Teddiebere

September 22, 2008 at 4 : 24 218 Kommentaar

Almal het ten minste een gehad.  Indien nie, het jou ouers of baie swaar gehad of jou ‘n baie groot onreg aangedoen.  Dit is seker die een speelding waarvan daar nooit afstand gedoen sal word nie.  Al lê dit bo in ‘n kas en stof vergader, bly dit jou teddie.  Wie daarmee gaan karring, sal met sy of haar lewe boet.

Teddiebere is vir bietjie meer as 100 jaar in omloop.  Hulle het hulle ontstaan te danke aan ‘n politieke spotprentjie.  Wie het nou weer gesê niks goeds kan van politiek kom nie?  President Theodore Roosevelt het saam met ‘n groep gaan jag, waar tydens die meeste van die groep al reeds iets geskiet het.  Een van die gatkruipers het met honde ‘n beer vasgekeer en hom aan ‘n boom vasgemaak.  Hy het voorgesteel dat die president die beer skiet.  Roosevelt het gevoel dit is onsportief en het geweier om die beer te skiet.  Hy het wel versoek dat iemand die beer van sy leiding verlos.

Clifford Berryman het ‘n spotprent van die toneel gemaak wat op 16 November 1902 in die Washington Post gepubliseer is.  In die herdruk het die oorspronklike volwasse beer klein en oulik geword.  Dit het Morris Michtom geinspireer om ‘n sagte speelding daarvan te maak.  Dit het soos soetkoek verkoop en hy het Ideal Novelty and Toy Co gestig.  Richard Steiff van Steiff Firm in Duitsland het dieselfde idee gehad.  In 1906 het verskeie ander maatskappye met produksie begin.  Bere se gewildheid het toegeneem, na mate vroue dit orals saamgedra het, kinders saam met teddies afgeneem is en Roosevelt het ‘n teddiebeer in sy herverkiesing veldtog gebruik.

Ek het verskeie Teddiebere in my leeftyd gehad.  My babateddiebeer tel seker as my hoofbeer.  Sy naam van Bertie.  ‘n Geel beer wat ‘n bruin broek gedra het.  Die broek moes later gestop word, maar Bertie is steeds met ons.

Kan julle die teddies in julle lewe onthou?  Wie slaap nou nog met ‘n teddiebeer?  Wie is ‘n teddieverslaafde?

Blogvraag:  Wat word ‘n teddiebeer versamelaar genoem?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Fight, Produce, Learn.  I rest my case.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Demokrasiese Klug Jakarandas op my voorstoep.

218 Kommentaar Add your own

  • 1. aventer  |  September 23, 2008 om 11 : 29

    My hasies was oulik, die eksamen is verby en nou kan ekke weer hasies begin tel.

  • 2. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 31

    Tel of teel?

    Jy is ‘n bietjie jonk vir die laasgenoemde.

  • 3. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 35

    Ek is honger. Regtig!!!!

  • 4. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 11 : 35

    ADRIANA!!!!!!!!!!!!!!

  • 5. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 36

    Ek dink ons moet Teddies op die blog aanhou. Dit sal dien as geselskap wanneer almal weg is.

  • 6. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 37

    SAMANTHA

  • 7. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 11 : 42

    Hallo my Teddie!!!!!

  • 8. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 43

    En weg!!!!

  • 9. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 44

    Willes

    Vertel ons ‘n bietjie hoe lyk jou Teddie?

  • 10. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 11 : 46

    Ek ook weer hier

  • 11. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 11 : 46

    TL het haar heel eerste teddie by Adrie gekry !!!!

  • 12. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 11 : 48

    Ek het NIE ‘n teddie NIE

  • 13. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 48

    Terwyl ons nog gedink het sy is ‘n Thysie.

  • 14. Adrie  |  September 23, 2008 om 11 : 50

    Willes

    Selfs jy het seker as kind/baba een gehad.

  • 15. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 11 : 53

    Jaaaaa, kan jy glo

  • 16. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 12 : 07

    @ A3

    Ek het NIE teddies gehad NIE! Jy kan my hele fêndêmilie vra….. Ek verpes die goed in my kamer. Ek het feetjies (porselyn) en wizards gehad.

  • 17. Salomè  |  September 23, 2008 om 12 : 15

    Vreemdeling kom dag sê – was nou eers weer vir ‘n heen en weertjie Pta toe.

    Ek het nie bere gehad nie. Wel ‘n babapop wat langs my bed in haar eie bedjie geslaap het. Deur die dag slaap sy op my bed.

    Sukkel ok so my alie af om hier in te kom – die internet is alweer op snailmail spoed. Gaan tog nou net eers kyk of die musiek tannie se plek nog staan. Hulle het bietjie gaan kamp.

    Sien julle dalk later as die kinders nie weer een of ander “Tegnologie” of “EBW” leer krisis het nie.

  • 18. Adrie  |  September 23, 2008 om 12 : 16

    vertel ons dan van jou bersie

  • 19. Salomè  |  September 23, 2008 om 12 : 17

    O ja!! Die mense wat moet terugvoer gee oor die overalls is lyk my alger hierdie “kort” week met vakansie (hoe lekker). Sal maar eers Maandag vir die spul kan sê hul moet nou begin besluit en klaar kry.

  • 20. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 12 : 26

    TL raak aan die slaap met ‘n doek so skuins oor haar gesig, slaap nog nie met ‘n beertjie nie en skop al wat ‘n bersie is af !

  • 21. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 12 : 45

    Wa is die maaikies nou al weer

  • 22. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 00

    Koewieeeeee maaikies

  • 23. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 1 : 00

    Ek sit inni hoek

  • 24. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 1 : 03

    My moer is suur. Ek het ‘n doos van ‘n kliënt wat my CSI single handedly onder 90% lat val het!

  • 25. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 1 : 04

    Sy moet net ‘n goeie spyker kry as jy my vra!

  • 26. WILLE KJIND Q  |  September 23, 2008 om 1 : 05

    Sy is 55 en nog ‘n MEJ!!!!!!!!

  • 27. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 07

    Stout kjinners sit in die hoek – wat het jy nou weer gedoen ?

  • 28. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 08

    Nou weet jy hoekom !

  • 29. Adrie  |  September 23, 2008 om 1 : 13

    En daar bedank al my gunsteling ministers. Geraldine Fraser-Moleketi en Trevor Manual. Na my mening het Manual se bedanking nou dat die paw-paw die fan strike.

    Plaas dat die DM bedank. Maar nee, sy sit pik

  • 30. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 20

    Adrie

    Nou is ons so in ons moer so in ons moer !

  • 31. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 21

    By the way – waar lê jy die heeldag dat jy nou eers kom oge wys hier ?

  • 32. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 23

    Ek gaan netnou waai – ons het 2 uur ‘n braai – maar ek dink ons gaan eerder wegwaai

  • 33. Adrie  |  September 23, 2008 om 1 : 24

    Tilla

    Werk!!! Ek was tot al landuit gewees vandag.

    In ons moer is ‘n understatement.

  • 34. Adrie  |  September 23, 2008 om 1 : 25

    Haai sies.

    Hoe kan jy wil braai wanneer ek kom blog.

  • 35. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 29

    Kyk – as hulle sê ons gaan biki wegloop by die werk vra ek nie vrae nie – ek gaan net – want die kanse is goed dat ek vroeër huistoe gaan as gewoonlik en dan gaan ek na my babatjie toe !

  • 36. Adrie  |  September 23, 2008 om 1 : 34

    Ek verdwyn sommer ook

  • 37. *Mathilda*  |  September 23, 2008 om 1 : 44

    Nou ja – dis ek wat daar gaan – sien julle more – lekker doedoes saam met julle teddiebere

  • 38. Adrie  |  September 23, 2008 om 1 : 47

    Cheers Tilla

  • 39. Adrie  |  September 23, 2008 om 1 : 56

    Iemand nog hier?

  • 40. Nats  |  September 23, 2008 om 2 : 07

    GRRRRRRRRR!!!

  • 41. Adrie  |  September 23, 2008 om 2 : 10

    Tweeling

    Voel jy vandag weer mens?

  • 42. Adrie  |  September 23, 2008 om 2 : 12

    Lyk my internet vier al klaar sy erfenis.

  • 43. Nats  |  September 23, 2008 om 2 : 13

    Adrie
    Ek voel beter… maar die werk wil nou nie saam werk nie!! Ek soek iemand… weet nie wat sy naam of van is nie, of of hy ‘n man is of ‘n vrou is nie!!!! Dit maak my mal ek kan nie so werk nie!!

    Maar ja dankie ek self voel tonne beter!!

  • 44. Adrie  |  September 23, 2008 om 2 : 17

    Mense

    Hoekom het ek nie verlede week alles gaan verkoop om goud te kry nie.

  • 45. Beeld  |  September 23, 2008 om 2 : 17

    Byna die hele kabinet, onder andere mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, het saam met pres. Thabo Mbeki bedank.
    Die presidensie het bekend gemaak dat 11 ministers bedank het.

    Die lys sluit in: die visepresident – Phumzile Mlambo Ngcuka, minister van verdediging – Mosiuoa Lekota, minister van finansies – Trevor Manuel, minister in die presidensie – Essop Pahad, minister van intelligensie – Ronnie Kasrils, minister van korrektiewe dienste – Ngconde Balfour, minister van openbare werke – Alec Erwin, minister van wetenskap en tegnologie – Mosibudi Mangena, minister van provinsiale en plaaslike regering – Thoko Didiza en die minister van openbare dienste en administrasie – Geraldine Fraser-Moleketi.

    Drie adjunk-ministers het ook bedank: buitelandse sake – Aziz Pahad, finansies – Jabu Moleketi en korrektiewe dienste – Loretta Jacobus.

    Al die ministers het aangedui dat hulle hul sal help om hul opvolgers by te staan.

    Die een minister wat in ‘n verklaring duidelik gestel het dat sy nie oorweeg om te bedank nie, is die minister van gesondheid, Manto Tshabalala Msimang. “As ‘n gedissiplineerde en lojale lid, bly ek toegwy aan my verpligtinge as minister van gesondheid…” het sy in die verklaring gesê.

  • 46. Beeld  |  September 23, 2008 om 2 : 18

    Die indeks vir alle aandele op die Johannesburgse Aandelebeurs het kort na die aankondiging van mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, se bedanking skerp met meer as 4,4% tot onder 24 800 punte geval.

    Hoewel die beurs reeds sowat 2,2% laer was as gister se sluiting, het die indeks skielik met nóg 2,2% geval soos die nuus van sy en ander kabinetsministers soos ‘n veldbrand versprei het.

    Ná die skielike val van 2,2%, het die indeks weer herstel en teen 13:36 om op 24 991 punte te staan.

    Die rand het kort na die aankonding skerp met 20c tot sowat R8,19 teen die dollar verswak, maar ook ietwat herstel om teen 13:36 teen R8,03 te verhandel.

    Manuel se skielike bedanking volg nadat hy reeds aangedui het dat hy nie gaan bedank nie.

    Volgens haar het Manuel aangedui dat hy die nuwe administrasie sal bystaan met die werking van die tesourie.

    Mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, asook me. Thoko Didiza, minister van openbare werke, het ook hul bedankings saam met mnr. Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, ingedien.

  • 47. Adrie  |  September 23, 2008 om 2 : 20

    Nats

    Is jy seker jy soek na ‘n mens?

  • 48. Adrie  |  September 23, 2008 om 2 : 24

    Hoe soek jy na iemand met niks?

    Dit is so goed as jy soek na ‘n spook.

  • 49. Verons  |  September 23, 2008 om 2 : 41

    Is Manto Tshabalala Msimang nie ‘n donnerse grap nie!?!

  • 50. Nats  |  September 23, 2008 om 2 : 45

    Adrie
    Dan is dit seker Casper!!😉

    Ek sit met ltd informasie… maar voel of ek nêrens kom nie!! Only time will tell!!

  • 51. Adrie  |  September 23, 2008 om 3 : 09

    Verons

    Ek vind haar glad nie snaaks nie. Ek sal haar eerder ‘n riller noem.

  • 52. Nats  |  September 23, 2008 om 3 : 09

    Verons
    Haai nee sies sy is nie ‘n grap nie… maar haar lewer is!!!😉

    Sy moes eerste bedank het!!!!

  • 53. Adrie  |  September 23, 2008 om 3 : 11

    Dit is buitendien haar skuld dat Bart dood is.

    (Oud en swak, maar ek kon dit nie help nie.)

  • 54. Verons  |  September 23, 2008 om 3 : 49

    Wat sy bedank?!?!?! In haar lewe sal sy nooit bedank nie, hulle sal haar met ‘n “block and tackle” uit haar pos moet moet haal, die dom donnerse meid!!

  • 55. Adrie  |  September 23, 2008 om 3 : 52

    Sy is te hardnekkig vir block and tackle. Hulle sal haar maar ietsie moet ingee.

  • 56. skroplap  |  September 23, 2008 om 4 : 07

    dwaal hier iemand rond?

  • 57. Adrie  |  September 23, 2008 om 4 : 09

    Hallo Skrop

  • 58. skroplap  |  September 23, 2008 om 4 : 09

    toe nie!!!!!!!!!!!!!!!

  • 59. Adrie  |  September 23, 2008 om 4 : 12

    Is ek al weer vandag deurskynend?

  • 60. ADRIANA  |  September 23, 2008 om 4 : 17

    Blykbaar ja.

  • 61. skroplap  |  September 23, 2008 om 4 : 30

    adrie?

  • 62. skroplap  |  September 23, 2008 om 4 : 30

    dis ma starrig vandag hier

  • 63. ADRIANA  |  September 23, 2008 om 4 : 32

    Skrop

    Dit kan jy weer se.

  • 64. ADRIANA  |  September 23, 2008 om 4 : 33

    As ek mos my voete op die blog sit, verdwyn almal anders.

  • 65. skroplap  |  September 23, 2008 om 4 : 33

    hoe gaan dit?

  • 66. skroplap  |  September 23, 2008 om 4 : 39

    nice! nou doen jy dieselfde!

  • 67. ADRIANA  |  September 23, 2008 om 4 : 41

    Goed en self?

  • 68. ADRIANA  |  September 23, 2008 om 4 : 47

    Ek is nog hier, blus net ‘n paar vure.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: