Vertroulike stem

November 11, 2008 at 6 : 07 306 Kommentaar

Een van die voorwaardes van ‘n vrye en regverdige verkiesing, is die reg dat jou stem naamloos bly.  Dus is jy onder geen verpligting om jou keuse aan enige iemand bekend te maak nie.  Niemand mag ook jou beinvloed om vir of teen enige party te stem nie.  Natuurlik steur ons ons nie veel aan die laasgenoemde op hierdie blog nie.  Die verskil is, ons het geen manier om te weet vir wie jy wel stem nie.  Al het ons dit geweet, kan ons jou nie iets aandoen nie.

Die afgelope naweek was Suid-Afrika aangemoedig om te gaan registreer.  Ek was een van die wat ‘n draai by die stemlokaal moes maak, aangesien my adres verander het sedert die vorige verkiesing.  Ek is ‘n verantwoordelike landsburger, dus was ek heeltemaal van plan om my kant te bring.

Na die naweek wonder ek nogal hoe vertroulik jou stem regtig is.  Ek het 2 smse ontvang om my te herinner dat ek moet gaan registreer.  Altwee die smse was van dieselfde party.  Erger nog, altwee die smse was van die party wat ek voor gaan stem.  Ek weet dit, die helfte van die mense wat my al met die hand gegroet het weet dit, maar hoe weet hulle dit?  Ek woon nie saamtrekke by nie en ek koek nie waar hulle koek nie.  Ek sou minder bekommerd gewees het as ek smse van meer as een party of ‘n party waarvoor ek nie sal stem gekry het.

Eerstens, waar het hulle my nommer gekry of is dit toevallig dat ek wel die sms ontvang het?  Het iemand anders hier so ‘n sms ontvang?  Stuur alle partye dit lukraak uit?

Ek beskuldig die party geensins van intimidasie nie.  Ek gee ook nie regtig om dat hulle my inligting het nie.  Tog as dit is hulle hande geland het, in wie se hande is dit nog?  Dit is sensitiewe inligting wat tot my nadeel gebruik kan word. 

As ek ‘n paar scenario’s kan skets, alles uit my duim gesuig:  Mevrou, jy het vir ABC gestem en daarom kwalifiseer jy vir jou toelaag.  Meneer, omdat jy nie vir ABC gestem het nie, moet jy 5 % meer belasting betaal.  Jy kan nie mediese behandeling kry nie, want jy het vir ABC gestem.  Jy en jou gesin word vermoor omdat jy nie vir ABC gestem het nie.

Maak ek van ‘n molshoop ‘n berg?  Soek ek na bobbejane wat nie bestaan nie?

Blogvraag:   Mosiuoa Lekota staan ook as Terror Lekota bekend.  Hoekom?

Blogantwoord:  Olga was reg met Cuban Brothers.

Baie geluk aan ons drieling wat vandag verjaar.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Familie trots / Kruis Seksopvoeding

306 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  November 12, 2008 om 5 : 38

    Tata

  • 2. *mathilda*  |  November 12, 2008 om 5 : 39

    Het nie jac geluister vanoggend nie – het hul ons 3ling geluk gewens ?

  • 3. Adrie  |  November 12, 2008 om 5 : 40

    Tilla

    Ja. Hulle het ook vir Riaan Cruywagen gekry om haar te bel.

  • 4. *mathilda*  |  November 12, 2008 om 5 : 40

    Toodles

    ek sal maar all by my lonesome hier sit – dis okay

  • 5. *mathilda*  |  November 12, 2008 om 5 : 50

    Is daar lewe daar buite ?

  • 6. Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin’s Klasak  |  November 14, 2008 om 7 : 31

    […] Eerstens die sad gedeelte, Mamma Afrika is hierdie week oorlede. Gedoen waarvoor sy lief was tot reg op die einde…. WOW is dit nie die manier om dit te doen nie? Dalk nou ‘n goeie tyd om die filosofie nader te trek en uit te gaan en albasters te koop. Terwyl ons nou filosofeer, hier is ‘n ligter enetjie en dan ‘n ernstiger bepeinsing oor vertroulikheid. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: