Die blik soldaatjie en ‘n ertjie prinses

November 13, 2008 at 6 : 11 303 Kommentaar

Dit voel snaaks om te dink feëverhale is eindlik iemand se pennevrug.  Die meerderheid kinders ken die stories voordat hulle skool toe gaan.  In hulle junior jare, hoor hulle dit waarskynlik amptelik by die juffrou.  Die kinders gaan die stories op een of ander tyd oor vertel of voorlees.  Dit word as vanselfsprekend aanvaar, nie as iemand se werk nie.

So sal jy nooit hoor dat iemand sê dat Hans Christian Andersen hulle gunsteling skrywer is nie.  Ek glo nie dat iemand hom as die een van die beste skrywers ooit gaan beskou nie.  Niemand gaan hom in dieselfde asem as Shakespeare noem nie.  Tog moet dit seker iets beteken as jou werke in 150 tale vertaal is nie.  Of dat elke mens in die beskaafde wêreld ‘n paar van jou stories ken.

As julle nog steeds word oor wie die pietie is, laat ek julle help.  Hans Christian Andersen het ‘n paar baie gewilde kinderstories vir ons agter gelaat.  Die lelike eendjie, Die Klein Meermin, Die Keiser se Nuwe Klere, Die Sneeuprinses om nie ‘n paar te noem.  Klink hy nou al bekend?

Andersen is op 2 April 1805 gebore in Odense, Denemarkte.  Hy was ‘n intelligente seun, met ‘n verbeelding wat vir niks geskrik het nie.  In 1816 het sy pa doodgebrand en Andersen moes uitspring.  Hy het as ‘n vakleerling by ‘n wewer en kleremaker begin.  Later was hy in ‘n sigaret fabriek werksaam, waar sy medewerkers gereeld gewonder het of hy ‘n seun of meisie was en gekyk het om seker te maak.  Van daar af het hy as ‘n akteur gewerk, sy soet sopraanstem was in aanvraag.  Nadat sy stem gebreek het, was die beroep na die maan.  Een van sy mede akteurs het na hom verwys as ‘n digter, Andersen het dit ernstig opgeneem en begin skryf.

Hy het Jonas Collin toevallig ontmoet.  Collin het hom oor Andersen ontferm en skool toe gestuur.  Nog voordat Andersen ‘n voet oor die drempel kon sit, het hy al sy eerste storie gepubliseer.  Andersen het skool gehaat, hy het dit later as die slegste tyd van sy lewe bestempel.  Tog het hy van 1822 – 1827 daarmee volgehou.  Hy het by die skoolhoof geloseer waar hy mishandel was om sy karakter te bou.  Omrede Andersen disleksies was, was hy ontmoedig om te skryf.  Hy was ook nie deel van die ander skoliere nie, omdat hy ouer, teruggetrokke en onaantreklik was.

Andersen het in 1835 die eerste gedeelte van sy feëverhale gepubliseer.  Nog stories was in 1836 en 1837 vrygestel, maar hulle was nie dadelik gewild nie.  Sy romans rondom dieselfde tyd het meer aftrek gekry. 

Andersen was biseksueel.  Hy het op vroue verlief geraak wat buite sy bereik was.  Hy het ook op mans verlief geraak, wat nie noodwendig gay was nie.  Andersen het in 1872 uit sy bed geval en nooit daarvan herstel nie.  Hy is op 4 Augustus 1875 pynlik in ‘n vriend se huis naby Koperhagen dood.  Ten tye van sy dood was hy internasionaal bekend en ‘n nasionale skat.  Net voor sy dood het hy met ‘n komponis gepraat oor die musiek vir sy begrafnis.  “Most of the people who will walk after me will be children, so make the beat keep time with little steps.”

Hou julle van stories?  Wat is julle gunsteling Hans Christian Andersen storie?

Blogvraag:  Wie het Rooi Kappie geskryf?

Blogantwoord:  Fred en Wilma Flintstone.  Willes was amper reg. 😉

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Seksopvoeding Vrou se keuse

303 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  November 14, 2008 om 4 : 34

    Arrie Warrie.

  • 2. Adrie  |  November 14, 2008 om 4 : 35

    Fluit-fluit, my storie is uit.

  • 3. skroplap  |  November 14, 2008 om 4 : 55

    hellllllllooooooooooooo kom terug

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: