Wanneer verdien jy ‘n dranklisensie?

November 30, 2008 at 6 : 02 76 Kommentaar

In Suid-Afrika is 18 die sleutel tot alles.  Op 18 mag jy stem.  Op 18 mag jy bestuur, dit is as jy nou natuurlik jou lisensie het en op 18 mag jy drink tot jy nie meer regop kan staan nie.  Jy word met jou 18de verjaarsdag mondig.  Hoekom alles juis op 18?  Wie het besluit dat 18 ‘n towergetal behoort te wees?

Eintlik ironies.  Jy moet kan bestuur, voordat jy kan drink, maar jy kan nie drink en bestuur op dieselfde oomblik nie.  Met jou 18de verjaarsdag kan jy jou lisensie kry en oppad huistoe gou by die drankwinkel stop.  Jy kan ook as jy wil by die naaste kroeg ‘n drankie gaan geniet om jou verjaarsdag en lisensie te vier.  Niemand mag jou dit weier nie. 

Dit is juis die probleem.  ‘n Landsburger wat die wet tot op die letter gevolg het, is 18 jaar oud, ‘n onervare b estuurder en ‘n onervare drinker.  Iemand wat nie die invloed van alkohol op sy ligaam ken nie.  Iemand wat nie besef dat alkohol bedrieglik is nie.  Iemand wat nog moet besef waar sy grense lê nie.  Iemand wat nie besef dat, al is hy binne die limiet nie, hy steeds ‘n gevaar op die pad is nie.

Ek dink persoonlik dat dit belaglik is dat iemand eers op 18 kan drink.  Ja, alkohol is skadelik en kan ‘n nadelige effek op ‘n persoon wat oorboord gaan.  Al is jy 18 jaar oud, gaan jy nie stop as jy ‘n drankie of twee te veel in het nie.  Mense van 50, 80, 100 jaar oud stop dan nie eers altyd nie.  Niemand behoort te drink tot jy dronk is nie. 

Iewers moet jy leer hoe om te drink.  Die leermeesters behoort nie jou maats te wees nie.  Jy moet leer waar en wanneer om die streep te trek.  Juis omdat alkohol skielik beskikbaar is, vergryp jong volwassenes hulle dikwels die eerste paar jaar daaraan.  Dit maak juis so groot impak, omdat dit nie geleidelik bekendgestel word nie.

Ek dink die wettige ouderdom waarop alkohol gebruik kan word, kan verlaag word.  Na ten minste 16 toe.  14 is dalk ‘n bietjie jonk.  Al beteken dit dat daar ‘n beperking op die gebruik ingestel word.  Soos dat dit onder die toesig van ‘n verantwoordelike, nugter volwassene moet gebeur.  Dit beteken dan as Sus en Daan by ‘n kroeg of restaurant net mag drink, as hulle vergesel word deur iemand wat nie gaan drink nie. 

Die groot voordeel is dat hulle dan kan eksperimenteer, terwyl daar nog iemand is wat beheer oor hulle het.  Hulle kan dan ook leer hoe om ‘n drankie verantwoordelik te geniet.  As hulle dan te ver gaan, klim hulle darem nie self agter die stuur in om huis toe te ry nie. 

Suid-Afrika, soos baie ander lande, het ‘n kultuur wat rondom drank draai.  Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie.  Is dit verantwoordelik vir ouers en die wetmakers om te verwag dat ‘n kind eers 18 moet word voordat hulle ook kan deelneem?

Blogvraag:  Wie was Lily the Pink?

Blogantwoord: Katherine K. Davis, Henry Onorati en Harry Simeone het Little Drummer Boy geskryf.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Stille nag Verpes-plesier

76 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Desember 1, 2008 om 5 : 23

    eeeeeerrrrrssssstttttteeeeee!!!! marlene dietrich?

  • 2. Zoekoe  |  Desember 1, 2008 om 6 : 07

    ek het al gedrink lank voor ek 18 geword het….

  • 3. Zoekoe  |  Desember 1, 2008 om 6 : 09

    Ek drink al lank voor ek 18 geword het

  • 4. Zoekoe  |  Desember 1, 2008 om 6 : 09

    ek het al gedrink lank voor ek 18 geword het….

  • 5. Zoekoe  |  Desember 1, 2008 om 6 : 09

    En ek vergryp my self nog steeds op my ou dag

  • 6. Wille Kjind Q  |  Desember 1, 2008 om 9 : 25

    Eish! Zoekoe….. Jy klink NOU gesjuip

  • 7. olga  |  Desember 1, 2008 om 9 : 38

    niemand geantw nie. ok. lydia pinkham.

  • 8. Wille Kjind Q  |  Desember 1, 2008 om 9 : 52

    He! He! Ek wou daai selle antw gee ma het my gat af gesukkel met die stjoepid google om te bevestig

  • 9. Olga  |  Desember 1, 2008 om 11 : 19

    weet jy juf annie, my seuns, ag, my gals ook, het kleintyd al glas wyn in die hand gekry. en boeties het met homer bier gesip ook. (ek verpes donnerse bier) im elk geval, die gals is fime. slurp nog n wyntjie of cocktail, my noolste nool drink bitter selde alkohol, ma ai,my badboy suip soos 2 visse. en maak kak as hy gesuip is. die kjend breek my hart en besorre my gryshare. so, dit is regtig debatteerbaar of drank voor ouderdom 18 voordele inhou.

  • 10. Olga  |  Desember 1, 2008 om 11 : 21

    weet ay wk, google is deesdae sat. gee jou wikhpedia link wat dan se “google cannot open this link.”

  • 11. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 5 : 44

    GGGRRR!!!

  • 12. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 6 : 36

    Lekka verslaap ma dam in 1 stuk by die werk aangekom

  • 13. Wille Kjind Q  |  Desember 2, 2008 om 6 : 38

    Nout ek ‘n dop norig!:mrgreen:

  • 14. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 6 : 58

    Môre mense 😀

  • 15. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 7 : 35

    mense ? ? watse mense🙄

  • 16. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 7 : 45

    hiers nie mense nie . . .😎

  • 17. aventer  |  Desember 2, 2008 om 9 : 01

    Hallo my sober (ek hoop) kubermaarjies.

    Ek gaan en sal en mag en kan more aand ‘n dop gaan drink waaaaaaaaaaaaaaaaaaaaant…..

    Ek is 18 EN amptelik klaar met skooleksamens vir die res van my lewe (ek hoop)

  • 18. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 02

    Hi Aventer – Baie geluk ! nou gaan geniet ‘n dop of 3 😀

  • 19. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 04

    Kooooooooweeeeeeeeeeeeeeee ! ! ! !

    waars julle mense ?

  • 20. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 9 : 12

    Goeiemore almal

  • 21. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 14

    Hallo Xanika…. hier is nie “amal” nie, dis net ek en Aventer en jy !

  • 22. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 9 : 15

    In ‘n mate dink ek dit hang af wat se voorbeeld daar in jou huis gestel word terwyl jy grootword. En ek dink nie jy mag nie drink voor jy 18 is nie, jy mag net nie drank koop voor jy 18 is nie. En jy mag nie in ‘n kroeg ingaan nie. Jy kan dus reeds by die huis drank gebruik en is dit die tyd om jou kinders te leer om dit nie te misbruik nie. Daar sal natuurlik altyd uitsonderings wees, maar op die ou end gaan dit tog maar oor wat in jou eerste 18 jaar gebeur het wat bepaal hoe die res van jou lewe gaan lyk.

  • 23. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 9 : 16

    Okay, laat ek weer probeer.

    Goeiemore Zoekoe en Aventer!

  • 24. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 9 : 25

    “Lily the Pink” is a popular single by Liverpudlian comedy group The Scaffold.

    Based on the folk song “The Ballad Of Lydia Pinkham”, “Lily the Pink” was a surprise hit, becoming the Christmas #1 in the UK singles chart for four weeks, in December 1968. Another version of the song was the unofficial regimental song of the Royal Tank Corps, at the end of World War II. It was also a minor hit in North America for The Irish Rovers from the Decca LP release “Tales To Warm Your Mind” in 1969.

  • 25. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 25

    😛

    he he ja nee die plek is doodstil vandag…. mense is seker moeg geblog . . . dit was ‘n lang jaar

  • 26. Olga  |  Desember 2, 2008 om 9 : 27

    more, more. dis n leke dag. minder warm as gster. kyk nou na aventer. sy gaan nou n dop drink omdat sy wettiglik kan. ek vind dit ghif. annemerrie, jy kan in die vuur spring ook. gaan jy?

  • 27. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 32

    Hallo Olga – aag laat haar maar toe om ‘n dop te maak, nie net oordat sy nou wetiglik kan nie, maar ook oordat dit lekker is 😀

  • 28. Olga  |  Desember 2, 2008 om 9 : 35

    in suid afrika word ons aan n kultuur van alkohol misbruik bloot gestel. kyk egoli, isidingo, muvango, generations, bold, days, y and r ens en almal en sy maak hou ten minste 1 bottel in sy lessenaarlaai of liasseer kabinet aan. skakel jy oor na pateetlaan, dan kan ryno, jan hendrik en kie nie verby die drank sap sonder o eers glas of 2 te down nie. gaan die ander uit, is dit altyd n watergat en daar word gesuip. nou wat leer die ons arme dom s. afrikaners? dat drank en gesuiptheid glamorous is. ja, rite. way 2 go.

  • 29. Verons  |  Desember 2, 2008 om 9 : 39

    More, more……………
    Ek gee nie om watter ouderdom hulle dit wettig maak om te drink nie, ek dink dis elke ouer se plig om sy/haar kinders in drank gebruik op te voed!
    Ek self het eers op 30jaar regtig begin om op drank te kuier voor dit was dit so af en toe ‘n wyntjie of een of ander flou mengeldrankie…..
    My kinders het van kleins af ook so ‘n slukkie hier ‘n klein glasie wyn daar (saam ete) gekry en vandag pla drank nie een van hulle nie.. My seun sit glad nie sy mond aan alkhol of sigarette nie maar my dogter weer is glad nie bang om te drink nie en sy werk hard daaraan om op te hou rook!!

  • 30. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 40

    🙄 Ek kyk nie na kak soapies nie… ek steur my nie aan wat ander mense dink is glamarous nie… ek doen wat ek wil, wanneer ek wil, soos ek wil, en hoeveel ek wil !!! ek is ‘n Forel vis – ek swem nie saam met die stroom nie want kak dryf ook saam met die stroom 😆

  • 31. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 41

    Ek kyk nie na kak soapies nie… ek steur my nie aan wat ander mense dink is glamarous nie… ek doen wat ek wil, wanneer ek wil, soos ek wil, en hoeveel ek wil !!! ek is ‘n Forel vis – ek swem nie saam met die stroom nie want kak dryf ook saam met die stroom

  • 32. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 9 : 42

    Hallo Verons 😀

  • 33. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 9 : 47

    Goeiemore Olga en Verons

  • 34. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 35

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )
    :mrgreen:

  • 35. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 36

    3 en ‘n half dae voor ek met verlof gat!!! WHOOOOOOPYY!!!!!!!!!

  • 36. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 37

    YIPEE! YIPEE! YIPEE! YIPEE! YIPEE! YIPEE! YIPEE! YIPEE! YIPEE!

  • 37. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 37

    HEE! HA!

  • 38. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 38

    WHOO! HOO!

  • 39. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 38

    WHOOPY DOO

  • 40. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 39

    WHOOPY DOO DA KAYEI

  • 41. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 42

    *kug* More almal

  • 42. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 44

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( M O R E ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 43. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 50

    HEY WENNA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 44. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 58

    GMPH!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 45. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 10 : 59

    GMPF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 46. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 11 : 03

    Goeiemore Wille Kjind Q

    Volgende week die tyd sal ek ook seker meer opgewonde voel as vandag…

  • 47. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 11 : 11

    Hallo Willekind Q

  • 48. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 11 : 12

    @ Xanika

    Hoekom? Gat jy dan jou nief fiets kry?

  • 49. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 11 : 22

    @ Zoekoe

    Lo da!!!! Lyk my die blog kan net een persoon op ‘n slag vat. As da iemand oppi blog kom dan smyt die ding my af!

  • 50. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 11 : 30

    Nee Wille Kjind Q, ons kantoor sluit volgende week so ek het darem ook die vooruitsig om bietjie verlof te kry vir ‘n slag.

  • 51. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 12 : 00

    Ja ek dink WP is ook moeg van die jaar se kakpraat 😆

  • 52. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 12 : 17

    Testing 1 2 3

  • 53. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 12 : 34

    DRIELING!!!!!
    DRIELING SE TWEELING!!!!!
    KLOON!!!!!
    VERONS!!!!!
    OLGA!!!!!
    ZOEKOE!!!!!
    KLIP!!!!!
    TANNIE ROES!!!!!
    XANIKA!!!!!
    RIAAN!!!!!
    EMILE!!!!!

    FOKKIN ALMAL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 54. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 12 : 34

    ons kan jou hoor WKQ

  • 55. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 12 : 36

    Of sal ek eersder sê, EK kan jou hoor Wille K Q

  • 56. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 12 : 39

    HELP

    Ek het dringend baie sterk drank baie nodig in baie groot hoeveelhede. Kan iemand bring?

  • 57. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 12 : 42

    Skuus Wille Kjind Q, ek werk net halfdag vandag en moet nog berge versit voor 13:00

    Adrie, wens ek kon help maar die drankwinkel is baie ver van my werk af. Sal loer of daar nie dalk nog iets in die baas se yskas is nie…

  • 58. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 12 : 42

    Hallo Adrie ! ! long time no hear

    Watse drank nodig jy? biekie mampoer? ek sal gou bring vir jou !

  • 59. Xanika  |  Desember 2, 2008 om 12 : 49

    Sorry Adrie, maar die baas het self klaar alles opgedrink!

    Lekker middag almal, praat weer more.

  • 60. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 12 : 51

    Baai Xanika geniet dit

  • 61. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 12 : 58

    Dalk moet ek pizza of iets kry dan sal hier weer mense verskyn !

  • 62. Verons  |  Desember 2, 2008 om 12 : 59

    They say that 20% of all accidents are caused by drunken drivers, so 80% involve sober drivers.
    Can sober drivers get the f**k off the road so that we (drinkers) can get home safely..

  • 63. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 1 : 18

    @ My 3ling

    Wats fout? Ek stuur my posduif met 4kin baja drank!

  • 64. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 1 : 25

    sy gil soos ‘n besetene, dan hol sy weg 🙄

  • 65. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 1 : 29

    Dalk het iemand ha gekidnap😉

  • 66. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 1 : 30

    wie sal haar kidnap ? 😯 die arme kidnapper !!

  • 67. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 2 : 07

    en toe raak dit weer stil

  • 68. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 2 : 18

    GAAAAAAAAAAAAAAAAAAAP !

  • 69. Olga  |  Desember 2, 2008 om 2 : 23

    nee, wyk met die gegapery. ek moet nog van lydenburg af huis toe ry.

  • 70. Olga  |  Desember 2, 2008 om 2 : 25

    juf annie, watter sangeres was GLO dronk op die verhoog?

  • 71. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 2 : 47

    ZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZ

  • 72. WILLE KJIND Q  |  Desember 2, 2008 om 2 : 50

    Wie was dronk?

    Ek het gisteraand die maan met die twee planete gesien en dit was blêrrie mooi!

  • 73. Zoekoe  |  Desember 2, 2008 om 3 : 04

    ek het dit ook gesien….. ek het self pic geneem…. K W A A I

  • 74. Adrie  |  Desember 2, 2008 om 4 : 22

    Ek het my gat afgesukkel om ‘n pic te neem.

  • 75. Olga  |  Desember 2, 2008 om 5 : 17

    is jy nou amptelik gatloos?

  • 76. ADRIANA  |  Desember 2, 2008 om 5 : 43

    Jan Gerber

    Paarl. – Ná ’n vertoning waartydens sy glo aangeklam was, het die bekende sangeres Lianie May besluit om haar optredefooi aan liefdadigheid te skenk.

    May se optrede tydens ’n Kerskonsert Sondagaand by die Taalmonument se amfiteater in die Paarl het vir so ’n vals noot gesorg dat van die 800 mense in die gehoor vroeër huis toe gegaan het.

    Volgens ’n lid van die gehoor wat gevra het om anoniem te bly, was May se vertoning “horribaal”.

    May, bekend vir haar treffer “Jy soen my nie meer”, het glo vals gesing en baie “nonsens” tussen liedjies gepraat. Een van die staaltjies wat sy vertel het, is dat sy vreeslik bang vir vlieg is en dat sy dan ’n lugwaardin vir ’n “whiskytjie” vra.

    Dít op ’n Kerskonsert “met gesinne en kinders”, het die man gekla.

    Sy het glo ook aangehou sing nadat haar backtrack reeds opgehou het. Dit het gelyk of sy “dronk” is, het die man gesê.

    Volgens me. Ilza Roggeband, skakelbeampte van Mozi Records wat May verteenwoordig, het die sangeres wel tydens die pouse ’n glasie wyn gedrink en ook ’n hoofpynpil afgesluk.

    “Sy was baíe moeg,” het Roggeband gesê.

    “Ek is baie jammer dat daar mense is wat nie gelukkig met my vertoning was nie,” het May in ’n verklaring gesê.

    “Om te skuil agter die feit dat ek baie moeg was, is beslis nie genoeg nie, maar ek hoop mense verstaan hierdie was ’n baie lang jaar vir my.

    “Sondagaand was vir my ’n moeilike aand en ek het beslis nie die vertoning gegee waaraan mense gewoond is nie. Daaroor is ek opreg jammer.”

    Sy gaan die optredefooi vir haar vertoning skenk aan die organisasie JAM, wat voedingskemas vir behoeftige mense in Suid-Afrika en vyf ander Afrika-state bedryf.

    “My wens is dat hierdie mense elk ook die vreugde van Kersfees kan ervaar,” het May, wie se Kersalbum pas op die winkelrakke is, gesê.

    Me. Hetta Saunderson, die konsert se organiseerder, het bevestig hulle het klagtes oor May se optrede ontvang.

    “Ons vra om verskoning aan teleurgestelde konsertgangers en verseker hulle dat dit nie die standaard is waarop ons vertonings aanbied nie.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: