Martelskoene

Oktober 16, 2008 at 9 : 32 200 Kommentaar

Pikkie het my eindlik voorgespring, maar ek het darem ‘n ander invalshoek en uitgangspunt.

Ek moet bieg, ek het nog nooit ‘n hoë hakskoen gedra nie.  ‘n Hak tel eers as hoog, as dit langer as 8.5 cm is.  Aldus Jimmy Choo en Gucci.  ‘n Lae hak is minder as 6 cm en ‘n medium hak tussen 6 en 8.5 cm.  Ek het net nog lae hakke gedra.

Hakskoene is oorspronklik vir mans ontwikkel, in 1500 het hulle dit gebruik om seker te maak hulle voete gly nie uit die stiebeuls nie.  Dit het natuurlik nie daar gebly nie.  Teen laat 1600 was die mans se hakke tot 10 cm lank gewees.  Soos hulle langer geword het, het hulle natuurlik ook dunner geword.  In 1533 het Catherine de’ Medici skoene bestel om haar langer te laat lyk, wat ook modieus was.   Gou was hoëhakskoene hoog mode onder mans en dames in die Franse hof.  Van daaraf het dit oor die wêreld gespoel.  In die 1700’s was dit minder gewild, maar dit was in die 1800’s met mening terug.  Veral onder die vrouens.

Ons is amper ‘n maand weg van Sisters with Blisters.  Dit is ‘n pretloop, waar jy jou voete knel in die monsters, in meelewing met die mishandelde vroue en kinders van die land.  Sien gerus die vorige twee blogs.  Dit is ‘n pretloop (soos in jy loop) met hakskoene vir 4.5 km.  Soos julle reeds weet, gaan ons as Rissies teen Sissies deelneem.  Die geld wat ingesamel word gaan vir liefdadigheid.

Jy kan op 2 maniere inskryf.  A) As deel van die blogspan.  Stuur my ‘n epos met jou besonderhede (Id, telefoonnommer, skoengrote en t-hempgrote na amaal3@gmail.com  Koste is R150 rand, wat jou inskrywing en Themp vir die dag insluit.  Ek moet die thempe laat maak, daarom moet ek voor 31 Oktober weet wie loop saam.  B) Skryf by www.jacarandafm.com in. 

Ons eerste volwaardige deelnemer is niemand anders as Tannie Roer nie. 

Blogvraag: Wat is Jimmy Choo se nasionaliteit?

Blogantwoord: Sam was reg met Etan Patz

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Weg… deel 2. Donder en Bliksem

200 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 33

    Watch maar vanaand – sonder dat jy jou kar hoef te was !

  • 2. Olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 34

    kat bad tilla? hy loop gereeld deur. wolkies pak mooi saam. net jammer die wind waai. by the way, wie het my karamelkaaskoek met ekstra room OPGEVREET?

  • 3. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 35

    Olga

    Blogreel 10, of is dit 8, dalk 62

    Punt is: If you snooze, you loose.

  • 4. *Mathilda*  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 37

    Ek het once upon a time ‘n kat gehad (voor ek ‘n hond gehad het wat hulle vir brêkvis opvreet) wat as ek my badwater ingetap het en in die bad klim so aanloop vang en in die bad in spring – daai kat was mal oor bad

    Dit wassi ekki – struesbob

  • 5. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 39

    Ek wonder of katte altyd weet wat hulle veronderstel is om te doen.

  • 6. *Mathilda*  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 40

    Ek moet sê daai kat was nie so lekker 10/4 nie !

  • 7. *Mathilda*  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 42

    Toodles – ek gaan nou biki huistoe – sien later op opera met die mini

  • 8. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 42

    Watter kat is?

  • 9. olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 43

    SIES. EK HET GEWEET. WAAR DARIE DEM HERRIEMERRIE IS, WORD ALLES OPGEVRIET. ek gaan maar in die hoek sit. die nice hoek daar. en alles natpis.

  • 10. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 43

    Olga

    Wil jy nie vir ons ‘n kat blog skryf met die avonture van al jou mal katte nie?

  • 11. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 44

    Olga

    Gelukkig het ek my hoek gesluit. Gaan soek vir jou ‘n hoek en rig dit self in.

  • 12. olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 44

    is jy lelik met kattiegoed herriemerrie?

  • 13. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 47

    Kattiegoeterse

    Kan ek daardie blog vir volgende week kry?

  • 14. olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 48

    solank jy nie haastig is vir die katteblog nie. wil jy foto van kattie ook he?

  • 15. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 49

    Olga

    Ek praat van al jou mal katte, nie net die jongste een nie. Van Columbus af.

  • 16. olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 50

    volgende week is a-ok.

  • 17. olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 52

    kan begin met my sus se kat. hy was n slim dier hoor.

  • 18. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 54

    Olga

    Jip. Is jy ‘n kat of ‘n hondemens?

  • 19. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 56

    Kom ek probeer weer.

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 20. olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 57

    ek is ongetwyfeld n honde-mens. kat se kjend het toevallig my pad gekruis en pad na my hart gebou.

  • 21. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 58

    Jy bedoel seker elke kat wat jou pad kruis.

  • 22. olga  |  Oktober 17, 2008 om 3 : 59

    elo0o0o0o0o0o wk. hoe gaan dit?

  • 23. olga  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 00

    so nie.

  • 24. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 02

    He He He

  • 25. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 04

    Goed en jy Olga? *fluister* Dis nou te sê as en wanne die stjoepid piesie werk!

  • 26. olga  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 06

    hoekom lag jy?

  • 27. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 06

    My kloon het vir my ‘n foto van reen gestuur. Ek het gesien hoe lyk reen.

  • 28. olga  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 08

    Dit gaan gal sleg met my wk. herriemerrie het my karamelkaaskoek opgevriet. en haar hoek gesluit dat ek dit nie kan nat pp nie. toe moes ek toilet toe LOOp.

  • 29. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 09

    Ek het gisteraand net gedink aan my katte wat ek al gehad het.

  • 30. olga  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 11

    sleg wk. herriemerrie het my karamelkaaskoek opgevriet. toe sluit sy haar hoek. toe moes ek toilet toe rol.

  • 31. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 12

    @ Herriemerrie

    Sies vi jou! Sluit dadelik daai hoek oop solat Olga in jou hoek kan piepie!!!

  • 32. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 13

    Wees bly daar is ‘n toilet, Olga

  • 33. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 16

    Willes

    Laat sy in jou hoek pie, daardie deur bly gesluit.

  • 34. olga  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 19

    is dit wordpress of opera mini wat alles opskroef? ai laat ek my plantjies gaan natspuit voor dit kom reen.

  • 35. olga  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 25

    sal ek nou de vieste inraak?

  • 36. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 26

    Nee, later.

    Ek dink dit is wordpress.

  • 37. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 28

    @ A3

    My deur is ALTYD gesluit. Olga raak partykeer deurmekruis met wie se hoek is wie s’n…….

  • 38. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 30

    Sy moet maar leer om die toilet te gebruik. Dettol is duur.

  • 39. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 36

    Dettol❓

    Ek so eerder sê jeysfluid(spelling?)

  • 40. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 38

    DOMESTOS!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 41. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 46

    Sannie: “Pa, Jannie voel nie lekker nie.”
    Koos: “Moet dan nie aan Jannie voel nie.”

  • 42. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 4 : 49

    “Koos, wat is die eerste reël van die volkslied?”

    “Jy moet op aandag staan” antwoord Koos.

  • 43. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 5 : 05

    Kort na die kroeg se toemaaktyd bel Koos sy vrou uit sy motor.
    “Skat, jy moet seblief dadelik kom en my kom haal hier by die pub. Die blêsidse diewe het die kar se stuurwiel, die pedale, selfs die hele blêddie dashboard gesteel.”
    “Koos,” sê sy vrou “jy is al weer op die agterste sitplek!”

  • 44. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 5 : 33

    *One day I was walking down the beach with some friends when someone shouted….”Look at that dead bird!” Someone looked up at the sky and said…”where???”*

  • 45. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 5 : 35

    I told the girl at the steakhouse register that I wanted the half kilogram sirloin. She informed me they only had an 500g sirloin. Not wanting to make a scene, I told her I would take the 500g steak instead of the half-kgr.*

  • 46. WILLE KJIND Q  |  Oktober 17, 2008 om 5 : 37

    I couldn’t find my luggage at the airport baggage area. So I went to the lost luggage office and told the woman there that my bags never showed up.
    She smiled and told me not to worry because she was a trained professional and I was in good hands. “Now,” she asked e, “Has your plane arrived yet?”…*

  • 47. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 6 : 03

    Ai tog.

  • 48. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 6 : 04

    Maak die job klaar.

  • 49. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 6 : 04

    Net 4 was nog kort.

  • 50. Adrie  |  Oktober 17, 2008 om 6 : 04

    200

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: