Nou wie se skuld is dit eintlik?

November 23, 2008 at 10 : 39 134 Kommentaar

Het julle al opgelet hoe motoriste altyd verantwoordelik vir enige ongeluk is?  Of die ander party ‘n fietsryer, ‘n voetganer of ‘n trein was.  As ‘n kat op die snelweg kraam, was dit seker ook die motoris wat laaste daar verby gery het se skuld.

Volgens wet mag daar nie voetgangers op enige snelweg wees nie.  Dit gaan seker nie lank wees nie of een of ander idioot gaan verf sebrastrepe op die pad.  Party dae lyk dit amper asof daar meer voetgangers as karre op die snelweg is.  Ry nou net een raak en jy sit verseker met ‘n klag van poging tot moord / manslag teen jou.  Al was dit in die middel van die nag, die ‘arme slagoffer’ in swart geklee en jy binne die spoedgrens gery het.  Jy het hom raakgery, hy sal nooit in jou vasgeloop het nie.

Enige motorfietsryer wat blog het al gedreig wat van iemand sal word wat ‘n mater verongeluk.  Die dreigement behels gewoonlik dat daar baie motorfietsryers in motors is.  Hulle vleg roekeloos deur die verkeer en verwag voorgang by alle karre.  Ek mag verkeerd wees, maar toe ek my leerling vir ‘n motorfiets gekry het, het ek verstaan dat jy nie tussen karre mag deurjaag nie.  Soos enige ander voertuig moet jy links hou en regs verby gaan.  Ek moet nog sien waar sê dit dat die stippellyn vir motorfietse opsy gesit is.

Daardie erg gestremdes wat by verkeersligte tussen twee bane gesit word om te bedel.  Dikwels is hulle op hulle knieë of op hulle basse.  Mens sien hulle eers as jy verby hulle ry.  Ek kan selfs twee spesifieke voorbeelde noem, daar is een by Menlyn se Garsfontein uitgang en een by Fonteine sirkel.  Ek wonder altyd of dit ‘n lonende manier van selfmoord pleeg is?  Iemand sit hulle daar neer, waar hulle die heeldag bedel.  Die “weldoeners” doen dit waarskynlik teen ‘n kommissie.  Dit is uitbuiting.  Laat ek net een vang wat dit doen, dan ry ek hom/haar vrek.  En gaan met ‘n glimlag tronk toe.

Gaan daar ooit ‘n dag kom waar die skuld voor die regte party gelê gaan word?  Of is motoriste die grootste varke onder die son?

Blogvraag:  Wie is die huidige minister van vervoer?

Blogantwoord:  Tussen 25 November (International Day of No Violence against Woman) en 10 Desember (International Human Rights Day)

Entry filed under: Uncategorized.

16 dae van aktivisme teen vroue en kindermishandeling. Wie laaste lag, is die Skoppensboer.

134 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  November 23, 2008 om 11 : 09

    eerste.

  • 2. Olga  |  November 23, 2008 om 11 : 10

    ja, julle donners. julle wil mos net die post lees sonder om te comment. whela ka pela.

  • 3. Olga  |  November 23, 2008 om 11 : 18

    is jeff r/G/Hadebe nie die huipdige min van vervoer nie? of was hy ook gefire? het hy dalk bedane om by cop aan te sluit? eb dink jeff adebe is die min van vervoer.

  • 4. Adrie  |  November 24, 2008 om 6 : 55

    More almal

    zzz

  • 5. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 6 : 56

    More more

    Eers meeting – sien netnou

  • 6. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 7 : 03

    Kloon

    As jy dalk kan, stuur vir my die link van waar die fotos op jac is – ons net blok ons daar

  • 7. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 8 : 57

    More………. GAAAAAAAAAAPPPPPPPPP

  • 8. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 8 : 58

    Jeffrey Thamsanqa Radebe

  • 9. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 03

    @ *M*

    Ek het ga kyk op Jac se site en net ‘n paar fotos gekry. Ons fotos wat ons geneem het is mooier as die paar wat hulle geneem het.

  • 10. Nats  |  November 24, 2008 om 9 : 25

    Goeie more julle!!

    Topic
    Ek verpes bedelaars, daar is nou so baie in ons omgewing en sodra jy hulle nie probeer dood ry nie (wat moeilik is) val hulle skuins in die pad!!

    Ek het 3 blase in totaal, een op elke klein toontjie en een onder my een voet!

  • 11. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 29

    Wie almal het blisters van Sister?

  • 12. Olga  |  November 24, 2008 om 9 : 35

    more, more, blase? wats dit?

  • 13. Verons  |  November 24, 2008 om 9 : 37

    More julle!!
    Klink vir my sisters was weereens ‘n groot sukses veral onder ons klomp! Ek is regtig spyt dat ek dit nie kon bywoon nie maar plig voor plesier en ek moet sê dit was eintlik glad nie ‘n plig nie en dit was als so pragtig gewees………………
    Ek het op Jac se site gaan kyk en daar is net laasjaar se foto’s

  • 14. Nats  |  November 24, 2008 om 9 : 39

    Wille Q
    Ek het drie!

    Verons
    Jy het uitgemis!

  • 15. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 39

    Testing 1 2 3

  • 16. Olga  |  November 24, 2008 om 9 : 41

    motorfietsryers is n nagmerrie in die laeveld. absoluut en eenvoudig. ons bergpaaie is vol draaie. ewe skielik sal jy net onaardse gebrul hoor en motorfiets wat by jou verby skiet. watse spoed hulle doen wil ek eerder nie weet nie. ek dink soms daar is ander verkeerreels vir motorfietsryers

  • 17. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 42

    @ Nats

    Nee man! Dan het jy moffie voete. Daai pofaais van jou moet volgende jaar 3 keer so hoog wees :mrgreen:

  • 18. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 43

    @ Olga

    Dissi selle reëls wat die taxis gebruik 😉

  • 19. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 52

    GGGRRR!!!!!!

  • 20. Olga  |  November 24, 2008 om 9 : 52

    daar staan dikwels groep mimes met hulle mit gesigte en bierboxe by die verkeerslig by die riversidemall se in/uitgang. dan vermaak hulle motoriste daar. dis ook maar bedel, maar dis ten minste vermaaklik. wat ek verpes is die ene met sy plakkaart wat se “no job, no money, no food” dis na my mening laag oor die algemeen kom mens uit die mall met jou kar gelaai met die inkopies wat jy gedoen het. dan kyk jy teen die plakkaart vas. en jy voel skuldig. want jy dink aan die versnapering wat jy by m+b, spur of maxies gehad het. jy dink aan die dure paar skoene, rok, jeans of bottelparfuum in die kattebak. nee, regtig hulle laat hierdie motoris skuldig voel vir iets waaraan sy geen skuld het nie.

  • 21. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 53

    Uhm…… O JA!!! Dit kan okki mee apartheid se skuld weesi…..

  • 22. Olga  |  November 24, 2008 om 9 : 57

    o, ja wk. dit is gewis. jy staan in die linkerste linkerbaan en motorfiets kom links van die geelstreep verby. good luck to him. dan kom die taxi op sy hakke skeef soos n krap aanpestreep. by almal en alles verby. word die verkeerslig groen, sny dari blixemse taxi reg voor in te hel met die gevolge.

  • 23. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 9 : 58

    @ Olga

    Ek het lankal geleer om my gat aan sulke bedelaars af te vee. Ek kyk nie eens mee na hulle nie. As ek die dag lus het om kak te voel, dan druk ek my vinger op in my hol

  • 24. Olga  |  November 24, 2008 om 9 : 59

    as die nie meer apartheid se skuld isi, wk, moet dit bbbe se skuld wees. nie motoriste sn nie. viva d.a.

  • 25. Nats  |  November 24, 2008 om 10 : 01

    Wille Q
    Joh!! 😯 ek kan klaar nie op hulle loop nie – amper my gaai gesien want die hakke werk nie lekker op teerpad nie!!

  • 26. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 10 : 01

    Issit nie BBEEE nie 😯
    Of is dit nou al 4 E’s

  • 27. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 10 : 03

    @ Nats

    Jyt ‘n jaar om te oefen!

    @ Olga

    Ek weet daas meer E’s as B’s

  • 28. Olga  |  November 24, 2008 om 10 : 05

    whateva wk. jy weet darem waarvan ek praat. wetie hoeveel e’s moet agter bbb wesie. die motorste het hulle net nog nie onder stof gery nie. ek dink die petrol prys is nog te hoog daarvoor.

  • 29. Nats  |  November 24, 2008 om 10 : 07

    Yipppeeeee!!!!

    Een van die mans saam wie ek werk gaan in die volgende uur weer pa word!!!!!!!

  • 30. Olga  |  November 24, 2008 om 10 : 08

    is jy seker wk? daar is al n nuwe weergawe uit dink ek. want dis is al 3 b’s. maar ek is nie gepla oor hoeveel b’s en e’s daar is nie. DIS ALLES HULLE SKULD!!!

  • 31. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 10 : 10

    @ Nats

    YIPPPPPPEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    @ Olga

    :mrgreen:

  • 32. Olga  |  November 24, 2008 om 10 : 10

    sterkte aan jou kollega se vrou nats. as ek reg onthou, gaan sy dit nodig he.

  • 33. Nats  |  November 24, 2008 om 10 : 16

    Olga
    Dankie! Dis ‘n keiser snee, en jip ek het gehoor dit vat langer om vat ‘n keiser snee te herstel? Dis ‘n dogtertjie!!

    Wille Q
    Ek sal seker maar moet begin oefen… soos die tyd nou vlieg loop ons binne kort weer Sisters! :mrgreen:

  • 34. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 10 : 18

    @ Nats

    Jy sal geniune eerder op hakke loop voorlat jy ‘n keiser kry!

  • 35. Olga  |  November 24, 2008 om 10 : 22

    ginekoloe doen altyd keisers nats. hulle worry niks oor langer herstelperiode en letsels nie. ek dink n keiser is net duurder as normaalweg. maar, ek hou duim vas vir al2 dames.

  • 36. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 10 : 32

    @ Olga

    My eerste 1 was ‘n nood keiser. Sy sou dit nie gemaak het as ek normaal gekraam hetti. Die laaitie het ek self gekies vir die keiser opsie, met ‘n fabriek toemaak natuurlik. Ek moet sê dat almal wat ek ken word ook aangesê om ‘n keiser te kry

  • 37. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 10 : 36

    Nou willes – stuur asb biki aan – het jy van TL se skoene ? Ek soek spesifiek een daarvan

  • 38. Adrie  |  November 24, 2008 om 10 : 36

    Dit is BBBEE

    Staan vir Broad Based Black Economic Empowerment.

  • 39. Adrie  |  November 24, 2008 om 10 : 40

    Tilla

    Ek moet nog my foto’s download, maar ek het ‘n paar van die merem.

  • 40. Adrie  |  November 24, 2008 om 10 : 45

    GRRRRR

    Sekere mense . . . .

  • 41. Adrie  |  November 24, 2008 om 10 : 46

    HEY

    WAAR IS JULLE ALMAL?

  • 42. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 10 : 48

    Die internet is wee mislik starag vandag

  • 43. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 10 : 54

    @ A3

    BBBEE, BBEEE, BBE, BEE……. Almal die selle kak

    @ *M*

    Ek het net ‘n paar fotos. My kêmera se bêttery het mos gekak. Ek was Vrydag aand by ‘n troue en het vigeet om die ding te laai.

  • 44. Beeld  |  November 24, 2008 om 10 : 54

    Sanri van Wyk

    Hoëhakskoene is pas verhef van die maak van modestellings tot die inneem van ’n standpunt teen ’n maatskaplike euwel.

    Eergister het sowat 2 500 pare voete die teer geslaan vir die radiostasie Jacaranda 94.2 se Sisters with Blisters-pretstap teen geweld teen vroue en kinders. Deelnemers moes 4,5 km in spykerhakke aflê om hul medelye met slagoffers van aanranding en mishandeling te wys.

    Voor die wegspringtyd om 09:00 het die terrein van die Dimension Data-kampus in Bryanston, Johannesburg, gewemel van fopdossers, vroue in spykerhakke van tot 10 cm hoog, vroue in wighakke, minder dapper vroue in tekkies of pantoffels en selfs mans en kinders.

    Noem maar ’n soort skoen op, dit was daar – wighakke, puntskoene, platforms, skoene met blomme, skoene met strikke, blinkleerskoene en selfs stewels.

    Die voormalige Mej. Suid-Afrika en TV-aanbieder Cindy Nell was in haar tiervelmotief-spykerhakke die afsitter.

    Nog bekende saamstappers was die Top Billing-aanbieder Michael Moll, die sangeres Louise Carver, die aktrise Kim Cloete en die akteur Terrence Bridget, voorheen Jerome in 7de laan.

    Die kleurryke massa het met groot bravade weggespring, maar skaars ’n paar honderd meter verder het vroue in groepies verdwyn en met tekkies teruggekom.

    Van die minder diskretes het sommer net daar op hul sitvlakke gaan sit om hul skoene uit te trek.

    Vanjaar is die derde keer wat Sisters with Blisters aangebied word.

    Die rede dat op die spykerhak-stap besluit is, sê me. Lizette Stokes, ’n woordvoerder van Jacaranda 94.2, is sodat die pyn wat ’n mens ervaar wanneer jy so ver op spykerhakke stap, jou kan herinner aan die pyn wat mishandeldes beleef. Stokes sê die stasie het gemik vir 3 000 deelnemers, maar is heel tevrede met die opkoms.

    “Dit is goed genoeg dat meer mense as verlede jaar vanjaar gestap het. Dit wys dat meer mense die saak ondersteun,” sê Stokes.

    En die pryse? Skoene, natuurlik.

    Met ’n gelukstrekking was ’n inkopietog vir twee by die Jimmy Choo-winkel in Kaapstad op die spel.

    Die geld wat ingesamel is, word aan die Leigh Matthews Trust en die organisasie Women and Men against Child Abuse geskenk.

  • 45. Beeld  |  November 24, 2008 om 10 : 56

    Naranda Nell

    Nelspruit. – ’n Sjimpansee van Chimp Eden net buite dié stad is eergisteroggend per ambulans na die Nelspruit Medi-Clinic se leersentrum vervoer sodat ’n katarak uit sy oog verwyder kon word.

    Om 07:00 het veeartse, assistente en fotograwe fluisterend in spanning gewag dat Tony, ’n drie-en-’n-half jarige sjimpansee, verdoof word sodat hy in die Netcare 911-ambulans vir die operasie weggeneem kan word.

    “Ons was almal baie bekommerd en effens senuweeagtig omdat Tony al voorheen opgehou asemhaal het toe hy verdoof moes word om uit kwarantyn te kom,” het mnr. Eugene Cussons, besturende direkteur van Chimp Eden by die Jane Goodall-instituut hier, gesê.

    Tony is al bekend by baie TV-kykers sedert sy verskyning in die eerste episode van Escape to Chimp Eden, wat Maandagaande op Animal Planet vertoon word.

    Cussons het gesê ’n erg mishandelde Tony is agt maande gelede in Angola gaan haal. “Ons het toe al gesien hy het ’n probleem-oog en het die uitvoerende hoof en veearts van die Johannesburgse dieretuin, dr. Stephen van der Spuy, ontbied om Tony te ondersoek.” Hulle het dit ook goed gedink om Tony eers in sy nuwe omgewing te laat aanpas voordat hulle hom onder die stres van ’n operasie wou plaas.

    Cussons het gesê dié operasie was een van die grootste gebeurtenisse by Chimp Eden en is hy baie dankbaar dat Netcare, Medi-Clinic, Van der Spuy en dr. Danie Louw, wat die operasie uitgevoer het, gratis hulp aangebied het.

    Louw, die oogspesialis wat geopereer het, het gesê die operasie het minder as twee uur geduur.

    “Daar was duidelike tekens van erge mishandeling en iets wat hom hard op die oog getref het. Ek moes die katarak met ’n naald afkrap en kon nie die normale prosedure volg nie. Die spanning was dubbel so hoog toe Tony net voor die operasie met sy asemhaling gesukkel het, maar verder was dit ’n reuse-sukses.” Tony sterk tans by Chimp Eden aan.

    Mnr. Lance Baungart, bedryfsbestuurder van Netcare, het mense verseker dat dit ’n geïsoleerde geval was en dat al die toerusting (in die ambulans) wat gebruik is, vir verdere gebruik gesteriliseer is. Dis hospitaal het ook die leersentrum agter die hospitaal vir die operasie ingerig en weer gesteriliseer.

    Dit was klaarblyklik die eerste keer dat ’n dier in dié leersentrum geopereer is.

  • 46. Adrie  |  November 24, 2008 om 10 : 59

    Eerlik, kaalvoete gee baie meer blase as hakskoene.

  • 47. Adrie  |  November 24, 2008 om 11 : 03

    Sug

    Hou almal nog naweek?

  • 48. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 03

    @ A3

    True! Maar kan jy nou dink aan hoe ons sou trug bestuur het PTA toe met blase ons voete

  • 49. Adrie  |  November 24, 2008 om 11 : 04

    Willes

    Ek het, en dit was nie ‘n probleem nie.

  • 50. Nats  |  November 24, 2008 om 11 : 14

    Sorry eks hier… net bietjie besig

    Olga
    Dr’s sê keiser want dis meer geld vir hulle… en dit berei hulle voor sodat hulle weet wanneer jy in kom, en seker maak sou daar iets four gaan is daar al die nodige toestelle vir die kleintjie.

    Anders as daar x hoeveel vroue in kom besig om in kraam in te gaan het hulle nie noodwendig die nodige gereedskap nie.

    Hulle het dit nou die aand op Carte Blanche gesien dat ons Hospitale nie ingerig is vir te veel onverwagte swangerskappe nie.

  • 51. Adrie  |  November 24, 2008 om 11 : 14

    Ek het wel Sondag gevoel of ek myself simpel gegym het.

  • 52. Adrie  |  November 24, 2008 om 11 : 24

    Ek verstaan hulle het Donderdagaand ‘n fout gemaak op Strictly come Dancing. Garth was nooit in die onderste 2 nie en is daarom ook nie uit nie. Hy dans Donderdag weer.

  • 53. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 24

    @ My 3ling

    Ek en die kjinners het gister 5km gat stap. Ek het vanoggend gevoel of ek 500km gestap het. Maar ek moet sê dit voel dam nou beter.

    @ Nats

    Daai onbeplande gevalle meng in met die kwak se golf speel

  • 54. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 26

    @ A3

    Nou wa hoor jy dit? En wies uit? Ek kyk net die eerste helfte van die show

  • 55. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 29

    @ My 3ling se 2ling

    Ek hoop jys besig om te oefen met volgende jaar se koene

  • 56. Xanika  |  November 24, 2008 om 11 : 31

    Goeiemore almal op hierdie heerlike Maandagoggend.

    Ek stem oor motoriste wat altyd die skuld kry. Gisteraand het ek en my laaitie teruggery huis toe van Alberton af. En dit lyk regtig of daar ander reëls vir taxi’s is. En vir vragmotors. Ek weet alle vragmotorbestuurders is seker nie so nie, maar party laat veel te wense. Ry sonder ligte – ons was eers 20:00 by die huis so ons het ‘n hele ent in die donker gery en dis skrikwekkend om te sien hoe lank party wag voor hulle hulle ligte aanskakel.

  • 57. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 35

    @ Xanika

    Lo da. Dis hoekom ek permanent met my se ligte aan ry 😉

  • 58. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 36

    Het iemand dalk ‘n stomp mes vi my?

  • 59. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 37

    Ek gat my polse afsny as die internet so starag bly!

  • 60. Adrie  |  November 24, 2008 om 11 : 40

    3ling

    By Martin vanoggend op die draadloos.

    Niemand is uit nie.

  • 61. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 52

    @ A3

    Cindy moes laaaankal uit gewees het. Lyd of sy ‘n besem stok ingesluk het

  • 62. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 53

    lyK

  • 63. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 54

    Men who don’t understand women fall into 2 groups…….

    Bachelors and Husbands

  • 64. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 11 : 57

    It matters not whether you win or loose……..

    What matters is whether I win or loose

  • 65. Adrie  |  November 24, 2008 om 11 : 57

    Whaaahahahahahahaha vir 64.

    Willes

    Garth is net vir my nogal ‘n nice ou.

  • 66. aventer  |  November 24, 2008 om 11 : 58

    BOO :mrgreen:

  • 67. aventer  |  November 24, 2008 om 11 : 59

    julle my gemis???

    ek het…

  • 68. Xanika  |  November 24, 2008 om 12 : 00

    Slim van jou Wille Kjind Q, so ek sal darem nie in jou vas ry as ek weer iewers heen jaag nie…

  • 69. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 12 : 03

    @ A3

    Ek like hom stukkend!

    @ Aventer

    Was jy dan weg 😕

    @ Xanika

    Ek ry mooi vir almal wat om my ry. Gewoonlik is die ou wat starag ry ‘n poephol en die 1 wat vinniger as ek ry ‘n maniak!

  • 70. aventer  |  November 24, 2008 om 12 : 04

    😥
    nobody loves me 😥

  • 71. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 04

    Annermerrie

    Ons het al gedink jy is landuit. Hoe gaan dit?

  • 72. Olga  |  November 24, 2008 om 12 : 04

    alles wat cindy nel op strictly come dancing doen, se )ek is die mooi enetjie hier en fok julle( sy het 3 weke, maand terug nie geskroom om dit te se nie. maar sy gaan seker wen ook. komaan rob en merrie, wys ñs wat kortgatte kan doen.

  • 73. Olga  |  November 24, 2008 om 12 : 05

    alles wat cindy nel op strictly come dancing doen, se )ek is die mooi enetjie hier en fok julle( sy het 3 weke, maand terug nie geskroom om dit te se nie. maar sy gaan seker wen ook. komaan rob en merrie, wys ñs wat kortgatte kan doen. en dit is ook bbbee se skuld, nie motoriste sn nie.

  • 74. aventer  |  November 24, 2008 om 12 : 06

    watse moderation is dit nou??

    gaan goed dankie, het nog net twee oor…dankie tog

    engels en opsionele wiskunde…dan kan ek weer die hasies begin tel 😆

    gaan dit daai kant??

  • 75. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 06

    Willes

    Toegegee, 99% van die ander motoriste gaan jou ‘n maniak noem. Jy behoort eindlik jou hoed af te haal van iemand wat vinniger as jy kan ry.

  • 76. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 07

    Ek skree vir wie ookal Hayley mee dans. Daardie vrou ken haar moves.

  • 77. Olga  |  November 24, 2008 om 12 : 08

    wordpress verdien n stiletto hak in sy gat.

  • 78. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 09

    Willes dink mos die spoedgrens in 180 km/h en dan oortree sy dit ook nog.

  • 79. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 09

    Olga

    In sy oor. Hy geniet dit dalk in die gat.

  • 80. Xanika  |  November 24, 2008 om 12 : 11

    Ek stem saam Adrie, sy ken van.

    Ek ry ‘n 1.8 Volkswagen Fox. Ja ja ek weet dis nou nie die vinnigste kar op die pad nie, maar as jy wil ry is hy nie lui nie. Ek is so bly ek het nie so ‘n vinnige kar gehad toe ek pas my lisensie gekry het nie, want dan sou ek nie nou hier gewees het om daarvan te vertel nie. Ek het eendag van Johannesburg af huis toe gekom en ‘n BMW wou my aanvat, hy het later afgetrek en ‘n ruk bly staan! En dit was met ‘n ou Opel Kadett.

  • 81. WILLE KJIND Q  |  November 24, 2008 om 12 : 12

    @ Olga

    Cindy moet eers daai stok uit ha hol pluk voorlat ek vi ha ga vote

  • 82. Olga  |  November 24, 2008 om 12 : 13

    ek kom lan die laeveld af. ek gee oor die geel streep pad vir motoriste wat vinniger ry as ek. as daar n geel streep is. ek ry om die wat stadiger as ek ry. die gauteng ome wat so die middelstreep hawg as hulle die laeveld se gebergtes kom aandurf, maak dat ek op sperstreep verby steek, as dit veilig lyk en hulle n groot laeveldse vinger groet gee.

  • 83. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 14

    Ek dink my spoedgrens is so vinnig as waarmee ek gemaklik is. En ja, dit is bokant die wettige spoed. Deesdae maak die petrolprys my minder gemaklik, dus moet ek maar stadiger kruip.

  • 84. Xanika  |  November 24, 2008 om 12 : 18

    Ek het my lisensie nou al ‘n paar jaar en het nog nooit enige boetes gekry nie. Nie vir parkering of veiligheidsgordel of spoed of niks nie. Maar elke keer na ons Johannesburg toe was, vermy ek die posbus. Probleem is net die kar is op my ma se naam.

  • 85. Olga  |  November 24, 2008 om 12 : 18

    al haal sy die stok vit haar hol, of waar dit ook al in is, wk, sy dans kak. my vote kry sy nie. dis tyd dat die kortgatte wen. maar ja, hailey kan dans. maar brandon en mary ook.

  • 86. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 12 : 21

    Ai tog – ons net neuk lekker rond vandag – eintlik nie net die net nie – alles ! Ek gaan sommer huistoe !

    Nog net 4 slapies dan gaan ek met verlof !

  • 87. Olga  |  November 24, 2008 om 12 : 21

    ek ry heeltemal te maklik oor die spoedgrens en moet dan maar remme gebruik. ek is n bedelaar sonder n plakkaak en kan nie bekostig om boetes te kry nie.

  • 88. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 25

    Ek hou ook van Brandon. Hy is darem nie ‘n poepol nie. Maak nie saak hoe sy maat aangejaag het nie, hy bly ‘n gentleman.

    Tilla

    Wanneer begin jy die ure te tel?

    Xanika

    Ek het seker al so 4 keer ‘n boete gaan betaal.

  • 89. Nats  |  November 24, 2008 om 12 : 26

    Ek sukkel deesdae om nie oor die spoed grens te ry nie, want die hoofweg is mos nou 80 op party plekker!! Dan ry jy 80 dan raak die mense lekker vies want hoekom ry jy nou so stadig!? En dit in die stadige baan!!

  • 90. Xanika  |  November 24, 2008 om 12 : 30

    Nats, ek weet wat jy bedoel. Saterdagoggend het hulle aan die pad gewerk en daar is plekke waar die spoed maar 60 is. Ek het in elk geval omtrent 100 gery toe kom daar ‘n NW kar van agter en druk vir my toeter. Maar gelukkig het my kar ook een!

  • 91. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 31

    Nats

    Jy sal goed in die Kaap aard. Die gemiddelde mens daar ry 20 onder die spoedgrens. Ons ry gemiddeld 20 bo die spoedgrens.

  • 92. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 34

    Ek dink regtig baie van ons snelwee kan ‘n spoedgrens van 160 km/h he.

  • 93. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 37

    Beslis die N1 tussen Johannesburg en Bloemfontein.

  • 94. Nats  |  November 24, 2008 om 12 : 38

    Adrie
    Ek ry meeste van die tyd spoed, maar om 80 op die hoofweg te ry is moeilik!

    Xanika
    Ek was altyd skaam in die begin wanneer mense my van die pad af probeer druk en altyd gedink ek is skuldig (net my lisensie gekry) maar nie meer nie!! Vloek hulle deesdae nog voor hulle my kan vloek! 🙂

  • 95. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 43

    Ek soek ook die papier wat my die eienaar van die pad maak, sodat ek kan doen wat ek wil.

  • 96. Adrie  |  November 24, 2008 om 12 : 54

    Wat eet ons vandag?

  • 97. Emil  |  November 24, 2008 om 12 : 57

    Ek sien hier word toe ‘n prys gewen by Daaglikse Doos!!

  • 98. Adrie  |  November 24, 2008 om 1 : 00

    Emil

    Alweer?

    Ek kan nie nou weer dans nie, my bene is nog lam en my voete is nog seer.

  • 99. Emil  |  November 24, 2008 om 1 : 22

    Nee, ek is maar net laat.

  • 100. Adrie  |  November 24, 2008 om 1 : 29

    Emil

    Nou ja, niks om oor te spog nie. Maar jy ry mos deesdae met ‘n splinternuwe silwer ponie rond. Kan jy daarmee op die pad maak wat jy wil?

  • 101. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 2 : 03

    Hallo again

  • 102. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 19

    Welkom terug.

  • 103. Roer  |  November 24, 2008 om 2 : 34

    Na ‘n hele naweek waaraan ek blootgestel was aan Gauteng bestuurders (90% van hulle lei aan road rage as jy my vra), kan ek maar net se^ daardie veralgemening (dat motoriste gewoonlik die skuldige party is), is deur en deur verdien.

  • 104. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 35

    Verskoon my!!!

    Ek het geweet ek moes sekere mense in die naaste asblik geprop het.

  • 105. Roer  |  November 24, 2008 om 2 : 36

    Grrrrrrrrrrrrrrr

  • 106. Roer  |  November 24, 2008 om 2 : 36

    Grrrrrrrrrrrrrr

  • 107. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 38

    Wee jy!!!!

    Sekere mense leer net slegte maniere by ons. He He He

  • 108. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 38

    Roer

    Solank jy net jou trippie hier geniet het, dit is al wat saak maak.

  • 109. Roer  |  November 24, 2008 om 2 : 39

    Ek lyk soos ‘n kreef. As dit nie vir jou timely sonskerm aanval was nie, was ek nou kaaings en daarmee bedank ek jou sommer. 🙂

  • 110. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 2 : 40

    He he …

    Roer

    Toemaar my senuwees het ook ‘n knou weg met die naweek se traffic – ek HAAT traffic – en die donnerse GPS wil net Witbank toe en nie waar ek wil hê hy moet gaan nie – so tot hy was gatvol vir daai traffic !

  • 111. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 40

    Roer

    Solank jy net jou trippie hier geniet het, dit is al wat saak maak.

  • 112. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 43

    Roer

    As ‘n mens nie verder dink as jou neus lank is nie, moet jy maar soos ‘n kreef lyk.

    Ek se eerder niks oor iemand met ‘n bloedrooi neus nie. Weet nie waar daar saam met Asterix en Obelix gedrink was nie.

  • 113. Roer  |  November 24, 2008 om 2 : 43

    gps? GPS?!!!! Moenie my eers herinner nie Mathilda. Daai gps tannie en ek het mekaar lelik sleg gese^ die naweek.

  • 114. Roer  |  November 24, 2008 om 2 : 46

    Adrie, ja ma!

    Terloops, ek het daaroor geskryf…

  • 115. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 48

    Leer om kaarte te lees.

  • 116. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 50

    Waar?

    Wil iemand gou my facebook kom organise?

  • 117. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 2 : 52

    Adrie

    Ek dink nie so nie – ek sukkel vandag om hier in te kom – wat nog van jou facebook ?

  • 118. Adrie  |  November 24, 2008 om 2 : 57

    Sal help as jy facebook het.

  • 119. *Mathilda*  |  November 24, 2008 om 3 : 03

    Ek moet tog maar die ding by die huis gaan opsit een of ander tyd

  • 120. Adrie  |  November 24, 2008 om 3 : 09

    Ek het maar net 42 foto’s op facebook gesit.

  • 121. Adrie  |  November 24, 2008 om 3 : 20

    HEt ek nou weer gevries?

  • 122. Emil  |  November 24, 2008 om 3 : 54

    Ek wou nou iets banaals hier kwytgeraak het, maar het besin. Stel dit maar so: die ponie is net goed om gepolish te word. Julle toekenning, nou ja … daar is beslis meer plesier daarin 👿

  • 123. Adrie  |  November 24, 2008 om 3 : 56

    Emil

    Kom ons ruil dan. Ek het geen doel met daardie toekenning nie, maar as dit jou plesier verskaf?

    Jy raak dalk ‘n tweede Steve. 😉 Wat jou vrou daarvan sal se, is jou probleem.

  • 124. Adrie  |  November 24, 2008 om 3 : 58

    He He He – As Mev Emil nie weet wat om daaroor te se, sal ek haar raadgee. Se niks, doen. Skop veral, onder die Jack verkieslik.

  • 125. Emil  |  November 24, 2008 om 3 : 59

    Teehee, 😆

    Ek sal die ponie maar hou. My vrou sal my daarmee oor die kop slaan!

  • 126. Adrie  |  November 24, 2008 om 4 : 07

    Emil

    Hoe sal sy dit kan doen as dit in my besit is?

  • 127. Emil  |  November 24, 2008 om 4 : 08

    Ek het geen slim comeback nie!

  • 128. Adrie  |  November 24, 2008 om 4 : 12

    Ek wonder hoekom?

    Het die toekenning wat jy hier wil oorneem iets daarmee te doen?

  • 129. Emil  |  November 24, 2008 om 4 : 14

    😆

    Moet wees! Ek gaan nou miniatuur ponietjie start en die gras sny. Wie weet, dalk wen ek anyway jou prys :mrgreen:

  • 130. Emil  |  November 24, 2008 om 4 : 16

    Nou hoekom word ek nou skielik gemodereer?

  • 131. Adrie  |  November 24, 2008 om 4 : 17

    GRRRR

    Ek sal gou gaan kyk.

    WordPress

    Jy soek skoor.

  • 132. Emil  |  November 24, 2008 om 4 : 21

    Van wanneer af kan wordpress inuendo’s verstaan 😆

  • 133. ADRIANA  |  November 24, 2008 om 4 : 24

    WordPress beter vinnig leer. Of ek gaan blaas hulle surfer op.

  • 134. Nats  |  November 24, 2008 om 4 : 57

    GRRRRRRRR!!!!!!!!!

    😦
    😦
    👿

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za