I am having an old friend for dinner

Oktober 7, 2008 at 5 : 00 200 Kommentaar

Die vuurtjie knetter gesellig en almal het ‘n glassie of blikkie in die hand.  Kort voor lank is die bure lekker honger en water almal se monde.  Die vleisie word bedien met ‘n paar vars slaaie en ‘n varsgebakte brood.  Almal se gesigte blink van die vet en tweede porsies word mildelik uitgedeel.  Dit is nie aldag wat ‘n mens iemand kan eet wat jou geirriteer het nie.  Ek bedoel nou letterlik.  Die vleis wat gebraai is was van menslike oorsprong.

Kannibalisme is iets wat in die barbaarse tyd meer dikwels voorgekom het, maar daar is hedendaagse gevalle ook.  Dit word basies om drie redes gedoen.  Dit is jou kultuur, jy eet eerder mens voordat jy sterf van die honger of daar is iets nie wel met jou nie.  Daar is ook ‘n sogenaamde “Custom of the Sea”.  Volgens die gebruik het skipbreukelinge lootjies onder mekaar getrek oor wie dood gemaak sou word om geëet te word deur die res. 

Volgens Wikipedia is baie kulture van kannibalisme beskuldig om nie ‘n goeie storie met feite te bederf nie.  Kannibalisme is nog ‘n manier van magsvertoon.  Hoe kan jy meer mag oor ‘n persoon kry as om hom / haar deel van jou kos te maak.  Kannibalisme was ook gebruik om slawerny te regverdig.  Mense het geglo hulle gee slawe ‘n beter lewe, een waar hulle nie in ‘n ander se pot sal land nie.  Daar is baie gevalle van kolonialiste wat kannibale raak geloop het.  Een van die stories gaan oor die Sergipe in Brazilië.  Wanneer ‘n ma ‘n miskraam het, eet hulle die fetus.  Ek gaan eerder direk aanhaal:  “If she goes her time out, she herself cuts the navel-string with a shell, which she boils along with the secondine, and eats them both.”

In die Tweede Wêreld oorlog het honger baie mense ook na kannibalisme gedryf.  Duitse oorlogsgevangenes het nadat alle klein diertjies alreeds geëet was.  Japanese soldate het onder bevel ook oorloggevangenes geëet.  Die Japanese het die vleis wat hulle wou eet lewendig uit die slagoffer gesny en hom dan in ‘n sloot gegooi om te sterf.  Almal het seker al gehoor van die Uruguay Lugmag Vlug 571 wat in die Andes gebergtes geval het.  Die oorlewendes was 72 dae lank in die berge vasgekeer.  Om te oorleef moes hulle die dooies begin eet.

Die jongste voorval van kannibalisme was van Tim McClean wat op 30 July 2008 ‘n medepassasier op ‘n Greyhound bus doodgesteek het.  Hy het selfs die lyk onthoof.  Voordat hy in hegtenis geneem was het hy stukke van die lyk geëet. 

Mag ek nooit so honger raak nie.  Of wil julle dalk by die volgende Blogjol vir Julius braai?  Verskoon my asseblief van daardie ete.

Hierdie blog word spesiaal aan die Welsyntannie opgedra.  Dis nou wel nie skaapkoppe nie . . .

Blogvraag:  Soos Hannibal Lecter, watter reeks moordenaar het met sielkundige ontledings gehelp om reeksmoordenaars vastetrek terwyl hy in die dodesel was?

Blogantwoord:  Rusland.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Skoolklere Bladskud

200 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 13

    juf annie

    jy gaan my nou weer kruisig. moet my net nie eet nie asb. die prostetuut het presies geweet waarvoor sy haar ingelaat het. jy kan verseker weet van haar kiente het haar al aangerand. die kinders egter, het geen keuse, geen sè, geen verweer en geen pimp gehad nie. hulle enigste sonde was hulle wit velle waaraan hulle ook onskuldig was. dit maak hulle egter baie minder werd as die swart prostetuut wat willens en wetens met n vreemdeling gegaan het vir geld.

  • 2. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 15

    haai, raai, ek het ook geen probleme met barlow world ford gehad nie. hulle was io goed soos hulle woord. die ford waarmee my nolie nou ry, het staan by barlow world gekoop. maaaaar…. mc gee is beter.

  • 3. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 17

    Olga

    Tensy dit ook ‘n kind is wat gedwing is om prostituut te wees, gebeur baie in ander lande !

  • 4. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 17

    Olga

    Flippie Venter moes vir die prostituut gedink het. Hy kon mos sien sy is nog ‘n kind.

    Ek het nooit gese dat dit regverdig is dat haar vonnis ‘n swaarder straf dra as die dood van 2 kinders nie.

  • 5. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 18

    dis nog ni eers naby 200 5ce nie, en my fn is alklaar vol tjol.

  • 6. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 19

    Tilla

    Of sy gedwing was en of sy dit uit vrye keuse gedoen het, maak nie saak nie. Punt is dat sy (as sy ‘n Suid-Afrikaner was) nie toestemming tot seks kon gee nie.

    Dit bly darem erger om jou eie vlees en bloed te vermoor.

  • 7. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 26

    die feit van die saak is, sy, die kinder pros kon by die weermag gaan hulp soek het as dit situasie was wat sy ongewens gevind het. dammit. nie haarself aan hulle uitgeveil het nie. weet jy hoe wel ontwikkel is hulle. daar het defnitief nie 14 op haar voorkop gestaan nie. wie se sy was ooit regtig 14? waar gaan die flippie luis sy vonnis uitdien?

  • 8. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 29

    Ek het geen idee nie. Hy was in ‘n gewone hof vir sy kinders en in ‘n militere hof vir die prostituut. Die vraag is of sy geweet het sy word misbruik.

    As ‘n getroude man het Flippie se tottie in elk geval in sy broek gehoort.

  • 9. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 30

    He he … hulle moet hom vir iemand vir brêkvis gee !

  • 10. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 33

    Tilla

    Dalk moet hulle hom sy slagoffers voer. ‘n Mens maak mos nie dood as jy dit nie gaan eet nie.

  • 11. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 35

    dink jy werklik hy is die enigste getroude man wat deur die menu WERK? DIE GOED HET NET HORMONE, GEEN LOJALITEIT AS DIE MENU PERTINENT DAAR IS NIE.

  • 12. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 38

    Olga

    Ek weet dit. Maar dit maak dit nie reg dat hulle dit doen nie.

  • 13. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 43

    beblerrieslis nie.

  • 14. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 44

    Snaaks hoe die vroue van ‘n 100 jaar terug dit as normaal beskou het.

  • 15. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 48

    en met allerhande siektes en goggas bly sit het vir hulle vertroue hoor.

  • 16. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 48

    Ek weet. Soos in die boek van two silver crosses.

  • 17. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 49

    En dan nog vir die swernoot lief gebly het, sonder om ‘n oog te knip.

    Ek sal mos net daar iets knoop.

  • 18. Olga  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 52

    ja, dit was n sprekende voorbeekd. ek het ook darie boek van beryl kingston gelees. ag, nee, sies. amper net so erg soos kannibalisme.

  • 19. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 1 : 54

    Dit is seker die mees aanvaarbare sosiale wangedrag.

  • 20. Nats  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 07

    Hello hello!!

    Ek gaan gou lunch kry… kan ek iets vir julle optel?

  • 21. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 10

    Pizza, dankie Tweeling.

  • 22. aventer  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 10

    mens sou dink dat julle nie werk het nie… *hoes*hoes*

  • 23. Nats  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 12

    Nou hoe het julle op Flippie se storie afgekom?

    Wag laat ek ry!!

  • 24. aventer  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 12

    Nee dankie nats, het kookkos gekry. Mensvleis was gelukkig nie op die spyskaart nie

  • 25. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 41

    Dankie tog – audit klaar – het net gou feedback sessie

  • 26. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 49

    Aventer

    Hoe weet jy? Het jy gesien hoe wat-ookal geslag is?

  • 27. Nats  |  Oktober 8, 2008 om 2 : 57

    Adrie
    O wat-ookal geslag is? Jy het my verloor!

  • 28. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 01

    Nats

    Aventer dink sy het dalk bees (wat-ookal geslag is) geeet en back at the ranch was dit dalk hond.

  • 29. Nats  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 07

    Tweeling
    Ooooo ek sien!!

    Ons kon seker al alles geeet het waarvan ons nie weet nie😯
    Mens eet glo ‘n paar spinnekoppe in jou leeftyd.

  • 30. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 08

    Hmmmmm – Spinnekopsop !

  • 31. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 12

    O – hallo nats

  • 32. Nats  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 14

    Hello *M*!!!
    Met ‘n garlic sousie… Spider al la carte!

  • 33. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 18

    Jaaaaa, romerige garlic sousie

  • 34. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 20

    willes

    hoe lank nog ?

  • 35. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 20

    Hallllllooooooo – anybody out there ?

  • 36. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 22

    Hi

    Skuus, was gou in gesprek.

  • 37. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 24

    Hallo kloon !!!!!

  • 38. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 27

    Adrie, jy nou ingelog ? Ek kan nou my en jou se gevreetjies sien

  • 39. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 29

    Hoe het julle toe gevaar?

  • 40. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 31

    Ja, ek het.

  • 41. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 32

    Ek dink dit het heel goed gegaan – het vir ons so vinnige feedback gegee en dit klink heel okay, die volledige feedback sessie is Vrydag middag (hulle gaan my mis by daai een)

  • 42. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 37

    Volledig

    So dit vat langer as ‘n paar uur.

  • 43. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 42

    Ek vermoed so – en ek gee nie ‘n moer om nie – I did my bit !

  • 44. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 44

    Dit is die gees, Tilla

  • 45. Emil  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 46

    Ok, waaroor word daar gesels?

  • 46. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 47

    Emil

    Oor wie van jou vriende jy heel eerste wil opvreet !

  • 47. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 47

    Emil

    Op die oomblik oor Tilla se Audit wat Vrydag sonder haar moet klaarkom.

  • 48. *Mathilda*  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 53

    Maaikies – dit was ‘n lang dag ! Ek gaan nou huistoe en biki relax – sien julle more weer – lekker aand

  • 49. Adrie  |  Oktober 8, 2008 om 3 : 57

    Tata

  • 50. aventer  |  Oktober 8, 2008 om 4 : 40

    my eerste bestuursles gehad en dit het baie goed gegaan.

    Eendag het ek my lisensie en dan ry ek sommer dadelik pretoria toe..

    Ons kan dan sommer gaan koffie drink, is dit ‘n date willes??

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: