Gee my die haelgeweer

September 25, 2008 at 5 : 47 201 Kommentaar

Dit bly nou maar ‘n feit soos ‘n koei.  Party besoekers is baie meer welkom aan jou huis as ander besoekers.  Daar is die besoekers wat nooit welkom is nie, dan is daar die wat enige tyd van die dag of nag welkom is en dan die grysbesoekers.  Hulle is soms welkom, maar dit is net op proef.

Terwyl ek in die koshuis was, het my een vriendin (toe reeds klaar geswot) Saterdagoggende 8 uur ‘n onversadige lus vir kuier ontwikkel.  Tot vandag sweer ek sy was aspris.  Saterdagoggend 8 uur of selfs 10 uur is so goed soos die middel van die nag.  Ek slaap dan.  Sy het dit geweet, maar sy het ook geweet dat sy enige dag welkom is.  Sy het ons altyd middernag verwelkom as ons haar wakker geklop het vir koffie.  Nie altyd van die vriendelikste nie, maar darem nie in ons koffie gespoeg of ‘n deur in ons gesig toe gegooi nie.  Ons het haar ook soms 9 uur snags uit die bed gepluk om na die laataand fliek te gaan kyk. 

Daar is egter ‘n groep mense wat jy nooit naby jou huis wil hê.  Dit is gewoonlik die mense wat te dikvellig is om hulle aan ongeskikheid te steur.  Jy sal of dikbek moet maak of jy vir hulle luister, jou hond (of kinders) op hulle sit of hulle onder klippe steek.  Ek beveel sterk aan dat jy ‘n groot hoop klippe spoegafstand hou.  In geval van nood.

Ek smyt die eerste TV lisensie beampte op my drempel oor die muur vir die honde om fees te vier.  Ek het ‘n wettige TV lisensie wat ten volle betaal is.  As jy dom is, moet jy sukkel.  Ek moet my woonadres daarvoor verstrek, dus kan hulle rekords wys dat ek wel betaal het om na stront te kyk. 

‘n Balju is nie in ‘n 100 m radius van my af welkom nie.  Hulle beteken moeilikheid.  Ek veroorsaak genoeg moeilikheid van my eie, dit hoef nie nog agter my aan te loop nie.  ‘n Verkeersbeampte moet verkeer reguleer.  Daar is nie verkeer by my huis nie, dus moet hy of sy my nie in die versoeking lei nie.  Enige dronk mens moet maar verby hou.  Dieselfde vir enige mens wat iets verkoop.  Ek koop nie goed by mense wat net kan verdwyn nie.  Ek wil presies weet waar ek dit in jou hol in kan opdruk as jy snert aan my afsmeer.

Polisie is net op uitnodiging of oor my dooie liggaam welkom.  Op skool het hulle ons geleer jy kan altyd ‘n onderwyser, predikant en ‘n polisieman vertrou.  Ek hoop hulle het al besef dat dit nie altyd waar is nie.  Veral waar dit ‘n polisieman aangaan, vertrou maar eerder ‘n moordenaar.  Ek het ook nie werk nie.  Regtig nie.

Ek dink eindlik dat ek besonders gasvry is.  (Almal weet in elk geval ek bly in Beker & Boontjie).  Wie is nie by julle welkom nie?  Wie is in alle gevalle by jou welkom?

Blogvraag:  Wanneer was Welkom tot ‘n stad verklaar?

Blogantwoord:  Willes was reg met Kanada.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Woorde, maar nie dade nie. 2, 3, 4 … 2, 3, 4

201 Kommentaar Add your own

  • 1. Nelba  |  September 26, 2008 om 12 : 01

    Daar is min mense vir wie ek summier by die deur sal uitsmyt. Maar “welkom” is bietjie ‘n sterk woord vir sommiges.

  • 2. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 03

    My eks bly in welkom👿

    Die simpel sot

  • 3. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 11

    Aventer

    En jy tik met jou naels?

  • 4. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 13

    Gaan jy haarkapper toe vir jou hare?

  • 5. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 12 : 15

    @ Aventer

    Moet net nie aa n de suipe gatti

    @ A3

    Syt haself geleer van leeue

  • 6. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 16

    En vir jou ook?

  • 7. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 16

    Jap, ek tik met my naels, maar hulle is darem nie SO lank nie.

    Ek doen my hare by die salon ja, imagine ek en my ma doen iets🙄 tragedie wat wag om te gebeur

    Sal ‘n foto opsit sometime, belowe

  • 8. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 12 : 20

    @ A3

    Ek praat NIE van leeuE nie. Tsk! Ek praat van louwes

  • 9. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 22

    Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my, maar nie vir jou nie…

  • 10. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 23

    Nog erger

    Aventer

    Jy sal ‘n foto moet opsit voor jy waai

  • 11. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 12 : 24

    @ Aventer

    He! He!

    @ A3

    Ten minste sien ek nie Ollies in Rietvlei soos sekere mense wat ons kenni

  • 12. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 25

    met my HOT date?😛

  • 13. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 26

    Daardie mens sien sommer leeus en dinosaurusse ook

  • 14. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 27

    Natuurlik.

    Ons moet hom eers goedkeur.

    Dalk moet jy hom sommer blog toe bring dat ons hom kan interview.

  • 15. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 28

    Luister, dis net ‘n date…dis nie my aanstaande nie😯

  • 16. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 30

    Dit is juis die probleem.

    Anders het jou pa hom klaar geinterrogate.

  • 17. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 32

    😆 hy kry by hom klas😆

  • 18. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 36

    Maar nou moet ek regtig gaan.

    Cheers

  • 19. Adrie  |  September 26, 2008 om 12 : 36

    En dit beteken?

    Jou pa is buitendien beskaaf. Hy druk nie sy neus in ander se sake in nie.

  • 20. aventer  |  September 26, 2008 om 12 : 37

    🙄

    bly jy dink so🙄

  • 21. Olga  |  September 26, 2008 om 1 : 33

    En daar was stilte. absolute blogstilte. vir amper n uur as ek my horlosie kan glo.

  • 22. Verons  |  September 26, 2008 om 1 : 40

    Hi julle kom gee vir my asb ‘n paar idees wat ons kan doen vir ons jaareind funksie, ek is nou opgekomadeer om met iets nice na vore te kom! Ons issie lus vir die gewone uiteet storie nie, laas jaar het ons dromme geslaan en almal was mal daaroor!
    Hier is ‘n hele paar nat vadoeke wat altyd iets soek om oor te moan, en dan is hier ‘n paar mense wat nie baie fisieke goed kan doen nie, iemand het voorgestel ons moet ‘n soort van ‘n opsticle course bou maar hier is baie wat glad nie daaraan sal kan deelneem nie, ons moet iets kry waar ALMAL aan kan deelneem..

  • 23. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 1 : 41

    Ai tog! Die kjinners gat hul gate uitgeniet en ons moet WERK!!👿

  • 24. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 1 : 43

    @ Verons

    EISH!!

  • 25. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 1 : 44

    Hou ‘n hanky panky aand

  • 26. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 1 : 44

    Of ‘n treasure hunt!

  • 27. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 1 : 47

    Of……………….

  • 28. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 06

    Speel ouma marbles

  • 29. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 08

    Die treasurehunt idee kan werk.

  • 30. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 08

    Of……………………..

  • 31. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 09

    Is ek nou spam?

  • 32. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 09

    DRIELING!!!!!!!!!!!!!!! Dog eks al1 hie in cyberspace

  • 33. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 10

    O, daar is my comment.

  • 34. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 10

    Ek sal nou so gelukkig wees om by die huis te kan wees.

  • 35. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 10

    Of hulle kan chicken speel. Jy weet…… die twee karre ry na mekaar toe en die een wat eerste koes is chicken!

  • 36. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 11

    Of Russian roulette!!!

  • 37. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 13

    Willes

    Ek hoop nie jy reel julle Kersfeesparties nie.

  • 38. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 13

    MET BLANKS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 39. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 14

    He! He!

  • 40. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 2 : 16

    Of skinny dip inni willetuin!!! 😯

  • 41. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 18

    Tussen die krokkodille in – mits die base eerste duik?

  • 42. aventer  |  September 26, 2008 om 2 : 27

    Dis weer vakansietyd dis rondomtalie draai en ek ry my fiets en ek maak lawaai….blah blah blah…staan op sit stil boeke oop leer jou les, oe la la la, oe la la la, as jy weer laat kom kry jy ses van die bestes…

  • 43. aventer  |  September 26, 2008 om 2 : 28

    EK WIL SAAM SKINNY DIP!!!!!😛

  • 44. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 33

    Aventer

    Jy sing vals.

    Haartjies nou mooi gedoen?

  • 45. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 55

    Hallo?????

  • 46. Adrie  |  September 26, 2008 om 2 : 56

    Iemand wat nog hier rondhang?

  • 47. Adrie  |  September 26, 2008 om 3 : 23

    Dit is baie mooi.

  • 48. Adrie  |  September 26, 2008 om 3 : 24

    Ek sal julle onthou.

  • 49. Adrie  |  September 26, 2008 om 3 : 31

    En dit sal nie met liefde wees nie.

  • 50. Adrie  |  September 26, 2008 om 3 : 32

    Gegroet!!!!!!!

  • 51. WILLE KJIND Q  |  September 26, 2008 om 4 : 57

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Ek het ‘n kliënt wat langs die pad staan met sy bakkie en karavaan. Hy, sy vrou EN die kjinners is oppad met vakansie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: