Wat dek jou pay alles?

Oktober 28, 2008 at 5 : 15 254 Kommentaar

*Nou waar is my dangerpay wat my baas my belowe het?? O dis seker daai PAYE!*😉

Ek het gisteraand ‘n bietjie 50/50 gekyk.  Hulle het met die een sekuriteitswag gepraat wat waghou in ‘n radio-aktiewe gebied.  Onbeskermd en ongeërgd sonder ‘n sorg in die wêreld.  Hy was gevra wat die radio-aktiewe simbool beteken.  Sy baas het hom vertel dit beteken dat daar ‘n radio (draadloos) op die perseel is. 

Wat betaal jou werkgewer eindlik as dit by salarisse kom?  Die gebruik van jou liggaam om ‘n taak te verrig?  Die nut wat jou brein vir hom/haar het?  Vir die kennis wat die besigheid nodig het om te oorleef?  Dalk ‘n bietjie iets van alles en selfs nog meer.  Geen werk betaal jou egter vir jou gesondheid of lewe nie.  Volgens wet moet hulle jou inlig waaraan jy blootgestel kan word en alles redelik doen om jou te beskerm.

Wat jou, as werknemer, net mooi niks help as jy nie daarvan weet nie.  Die kanse dat jy daarvan weet as jy ‘n minimum loon trekker is, is omtrent net so min as jou salaris.  Dit word natuurlik uitgebuit.  Hoeveel mense sterf nie jaarliks in mynongelukke nie?  Die meerderheid van daardie sterftes is juis die mense wat elke sent so broodnodig het.  Wat te dom en/of te desperaat is om te kla.

Doen die regering genoeg om werkgewers by te staan?  As jy teen ‘n baie klein wins sake doen, is daar bloot nie geld vir veiligheid nie.  Dit hoort nie so te wees nie, maar dit is die realiteit.  Die regering is glad nie skaam om hulle pond vleis te eis nie, moet hulle dus nie help om die werkers veilig te hou nie?

In alle regverdigheid moet ek noem dat die werkers ook dikwels domastrant is wat hulle eie veiligheid betref.  Hulle doen bloot wat hulle wil of weier om hulleself aan toetse te onderwerp.  Weereens bly dit die werknemer se verantwoordelikheid en mag hy iemand afdank wat hulle nie aan veiligheid steur nie.

Ek dink die versuiming van veiligheids pligte grens aan moord.  Hoe voel julle?

Blogvraag:  Wie het Uraan ontdek?

Blogantwoord:  Olga was reg, Dr Ruth Westheimer is ‘n bekende seksoloog.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sniktannies Kos mors

254 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 22

    Olga

    Het jy vandag PMS?

  • 2. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 23

    Olga
    Ek sal nooit sê jy lieg nie, want was ek da?? Het ek bewyse dat dit nie gebeur het nie?? Nope!

    Ek is ook nie in die Polisie nie, so wie is ek om te weet wat daar aan gaan? Ek praat net uit wat Polisie manne vir my sê. Dis al. Ek weet nie alles nie… en sal ook nooit weet wat in elke land aan gaan nie.

    Dus hoekom ek sê dat elke polisie stasie verskil.

  • 3. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 24

    Zoekoe

    Nou eers? 😯

    Wys net hoe lank laas het jy jou brein gebruik!

  • 4. Olga  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 25

    die mobiele kliniek se aankomsfoto was 10.02. vertrek wys dames in hulle wit rokkies met epoulette met volelaaide trollies langs die wa, was 12.37. ek wonder die vrou wie in n kar gekraam het oppad ermelo toe omdat middelburg en witbank hospitale haar toelating geweier het was seker wit. daar is nou natuurlik geen rekords by enige hospitaal van haar nie. waar gaan die streep getrek word?

  • 5. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 28

    Olga

    Die vrou wat in haar kar gekraam het?

  • 6. Olga  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 29

    jy se jy sal dit nie sommer glo nie nats. ek het die dinge wat ek genoem het gesien. fisies en met my eie oe. nee, juf annie ek het nie pms nie.

  • 7. Olga  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 32

    op die 12 uur nuus op jac gehoor van die vrou. ongelukkig het ek die videoclip yan die sentra wat met sapd bakkie gesleep word die naweek van my fn af delete.

  • 8. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 33

    Ek moet regtig ‘n radio kry vir die kantoor.

    Olga

    Jy hoef niks te bewys nie.

    Nats, Zoekoe?

    Vreet julle weer skelm sweets.

  • 9. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 33

    Olga
    Dan is dit mos so.

  • 10. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 35

    😥 😥 😥

  • 11. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 37

    En die kroktrane, Zoeks?

  • 12. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 39

    jy behoort te weet Adrie….😥

  • 13. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 46

    Olga
    ek is 100% agter jou met die 1 – die polisie is so korrup as kan kom en ongelukkig is dit die idiote wat veronderstel is om ons veilig te hou !

  • 14. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 48

    O ja – hallo julle

  • 15. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 49

    KLOON!

  • 16. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 50

    Polisie is korrupt ja, maar beslis nie almal nie!

  • 17. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 51

    Tipies, rooflees en spring dan in.

    Wat is jou mening omtrent OHSA?

  • 18. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 52

    Nats

    99% van hulle?

  • 19. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 53

    Die nie almal nie is n druppel in die emmer en ongelukkig is dit ‘die polisie’ nie piet of koos in die polisie nie !

  • 20. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 54

    Adrie
    Tien teen een 99%… maar dit is nog steeds nie almal nie.
    En om hulle idiote te noem is ook nie regverdig nie.

  • 21. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 12 : 58

    Ek moet nog die 1 teëkom wat NIE n idioot is nie !

  • 22. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 00

    Nats

    Kan ek hulle dan maar stommerike noem? 😉

  • 23. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 04

    Hi Mathilda ! aag daar is hier en daar nog ‘n goeie polisieman/vrou oor ….. maar definitief in die minderheid !

  • 24. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 05

    *M*
    Ek kan vir jou meer as een wys.

    As ek vir jou sê almal op Doring lieg en steel geld, maar jy doen dit nie – hoe kan ek veralgemeen en sê almal op Dorings is korrupt en idiote?

    Jy kan nie almal sleg sê nie – da is actualy idiote daar buite wat hulle werk doen en nie eens daarvoor betaal word nie.

  • 25. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 05

    Daar is hier en daar goeie onderwysers . . . ver in die minderheid.

  • 26. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 06

    en onthou ek praat van SAPS nie spietkops nie…. nou hulle is AMAL idiote ! D:

  • 27. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 08

    😀 ek kan nie eers meer ‘n gesiggie reg maak nie… D:

  • 28. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 09

    Zoekoe

    Moet nie die idiote beledig deur die spietkops met hulle te vergelyk nie.

  • 29. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 09

    Daar is nie pille nie.

  • 30. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 12

    Adrie

    O he he ja sorry !!! 😆

  • 31. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 15

    Zoekoe

    Jy moet vir die arme idiote jammer se.

  • 32. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 16

    noudie dag ry die klomp bafana moegoes met hulle spietkop begeleide bus voor ons gebou verby, en ek kyk toevallig by die ruit uit, daar staan ‘n citygolf in die regterbaan geparkeer met sy hazard ligte aan, sal die dom fooking spietkop hom nou try jaag solat die bus kan verbyry, en toe die man besluit hy staan net daar stamp die spietkop sy agter bumper met sy bike…. WTF ???? as dit ek was, sou daai spietkop sy gat gesien het, ek sal net daar die kar “per ongeluk” in reverse sit en die clutch los en hom van sy bike af reverse !!!!

  • 33. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 17

    Ek kan sê net wat ek wil en dis in 99,99% waar in elk geval ! Kyk maar as enigeiemand droogmaak – dis die polisie of onderwysers of selfs die regering – almal te slapgat om op hulle agterpootjies te staan en verantwoordelikheid te vat !

  • 34. boendoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 17

    1000ste!!! 😆

    Ek is jammer ek het nie 50/50 gekyk nie. Klink of dit interessant was. Of dalk is dit goed. Ek kan die onregte van die wereld baie moeilik verteer. Soos nou die dag op Special Assignment toe hulle oor die siek gevangenes gepraat het. Vrek! Ek weet nie hoe mense met hul gewetens kan saamlewe nie.

  • 35. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 19

    Janee, ek sou dit ook net daar verloor het.

    Ek sou die motorfiets deur sy derms geryg het, dit is verseker.

  • 36. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 21

    Boendoe

    Wees bly jy het dit nie gesien nie. Jy wil dalk nog water drink of gebruik.

  • 37. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 23

    gelukkig kyk en slegs dstv…. ook net die fashion channel…. en ek lees nie koerante nie…. so ek is salig onbewus van wat om my gebeur…..

    ek hoor iewers dat ons ‘n nuwe president het… wie is hy?

  • 38. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 30

    Zoekoe
    dit interfere met ons braaityd !

  • 39. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 32

    Mathilda

    Ja, sê ek mos ook😆

  • 40. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 1 : 52

    Waar het julle nou weer gaan braai?

  • 41. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 18

    ‘n lekker dik medium fillet steak kan nou vir my werk !

  • 42. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 30

    moenie van kos praat nie… !

  • 43. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 36

    Dis die enigste manier om julle weer hier te kry !

  • 44. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 37

    Ek gaan myself nog vandag dood eet.

  • 45. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 40

    ek het net ‘n footlong boerewors roll ge-eet vandag !!!!

  • 46. Verons  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 42

    A3 ek het na die video van die eirgooiery gaan kyk dis op Jac se hompage. Ek sien Martin het darem ‘n valhelm opgehad…………

  • 47. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 50

    Nou is ek alweer honger.

    Ek dink ek het wurms.

    Verons

    Ek sal gou gaan kyk

  • 48. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 53

    Adrie
    iemand moet die wurms voer !

  • 49. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 54

    Almal het gou seker gaan maak wat hulle gister gemis het.

  • 50. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 55

    Tilla

    Jy spot. Daar is mense wat ‘n lintwurm laat inplant sodat hulle gewig kan verloor.

  • 51. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 2 : 59

    Joh ! So desperaat was ek darem nog nooit nie !

  • 52. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 01

    my hondjie het so ruk terug wurms gahad, en sy het skielik vet geword, toe gee ek haat ontwurm pille, en 3 dae toe is sy weer mooi maer, ek dink ek moet ook van daai pille gaan kry !

  • 53. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 03

    Zoekoe

    Kry die pille se naam en laat weet ons daarvan.

  • 54. Zoekoe  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 05

    OK, maar mens koop dit sommer by die Checkers, dink dis ‘n Bob Martin produk.

  • 55. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 09

    Daardie eiers het regtig nie vars gelyk nie.

    GROSSS

  • 56. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 14

    Eks terug!

    Verons
    Wa kry ek daai video… my podcasts hak vas en Darren se blog wil nie wys nie?

  • 57. *mathilda*  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 17

    Hi Nats
    jou lanklaas gesien

  • 58. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 19

    Zoekoe
    Is ‘n hond nie gewoontlik maerder as normaalweg met wurms nie? En nie anders om nie? Ek weet puppies se pensies swel op want hulle word met wurms gebore.

    Ek weet nie – sal gaan google om seker te maak!🙂

  • 59. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 20

    Nats

    Die is regs onder op hulle homepage. So ‘n swart blokkie.

  • 60. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 21

    *M*
    Was op Jac gewees… en toe moes hulle ons krag afsit om die CCTV kameras met die generator op te koppel.

  • 61. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 29

    Gross!!!

    Kan julle dink hoe dit moes ruik!!!

  • 62. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 33

    Ek neem aan daardie mense eet vir ‘n lang ruk nie eiers nie. Vars of te not.

  • 63. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 42

    My niggie het vir lank nie eiers geeet nie… haar ma moet met werk weg gaan vir 2weke?? of so iets.

    Raai wat het hulle geeet!!? Eiers… die hele tyd! Dis al wat haar pa kon maak!!🙂

  • 64. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 45

    My simpatie met jou niggie.

  • 65. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 48

    Mans
    Gee ‘n man ‘n vis, en hy het iets om te eet vir die dag. Leer ‘n man om vis te vang, en hy sit heeldag in ‘n boot en suip.

  • 66. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 49

    Tweeling

    Wat as daar nie ‘n boot is nie?

  • 67. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 50

    Adrie
    Die ergste van alles is, hulle trek toe plaas toe en boer met volstruise… wat het hulle in die oggend geeet??

    Volstruis eiers!! Wel eintlik net een elke ander oggend. Ek kon net lag – ek wou nooit daai eiers geeet het nie, ek weet nie volstruis eiers voel net nie reg om te eet nie!

  • 68. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 51

    Ek wonder hoe proe volstruis eiers.

    Ons het in karate altyd gepraat van eiers bak.

  • 69. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 54

    Adrie
    Goeie vraag!
    Die wal?

    G-string
    Hoe verduidelik jy vir ‘n plaasboer wat ‘n G-String is?
    Iets wat sit soos ‘n half-duim fanbelt oor ‘n 3 duim poellie.
    of
    G-string is ‘n tou wat gespan is vanaf Paraguy tot Kakamas

  • 70. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 55

    My gunsteling definisie.

    G-string. Boudflos.

  • 71. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 56

    Adrie
    Hulle sê dit proe dieselfde as hoender eiers… maar ek wou eerder nie probeer nie.

    Eiers bak!🙂
    Ek het nie geweet jy het karate beoefen nie!

  • 72. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 57

    Ek wonder dan hoe proe krokkedil eiers.

  • 73. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 59

    Tweeling

    Daar is baie dinge van my wat jy nie weet nie.

    Toemaar, dit was baie, baie, baie lank gelede.

  • 74. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 3 : 59

    Oooooo nee!!! Ek wil eerder nie weet nie!

    Ek sal nie vêr kom op Fear Factor nie.

  • 75. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 01

    Adrie
    Ek kom so agter!

    Hoe ver het jy gekom?

  • 76. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 01

    Nats

    Ek ook nie. Ek eet nie goed wat begrawe of verbrand moet word nie.

  • 77. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 03

    Hoe ver het ek met my verslag gekom?

    Dit is amper klaar.

  • 78. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 04

    Ek het nou die aand gekyk na al die mense wat nie snaakse goed kon doen nie… dit was baie baie snaaks!!!

    ‘n Man kon nie saam lewende rotte in ‘n houer klim nie – hy het nie eens probeer nie! Hy het gesê hy weet nie wat die doel van ‘n rot is nie!

    ‘n ander vrou het histeries begin huil! Hulle kon haar omtrent nie troos nie… glo sy is vandag ‘n aktrise – wys haar net ‘n gogga en sy huil dadelik!

  • 79. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 05

    Nee man… met karate?

    Swart belt??🙂

  • 80. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 06

    Watse verslag?

  • 81. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 07

    Nats

    Nee, ek het nie ‘n swart gordel nie.

    Jy moet gepik in die bol wees om aan Fear Factor deel te neem.

  • 82. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 08

    Glo dit of nie, maar ek werk af en toe.

  • 83. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 15

    Adrie
    Ek dink ek sal dit oorweeg vir die geld… maar ek wil nie iets eet en die volgende stunt kry ek nie reg nie dan het ek daai goed verniet geeet nie!!

  • 84. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 19

    R20 000 is heeltemaal te min na my sin.

  • 85. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 21

    Nie ons Fear Factor nie… as ons ooit nog so iets het!?

    Daai een waar hulle ons in $ betaal!

  • 86. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 23

    $20 000 is nog nie eers R250 000 nie. Ek sal dit dalk oorweeg vir $25 miljoen.

  • 87. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 23

    Nats wat is die grosste ding wat jy al geeet het en hoekom?

  • 88. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 30

    Adrie
    Dit was nie aspris nie… wurms in ‘n naartjie. So rooi outjie!
    Anders as dit nie juis iets gross geeet nie… wat ek kan onthou nie!

    My klein sussie het ‘n slak dop vol eiers geeet, en ‘n akkedissie se stertjie wat afgeval het. Dit was aspris!

    Jy?

  • 89. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 32

    GROSS

    Jy het weird sisters.

    Vir ‘n skattejag (wat ek gewen het). Sardiens (ek eet regtig eerder wurms), gevolg met ‘n barone en melk.

    Mopaniwurm in ‘n “bonding” social.

  • 90. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 37

    Adrie
    GROSS!! Mopaniwurms!! Ek het dit al gesien, gedroogtes maar dis dit! Was hulle lewendig? Eeeeuuuuuwwww

    Let wel… klein sus! Groot sus eet nie eens vet, botter, lever of sulke goed nie. Sy is vol draadwerk!

    Klein sus het ook al rou lewer geeet… gegryp en in haar mond gedruk!

  • 91. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 42

    O ja wat is barone?

  • 92. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 46

    Nats

    Nee dit was gedroogd. ‘n Baie klein stuk wat ek heel kon insluk.

    Lewer! GROSS

    Ek wil nog vanaand eet as jy nie omgee nie.

  • 93. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 50

    Barone… soos in die tjoklit?

    Ek eet soms (let wel soms) hoender lewer vir ‘ starter, kan nie meer as dit op een slag eet nie. Maar nietjies ooooo neeee!!!

    Sorry sal nou ophou!😛

  • 94. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 51

    Bar One, for a 25 hour day.

  • 95. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 51

    Ek bedoel niertjies!!

  • 96. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 52

    Nats

    Ek gaan eet nooit, maar NOOIT saam met jou uit nie.

  • 97. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 53

    Ek voel swanger.

    Van die gesprek natuurlik.

  • 98. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 4 : 55

    Dorings Fear Factor – ons het nie eens prentjies nodig nie en jy is klaar naar!!😆

    Wat van tong?? My pa was mal daaroor!!! En my oupa het sommer ‘n hele skaapkop in die oond gesit!

  • 99. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 5 : 00

    NAts

    Ek moes al my tande met vissmeer borsel.

    Ek het tong al afgewurg, maar hou nie daarvan nie.

  • 100. Nats  |  Oktober 29, 2008 om 5 : 01

    Tweeling
    Ok ok… net nou eet jy regtig nie vannaand nie – onthou net wie die subject begin het!

    Lekker aand!!

    Sien more1!

  • 101. Adrie  |  Oktober 29, 2008 om 5 : 01

    Skaapkop lyk gross.

  • 102. DieWolf  |  Oktober 29, 2008 om 9 : 46

    Jou pay dek alles, maar sodat die baas en eienaar(s) nogsteeds ‘n vet wins kan maak, met ander woorde die werker vat peanuts huistoe en die baas goud.

  • 103. Carina  |  Oktober 29, 2008 om 10 : 53

    Martin Heinrich Klaproth ‘n Duitse Apteker.

    Ja, dis ietwat wreed om te verwag ‘n mens moet werk en jou gesondheid is daarmee heen ‘n paar jaar verder!

  • 104. Adrie  |  Oktober 30, 2008 om 3 : 07

    Welkom Wolf. Ek hoop om jou nog baie in die toekoms raak te loop.

    Carina, so lank daar geld te maak is, gee iemand regtig om?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: