Vrou se keuse

November 14, 2008 at 6 : 11 77 Kommentaar

Ons is ‘n week weg van Sisters en ek is deesdae ‘n bietjie laks met die graaf.  Dus gaan ek so ‘n bietjie graaf swaai net om in oefening te kom. 

Dit kom dikwels voor of ‘n vrou ‘n keuse moet maak in haar lewe.

Sy kan trou, kinders kry en haar lewe aan hulle wy.  Die voordeel is dat sy altyd daar is vir haar kinders en hulle deur en deur sal ken.  Die kinders weet daar is altyd iemand daar vir hulle.  Die nadeel is dat sy haarself kan verloën.  ‘n Leë dop wat verraai voel.  Soos in The Ballad of Lucy Jordan.

Aan die ander kant van die munt kan jy vir jouself leef.  Jou eie groei en plesier voorop stel.  Jy sal ‘n vol lewe kan geniet en goed beleef wat ander jou sal beny.  Die prys is egter baie hoog.  Op ‘n stadium sal jy ‘n versierde dop wees wat leeg is.  ‘n Eensame ou vrou.  Soos in I’ve never been to me. 

Is daar ‘n goue middeweg?  Seker ja, maar ek ken nie ‘n liedjie om dit te beskryf nie.

Blogvraag:  Wie het oorspronklik The Ballad of Lucy Jordan gesing?

Blogantwoord:  Willes was reg met Charles Perrault, maar ek het meer van Xanika se antwoord gehou.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die blik soldaatjie en ‘n ertjie prinses Vir my om te weet…

77 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  November 14, 2008 om 6 : 15

    Eerste

  • 2. *mathilda*  |  November 14, 2008 om 6 : 21

    Ek het nou hopelik klaar baklei vir die dag

  • 3. Wille Kjind Q  |  November 14, 2008 om 6 : 28

    Marianne FAITHFUL

  • 4. Wille Kjind Q  |  November 14, 2008 om 6 : 29

    O ja…. TWEESTE!

  • 5. Wille Kjind Q  |  November 14, 2008 om 6 : 30

    Hallo….:mrgreen:

  • 6. Wille Kjind Q  |  November 14, 2008 om 7 : 18

    Nee nee nee…. Dr Hook!

  • 7. Wille Kjind Q  |  November 14, 2008 om 7 : 20

    Ek sien die nuwe maaikies word voor getrek….

  • 8. *mathilda*  |  November 14, 2008 om 7 : 25

    Helo willes

  • 9. *mathilda*  |  November 14, 2008 om 7 : 26

    Die sein sukkel biki hier vanaand

  • 10. Wille Kjind Q  |  November 14, 2008 om 7 : 39

    Tilla!

  • 11. Wille Kjind Q  |  November 14, 2008 om 7 : 41

    Ek kanni wag vi Sisters nie!

  • 12. Olga  |  November 14, 2008 om 10 : 33

    ek is nie vir 1 oomblik spyt ek het by die huis gebly en kinders groot gemaak nie. ek het van my kinders die beste probeer maak wat ek kon. ek glo ek was n streng maar regverdige ma. so hoop ek altans. maar die anderkant. ek wens ek kan nou gaan werk. maar, helaas, wie sal my op my ouderdom in diens neem? ek het geen opleining om van te praat nie. ook geen ondervinding nie. wat beslis my 1 berou is.

  • 13. Nee se 3ling Q  |  November 15, 2008 om 2 : 14

    Olga…. Stront! Jys nog jonk. Tsk! Moetie lat ek jou oor my skoot trek nie.

  • 14. Adrie  |  November 15, 2008 om 6 : 22

    Olga

    In die VSA werk die vroue tot hulle kinders kry. Die VSA het tot vandag toe geen kraamvoordele nie – soveel vir vroueregte. In elk geval, hulle bly dan etlike jare by die huis en betree weer die mark wanneer hulle dink die kinders is oud genoeg. Tipies 5 – 20 jaar later. Ek het geen idee hou hulle die verlore jare inhaal nie.

    Die vraag is voel jy soos Lucy Jordan of is dit n geval van I want to break free?

    Ek dink ek is in die fase van Holding out for a hero.

    Dalk is 9 to 5 een middeweg liedjie.

  • 15. Adrie  |  November 15, 2008 om 6 : 26

    Of wat van No sacrafice van Elton?

  • 16. Olga  |  November 15, 2008 om 6 : 34

    more, more. julle al2, wk en juf annie. kyk by julle werkplekke hoeveel vrouens van my jare WORD INDIENS GENEEM. dit is nogal n jammerte want ons kan, glo ek, baie meer bied as n jonger vrou. met n kindjie of 2 by die huis wie dalk siek word. daardie skooltaak wat moet in. nee, wk, ek se nie ek is te oud nie. glad nie.

  • 17. Olga  |  November 15, 2008 om 6 : 35

    ek weet in my geval is dit beslis l want 2 break free.

  • 18. Olga  |  November 15, 2008 om 6 : 41

    ek het begin stap weer. sonder hakke, he, he, he. net ek, bessie en toughey. ek het gster so ver en vinnig gestap met hulle, arme bessie het dit amper nie huis toe gemaak nie. ek moes haar laaste ent dra. ek het vreeslik skuldig gevoel. sy was gelukkig net moeg. ek weet nou al as ek vandag weer stap, sal sy nie tevrede wees om tuis te bly nie.

  • 19. Nee se 3ling Q  |  November 15, 2008 om 6 : 56

    More more! Ek het net vinnig kom gevreetjie wys virri dag. Ek het baja sleg geslaap met my ma wat nog my pa se dood probeer verwerk. Ek moet nog tuin bou, shopping doen en na ‘n kitchen tea toe gaan….

  • 20. Wille Kjind Q  |  November 15, 2008 om 6 : 59

    Eish! Ek het vigeet om my naam te change NA ek by ouma Wip blog besoek afgelê het😳

  • 21. Klip  |  November 15, 2008 om 7 : 15

    More almal.

  • 22. Olga  |  November 15, 2008 om 7 : 17

    ek voel beslis nie soos lucy jordan nie. die laeveldse wind sommer deur my oop kar venster doen dit vir my. ek dink buitendien die vreemde taal en aksent van parys sal my ou koppie laat uithaak.

  • 23. Olga  |  November 15, 2008 om 7 : 18

    more klip. geniet dhe dag. lekker werk.

  • 24. Olga  |  November 15, 2008 om 7 : 20

    wk, sterkte vir die dag.

  • 25. skroplap  |  November 15, 2008 om 9 : 16

    lo almal

  • 26. Klip  |  November 15, 2008 om 9 : 17

    A FIREMAN came home from work one day and told his wife,

    “You know, we have a wonderful system at the fire station:

    BELL 1 rings and we all put on our jackets ,

    BELL 2 rings and we all slide down the pole,

    BELL 3 rings and we’re on the fire truck, ready to go.

    “From now on when I say BELL 1
    I want you to strip naked.
    When I say BELL 2
    I want you to jump in bed.
    And when I say BELL 3
    We are going to make love all night.

    ” The next night he came home from work and yelled
    ” BELL 1!” The wife promptly took all her clothes off.
    When he yelled “BELL 2!”, the wife jumped into bed.
    When he yelled “BELL 3!”, they began making love.

    After a few minutes the wife yelled “BELL 4!”
    “What the hell is BELL 4?” asked the husband?

    “ROLL OUT MORE HOSE,” she replied ”
    YOU’RE NOWHERE NEAR THE FIRE.”

  • 27. Klip  |  November 15, 2008 om 9 : 23

    More skroplap hoe gaan dit met jou ?

  • 28. Klip  |  November 15, 2008 om 9 : 26

    Soos hulle in die Kaap se “Loop die snoek (vis)”

  • 29. Klip  |  November 15, 2008 om 9 : 39

    A sophisticated looking Indian lady walks into a tattoo shop and sits down.

    The owner, amazed at seeing such a sophisticated lady in his shop, runs over
    immediately and asks if he could help her.

    To his shock and utter delight, she lifts up her silk sari and points to her
    right inner thigh – very high up. “Right here,” she says, “I want you to
    tattoo a clay lamp and underneath it I want the word Diwali.”

    Then she points to her left thigh just as high up and says, “On this side, I
    want you to tattoo an evergreen tree with lights and tinsel and an angel on
    top and underneath it I want the word Christmas.”

    The owner looks at her. “Ooh, lady, it’s none of my business, but that is
    probably the most unusual request I’ve ever heard. Why in the world do you
    want to do that?

    “Well,” the lady said, “I’m sick and tired of my husband always complaining
    that there’s never anything good to eat between Diwali and Christmas.

  • 30. Adrie  |  November 15, 2008 om 2 : 18

    Willes, ons is vasgevang in n Bok optrede. Ons beplan ons ontsnapping voor Wip se held.

  • 31. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 3 : 27

    Hallo julle

  • 32. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 3 : 32

    Willes – baie sterkte vir julle vir die dag, julle is in ons gedagtes en gebede !

  • 33. Olga  |  November 15, 2008 om 3 : 36

    iemand hier? ruik ek koffie? obs?

  • 34. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 3 : 37

    Hey olga, koffie klink vir my na n bargain

  • 35. Olga  |  November 15, 2008 om 3 : 38

    hoe gaan dit tilla? melk en canderel vir jou?

  • 36. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 41

    Ballet of Lucy Jordan

    The morning sun touched lightly on the eyes of Lucy Jordan
    In a white suburban bedroom in a white suburban town
    As she lay there ‘neath the covers dreaming of a thousand lovers
    Till the world turned to orange and the room went spinning round.

    At the age of thirty-seven she realised she’d never
    Ride through Paris in a sports car with the warm wind in her hair.
    So she let the phone keep ringing and she sat there softly singing
    Little nursery rhymes she’d memorised in her daddy’s knees and chair.

    Her husband, he’s off to work and the kids are off to school,
    And there are, oh, so many ways for her to spend the day.
    She could clean the house for hours or rearrange the flowers
    Or run naked through the shady street screaming all the way.

    At the age of thirty-seven she realised she’d never
    Ride through Paris in a sports car with the warm wind in her hair
    So she let the phone keep ringing as she sat there softly singing
    Pretty nursery rhymes she’d memorised in her daddy’s knees and chair.

    The evening sun touched gently on the eyes of Lucy Jordan
    On the roof top where she climbed when all the laughter grew too loud
    And she bowed and curtsied to the man who reached and offered her his hand,
    And he led her down to the long white car that waited past the crowd.

    At the age of thirty-seven she knew she’d found forever
    As she rode along through Paris with the warm wind in her hair …

  • 37. Olga  |  November 15, 2008 om 3 : 43

    ek hoop herriemerrie en kie het SWAAR gesluk aan bok van blerk. en dat hulle na jeukende steve, kots, spoeg, gaga, moes luister.

  • 38. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 3 : 44

    Olga – jy onthou ! Dankie, sal lekker wees

    klip – hallo hoe gaan dit ?

  • 39. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 49

    Hallo Tilla en Olga, hoop julle geniet nog n rustige Saterdag middag.

  • 40. Olga  |  November 15, 2008 om 3 : 49

    hy groet nie vandag terug nie tilla. ja, k onthou. he he he. vergeet net wat ek wil.

  • 41. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 51

    Is dit nou daardie “gratis” musiekfees ????

    As dit wel is, sing die bekendes seker hulle goorste liedjies.

  • 42. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 3 : 52

    Klip – ja wat besig met kos nou maar was n rustige dag. En jy ? Besig ?

  • 43. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 53

    Skuus julle , die internet is lekker stadig , eintlik al van gister af.

  • 44. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 3 : 53

    Olga – bekruip hy jou !

  • 45. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 54

    Ek kan amper nie in woorde beskryf hoe lekker dit hier by die werk is op n Saterdag nie ….

  • 46. Olga  |  November 15, 2008 om 3 : 55

    nie almal nie. herriemerrie het gespog liannie may sing JY SOEN MY NIE MEER NIE. koei.

  • 47. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 55

    Tilla , wat is op die spyskaart???
    Ek het nie vandag kos gemaak hier by die werk nie , en gaan ook nie more nie. Eet maar wat in die lunchbox is

  • 48. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 57

    Ek het lankal ophou soen…..

    Ons is nie besig nie , maar ons het baie om oor bekommerd te wees.

  • 49. Klip  |  November 15, 2008 om 3 : 59

    Ek wil nog sien hoe “gratis ” is die mense se show. Hulle gaan seker kollekte opneem vir die “armes”

  • 50. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 4 : 04

    Gaan gerookte kaaswors en vark ribbetjies braai en potato bake saam dit eet

  • 51. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 4 : 05

    Ek glo ook niks in die lewe is verniet nie

  • 52. Adrie  |  November 15, 2008 om 4 : 06

    Olga

    Ons het n lyn gesny voor die grootste drol in sa by die koor van sy 1ste lied kon kom. Ek is eindlik spyt! Ek kon my deel vir volk en vaderland gedoen het en hom met my kamera doodgegooi het. Oortree die 13de gebod, DROL! Cover wragtig Take a change on me. Toe was ek by die fort! Die slag sou hy geweet het hoe voel n pyn in sy gat. n Mikrofoon het n lang koord, maar hoe hulle n kitaar sou uitkry, weet ek nie.

    Klip

    Almal het hulle grootste hits gesing en het verniet opgetree.

  • 53. Klip  |  November 15, 2008 om 4 : 06

    Ai Ai , dit klink al te heerlik. en natuurlik ietsie kouds om saam te drink

  • 54. Klip  |  November 15, 2008 om 4 : 08

    A3 ek is bly om te hoor dit was verniet, ek kan dit amper nie glo nie

  • 55. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 4 : 08

    Kloon – jy kan dit mos nou nooit aan jou kamera doen nie !

  • 56. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 4 : 09

    Klip, hul maak iewers hul geld, al is dit net op verversings

  • 57. Klip  |  November 15, 2008 om 4 : 15

    Pampoen in die hol rol klink na n beter opsie as om jou kamera te beskadig

  • 58. Klip  |  November 15, 2008 om 4 : 17

    90c uit elke rand gaan vir advertensie , en 10c dalk aan een of ander welsyn

  • 59. Klip  |  November 15, 2008 om 4 : 24

    Wag ek praat te veel ……….

  • 60. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 4 : 27

    Wou nog vra – hoe kom die muskiet en die klip by mekaar uit ?

  • 61. *mathilda*  |  November 15, 2008 om 4 : 31

    Nou ja – laat ek na die kos gaan omsien – praat later weer

  • 62. Klip  |  November 15, 2008 om 4 : 32

    Ek het net eendag op die prentjie van n muskiet of gekom , en ek moet se dis nogals n gesukkel om dit te verander . Ek moet seker maar weer n bietjie van gevreet verander😆

  • 63. Klip  |  November 15, 2008 om 4 : 33

    Lekker eet ….

  • 64. Olga  |  November 15, 2008 om 5 : 08

    ai, herriemerrie, gun die mens n plek op die die verhoog. hy doen dit darem vir tjerritie. kitaar in sy hol sou hom net lus vir nog maak. as freddy double sides was, hoekom kan hy nie wees nie?

  • 65. Adrie  |  November 15, 2008 om 5 : 24

    Charity se voet! Hy moet beslis eerder by hoereer en voortplant bly. Of sy eie goed, waarvan daar baie is, sing. Maar moet ABBA hy uitlos.👿

  • 66. Emma Dixon  |  November 15, 2008 om 7 : 36

    Hallo Adrie

    Dalk is dit so moeilik om ‘n middeweg song te kry juis omdat die middeweg so buite bereik bly. Ek kan ook nie aan ‘n song dink nie.

    Emma

  • 67. Adrie  |  November 15, 2008 om 7 : 44

    Hi Emma

    Baie welkom hier. Hoop ons gaan jou nog baie hier sien.

    Dalk as iemand die song skryf, krap iemand die middeweg ook oop.😀

  • 68. Olga  |  November 16, 2008 om 12 : 40

    indien ek nie die pot mis sit nie, is mardigrass middelweeerig. sy werk en maak kids groot. almal is gelukkig.

  • 69. *mathilda*  |  November 16, 2008 om 7 : 58

    More maaikies

  • 70. Rapport  |  November 16, 2008 om 11 : 06

    Washington

    Die Afrikaanse digter en skrywer Breyten Breytenbach val oudpres. Nelson Mandela kwaai aan in ’n Amerikaanse tydskrif oor die geweld, magsvergrype en korrupsie wat Suid-Afrika verwoes.

    In ’n ope brief in die Amerikaanse tydskrif Harper’s Magazine skryf hy aan Mandela dat hy hom “die aaklige ding moet meedeel: As ’n jong Suid-Afrikaner by my wil weet of hy of sy die land moet verlaat of nie, sal my bitter raad wees dat hulle moet weggaan.”

    In die artikel onder die opskrif “Mandela’s smile: Notes on South Africa’s failed revolution” noem Breytenbach ontstellende voorvalle van geweld wat daagliks plaasvind en hom ook al geraak het.

    Sy oudste broer se seun is buite ’n restaurant gesteek en die meslem het sy long deurboor. Die polisie het nooit opgedaag nie. Hy is gered omdat sy metgesel haar vriend in Australië met haar selfoon gebel het en hy ’n verpleegster wat hy in Johannesburg ken, kon bel.

    Die vrou was op haar eerste besoek aan Suid-Afrika, maar het die volgende dag vertrek en “gesweer om nooit weer terug te keer nie”.

    ’n Ouma van ’n nabye vriend – so oud soos Mandela – het haar aanvallers gesmeek om nie verkrag te word nie en die nefie van ’n mede-skrywer is in sy eie huis vermoor.

    Hy verwys na speletjies soos “hit me, hit me” en “rape me, rape me” wat in Suid-Afrikaanse skole gespeel word wat volgens die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wys op “die omvang en vlak waartoe die verdierliking van die jeug strek en hoe endemies seksuele geweld in Suid-Afrika geword het”.

    Jong mans se ergste vrees in Suid-Afrika is om vir ’n verkeersoortreding opgesluit te word in ’n polisiesel en in die nag verkrag te word deur MIV-positiewe aangehoudenes; oë word uit lyke gepluk vir moetie en dooies word opgegrawe vir hul kiste.

    Die hartseerste geval is ses jong, bruin plaaskinders van tussen 9 en 15 jaar wat kaalvoet en “maer soos bidsprinkane” aan mekaar vasklou waar hulle in die hof verskyn omdat hulle ’n 11-jarige meisie oor ’n bottel goedkoop wyn met klippe doodgegooi het.

    Of, in ’n ander berig, omdat sy dalk vigs het.

    Breytenbach wil van Mandela, wat hy soos sy eie pa beskou, weet: “Het u, het ons, ernstig gepoog om ’n demokratiese bestel in Suid-Afrika teweeg te bring met sy wigte en teenwigte en rekenpligtigheid? Of was dit om iemand terug te kry vir die koloniale sondes?

    “Hoe lank kan ons voortgaan op die skisofreniese mespunt tussen die diskoers van gelykheid en geregtigheid en die praktyk van plundering en arbitrêre mag? Hoe lank nog kan die dubbelpratery volgehou word vir die volk en vir die buitewêreld? Hoekom het die menselewe geen waarde nie? Is dit tradisioneel?”

    Breytenbach vra Mandela of hy weet dat “nasionale bevryding” deur vernedering en misbruik (soos in Algerië, Angola, Guinee-Bissau) die droom verwoes van ’n moderne Afrika wat stam uit die Afrika-wortels en -realiteite.

  • 71. Olga  |  November 16, 2008 om 1 : 49

    hoekom de hel vra breytenbach die vrae aan madiba? is hy so agter die klip in amerika dat hy nie tred met die tyd hou nie? breytenbach, jy is n president en n waarnemende president te laat.

  • 72. Olga  |  November 16, 2008 om 1 : 55

    wat kan n verpleegster van jhb doen om iemand wie se long deurboor is te red? seker die voor die handliggendste ding. bel 112 op jou selfoon vir n ambulans.

  • 73. Olga  |  November 16, 2008 om 2 : 06

    wat kan mens tog verwag met die vermensliking van skape in australia?

    juf annie

    kon jy iets kry oor die saak van die bidsprinkaankinders wat eer goedkoopwyn as brood gekoop het? indien wel, los n link asuplease. ek wil dit graap lees. weer omdat ek wonder, waar die blou, bles, blinde bliksem was die ouers?

  • 74. Adrie  |  November 16, 2008 om 2 : 56

    Olga

    Ek sal n bietjie later loer. Breytenbach het seker vir Mandela geskryf omdat die ander drolle hom nie gepubliseer kan kry nie.

  • 75. Adrie  |  November 16, 2008 om 2 : 59

    Mens moet seker onthou dat Breytenbach naam gemaak het uit griewe teen di regering. Nou is sy griewe beantwoord, maar sy naam is stil.

  • 76. Rapport  |  November 16, 2008 om 3 : 18

    Douglas

    ’n Boer van Douglas was so amper sy “kroonjuwele” kwyt toe sy gewese verloofde hom met ’n skelmpie in die bed betrap het.

    Hy is só ernstig beseer dat hy na ’n Bloemfonteinse hospitaal gehaas moes word om alles weer toegewerk en agtermekaar te kry.

    Die stormagtige liefde van die blouoog-boer met die swart kuif en die rooikop-onderwyseres het dié Noord-Kaapse dorp die laaste paar weke behoorlik aan die gons.

    Wanneer die boer ’n eetplek in die dorp instap, word hy tergend gevra hoe hy sy eiers wil hê – sag of geroer.

    Die boer en die onderwyseres was eers verloof en het toe hul verlowing verbreek.

    ’n Paar maande gelede het die boer die vurige rooikop weer die hof begin maak. Hy was glo gereeld in die dorp om by haar te kuier.

    Die drama het glo begin toe die twee verliefdes een aand in die hotel se kroeg saam met vriende gekuier het.

    Douglas se inwoners vertel die boer, wat ’n oog vir ’n mooi vrou het, het ’n aanvallige Gautenger raakgesien wat die naweek in die dorp gekuier het.

    Hy is glo later met haar na sy plaas toe.

    Die rooikop het daarvan te hore gekom en is agterna. Sy het die twee glo in die bed betrap.

    Die onderwyseres het haar naels in haar kêrel se geslags-dele ingeslaan en hom glo erg gekarnuffel.

    Die bloeiende man se toestand is eers in Kimberley gestabiliseer en toe is hy na ’n Bloemfonteinse hospitaal oorgeplaas. Sy wonde was glo só erg dat hy spesialis-behandeling moes kry.

    Die boer het toe ’n beskermingsbevel teen sy gewese verloofde gekry. Die bevel is intussen teruggetrek op voorwaarde dat die onderwyseres nie verder stories oor hom in die dorp versprei nie en hom om verskoning vra.

    Die rooikop het die afgelope week huilend aan Rapport gesê sy wil van alles vergeet.

    Haar prokureur het gesê die dorp is in twee verdeel ná al die stories. Sommiges meen die boer het gekry wat hy verdien, ander sê die onderwyseres het te drasties opgetree.

  • 77. Olga  |  November 16, 2008 om 5 : 24

    die onderwyreres word verkul, bedrieg en verneder ten aanskoue van die ganse dorp, maar haar vergelding is te drasties. viva vir rooikop onderwyseresse. viva!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: