Skoolklere

Oktober 6, 2008 at 6 : 11 322 Kommentaar

Ek het vandag verby ‘n meisie gery wat van die maan af sigbaar is.  Nie omdat sy vet of besonders lank is nie.  Nee, haar skoolklere skree net ‘n myl ver.

Kom ons wees eerlik.  Niemand se skoolklere is iets waarmee jy graag in die openbaar wil verskyn nie.  Tog dra jy dit met trots.  Of mense het in die tyd wat ek op skool was.  As ek party dae sien hoe lyk die meisies in hulle drag, kan ek net my oë rol.  Bloese is net halfpad by die romp ingesteek, die soom is 4 vingers van haar boude af en haar sokkies is een hoog opgetrek en die ander een opgerol.  Ek was nie die netjieste meisie op skool nie, maar enige iemand wat so by ons skool opgedaag het, sou huis toe gestuur geword het.

Is dit dalk tyd dat skoolklere afgeskaf moet word?  Ek verstaan dit is glad nie goedkoop nie.  Dit dwing kinders almal in dieselfde hokkies in.  Dit is onmenslik warm in die somer en ongenadig koud in die winter.  Dit is lelik en gewoonlik ongemaklik.  Kon niemand nog nie nuwe skoolskoene vir dogters ontwerp nie?

Aan die anderkant laat dit die skool mooi eenvorming lyk en skakel kompetisie onder die leerlinge uit.  Dit help ook om dadelik ‘n leerling se skool te identifiseer.  Die uniform is deel van die skool se gesig.  Skooldrag en dissipline gaan ook hand aan hand. 

Ons het op laer- en hoërskool so te sê dieselfde uniform gedra.  Seuns grys broeke, wit hempe, groen kouse (wie behalwe skoolseuns dra vandag nog kniekouse) en bruin skoene.  Dogters het ‘n wit bloes onder ‘n bottelgroen prinsesstylrok gedra.  Wit sokkies wat opgerol was (net st 6’e het nie sokkies opgerol nie) in die somer.  Winters was dit hokkiekouse, bottelgroen sykouse, ‘n bottelgroen langbroek of al drie saam as dit baie koud was.  Op hoërskool moes ons Maandae, Donderdae en in die winter das dra. 

Hoe het jou skoolklere gelyk?  Hoe voel jy oor skooldrag?  Watse waarde voeg voorkoms dissipline tot ‘n kind by?

Blogvraag:  In watter land is skooldrag in 1917 afgeskaf maar weer in 1948 teruggebring?  In 1992 was skooldrag nie meer verpligtend nie, maar sekere skole vereis dit nog.

Blogantwoord:  2400 km.  Ek is seker daardie 2400 km dek elke pad wat ek ry.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tollenaars and sondaars I am having an old friend for dinner

322 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 25

    Tra la la la la la la

  • 2. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 27

    Hand op!!

    Tweeling
    Dit sal help as jy my nie so van agter af bekruip nie!!

  • 3. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 28

    EEEUUUWWWW!!!!!! Gee vi hulle Lifeboy!

  • 4. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 30

    Lo da my 3ling se 2ling

  • 5. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 31

    Sies!!!
    Spuit hulle met iets as hulle verby jou loop… na so paar blikkies Axe sal hulle die skimp vang!!

  • 6. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 33

    Hello my Tweeling se Drieling!!😀

  • 7. Adrie  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 37

    Nats

    Ek gaan op hulle baas se voete kots.

  • 8. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 45

    Nee sies Tweeling!
    Jy sal my van my aand ete afsit!!

  • 9. Adrie  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 47

    Tweeling

    As jy ruik wat ek ruik, eet jy in elk geval nie vanaand nie.

  • 10. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 56

    eeeeeuuuuuuuwwwww

  • 11. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 56

    Oops😳
    Verkeerde goed gebruik!

  • 12. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 4 : 57

    eeeeeuuuuuwwww

  • 13. cebella  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 01

    i.v.m. skoolklere…ons somersdrag het uit geel langlyf rokke bestaan en die wintersdrag was darem beter – donker groen langlyf rokke met ‘n gehekelde “belt” wat soos ‘n das geknoop moes word!😆

  • 14. Adrie  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 02

    Beter se jy, Cebella?

    Wat beskou jy as ‘n ramp?

  • 15. Nats  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 06

    Cabella😆

    Wa was dit?? Ek wil net weet sodat ek nooit ooit my tiny tots soontoe stuur nie!!!😉

  • 16. Adrie  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 07

    Tiny Tots

    HA HA HA

    Hopenlik het dit al verbeter.

  • 17. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 21

    Het almal nou uitgepass van die heerlike aroma wat oppi blog rondhang?

  • 18. Adrie  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 25

    Willes

    Ek het besluit om jou met jou dieet te help.

  • 19. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 30

    He! He! He!

  • 20. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 33

    Ek wil huistoe gaan!!

  • 21. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 48

    KOEBAAI!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 22. cebella  |  Oktober 7, 2008 om 5 : 50

    Paarl Gimnasium!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: