Mense in glashuise

Oktober 13, 2008 at 5 : 45 319 Kommentaar

Goed, in plaas om ander mense se blogs te vervuil met my siening, sal ek dit hier doen. 

As ‘n ienk het my semi’s my ‘n goue reël geleer.  Doen wat jy wil, moet net nie uitgevang word nie.  Wanneer jy droogmaak en niemand weet daarvan nie, het jy dan drooggemaak? 

Hoeveel meer van toepassing is dit as jy ‘n bekende is?  ‘n Sogenaamde bekende is tog volksbesit.  Roem kom met ‘n duur prys – privaatheid.  Jy het niks daarvan oor nadat jy jou eie glashuis betrek het nie.   Die publiek word jou baas, ‘n baas wat jou ruimskoots vergoed, maar sy pond vleis eis.  Soos met enige ander baas, gaan jy op die rooi tapyt land wanneer jy oortree. 

Ongelukkig gaan jy nie net op jou talent beoordeel word nie.  Dikwels is dit die mens wat verkoop word, nie net jou toneelspel, ontwerpe of sang nie.  Jy vorm ‘n beeld waarvan die mense hou.  Dan moet jy aan daardie beeld bou en seker maak dit groei.  Dit word ‘n reputasie genoem.  Dit neem jare om te bou, maar kan deur een onbesonne daad vernietig word.  As jy jou kaarte regspeel, kan jy die baas oortuig jou deugde is meer werd as jou sondes.  As jou sondes te veel word, word jy dalk ‘n las.  Laste moet so gou doenlik uit die weggeruim word, hulle is net te duur.

Almal weet dit.  Wil julle my nou vertel die bekendes weet dit nie?  Hulle vertel so graag dat hulle gewone mense is.  Gewone mense lees tydskrifte en koerante.  Die les word daar weer en weer geleer. 

Wanneer hulle moet please explain, word hulle reg tot privaatheid voor jou gegooi.  Daar word gesmeek vir vrede om hulle gesinne te beskerm.  Dieselfde gesin wat deur sy/haar dade seergemaak is en waaraan hy/sy in die eerste plek moes dink.  Die gesin word nou ‘n wapen wat na willekeur ingespan moet word.

Hoë bome vang die meeste wind.  Hulle word ook die maklikste oorgesien.  Wanneer ‘n onbekende vir hom-/haarself ‘n gat gegrawe het, maak sy/haar kennisse seker hy/sy word begrawe.  Al weet die hele wêreld nie van sy fout nie.  ‘n Bekende het dikwels steun van ‘n gedeelte van sy baas.  Kyk maar net na OJ Simpson, sy baas het hom met moord laat wegkom.  Het dieselfde nie maar met Michael Jackson gebeur nie?

Die waansinnige vervolging van ‘n bekende is ook onnodig.  Dalk nie.  Mens kry nie so iets soos slegte publisiteit nie, veral nie die arme-ek-word-onregverdig-geboelie soort nie. 

Hiermee het ek my sê nou gesê.  Hoe voel julle hieroor?

Blogvraag:  Hoekom het John Hinckley Jr vir Ronald Reagan probeer skiet op 30 Maart 1981?

Blogantwoord:  Mathilda was reg met Sir John Harington.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Luiheid Ouers moet klas gee of huiswerk doen.

319 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 47

    Nou gaan kots en kry klaar

  • 2. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 48

    Ek kots nog al die pad een stryk deur.

  • 3. *Mathilda*  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 49

    Adrie

    Jy praat nogal oulik engels

  • 4. *Mathilda*  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 50

    ADRIANA

    Dalk het jy by TL die rotavirus aangesteek !

  • 5. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 52

    Only when I have to.

    I only use very short sentences to ensure that I don’t make any grammatical errors.

  • 6. *Mathilda*  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 52

    Koebaai julle – ek is nogsteeds lief vir julle ook hoor !

  • 7. aventer  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 52

    Moeilikheid nee…uiterste k@k ja. Verskoon taal

    Watse moeilikheid sussa?

  • 8. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 52

    Well, I am definately not pregnant.

  • 9. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 54

    Aventer

    Vertel ons nou wat skort.

    Ek het op ‘n paar mense se stoep gebollie en my boude met hulle skoon wasgoed afgevee.

  • 10. aventer  |  Oktober 14, 2008 om 3 : 56

    Ag dalk is ek swanger…nee wat. Dis maar net vriende wat moeilikheid gee…’n seunsvriend. Van hy sy meisie gekry het is ek mos nie meer goed genoeg nie.

    Nou wil ek kamptig tussen hulle kom, terwyl ek iemand anders in die oog het.

    Dit maak my batterye sommer net pap

  • 11. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 00

    Aventer

    Jy het al reeds alles gehoor wat ek daaroor te se het. Ek kan jou nie maak luister nie.

  • 12. aventer  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 04

    Dis nou ‘n ander vriend.

    Ai, hoekom sien meisies my as ‘n bedreiging? Ek verstaan dit nie. Eks kort en dik en nie te veel vir die oog nie. Hoe op die liewe aarde bedreig ek hulle?

  • 13. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 06

    Jy lyk dalk ‘n bietjie desperaat.

    As hy nie sy vriendskap wil voortsit nie, let it be. Dit is sy verlies.

  • 14. aventer  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 08

    Ja en myne…

  • 15. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 11

    Kry beter vriende.

    Of bly daarsonder. Die laasgenoemde is die minste effort.

  • 16. aventer  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 22

    Ek sal doodgaan vir my vriende, dalk is dit my probleem.

    Die goeie nuus is wel dat ek vandag my LAASTE skooltaak OOIT ingehandig het. :mrgreen:

    man it feels good

  • 17. ADRIANA  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 32

    Vir watse vak?

  • 18. WILLE KJIND Q  |  Oktober 14, 2008 om 4 : 55

    Tra la la la la…………………………..

  • 19. WILLE KJIND Q  |  Oktober 14, 2008 om 5 : 28

    la la la la la la la la la la………………………………………..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: