Weg

Oktober 15, 2008 at 5 : 28 263 Kommentaar

Sondag het ‘n driejarige meisie soek geraak.  Haar ouma het haar laaste gesien toe sy in die park saam met die ander kinders gespeel het.  Haar liggaam is Maandag in die vleiland naby die polisiestasie gekry.  Sy is vermoedelik seksueel aangerand.  Haar arms was vasgebind. 

Ek kan verstaan dat iemand ‘n kind steel omdat hulle graag ‘n kind wil hê.  Ek kan verstaan dat iemand sy eie biologiese kind steel om hom terug te kry.  Ek sien glad nie fout met iemand wat ‘n kind steel om hom uit haglike omstandighede te verwyder nie. 

In my lewe sal ek nooit verstaan hoe iemand ‘n kind kan ontvoer spesifiek om hom kwaad aan te doen nie.  Ek kan nie verstaan hoe iemand ‘n kind kan gebruik om sy drange te bevredig nie.  Ek kan nie verstaan hoe iemand kinderpornografie kan maak of na kyk nie.  Dit is bokant my intelligensie om te kan in sien dat ‘n driejarige soveel weerstand kon bied dat haar handjies vasgemaak moes word.

Ek het ‘n paar statistieke gaan uitkrap.  Elke jaar verdwyn 1500 kinders spoorloos, 200 van die kinders uit Pretoria uit.  Dit is ‘n kind elke 6 ure.  ‘n Kind wat verdwyn moet binne 72 uur gevind word, of daar word na ‘n lyk gesoek.  Wanneer iemand wat jeuk ‘n kind ontvoer het, word die kind binne 3 ure gebruik en uitgesmyt.  Lewend of dood.  Diegene wat kinders vir pornografie ontvoer, het hulle vir sowat 48 uur nodig.  Elke uur na 48 uur, neem die kanse om ‘n kind lewend te vind met 2 % af. 

80 % van die vermiste kinders, is die wat self van die huis af weggeloop het.  Die Suid-Afrikaanse Polisie is 80% suksesvol om die vermiste kinders op te spoor, maar in Maart 2007 was daar nog steeds 970 op die vermiste lys wat nooit gevind is nie.  Dit troos dan min dat die SAPD van die beste in die wêreld is om ‘n vermiste kind op te spoor.

Net 15 % van die vermistes het in plekke soos inkopie sentrums verdwyn.  Ek is verbaas dit is nie baie meer nie.  Veral as ek kyk hoeveel kinders buite die sig van hulle sogenaamde verantwoordelike grootmens is.  Ek praat van kinders wat klein genoeg is om in ‘n sak te druk en te verdwyn.  Die res van die mense gee nie om nie.

Ek het eendag ‘n stalletjie beman by ‘n skou.  ‘n Klein blanke dogtertjie (niks ouer as 2) het agter haar ma en vriendin aangewaggel.  By die deur het sy geval en ‘n keel opgesit.  Die ma en die vriendin het ongestoord verder geloop.  3 ander blanke vroue het oor die kind getrap.  ‘n Swart man het die kind opgetel en half verward met haar rond gestaan terwyl hy hopeloos probeer troos het.  Weereens het almal ongestoord verby geloop.  Ek het die kind by hom geneem en die ma gaan soek.  Ek het haar 300 m verder gekry, sy het nie eers geweet die kind is weg nie.  Al rede hoekom ek nie die ma se gesig teen die muur gerasper het nie, was die baba in haar arms.  Die babatjie het ‘n haaslip gehad, maar dit beteken nie jy kan jou ouer baba afskeep nie.

Ek is veronderstel om ‘n veer te voel, maar julle voel dalk anders.  Ons kan hopenlik probeer help om meer kinders veilig te vind.  Loer gerus hier en hier om betrokke te raak.

Blogvraag:  Waarmee eindig die meerderheid van Without a Trace se episodes in die VSA?

Blogantwoord:  Emil was reg.  Galileo (1600’s) het geglo dat die aarde om die son draai en die idee was deur die kerk verwerp.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ouers moet klas gee of huiswerk doen. Weg… deel 2.

263 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 48

    Goeie more julle!!

    Ai tog… dis ‘n hartseer storie. Ek verstaan ook nie hoe mense ‘n kind kan seer maak / verkrag of vermoor nie. Jy moet regtig waar siek wees.

    Ek lees toevallig gister op Crime Library se web van Seksuele oortreders wat weer in dorpies gaan bly na hulle inni tronk was. En van hoe ‘n man 2 van hulle dood gaan maak het om sy kinders te beskerm – die een ou het sy kinders van baba af misbruik… dit het toe uitgekom dat hy die ou wat hulle dood gemaak het self deur ‘n oom misbruik was.

    Hartseer ek sê julle!

  • 2. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 50

    Tilla

    Ek sit regtig tussen 2 vure met die een. Ek voel 100% soos jy. Maar daardie ma gaan nooit weer haar rug op ‘n baba draai nie.

    Ek ken ‘n dokter wat haar baba (6 weke) in die binnehof toemaak het waar die honde was. ‘n Hond is dalk amper ‘n mens, maar daar is nog steeds iets onvoorspelbaar aan die hond. Selfs al speel hy net met die baba, kan sy seer kry.

  • 3. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 51

    Tweeling

    Is jy in die vlees of in die gees?

  • 4. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 53

    Beeld
    Ek voel hulle (Polisie vrouens) moes nie oor die saak gelag het nie. Hulle moes haar met ‘n streng waarskuwing gesê het dis hoe kinders weg raak!! Jy draai jou vir ‘n sekonde op jou kind en dan is hy/sy weg!

    Dit was ‘n hartseer les, maar glo nie sy sal ooit weer haar rug op haar kind draai nie.

  • 5. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 54

    Adrie
    Vlees… weti vir hoe lank nie, ons IT ou is alweer hier – monsters nog nie weg nie😯
    Wil ook nie weet wat ons rekening gaan wees nie! Hy is mal duur!

  • 6. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 54

    Tweeling

    Jy het ‘n punt beet. Die lag was onaanvaarbaar.

  • 7. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 55

    willes

    ek is hier vir mev Botha, ok, sy het ook skuld, maar dit gee nogsteeds nie die fokkers die reg om sommer net die kind te vat nie ! Hoeveel keer het jy al vir ‘n sekonde of 2 jou rug op jou kinders gedraai ? Niemand moet vir my vertel hulle het dit nog nooit gedoen nie want dit sal ‘n kak storie wees !

  • 8. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 55

    Tweeling

    Wat vang jy met julle rekenaars aan? HUH?

  • 9. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 58

    Adrie
    Wat my pla, is dat hulle die babatjie kon vat. Daai trollie mos ‘n entjie weg gewees het vir haar om nie die polisie vrouens se “presence” te kon voel nie. Jy kan mos voel wanneer iemand net daai bietjie te naby aan jou staan. Haar aandag moes bietjie langer weg gewees het as wat sy sê.

  • 10. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 9 : 59

    Tweeling
    Dis ons server… een of ander virus of virusses. Gelukkig kan ek vandag lekker blog!

  • 11. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 00

    @ *M*

    True. As hulle dit aan my gedoen het was ek vandag inni tronk vi moord!

  • 12. Verons  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 02

    More julle
    A3 ek het nou net die artikel gelees en ek het ook eers dadelik gedink dat daai polisievroue moet sommer summier ontslaan word en as dit ek was het ek hul altwee binne in die hospitaal in gemoer!
    maar……………….. sê nou net dit was ‘n pervert?? Wys jou net hoe vinnig kan ‘n kind onder jou neus uit verdwyn, hopelik het daai ma ‘n les geleer want sy kon net sowel ‘n gebroke lykie 72uur later terug gekry het!

  • 13. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 04

    @ Nats

    Ek stem oor daai “presence” storie. Enige iemand kan ‘n fout maak en vir ‘n oomblik ‘vergeet’ van jou kjind. Ma tog is da ‘n band tussen ma en kjind en ook die feit dat jou sixth sence inskop.

    Dit klink baie kras ma daai vrou sal nooit ooit wee ha oog van ha kjind afhaal nie.

  • 14. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 04

    Tweeling

    Weereens. . . . snaaks die baba het nie aan die skrou gegaan nie.

    Verons

    Ek dink nie hulle motiewe was so suiwer soos hulle voorgee nie.

  • 15. Olga  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 04

    bravo vir die polisie dames. komaan tilla, hoe lank neem dit om n baba uit n trollie te haal en weg te stap? as dit net n minuut was, sou die polisies nie eers agter gekom het die ma en ouma se rue was op die baba gekeer nie. n minuut is net 60 sekondes+lank. dan durf hulle, die ma en dogter span na die koerant hardloop? en die koerant wil dit laat lyk of die polisievroue verkeerd opgetree het? en die ma en ouma binne perke nalatig was? bolle julle. ek se viva vir die polisievroue.

  • 16. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 05

    More Ma!
    Nice foto op Oom Trev se blog!!! Lyk lekker geselling!!!🙂

    Ek stem saam met jou, veral by ‘n lughawe waar da soveel buitelanders is wat miskien hier is om kinders te steel. Dit sou die perfekte oomblik gewees het.

  • 17. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 08

    WordPress maak my stadig maar seker die Olga (bedoel Duiwel) in.

    Gooi al my skerp comments weg.

    GRRRRRR

  • 18. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 08

    Julle………… Dis ‘n 4kin kak gevoel as jou se kjind wegraak. Been their, done that, bought the t-shirt!

  • 19. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 09

    Gaan oom Trevor kaartjies uitdeel vir volgende week?

    As hy natuurlik kaartjies kan kry.

  • 20. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 09

    Olga

    Nogsteeds het die polisievroue nie reg opgetree nie – hulle kon eerder reguit na die ma toe gegaan het en vir haar gesê het dis hoe kinders wegraak – maar dis dieselfde soos om die gereg in jou eie hande te neem !

    Aan die ander kant kan ek ook nie glo dat die kind nie ‘n bek opgesit het nie – TL kyk net vir iemand wat vir haar vreemd lyk dan WEET jy sy het iemand vreemd gesien !

  • 21. Verons  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 11

    Tilla is waar ons almal het al ons kinders vir ‘n paar sekondes, minute uit oog “verloor” maar in vandag se lewe kan mens nie anders as om hulle letterlik aan ons rokspante vas te maak nie.
    Julle sal my nie glo nie maar ek het sulke leibande wat mens om die kinders se lyfies vasgespe gehad, mense het my baie keer snaaks aangekyk as ek en my kinders met die leibande rondgeloop het maar ek het geweet hulle is veilg, veral as mens gaan inkopies doen en hulle wil nie meer in die trollie sit nie was daai leibande die beste gewees want ek kon goed van die rakke afhaal my rug draai op die kinders en hulle was steeds by my!

  • 22. Olga  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 12

    die polisiedames moes die situasie lank genoeg kon monitor om die besluit te neem, dit te bespreek, dit uit te voer. hoe lank is n minuut? ek sal dink die minuut kon in die omgewing van 600, ja, seshonderd sekondes gewees het. dink jy nog dit was ongeoorloof tilla?

  • 23. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 13

    Willes

    Ek wou nie daar stir nie, maar ek dink daar is bittermin ma’s wat nog nie hulle gatte afgesoek het na een van hulle kinders nie.

    Laat my dink aan die grappie van Jannie wat die telefoon antwoord.

    Hallo (fluister)
    Hallo, kan ek dalk met jou pa praat.
    Nee, hy is besig met die polisie.
    Jou ma dan?
    Nee, sy praat met die brandweer
    Is daar ‘n ander grootmens
    Ja, my ouma.
    Kan ek met haar praat?
    Nee, sy praat met die ambulans.
    Is daar iets fout daar? (Bekommerd)
    Nee.
    Wat maak die ambulans, brandweer en polisie daar?
    Hulle soek almal na my!

  • 24. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 14

    Verons

    Ek het ook van daai bandjies gehad – dit lyk soos hondebandjies. Ek het ook nie ‘n hel omgegee hoe dit lyk nie – dit gaan oor die kinders se veiligheid.

    Ek dink nie een van daai polisievrouens is ‘n ma nie want dan sou hulle geweet het hoe dit voel wat hulle doen ! Fok – ek gaan skiet hulle sommer !

  • 25. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 14

    Olga
    Ek stem Viva die Polsie Vrouens!

    Verons
    Ek het altyd gedink daai leibande is snaaks toe ek ‘n kind was… maar glo my vandag sal ek nie vir dit lag nie! Mens kan nie anders om elke mens te verdink dat hy/sy jou kind gaan steel nie! Nie in vandag se tyd nie – human trafficking veral!! Kinders is ‘n easy tarket!

  • 26. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 15

    Kloon

    TL het my darem vir 10 sek aangekyk voordat sy gegil het.

  • 27. Verons  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 16

    Die kind was seker maar net een van daai vriendelike “goedjies” wat vir almal glimlag en handjies uitsteek na almal toe, my dogter was so en ek moes net keer want almal wou ou skatige dingtjie net “steel” sy was glad nie skaam of bang vir vreemdelinge nie en dit het my baie beangs gemaak en ek moes altyd ‘n eksta oog op haar gehou het en die “leiband” was eintlik meer vir haar as vir boeta bedoel………..

  • 28. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 17

    Ek het nog nie van so ‘n leibandjie gebruik gemaak nie, maar ek is geleer om ‘n kind altyd aan haar/sy hand te neem as ‘n mens iewers is waar daar ‘n gemaal is.

    Dan weer, ek het nog nie met ‘n kind gaan inkopies doen nie.

  • 29. Olga  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 17

    Tilla as die polisie na hulle gegaan het en hulle aangespreek het, sou hulle hardegat geraak het, gevloek en skree het en dit n uur later weer in game gedoen het. die feit dat die kind nie n keel opgesit het nie, vertel vir my baie. sy is vreemdes gewoond. hoekom?

  • 30. Verons  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 19

    Ek moet saam Olga stem hoe lank het die polisie vrouens die situasie dop gehou voor hulle dia kind gevat het? Beslis meer as ‘n minuut dis verseker!

  • 31. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 19

    Ek kom weereens terug na hoe ek my kinders leer – moenie aan iemand anders doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie !

    Olga

    Ek glo dit was meer as ‘n minuut – maar dit maak nogsteeds nie reg wat die 2 gedoen het nie – ek sou persoonlik na die ma toe gegaan het en vir haar gesê het weet jy mevrou – ek hou jou nou al vir die afgelope x minute dop en het gesien jy is so besig dat jy nie regtig bewus is van wat om jou aangaan nie en dat dit eintlik die ideale oomblik sou wees vir iemand om jou kind te steel en glo my sy sal dit nooit weer doen nie !

  • 32. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 21

    Olga
    Ek stem saam met jou menings. Ek self het nie kinders nie, maar jy hoef nie ‘n kind te hê om te weet hoe om na een te kyk nie.

    Daai Botha vrou sou hardegat geraak het en gesê het dat sy weet hoe om na haar kind te kyk! En natuurlik die een wat ek haat “wag tot jy die dag kinders het dan praat ons weer” storie.

  • 33. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 21

    Het julle al gesien hoe hardloop die kinders los rond in ‘n inkopiesentrum? Soos in heeltemaal uit die ma se sig uit.

  • 34. Verons  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 22

    A3 dis beslis nie “a walk in the Park” om met kleuters te gaan inkopies doen nie glo my maar……………. en as hulle nog 2 of meer is dan is dit nag!

  • 35. Olga  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 24

    ek het self so leiband gebruik en op die klein dorpie waar ons gewoon het, baie kritiek verduur. en gese, laat die klein willewragtig dan ma n hondjie wees, hy is ni tuis gelos by die huishulp nie en hy is n veilige hondjie.

  • 36. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 25

    Die polisie kan mos ‘n klag le teen iemand wat nalatig is/was.

  • 37. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 26

    Olga

    Die kind is 5 maande oud ! Hulle kan nog nie eers ordentlik mense onderskei op daardie ouderdom nie !
    Ek sê nie die ma is reg nie – maar ek sê beslis die polisievrouens was NIE reg nie – hulle het die reg in hulle eie hande geneem – laat ons dit waag ! Jy sit so gou soos nou met jou gat in die tronk ! Omdat hulle uniform aanhet maak dit hulle nou verhewe bo die res – hulle was verkeerd – PUNT !

  • 38. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 27

    Verons

    Selfs in “The walk in the park” hol hulle by al die verskuilde hoekies in.

    Gaan kyk gerus eendag in die dieretuin.

  • 39. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 28

    Dames Dames

    Dit is nie nodig om julle cool te verloor nie.

  • 40. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 28

    Adrie
    As daar CCTV kamers is glo ek sal hulle miskien iets kan doen… maar anders is dit Ma se woord teenoor die Polisie vrouens. En ons almal weet wat die Ma gaan sê sou daar nie CCTV wees nie. Die saak sal heel moontlik dan gelos word.

  • 41. Olga  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 29

    ek het daardie wit harnas band bedryf gebere. my badboy sal 1dag dankie se daarvoor. tilla, lets agree to differ ok. die ma is 20 en mej. dit vertel my genoeg.

  • 42. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 32

    Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar daar waar die internasionale parkering is, is daar nie skaduwee nie. Was die kind onbeskermd in die son? Vir hoe lank ookal?

    Nats

    Daar is oral op die lughawe CCTV kameras.

  • 43. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 33

    Adrie,

    Daar is nie ‘n manier dat ek my kinders so loslaat in die winkels nie, nie eers op hulle ouderdom nie. Ek los dan nie eers vir TL alleen op die bed as ek toilet toe gaan nie – sy gaan saam en ek laat haar op ‘n handdoek op die vloer lê of sy sit in haar bad stoeltjie. Ek verpes dit as kinders so in winkels rondhardloop (kan enigetyd iets afstamp en jy moet betaal daarvoor en murphys law sal dit die duurste ding wees) en selfs in restaurante, ek mind nie so baie die wat plekke het vir die kinders om te speel nie, maar die ander.

  • 44. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 33

    Olga

    Jonk en ongehud maak jou nie noodwendig ‘n slegte ma nie. Die ouma was 47. Wat is haar ekskuus?

  • 45. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 34

    Tilla

    Daar was nou die dag ‘n spur waar daar iemand was wat met die kids gelol het in die speel area.

  • 46. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 35

    😉 20 is immers al twee jaar mondig.

  • 47. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 36

    Olga

    Die feit dat die ma single is maak haar nie ‘n slegte ma nie – en ook nie die feit dat sy 20 is nie !

  • 48. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 38

    Adrie

    Ek hou nie van daai speel areas nie – ek dink dis net ‘n plek waar siektes en kak uitbroei want dis vuil – maar as ek wel my kids daar laat speel het (want hoe sê jy vir ‘n kind hy kan nie daar gaan speel nie – dis ‘n kind) het ek by ‘n tafel so na as moontlik aan die plek gesit en hulle die heel tyd dopgehou.

  • 49. erns  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 39

    More almal

    sjoe dis warm hier op die blog vandag

    Ek weet dit is moeilik het twee lewendige kjenners S is altyd in die trollie K loop langs die trollie as ek hulle moet saam vat maar ek het nou slim geword month end shopping gaan kjenners na hulle pa toe en dan kan ek gaan shop sonner om oor kenners te worry maar die ander inkopies waarvan ek vergeet of om gou brood en melk te kry hou S my hand vas en K is langs my ek het net een hand nodig om goed van die rakke af tehaal

  • 50. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 41

    Ek weet van sulke jong mammas wat baie beter beter mammas is as van die wat ouer is en meer kinders het ! Sy kan nie ‘n slegte ma genoem word vir ‘n fout wat sy in haar lewe gemaak het nie – almal het foute !

  • 51. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 41

    Verskoon dat ek nou die Bybel nader sleep, maar dit is so van toepassing dat ek dit nie kan mis nie.

    Maria was 14 en ‘n ongehude ma. Sy het Jesus ook laat wegraak en toe was sy al 26.

    Wie gaan haar ‘n slegte ma noem?

  • 52. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 41

    Adrie
    Dan het die polisie vrouens dalk ‘n been om op te staan. As hulle kan bewys dat hulle die vrou ‘n les wou leer (wat hulle 100%) reggekry het en dit bewys dat haar storie nie ooreenstem sal die Botha vrou nie vêr kom nie.

    Die gereg kyk eers na die kind se belange. Maar sy sal net ‘n waarskuwing of iets kry – sou sy die saak verder vat en dit uitkom dat sy nalatig was.

  • 53. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 43

    Nats

    Nou sanik sy net arme ek is ouma Uil.

    Tilla

    Ek speel net Duiwels Advokaat. Daar is seker ‘n plek waar die engeltjies ook maar moet loer.

  • 54. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 44

    Nats

    Ek dink nie sy het hulle name nie. Al die vrouens wat daardie dag op diens was sal seker oor die vingers getik word.

  • 55. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 46

    Nats

    Feit bly staan – wie dink hulle is hulle om die gereg in eie hande te neem ? Wie het hulle die reg gegee om iemand ‘n ‘les te leer’ ? Soos ek sê ek stry nie teen die feit dat die ma wel skuld gehad het daaraan nie, maar die manier wat dit gedoen was was nie reg nie !

    Adrie

    Amen !

  • 56. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 48

    Tilla

    Onthou darem ook dat Maria net een ongehude kind gehad het. ‘n Mens stamp darem nie twee keer jou kop teen dieselfde klip nie.

  • 57. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 50

    Is daar enigsens iets wat sê die vrou wat nou omtrent gestenig word het meer as een ongehude kind ?

  • 58. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 51

    Adrie
    Hulle sal maklik kan sien wie aan diens was en waar. En met die hulp van CCTV sal hulle weet wie dit was.

    My Baas was op ‘n stadium aan diens by die kinders beskerming eenheid. Hy sê hy moes na ‘n huis gegeaan het want die bure het glo gekla oor iets – seker “domestic violence”

    Hy het ‘n dogtertjie (volgens hom die mooiste dogtertjie wat hy nog ooit gesien het so 3 jaar oud) da gekry en hy sê sy was vuil!!! Jy kan sien daai kind het weke laas water gesien. Sy het glo pak gekry omdat sy blommetjies gepluk het.

    Hulle het haar da weg, gebad en versorg… maar toe kom die hof uit en sê sy is beter af wa sy nou is as in ‘n weeshuis… die ma was uitgepass oor die stoof met ‘n sigaret in haar hand. En die pa net so dronk en dit toe die pa die kind begin slaan en sommer die ma (of so iets)

    Maak mens woedend!!!! Hy sê dit het sy hart gebreuk om daai kind terug na daai huis toe te neem.

  • 59. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 51

    Kloon

    Nee, maar ek het ‘n vermoede daar gaan nog kom.

  • 60. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 53

    Nats

    As ek op so iets afkom is daar verseker moord. Dit laat my rooi sien.

    Ek se mos, mense het ‘n lisensie nodig om kinders te kry.

  • 61. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 54

    Nats

    Dis siek ! Ons regstelsel is net so siek ! Hoe kan hulle vir een oomblik dink daai kind is beter af by die huis ?

  • 62. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 56

    Tilla

    Dit is net mooi niks nie. As ‘n kind kla dat sy gemolesteer word deur haar pa/stiefpa, word sy uit die huis verwyder en hy bly lekker aan.

    Raai wie word eindlik gestraf?

  • 63. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 59

    Adrie
    Ons weet nie van halfde die goed wat da buite aan gaan nie!!

    *M*
    Ek sal die Polisie vrouens bly verdedig. Hulle het die saak swak hanteer, daar gaan ek nie stry nie.

    Ons het geen idee hoeveel “missing children” by polisie aangemeld word nie. Ek dink die Polise raak al so gatvol as hulle sien hoe onverantwoorlik mense kan wees! Woedend is die beter woord of self die bliksem in. Want hulle hoor elke persoon se storie en hulle moet die kinders kry! As hulle nie die kinders kry nie is hulle weer die kak inni verhaal!

    Hulle sit elke dag met hoeveel sulke sake waar die ma sê ek het net my rug gedraai vir ‘n sekonde – ou storie vir hulle!

    So wat moet hulle doen die persoon op die vingers tap en sê moenie dit weer doen nie!? Wat gaan dit help??

    VIVA DAAI POLISIE VROUENS!!!

  • 64. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 10 : 59

    Daar is geen geregtigheid waar daar ‘n kind betrokke is nie.

  • 65. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 02

    Nats

    Die 50% wat ek wel weet kan my teen die mure uitdryf.

  • 66. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 05

    Ek kan nogal dink dat hulle gereeld op die lughawe na verlore maaksels moet soek. Verlore grootmense seker ook.

    En Internasionaal gesproke, is Oom Thambo klein.

  • 67. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 05

    Adrie
    Ek het al regte rillers gehoor… ek ken ‘n paar oud polisie lede wat in die ergste areas gewerk het – en dit gee my nagmerries!!!!!!

    Ek neem nie ‘n polisie man kwalik wat sy kop verloor nie, ons het geen idee waardeur hulle gaan nie en wat hulle sien nie!! Maar ek neem hom / haar kwalik wanneer hulle besluit om hulle eie lewe te vat en hulle vrou sin of kinders sin of wat ookal!

  • 68. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 06

    Wat nou?

    Het die bekgeveg nou fisies geword?

    Waar? Ek bring gou die popcorn masjien.

  • 69. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 14

    Kloon

    Dankie ek sal biki popcorn kry

  • 70. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 17

    Met sour cream spices

  • 71. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 19

    Tilla

    Jy is ‘n bietjie vooruit. Ek soek nog die popcorn masjien.

  • 72. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 21

    Roer jou

  • 73. erns  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 21

    A3
    Vra vir Willes sy’t hom laas gehad

  • 74. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 23

    Willes is weg!!!!

  • 75. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 26

    Het sy haar boek in die toilet gaan lees ?

  • 76. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 31

    Tilla

    Iets vertel my jy slaan nou die spyker op die kop. Geen wonder dit is so stil nie.

  • 77. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 32

    En ek het nogal verstaan die boek is amper klaar.

    Lyk my sy het so pas die boek begin.

  • 78. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 35

    Jaaaaa, dis nes jy daar sê ! Ek dink sy het ‘n spare boek ook saamgebring !

  • 79. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 36

    👿 klsaj khsahf khdf klh dsflkh sdkjfh kjhfd akjhf klh dfkh asldkfhkj khdf klhdkfh lkhdfwl idufh akksdf eih asdnf wqih dkhfwih dkalrhkle kls👿

  • 80. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 37

    Jaaaaa, dis nes jy daar sê ! Ek dink sy het ‘n spare boek ook saamgebring !

  • 81. erns  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 37

    Either dit of sy’t ‘n nief een begin

  • 82. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 37

    sdlakhf ;sdoaiufaea; dks;afhqwwke f;sdakfh;qwe k;sdafj;weq ef;hsad;dfkwe fkhsda;fwe ;asdkjfp;wek fsdk;ahkfwe;!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 83. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 39

    O JA!!! Die link wat ek belowe het

    http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/2000/12/13/2/5.html

  • 84. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 39

    Die artikel was in 2000

  • 85. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 46

    En die 1993 artikel toe sy gevind was

    http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/1993/08/25/1/3.html

  • 86. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 49

    GRRRRR

    Dit raas vreeslik hier. Ek laat myself sommer vermis raak.

  • 87. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 52

    Vat my saam!!!

  • 88. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 54

    Ons ry net hierie keer met MY kar! Meer geld vi drank!

  • 89. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 56

    Wa almal?

  • 90. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 58

    HEY WENNAS!!!!!!!!!!

  • 91. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 11 : 59

    Wie het gese ons gaan enigsins ry? HUH?

  • 92. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 00

    Vermis beteken in elk geval niemand weet waar jy is nie.

  • 93. erns  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 03

    Willes

    Is die boek nou klaar

  • 94. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 04

    Nog net ‘n halfuur – o yeah ! o yeah !

  • 95. Nats  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 05

    Wille Q
    Wat het met die huishulp en vrou gebeur wat haar gekoop het?

  • 96. neykie  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 05

    A3

    Ek kan dit ook nie verstaan hoe enige mens ‘n kind wil gebruik om die drange te bevredig nie. Dis plein siek en sulke mense moet gemartel word.

    Lekker dag vi jou

  • 97. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 06

    Hoekom raas dit so daar kloon ?

  • 98. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 08

    NJRRRRRR

    LAAAANNNNNGGGG STORIE

  • 99. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 09

    Neykie

    Al word ek 10 miljoen jaar oud.

  • 100. *Mathilda*  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 25

    Toodles julle – sien julle later met opera se mini

  • 101. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 35

    TIPIES!!! As ek hier is dan is daar net my mislike 3ling. Sodra ek my gat draai dan kom klets julle lat die spoeg spat!

  • 102. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 43

    WEG!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 103. Carina  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 44

    Sad. flippen sad.

  • 104. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 45

    Fine

    Jou mislike drieling gaan ook waai. Gesels met jou self.

  • 105. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 45

    My 3ling se 2ling

    Eintlik het ek nie die vaagste benul wat van die 2 geword hetti. Ek het myself afgesny van hulle af. Soos in totally!

  • 106. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 12 : 46

    Carina

    Verskoon maar die mislikste drieling.

    Ek stem saam met jou. Dit is sad.

  • 107. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 1 : 00

    Snaaks dat my 3ling so van haarself in die derde persoon praat……..

  • 108. annedelicious  |  Oktober 16, 2008 om 1 : 02

    eish!

  • 109. erns  |  Oktober 16, 2008 om 1 : 15

    Willes

    is orlat sy so baja met haars self moet chat dat sy dit nou ook aangeleer het😛

  • 110. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 1 : 16

    Trippel Eish ja

  • 111. WILLE KJIND Q  |  Oktober 16, 2008 om 1 : 21

    @ Erns

    It runs in the family😉

  • 112. Paula  |  Oktober 16, 2008 om 1 : 24

    Dit is baie baie baie hartseer!

  • 113. Adrie  |  Oktober 16, 2008 om 1 : 25

    Nuwe blog.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: