Seksopvoeding

November 12, 2008 at 6 : 05 289 Kommentaar

Jannie is ‘n nuwe seun in die kleuterskool.  Pietie sien hom en stap nader om kennis te maak.  Pietie is ook nie skaam nie, hy moet darem weet of hy sy tyd mors of nie. 

“Is jy drlie of is jy vierl” vra Pietie.

“Ek weet nie.” antwoord Jannie

“Is jy soveel” Pietie hou 3 vingers in die lug “of soveel?” Pietie het nou 4 vingers in die lug.

“Ek weet nie.” antwoord Jannie.

Pietie beskou hom kop onderstebo.  Daar is net een genade.

“Jannie, trlek jy drlaad?”

“Nee.” Antwoord Jannie

“Dan is jy dlrie.”

 

Ek het ‘n rukkie terug geskryf oor mishandeling in ‘n weeshuis.  Daar is iets wat ek in my navorsing raak geloop het, wat ek nie daardie dag bespreek het nie.  Klein seuntjies wat moes knyp het dan per ongeluk ereksie gehad – hulle penisse was met ‘n liniaal gekap as straf.  Dogters wat gevang was dat hulle seuns soen of verdink word van ‘n seksuele daad, se klere was voor seuns afgeskeur voordat hulle geslaan was.  Daar was selfs een dogter wat met ‘n verkragting gestraf is. 

Ek het al in verskeie boeke gelees dat dogters voorheen met hulle hande bo die kombers moes slaap in koshuise veral.  Daar was gevrees dat hulle deur die nag in hulle slaap sal mastrubeer.  Dit was ten strengste gestraf.  Waar dit vir ‘n seun as normaal gesien is as hy met homself speel, was dit ten strengste vir ‘n meisie veroordeel.  Daar was ‘n tyd wat ‘n vrou eers op haar huweliksnag agter gekom het hoe ‘n man anders is as ‘n vrou.

Volgens Freud het selfs kleuters seksuele drange.  Dit word in hulle gedrag weerspieël.  Hoërskoolseuns loop dikwels met ‘n tas voor hulle heupe om iets weg te steek.  Dit is normaal.  Dit is iets waaroor ‘n mens net so min beheer het as wat jy beheer het oor die son.  Natuurlik raak kinders nuuskierig en sal daardie nuuskierigheid op een of ander manier verdedig.  Nuuskierigheid beteken egter nie dat hulle reg vir die daad is nie.

Die wêreld draai deesdae om seks.  Een van die (min) voordele wat daaruit gekom het, is dat ouers minder eng daaroor geword het.  In die sin dat dit openliker bespreek word en nie altyd as iets vuil voorgehou word nie.  Punt is jy het die reg op voorbehoeding wanneer jy 12 is, jy het die reg tot aborsie as jy 12 is.  Tog kan jy vervolg word oor enige seksuele daad (soen ingesluit) wat jy pleeg voordat jy 16 is.  Nee, ek verstaan nie die regering se logika nie.  Ek staan glad nie voorhuwelikse seks voor nie, maar ek dink nie dit is reg om kinders te straf oor iets wat onwillekeurig is nie.  Hoe moet jy weet hoe om in ‘n sekere situasie op te tree, as jy nie daarop voorbereid is nie. 

Ek staan dus seksopvoeding voor, selfs in skole.  Ongelukkig het ouers nie altyd die nodige kennis nie.  Ek weet van ‘n geval van ‘n vrou wat gedink het haar seun verloor sy maagdelikheid wanneer hy besny word.  Wat die seksopvoeding behels, weet ek nie.  Ek sou wel die volgende voorstel.  Verduidelik aan kinders (op die vlak wat hulle verstaan) wat die storie met hulle liggame is.  Hulle moet veral weet wanneer hulle in die “gevaarzone” is, dat hulle kan weet waar om te stop.  Daar is mense wat dink jy kan iemand oor mxit swanger maak of dat ‘n soen jou swanger kan maak. Laat hulle die gevolge van seks baie goed verstaan.  In kort, hulle moet weet waaroor dit gaan en ontmoedig word om te probeer.  Laastens moet hulle kennis dra van veiligheid.

My ma het altyd vir ons ‘n doringdraad aangebied om te krap waar ons jeuk.  Later het sy ‘n disprin aangebied, dit verhoed swangerskappe soos geen ander pil nie.  Tog het ek haar eendag gevra wat sy sal doen as ek swanger raak.  Sy het geantwoord dat sy nie weet nie, maar ek moet altyd onthou dat ek nie hoef te trou nie.

Hoe voel julle hieroor?

Blogvraag:  Wie was die eerste strokiesprent man en vrou wat saam in die bed gewys was op televisie?

Blogantwoord:  Willes was reg:  Terror was sy bynaam terwyl hy sokker gespeel het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vertroulike stem Die blik soldaatjie en ‘n ertjie prinses

289 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 11 : 19

    Hy het sommer sy eie vonnis geteken toe hy my met die onderhoudshof gedreig het ook ! Hy is ver onder die minimum onderhoud ! Hoeveel kak kan 1 mens vir jouself organise ? Drol !

  • 2. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 11 : 20

    Zoeks – ek verpes ook meetings maar sterkte

  • 3. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 11 : 22

    KLOON ? ? ?

  • 4. Zoekoe  |  November 13, 2008 om 11 : 23

    danke !!! ergste van alles is ek weet nie eers wat ek daar met gaat doen nie…. sal seker darm lekker kos kry…..

  • 5. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 11 : 24

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 6. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 11 : 25

    Dis ook al rede hoekom ek sekere meetings bywoon !

  • 7. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 11 : 27

    Willes – is daai n clown grrr of n piesie grrr ?

  • 8. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 11 : 29

    @ *M*

    Moetie praat van onderhoud nie. My ex moet R350 per kjind per maand betaal en het nog nie ‘n dooie sent betaal nie. Sy ma was aangespreek deur die hof en sy is veronderstel om my R100 per kjind per maand te betaal. Het okki ‘n sent daar gekry nie.

    Ek gee hulle genoeg rope solat hulle eendag hul gatte sonner ‘n spieël gat sien. Ek gat net eendag my se moer strip, hof toe gaan en hulle aangee!

  • 9. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 11 : 31

    @ *M*

    My GGGRRR is noooooit vi plesier nie!

  • 10. Zoekoe  |  November 13, 2008 om 11 : 37

    Julle is baie agresief vandag !

  • 11. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 11 : 38

    @ Zoekoe

    Dis die exe wat die axe in ons uitbring:mrgreen:

  • 12. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 11 : 41

    Hulle weet duidelik nie wat dit vandag kos om kinders groot te maak nie

  • 13. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 11 : 49

    @ *M*

    He! He! My vuilma is my spaarvarkie!

  • 14. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 11 : 53

    NWT. Besig met clown

  • 15. Xanika  |  November 13, 2008 om 11 : 54

    My eks moet R500 per maand onderhoud betaal sowel as die skoolfonds tot my kind uit die skool uit gaan. Hy is een maand agter met onderhoud en ek twyfel of hy al enige skoolgeld betaal het. Dat mens nou so kan soek vir iets wat kon gebly het!

  • 16. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 09

    @ Xanika

    Ek het laaaaankal geleer om self vi my kjinders te sorg. Ek maak staat op geen man (of sy poepol ma) nie. Ek los hulle vir die dag wanne ek bombefok verby is dan gat hulle kak. Six love!

  • 17. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 12 : 10

    X – dis juis waaroor ek so spirits is ! Myne is verantwoordelik vir 50% van alle skool en skoolverwante uitgawes van primêr tot tersiêre opleiding, maar nou wil hy nie sy deel van haar koshuisgeld betaal nie

  • 18. Xanika  |  November 13, 2008 om 12 : 15

    Wille kjind – wees bly jy kan dit doen. Ek kan darem ook nie kla dat ek nie vir my kind kan sorg sonder sy geld nie, maar om altyd die sente om en om te draai is ook nou nie meer so lekker nie (mind you, dink nie dit was al ooit lekker nie!).

    ek verstaan heeltemal mathilda, my eks het geweier om enigsins meer onderhoud te betaal toe my kind skool toe is en was die landdros toe so gaaf om ‘n bevel te maak dat hy die skoolfonds ten volle moet betaal. Maar dis nog steeds nie lekker om die mense by die skool in die oë te moet kyk en te weet my kind se skoolfonds is nie betaal nie. ek is egter nie die enigste enkelouer met ‘n kind in die skool nie en verstaan hulle heeltemal en hou aan sê ek moet nie daaroor worry nie.

  • 19. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 16

    @ *M*

    Dis altyd ‘die ander vrou’ wat hulle so kak sleg maak. Ek sê altyd…….. Ek hetti al1 lekka gekry toe ek daai kjinners gemaak hetti so hoekom moet ek al1 opdok. Sy moer en ha moer somme ok, dubbel en dwars.

  • 20. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 28

    Julle praat lekker kak van ons X skoonma’s

  • 21. Xanika  |  November 13, 2008 om 12 : 29

    Lekker middag almal, loer weer more hier in. Is lekker hier, dankie dat julle my so welkom laat voel!

  • 22. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 30

    Eks skoondogters se moer ook

  • 23. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 33

    @ Xanika

    Eish! Ja jong. Ek het ma ok lekka gesukkel aani begin ma nou gat dit dam beter😉

  • 24. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 35

    Gelukkig is jy nie MY VUILma nie😈

  • 25. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 36

    GRRRRRRR

  • 26. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 36

    As jy helfte so kak soos myne is dan IS jy kak sleg

  • 27. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 37

    @ My 3ling

    En nou❓

  • 28. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 37

    Ek sou jou lankal gemoer het as jy so met my seun mors

  • 29. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 12 : 38

    Skoonma – ek het geen probleem met mx x-skoonna nie en ek het nou n wonderlike skoonma ! Dis die x mans en hul nuwe vroutjies wat die probleem is – sy is jaloers op die verhouding wat die kinders met hul pa het want nou is haar aandag mos verdeel !

  • 30. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 39

    n Skoonma is mos net goed as sy haar skoon kinders kan instop.

  • 31. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 40

    Matilda, n mens kan sien jy is volwasse

  • 32. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 12 : 42

    Nee toe nou nie – tensy die skoen pas en dan kan jy net jouself blame want dan koop jy liefde !

  • 33. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 42

    Ek bly nog steeds my klein kinders se ouma

  • 34. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 43

    Die enigste goeie skoonma, is die onder die klippe.

  • 35. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 44

    Ek het nou net ‘n drol by Vodacom in trane gedryf.

    Jammerte die bestuurder was ook nie daar nie, hy/sy sou ook getjank het. Dit gebeur as jou kliente jou van klientediens moet leer.

  • 36. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 12 : 45

    Dis hoekom ek nooit my kinders se pa sal sleg maak nie – maak nie saak watse groot drol ek dink hy is nie – hy bly hulle pa !

  • 37. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 45

    Ek moet die kinders se liefde koop want die ekse is mos altyd aan die baklei , en dit oor geld

  • 38. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 47

    Jy en watte army❗❓

  • 39. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 48

    Adrie , jy gaan dan ook seker nooit toelaat dat jou kinders trou nie , want dan is jy ook mos n skoonma. Pasop vir profetiese woorde

  • 40. Nats  |  November 13, 2008 om 12 : 48

    Hello julle!

    Hulle mors lekker hier by ons… dan is die krag af vir 5min, dan weer vir 3 ure! Maak my mal!

    Sodra ons die generator aansit is die krag weer aan!!

  • 41. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 49

    Tilla

    Jy weet waar om my te kry as jy hulp nodig het met drolle. Ek weet darem dat jy presies weet hoe om ‘n toiletketting te trek.

    Emil

    Ontspan, mater. Niemand kan meer ontaktvol wees as wat ek is nie. En hulle oorleef dit.

    Karin

    Klein seuntjies speel met hulle tollies. Dit gaan nie oor seks of bevrediging nie, punt is, hulle speel.

    Magda

    Dit is scary wat mense hulle self wysmaak of op die TV sien.

    Olga

    Dit is verskriklik.

    Roer

    Bly jy is tevrede. 😉

  • 42. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 49

    Wille kjind , jy is nog nat agter die ore . Jy moet respek betoon aan volwassenes

  • 43. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 50

    @ Vuilma

    Weet jy wat dit deesdae kos om kjinders groot te maak? Dis nie mee 19 voertsek nie….. ALLES is duur. Jy is seke die tipe wat vir jou seun sê om nie ‘n sent uit te haal vir HAAR brats nie!

  • 44. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 50

    Skoonma

    Aangesien ek nie kinders het nie, is dit nie ‘n probleem nie.

  • 45. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 51

    Skoonma’s wat met klippe gooi, verdien die grootste klip.

  • 46. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 12 : 52

    @ Vuilma

    Ja ek is. Ek is dan net 12!

  • 47. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 54

    Solank jy nie daar staan waar die klippe val nie

  • 48. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 55

    Terloops

    Hoe maak jy as ‘n “vreemde” kind jou iets vra?

    Ek sal ‘n tiener antwoord tot waar ek kan, maar ek sal eerder ‘n laerskoolkind na sy ouers verwys en hulle inlig dat daar ‘n vraag kom.

  • 49. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 56

    Ek beitel klippe, ek gooi nie daarmee nie.

  • 50. Skoonma  |  November 13, 2008 om 12 : 57

    Peps en die die vlooimark was ltyd goed genoeg vir die kinders se klere , maar nou is dit net die beste van die duurste boetieks.

  • 51. Adrie  |  November 13, 2008 om 12 : 58

    Verkoop Mnr Prys nie ook Billabong nie? 👿

  • 52. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 02

    Kinders hou nie van fakes nie

  • 53. Nats  |  November 13, 2008 om 1 : 03

    Skoonma
    Daar is ‘n groot verskil tussen om ‘n ouma te wees en ‘n skoonma! Net omdat jy ‘n goeie ouma is beteken nie jy is ‘n goeie skoonma nie!

    Tweeling
    Is dit hoekom jy so stil was? Foon probleme?

  • 54. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 04

    Skoonma

    Het jy dan nie baie geld om te mors nie?

  • 55. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 05

    Tweeling

    Onder andere. GRRRR

  • 56. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 07

    Kinders hou veral nie van fake mense nie.

  • 57. Nats  |  November 13, 2008 om 1 : 07

    Adrie
    My post is in… check asb vir spelling!
    Jy weet mos!😉

  • 58. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 09

    Nats

    Dankie. Nou wag ons net vir die Kloon se post.

  • 59. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 1 : 11

    Die rede hoekom ek self vir my kjinders KAN sorg is omdat ek wel by Pep en Jet hul klere koop. Dit gaan nie net oor klere nie drol. Wat van skoolgelde? En spesiale klasse? Het jy al ooit kjinders gevoer op ‘n enkel salaris?

  • 60. Nats  |  November 13, 2008 om 1 : 12

    Nou is ek honger…

    Wie soek Nando’s??

  • 61. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 1 : 13

    Huh ? Post ?

  • 62. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 14

    Kloon

    Het jy nog steeds nie my posduif gekry nie?

  • 63. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 16

    Tweeling

    Ek asseblief. Lemon and Herb.

  • 64. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 1 : 16

    Ek sit in n 3ure lange meeting – moerse !

  • 65. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 17

    Nats,

    Ek like. Moet ek ‘n blogvraag kies of wil jy?

  • 66. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 17

    Bly by die huis en voed self jou kinders op , dan sal hulle minder wan aangepas in die samelewing wees

  • 67. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 18

    Skoonma

    Slim raad. Is jy dalk ‘n welsyn tannie wat meer toelaag kan uitdeel as wat die govvie toelaat?

  • 68. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 1 : 18

    Kloon, het nie iets vreemd gesien nie en toe was ek skool toe en direk meeting toe, sal more oggend kyk

  • 69. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 19

    Dit is al 2 dae terug gestuur. 🙄

  • 70. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 22

    Ek is nie geskei nie , en my man sorg goed vir my , en hy het al sy verpligtinge teenoor ons kinders nagekom, terwyl ek by die huis was en my kinders n ordentlike op-voeding kon gee

  • 71. Olga  |  November 13, 2008 om 1 : 22

    wk, die hof staan r350 per kind pm toe en jy breek nie die hof af en voer dit vir die magistraat per rektum nie? Ek is sprakeloos. Kos seker 4 keer meer om kind groot te maak. Skoonma, but out. As jy jou kids reg groot gemaak het, sou hulle hulle kids en hulle regte gerespekteer het. Dan sou jy nie jou klein kinders se liefde moes koop nie. Dammit. Dan durf jy van klip gooi praat? Tjk!!!

  • 72. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 23

    GRRRR

    Het Skoonma die gevreetjies gesteel?

  • 73. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 1 : 23

    Sorry – was so bombefok dat ek nie gekyk het vandag of daar iets is nie

  • 74. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 25

    Sjoe

    Daar is dit darem terug.

  • 75. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 28

    Lankal terug kon ons die kinders gewetter het as hulle stout was , vandag probeer die ouers alles sielkundig doen , en daarvoor is ou afrikaner volkie nie opgewasse nie

  • 76. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 1 : 29

    Olga – exactly my point !

  • 77. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 30

    Skoonma

    Ek hoop jou skoondogter wetter jou reg.

  • 78. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 30

    Adrie beskuldig jy my van diefstal?

  • 79. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 34

    My skoondogter is n pragtige mens , dis my eks skoondogter wat die probleem is .

    G’n wonder vandag se kinders is so aggressief, kyk hoe praat hulle met die ouer mense

  • 80. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 1 : 34

    En nou kak my x in sy klere oor R4600 wat hy vir die JAAR moet betaal vir die koshuis waar my kind veilig, gedisiplineerd en deel van die span sal wees en waar sy 3 keer per dag n gebalanseerde ete kry en studietyd met hulp sou dit nodig wees

  • 81. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 35

    Adrie , ek dink jy kort iemand in jou lewe wat jou so n bietjie kan regsien

  • 82. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 36

    Skoonma

    Ja, ek doen. Wat gaan jy daaromtrent doen?

  • 83. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 39

    Skoonma

    Dit sit gelukkig nie in jou broek om te probeer nie.

  • 84. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 39

    Tilla

    Skroef die nar op. Laat hy en sy vrou vir Sisters in skryf dan trip ons hulle.

  • 85. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 40

    Ek het vriende in hoe plekke, ons maak jou blog toe, as jy so arrogant gaan bly wees

  • 86. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 1 : 41

    GGGRRR!!!!!!! Die net is starag. Dis seke oorlat hie weer ‘n poepol op is!

    @ Nats

    Ek sal ook vat dankie. Very Perri vi my😉

  • 87. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 44

    Skoonma

    Ek kan vinniger blogs oopmaak as wat jy kan droom om dit toe te maak.

  • 88. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 45

    Wille kind, jy praat uit jou beurt uit. Hier dryf in elk geval net n klomp drolle

  • 89. Adrie  |  November 13, 2008 om 1 : 46

    Vat ‘n groot skoondrol om ‘n kleintjie te sien.

  • 90. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 47

    Dis gn wonder die jong klomp skei so maklik , want as die een nie werk nie dan hardloop julle na die volgende een

  • 91. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 1 : 47

    WHUHAKAKAKAHAHAHAKAKA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 92. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 48

    n Klein skoondrolletjie , ai hoe fraai

  • 93. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 50

    wille kind lei jy dalk aan epilepsie?

  • 94. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 1 : 52

    Ag nee julle – moet nou nie lelik raak nie !

  • 95. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 1 : 54

    @ Vuilma

    Ek laaik jou kwaai! Net jammer vi jou dat ek kak smaak het…… of hoe 3ling😉

  • 96. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 56

    Smaak is mos eintlik oorerflik of nie?

  • 97. Skoonma  |  November 13, 2008 om 1 : 58

    Wille kind kyk rondom jou , daar is drie kameras op jou gerig …jy is op candid camera

  • 98. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 09

    Dit is eindlik cute.

    Skoonma wat dink sy kan ons ‘n streep trek.

  • 99. Nats  |  November 13, 2008 om 2 : 11

    Eks terug…

    Tweeling
    Lemon and Herb vir jou… Will Q peri peri vir jou! Enjoy!

    Skoonma
    Jy die blog toemaak???😆

  • 100. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 12

    Nats

    Party mense kan mos net groot droom.

  • 101. Nats  |  November 13, 2008 om 2 : 13

    Adrie
    Deesdae is dit nie meer wie jy ken nie, dis met hoeveel geld jy kan bribe!

  • 102. Nats  |  November 13, 2008 om 2 : 15

    Adrie
    O ja, daar is ‘n blog vraag!?
    Sal moet kyk of ek dit oor gecopy het!

  • 103. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 16

    Skoonma kan nie eers labels bekostig nie, waar sal sy kan bribe.

  • 104. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 17

    Dalk skeef gelees.

  • 105. Skoonma  |  November 13, 2008 om 2 : 19

    Adrie skattedrolletjie , jy moet my nie onderskat nie

  • 106. Nats  |  November 13, 2008 om 2 : 21

    Adrie
    Ja nee, met die salarisse wat hulle vandag kry gaan haar man se geld nie genoeg wees nie!
    En al bribe sy hulle met al sy geld – wat gaan sy vir haar man sê “Ek moes ‘n blog toe maak”😆

  • 107. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 2 : 21

    Nats – jy het nie dalk per ongeluk n ekstra ou stukkie kos saamgebring nie ? Die meeting is so boring ek raak hommer

  • 108. ADRIANA  |  November 13, 2008 om 2 : 24

    Nats

    Raai wie gaan die hardste tjank op nagskof as die blog toemaak?

  • 109. WILLE KJIND Q  |  November 13, 2008 om 2 : 24

    Wag!!! Eks net gou besig met my clown. NWT!

  • 110. Skoonma  |  November 13, 2008 om 2 : 24

    Nats as die partytjie verby is dan maak die blog homself toe.
    Maar is julle nie veronderstel om oor seks opvoeding te blog nie?

  • 111. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 25

    Tweeling

    Oops, raakgesien. Sal interessant wees om te sien wie weet. Ek doen.

  • 112. Nats  |  November 13, 2008 om 2 : 25

    *M*
    Jy weet mos mens wil alles eet wat jy sien… oë is groter as maag!
    Hier is nog kaas burger met chips… en hoender slaai… en chicken wings!

  • 113. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 26

    Skoonma

    As jy nie reeds jou teorie en prakties geslaag het nie, hoe was daar dan iemand om mee te trou?

  • 114. Nats  |  November 13, 2008 om 2 : 27

    Tweeling
    Ai ai ai… begin dit dalk met ‘n R en eindig met ‘n E? (Dis nou die engelse weergawe)

  • 115. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 28

    Nats

    Jy het my deurmekaar. Sal jou die antwoord mail

  • 116. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 2 : 29

    Ag thanx – geweet ek kan op jou staatmaak

  • 117. Nats  |  November 13, 2008 om 2 : 31

    Adrie
    Ha ha ha!!! Dis seker die eerste keer wat ek jou deurmekaar gemaak het!

  • 118. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 33

    Ek was nog nooit goed met blokkies raaisels nie.

  • 119. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 2 : 34

    Is nogal snaaks – tot ek weet van wie jy praat nats

  • 120. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 36

    Okay, Okay

    Ek het ook ‘n blonde dag.

  • 121. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 2 : 42

    Ek vat gewoonlik n week op n slag

  • 122. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 44

    Blonde dekade. Onthou dat ek ‘n blonde streep het.

  • 123. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 45

    Tilla

    Ook nou weer waar. Ek het my tweeling net ‘n bietjie mis verstaan.

  • 124. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 47

    Wil ons Oslo roofleser nie hom of haarself bekend maak nie? Ek weet jy lees lekker, maar saampraat is soveel lekkerder.

  • 125. Skoonma  |  November 13, 2008 om 2 : 55

    Ek probeer die geselskap volg , maar ek verstaan nie waarvan julle praat nie

  • 126. Adrie  |  November 13, 2008 om 2 : 56

    Skoonma

    Niks om oor sleg te voel nie. Baie mense sukkel en ons weet jy is nie lekker om mee te begin nie.

  • 127. Skoonma  |  November 13, 2008 om 3 : 01

    Fok nou beledig jy my

  • 128. Skoonma  |  November 13, 2008 om 3 : 04

    Ek dog as jy blond is , is jy nie lekker nie

  • 129. Adrie  |  November 13, 2008 om 3 : 05

    Skoonma

    Kom jy dit nou eers agter?

  • 130. Adrie  |  November 13, 2008 om 3 : 06

    Nee, as jy blond is, het jy soveel meer pret.

  • 131. *mathilda*  |  November 13, 2008 om 3 : 08

    Battery pap – praat later

  • 132. Olga  |  November 13, 2008 om 3 : 10

    Hoekom ruik die blog so na olierige tjips met baie asyn? Ari, ouma wip beter weer knoffel en varkspek kom ophang. Tilla, kos dit al r9200 per jaar vir die foodhouse? Ek het verlede jr nog r8000 vir my tumi betaal.

  • 133. Adrie  |  November 13, 2008 om 3 : 10

    Cheers Tilla

    Soet wees.

  • 134. Adrie  |  November 13, 2008 om 3 : 14

    Willes

    Die disprinstorie – Die disprin is die beste geboorte beperking nog. As ‘n girl dit met haar kniee vasknyp en sorg dat dit nie uitval nie, sal sy nie swanger word nie.

  • 135. Adrie  |  November 13, 2008 om 3 : 15

    Olga

    Ek gaan nog Ouma se varkvet en knoffel by haar hol in druk. Weet jy hoe stink dit?

  • 136. Adrie  |  November 13, 2008 om 3 : 33

    En nou swot almal

  • 137. Olga  |  November 13, 2008 om 3 : 40

    varkravet en knoffel sal my nie hommer maak nie. Slaptjips met baie bsyn laat my eintlik drool. En my maag grom. Spur, hier kom ek. Eisbein met tjips en uie asb.

  • 138. Nats  |  November 13, 2008 om 4 : 50

    Al die maatjies!

    Koebaai!!

    Sien julle weer Dinsdag!!!

    xxx

  • 139. aventer  |  November 13, 2008 om 5 : 18

    Seksopvoeding word reeds toegepas in LO…die probleem is egter dat hulle seks en voorbehoedmiddels promofeer.

    Daar kort net ‘n ommekeer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: