Mag, Diens of SS

November 9, 2008 at 4 : 59 180 Kommentaar

In die verlede was daar ‘n Suid-Afrikaanse Polisie.  Die regeerders het gevol dit is te militaristies.  Die mag moes vernietig word.  Daar moet op dienslewering gefokus word.  Suid-Afrika het ‘n polisie nodig wat die volk gaan dien, die volk gaan beskerm en die volk gaan beveilig.  Dit het geboorte gegee aan die Suid-Afrikaanse Polisie Diens. 

Dit het nie net by die naamsverandering gebly nie.  Die hele stelsel moes verander word.  Rang moes waai, dit was te militaristies.  So het die kapteine superintendente geword.  Wat daar verwag is, is ek nie seker nie?  Dalk dat die lede van die publiek vriendelik met ‘n glimlag begroet sou word deur die diensleweraars.  Dat die papierwerk vinnig en reg voltooi sou word.  Dat klagtes gou en doeltreffend afgehandel sal word.  Selfs dat hulle die lede van die publiek sal laat glimlag, soos wat ‘n mens doen as jy goeie diens ontvang.  ‘n Diens wat vrees sal besweer, sodat die publiek nie hoef bekommerd te wees oor elke Jan Rap en sy maat wat oor die muur loer nie.

‘n Diens wat jammerlik geval het.  ‘n Diens wat gerus by die mag ‘n paar lesse kan leer. 

As kind was ek geleer gewees dat ‘n mens altyd die polisie kan vertrou.  Hulle is nie daar om jou seer te maak nie, maar om die skelms te vang.  Jy moet nie vir hulle bang wees nie, tensy jy natuurlik die wet oortree het.  Ons was as kleuters en selfs laerskoolkinders gereeld die stasie gewys, nie om ons bang te maak nie, maar om te wys hoe cool die polisie is.  Die ooms en tannies in blou was altyd vriendelik en het vertroue ingeboesem.  Dit was ondenkbaar dat die polisie ook kon skelms wees.

Selfs in die laat negentigs het ek nog die polisie as ‘n vriend gesien.  Ek het my niggie het een oujaarsaand vir ‘n Casper duimgegooi.  Ek was nog op skool, maar het ‘n paar van die lede by die naam geken.  Hulle het vir ons gestop en ons was meer as gereeld om saam met hulle te ry.  Ongelukkig het my ma nie gedink dat dit gepas is vir skooldogters nie.  Vandag weet ek nie of ek daardie vrymoedigheid sal hê nie.  Eerlik, ek weet nie of ek met my lewe gaan wegkom nadat ek op ‘n Casper was  nie.

Die Diens het ook lafhaardig geword.  Deesdae is daar nooit ‘n motor beskikbaar as hulle vir noodgeval uitgeroep word nie.  Gaan haal hulle en daar is 10 000 redes hoekom hulle nie die stasie kan verlaat nie.  Hulle stuur selfs die publiek by plekke in waar daar moontlik geskiet kan word.  As hulle nie skote hoor nie, volg hulle.

Ek het my vertroue in die Diens verloor.  Ek sal vir geen kind vertel dat hulle die polisie kan vertrou nie.  Ek wonder partykeer of dit nie beter is om aan die misdadigers se genade uitgelewer te word nie.  Jy weet jy kan hulle nie vertrou nie.  Jy weet hulle wil jou iets aandoen.  Jy weet wat om te verwag. 

Hoekom sluit mense by die polisie aan?  Sodat jy ander met toestemming kan intimideer?  Jou wapen in hulle gesigte te swaai of knuppel veelseggend te kan kap?  Die minderheid sluit aan om die onskuldiges te beskerm.  Hoeveel lede is daar wat in die polisie is om hulle ander baas se belange te beskerm? 

Dit is nie net die swart lede wat skuldig is nie.  Wit lede steel net so lekker van die verdagtes of rand verdagtes of selfs die lede van die publiek aan soos dit vir hulle lekker is.  Almal steel van ongelukstonele.  Almal leef om hulle eie belange te dien.  Die blankes haal net hulle skouers op en pak die skuld op die regering.  Intussen geniet hulle die verval.

As ek wil eerlik wees, moet ek seker erken dat my wit vel my van die brutaliteit van die Mag beskerm het.  Ten minste kan rassisme vir die brutaliteit beskuldig word.  Die Diens ontsien nie wit, swart, pienk of pers nie.  Hulle probeer vrees in die publiek plant.  Kyk na Robert McBride wat gedreig het om getuies se vrouens te verkrag of Selebi wat verdink word van sameswering tot moord.  Lede wat die wittes uit die land jaag en prostitute beroof en verkrag.  Hulle weet hulle kan daarmee wegkom.

Wat was beter, die Mag of die Diens?  Sal daar ooit ‘n Polisie wees wat die publiek sal beskerm en dien?  Het ons ‘n diens of ‘n SS?

Blogvraag:  Watter Provinsie het die meeste Polisiestasies in die land?

Blogantwoord:  Aspirien, parasetamol en kaffeien is die hoofbestandele van Grand Pa.  Olga was die naaste aan reg.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wat is geloof? Familie trots / Kruis

180 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  November 10, 2008 om 2 : 04

    Zoekoe

    Het Fiela jou gebyt?

    Ek sien nog nie ‘n Tolkien op die blog nie.

  • 2. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 2 : 20

    Kaffor…… Dis nou my drakkie…… het hom seke gebyt😉

  • 3. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 2 : 22

    Eish! Bedoel draAkie

  • 4. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 2 : 26

    😳

  • 5. Adrie  |  November 10, 2008 om 2 : 29

    Drakkie of Drakie?

  • 6. Adrie  |  November 10, 2008 om 2 : 39

    Willes

    Ons sal maar moet wag vir die spel juffrou.

  • 7. *Mathilda*  |  November 10, 2008 om 2 : 45

    drakie

  • 8. Adrie  |  November 10, 2008 om 2 : 59

    Of die speljuffrou se adjudant.

    Drakie is die regte spelling.

  • 9. Adrie  |  November 10, 2008 om 3 : 18

    Iemand hier?

  • 10. *Mathilda*  |  November 10, 2008 om 3 : 27

    Ek is so tussen die organisering van my kar se diens hier – die fokkers kry nie my info van die laaste keer wat ek daar was nie !

  • 11. Adrie  |  November 10, 2008 om 3 : 47

    Tilla

    Ek het dit sowaar net daar verloor. Ek sweer.

  • 12. *Mathilda*  |  November 10, 2008 om 3 : 49

    My dag is ernstiglik besig om pers te raak !

  • 13. Adrie  |  November 10, 2008 om 3 : 53

    Gaan parkeer jou heks in die werkswinkel bestuurder se hol in.

  • 14. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 3 : 58

    @ *M*

    Spaar jouself baie moeite en gee hulle die VIN/CHASSIS # of Engine #

  • 15. 007meisie  |  November 10, 2008 om 4 : 03

    “Almal steel van ongelukstonele. Almal leef om hulle eie belange te dien.”

    >>>> AIKôNA! Ek voel in die gesig gevat! Ek het net soos jy gevoel oor die saak – maar nie bl kla gebly nie! EK het by die diens aangesluit as reservis om ‘n verskil te maak en glo my die mense wat sien jy gee jouself waardeer dit! Soms kry jy dit reg om rowers in die act te vang, of om gesteelde goedere terug te kry! My mening is – if the community is corrupt the police will be corrupt! Dus s die gemeenskap nie geld aanbied nie…be community wise…

    Mense sê SAPS is ‘n joke, ek sê only if you let it be! Ja ek weet ons almal verlang terug na die goeie ou dae, ek inkluis, maar ons moet nou werk met wat ons nou het…en dis uiters kak! Al is die mense wat werklik nog eervol daai blou uniform aantrek en met trots die publiek dien net ‘n handjievol, glo ek ons maak stadig maar seker ‘n verskil – al is dit net in ons eie gemeenskap ‘n klein verskil! Ek baat net mooi boggerol by SAPS nie want ek werk nie vir vergoeding nie. Jy gaan aan diens, sien dat jy ‘n geroeste wapen en net so 10 rondtes ammo kry en ‘n voertuig wat uitmekaarval – dis nou as jy ‘n voertuig tot jou beskikking het! Dan sluk jy die woede en frustrasie en help maar die mense wat in ‘n lange ry staan en wag om bedien te word…jy staan vir 12 ure op jou voete in ongemaklike bootse (dis free issue nie quality issue nie) en so by die 11de uur aan diens raak jy ook nou al heel geiriteerd omdat daar nie flippen ink vir stempels is nie, daars nie genoeg papiere vir die statements of dockets nie…en dan kry jy flippen mense wat heel sarkasties jou sal uitkak omdat jynie weet wat jy doen nie of omdat jy hul tyd mors! Ekskuus sal ekke net sê, maar meneer of mevrou – kom ons ruil die rolle – is jy bereid om hier te kom staan tussen die sweetruikende vlieë en ‘n volkie te dien?

    AL wat ek vra is moenie veralgemeen nie asb! Kom ons ondersteun die VF+ en DA se quest om te fokus op die SAPS en om dit ‘n beter werkende ‘diens’ te maak! Jy moet flippen hare op jou uhm niples hê om nog vandag iets uitgerig te kry en soms kry jy iets gedoen! Daar is so paar mensies nog wat werklik daar is vir die moral of the story en nie vir geld of mag nie! Dis effe moeilik om te verduidelik, maar dit grens vir my aan iemand wat bv ‘n Recce is – daai trots om te dien – al is dit nou dalk vir die huidige regering maar dis soort van ‘n ‘I don’t know why exactly I always come back to this shit, but I do”

    Dus: jip ek verstaan jul standpunt ten volle maar ek gaan nie sê alle vrou is hoere en alle mans is vroueslaners nie! Want ek weet daar is somewhere nog ordentlike en eerbare mense al is hul nie vreeslik vol op nie!😉

    Bravo 2 oor en uit!
    007 het die naweek kiesers opgepas en try die week die environment red!

  • 16. Adrie  |  November 10, 2008 om 4 : 18

    Hallo 007

    Glo dit of nie, ek het dit al dikwels oorweeg om as ‘n ressivis by die polisie aan te sluit. Die redes hoekom ek dit nie gedoen het nie.

    1. My ma sal my iets aandoen.
    2. Polisielede het my afgeraai om aantesluit.
    3. Ek wil net mense skiet.

    Ek weet ek veralgemeen, maar die die publiek sien net die optrede van die meerderheid. Ek soek na ‘n polisie beampte om die teendeel te bewys.

    Terloops – Ek haal my hoed vir enige ressivis af.

  • 17. Adrie  |  November 10, 2008 om 4 : 21

    Almal wat op ongelukstonele steel is nie net die polisie nie. Dit sluit baie mense van die publiek in.

  • 18. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 4 : 32

    Die ambulans ouens steel net so lekka

  • 19. Adrie  |  November 10, 2008 om 4 : 37

    Dit is siek.

  • 20. Adrie  |  November 10, 2008 om 4 : 39

    Ek sal by hulle spook.

  • 21. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 5 : 08

    Ons GAAN by hulle spook!!!

  • 22. Adrie  |  November 10, 2008 om 5 : 11

    Willes

    Hulle beter nou met daardie nonsens ophou.

  • 23. *mathilda*  |  November 10, 2008 om 5 : 18

    Ek was self n reservis – maar dit was duidelik in n ander era ! Die mag is nou n joke en jy sal my nie eers weer daar kry al dreig jy met n vuurpeleton nie !

  • 24. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 5 : 19

    Dis disgusting!!! EEEUUUWWW!!!!!!!!!

  • 25. Adrie  |  November 10, 2008 om 5 : 24

    Tilla

    Ek weet darem nie of ek vir die lekker geskiet wil word nie.

  • 26. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 5 : 47

    Ek gaan die laaste drol skiet wat nog ‘oppad’ is om se kar te kom haal. Nee rerig…….. Wat te erg is is te 4kin erg!!! 👿

  • 27. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 5 : 49

    Ek sweer die drolle dink dis snaaks om ons te laat wag TOT 4kin 18h00!! GMPF!!! En ons MOET 07h00 oopmaak. En niemand betaal ons oortyd nie! DOOS!

  • 28. Adrie  |  November 10, 2008 om 5 : 50

    Beroerte . . . onthou.

  • 29. WILLE KJIND Q  |  November 10, 2008 om 5 : 53

    Koebaai. Doos is hier!

  • 30. *mathilda*  |  November 10, 2008 om 5 : 56

    Wat gee hulle om ? Dis mos jou werk om vir hulle te sit en wag !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: