Vloek maar eerder

November 2, 2008 at 4 : 09 71 Kommentaar

Vandag is ek gegrief oor ‘n regte gebod.  Een wat ek letterlik uit die Bybel uit kan aanhaal.  Eksodus 20 : 7 wat ook in Deuternomium 5:11 herhaal word.  (Kon Moses copy en paste?)

 

Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik nie ongestraf laat bly nie.

 

Ek het op gelet dat die Amerikaanse flieks en programme, wat veronderstel is om gesinsvriendelik te wees, geen vloekwoorde bevat nie.  Nie eers een ass wat eindlik arse moet wees nie.  Mens sien dit veral waar ‘n grootmens storie aangepas word om nie die sensitiewe ore te ontstel nie.  Goed en wel, maar die stukkie goeie werk word heeltemaal ongedaan gemaak met die kragwoorde wat wel gebruik word.

 

Elke tweede sin begin met “O my God/Gawd”.  Dan is daar die “For Godsakes”, “Good Lord”, “Sweet Jesus” en “Jesus Christ” om net ‘n paar te noem.  In die programme wat L gemerk is, is die vergrepe erger.  “God dammit” om net een te noem.  Dit is in die kindermateriaal en die goed wat veronderstel is om in spitstyd uitgesaai te word.

 

Persoonlik vind ek dit meer aanstootlik as die kruste kragwoord.  Al die Amerikaners wat ek al ontmoet het praat so sonder om te blik of te bloos.  In Afrikaans steek dit soos ‘n seerplek uit, juis omdat dit nog nie deel van ons algemene taal is nie.  Mag dit nooit word nie.  Watter beheer het ons oor die Amerikaners?  Geen, al boikot ons al die flieks, programme en boeke bly ons ‘n baie klein druppel in ‘n baie groot emmer.  Wat bly oor?  Lewe soos ‘n volstruis?

 

Dit is nie waar die misbruik ophou nie.  ‘n Mens sien dit dikwels op die blogs.  Daar is ‘n heftige rusie oor iets en die vloekwoorde en beledigings vlieg heen en weer.  Een voel hy/sy verloor die oorhand en kry dan die geheime wapen reg.  “Noem jy jouself ‘n Christen?”  “As die Here jou vat, vat hy jou nie fliek toe nie.”  “Jy sal eendag in die hel hieroor spyt wees.”  Alles kan waar wees, maar die pot kan nie juis die ketel verwyt nie.  Hoe kan jy iemand hel toe verban as jy self agter die deur staan?

 

Laaste maar nie die minste nie, die mense wat met die Bybel onder die arm staan en niks in die harte (Effense verdraaiing van Dalene Matthee).  Hulle bemark hulleself as die grootste Christenne onder die son, maar is eerder die grootste huigelaars.  Hulle gebruik al die regte woorde, maar hulle optredes verraai die waarheid.  Ek noem dit sommer manipulasie, dit is ‘n manier om ander te laat mislei.

 

Ek gaan hier volstaan, maar lug gerus julle griewe.

 

Blogvraag:  Wat was Moses se skoonpa se naam?

 

Blogantwoord:  Die vuurtekens is Aries, Leo, Sagitarius.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

‘n Vuurlike avontuur. Amerikaanse Krampe

71 Kommentaar Add your own

  • 1. aventer  |  November 2, 2008 om 4 : 11

    😯

    weer eerste???
    😕

    WEER EEEEEERSTE!!!!!!!!!!!!!!!
    :mrgreen:

  • 2. aventer  |  November 2, 2008 om 4 : 18

    Almal vloek…al is dit nie hardop nie.

    Ek is self skuldig daaraan (veral in rusies), maar al wat die mensdom kan doen is om te probeer om hierdie woorde te beperk ten opsigte van uittering.

    Beheer hou tong!!!

    Gmpf…easier said than done…

  • 3. Klip  |  November 2, 2008 om 7 : 02

    Goeie naand almal.

  • 4. Klip  |  November 2, 2008 om 7 : 06

    Ek kan dit nie hanteer as ek in iemand se geselskap is wat die Here se naam ydelik gebruik nie. As Sy naam verkeerd gebruik word steek dit soos n dolk in my hart , maar dan moet ek ook se ek draai dan eerder my rug as om te konfronteer , en ek weet dis nie reg nie.

    As ek vinger wys dan is daar drie vingers wat terug wys na my

  • 5. Emil  |  November 2, 2008 om 7 : 47

    Ek vloek gereeld, veral as poker speel daar by 3 Piggs en die “river” snaai my.

    En dan vloek ek ook as ek hier inloer en die hoeveelheid kommentaar steek die spoedgrens van die autobahn verby!

  • 6. aventer  |  November 2, 2008 om 8 : 02

    Ek haat donderstorms😥

    iemand red my

  • 7. Klip  |  November 2, 2008 om 8 : 06

    Die lekkerste van n donderstorm is as hy verby is

  • 8. Wille Kjind Q se ma  |  November 2, 2008 om 8 : 10

    Die antwoord is Jethro

  • 9. Klip  |  November 2, 2008 om 8 : 10

    aventer , stuur hulle hier na ons toe !!!!

  • 10. Klip  |  November 2, 2008 om 8 : 11

    Hallo WK , is die weer swaar daar by julle ook?

  • 11. Wille Kjind Q se ma  |  November 2, 2008 om 8 : 12

    Dit is ‘n baie goeie inskrywing klein juffie. Bly om te sien julle jong mense praat nie net oor nonsens nie.

  • 12. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 8 : 15

    Lo Klip. Jyt nou met my ma gepraat!:mrgreen: Jong…. Die weer kom en gaan so hie by ons ma dis nou stil vi eers

  • 13. Klip  |  November 2, 2008 om 8 : 17

    Skuus nou sien ek eers dis WK se ma.

    Goeie naand tannie WK!!

  • 14. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 8 : 20

    Tannie WK sê hallo Klip (met ‘n vraagteken op ha voorkop). Kan nie verstaan hkm iemand homself klip sal noem nie😉

  • 15. Klip  |  November 2, 2008 om 8 : 23

    Die Klip ding het maar gekom van Rolling Stone, sien my maar as n klip wat bly rol

  • 16. Klip  |  November 2, 2008 om 8 : 25

    Was Noag nie Moses se skoonpa nie ???. Ek was nie daai dag toe hulle dit behandel het in die Sondagskool klas nie

  • 17. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 8 : 26

    Ek het vi ha mooi verduidelik:mrgreen:

  • 18. Klip  |  November 2, 2008 om 8 : 29

    Ek hoop dat tannie WK darem n mooi geseende diens gehad het vanoggend

  • 19. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 8 : 35

    Klip! Nou push jy dit. Gmpf! My ma sal die hele nag gesels oor vanoggend se preek.

  • 20. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 9 : 26

    Testing 1 2 3

  • 21. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 9 : 33

    Die ding neuk my rond. Nag almal. Praat more wee

  • 22. Klip  |  November 3, 2008 om 12 : 24

    Almal is eker nou al in droomland , om krag op te bou vir dit wat hierdie Maandag inhou.

  • 23. Klip  |  November 3, 2008 om 5 : 44

    More almal, ek gaan nou huistoe , visvang en bier drink langs die dam!!! Geniet julle dag

  • 24. Wille Kjind Q  |  November 3, 2008 om 5 : 49

    More almal. Koebaai Klip, geniet dit.

  • 25. Wille Kjind Q  |  November 3, 2008 om 6 : 46

    Nou wag ek ma tot 7 solat ek kan begin werk…..

  • 26. Wipneus!  |  November 3, 2008 om 7 : 02

    Baie nice inskrywing. Ek loop nie met die Bybel onder die arm nie. Ek gesels eindelik nie graag met wildvreemde mense oor my Godsdiens nie. Elkeen moet maar sy eie pad stap, goed of minder goed.

    Maar wat ek wel kan sê: Ek hou glad nie daarvan as die Here se naam so misbruik word nie. Dit voel of ek so skok in my liggaam kry as iemand dit hier langs my gebruik, of daar ‘n klip van my strottehoof tot in my maag neerplons.
    Whamm!!! en jy sien net kos en water spat!

    Oor vloek …….. Adrie het my geleer vloek😈

    Koes ek gou en hardloop weg!

    Lekker week almal!

  • 27. Wipneus!  |  November 3, 2008 om 7 : 03

    Môre almal, mens maar julle is vroeg uit die vere!

  • 28. Adrie  |  November 3, 2008 om 7 : 17

    More almal

    Tannie WK, welkom. loer gerus meer gereeld hier in.

  • 29. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 8 : 13

    @ My 3ling

    Tannie WK sal op ha rug val as sien sien hoe ons hier praat!

  • 30. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 8 : 14

    A wife invited some people to dinner.
    At the table, she turned to their six-year-old daughter and said,
    ‘Would you like to say the blessing?’
    ‘I wouldn’t know what to say,’ the girl replied.
    ‘Just say what you hear Mommy say,’ the wife answered.
    The daughter bowed her head and said,
    ‘Lord, why on earth did I invite all these people to dinner?’

  • 31. Verons  |  November 3, 2008 om 8 : 26

    More, more!!
    Hoop julle almal het ‘n lekker naweek gehad!😉
    Ek dink ek kan ‘n matroos laat skaam kry met my woordeskat maar daar is beslis woorde wat ‘n groot NEE is en die gebruik van die Here se naam staan beslis in die 1e plek!!

    WIP!!!!!! Lekker om jou hier te sien!!! Ek sien jy het so ‘n nice stokperdjie gekry, wens ek het genoeg geld gehad vir daai stokperdjie dit lyk beslis lekker!! Ek het toevallig Saterdagogeend op kyknet na ‘n program gekyk oor scrapbooking ek dink dit was fotostories of so iets!

  • 32. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 8 : 57

    Hallo julle – lekker naweek gehad ?

  • 33. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 9 : 00

    Wow – ek kan almal se gesiggies sien – en ek is nie eers ingelog nie !

    Ek stem saam oor hierdie gebod – ek mag dalk vloek soos ‘n matroos – maar daai woorde is ‘n NO NO ! Het ‘n mail gekry oor een of ander award waar die vroumens sê almal sê vir die Here dankie vir die goed – sy wil net sê dat Jesus niks met haar award uit te waai het nie en dat dit haar nuwe God is – ek was sommer upset !

  • 34. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 9 : 17

    En daar is almal alweer weg !

  • 35. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 9 : 31

    Halllllllooooooo

  • 36. Wille Kjind Q  |  November 3, 2008 om 10 : 13

    Ek is inni bank Tilla. Praat later

  • 37. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 10 : 20

    Gaan jy vir ons geld trek met ‘n ballaclava ?

  • 38. neykie  |  November 3, 2008 om 11 : 26

    Mense kan vir my sê ‘n fliek is hoe goed, maar die eerste 10minute wat ek hom kyk en die naam van die Here word so gebruik kry ek ‘n vet gly in die fliek.

    A3q lekker dag en week vir jou

  • 39. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 11 : 27

    hallo mense !!!

    die donnerse internetlyne was af by die werk… hulle het seker weer nie hulle rekening bataal nie !!

  • 40. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 12 : 04

    Ha ha Zoeks – hulle het beslis nie hulle internet gebruik om hulle internet betaling te doen nie !!

  • 41. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 12 : 06

    Ha ha Zoeks – hulle het beslis nie hulle internet gebruik om hulle internet betaling te doen nie !!

  • 42. Bottertjie  |  November 3, 2008 om 12 : 08

    Ek haat dit ook as hulle die Here se naam ydelik gebruik. Hulle sê dit sommer so laat hy oor die tong rol soos enige gewone woord!

  • 43. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 12 : 10

    Hallo bottertjie – ek is so bly om jou te sien !

  • 44. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 12 : 18

    Hoekom is dit so stil hier vandag? mense op vakansie of iets? ? ?

  • 45. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 12 : 19

    En daar smelt die botter toe nou ook !

    Willes

    Hoeveel geld het jy gaan trek dat jy so lank wegbly ?

  • 46. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 12 : 20

    Zoekoe

    Wil ek ook weet !

  • 47. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 12 : 21

    ek kry al die bewerasies so honger is ek…… “bewe bewe” “bewe” bewe”

  • 48. Wille Kjind Q  |  November 3, 2008 om 12 : 35

    Ek moes vormpies gat teken vir ‘n nief kaart. Sjoe! Dis blêrrie warm buite!

  • 49. Wille Kjind Q  |  November 3, 2008 om 12 : 38

    Ek vloek somme!

  • 50. Wille Kjind Q  |  November 3, 2008 om 12 : 40

    Nous ek ok hommer👿

  • 51. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 1 : 10

    Hi Wille KQ !!! 😀

  • 52. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 1 : 22

    @ Zoeks

    Lo da mater

    Lyk my ons maak beurte om all by ourselves te kom wees😉

  • 53. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 1 : 36

    Ek het nou maar vir my 2 minute noodles gaan maak – ek is vrek van die hommer !

  • 54. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 1 : 53

    Ag nee hel – so kan dit nie aangaan nie ! Kom kom – kruip uit julle gate uit – NOU !!!!

  • 55. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 1 : 55

    Ek het 3 provitas en 2 snytjies kaas gechow:mrgreen:

  • 56. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 1 : 59

    Hoe het dit met die dieet gegaan ?

  • 57. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 2 : 06

    ek het ‘n footlong boerewors hotdog gechow !!!

  • 58. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 2 : 08

    damn maar dis warm deesdae…. ‘n biekie reent sal darm maar nou nice wees !!!!!!

  • 59. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 2 : 26

    Zoekoe

    Hier by ons waai die wind 7 soorte stront uit die plek uit !!!

  • 60. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 2 : 37

    hier skyn die son 8 soorte dinges uit ons uit 😛

  • 61. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 2 : 44

    @ *M*

    Ek het presies PUNT 4 verloor😥 . Nou vreet ek ma net provitas en whatever!😈

    @ Zoeks

    Het dit nie gisteraand by julle gereën nie❓😯

  • 62. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 2 : 47

    Maar my…. Wille Kjind? as jy nog gewig verloor gaan jy maerder as ‘n Barcode strepie wees …🙄

  • 63. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 2 : 47

    Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe! Ek ga lekka Wiltuin toe!

  • 64. See Kat  |  November 3, 2008 om 2 : 50

    Ek stem saam die amerikaaners gebruik die God woord te veel in hulle vlieks maar as hulle Die naam van Jesus misbruik dit laat my bloed kook die F woord is n goeie krag woord wat gebruik kan word om iets te beklemtoon. Al wat my troos is dat as iemand Hom vloek dan erken hy indirek dat Hy God is. Maar Jesus het vir die mense wat Hom gevlok het gebid dat God hulle vergewe want Hy het gese dat hulle weet nie wat hulle doen nie. Dan maak ek ook maar so want miskien weet hulle nie wat hulle doen nie.

  • 65. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 2 : 53

    @ Zoeks

    Heel duidelik het jy my TE lanklaas gesien!

  • 66. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 3 : 14

    wat? is jy nou rond? ek kan dit nie glo nie…..🙂

  • 67. *Mathilda*  |  November 3, 2008 om 3 : 20

    Haar neus groei soos Pinnochio sn !

  • 68. Zoekoe  |  November 3, 2008 om 3 : 26

    😆 😆 wel selfs met ‘n lang neus glo ek nie sy kan te veel gewig opgetel het nie….. 😆

  • 69. WILLE KJIND Q  |  November 3, 2008 om 5 : 02

    HEY! HEY! HEY! HEY!

  • 70. Adrie  |  November 3, 2008 om 9 : 35

    Ek is bly julle stem almal saam met my.

  • 71. Adrie  |  November 3, 2008 om 9 : 37

    Emil

    Het jy my blog getoor? 👿 Die dat daar so min comments op is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: