Tollenaars and sondaars

Oktober 5, 2008 at 10 : 17 103 Kommentaar

In die Bybel se tyd was hulle ‘n euwel en vandag, meer as 2000 jaar later, het niks verander nie.  Die meerderheid van Suid-Afrikaanse nasionale paaie is vervuil van tolhekke.  Natuurlik kan niemand jou dwing om ‘n tolpad te gebruik nie.  Jy kan vlieg of van ‘n ompad gebruik maak om hulle te vermy.  Geen tolgelde word gehef wanneer jy met Jan Tuisbly se karretjie ry nie. 

Ek sal met ‘n rein gewete ‘n bom laat bou om ‘n tolhek op te blaas.  Ja, ek hoef nie van hulle gebruik te maak nie, maar dit maak dit haal nog nie die doring genaamd tolhek uit my vlees uit nie.  Om mee te begin, ek betaal persoonlike belasting.  Ek het nie ‘n keuse nie, voordat ek 1 c van my salaris sien, het die regering hulle deel gevat.  Kry ek ‘n bonus, neem die regering weereens hulle deel.  Dieselfde geld met enige ander geldjie wat na my kant toe val. 

Wat kry ek daarvoor, behalwe ‘n sirkus elke keer wat ek dit waag om koerant te lees of nuus te kyk?  Ek hou van my sirkusse met akrobate en diere, nie net met narre nie.  ‘n Mens kan nie jou lewe in ‘n staatshospitaal waag nie.  Gehalte gesondheidssorg kos geld, of jy betaal ten duurste vir ‘n mediese fonds of hoes wanneer jy ‘n dokter of hospitaal benodig.  Onderwys, selfs die staatsinstellings, kos ‘n plaas se prys.  Jou belasting koop nie eers veiligheid nie, die SAPD is amper gevaarliker as die skelms.  Selfs die armes en weerloses baat nie van my belasting nie.  Mens sal dink daar is meer as genoeg oor om die paaie instand te hou.

Dit is te veel gevra.  En dit is nie asof ek net persoonlike belasting betaal nie.  Die motor wat die bank goedgunstelik vir my leen, se prys het 14% BTW ingesluit.  Elke keer as ek my motor diens, ruitveërs, bande, skokbrekers of olie koop, betaal ek weereens belasting.  Ek moet versekering betaal en ek is seker die staat staan weer bakhand daarvoor.  Die liewe petrol, dit is ‘n grustorie hoeveel daarvan is die regering se deel.  Net om my kar op die pad te hou, laat Trevor Manual van oor tot oor grinnik.  Jaarliks moet jy ook ‘n lisensie vir jou motor uitneem en jou eie lisensie elke 5 jaar hernieu.  Nog ‘n paar honderd rand vir mense wat dit nie verdien nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (Ltd) is ‘n maatskappy uit eie reg.  Hulle verdien dit seker om ‘n wins te maak.  Hulle spandeer biljoene jaarliks om die 16 150 km pad (waarvan net ‘n gedeelte tol is) min of meer gangbaar te hou.   Dus kan ek seker nie die regering vir die tolhekke of toestand van die paaie verantwoordelik hou nie.  My belasting is om die regering te befonds, nie ‘n maatskappy nie.  Goed en wel, maar raai wie is die enigste aandeelhouer van SANRAL?  Die Minister van Vervoer! 

Kan iemand my asseblief verduidelik hoekom ek enigsins ‘n tolhek in Suid-Afrika moet sien?  Watwou nog betaal?  Tolhekke is diefstal!!!!

Blogvraag:  Vir hoeveel kilometer van SANRAL se paai moet tol voor betaal word?

Blogantwoord:  Olga was reg met Carike Keuzenkamp en Hennie Smit.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die tandemuis Skoolklere

103 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Oktober 5, 2008 om 10 : 19

    eerste.

  • 2. aventer  |  Oktober 5, 2008 om 11 : 18

    tweede

  • 3. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 26

    Sal ons die tollenaar gaan stenig? hulle het nie nuwe paaie gebou nie, dis nog alles gaaie gebou uit ons oupas en pas se belasting geld. dis suiwer stront dat ons moet betaal omte ry op wat gebou was met ons en ons voorgeslagte se belasting geld. hulle kan die gautrein tol geld laat betaal.

  • 4. Rolling Stone  |  Oktober 6, 2008 om 4 : 57

    The difference between the short and long income tax forms is simple. If you use the short form, the government gets your money. If you use the long form, the tax advisor gets your money.

  • 5. Rolling Stone  |  Oktober 6, 2008 om 4 : 58

    A couple of weeks after hearing a sermon on Psalms 51:2-4 (knowing my own hidden secrets) and Psalm 52:3-4 (lies and deceit), a man wrote the following letter to the IRS:

    “I have been unable to sleep, knowing that I have cheated on my income tax. I understated my taxable income, and have enclosed a check for $150.
    If I still can’t sleep, I will send the rest.”

  • 6. Rolling Stone  |  Oktober 6, 2008 om 4 : 59

    A nervous taxpayer was unhappily conversing with the IRS auditor who had come to review his records. At one point the auditor exclaimed, “We feel it is a great privilege to be allowed to live and work in SA. As a citizen you have an obligation to pay taxes, and we expect you to eagerly pay them with a smile.”
    “Thank God,” returned the taxpayer. “I thought you were going to want cash.”

  • 7. Rolling Stone  |  Oktober 6, 2008 om 5 : 01

    A fine is a tax for doing something wrong.
    A tax is a fine for doing something right.

  • 8. Rolling Stone  |  Oktober 6, 2008 om 5 : 21

    Goeie more …… dis n nuwe dag , die son skyn, Vrydag is om die draai.

    Nou kan ek huistoe gaan en sien hoe beswaard almal lyk wat moet kom werk….

  • 9. Wille kjind Q  |  Oktober 6, 2008 om 6 : 42

    GGGRRR!!!!!!

  • 10. meermin  |  Oktober 6, 2008 om 7 : 15

    Wat word van al hierdie gelde wat ons so MOET betaal om van A na B te ry? Wie pocket dit?? Want duidelik word dit nie gebruik om ons paaie reg te maak nie!!

  • 11. Adrie  |  Oktober 6, 2008 om 7 : 28

    More almal. Goeie vraag meermin?

  • 12. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 8 : 41

    More maaikies

  • 13. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 01

    Ek gaan nou waai – julle wil anyway nie met my praat nie !

  • 14. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 13

    More almal. Ek hol nog so bietjie rond vandag. Hulle het by ons dealership ingebreek en dit lyk darem of hulle net die tievie gevat het. Gelukkig is ons sleutels in ‘n kluis van al die voertuie wat by ons staan.

  • 15. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 14

    En nou is ek anyway stoksiel al1

  • 16. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 27

    Willes

    Hallllllloooooo, bly om te sien daar is iemand in blogland !

  • 17. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 28

    Nogsteeds……………

  • 18. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 29

    Nogsteeds wat ?

  • 19. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 30

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 20. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 31

    Wat bekruip jy my so?

  • 21. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 32

    Wat sê jy willes ? Gelukkig het hulle nie jou piesie gezoy nie !

  • 22. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 32

    Raai wa ga ek Donnerdag? Die plek se naam eindig met IEL!!!!:mrgreen:

  • 23. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 33

    Ek weet – ek weet ! Maar ek sal nie uitpraat nie !

  • 24. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 36

    Ek sit met ‘n huis vol siek mense – ek is nou al so moeg daarvoor ek kan kots !!

  • 25. Wille kjind Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 37

    Tsk! Smyt my net my af! Wats fout met jou gesin?

  • 26. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 39

    Almal kak en kots hulle longe uit

  • 27. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 39

    Ek nou weer terug, ga gou piepie

  • 28. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 41

    Eish!

  • 29. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 48

    Baba het van Donderdagaand 11 uur af opgegooi tot half 4 die oggend en van gister af weer en van Vrydag af werk haar magie permanent – sy het my hele bed beskuit gisteraand !

  • 30. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 49

    @ *M*

    Ek hoop nie jy kots en poep saam nie……

  • 31. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 50

    An attorney was sitting in his office late one night, when the Devil appeared before him.

    The Devil told the lawyer, “I have a proposition for you. You can win every case you try, for the rest of your life. Your clients will adore you, your colleagues will stand in awe of you, and you will make embarrassing sums of money.

    All I want in exchange is your soul, your wife’s soul, your children’s souls, the souls of your parents, grandparents, and parents-in-law, and the souls of all of your friends and law partners.”

    The lawyer thought about this for a moment and then asked, “So, what’s the catch?”

  • 32. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 9 : 58

    more, more. ag moenie net praat van tollenaars nie. kom ons kyk nm mediese fondse. ons het die duurste opsie geneem omdat dit die meeste voordele het. maar raai wat? moes nuwe bril kry. neem my voorskrif speksavers toe. in totaal gaan die nuwe bril r1580 kos. halfuur later bel speksavers my. se my bybetaling gaan r796 wees. dus meer as 50%. toe moet ek kakstorie hoor van med fonds betaal net r600 vir raam en die raam wat ek gekies het is r700. dus r100. die tint moet ek nou self betaal. dit is r505. gee my dus totaal van r605. en die r191 vra ek toe! nee, dit is die kort val. kortval en langval se moer. goeie blixem. ons betaal n fortuin om ten volle gedek te word. dan kom daar n kortval. ons is 5 persone op med fonds. 2007 was geen bril gemaak nie. vanjaar was dit die eerste brileis. en ons moet meer as 50% inbetaal. nee, hells bells, stenig die fariseer ook.

  • 33. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 01

    willes

    darem nog nie !

  • 34. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 05

    @ Olga

    Sjoe!!! Ek sou six love in my se broek gekak het EN hulle gebliksem het!

  • 35. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 06

    ons mag net jan van opsie verander. maar . . . . hulle verander sommer did jaar die voordele. nou kan ons nie meer kroon of implantate kry nie. en aangesie die elite opsie ni spaarplan het nie, moet ons implantate en krone self betaal. en nou is daar die PROFFESIONELE FOOI van r20 wat die gp vra, plus die kortval om te betaal. ek wil net 70% van die premie begin betaal. hulle moet dan maar die kortval opmaak.

  • 36. Verons  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 07

    More julle,
    A3 kry vir ons ‘n goeie formule om ‘n bom te bou wat al die tolhekke op on SA paaie tergelyk opblaas! Daai goed is nou daylight robbery op sy beste!!

  • 37. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 09

    @ *M*

    Dit sal sommer kak wees as jy ook begin😯

  • 38. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 12

    Ai willes jy kan nie eers argumenteer nie, want thembi verstaan net haar weergawe van engels. toe dring ek aan op persoon wat blanke engels of afrikaans kan praat. toe kom miss naidoo op die foon en kom prt kak aer met my. toe vertel ek haar KRY 4KEN WITMENS OM MET N WITMENS TE PRAAT. toe word ek n rassis genoem. en 9 dae later bel wit mens my terug. ek moet steeds r796 op n r1580 bril betaal want ons mag eers januarie van opsie verander. hulle voordele skaal kon julie maand egter verander word.

  • 39. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 13

    willes

    ja nee ek het nie tyd vir sulke kak nou nie !

  • 40. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 15

    Ek wil nou by anc jeugliga aansluit. dan sal mediese fonds gratis wees. ek het reeds die regte job. betaal nie veel nie. maar ek kry darem n kak med fonds en 6 maande verlof 2 keer per jaar.

  • 41. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 16

    Olga

    bel die ombudsman !

  • 42. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 17

    he he – ek sien nou eers die tales is lekker gemix op die blogsubject !

  • 43. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 25

    @ Olga

    Ek sou dit wragtag nie net da gelaat het nie. Ek het eendag kak opgetel met my mediese fonds. Ek tune toe vi Thembi dat ek in my kar gat klim en dit op in ha hol kom ry!

    45 minute later staan ek by ontvangs en daar staan Thembi met moeviese groot oge en ha baas langs haar. Om ‘n baie lang storie kort te maak het ek toe gekry wat ek in die eerste plek gesoek het!

  • 44. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 30

    Tra la la la la…………..

  • 45. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 31

    Wat tra la la jy so huh ?

  • 46. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 40

    Ek sing so bietjie want daas net 85 ure en 19 minute oor voor ek met ….uhm bosberade begin!

  • 47. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 48

    he he bosberaad !:mrgreen:

  • 48. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 55

    LOL!!!!! Ek voel soos ‘n 6 jarige die dag voor krismis!

  • 49. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 10 : 56

    Ek sien so – ander mense sal slapies tel – jy tel ure en minute !

  • 50. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 11 : 05

    Wa is my kloon vandag ?

  • 51. Roer  |  Oktober 6, 2008 om 11 : 45

    Môre! Moenie skiet nie…maar ek het geen probleem met tolhekke en padwerke nie. Daai’s kewl. Dan weet ek daar word gewoeker en gewerk ten goede vir die land se paaie met ons geldjies. Dis as ek sien daar word boggerall met ‘n pad gedoen, wat ek ongelukkig raak. Sodra ons paaie soos Zimbabwe en meeste van Afrika se paaie begin lyk, sal ek kla, maar tolhek en padwerke beteken ons ou landjie word in stand gehou en oor die algemeen dink ek SA paaie is goed. /me koes

  • 52. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 11 : 53

    dis goed dat jy koes, roer. staan het 2 bande op 1 dag verloor op die goeie paaie wat jy propageer. aankomende verkeer en padoppervlak maak dat jy of in trok vasry, of slaggat raakry. verder get ons al 3 windskerms moes vervang vanjaar. ek dink juf annie is die champ daar. haar windskerm het altyd n padkaart op.

  • 53. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 11 : 55

    @ Tannie Roer

    Uhm………………………………

    @ *M*

    Ek wonner self wa sy is vandag!

  • 54. Roer  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 00

    Olga, dis erg. Dis ‘n goeie ding jy bly nie in Kenya nie. Dan was dit dalk al 4 bande en 5 windskerms. Nevermind 2 of 3. ‘n Propagerende en steeds koesende Roer groet jou.😉

    Willes, wat’s jou storie? Hoe was die naweek? en mag ek al uit die hoek uit kom?

  • 55. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 02

    Olga

    My broer het ook laasweek ‘n splinternuwe ‘mag’ en tyre afgeskryf agv ‘n trok wat die pad vol ry en hy het een van daai ‘kepe’ getref, dit Dinsdag afgeskryf en net die vrydag voor dit opgesit !

  • 56. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 03

    Roer

    Wat maak jy in die hoek ?

  • 57. Roer  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 16

    Willes het my soontoe gestuur laas week… Ek sit al heel naweek hier.😦

  • 58. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 28

    Willes kan jou nie hoek toe stuur nie – net ek – so kom uit daar !

  • 59. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 30

    @ Tannie Roer

    Jis ma jy kan lekka jok!!!! Jyt nie eers vi 10 minute in daai hoek gesit nie!

  • 60. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 37

    @ *M*

    83 ure 20 minute!:mrgreen:

  • 61. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 40

    22 sekondes…………..

  • 62. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 42

    3 Slapies!!!

  • 63. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 43

    3 laaaaaaaaaaaaaaang slapies!

  • 64. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 45

    Dis eintlik 4 slapies of mag ons nie die laaste slapie slaap nie ?

  • 65. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 47

    Julle moet my nou maar geselskap hou – ek werk nie verder vandag nie – ek is nie lus nie !

  • 66. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 48

    Willes

    Wat het toe met daai ouens gebeur van laasweek ?

  • 67. Roer  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 53

    Ok, ok! Ek erken. Ek het 3 keer die ‘kamer verlaat’.🙄

  • 68. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 53

    Tilla jou baba jou babatjie nog siek? herriemerrie doen seker weer n ambassade crawl. tillaki, gaan jy dit willetuin toe maak sonder om self aan skuttery te gaan? jy sal al 50 000 rooibokke en 10 000 olfantie wegblaas.

  • 69. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 54

    @ *M*

    Ons het 16h00 vergadering. Dan eers sal ek kan sê wat ga vi wat

  • 70. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 56

    @ Tannie Roer

    Net 3 keer❓

  • 71. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 58

    Olga

    Ek moet net ! Fok – ek gaan met skittery en al – glo my ! My ma het nou vir baba en sussie by die dokter gehad, sy moet nou ‘n ‘monster’ van baba se droppings vir die dok vat dat hulle dit kan toets, sy het al amper 300 gram verloor van laas Vrydag af en die dok is bekommerd oor haar vog – maar ek weet ten minste ons is nou in goeie hande – Vrydag het ek haar by ‘n Locum gehad wat vir haar net mooi niks gegee het om haar magie of die braking te stop nie (net gesê wat ek vir verkoue en sinus moet gebruik)

  • 72. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 12 : 59

    willes

    Ek is bly ek is nie daai peoples nie !

  • 73. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 15

    Ag fok tog – sal iemand asseblief met my gesels voor ek myself baie jammer kry vandag ?

  • 74. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 26

    @ *M*

    Sorry sus! Ek hol my beentjies stomp af vandag

  • 75. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 36

    ek hoop nie jy moes die locum n prof fooi betaal nie tilla. hy was so aaerig. goeiste. sterkte met al die siekes.

  • 76. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 36

    Ons sou ‘n audit gehad het vandag – maar ons baas het ons sn geskuif gekry tot Woensdag oggend – dis ook maar al hoekom ek hier kuier die heeltyd vandag

  • 77. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 40

    Olga

    Glo my ek het ‘n groot bohaai opgeskop oor ek Vrydag daar was en die dok vir my niks gedoen het nie en dat ek die kiepie is wat dubbel nou moet betaal.

    Die regte dok was darem vandag daar en my ma sê sy weet ons is nou in goeie hande.

  • 78. Bottertjie  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 48

    Dis een groot verneukspul!

  • 79. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 50

    Bottertjie

    Wat is ?

  • 80. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 54

    @ Bottertjie

    He! He! Val jy nou eers hie in?

  • 81. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 54

    Sal iemand ASSEBLIEEFFFFFFFF met my gesels

  • 82. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 55

    @ *M*

    EISH!!! Nou wat nou!!??

  • 83. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 57

    Onthou net dat ek nie Vrydag hie gat weesi so ek moet nou spark. EN ek het die forgethering 16h00.

  • 84. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 58

    Wa jy nou?

  • 85. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 59

    POEF!!!!

  • 86. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 1 : 59

    Ag willes – ek is net so biki depro vandag en as die maaikies nie met my wil praat nie raak dit erger – ek begin al na ‘n nat buskaartjie soek !

    Jis – what a coincidence – ek is ook nie Vrydag hier nie !

  • 87. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 05

    BOE!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 88. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 05

    Vi wie maak jy skrik ?

  • 89. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 06

    Jy moet nie te hard POEF sê nie – nou nou hoor my kinders of man jou en moet ek weer die gemors skoonmaak !

  • 90. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 14

    Ek dink ek gaan sommer my polse afkou, dis minder moeite as om ‘n buskaartjie te gaan soek !

  • 91. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 15

    Hallllllooooooo – anybody out there ?

  • 92. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 16

    Iemand – enigeiemand !!!

  • 93. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 24

    Ek gaan my gat nou in so ‘n groot krul ruk dat ek sommer huistoe gaan ! Toodles, ek praat maar weer more met myself !

  • 94. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 27

    Aaaaag my fok!!!!!!!!!!!!!!!!!! Tilla…… My se piesie laaik my nie. Die ding vries met ELKE 5 sent wat ek gooi!👿

  • 95. *Mathilda*  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 33

    willes

    ek sal jou vergewe want jy praat darem al die hele dag met my. Ek moet nou eers vorms gaan invul sodat hulle baba se bollie kan toets – kan jy dit oorvertel ?

  • 96. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 2 : 37

    tilla dink net hoe mooi gaan jou naels groei van al die sjt skoon maak. goeiste, moet jy nnu al dr se deel gaan doen. hy moet du buisson se vormpie invul. ma dalk kan hy nie spel nie.

  • 97. aventer  |  Oktober 6, 2008 om 3 : 36

    Biologie: 81% (vir die hele eksamen)
    Afrikaans: 78,8%😥 dis so naby
    Engels: 76%👿 sy haat my, ek weet sy doen
    LO: 76%
    IT: 55%:mrgreen: ek’s deur
    Rekeningkunde: 57% (ek kon beter gedoen het as ek beter voorbereid was)😳
    Wisk: 77% dis ook naby😥

  • 98. aventer  |  Oktober 6, 2008 om 3 : 38

    O, en opsionele wiskunde is 68%😆

  • 99. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 4 : 12

    geluk wie eng? wanneer begin matrieks eksamen skryf aventer?

  • 100. Olga  |  Oktober 6, 2008 om 4 : 15

    En 100.

  • 101. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 4 : 58

    @ Aventer

    YIPPEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    GELUK OU GIRL!!!

  • 102. WILLE KJIND Q  |  Oktober 6, 2008 om 5 : 22

    Report back

    Die een ou is geskors. Nie die eerste keer dat hy aanjaag nie.

    Die anne ou het ‘n skrifterlike waarskuwing gekry!

  • 103. Adrie  |  Oktober 6, 2008 om 6 : 18

    Ek is bly tolhekke sweer nie net in my vlees nie.

    Roer

    Ek betaal tolgeld met ‘n glimlag AS EK KAN SIEN WAT WORD VAN AL DIE BELASTING WAT EK BETAAL. Soos ek dit sien, ek het klaar betaal vir paaie. Hoekom met ek nog betaal?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: