Die grootste sonde

November 28, 2008 at 5 : 32 32 Kommentaar

Daar is ‘n nuwe grootste gebod.  Met geen ander wat aan hom gelykstaan nie.

“Jy sal nie vir iemand aanstoot gee nie.”

Dit word nie deur die bank toegepas nie, eerder wanneer jy nie dieselfde ruggraatlose denke van al die ander mense aanvaar nie.  Deesdae mag jy eerder moor en verkrag, maar moet dit net nie waag om ‘n rassistiese uitlating te maak nie.  Behalwe as jou naam Julius Malema is, gaan jy die uitvaagsel in al wat ‘n koerant is wees.  Nou praat ek nie eers van ‘n direkte rassistiese opmerking nie.  Jy verloor dalk jou humeur oor iemand wat onbevoeg is om hulle werk te doen.  Was die iemand wit, het almal jou dalk op die skouer geklop.  Die iemand is egter swart en dit raak ‘n rassistiese speelbal.  Terloops, hoekom word ras altyd bekend gemaak as ‘n wit persoon ‘n swart persoon doodmaak?  En hoekom pleeg swartes net moord, maar daar was altyd ‘n rassistiese motief vir ‘n wit man se moord?

Van jou word verwag om ander gelowe, tradisies en leefwyses te respekteer.  Goed en wel.  Tog is jy nie op dieselfde ordentlikheid geregtig as jy nougeset en konserwatief is nie.  As jy nie wil saamslaap nie, omdat jy nie getroud is nie, is jy eng, koekerig en vol strooi.  As jy nie met ‘n gay leefwyse saamstem nie, is jy dadelik ‘n homophobe.  As jy onversetlik op jou beginsels staan, lei jy aan tonnelvisie.  Ek is ‘n groot voorstaander dat mense moet dink en nie net blindelings volg nie.  Oopkop beteken egter nie dat jy nie ‘n mening van jou eie kan inneem nie.  Dit beteken ook nie as jy nie met iemand anders se keuses saamstem dat jy hulle kan dwing of straf om daarvan afstand te doen nie.  Jy kan hulle aanvaar en menslik behandel, al keur jy nie hulle leefwyse goed nie. 

Daar is natuurlik ‘n prys daaraan om ‘n reguit, sterk mening uittespreek.  Jy moet bereid wees dat ander daarop gaan reageer en dit uitmekaar uit gaan ruk.  Dit is hulle goeie reg, net soos wat dit jou reg was om daardie mening uittespreek.  Ai tog, verskoon my.  Ek misverstaan die nuwe gebod.  Jy moet ja en amen op almal se mal sienings.  Hoe krom en skeef dit ookal is.  As jy regtig jouself nie kan dwing om dit te beaam nie, hou dan eerder jou mond.

Iemand het ook onlangs besluit om 3 woorde uit Afrikaans te skrap.  Gebreklik, vertraag en mal.  Dit word nou onderskeidelik vervang met liggaamlik gestremd, verstandelik gestremd en geestelik gestremd.  ‘n Hele bekvol waar een woord kon werk.  Wie het dit sensitiewe woorde gemaak?  Hoekom dit nie net as ‘n gewone woord soos gespierd, mooi, lenig of bonkig sien nie.  Dit is al asof die mense gaan soek na iets om dit erger te laat klink as wat dit is.

Ek het nou al seker die meerderheid van julle aanstoot gegee.  Dit is nou maar so.  As daar minder geworry word of daar op iemand se tone getrap word, word daar dalk iets gedoen om die aarde te verbeter vir almal.  Wat is volgende?  Dat jy ‘n pedofiel gaan seermaak as jy hom ‘n pedofiel noem?

Blogvraag:  Vir wie het Churchill gesê:  Yes Madam, I am drunk and you are ugly.  But tomorrow I will be sober and you will still be ugly.

Blogantwoord:  Olga was by implikasie reg, dit was Herrie, die olifant.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wat doen jou bure? Stille nag

32 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 39

    Etiket Vir Mense Watie Wetie …

    ALGEMEEN:
    Moet nooit bier saam vat na ‘n job interview nie. Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaard is voor jy begin skiet. Die dominee smaak dit nie as jy ‘n cooler box saam vat kerk toe nie. As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit. Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou Venter saam sleep na ‘n begrafnis toe nie.

  • 2. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 39

    UITEET:
    As jy wyn skink, tilt die paper cup sodat jy nie die “vrug” van die wyn bederf nie. As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die label toehou.

  • 3. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 40

    ONTHAAL IN JOU HUIS:
    Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die koffietafel sit nie. Moenie dat jou hond van die tafel af eet nie (al is sy maniere beter as jou gaste s’n).

  • 4. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 40

    PERSOONLIKE GESONDHEID:
    Terwyl ore gereeld moet skoongemaak word, is dit ‘n job wat verkieslik met jou eie bakkiesleutels gedoen moet word. As jy toiletware reg gebruik kan jy ‘n paar dae gaan sonder ‘n wassie. Grond en olie onder jou vinger naels is ‘n social nee, want dit gee daai finger snacks ‘n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai nie

  • 5. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 41

    VERHOUDINGS (buite die familie):
    Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die eerste date. Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit te gaan nadat jy daai goed gelees het teen die toilet muur daar by die jol plek. Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die huis moet wees. Party sal sê 10-uur, ander “Maandag”. As die antwoord Maandag is, is dit jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.

  • 6. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 42

    FLIEK:
    Huilende babas moet verkieslik na die voorportaal gevat word en onmiddelik na die show gehaal word. Moenie met die mense op die screen probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor nie.

  • 7. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 43

    TROUES:
    Kleinvee is nie so ‘n hot trougeskenk nie. As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien geskiet word. Vir die bruidegom: Huur ‘n tux; ‘n corduroy broek en T-shirt met ‘n cummerbund werk nie so lekker nie. Stovepipes is ook uit. Al is dit moelik, sê maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net vir die kerk).

  • 8. Klip  |  November 28, 2008 om 5 : 43

    BESTUUR:
    Dim jou ligte as ‘n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai. As jy by ‘n 4-way stop kom, ry die ou met die grootste wiele eerste , daarna die ou wie se exhaust die hardste raas. Moet nooit ‘n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape nie. As jy jou vrou/goose met ‘n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit swak maniere om haar te vra om bier ook terug te bring. Moenie spin as jy in ‘n begrafnisstoet ry nie.

  • 9. olga  |  November 28, 2008 om 6 : 03

    Tweede in any case.

  • 10. olga  |  November 28, 2008 om 6 : 10

    vir bessie wie se moer nou weer?

  • 11. Klip  |  November 28, 2008 om 6 : 16

    A handful of 7 year old children were asked ‘what they thought of beer.’

    7 year old Tim- ‘I think beer must be good. My dad says the more beer he drinks the prettier my mom gets.’

    7 year old Mellanie – ‘Beer makes my dad sleepy and we get to watch what we want on television when he is asleep, so beer is nice.’

    7 year old Grady – ‘My Mom and Dad both like beer. My Mom gets funny when she drinks it and takes her top off at parties, but Dad doesn’t think this is very funny.’

    7 year old Toby – ‘ My Mom and Dad talk funny when they drink beer and the more they drink the more they give kisses to each other, which is a good thing.’

    7 year old Sarah – ‘My Dad gets funny on beer. He is funny. He also wets his pants sometimes, so he shouldn’t have too much.

    7 year old Lilly – ‘My Dad loves beer. The more he drinks, the better he dances. One time he danced right into the pool.’

    7 year old Ethan – ‘I don’t like beer very much. Every time Dad drinks it, he burns the sausages on the barbeque and they taste disgusting.’

    7 year old Shirley – ‘I give Dad’s beer to the Dog and he goes to sleep.’

    7 year old Jack – ‘My Mom drinks beer and she says silly things and picks on my father. Whenever she drinks beer she yells at Dad and tells him to go bury his bone down the street again, but that doesn’t make any sense.’

  • 12. Klip  |  November 28, 2008 om 6 : 17

    Nou is daar darem iets op die blog om te lees, laat weet maar as ek moet ophou …….dan hou ek op

  • 13. Klip  |  November 28, 2008 om 6 : 20

    Ek dink Churchill het dit vir n lelike vrou gese

  • 14. Klip  |  November 28, 2008 om 6 : 29

    Also known as ‘women’s intuition,’ this sixth sense thing is no myth. Women seem to know what’s going on in their man’s lives almost better than they do. Why is this?

    In the early 80’s researchers discovered that women have more connections between the brain’s two hemispheres than men do. It’s these connections that allow them to put together a puzzle from seemingly unconnectable pieces.

    That, and they go through all your stuff while you’re in the shower!

  • 15. Olga  |  November 28, 2008 om 9 : 11

    As sy se hou op, gaan jy nie eers vra hoe lank nie?

  • 16. Wille Kjind Q  |  November 29, 2008 om 6 : 39

    EERSTE! *hoes* *hoes*

  • 17. Wille Kjind Q  |  November 29, 2008 om 6 : 42

    Nancy something. Ek sal die van moet ga google. Ek dink dit begin met ‘n A en eindig met ‘n T. Of so iets…..

  • 18. Wille Kjind Q  |  November 29, 2008 om 6 : 50

    Astor! LADY Nancy Astor. My humble apologies aan die viscountess😉

  • 19. Adrie  |  November 29, 2008 om 8 : 15

    More almal. Ek moet die voorvaders gaan aanstoot gee.

  • 20. Wille Kjind Q  |  November 29, 2008 om 8 : 33

    3ling….. Jy moet die voorvaders nie TE veel aanstoot gee nie. Ek moet ok nog ‘n beurt kry

  • 21. Wille Kjind Q  |  November 29, 2008 om 10 : 54

    Gaap…. *hoes* *kug* *hoes*😡

  • 22. Xanika  |  November 29, 2008 om 1 : 34

    Ek wonder soms as ek iemand se blog lees en met die inskrywing saamstem, of dit goed of sleg is. Want al het ek oor sommige goed my eie opinie, is dit vir my verbasend hoe baie mense daar is wat dieselfde as ek voel. Daar is `n wet wat bepaal dat die oortreder se ras nie bekend gemaak mag word nie, maar blykbaar geld dit net vir sommige rasse. Dankie vir al die “interessante“ leesstof klip!

  • 23. Wille Kjind Q  |  November 29, 2008 om 2 : 26

    Ek wonner of die voorvaders dit oorleef het….

  • 24. Olga  |  November 29, 2008 om 4 : 47

    hey wk. ek hoop jy voel gou beter. xanika, dit help nogal as mens jou opinie lig. daar is meer mense wat saamstem maar te banggat is om hulle se te se. hulle ja en amen maar op alles wat almal se. dan gee hulle niemand aanstoot nie. maak eerder moordkuile van hulle harte.

  • 25. Klip  |  November 29, 2008 om 7 : 30

    Nou waa is almal??

  • 26. Olga  |  November 29, 2008 om 9 : 54

    hey klip. werk jy nou wragtig nagskof?

  • 27. Olga  |  November 29, 2008 om 9 : 59

    ai, eskom is harde baas, jong. net nie dros nie,hoor. ons het vandagmeer as 10km gestap. gelukkig nie op steltes nie. leke werk.

    wk

    ek hoop jy voel gou beter. ons is almal snot verkoue hoor.

  • 28. Klip  |  November 29, 2008 om 10 : 02

    Hallo daar Olga

  • 29. Klip  |  November 29, 2008 om 10 : 03

    Ek het ook lus vir n lang stap , maar die see moet langs my wees

  • 30. Klip  |  November 29, 2008 om 10 : 03

    Vir verkoue , snuif net so n bietjie ising sugar….dit laat dit darem so n bietjie beter smaak

  • 31. Klip  |  November 29, 2008 om 10 : 04

    Ek sien so uit net om weer n dag af te wees

  • 32. Olga  |  November 30, 2008 om 8 : 18

    more, more. ek het icing sugar probeer, maar my neus was so toe, niks kon in. toe gooi ek dit maar in my wyn. weti of dit lekerder geproe het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: