Familie trots / Kruis

November 10, 2008 at 6 : 10 231 Kommentaar

Elke familie het heimlik ‘n eienskap waarop hulle trots is.  So het die Van der Merwes nog altyd geweet hoe om ‘n vrou te behandel.  Die Burgers weet wat om met ‘n rugbybal te doen.  Die Coetzees is altyd die gees van die partytjie en Steyns is perfeksionisties.

Hulle verkondig die eienskap graag en gebruik dit amper om die familienaam te bemark.  Ander mense se menings is van minder belang.  Ander mense kan die skoonfamilie insluit.  Mnr van der Merwe se skoonma dink heimlik hy speel met vroue se harte.  Die Burgers word gesien as mense wat te dom is om iets anders te doen as rugby speel.  Die Coetzee’s is dronklappe en die Steyns is almal vol draadwerk.  (Die vanne is as voorbeelde gekies, enige ooreenkomste is toevallig.)

Ons familie het nog nie van die woord opgee gehoor nie.  Ons familietrots is dat ons uithouers van formaat is.  Boonop is ons nogal geneig om hardhorend te wees, dus sing die vet tannie vergeefs tot sy blou in die gesig is.  Ons sal aanhou probeer tot ons dit regkry of ons dood in ons spore neerslaan.  Erken dat ons met die onmoontlike besig is?  NOOIT!!!

Elke taak wat ons aanpak sal ons voltooi.  Of dit nou ‘n legkaart ver bokant ons vuurmaakplek is of die 3000 m terwyl ons onfiks is.  Enige boek wat ons optel om te lees, word klaar gelees.  Al is dit die mees verveligste boek nog.  Dieselfde met enige fliek wat ons wil kyk, al druis dit met ons waardes in.  Daar kan dalk ‘n les te leer wees in die fliek.  Dit is soos ‘n gebod.  Jy sal klaarmaak met wat jy begin het. 

Dit beteken nie dat ons die slimstes nog is nie.  Dit beteken nie dat ons op ‘n lys sal verskyn van die 100 mees suksesvolste mense ooit nie.  Dit beteken net dat ons in ons doel sal slaag wat ons op besluit het.  Ons word nie vinnig ontmoedig nie, nee, ek jok – ons word glad nie ontmoedig nie.  Ons gooi dalk ‘n vloermoer, maar sal 5 minute later weer probeer.

Dit maak my suksesvol in wat ek doen.  Ek sien kans vir dinge wat ander mense laat lê het.  Dit gaan dalk ‘n rukkie neem, maar ek sal die wa deur die drif kry. 

Ek weet – ons noem dit volharding, ander mense noem dit hardkoppig.

Wat is jou familietrots?  Elkeen het vandag iets te sê oor hulle familie-eienskap.  Vertel ons sommer wat is jou skoonfamilie se kruis?

***

Ek wil dan ook vandag hulde aan Miriam Makeba bring, om geen ander rede as dat sy baie goeie liedjies vir ons agter gelaat het nie.  Ek wil ‘n staaltjie van haar deel.  Sy het gespot dat die Kolonialiste (wat ek haar sal vergewe, aangesien sy dood is) Qongqothwane die Click song gemaak het omdat hulle nie die Qongqothwane kon uitspreek nie.

Blogvraag:  Van watter groep wat Miriam Makeba eerste deel van gewees in die 50s?

Blogantwoord:  Willes was reg met Oos-Kaap.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Mag, Diens of SS Vertroulike stem

231 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  November 11, 2008 om 10 : 21

    Drieling

    Ek sou dit regtig nie betaal het nie. Ek gaan nie my een betaal nie.

  • 2. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 10 : 26

    @ My 3ling

    Die verskil is……. JY is privaat…. MYNE is Mitsubishi Motors se voertuig!!!!👿

  • 3. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 10 : 29

    Watse posduif ? Hy het seker langs die pad versuip ! Wanneer het jy hom gestuur ?

  • 4. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 10 : 32

    Sorry julle – ons baas is weer lastiger as wat nodig is !

  • 5. Adrie  |  November 11, 2008 om 10 : 33

    Het ons nou weer gevries?

  • 6. Adrie  |  November 11, 2008 om 10 : 34

    Daar is ‘n voordeel daaraan om jou wiele by die bank te gaan leen.

  • 7. Adrie  |  November 11, 2008 om 10 : 36

    Kloon

    Gister middag.

  • 8. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 10 : 43

    Ek dink ons eksterne mail is dalk alweer af – sal gou uitvind

  • 9. Adrie  |  November 11, 2008 om 10 : 49

    GRRRR

    Kloon, ek wonder partykeer op julle eksterne mail ooit werk.

  • 10. Adrie  |  November 11, 2008 om 10 : 50

    Ek het dit en ‘n ander een na jou ander adres gestuur.

  • 11. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 10 : 52

    Ai tog! Wat ‘n gesukkel

  • 12. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 10 : 53

    Dis die weer jong – alles hier word uitgebliksem vir die geringste !

  • 13. Adrie  |  November 11, 2008 om 10 : 54

    GRRRR

    Gelukkig werk jou internet.

  • 14. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 10 : 59

    En gelukkig het ek ‘n opera met ‘n mini as die internet nie werk nie ! Daar is ‘n probleem, hulle kyk daarna, sal my laat weet sodra dit aan is.

  • 15. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 01

    Dit is gewoonlik wanneer ek so ‘n groot tantrum gooi, dat hulle dit sommer reg bid.

    Hoe kan ‘n mens werk sonder eksterne epos?

  • 16. aventer  |  November 11, 2008 om 11 : 03

    Klaar met letterkunde afrikaans…vir altyd!!!!!!!

    Miskien…ek oorweeg dit dalk om afrikaans te gee…

  • 17. ADRIANA  |  November 11, 2008 om 11 : 05

    Aventer

    Wat het jy gebring om dit mee te vier?

    Is jy darem al 18?

  • 18. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 11 : 06

    @ A3

    Meeste mense wat jou ken WEET hoe om te bid!

  • 19. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 08

    😆 Daar is darem ‘n doel met my bestaan.

    Het jy al aan ‘n geskikte uitdaging gedink?

  • 20. aventer  |  November 11, 2008 om 11 : 10

    Nee Adriana….ek is al amper 19😆
    nog net 5maande😆

  • 21. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 14

    Amper 19?

    Wie sou dit kon raai?

  • 22. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 11 : 17

    Ek is darem al 13

  • 23. aventer  |  November 11, 2008 om 11 : 19

    seker niemand…maar ek’s happy…🙂

  • 24. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 28

    Ek sal in my dag des lewens 12 bly.

  • 25. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 11 : 31

    @ *M*

    Ek is volgende week 13!!!! Wê la ke pê la!!!!!

  • 26. Night Crawler  |  November 11, 2008 om 11 : 32

    AAAARRRRRGGGG!!!!!!!!!!!!
    Netwerk!!!!

  • 27. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 33

    Willes

    Ons drieling verjaar in die week. Wanneer?

  • 28. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 37

    Julle

    Botter dink ek gaan skrik vir haar baba. He He He. Duidelik ken sy my nie.

  • 29. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 11 : 44

    @ A3

    Ons 3ling vijaar MORE!!!! 😯

  • 30. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 46

    Willes

    Ek het so gedink. Was net nie seker nie.

  • 31. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 11 : 47

    YIP!!! Dis more!

  • 32. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 51

    Moet ek dit in die post noem?

    Of eerder nie?

  • 33. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 11 : 56

    Eerder nie

  • 34. Adrie  |  November 11, 2008 om 11 : 58

    Slim plan.

  • 35. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 12 : 03

    Sodra hulle more oggen vir haar vertel van happy happy dan sit jy dit op !

  • 36. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 04

    Waar is almal nou weer heen?

  • 37. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 06

    Tilla

    Dit kan werk, ek sal dit wel doen sonder om ‘n naam te noem.

  • 38. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 16

    Nee, wragtig. Julle speel nie mooi nie.

  • 39. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 20

    Julle speel nie eers lelik nie.

  • 40. Johan Swarts  |  November 11, 2008 om 12 : 21

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  • 41. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 22

    Julle speel nie.

  • 42. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 22

    Johan

    Kyk hoe laat jy my skrik?

    Dankie😉

  • 43. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 23

    Ek gaan myself versuip.

  • 44. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 24

    Dit gaan nie so moeilik wees nie.

  • 45. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 25

    ‘n Silwer ponie en ‘n silwer roos . . .

    Wys jou

  • 46. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 26

    Wanneer maak hulle karre met rooi spanne?

  • 47. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 32

    😳 Roei spane bedoel.

  • 48. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 33

    Ek ken nie eers ‘n rooi span nie.

  • 49. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 34

    Waar sou ek nogal twee gesien het?

  • 50. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 35

    Ek is duidelik nie vandag by nie.

  • 51. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 12 : 39

    My 3ling

    Gaan sit stil en wag virri gevoel om verby te gaan😉

  • 52. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 12 : 44

    Jy is NOOIT by nie!

  • 53. Nats  |  November 11, 2008 om 12 : 48

    Hello hello!

    Tweeling
    Ek los jou alleen vir een dag en raak heeltemal mal!

  • 54. Night Crawler  |  November 11, 2008 om 12 : 50

    A woman walks into a butcher’s shop just before closing time and asks, “Do you have any turkey?”

    The butcher opens his fridge, takes out his only turkey and puts it onthe weighing scales. It weighs six pounds.

    The woman looks at the turkey and at the scales and asks, “Do you haveone that’s a bit bigger than this one, please?” The butcher puts the turkey back into the fridge and then takes it out again, but this time when he puts it on the scales he keeps his thumb on the turkey. The scales now show eight pounds

    “That’s wonderful,” says the woman. “I’ll take both of them, please!”

  • 55. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 51

    Tweeling

    Jy jok darem maar verskriklik.

    Ek is eindlik besig om normaal te raak.

  • 56. Night Crawler  |  November 11, 2008 om 12 : 51

    Two cows are chatting in a field. One says to the other, “Are you worried by this mad cow disease?”

    The second cow says, “It doesn’t affect me – I’m a rabbit!”

  • 57. Night Crawler  |  November 11, 2008 om 12 : 52

    Young Jock McTavish from Glasgow went to study at a university in England and was living in the hall of residence. After a week his mother rang him. “How do you get along with the other students, Jock?” she asked.

    “Well,” he replied, “they are terribly noisy people. The one on one side keeps banging his head on the wall. The one on the other side screams all night.”

    “Oh Jock!” said his mother. “How do you manage to put up with such noisy neighbours?”

    “I don’t do anything. I just sit here quietly, playing my bagpipes!”

  • 58. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 53

    Priceless.

    Ek wonder wat die slagter toe gedoen het.

  • 59. Nats  |  November 11, 2008 om 12 : 56

    Nagkruiper😆😆

    As ek maar net die grappies kan onthou!

    Adrie
    Dis waar… jy is maar nog altyd bietjie mal!

  • 60. Adrie  |  November 11, 2008 om 12 : 58

    NATS!!!

    Het jy net gekom om my in die gesig te vroetel?

  • 61. Nats  |  November 11, 2008 om 12 : 58

    Sien julle net nou weer… moet gou ry – in die weer!!!

  • 62. Adrie  |  November 11, 2008 om 1 : 00

    Bring kos terug, asseblief.

  • 63. WILLE KJIND Q  |  November 11, 2008 om 1 : 07

    Ek is hommer!!!

  • 64. Adrie  |  November 11, 2008 om 1 : 11

    Hoekom dink jy het ek kos by my tweeling bestel?

  • 65. Night Crawler  |  November 11, 2008 om 1 : 12

    nog n uur dan verlaat ek julle vir n week lank!!!!

  • 66. Adrie  |  November 11, 2008 om 1 : 19

    Werk jy dan vandag laat, Bekruiper?

  • 67. Night Crawler  |  November 11, 2008 om 1 : 20

    nee ek maak twee uur klaar

  • 68. Adrie  |  November 11, 2008 om 1 : 21

    Dit is minder as ‘n uur van nou af.

  • 69. Adrie  |  November 11, 2008 om 1 : 36

    Second Opinion!

    The doctor said, ‘Joe, the good news is I can cure your headaches. The bad news is that it will require castration.

    You have a very rare condition, which causes your testicles to press on your spine and the pressure creates one hell of a headache. The only way to relieve the pressure is to remove the testicles.’

    Joe was shocked and depressed. He wondered if he had anything to live for. He had no choice but to go under the knife. When he left the hospital, he was without a headache for the first time in 20 years, but he felt like he was missing an important part of himself. As he walked down the street, he realized that he felt like a different person. He could make a new beginning and live a new life.

    He saw a men’s clothing store and thought, ‘That’s what I need… A new suit.’

    He entered the shop and told the salesman, ‘I’d like a new suit.’

    The elderly tailor eye d him briefly and said, ‘Let’s see… Size 44 long.’

    Joe laughed, ‘That’s right, how did you know?’

    ‘Been in the business 60 years!’ the tailor said.

    Joe tried on the suit it fit perfectly.

    As Joe admired himself in the mirror, the salesman asked, ‘How about a new shirt?’

    Joe thought for a moment and then said, ‘Sure.’

    The salesman eyed Joe and said, ‘Let’s see, 34 sleeves and 16-1/2 neck.’

    Joe was surprised, ‘That’s right, how did you know?’

    ‘Been in the business 60 years.’

    Joe tried on the shirt and it fit perfectly.

    Joe walked comfortably around the shop and the salesman asked, ‘How about some new underwear?’

    Joe thought for a moment and said, ‘Sure.’

    The salesman said, ‘Let’s see… Size 36.

    Joe laughed, ‘Ah ha! I got you! I’ve worn a size 34 since I was 18 years old.’

    The salesman shook his head, ‘You can’t wear a size 34. A size 34 would press your testicles up against the base of your spine and give you one hell of a headache.’

  • 70. Night Crawler  |  November 11, 2008 om 1 : 43

    CHEERS JULLE!!!

  • 71. Adrie  |  November 11, 2008 om 1 : 47

    Tara

  • 72. Ingrid  |  November 11, 2008 om 3 : 08

    Hello Adrie
    My familie se trots is uithouvermoe en lojaliteit soms is dit ook ‘n kruis.
    Lekker aand

  • 73. Zoekoe  |  November 11, 2008 om 3 : 10

    . . . en hier gaat net mooi niks aa nie . . .

  • 74. Adrie  |  November 11, 2008 om 3 : 14

    Ingrid

    Ons kan amper uit dieselfde familie stam.

  • 75. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 3 : 36

    Liewe ouers – dit het lank gevat maar uiteindelik is my kar se diens geboek en als reg !

  • 76. Adrie  |  November 11, 2008 om 3 : 38

    Tilla

    Waar ry julle so baie dat jou kar nou weer vir ‘n diens moet gaan.

    Was dit nie nou die dag gediens nie?

  • 77. *Mathilda*  |  November 11, 2008 om 3 : 50

    Nee nog nie – dis die eerste diens. Ek het wel gesê dat as hulle daai rubber kry sal ek sommer in dieselfde tyd die diens boek want dan is dit twee vlieë met een klap. En toe ek begin navrae doen is die rubber toe nooit eers bestel nie.

  • 78. Adrie  |  November 11, 2008 om 3 : 58

    Ek hoop jy het hulle op hulle plek gesit?

  • 79. andre  |  November 12, 2008 om 12 : 23

    jy is reg oor die van der merwe’s adrie😉

  • 80. Adrie  |  November 12, 2008 om 6 : 01

    Andre

    In watter opsig? Weet hulle hoe om n vrou te behandel of is hulle laventelhane?

  • 81. andre  |  November 13, 2008 om 10 : 38

    adrie – as jy vir altyd gaan “generalise” gaan jy ‘n nors en alleen tannie oud word. (no offence intended of course)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: