
    Wip jy moet mooi ry en veilig terug kom! “n Baie geseënde Kersfees en mag 2009 net mooi goed vir jou inhou!

  • 132. Zoekoe  |  Desember 3, 2008 om 1 : 00

    En nou is die blog heeltemal doooi ! 😦

  • 133. Olga  |  Desember 3, 2008 om 1 : 21

    hemand wat asem haal? elo? ai, bessie, kom huis toe. die laeveld is leeg sonder jou.

  • 134. Olga  |  Desember 3, 2008 om 1 : 24

    ñs pad word die eerste keer in 2 jaar weer geskraap. en met sand opgevul. so eerste swaar reen, en net roeibote kan daaroor. soms dink ek dit is nou tyd om dorp toe te trek.

  • 135. Zoekoe  |  Desember 3, 2008 om 1 : 36

    Olga, dis nog net ek en jy wat die plek aan die gang hou…. ek dink die madam en kie skuld ons ‘n prys vir al ons moeite !

  • 136. Olga  |  Desember 3, 2008 om 2 : 46

    JA, EK DINK OOK SO ZOEKOE. MAAR ONS WIL NIE MUGG AND BEAN TOE GAAN NIE. SY HET SHARES DAAR.

  • 137. Olga  |  Desember 3, 2008 om 4 : 57

    almal slaap of hulle kry slae by die werk oor blog in werkstyd. skandalig waar die skoolfonds heen gaan. snaaks dat niemand n eier le daaroor nie. ek sidder as ek aan die implikasies dink. hoeveel kinders gaan nou die kans ontneem word om ten minste matriek te kry? ek dink die verskoning van die skole dat die guvie hulle al minder geld laat kry, is snert. die skole wil ryk wees. wil spog met 10 rugbyvelde. wanneer gaan wit suid afrika steem dik maak teen die vergrype?+ dit behoort enige kind se reg te wees om n geleerdheid te kry.

  • 138. Olga  |  Desember 3, 2008 om 5 : 01

    huidiglik is dit net swart kinders in lokasies en townships wat toegang tot geleerdheid het. gaan ons agbare waarnemende president aan ons verduidelik hoekom die kinders meer demokraties as die witkinders is?

  • 139. Olga  |  Desember 3, 2008 om 5 : 10

    ek onthou desyds die debatte toe besluit moes word of blanke skole model a, b of c skole moet wees. die dominees se vrou het opgestaan en gese ,VAN JULLE MENSE KAN NAWEEK VIR NAWEEK BY DIE DAM GAAN KAMP EN DRINK. MAAR JULLE WIL NIE VIR JULLE KINDERS SE OPVOEDING BETAAL NIE. EK DINK ONS MOET VIR ONS KINDERS SE OPVOEDING BETAAL. AL IS DIT R100 PER MAAND PER KIND. ha, ha, ha. ek wonder hoeveel kere wou die ou koei al haar tong afbyt daaroor. as dit nie vir mev dominees se inmenging toe was nie, sou daardie spesifieke skool tot vandag toe nog staatskool gewees het. ek twyfel of hulle daarna meer kollekte gekry het. paar maande later was hulle weg na ander gemeente in die stad.

  • 140. Olga  |  Desember 3, 2008 om 5 : 16

    nou kekkel en kraai martin en riva oor leon schuster se fliek. ai, pleks van spandeer hulle energie om die euwel van skoolfonds wortel en tak uitgeroei te kry. die hoe skoolfonds weerhou wit kinders van n regverdige opvoeding. en dit is ONDEMOKRATIES.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: