Wie laaste lag, is die Skoppensboer.

November 24, 2008 at 5 : 18 65 Kommentaar

Net pagters ons
van stof en dons
om oor te voer
aan Skoppensboer.

Een van die simpelste goed wat iemand in enige taal kan sê is:  Ek is besig om dood te gaan.  Dit is gewoonlik wanneer iemand aan ‘n terminale siekte ly of ‘n ernstige besering gehad het.  Is die lewe dan nie ‘n proses van doodgaan nie?  Een dood is almal skuldig, of hulle nou ‘n dag oue baba is of ‘n sieklike oom van 89 is.  Almal is dus besig om dood te gaan, elke mens, plant of dier.

Niemand weet hoe lank hulle lewe gaan wees nie.  Die man wat ernstig beseer is kan dalk nog gered word en die terminaal sieke se genesing is dalk ‘n dag weg.  Kyk dan ook hoeveel selfmoorde misluk, juis omdat die dood nie in ‘n mens se hande is nie.  Terwyl jy nog kan skop en spartel, moet jy LEEF!!  Tot die dag van jou laaste asemteug.

Nou klink ek net soos ‘n lekepredikant.  My eindlike punt is, jy kan nie kies wanneer jy ophou leef en begin suurstof steel nie.  Dalene Matthee stel dit mooi in Pieternella, lewe omdat jy nie dood is nie.  Veral nie wanneer ‘n geliefde in die graf in is nie.  Hulle is dood, jy nie.

Ek het die naweek van ‘n jong man gehoor wie se vrou ‘n ruk terug gesterf het en hom met ‘n baba agter gelaat het.  ‘n Baba wat hy nie self versorg nie, omdat hy te veel oor sy vrou treur.  Sy ouers sterk hom in sy kwaad, hulle het by hom ingetrek en versorg die kind vir hom.  Meer as ‘n jaar later treur hy nog steeds.  Dit klink dalk vreeslik romanties, maar ek noem dit melodrama.  Dit gaan sy vrou niks help nie en dit benadeel sy kind.  Wat gaan gebeur as hy weer trou?  Is die kind nog syne of is dit nou sy boetie?

Sou dit nie vir almal betrokke, maar veral vir hom en die seun, beter gewees het as hy so gou as moontlik na die begrafnis gedwing was om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk nie?  Hoe lank is hy geregtig op handskoen behandeling?  Skuld hy nie die kind meer as vir die ma nie?

Terwyl ons nou praat van mense wat nie kan afskeid neem nie – Wat dink julle van die ma wat ‘n pop soos haar baba wat dood is gemaak het?

Kan ‘n mens wat rou voluit lewe?

Blogvraag:  Wie verteenwoordig die Koning van Skoppens (King of Spades)?

Blogantwoord:  Olga was reg met Jeff Radebe.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Nou wie se skuld is dit eintlik? Het julle geweet…

65 Kommentaar Add your own

  • 1. Blister  |  November 24, 2008 om 6 : 15

    Remember Me?
    © By Pamela K. Stackhouse

    I’m not the woman I used to be.
    Remember me?
    When you used to throw me around
    Deaden my soul and put me down.
    Those cruel words made my stomach ache.
    That hurt I remember so vividly…
    Remember me?

    You said I could never make it on my own
    That gun – your control was shown.
    I cried too long, I could no longer see.
    Remember me?

    You controlled my very being.
    I could not breathe.
    I screamed endless screams.
    I was too numb to leave.
    Remember me?

    My strength that got dull and left behind
    Is now back and how it shines!
    The pain has eased but yet so near…
    But I can look back without fear.
    I’m gone..I made it..I’m free
    Remember me?

    I’m fighting back now in my own way
    I have found out how
    I regained control of me.
    I survived…
    You did not kill my soul.
    I’m not her you see…
    I’m not the woman I used to be.
    Remember me?

    Baie dankie vir almal , al julle opofferings en blase aan julle voete

  • 2. Blister  |  November 24, 2008 om 6 : 18

    Vandag…
    Ek het vanoggend vroeg wakker geword,
    opgewonde oor alles wat ek kan doen voor die horlosie middernag slaan.
    Ek het pligte om na te kom vandag. Ek is belangrik.
    My werk is om te kies watter soort dag ek gaan hê.
    Vandag kan ek kla omdat die weer reënerig is, of ….
    ek kan dankbaar wees dat die gras gratis water kry.
    Vandag kan ek hartseer wees omdat ek nie meer geld het nie, of ….
    ek kan bly wees dat my finansies my aanmoedig om my
    inkopies verstandig te beplan en my weg van vermorsing hou.
    Vandag kan ek mor oor alles wat my ouers my nie kon gee terwyl
    ek grootgeword het nie, of ….
    ek kan dankbaar wees dat hulle my toegelaat het om gebore te word.
    Vandag kan ek oor my gesondheid kla of ….
    ek kan verheug wees omdat ek lewe.
    Vandag kan ek kla omdat ek moet gaan werk, of ….
    ek kan juig omdat ek werk het om te doen.
    Vandag kan ek rou oor my gebrek aan vriende, of ….
    ek kan opgewonde ‘n soektog begin na nuwe vriendskappe.
    Vandag kan ek treur omdat rose dorings het, of ….
    ek kan juig omdat dorings rose het.
    Vandag kan ek murmureer omdat ek huis moet hou, of ….
    ek kan geëerd voel omdat die Here skuiling aan my verstand, liggaam en siel geskenk het.
    Vandag lê voor my en wag om gevorm te word.
    En hier is ek, die beeldhouer wat die vorming mag doen.
    Hoe vandag sal wees hang van my af.
    Ek kan kies hoe ‘n dag ek sal hê!
    ‘n Wonderlike dag aan jou –
    behalwe as jy ander planne het ….
    Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. –
    Psalm 118:24

  • 3. White Knight  |  November 24, 2008 om 7 : 03

    Dagse

    Om te rou is nodig, want dit help jou om weer koers te kry en afskeid te neem van dit wat was. Maar rou beteken geensins dat jy nou op ‘n hoop moet sit en jouself jammer kry asook verwag die hele wereld moet jou bejammer nie. Dan is jy net ‘n swakkeling en niks meer of minder nie.

    In die jongman se gval was sy vrou dalk die steun pilaar wat die hele huweliks tent omhoog gehou het en nou is sy weg en sy kruk is ook daarmee heen. Baie moontlik juis oor hy nooit volkome van sy ma “gespeen” is as kind nie en nog regdeur sy lewe op gepas en op gepiep was.

    Daarom ook die rede dat sy so gretig is om hom ene die kind te versorg, dan is hy mos weer onder mammie se vlerk.

    Basta, hulle doen hom en sy kind ‘n onreg aan, deur die optrede. Hulle moes hom lankal kort gevat het. Genesing kom nie deur tyd nie, maar deur jou besluit om te genees en dan daadwerklik jouself uit te sorteer en jou emosies mee te deel.

    Hy kort ernstige hulp. Self dalk hande ople. Kan net nie besluit of dit oop oe toe hande of toe toe oe oop hande moet wees nie.

    Groete

  • 4. Olga  |  November 24, 2008 om 7 : 08

    drieste. wat ruik so na vetterige tjips met baie asyn?

  • 5. Olga  |  November 24, 2008 om 8 : 41

    mense soos die man moej geignoreer word. hy is te lui om na sy kind om te sien. ek kan jou n brief gee hy sit nie 24/7 by die huis nie. eerlank kry ouers n groot verrassing as hy hulle vra of vertel om elders n heenkome te vind. jy weet mos. vrou neem haar date huis toe. nou omdat hulle nie vrou huis toe bring nie, neem hulle aan daar is niemand anders nie. ek hoop nie hulle het hulle tuiste opgegee vir hulle nie.

  • 6. boendoe  |  November 25, 2008 om 12 : 58

    Ag nee, ek dink julle is te hard. Rou is, volgens my, nie iets waaroor jy eintlik beheer het nie. Hoe gebied jy jou hart om op te hou huil? Ek stem saam dis soms tot die treurende persoon se nadeel, maar ek dink nie mens kan ‘n bewustelike besluit neem dat “nou hou ek op rou” nie.

    Tsk! Wat ek eintlik wou se, ek dink Skoppensboer is een van die mooiste gedigte. 😉

  • 7. Adrie  |  November 25, 2008 om 5 : 59

    Hey Boends

    Rou is een ding. Maar jy kan die res van jou lewe rou, sonder om jou verantwoordlikhede te versaak. Jy kan doen wat gedoen moet word, al is jou hart seer en mis jy iemand.

    Marais is een van my gunsteling digters. Morbied ja, maar die man kan met woorde toor. My gunsteling gedig is Winternag. Toevallig die gedig wat Afrikaans as n taal bevestig het. Sonder Marais was ons almal vandag Hollands.

  • 8. Kobus  |  November 25, 2008 om 7 : 25

    Goeie more almal , hoop julle voel al beter.

  • 9. Kobus  |  November 25, 2008 om 7 : 27

    A woman took off her jeans and threw it at her husband saying: MAKE ME FEEL LIKE A WOMAN………

    He removed his jeans, threw it at her and said:

    WASH BOTH…….

  • 10. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 7 : 32

    More more

  • 11. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 7 : 45

    Wie laaste lag – is die stadigste !

  • 12. Kobus  |  November 25, 2008 om 7 : 48

    Hallo *Mathilda*, hoe gaan dit nog met jou ??

  • 13. Kobus  |  November 25, 2008 om 7 : 50

    Mense lag net twee keer vir n grappie , die eerste keer as hulle die grap vang , en die tweede keer as hulle baas die grappie vertel.

  • 14. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 8 : 08

    Kobus

    Goed en jy ? Ek het net nog 3 slapies dan gaan ek met verlof !!!

  • 15. Kobus  |  November 25, 2008 om 8 : 15

    *Mathilda* dis altyd lekker om uit te sien na n mens se verlof , maar daai terug kom is nie altyd so lekker nie

  • 16. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 8 : 32

    True – maar ek sien anyway uit daarna – ek sal volgende jaar worry oor die terugkom !

  • 17. Kobus  |  November 25, 2008 om 8 : 42

    Is die skole al gesluit?? As n mens nie kinders in die skool het nie gaan die goed by n mens verby .
    Ek hoop nie Desember is te warm nie . Ek kon n bietjie Richardsbaai toe gaan , maar het maar gelos ek dink dit gaan net te warm wees. ( Mev Klip laaik nie baie van hitte nie )

  • 18. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 8 : 50

    Klip

    Onthou om jou naam te change !

    Ons kinders se skole sluit Vrydag.

  • 19. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 9 : 16

    Waar slaap almal nou al weer vandag ?

  • 20. Klip  |  November 25, 2008 om 9 : 19

    Hoe se hulle , die slegste dag by die see is beter as die beste dag by die werk.

  • 21. Nats  |  November 25, 2008 om 9 : 38

    Hello!!!

    King of spades – is dit nie Ceaser nie?? Of ruil ek nou konings om??

    Nee wag dis King David!!!

  • 22. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 9 : 38

    Dis nie ‘n kak storie daai nie !

  • 23. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 9 : 41

    Nats !!!! Hallo – gedink ons is totaal alleen gelos hier vandag

  • 24. Xanika  |  November 25, 2008 om 9 : 44

    Goeiemore almal

    Jammerte bring niemand ver nie. Ek was jammer vir my eks toe ons geskei is en nou is niemand jammer vir my nie!

  • 25. Nats  |  November 25, 2008 om 9 : 44

    *M*
    Lo da!!!
    Ek is hier, weet nie vir hoe lank nie!

  • 26. Xanika  |  November 25, 2008 om 9 : 46

    Kobus, volgens die almanak is ons skool veronderstel om eers 5 Desember te sluit, maar hulle sluit al more.

  • 27. Xanika  |  November 25, 2008 om 9 : 47

    Ek is nou-nou weer terug, gaan gou vir ‘n onderhoud vir ander werk.

  • 28. Nats  |  November 25, 2008 om 9 : 48

    More Xanika!

    Die lewe gaan tog aan, en hoe vinniger jy jouself reg ruk hoe beter! Maar ek verstaan mense verskil en dat sekere mense iets baie erger vat as die volgende persoon!

  • 29. Klip  |  November 25, 2008 om 9 : 50

    Xanika , ek hoop jou onderhoud verloop goed.

    As ek sien hoe die kinders rondloop hier in Witbank lyk dit of die skole al n maand terug gesluit het .

  • 30. Klip  |  November 25, 2008 om 9 : 53

    Nats , daar is party mense wat floreer om jammer gekry te word. Hulle kan oor hulle rou/verlies of wat ook al kom , maar geniet die aandag. Aan die anderkan is daar mense wat se rou proses net langer vat as ander s’n.

  • 31. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 9 : 55

    Sterkte Xanika – laat weet hoe dit gegaan het.

    Ek dink dit hang ook af van hoe jy iemand verloor het – maar jy kry wel die wat op die aandag floreer wat hulle kry na so iets. Om te rou is nodig – maar enigeiets met ‘n TE is nie goed nie !

  • 32. Nats  |  November 25, 2008 om 9 : 58

    Klip of praat ek nou met Kobus?😆

    Snaaks hoe mense daarvan hou om jammer gekry te word, ek is nou weer nie so nie. My pa was vroeg Januarie oorlede, en ek was skool toe net daarna ook vir niemand vertel nie – behalwe nou my vriendinne na aan my.

    My een vriendin se ouers het geskei, sy was vir twee weke nie skool toe nie! En het histeries gehuil en tekere gegaan maar mean time was die hartseer eintlik eerder haar ma sin.

  • 33. Xanika  |  November 25, 2008 om 10 : 40

    Nats ~ dankie, ek sit lankal nie meer in sak en as oor niemand my jammer kry nie.

    Klip ~ baie dankie, ek dink dit het baie goed gegaan.

  • 34. Xanika  |  November 25, 2008 om 10 : 41

    Dankie ook vir jou Mathilda, nou wag ek net dat hulle my laat weet die werk is myne…

  • 35. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 11 : 26

    Xanika

    Hoop dis ‘n lekkerder werk vir baie meer geld

  • 36. Xanika  |  November 25, 2008 om 11 : 28

    Mathilda

    Beslis ‘n lekkerder werk, maar minder geld. Nie dat dit juis help as mens nie lekker werk nie. Maar ek het in elk geval nie die werk gekry nie, so ek hoef nie te worry oor die geld nie.

  • 37. Verons  |  November 25, 2008 om 11 : 28

    More julle!
    ‘n mens moet rou want as jy daai emosie onderdruk kan daar allerhande snaakse dinge met jou liggaam gebeur, maar ek glo daar is ‘n tydperk op als!!
    Jinne man om vir ewig met ‘n morbiede gemoed rond te loop kan net so erg wees en dit maak almal om jou ook negatief. Die gesegse sê nie verniet “life goes on” nie!!
    Ek dink daai vrou wat ‘n pop van haar dooie kind gemaak het. moet ernstig by ‘n sielkundige uitkom, dis “spooky”!!

    Ek sien ou Trev het ‘n lekker boe-boe gemaak en nou wil hy dit probeer reg smootch!!
    Nats wat wil hy van jou hê?

  • 38. Klip  |  November 25, 2008 om 11 : 39

    Nats … 😆 Klip = Kobus .

    Sielkundiges??? hulle teer ook pasiente se smart. Nadat ek by n sielkundige was, moes hy gaan vir berading

  • 39. Ninette  |  November 25, 2008 om 11 : 56

    Hi julle

    Ek dink almal het ‘n verskillende manier om die verlies van iemand en dus rou te verwerk – as die maak van ‘n pop wat soos haar kind lyk die ma help om die kind se dood uiteindelik te verwerk is dit goed so, maar sy moet nie bly vasklou nie maar laat gaan uiteindelik wanneer sy deur die rou proses gewerk het.

    Lekker dag daar.

  • 40. Verons  |  November 25, 2008 om 12 : 21

    Klip sielkundige, berader wat ook-al maar dis erg “spooky” ek sal nie naby daai pop wil kom nie!!

  • 41. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 12 : 27

    Sjoe wat ‘n dag – ek werk my alie af om alles klaar te maak voor ek met verlof gaan, en nes ek dink ek het nou alles onder beheer – dan pop daar iets nuuts uit !

  • 42. Xanika  |  November 25, 2008 om 12 : 37

    Lekker middag almal.

  • 43. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 12 : 46

    Tatta Xanika

  • 44. Olga  |  November 25, 2008 om 12 : 47

    die ma met die pop het die pop willens en wetens laat maak. mens wat rou en smart verduur gaan glad nie verder as haar ontslape babatjie dink nie. pop gaan glad nie haar denke raak nie. hello, dan nog huisgenoot kontak en se KOM KYK, EK ROU SO OOR MY BABA EK HET N POP NA SY BEELD LAAT MAAK. dis vervlaks cheap. sy het n klap nodig nie n kopkrimper nie.

  • 45. Olga  |  November 25, 2008 om 12 : 49

    hey tilla. jou 3 dae is nog net 2 en bietjie van oor.

  • 46. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 12 : 55

    Olga

    Jip ! Ek dink ook dis siek – daar is niks wat daai baba se plek kan inneem nie !

  • 47. Olga  |  November 25, 2008 om 1 : 01

    die jong man verdien ook n klap. sy kind moet verder deur die lewe sonder n ma. hy het dus n objektiewe pa nodig nie n swakkeling wat bly le nie.

  • 48. Nats  |  November 25, 2008 om 1 : 02

    Klip
    Ek weet!🙂
    Ek neem aan jy het ‘n gesplete persoonlikheid so toe is ek nie seker met wie ek praat nie – Klip of Kobus!😆

    Olga
    Ek stem saam! Klap daai vrou wakker!! Dis mos nie normaal om so iets te doen nie!

  • 49. Olga  |  November 25, 2008 om 1 : 02

    hoe gaan dit tilla. al klaar gepak? poppie se swembroek in? ha polfighs gebere?

  • 50. Nats  |  November 25, 2008 om 1 : 04

    O tog… my comment is awaiting moderation!!

  • 51. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 1 : 10

    Olga

    Nee nog nie gepak nie, die engelsman werk nog volgende week en ons ry volgende saterdag eers. Ek het so afgevat dat ek Plig se boeke en haar nuwe skoolklere kan gaan koop en haar pa kan gaan uithaal met die onderhoud en so aan.

  • 52. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 1 : 10

    Nats

    Dink hulle jy praat lelik ?

  • 53. Olga  |  November 25, 2008 om 1 : 16

    kan skoppensboer regtig mooi wees?

  • 54. Olga  |  November 25, 2008 om 1 : 18

    skoolklere gaan verseker plaas se prys kos tilla.

  • 55. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 1 : 30

    Olga

    Darem nie te erg nie, veral nie as ek vat wat ek koop nie, dis 2 rompe, 5 hemde, ‘n das, ‘n sakwapen, ‘n baadjie, ‘n trui, ‘n pullover en 5 pare kouse is R1272.00 en haar boeke is R355.00

  • 56. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 1 : 31

    O ja en by die boeke is ingesluit hulle sportdrag

  • 57. lilly  |  November 25, 2008 om 1 : 37

    Hallo hallo en hoe gaan dinge hier?

  • 58. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 1 : 45

    Hey lilly – goed en met julle ?

  • 59. Olga  |  November 25, 2008 om 3 : 07

    dan is dit gewis nie te erg nie tilla. hoe lank moet hulle nou wag vir rapporte? die skoolkinders het mos vandag klaar gemaak.

  • 60. *Mathilda*  |  November 25, 2008 om 3 : 47

    My kids maak Vrydag klaar en ons gaan haal hulle rapporte volgende Vrydag

  • 61. Nats  |  November 25, 2008 om 3 : 49

    Sorry julle ek was uitgegooi – so snaakse boodskap opgekom!

    Ek het nou net terug gekom van die hospitaal!! My kollega se baba dogtertjie is te pragtig!!! Sy lyk nes haar boetie! Selle neusie!

  • 62. Klip  |  November 25, 2008 om 5 : 55

    Gelukkig is dit net die neusie wat ooreen stem 🙄

  • 63. Olga  |  November 25, 2008 om 6 : 38

    wha, ha, ha, ha. klip, ek hoop ook dis waar die ooreenkoms stop.

  • 64. Olga  |  November 25, 2008 om 7 : 16

    ek wonder of nic koornhof ou piet koornhoff se seun is.

  • 65. Olga  |  November 25, 2008 om 9 : 58

    kom ek maak maar soos wk. testing 1 2 3 4.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: