‘n Vuurlike avontuur.

Oktober 31, 2008 at 5 : 19 43 Kommentaar

Ek het in die bosbouwêreld groot geword.  Brande was iets waarvan ek geweet het, ek het geweet dat dit ‘n ramp was, maar dit was nie iets wat ek gevrees het nie.  Nie vir een sekonde nie, al het ek geweet dat dit lewensgevaarlik kan wees. 

Ons huis was langs ‘n oopstuk veld en voor ‘n saagmeule gewees.  Op daardie stadium was daar stompe in die oop veld geberg.  Dit was ‘n besonders groot veld gewees, waar ons belet was omdat die grootmense ons nie tussen die hout kon sien nie.  Die stompe was in hope gepak wat ‘n hele paar meter hoog was.  Die hele veld was vol van die hope.  Dit was natuurlik ook baie gevaarlik om op die hope te speel, jy kon vergruis geword het as een van die stompe per ongeluk losgekom het.

Ons was nogal soet kinders gewees.  Dit is moeilik om droog te maak as jy altyd onder jou ma se oë is.  Die Vrydagmiddag was my pa vroeg by die huis.  Dit was loondag en hulle het baie vroeg die oggend begin werk.  Ek was seker so st 4 gewees.  Die meisies was saam met my ma dorp toe en die seuns het by my pa agtergebly.  My tannie was daardie dag saam dorp toe gewees.  Daar was ‘n paar werkers afgedank op daardie dag en hulle was nie gelukkig daarmee nie.

Ons huis was op ‘n baie steil opdraande geleë gewees.  Die omgewing rondom die huis was sigbaar waar jy jou ookal in die dorp bevind het.  Dit was natuurlik nie ‘n baie groot dorp nie.  Dus was dit nie lank nie, of die hele dorp het die digte rookwolk daar gesien en geweet dit is nie normaal nie.  My ma en tannie het dit ook net een kyk gegee, al die meisies in die kar gebondel en terug gejaag.  Op die stadium was niemand presies seker waar dit brand nie, net dat dit in ons huis se omgewing was.

My ma is met 2 wiele om die hoek en by die Stop spring daar ‘n stewige polisieman voor haar in met ‘n R5 geweer.  Daar was toe al reeds te veel nuuskierige agies en die brand is nog nie onder beheer nie.  Die polisieman het hom duidelik met Mev Swanepoel misgis.  Hy het nog vinniger uit haar pad gespring toe sy hom mooi vertel het dat haar kinders by die huis is en dat sy ook na haar huis gaan.  ‘n Paar meter verder sien sy darem dat dit nie die huis is wat brand nie, maar die veld langsaan. 

Die verligting was van korte duur.  Ons is binne ‘n halfuur nadat ons by die huis weg is weer terug.  Dit was al reeds ‘n groot vuur toe ons dit in die dorp gesien het.  Ons huis, soos al die ander huise in die omgewing was nog lank nie buite gevaar nie.  Kort voor lank het die Bombers op ons toegesak.  ‘n Bomber is ‘n groot geel vliegtuig wat gebruik word vir vuurbestryding.  Dit spuit ‘n skuim uit wat die vuur dan blus of ten minste onder beheer bring.

Dit was vir ons een groot avontuur gewees.  Ek kan nie onthou dat ons (kinders, 7 in totaal) ‘n oomblik bang was nie.  Die skuim het orals om ons gelê.  Dit was soos om bubble bath orals op die erf te hê.  Baie lekker om in te speel.  Teen die tyd wat die agies toegang tot die straat gekry het, sou hulle betaal het om te kan deelneem.  Ons was glad nie selfsugtig nie, ons het geredelik vir hulle van die skuim deur die hek gegee.

Later in my lewe het ek al die verwoesting van ‘n onbeheerde brand gesien.  Ek kon net my kop skud oor die verwoesting.  Dit was in Rand en sent omgesit, maar as jy net swart sien vir sover as die oog strek, dan voel jy klein.  Baie ver verwyder van daardie dag wat ons ‘n jol gehad het as gevolg van iemand anders se skade.

(Die afgedankte werkers het die brand gestig uit wraak.  My neef het eerste die vuur gesien en kon die ooms by die meule laat weet het.  Hy wag nou nog vir sy beloofde beloning.  Sy wakkerheid het die buurt se huise daardie dag gered.)

Blogvraag:  Watter Astrologiese persoonlikhede word as vuurtekens gesien?

Blogantwoord:  Willes was reg met Roy Thornton.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Maria Lee Vloek maar eerder

43 Kommentaar Add your own

  • 1. aventer  |  Oktober 31, 2008 om 5 : 32

    Oe oe

    Ekke is tog eerste🙂

  • 2. aventer  |  Oktober 31, 2008 om 5 : 36

    As jy met vuur speel gaan jy in die bed piepie

  • 3. WILLE KJIND Q  |  Oktober 31, 2008 om 5 : 40

    TWEEDE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 4. WILLE KJIND Q  |  Oktober 31, 2008 om 5 : 43

    Ek weeti……. Seke ma scorpio:mrgreen:

  • 5. Wipneus!  |  Oktober 31, 2008 om 6 : 57

    Derde

    Hello julle!! 😆

    Sjoe Adriana gelukkig dat julle darem ongedeerd daaruit gekom het. Ek het al so hele huis gesien afbrand – binne minute is daar niks oor nie.

    Ek dink ek sal my doodhuil as daar net “as” van al my goedjies oorbly!

    Lekker naweek almal!🙂

  • 6. Wille Kjind Q  |  Oktober 31, 2008 om 9 : 05

    Nag almal. Ek gat nou vi 10 nagte slaap. Check julle wee 10 Nov:mrgreen:

  • 7. Wille Kjind Q  |  Oktober 31, 2008 om 9 : 12

    Ok ok! Ek het gelieg! Ek gat EERS lees DAN slaap!

  • 8. Wille Kjind Q  |  Oktober 31, 2008 om 9 : 13

    :mrgreen:

  • 9. Klip  |  Oktober 31, 2008 om 9 : 59

    Goeie naand almal….

    Lekker slaap WK

  • 10. Klip  |  Oktober 31, 2008 om 10 : 00

    Muskiet sê vir die waslap, “Seker erg om heeldag net
    so te lê en vrek op een plek.”
    Waslap: “Ek het darem al gewas waar jy nog nooit
    gesteek het nie”

  • 11. Klip  |  Oktober 31, 2008 om 10 : 03

    ‘n Engelssprekende vrou gee geboorte.
    Sy vra die blonde Afrikaanse suster aan diens: “Is it
    a boy?”
    Suster: “Nee mevrou, dit is ‘n wit kind”.

  • 12. Klip  |  Oktober 31, 2008 om 10 : 04

    Ok Ok , ek pla nie weer nie , lekker slaap almal

  • 13. Jackaboo  |  Oktober 31, 2008 om 11 : 27

    Hoekom is is jule no so gevrek? Vokit. Waa is jule intelegente bloggers? Nou net dom honger kakkoppe.

  • 14. Jackaboo  |  Oktober 31, 2008 om 11 : 32

    Ek nats (domkop) zoekoe.(regte ou natdoos) en a3 is koekklappers. Wat se manlief davan nats?

  • 15. Klip  |  November 1, 2008 om 5 : 36

    Goeie more , wat n heerlike dag.

  • 16. Adrie  |  November 1, 2008 om 8 : 16

    Some things you just dont dignify with an answer.

  • 17. Adrie  |  November 1, 2008 om 8 : 16

    More almal!

  • 18. Wille Kjind Q  |  November 1, 2008 om 8 : 34

    More more! Ek het spesiaal opgestaan om gou toiletpapier te gat koop virri blog. Ek gat ok ‘n paar stoptekens instaleer en 1 hele doos kondome vi almal los. Ek voel vandag soos ‘n yskastert.

  • 19. Wille Kjind Q  |  November 1, 2008 om 8 : 39

    Helfte van my huismense het snot neuse vandag. Miskien kan ek dit gebruik vi ‘n paar booby traps

  • 20. Adrie  |  November 1, 2008 om 8 : 51

    Lo Willes

  • 21. Wille Kjind Q  |  November 1, 2008 om 9 : 44

    Lo da my 3ling. Savanna dry vi jou?

  • 22. Adrie  |  November 1, 2008 om 10 : 03

    Dit meng nie wel met my rooi wyn nie.

  • 23. Wille Kjind Q  |  November 1, 2008 om 6 : 50

    Wat ‘n dag! Gesoek en niks gevind😥

  • 24. Kobus  |  November 1, 2008 om 7 : 08

    Goeie naand almal. Gits as julle so vroeg begin savanna’s en wyn drink was dit seker n heerlike dag

  • 25. Wille Kjind Q  |  November 1, 2008 om 7 : 41

    Howzit Klip. Ek het 3 boeings gesien oorvlieg voor ek die 1ste 1 oopgemaak het😉

  • 26. Klip  |  November 1, 2008 om 7 : 53

    WK dit gaan goed , ek wil ook langs n lughawe gaan bly:lol:

  • 27. Klip  |  November 1, 2008 om 7 : 58

    Ek meen 😆 hoe sukkel ek dan so vanaand?

  • 28. aventer  |  November 1, 2008 om 8 : 06

    Ek stress want ek voel skuldig
    Ek voel skuldig want ek het nog nie vandag geleer nie

    Die oplossing:
    1. Haal boeke uit
    2. Gebruik ABC (Apply Bottom to Chair)
    3. Groot die maatjies
    😥

    tata julle

  • 29. Klip  |  November 1, 2008 om 8 : 22

    aventer , maak so n bietjie tyd om te ontspan ook.

    Ek glo mos hoe meer jy stress hoe beter doen jy .
    Lekker leer , en n mooi aand vir jou

  • 30. aventer  |  November 1, 2008 om 8 : 42

    Dankie klip…ek voel net so onrustig

  • 31. Wille Kjind Q  |  November 1, 2008 om 11 : 19

    ZZZZZZzzzzzz

  • 32. Klip  |  November 2, 2008 om 5 : 27

    Wakker word, dis tyd vir die skaap boud om in die oond te kom, of is dit n lekker hoender?

  • 33. Klip  |  November 2, 2008 om 6 : 39

    aventer…… n paar mooi gedagtes vir jou

    “If you want to test your memory, try to recall what you were worrying about one year ago today.”

  • 34. Klip  |  November 2, 2008 om 6 : 41

    “It’s not who you are that holds you back, it’s who you think you’re not.”

    “Whether you think you can or think you can’t, you are right.”

    “There is nothing either good or bad, but thinking makes it so.”

    “Too many people miss the silver lining because they’re expecting gold.”

    “If you don’t think every day is a good day, just try missing one.”

    “Things turn out best for people who make the best of the way things turn out.”

    “In the long run the pessimist may be proved right, but the optimist has a better time on the trip.”

    “One of the secrets of life is to make stepping stones out of stumbling blocks.”

    “Worrying is like a rocking chair, it gives you something to do, but it doesn’t get you anywhere”

  • 35. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 8 : 22

    GGGRRR!!!

  • 36. *mathilda*  |  November 2, 2008 om 8 : 23

    Hallo julle maaikies

  • 37. *mathilda*  |  November 2, 2008 om 8 : 24

    En nou willes ?

  • 38. *mathilda*  |  November 2, 2008 om 8 : 30

    Gooi opera ha mini rond ?

    klip – jy dagskof ?

  • 39. *mathilda*  |  November 2, 2008 om 9 : 11

    Ag ok – sien maar hopelik later ! Toodles

  • 40. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 9 : 51

    Tilla…. Eks besig met wasgoed jong. Hkm ek dit vir ‘n Sondag los sal net die duiwel al1 weet👿

  • 41. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 9 : 53

    Ek moet nog kook, huis skoon maak, my ma byri kerk gat haal…… Dis ‘n never ending storie

  • 42. *mathilda*  |  November 2, 2008 om 10 : 58

    Hoe laat moet ons daar wees vir ete ?

  • 43. Wille Kjind Q  |  November 2, 2008 om 8 : 42

    Eish! Tilla het seke vlou geword van so lank wag virri kos!😯

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: