Demokrasiese Klug

September 21, 2008 at 6 : 20 205 Kommentaar

Winston Churchill:  The best argument against democracy is a 5 minute conversation with the average voter.

Suid-Afrika word dikwels as ‘n jong demokrasie bemark.  ‘n Demokrasie is volgens Wikipedia ‘n regeringsstelsel waar die mense (kiesers) die oppergesag het.  Dus word ‘n regering daar gestel sodat die wil van die mense bevorder kan word.  Behalwe in Suid-Afrika.  Eerstens geld die wil van die individue, dan die wil van sekere groepe, gevolg deur die wil van die party en laastens die wil van die kiesers.  As ek ‘n voorbeeld kan gee, die meerderheid Suid-Afrikaners wil die doodstraf terug hê.  Die doodstraf word deur die grondwet verbied, ‘n grondwet wat die kiesers nie mag verander nie.  Die regering mag wel, na hulle goeddenke.  Hulle goeddenke behoort die wil van die kiesers te wees, maar is gewoonlik die wil van die een wat die hardste skree.

Wat is die probleem met demokrasie?  Eerstens vereis dit kritiese denke van die mense.  Elke mens in ‘n demokrasie kan as die president verkies word.  Mits hy of sy die meerderheid stemme op hom of haar kan verenig.  Presies wat die probleem is.  Die meerderheid is nie noodwendig reg nie. 

Die meerderheid is inderwaarheid ‘n klomp skape.  Skape in die sin dat hulle nie vir hulle self wil dink nie, maar eerder sal doen wat die minste teenstand verg.  ‘n Mens moet nooit vergeet wat ‘n gek met ‘n missie kan verrig nie.  Ek dink byvoorbeeld aan Julius Malema, die voorsitter van die ANC jeug liga.  Hy het dit reggekry om die president te laat bedank.  Skrikwekkend dat die jeug (15 – 35 ) soveel mag het. 

Ek is die laaste een wat iemand op grond van ouderdom alleen sal afskiet.  Ek beskou die jeug as jonger as 18, volgens die land se wette is ‘n 18 jarige stemgeregtig en ‘n volwassene.  Hoekom speel mense van 35 nog saam met die jeug.  Iemand in hulle 20’s is al oud genoeg om hulle merk polities te maak.  Van die ander partye gee sterk leierskaprolle aan mense in hulle laat 20’s, vroeg 30’s.  Hoekom nie die ANC nie?

ANCYL verkondig die volgende:  As the youth of the governing party, you are afforded an opportunity to directly run the country. It is only the Youth League of the ANC that has produced all democratically elected Presidents and Deputy Presidents. In fact it is only the ANCYL that rejuvenated our struggle. Ek oorweeg dit tans sterk om aan te sluit.  Ek behou immers nog my reg tot ‘n anonieme stem.

Terug na die onderwerp.  Die meerderheid Suid-Afrikaners voel ‘n veer vir politiek.  Ek lees noudie dag by Emil dat net 40% van stemgeregtiges met die laaste verkiesing gestem het.  Dit beteken tree op met sowat 27% van die land se toestemming.  Min, maar dit is nog steeds baie meer as die ander partye.  Hoeveel mense stem regtig krities?  Ek dink die meerderheid kiesers maak soos die romeine.  Ander stem wat hulle groepe hulle beinvloed om te stem.  Ander stem vir die party met wie hulle kan identifiseer of geskiedkundig geondersteun het.  Ek persoonlik stem vir die party “lesser evil”.  Wie luister regtig vir wat die partye voor staan en wat hulle beplan om te doen?  As hulle luister, maak hulle seker dat die party “walk the talk”?  Ek dink nie so nie.

Verskoon my dus as ek nie op en af spring oor demokrasie nie.  Ek vertrou my mede-burgers van die land nie.  Maar as ek dan weer met ou Churchill mag afsluit:

It has been said that democracy is the worst form of goverment except all the others tried.

Blogvraag:  Wat is die leuse van die ANC jeugliga?

Blogantwoord:  Paula was reg met Skoppensboer.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Anglisisme Teddiebere

205 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  September 22, 2008 om 2 : 44

    VERONS!!!!!

    Help gou vir Machiel.

    Voordat ek hom vertel van shooters.

  • 2. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 2 : 45

    @ A3

    Nee my magtag! Ek salli weeti. Ek was net erg jaloers oorlaat sy so ver kon in zoom. My persoonlike opinie is natuurlik dat my kêmera ‘n berterder een is!

  • 3. Adrie  |  September 22, 2008 om 2 : 53

    Jealousy makes you nasty.

  • 4. Adrie  |  September 22, 2008 om 2 : 54

    Ek wag nou nog dat hulle my kamera reg moet maak.

  • 5. Adrie  |  September 22, 2008 om 2 : 54

    Ek sal seker tot in der ewigheid wag daarvoor.

  • 6. Nats  |  September 22, 2008 om 2 : 56

    Adrie
    As dit maar net was agv drank… maar dankie ek sal dit probeer!😉

    Machiel
    Ek sal bietjie dink… da is baie cocktail mixes da buite wat jy koop kla gemeng in een bottel, jy gooi net alhohol en ys in. Dis ook relatief maklik.

  • 7. Adrie  |  September 22, 2008 om 2 : 59

    Nats

    Ek dink ek weet hoe jy voel.

  • 8. Nats  |  September 22, 2008 om 3 : 04

    Adrie
    Nou maak vir ons een van daai shooters waaroor jy so brag… dalk voel ons nie beter nie, maar teen die 10de een glo ek sal ons nie om gee nie!!

  • 9. Adrie  |  September 22, 2008 om 3 : 07

    Tweeling

    Dit is die waarheid daai.

    Drink jy jou tequila skoon?

  • 10. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 3 : 08

    @ Nats

    Bly om te hoor dit gat beter!

  • 11. Adrie  |  September 22, 2008 om 3 : 08

    Sprinbokkies iemand (die het darem ‘n klein bietjie skop).

  • 12. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 3 : 10

    TAKIELA!!!!????? WA!? WANNE!?

  • 13. Adrie  |  September 22, 2008 om 3 : 19

    Nou

    Op die blog

    Net vir die wat siek is.

  • 14. *Mathilda*  |  September 22, 2008 om 3 : 37

    Ek is BAIE BAIE siek

  • 15. Nats  |  September 22, 2008 om 3 : 38

    Adrie
    Jip… sonder sout, soms met suurlemoen maar as da nie is nie, geen probleem!

    Wille Q
    Thx! Ek laaik daai hempies!! Soek sommer een van elk en een in elke kleur!! He he he

  • 16. Adrie  |  September 22, 2008 om 3 : 40

    Tilla

    Nee, netnou laat val jy vanaand my kind op haar koppie.

  • 17. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 3 : 40

    Ek is siek…….. IN MY KOP!!!! He! He!

  • 18. Verons  |  September 22, 2008 om 3 : 43

    A3 die kaartjies begin by R230.00!!
    Machiel die lekkerste een en wat ek sien die vrouens baie van hou is ‘n ginger square!
    Jy vat ginger liquer en meng dit met ginger ale met ‘n suurlemoentjie en vola! Baie lekker en verfrissend maar kry asb Baileys se ginger liquer die ander smaak nie lekker nie! En dit het ook nie ‘n hoë alkohol inhoud nie!

  • 19. Adrie  |  September 22, 2008 om 3 : 43

    Willes

    En dit is die reine waarheid.

  • 20. Adrie  |  September 22, 2008 om 3 : 44

    Verons

    Vir daardie prys, wil ek Mamma Mia sien.

  • 21. Verons  |  September 22, 2008 om 3 : 47

    Machiel dan kan jy vir haar melkterjies maak. Jy maak dit vooraf en dan skink jy dit vir haar in ‘n shooter glasie met so titseljie kaneel bo-oor!
    Jy meng 1 bottel vodka met 2 blikkies kondensmelk baie goed en bedien dit koud -mmmmmmmm heerlik!🙂

  • 22. Verons  |  September 22, 2008 om 3 : 47

    Sê ek ook mos A3!

  • 23. Adrie  |  September 22, 2008 om 4 : 04

    Cheers Tilla

  • 24. Adrie  |  September 22, 2008 om 4 : 08

    Cheers almal anders

  • 25. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 4 : 16

    Wa gat jy heen my 3ling?

  • 26. aventer  |  September 22, 2008 om 4 : 20

    😳 en daar is weer oorywerig en skryf 500 in plaas van 450 woorde vir haar opstel

  • 27. ADRIANA  |  September 22, 2008 om 4 : 23

    Ek is nog hier, maar almal anders het gewaai.

  • 28. ADRIANA  |  September 22, 2008 om 4 : 25

    Aventer

    As dit interessant genoeg is, sal niemand agterkom hoe lank dit is nie.

  • 29. aventer  |  September 22, 2008 om 4 : 30

    Hulle booikot ons.

    Ons moet die aantal woorde aan die einde van die vraestel skryf anders verloor jy punte, maar Zibi gee nie soveel oor te veel woorde om nie.

  • 30. Olga  |  September 22, 2008 om 4 : 31

    hells bells, die goed suip alweer op die blog. julle pis net nie alles nat nie.

  • 31. aventer  |  September 22, 2008 om 4 : 33

    My ma trek my gatvelle af as sy moet hoor ek suip

  • 32. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 4 : 35

    @ A3

    Jy my reply van jou reply op my reply gekry?

    @ Aventer

    Lo da

  • 33. ADRIANA  |  September 22, 2008 om 4 : 35

    Aventer

    Skryf klein en trek 100 woorde af van jou totaal.

    Olga

    Soek jy ook?

  • 34. ADRIANA  |  September 22, 2008 om 4 : 36

    Aventer

    Moenie dat jou ma hoor nie. Laat sy jou eerder vang suip. Maak net seker daar is genoeg dat sy saam kan suip.

  • 35. ADRIANA  |  September 22, 2008 om 4 : 37

    Willes

    Ek dink so.

  • 36. Olga  |  September 22, 2008 om 4 : 41

    die 2010 mbombela of dan nelspruit sokker stadion is van dag 1 af n konflik punt. maar dit weet julle. daar was onder andere n tydelike skool op die terrein. die leerlinge het n ander tydelike skool gekry. maar, ….. as hulle koud kry gaan toyi toyi hulle voor die hekke ens, ens. was vandag weer high drama daar. maar om lang storie kort te maak, vandag is n lot aangekeer. interessante. meer as die helfte van die groep wat vandag aangekeer was, was tussen 17 en 22. maar op geen manier bekend of leerline aan die skool nie. ha ha ha ha ha. sal ons bets vat wie hulle was?

    wk

    as da weddenskappe gevat word, sal ek die geld hou. dankie. sal dit vir ancyl skenk. ha ha ha ha ha!!!!!

  • 37. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 4 : 41

    @ Olga

    SSSJJJTTT!!!!!!!! EN SUIP SAAM!!!

  • 38. Olga  |  September 22, 2008 om 4 : 43

    ek drink net water en koffie juf annie. ek drink nie eers coke nie.

  • 39. ADRIANA  |  September 22, 2008 om 4 : 45

    Olga

    En enige iets met alkohol in.

  • 40. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 4 : 55

    @ Olga

    Nou hoe gat jy dan deur die lewe so sonner skop?

  • 41. Adrie  |  September 22, 2008 om 4 : 59

    Willes

    Sy snuif seker.

  • 42. Adrie  |  September 22, 2008 om 5 : 00

    Of spuit.

  • 43. Adrie  |  September 22, 2008 om 5 : 00

    Of pop.

  • 44. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 5 : 03

    Sit almal nou wee en suip of julle wordpress ok starrag?

  • 45. Adrie  |  September 22, 2008 om 5 : 04

    Hulle het gaan slaap.

  • 46. Adrie  |  September 22, 2008 om 5 : 05

    Of gaan fliek.

  • 47. Adrie  |  September 22, 2008 om 5 : 05

    Of so iets in elk geval.

  • 48. aventer  |  September 22, 2008 om 5 : 21

    Mens sal nie dink dat julle werk het op ‘n maandag

  • 49. Aventer  |  September 22, 2008 om 5 : 27

    is dit jou bolliesoek dag vandag? jy gaan huil as ons met jou klaar is

  • 50. Adrie  |  September 22, 2008 om 5 : 28

    oops! 😳 sorry

  • 51. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 5 : 36

    @ Aventer

    Ek sien jy speel nou lekka op AVBOB se stoep!

  • 52. WILLE KJIND Q  |  September 22, 2008 om 5 : 40

    Ek het nou so lekka met ons DP gesels dat ek skoon vigeet het om my tafel op te ruim!

  • 53. aventer  |  September 22, 2008 om 6 : 43

    😆 @ Adrie

  • 54. machiel  |  September 23, 2008 om 10 : 12

    Dankie julle. Ek het vergeet van Ginger Squares – heeerrlik!!! Eerste keer wat ek van melktertjies hoor! klink soos kopseer🙂

  • 55. Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak  |  September 26, 2008 om 7 : 23

    […] Die week in ‘n neutedop…. Suid-Afrika was vir twee weke in ‘n politieke tuimeldroër. Die siklus is nog nie klaar nie, en my kop spin nog steeds. Bydraes kon oral in die blogosfeer gevind word. Daar is afskeid geneem, dinge onder die vergrootglas bekyk en geponder oor Afika-demokrasie. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: