Hoekom straf mense hulleself met hakskoene?

November 17, 2008 at 6 : 13 231 Kommentaar

Hakskoene is nie gemaklik nie, inteendeel, hulle maak seer.  Dit misvorm jou voete en druk jou blase en elte waar jy nie eers geweet het jy het plekke nie.  Dit is ook ongesond, nie net lei dit na voet probleme nie, maar jou lae rug kan ook in haar peetjie gestuur word met hakskoene.  Jy kan ook maklik ‘n been of twee breek waar jy effens mistrap of as die hak per ongeluk breek.  Tog sal party vroue hulle gesondheid, gemak en etlike duisende rande gee om die goed te dra.  Hoekom?

Ek het ‘n paar jaar terug daaroor ‘n artikel in die Cosmopolitan gelees.  Julle moet maar self besluit hoe goed ek onthou en hoe juis hulle feite was.

Eerstens voel ‘n vrou op haar aantreklikste met die goed aan haar voete.  Hoe aantrekliker sy voel, hoe meer aantreklikheid straal sy uit wat haar meer aantreklik maak.  Cosmo voorblad meisies dra altyd hakskoene, maar daar word nooit ‘n foto geplaas waar ‘n mens die voete kan sien.  Dit laat haar glo meer sexy voorkom. 

Hakskoene help glo om die postuur reg te kry.  Dit gee ook mooi kuitspiere.  ‘n Mens frons hieroor totdat jy 2 tree in hakskoene geloop het.  Daar is net een manier om nie jou enkels te breek nie.  Skouers terug, maag en boude in.  Hoe hoër die skoen, hoe meer verbeter jou houding.  Dit help seker ook om jou aansien te verbeter.

‘n Vrou het ook meer selfvertroue met hakskoene aan die voete.  Ek kan dit nogal goed glo, jy behoort baie trots op jouself te voel as jy daarmee kan rondloop sonder om jou nek te breek.  Helaas, is dit nie so eenvoudig nie.  Die selfvertroue kom van goed voel oor jouself.  Nou vra ek met trane in my baba blou ogies:  HOEKOM KAN MENSE NIE IN TEKKIES GOED OOR HULLE SELF VOEL NIE?

Vroue wat hakskoene dra is glo ook meer gesaghebbend.  Net die feit dat hulle langer vertoon, laat hulle meer in beheer voel.  Ek wonder:  Is dit ‘n geval van die langste een is baas? 

Ek het van die goed ervaar en ander klink vir my vergesog.  Hoe voel julle daaroor?

Hiermee vaar ek Saterdag Johannesburg se strate binne:

p1000680

Blogvraag:  Wie het Cosmopolitan in 1965 van ‘n gesinstydskrif in ‘n gewaagde vrouetydskrif omskep?

Blogantwoord:  Olga was reg, Andre Stander is deur die VSA polisie doodgeskiet.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vir my om te weet… Bygelowe

231 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 1 : 07

    Ai tog – almal is alweer laat vir die meeting ! Sal maar eers nog biki chat.

    Kloon

    Fotos gekry ?

  • 2. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 09

    Kloon

    Jip. Jy het nogal sassy shoes. Hoe hoog is die hak?

  • 3. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 13

    Testing

  • 4. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 14

    TSK!!! Smyt die ding my af!

  • 5. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 17

    En daar smyt jy jouself weer op.

  • 6. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 23

    Willes

    Roer jou gat.

  • 7. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 1 : 28

    So 9cm

    Hoekom moet willes ha gat roer ?

  • 8. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 31

    My gat is te groot om geroer te word😈

  • 9. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 31

    Ons kyk of ons nog ‘n paar laaste inskrywings bymekaar kan krap.

  • 10. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 32

    Willes

    My tweeling loop rond.

  • 11. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 36

    Kloon

    Myne is 0.5 cm hoEr.

  • 12. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 37

    My internet is te starag en Brabys Maps is nog staragir

  • 13. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 1 : 40

    Dis skoene wat ek gehad het – ek gaan nie nuwes koop nie ! Nou ja – die baas is nou daar, ons gaan weer probeer meeting hou

  • 14. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 45

    Alt + 137 = ë

  • 15. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 46

    Alt werk nie op ‘n laptop nie.

  • 16. Adrie  |  November 18, 2008 om 1 : 48

    Ek het die pad.

  • 17. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 57

    Nou stuur die pad na my toe EN somme ok na gogga toe

  • 18. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 58

    Ek het Sisters gekry

  • 19. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 1 : 59

    Het net gewag vir Kempton

  • 20. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 1 : 59

    Julle moet vir my ok die pad verduidelik !

  • 21. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 00

    Drieling

    Ek bring 2 maatjies en my eie bloedsuster.

    Tilla bring haar man en bloed baba

    Nats bring Manlief.

    Roer bring 2 maatjies.

    Wie bring jy?

  • 22. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 01

    Kloon

    Weet jy waar is William Nichol?

  • 23. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 02

    Ek gaan vir almal more ‘n kaart stuur.

    Don’t stress.

  • 24. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 05

    Willes

    Van die lughawe af, neem jy die N3 na JHB

    By die wisselaar neem jy die N1 na Roodepoort / Bloem

    Dan neem jy die William Nicol afrit.

  • 25. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 2 : 06

    Het so idee ja – is nie te ver van skoonma hulle af nie

  • 26. White Knight  |  November 18, 2008 om 2 : 08

    Dagse

    So dit is waar A3 heeldag sit en stories opmaak 😉

    Hello almal, mooi dag verder.

    Groete

  • 27. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 12

    Ridder

    Jy like van skoor soek.

    Ek gee jou toestemming om vir die res van die jaar skoor te soek as jy inwillig om Sisters te doen.

  • 28. White Knight  |  November 18, 2008 om 2 : 15

    A3 Ekke het nie toestemming nodig nie😀

    Saterdag werk ek ongelukkig.😦

    Maar sal aan julle dink in elke geval.😆

  • 29. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 17

    Kry ‘n ander werk.

    Ek het bedoel skoor sonder gevolge😉

  • 30. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 21

    Of organize vir jou ‘n vergadering in Bryanston.

  • 31. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 2 : 25

    Ek bring myself. Ek is al1 gebore so ek sal al1 my pad stap dankie

  • 32. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 30

    GMPH

    Ook maar goed dat ons nie op jou moet staatmaak vir ‘n span nie.

    Daar moet iewers ‘n maatjie wees wat jy kan saambring.

  • 33. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 2 : 32

    Willes

    En die kjinners ?

  • 34. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 32

    Stats

    Tensy Willes ‘n maatjie het of Wipneus ja se, is daar 19 lede in ons span. 22 as ons die kinders wat saamstap bytel. 23 as ons die simpel heks saamstap.

  • 35. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 34

    En ‘n aplous aan Olga wat ingewillig het om die bandanas te maak. As ek nou die regte materiaal kan kry.

  • 36. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 2 : 37

    Ek hetti maaikies nie……. net kennisse

  • 37. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 40

    Dan bring dan ‘n kennis.

  • 38. Nats  |  November 18, 2008 om 2 : 44

    Hello eks terug!!

  • 39. WILLE KJIND Q  |  November 18, 2008 om 2 : 44

    Al my kennisse gat da wees

  • 40. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 45

    En daar val Lettie van die wa af. Dit gee 18 grootmense.

  • 41. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 46

    Bring dan jou bloedsuster saam.

  • 42. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 47

    Nats

    Kyk of jy Willes kan oortuig om 2 kennisse te bring.

  • 43. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 48

    Second thoughts – bring altwee jou susters saam, Willes.

  • 44. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 48

    Aldrie jou sisters . . .

  • 45. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 48

    En jou ma.

  • 46. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 49

    En jou blogouma

  • 47. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 50

    En jou tweeling (ek bring my tweeling, my drieling en kloon👿 )

  • 48. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 2 : 50

    Nou wat is Lettie se probleem ?

  • 49. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 50

    Dit is nou te se as jy jou tweeling kan vang. Sy draf vir pret, onthou.

  • 50. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 50

    Sy het ‘n partytjie die oggend.

  • 51. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 2 : 50

    Issie – ek bring myself en my man en kjind !

  • 52. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 2 : 51

    Ons partytjie was eerste !

  • 53. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 54

    Hmmmm, ja – ek se maar eerder niks. Ons partytjie was voor baie dinge.

    En jy help nie hier nie, Kloon.

    Ek wil 20 grootmense inskryf.

  • 54. Adrie  |  November 18, 2008 om 2 : 54

    Grootmense is 12 en ouer.

  • 55. Nats  |  November 18, 2008 om 3 : 05

    Ek bring my hond!
    He he he!!

    Tel sy?

  • 56. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 09

    Nee, maar ek gaan haar ook inskryf.

    Tweeling, speel jou ma weer rolbal?

    Wat van jou swesters?

  • 57. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 10

    Wat is die brak se naam?

    Tang?

    MOet ek vir Fiela en Maxine ook inskryf of is hulle te klein?

  • 58. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 3 : 11

    Ek het so dik geword – ek tel vir 2 !

  • 59. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 14

    Gaan nie werk nie.

  • 60. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 15

    Ek kan myself ook nie 3 keer inskryf nie.

  • 61. *Mathilda*  |  November 18, 2008 om 3 : 16

    Gelukkig maak ons dit net om as grootmense deur te gaan !

  • 62. Nats  |  November 18, 2008 om 3 : 18

    Adrie
    Jip haar naam is Tang
    Maar ek dink sy is te onfiks om saam te loop.
    En ek is nie seker of ek haar wil dra nie! Sy het ‘n lekker gewig aan haar! Lekker vet geword na haar op.

  • 63. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 20

    Moet ek die jaar weer die graaf ding doen?

    He He He

  • 64. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 22

    Tilla

    Ongelukkig.

    Ek sweer Jac is aspris. As jy 11 mag jy verniet loop.

  • 65. Nats  |  November 18, 2008 om 3 : 23

    Adrie😆
    Jy kan die graaf net saam bring as jy weer die ambulans aanval!!

  • 66. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 23

    Dalk moet ek vir Thembi inskryf.

  • 67. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 23

    Mag ek gly en ‘n spietkop aanval?

  • 68. Nats  |  November 18, 2008 om 3 : 24

    Sjoe julle… ek lees bietjie op oor sekere diere, en het toevallig op Springbokke afgekom.

    Het julle geweet ‘n Springbok kan sonder water gaan?? ‘n Springbok kan vir jare sonder water gaan!

  • 69. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 27

    Wie gaan Saterdag lus wees vir ‘n slab?

    Bring vir my nog een inskrywing en jy kry ‘n slab.

    Wie gaan lus wees vir ‘n boks tjoklits?

    Bring vir my 2 inskrywings en jy kry ‘n boks tjoklits.

    Sluitings tyd: 19 November 08:00 stiptelik.

  • 70. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 27

    Nats

    Kry hulle die vog van die gras af?

  • 71. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 36

    Vir iemand met nog 3 inskrywings . . . ek sal eers daaroor moet dink.

  • 72. Adrie  |  November 18, 2008 om 3 : 48

    Daar is nog ‘n beperkte hoeveelheid plekke oop.

  • 73. Nats  |  November 18, 2008 om 3 : 55

    Adrie
    So iets… hulle eet ook seker blomme wat water bevat. Nou weer oor ‘n ander dier opgelees… en jy weet mos by my is dit by die een oor in en die ander uit! Impala’s (MacDonalds bokkies) kan geboorte verleng met ‘n maand as hulle sien da is nie kos nie!

  • 74. Adrie  |  November 18, 2008 om 4 : 00

    Tweeling

    Dalk moet jy vir ons ‘n post skryf oor minder bekende feite oor diere.

  • 75. Adrie  |  November 18, 2008 om 4 : 11

    Waar is Willes nou weer heen?

  • 76. Adrie  |  November 18, 2008 om 4 : 21

    Ek gaan lekker vroeg huistoe.

  • 77. Verons  |  November 18, 2008 om 4 : 23

    ‘Ello hiers ek weer!😀
    Nats nou kan jy sien hoekom die springbok moet bly, hy kan in uiterse omstandighede survive!!
    A3 dit klink na ‘n bright idee!
    Het julle die stuk op Tove se blog gesien oor die hond?? Dit is voorwaar amazing!!

  • 78. Nats  |  November 18, 2008 om 4 : 47

    Adrie
    Dis reg met my!
    Ek sal die blog bietjie gaan skryf!

    Sal dit ook nie te langdradig maak nie – net feite punt!

    Verons
    Ek sal dit op die Sport Blog gaan noem!

  • 79. Nats  |  November 18, 2008 om 4 : 47

    Adrie
    Lekker vroeg huis toe???

    Dan is jy seker al weg??

  • 80. Nats  |  November 18, 2008 om 4 : 57

    Alleen…

    Sies vir julle!!

  • 81. high heel gym shoes  |  Desember 12, 2008 om 4 : 49

    high heel gym shoes…

    There is so much you can write about high heel gym shoes….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: