Byl: Armoede

November 5, 2008 at 5 : 06 209 Kommentaar

Vygie het nou die dag gepraat van “Die byl vergeet, die boom onthou.”  Dit is ‘n ou Afrika gesegde, een waarvan ek vandag die mening effens gaan verdraai.  (Ek dink dit beteken eindlik dat jy maklik die kwaad vergeet wat jy ‘n ander aandoen, maar te nagekomes sal wel die kwaad onthou.)

Hulle sê ‘n mens se persoonlikheid is die produk van jou omstandighede en jou karakter.  Iemand wat dus baie spontaan “gebore” is, raak dalk inkennig en onvriendelik as gevolg van die misdaad wat hom/haar omring.  Hulle vertrou niemand nie, uit vrees dat hulle dalk met hulle lewe kan boet vir die vertroue.  Hulle is gebore om omring te word deur vriende, maar slyt hulle lewens eensaam.  Misdaad het hulle wantrouig gemaak, hulle karakter verloën.  Hulle was die boom, misdaad die byl. 

Dan is daar die byl armoede en hoe dit verskillende bome raak.  Daar is die mense wat baie inhalig raak as gevolg van arm kinderjare.  Hulle beskerm elke sent met hulle lewe.  Hulle wil net nooit weer ‘n herhaling van hulle kinderdae beleef nie.  Hulle verstaan hoe elke 100 sente ‘n volle rand maak.  1000 sente gee jou R10, wat die verskil tussen hongerslaap of droë brood beteken.

Ander bome aanvaar dat die byl altyd by hulle gaan wees.  Hulle aanvaar hom en probeer saam met hom lewe.  Hulle weet dat daar ander mense sal wees wat die byl se aanslae sal verdoof.  Hulle leef in volkome vertroue op die mense.  As die mense nie opdaag nie, vat hulle maar die slag gedweë.  Waar het jy al gesien ‘n boom kan uit die byl se pad beweeg.  Dit is maar die verloop van die lewe, hulle sal altyd arm bly.  Die ander sal wel sorg.  Die welsyn sal seker maak ons vergaan nie van die honger nie.

Die volgende bome groei buite die bereik van die byl.  Hulle word trots.  Hulle streef hulle lewe lank daarna om die smet van armoede uit te wis.  Gaan drink saam met hulle koffie en daardie rekening word presies verdeel. Die kleingeld ook, hulle sal eerder sterf as om ‘n halwe sent groter deel as jy te kry. Jy kan hulle nie “stiek nie”, maar hulle dring keer op keer aan om jou te “stiek”.  As jy die fliekkaartjies koop, weier hulle om by die teater in te stap, totdat hulle jou terugbetaal het.

Die laastes is die bome wat koninglik bo al die res uittroon.  Die byl armoede het hulle net gesnoei.  Hulle beter mense gemaak.  Hulle het onthou hulle wortels, maar wend dit aan om die te help wat steeds daar is.  Hulle trek die mens saam met hulle op, om ook koninglikes van die bos te word.  Die ander bome erken hulle welvaart en respekteer hulle as bome.  Mense wat waardige rolmodelle is. 

 Aan watter boom byl sketse kan julle dink? 

 Blogvraag:  Irwin Shaw se treffer boek, Rich Man, Poor Man was oorspronklik ‘n kortverhaal.  In watter tydskrif het die kort verhaal verskyn?

 Blogantwoord:  Olga was reg, Amanda McBroom het The Rose (lied) geskryf.

 Vorige blogbreins:  Willetannie was reg op “Vloek maar eerder” en Willekjind was reg op Amerikaanse krampe.

 

great-dane-baby

*Ontmoet vir Maxine*

 

t_6335952782632000001

*Ontmoet vir Fiela*

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Blom Koningin Rondry vir plesier

209 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  November 6, 2008 om 11 : 36

    Willes

    Het jy al jou gedroggie???

  • 2. Liewe Heksie  |  November 6, 2008 om 11 : 38

    Wat is ‘n gedrakie? Ek ken nie van groot woorde nie. Julle is alweer lelik met my!!!! Boe Hoe Hoe Hoe. Ek gaan vir Oupa Wipsnoet se en vir Tannie Ougat en Tannie Verslonsie. Julle praat groot woorde sodat ek nie kan saam speel nie.
    😥 😥

  • 3. Nats  |  November 6, 2008 om 11 : 42

    Liewe Heksie
    Toemaar moeti worry nie, Maxine is nog klein en wil net speel… maar wanneer sy groot is kan jy op haar rug ry!

    Adrie
    Eina!!!!!!!!!!!!! Nou hoe gaan ek die knop aan die werk verduidelik?? Of nog erger, aan Manlief verduidelik!! Jy beter nou al begin bid die knop sak teen vannaand!

    Lo da Wille Q

  • 4. Liewe Heksie  |  November 6, 2008 om 11 : 42

    Gie Gie Gie

    Die liquorice ene kielie my tone!!!!

  • 5. Adrie  |  November 6, 2008 om 11 : 44

    Nats

    Dit lyk ten minste nou of jy ‘n neus het.

  • 6. *mathilda*  |  November 6, 2008 om 11 : 45

    Ek gan no huistoe ! Ek gan no huistoe !

  • 7. Adrie  |  November 6, 2008 om 11 : 47

    GRRRRR!!!!!

  • 8. Liewe Heksie  |  November 6, 2008 om 11 : 49

    Nee!!!! Die koei een wil my lek!!!!

    Tannie Juffrou, sy gaan my opeet.

    Hoe heet die nuwe bere? Ek weet partykere van groot woorde. Heet! Dit beteken wat is iemand se naam.

  • 9. Nats  |  November 6, 2008 om 11 : 51

    Adrie
    Ghf… ten minste is my neus nie fake nie!!

    *M*
    Nou hoekom gaan staan en doen jy dit?? Nou is ek groen met ‘n knop op my kop!

  • 10. Adrie  |  November 6, 2008 om 11 : 52

    Blerrie Heks

    Hoe jammer is ek nou dat ek haar geleer het van Opera Mini. Ons gaan nooit weer rus vir ons siele he nie.

    Levinia

    Dit is honde, nie bere nie. Mens mag net teddiebere in huis aanhou. Nats se hond, die een met die kolle, se naam is Maxine. Die swart hondjie is myne. Haar naam is Fiela.

  • 11. Adrie  |  November 6, 2008 om 11 : 53

    Nats lyk soos ‘n alien!!! Nats lyk soos ‘n alien!!! Nats lyk soos ‘n alien!!! Nats lyk soos ‘n alien!!! Nats lyk soos ‘n alien!!! Nats lyk soos ‘n alien!!! Nats lyk soos ‘n alien!!!

  • 12. Liewe Heksie  |  November 6, 2008 om 11 : 57

    Bdrie

    Is hulle dan teddiehandjies, hulle bly mos in ‘n huis. Ek is bang vir Maxwell, maar Volla is te pragtig. Kan ek haar kry? Jy kan maar vir ou Mattewis vat.

  • 13. Nats  |  November 6, 2008 om 11 : 58

    Adrie
    Pasop ek stuur jou net nou in jou maai

    Beam me up Scotty!!

  • 14. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 00

    GEDULD, EK SMEEK NET VIR ‘N BIETJIE GEDULD!!

    Heks.

    Dit is hondjies, sommer net gewone hondjies.

    Jy kan nie net vir Mattewis weggee nie, sy hartjie gaan seerkry. Hy bly jou kat verewig.

    FIELA is my hond. Nee, jy kan haar nie kry nie.

  • 15. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 01

    Tweeling

    Het jy jou pille gesluk vanoggend? Lyk my so, die dat jy so aggressief is.

    GRRRR

  • 16. Liewe Heksie  |  November 6, 2008 om 12 : 04

    Julle is sommer net lelik met my. Ek het net ‘n bietjie deurmekaar geraak. Ek is nie ‘n genees soos Bdrie nie. Maar koningin by dink mos sy is die krokkosaurus se snorbaard.

    My Opera gaan haar volksie breek.

  • 17. Nats  |  November 6, 2008 om 12 : 04

    Tweeling
    Ghf… pille, ek het nou dat jy dit noem soooo lekker werk toe gery! Gevoel of ek op wolkies rond ry!
    😉

    Heksie
    NEE! Sit neer daai brak! Dis Adrie sin, en jy het ‘n kat!

  • 18. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 05

    Ouma Snob gaan Nats tog lekker pak gee as sy uitvind jy het E gesluk.

    Ek gaan die heks net toiletpapier.

  • 19. Liewe Heksie  |  November 6, 2008 om 12 : 07

    Bdrie het Tannie Juffrou al net so mislik gemaak. Tewissie het darem nie vlooie en goggas nie.

  • 20. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 09

    Nats

    Waar het jy die vlooipoeier gesit? Ek dink die heks ly aan vlooi besmetting.

  • 21. Nats  |  November 6, 2008 om 12 : 09

    Ouma Snob
    Issi ek het nie!!! Adrie is ‘n klikkie bek!!

    Sies wie het gebol?? Ek dink Fiela het ‘n oopsie op die mat gemaak!!! Maxine is darem meer ‘n lady sy gaan buitentoe!

  • 22. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 12

    Nats

    Aikona, die bol is dan amper groter as Fiela!!!!

  • 23. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 17

    Ek dink dit was Liewe Heksie wat ‘n glipsie gehad het. 🙄

  • 24. Liewe Heksie  |  November 6, 2008 om 12 : 20

    *Snak na asem*

    Bdrie!!!! Ek sal nooit op die vloer bollie nie. Ek weet van ‘n kleinhuis. Daardie wit ding met ‘n gat waarop jy jou kaalboude sit.

  • 25. Nats  |  November 6, 2008 om 12 : 30

    Heksie
    Wha ha ha ha ha!!!!!😆

    Adrie
    As Maxine nou al sulke myne gaan los wat gaan sy nie in ‘n paar maande vir ons los nie!😯

  • 26. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 34

    Nats

    Jy beter haar baie gou leer van daardie deurtjie. Daar is juis twee, een vir haar en een vir Fiela en die katte.

  • 27. Nats  |  November 6, 2008 om 12 : 38

    Adrie
    Een van die dae gaan sy sommer self die deur oopmaak om uit te gaan!

  • 28. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 42

    Aarde, ek raak oud!!!!

    Tweeling, solank sy nie inbrekers toelaat nie.

  • 29. Nats  |  November 6, 2008 om 12 : 46

    He he he… ek sien so Tweeling!

    Fiela kan waarsku en dan sal Maxine SA!

  • 30. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 48

    Meer korrek.

    Fiela sal sien, vir Maxine wakker byt en teen daardie tyd is daar nog hopenlik skelms vir Maxine om te eet.

    Haar kos gaan ‘n fortuin kos.

  • 31. Adrie  |  November 6, 2008 om 12 : 57

    Fiela!!!! Nee!!

    Moenie Mattewis se mandjie kou nie.

    *fluister: Gaan kou Maxine se ore.*

  • 32. Zoekoe  |  November 6, 2008 om 1 : 06

    en so is dit . . . . .

  • 33. Zoekoe  |  November 6, 2008 om 1 : 08

    Ou George W is nie baie spelerig nie….. 😐

  • 34. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 08

    En so is wat?

    Zoekoe, wat is vir middagete? Dit is jou beurt vandag.

  • 35. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 09

    Natuurlik nie. George W het die persoonlikheid van ‘n vis.

  • 36. Zoekoe  |  November 6, 2008 om 1 : 11

    dis baie ver van my payday af…. julle sal moet happy wees met hotdogs !!!

  • 37. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 13

    Met viennas of boerewors.

  • 38. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 14

    Pay julle govvie mense nie in die middel van die maand nie?

  • 39. Zoekoe  |  November 6, 2008 om 1 : 14

    uhm, George is …. ‘n…. vis…. 🙄

  • 40. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 15

    Of is ek nou blond.

    Maxine, Fiela, kom dadelik hier. Bly ver weg van daardie oom.

  • 41. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 15

    Daarom weet jy nou hoekom is hy so boring.

  • 42. Zoekoe  |  November 6, 2008 om 1 : 27

    Boerewors, natuurlik !! met gebraaide uie darm…. ja ons pay eers die 15e en dis nog ver, en die vorige 15e is ook ver in die verlede

  • 43. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 27

    Zoekoe

    Ek hoop nie jy moet nog eers braai nie.

  • 44. Nats  |  November 6, 2008 om 1 : 36

    Cool!

    Lyk my Ryk se boek gaan een of ander tyd kom! Jipeee!!!

    Lo da Zoekoe!

  • 45. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 40

    Nats

    Vind jy nie die vent ‘n bietjie ongeskik nie?

  • 46. Adrie  |  November 6, 2008 om 1 : 42

    Ek praat van die ene wat die boeke uitdeel.

  • 47. Zoekoe  |  November 6, 2008 om 1 : 59

    Hi Nats 😀 😀

    nee die wors is klaar gaar, en die buns is gesny en gesmeer, help julle slef mense !!!!

  • 48. Adrie  |  November 6, 2008 om 2 : 03

    Dankie Zoeks

    Dit ruik heerlik.

  • 49. Adrie  |  November 6, 2008 om 2 : 09

    Proe nogal lekker.

  • 50. Adrie  |  November 6, 2008 om 2 : 11

    Wat het fout gegaan?

    Fiela, Maxine – kom, julle moet gou eers gaan piepie.

  • 51. Nats  |  November 6, 2008 om 2 : 21

    Adrie
    Ek stem, hy was maar bietjie kort af en nie eens gesê “Congrats” of enige iets nie en sy tweede e-mail sê net “Please provide your contact numbers.” En ek het dit die eerste keer gestuur!!

  • 52. Nats  |  November 6, 2008 om 2 : 25

    Ek sien julle nou weer… gou Maxine vat vir inspuitings en ontwurming.

    Tweeling
    Ek sal sommer vir Fiela saam vat! Dan is dit jou beurt volgende keer?

  • 53. Adrie  |  November 6, 2008 om 2 : 32

    Nats

    Hy groet nie eers nie. ‘n Mens het gewoonlik ‘n aanhef op ‘n brief.

  • 54. Adrie  |  November 6, 2008 om 2 : 33

    Nats

    Ek het ‘n ding gekry wat se sy het inspuitings. Laat die dokter net eers ‘n antigeen toets doen.

  • 55. Nats  |  November 6, 2008 om 3 : 23

    Adrie
    Lyk my my kop los my ook… Maxine het ook haar eerste inspuiting. Maar ek het sommer dat die vearts kyk dat alles honky dory is!
    Jac
    Ja hy is maar bietjie aan die nors kant… hel ek sal sy werk gaan doen as ek met mense werk wat goed wen! Hulle is die geefste mense nog! Nie soos die blerrie vrou wat my nou gebel het nie!

  • 56. Adrie  |  November 6, 2008 om 4 : 24

    Handop!!!

  • 57. Nats  |  November 6, 2008 om 5 : 01

    Handop!

    Fiela is te blerrie oulik vir woorde!!!!!!

  • 58. Adrie  |  November 6, 2008 om 5 : 07

    Maxine ook. Dit is te cute as sy oor haar eie voete val.

  • 59. cebella  |  November 15, 2008 om 3 : 20

    pos Fiela maar vir my😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: