Anglisisme

September 19, 2008 at 5 : 53 129 Kommentaar

Ek is nie ‘n toonbeeld van iemand wat goeie Afrikaans gebruik nie.  Ek sal nie ‘n prys verower met my spelling nie en ek meng my tale ook lekker.  Ek is ook laks as dit by die regte gebruik van leestekens kom.  Daarom kan ek nie klippe gooi nie, maar vandag moet julle my asseblief verskoon.

Ek verag anglisisme en vermy dit soos die dood.  Anglisisme is die direkte vertaling van ‘n woord of uitdrukking in Afrikaans.  Afrikaans is vol leenwoorde, maar iewers moet daar ‘n stokkie voorgesteek word.  Op hoërskool het my Afrikaanse juffrou haar lelik vir my vererg.  Sy was besig om ons van adjektiewe te leer, toe is ek links en betig haar op anglisisme.  Daar is ‘n aanvaarbare Afrikaanse woord vir adjektiewe, gebruik dit.

Die ergste vorm van anglisisme is die verafrikansing van ‘n engelse woord.  Fabulous wat fabulooslik word is seker die afskuwelikste woord.  Verkrag twee tale met een probeerslag.  Daar is darem woorde wat jou ore nie aanrand nie.  Opinie kom van opinion, die Afrikaans is mening.  Wat is die tyd, is taalkundig verkeerd.  Hoe laat is dit, is die regte sin om te gebruik.

Ek wil dikwels my laaste 3 hare uit my kop uitruk as ek sien watse goggas ek begaan het in my skrywes.  Dit is juis waarteen ons moet waak.  Die goedjies wat ongesiens verbysluip en deel van die taal word.  Ek het nie nageslaan nie (oplees is nie Afrikaans nie), maar ek dink amper dat opinie al in die HAT is.

Een van die dae is Afrikaans net ‘n ander dialek van Engels.  Wat is die Afrikaans vir dialek?

Blogvraag:  Voltooi die strofe uit ‘n gedig van Eugene N Marais.

Die een wat deur die nag
ons pret beloer
en laaste lag
is – – – (een woord)

Blogantwoord:  Willes was reg met Dr Sally Ride in 1983.

NS:  Terwyl ek aan die kerm is.  Dit is miskien.  M-I-S-K-I-E-N.  Meskien bestaan nie.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Georganiseerde chaos Demokrasiese Klug

129 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  September 19, 2008 om 6 : 08

    Eerste!!!!!

  • 2. Paula  |  September 19, 2008 om 6 : 41

    Skoppensboer
    🙂

  • 3. Wille kjind Q  |  September 19, 2008 om 7 : 08

    Paula… Vat ok jou tyd om te antwoord!

  • 4. Wille kjind Q  |  September 19, 2008 om 7 : 33

    Julle… Ek is 4kin moeg!

  • 5. olga  |  September 19, 2008 om 7 : 55

    Wk, dit is naweek in die laeueld. dis koud en mistig.

  • 6. Wille kjind Q  |  September 19, 2008 om 9 : 14

    Olga… Ek het gesien toe die oom oppi tievie wat voor die SA kaart staan my tune ek moet ‘n jersey inpak! Eintlik like ek die koue weer. Dan hoef ekki die aircon aan te sit nie.

  • 7. olga  |  September 19, 2008 om 9 : 17

    Aandmis is nid guarentee dit gaan eers middernag nog mistig wees nie.

  • 8. Sonkind  |  September 19, 2008 om 9 : 22

    Die regte Afrikaans vir dialek is streektaal

  • 9. Sonkind  |  September 19, 2008 om 9 : 25

    O ja, kinders kan nie meer spel nie, omdat hulle nie die abc op skool geleer word nie. En ook nie om te klank nie.

    Alles is mos kits, so hulle leer in ‘n kits lees met flitskaarte en dis die grootste pot snot onder die son. Om van sms taal nie eers te praat nie. My hare rys soos ‘n hondsdol rifrug!

  • 10. olga  |  September 19, 2008 om 9 : 30

    ek het n reject kat. hy vee nie sy hol af as hy gepoef het nie. klein helsem.

  • 11. olga  |  September 19, 2008 om 9 : 32

    elo sonkind. ja, gou gou gou. dit is die lewe vandag.

  • 12. Adrie  |  September 19, 2008 om 9 : 34

    hallo!

  • 13. olga  |  September 19, 2008 om 9 : 35

    ek weet hoe rifrug se rif opstaan. ek was geleer mens meng nie jou taal nie. jy praat of afr of eng. en jy skryf dit met hoofletters, ek weet. my fn net vol tjol. dis kursus wat ek nog nie gedoen het nie.

  • 14. olga  |  September 19, 2008 om 9 : 36

    elo juf annie.

  • 15. Adrie  |  September 19, 2008 om 9 : 37

    ons het nog geklank, maar nie foneties leer skryf of spel nie. nogal jammer!

  • 16. olga  |  September 19, 2008 om 9 : 38

    en nag. jy moet leke lalies. ja, ek weet dit is ook angelisisme. of is dit zuluisme?

  • 17. olga  |  September 19, 2008 om 9 : 39

    Julle het baie dinge wat ons gedoen het, nie gedoen nie. swt dreamz.

  • 18. Herriemerrie  |  September 19, 2008 om 9 : 45

    Tyd vir n naamsverandering.

  • 19. Herriemerrie  |  September 19, 2008 om 9 : 46

    In die gees van die nuwe Suid-Afrika en ubuntu!👿

  • 20. Olga  |  September 20, 2008 om 12 : 28

    Viva amandla herriemerrie.

    Wk

    jy moet versigtig ry hoor. Dit kiza. Mag dalk mooi oop dag uitdraai. Ry versigtig.

  • 21. Olga  |  September 20, 2008 om 12 : 54

    Skoppensboer
    Eugene N. Marais
    I
    n druppel gal is die soetste wyn;
    n traan is op elk vrolik snaar,
    in elke lag n sug van pyn’
    in elke roos n dowwe blaar.
    Die een wat deur die nag
    ons pret beloer
    en laaste lag
    is Skoppensboer.
    II
    Gewis en seker is die woord:
    die skatte wat ons opvergaar,
    ondanks die sterkste slot en koord
    word net vir mot en roes bewaar.
    Net pagters ons
    van stof en dons
    om oor te voer
    aan Skoppensboer.
    III
    Die heerlikheid van vlees en bloed;
    die hare wat die sonlig vang
    en weergee in n goue gloed:
    die dagbreek op elk sagte wang
    en oge vol van sterreprag
    is weerloos teen sy groter mag.
    Alreeds begin die rimpdl sny;
    oor alles hou die wurm wag
    en stof en as is al wat bly:
    want swart en droef,
    die hoogste troef
    oor al wat roer,
    is Skoppensboer.
    IV
    Gewis is alles net n grap!
    Ons speel in die komedie mee
    geblinddoek met n lamfer lap
    wat selfs die son n skadu gee.
    Wat treur ons tog?
    Viool en fluit maak nog geluid:
    en lank die nag tat voorlê nog.
    Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
    nog blink die oog en gloei die huid
    wat heel die winter blomtyd maak.
    Dus onverlee
    lag ons maar mee
    met elke toer
    van Skoppensboer!

  • 22. aventer  |  September 20, 2008 om 3 : 05

    Ek kan nie slaap nie, sussa😦

    Die gedagte dat ek my ma-hulle se lewens in my hande gaan hou is baie skrikwekkend, se nou iets gebeur?? Na Chris se ongeluk is ek bang. Ek weet dat die waarskynlikheid dat ek ook ‘n ongeluk gaan maak is redelik skraal, maar die kanse is altyd daar.

    Die goeie nuus is dat Chris darem stabiel is. Meer as dit weet ek nie. Hoop van harte hy maak dit, anders gaan sy Mamma dit glad nie maak nie.

  • 23. aventer  |  September 20, 2008 om 3 : 07

    @Olga

    ons het skoppensboer laasjaar gedoen in Afrikaans. Dit was een van my gunstelling gedigte🙂

    Ek maak ‘n punt daarvan om sover moontlik volluit te spel wanneer ek op kletsplekke is asook wanneer ek sms. Ek sal net erge sms-taal gebruik wanneer ek RERIG min geldjies oor het.

  • 24. aventer  |  September 20, 2008 om 3 : 10

    Ag….die slaap wil net nie kom nie😥

  • 25. aventer  |  September 20, 2008 om 3 : 13

    I’ve got a lovely bunch of coconuts
    dedledledle there they are standing in a row
    big ones, small ones, some even bigger than you head…
    :mrgreen: Lion King is die shizniz

  • 26. Wille kjind Q  |  September 20, 2008 om 3 : 22

    Ek waai vi Saloom en Boerseun

  • 27. olga  |  September 20, 2008 om 6 : 09

    More, more. Jy ook veilig ry aventer. dit sal goed, gaan. luister net na wat jy gese word. en geniet dit.
    Wk

    vir wie waai jy nou al, hmmm? oe kan ek maar se welkom in n nat laeveld.

  • 28. Wille kjind Q  |  September 20, 2008 om 7 : 05

    Ek gee julle 1 raai om te sê wa ek is met my nief kêmera!

  • 29. Wille kjind Q  |  September 20, 2008 om 7 : 07

    5 minute en daas leeus!

  • 30. Wille kjind Q  |  September 20, 2008 om 7 : 12

    Ek ga iemand bliksem! Hulle staan die hele fokken pad vol! Ek wil net snap en aanbeweeg

  • 31. olga  |  September 20, 2008 om 9 : 35

    eisj, som mense het al die cuck ne. da ga verwelkom die dem leeus di ausie. ek moes jare lank gaan voor ek die goed gesien het. moet nog n huntinglazyhorse sien.

  • 32. Wille kjind Q  |  September 20, 2008 om 12 : 31

    Olga… Ek het al huntinglazyhorse gesien. Ma dit tel nie omdat ekki ‘n foto hetti😥

  • 33. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 12 : 49

    hallo almal! hoe gaan dit vandag?

  • 34. Olga  |  September 20, 2008 om 12 : 49

    Ek neem nie eers fotos nie. Ha ha ha. Is dit ook mistig ini willetuin? En. . . . . was dit nodig om die hele blerrie blog saam te sleep willetuin toe? ? ? ? Tjk. Ek trap sommer tantrum. Ag, dan klim ek nou in my karretjie en gaan kyk mamma mia.

  • 35. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 12 : 54

    en daar is my kommentaar weg . . . . .👿

  • 36. Olga  |  September 20, 2008 om 12 : 56

    Elo herriemerrie. Hoe gaan dit vmore?

  • 37. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 12 : 58

    Olga

    Ek dare jou . . . . gaan kyk mamma mia. Jy het al op jou eerste besoek n huntinglazyhorse gesien. jy soek nog n lazyhorse en n wildehond?

  • 38. Olga  |  September 20, 2008 om 1 : 01

    Hkm gooi jy 5c weg hm?

  • 39. Olga  |  September 20, 2008 om 1 : 04

    Ai, die fn maak my pens rens. As ek 5c gooi, dan wys dit ‘out of memory’ dan druk ek maar ok. Dan resend. Dan wys dit duplicate comment sent. Daar dan moet ek uitlog en weer van voor af inlog.

  • 40. Olga  |  September 20, 2008 om 1 : 11

    O, ok, is dit wat dit was? Ek raak altyd deurmekaar. Dalk moet ek ek se ek het al die groot kollekat gesien. Sjiet, of was dit nou kleintjie?

  • 41. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 1 : 11

    olga, as dit out of memory wys, reload net

  • 42. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 1 : 13

    n Maer kat met n klein kop.

  • 43. Olga  |  September 20, 2008 om 1 : 19

    Help nie om te reload nie juf annie. Dit vries as dit duplicate comment wys. As 5c, en ek druk reload, dan smyt dit my 5c weg. Ampr in nelspruit. Dis nog steeds mistig, kan jy glo.

  • 44. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 1 : 20

    Gaan jy regtig fliek?

  • 45. Wille kjind Q  |  September 20, 2008 om 4 : 26

    Uitfreakeneindelik! Ek het sopas met my bedjie virri aand kennis gemaak. Nou gat ek innie bad spring dan somme inni bed spring. Ek moet more nog ‘n hele mini toer doen en het my kragte norig. Praat more wee

  • 46. Olga  |  September 20, 2008 om 7 : 30

    So vroeg al willekjend? heng, hulle staan gewoonlik met klippe stokke reg wanneer ons so paar minute voor 6 aangestorm kom hek toe. kry julle koud daar in sabie? en da sneeu dit wraggies waar in ntl.

  • 47. Olga  |  September 20, 2008 om 7 : 31

    ja, juf annie. ons het gaan fliek. en dit was weer gr8.

  • 48. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 8 : 05

    en daar word mbeki gedwing om te bedank!

  • 49. aventer  |  September 20, 2008 om 8 : 13

    Hallo sussa
    :mrgreen:

    die kar is nog in een stuk en my ma-hulle ook

  • 50. Herriemerrie  |  September 20, 2008 om 8 : 44

    En die pad? Dit nog heel?

  • 51. olga  |  September 20, 2008 om 9 : 58

    Ja, kyk, onskan maar net hoop wanneer die tyd kom, sal zuma net mbekinou die eerbare ding doen.

  • 52. Olga  |  September 21, 2008 om 6 : 42

    More, more. en die son skyn. jippieee!!!

  • 53. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 6 : 58

    More Olga, al die koue is vanoggend hier by ons

  • 54. Wille kjind Q  |  September 21, 2008 om 7 : 17

    More more! Olga… Ek was van 2uur gister oggend al op. Maak nie saak hoeveel keer ek dit doen nie… Put my nogsteeds uit om so lank oppi pad te wees. Ek ry gewoonlik 2h30 en is net na 6 by crockbrug. Dan ry ons op tot by Orpen hek, uit en wee af tot by hayzyvw ens.

  • 55. Wille kjind Q  |  September 21, 2008 om 7 : 18

    Wag! Ek ga gou kyk of die son hie by my ok skyn

  • 56. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 7 : 21

    More Olga

    Ons het al die koue hier by ons nou .

  • 57. Wille kjind Q  |  September 21, 2008 om 7 : 22

    Yippee! Die son skyn en dis ‘n heerlike dag! Ons gat nou Graskop toe ry en wee by elke waterval en uitsigpunt stop en fotos neem

  • 58. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 7 : 23

    Nou het ek n duplikaat comment . “skuus”

    More wille kjind. Geniet die wildtuin!

  • 59. Wille kjind Q  |  September 21, 2008 om 8 : 12

    More Klip… Sorry jy! Is al oppi pad. Gou gestop om kos te koop. Is gister al uit die willetuin. Is oppad uit Sabie na Graskop dan Pilgrems dan reguit huistoe. Sal nou en dan inloer as ek by ‘n uitsug stop.

  • 60. aventer  |  September 21, 2008 om 8 : 53

    Ek is nogsteeds jaloers willes…

  • 61. Wille kjind Q  |  September 21, 2008 om 9 : 33

    5km van Graskop….

  • 62. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 9 : 55

    Geniet die scenery!!!

    Ek maak maar vir ons klomp ouens hier by die werk n moewiese pot breyani

  • 63. aventer  |  September 21, 2008 om 10 : 06

    En ekke sit net by die huis en leer…😦

  • 64. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 10 : 16

    Geniet die leer , jy gaan een van die dae die vrugte pluk

  • 65. Herriemerrie  |  September 21, 2008 om 10 : 31

    More

    Klip, hoe het jou laaitie se operasie toe verloop?

  • 66. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 10 : 47

    Hallo A3 , die operasie het goed afgeloop hy is gister ontslaan, en hy moet nou die loop met die swaar gips en krukke gewoond raak.

  • 67. Herriemerrie  |  September 21, 2008 om 10 : 50

    Dit is goeie nuus

  • 68. Olga  |  September 21, 2008 om 10 : 51

    MORE, MORE. AI, WILLEKJEND ANTW NIE HAAR FOON NIE. DIS NOU KOEL KLIP, MAAR DAREM NHE MEER MISTIG NIE. EK WONDER OOK OOR KLIP SE SEUN SE OPERASIE.

  • 69. Olga  |  September 21, 2008 om 10 : 55

    EK IS BLY DIE OPERASIE HET GOED AFGELOOP. DIE GIPS EN KRUKKE HOU HULLE NIE VIR LANK PLAT NIE. VOOR JY WEET, JAAG HY RESIES MET DIE HOND.

  • 70. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 11 : 00

    Olga maak jy weer sulke lekker kos soos laas naweek??
    Wat is op jou spyskaart vandag A3?

  • 71. Olga  |  September 21, 2008 om 11 : 24

    NEE, KLIP, EK KAN HULLE NIE ELKE NAWEEK BEDERF NHE. VANDAG MAAK EK NET AARTAPPELSLAAI EN GROEN SLAAI. STAAN SAL VLEISIE BRAAI. JY MAAK VANDAG LEKE KOS. AI, EK IS GEK OOR BREYANI. OOR KERRIE. DIT MOET NET NIE STERK WEES DAT EK MYSELF IN DIE SKANDE STEEK EN HUIL NHE.

  • 72. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 11 : 28

    Die pot hoender breyani lyk elke keer as ek hom oop maak al hoe lekkerder. Ek laaik ook nie van vreeslike brand goed nie , want ek kan nie die volgende dag daai “ring sting ” verdra nie .

    Braaivleis bly maar bobaas

  • 73. Olga  |  September 21, 2008 om 11 : 36

    LEER EK ALWEER NUWE WOORDE. AI, SIT JY OOK HEEL GEKOOKTE EIERS IN, KLIP? juf annie moet seker eers gaan loer wat het pnp vir middagete voordat sy kan se wat is op die menu.

  • 74. Wipneus!  |  September 21, 2008 om 11 : 36

    Hello almal

    Oor die inskrywing…. ek meng my tale vreeslik erg. Maar probeer om dit reg te stel😳

    Vandag is dit Kentucky dag! My seun het gister verjaar en ons is nog nie eindelik lus vir kos nie:mrgreen:

    Ek is bly dit gaan weer goed met jou seun Klip!

    Merrie ek dink jy kan maar vandag in die bed bly want ons gaan weg waai!!! Aaklige dag in Gauteng!!!

  • 75. Wipneus!  |  September 21, 2008 om 11 : 37

    Adriana se ma maak vir haar kossies, sy moet net in die vrieskas grou:mrgreen: Sy kan nie Pick & Pay toe loop nie, sy sal weg waai en die sinus gaan erg raak, want al die stof gaan in haar neus in waai 😆

  • 76. Olga  |  September 21, 2008 om 11 : 42

    Elo wipneus. hoe gaan dit? wind is rustig by ons hoor. ja, kyk, die wind krap sinus darem erg deurmekaar.

  • 77. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 11 : 44

    Dankie vir al julle goeie wense. Ek waardeer dit.

    Wipneus , so n verjaardag partytjie hou mos eintlik n hele paar dae , of sal ek se tot al die oorskiet opge-eet is

    Olga,
    Ek het gedink om eiers te kook en ook in te sit , maar ek wil ook darem nou nie die ouens hier by die werk bederf nie.

  • 78. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 11 : 45

    Hulle se as jy erge sinus het moet jy net so n bietjie “icing sugar” snuif , dit help nie maar dit smaak beter

  • 79. Olga  |  September 21, 2008 om 11 : 45

    het gster nelspruit toe gery. gaan fliek my badboy in witrivier ontmoet. toe gaan koop ons maar kfc. die kind is altyd honger.

  • 80. Olga  |  September 21, 2008 om 11 : 48

    As jy hulle gaan bederf met leke kos, klip, gaan hulle 1 van die dae saam met jou huis toe. dan gaan jy sukkel om van hulle ontslae te raak hoor. dink net wat gaan mev klip dan met darie pan doen.

  • 81. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 11 : 52

    😆 , ons klomp vreet lekker hier by die werk , en dan deur die week as ons af is dan gaan eet ons iewers n ontbyt , laas by prime grill a buffet ontbyt ge eet. nie te sleg nie

    Nou ja daar gebeur dit nou — etens tyd —

  • 82. Olga  |  September 21, 2008 om 11 : 58

    geniet die ete klip.

  • 83. Wipneus!  |  September 21, 2008 om 12 : 09

    Lekker eet Klip🙂

    Olga dit gaan goed hier noudat die huis weer reg gepluk is! So partytjie krap ‘n huis mos maar erg deurmekaar!!

    Lekker Sondag verder almal!

  • 84. Olga  |  September 21, 2008 om 12 : 38

    die wereld is so droog ne, dit het vrydagaand regdeur gekiza, meeste van gisteroggend gekiza, distig gewees tot wie weet wanneer, ma die grond is alweer horingdroog.

  • 85. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 01

    Olga , nou moet jy weet hier was nog nie eers mis gewees nie . Dis so droog , party dae as jy die kraan oopdraai kom daar boggerol uit nie

  • 86. Olga  |  September 21, 2008 om 1 : 09

    dit is dan wragtig droog by julle klip. maar die reen bly weg. ons pad is vol gate, sommige so groot, n uno of ka sal daarin wegraak.

  • 87. Olga  |  September 21, 2008 om 1 : 12

    dit is seker wat ons land so interessant maak. al die kontraste. ons spruit het darem nog water in. dink as hy opdroog, sal ons kraan oopmaak en klippe sal uitkom.

  • 88. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 29

    Witbank dam is darem nog vol water , maar daar loop nou so baie skoon riool daarin, ek kan nie verstaan hoe werk die mense se koppe nie.

    Dit lyk maar of die hele wereld deesdae op sy kop gedraai is .

    Wees maar dankbaar julle bly darem nog in n mooi omgewing , hier word alles nou omgedolwe vir steenkool

  • 89. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 31

    Ek sal ook nie verbaas wees as hulle een van die dae al die potholes hier gaan herklasifiseer as “open cast myne ” nie

  • 90. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 36

    Wat kan jy doen om nie jou vinger met die hamer raak te slaan nie?
    Vra jou vrou om die spyker vas te hou.

  • 91. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 37

    Die man kry lewenslange tronkstraf omdat hy die deur vir sy vrou oopgemaak het. Sy motor het op daardie oomblik teen 200 km/h gery.

  • 92. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 37

    Waar kry jy ´n hond sonder bene?
    Net waar jy hom gelos het.

  • 93. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 38

    Jannie se ouers wys vir hom hul troufoto’s.
    Jannie: Pappa, is dit die dag toe mamma vir ons begin werk het?

  • 94. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 40

    Onderwyser: “Wat wil jy eendag word Jannie?”
    Jannie: “‘n Dokter.”
    Onderwyser: “Hoekom?”
    Jannie: “My pa sê dit is die enigste werk waar jy vir ‘n man kan laat betaal terwyl jy vir sy vrou sê sy moet haar klere uittrek.”

  • 95. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 41

    ‘n Dame wat haar handsak in ‘n winkelsentrum verloor het is vreeslik verlig toe eerlike Jannie by haar huis opdaag met die handsak in sy hand. Sy is egter baie verbaas wanneer sy dit oopmaak.
    “Daar was ‘n R50-noot in my beursie toe ek dit verloor het” sê sy “nou is hier 50 R1-stukke in.”
    “Dis nou wonderlik” sê Jannie “die vorige keer het tannie geen kleingeld gehad vir ‘n beloning nie.”

  • 96. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 1 : 43

    Dominee: “Jannie, hoekom sit jy nie so stil in die kerk soos Pappa en Mamma nie?”
    Jannie: “Ek is nie so vaak soos hulle nie, Dominee.”

  • 97. aventer  |  September 21, 2008 om 1 : 43

    😯

  • 98. Olga  |  September 21, 2008 om 2 : 52

    wha ha ha ha ha. ai, klip. da is paar goeies. ja, mens sien al die vaalte van ver as jy middelburg witbank nader.. amper soos sasol se skoorstene. sover begim lydenburg darem nog nie so lyk nie. maar …. ai, treurigheid op note. op steltes. op conveyers. steelpoort, burgersfort, glen cowie, jig kom ons hoop maar witbank en middelburg lyk nooit so nie. daar kry slaggate ook nuwe betekenis.

  • 99. Olga  |  September 21, 2008 om 3 : 34

    waar is jou 5c?

  • 100. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 36

    Olga. het julle al klaar gebraai? , Hier by ons is ons nou almal lekker lui , met vol pense en oe wat wil toe trek. Ek sou wat wou gee om nou so n bietjie horisontaal te kon verkeer .

  • 101. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 38

    Woensdag is nasionale braai dag , ek gaan beslis in die feesvieringe deel. Hoop net nie die wind waai Woensdag nie

  • 102. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 43

    Die manne het opgehou om ABSA bank meisies uit te neem: Today, Tomorrow, Together.

    Hulle neem nou Standard Bank meisies uit: Simpler, Better, Faster.

  • 103. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 44

    Dooie gevind, hy was volgestop met WeetBix.
    Polisie vermoed dis die werk van ´n “cereal” killer.

  • 104. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 45

    Vraag: Wat is die beste vorm van geboortebeperking na 60?
    Antwoord: Naaktheid.

  • 105. Olga  |  September 21, 2008 om 3 : 46

    ek dink die wind behnort dan al in reses te wees. (hopelik). ja, klaar gebraai en geeet, dankie.

  • 106. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 47

    Die tannie vang die oom met die Playboy: “En wat is dit die?”
    “Ag, ou vrou, dis soos die Getaway, mens sien die mooiste plekke waar jy nooit sal kom nie!”

  • 107. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 48

    Oorskiet braaivleis is darem maar ook sommer baie lekker vir more oggend se ontbyt.

  • 108. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 49

    Die weer is soos die regering , jy weet nooit wat more gaan gebeur nie

  • 109. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 50

    Ouma gaan drankwinkel toe om Brandy vir haar vrugtekoek te koop.
    Ouma: “Gee my ´n half-jack Brandy seblief.”
    Seun: “Ouma is cool.”
    Ouma: “Ek drink dit nie, ek gooi dit oor my koek.
    Seun: Hel, ouma is flippen cool!

  • 110. Olga  |  September 21, 2008 om 3 : 51

    heid sit.Krises. nou bly die skottelgoed nog oor. hkm kry mens nog nie “self cleanin dishes” nie. dit kan seker vir tinkerbell uit besi

  • 111. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 51

    Oupa sit op die stoep sonder sy broek. Ouma vra verbaas: “Hoekom sit jy sonder `n broek?”
    Oupa: “Gister het ek sonder `n hemp gesit, toe kry ek `n stywe nek!”

  • 112. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 3 : 53

    💡 gebruik papier borde , dit werk elke keer .

  • 113. Olga  |  September 21, 2008 om 3 : 55

    kyk net wat doen wordpress met my 5c. het seker wind gekry. suid afrika se traditionele ontbyt behoort op sy eie naam bekend te wees, ne. sommer plein oorskiet braaivleis.

  • 114. Olga  |  September 21, 2008 om 3 : 56

    papierbord te pap. ek pes dit as die bord sulke lae saam met die vleis sny.

  • 115. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 4 : 07

    Maar n mens kry deesdae van daai fancy papier borde, met so n plastiek lagie op , dit werk ook nie te sleg nie.

    My vrou het nou die dag vir ons koue pap in skywe gesny en in botter gebak , met aromat oor, dit werk saam met oorskiet braaivleis.

  • 116. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 4 : 10

    Hoekom drink ‘n polisieman so baie by ‘n braai?
    Sodat sy kinders nie kan ruik hy het vleis geëet nie!

  • 117. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 4 : 14

    ‘n Verkoopsman wat van deur tot deur loop klop aan die soveelste deur.
    ‘n Seuntjie, so ag jaar oud, maak die deur oop. Hy het sykouse aan met bypassende kousophouers. In sy een hand is ‘n Martini en in die ander ‘n vet sigaar.
    “Is jou mammie tuis boeta?” vra die verkoopsman.
    Die seuntjie kyk stip na hom vir twee sekondes en antwoord stadig: “Lyk dit $%!#& so?”

  • 118. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 4 : 15

    Wat staan op ‘n staatsamptenaar se grafsteen?
    Hier rus ek verder.

  • 119. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 4 : 17

    Die ma sê besorg vir haar vriendin: “Ek is bang ek maak Pietie te streng groot.”
    “Hoekom?”
    “Wel, hy het gister weggeraak toe ons in die winkel was. Toe die winkelpersoneel hom kry en vra wat sy naam is, toe sê hy: ‘Pietie Losdit!'”

  • 120. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 4 : 20

    Klein Jannie was in die kerk toe nagmaal bedien word. Sy ma het vir hom verduidelik dat hy nog te klein is om nagmaal te gebruik. Toe die kollektebordjie omgestuur word, sê sy vir hom om sy kollekte in te gooi. Maar Jannie hou sy muntstuk styf vas, en sê: “As ek nie mag eet en drink nie, betaal ek nie!”

  • 121. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 4 : 23

    Vraag: Wat is die verskil tussen ´n donderstorm en ´n spoedlokval?
    Antwoord: By die eersgenoemde kan jy die bliksem sien.

  • 122. aventer  |  September 21, 2008 om 5 : 02

    Haai, ek kry hierdie Jannie vreeslik jammer klip…shamepies

  • 123. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 5 : 13

    Arme ou Jannie , hy is al van kleins af altyd in die moeilikheid.😆

  • 124. Rolling Stone  |  September 21, 2008 om 5 : 14

    aventer , het jy klaar geleer?? Wanneer skryf jy jou volgende vak?

  • 125. Retha  |  September 21, 2008 om 5 : 23

    Een van die beste onderwyseresse wat ek nog gehad het het ‘n “taalpurisweek” gehou toe ek nog op skool was. Daardie week het sy ons beboet (net ‘n paar sent) as sy ons op Anglisismes betrap, en ons kon haar (10 keer soveel) beboet as ons haar op een betrap.
    Ons kon haar nooit betrap nie. ‘n Paar jaar na hoërskool sien ek haar weer. Terwyl ek oorloop om haar te gaan groet, dink ek hoe my Afrikaans-suiwerheid sedertdien agteruitgegaan het.
    Maar toe ek nader stap, hoor ek hoe sy vir die vrou langs haar sê: “Dis nou ‘n understatement!” Toe voel ek nie so sleg oor my taalsuiwerheid nie……

  • 126. Olga  |  September 21, 2008 om 5 : 39

    taalsuiwerheid? waar koop mens dit? luister na ons ou nasie wanneei ons praat. daar is geen verskil tussen mIEre en mUie nie. lIg en lUg nie. dikwels hoor ek mens sé sy of haar mag is vol geeet. het hy of sy nie n maag nie? ons was geleer om toonhoogte van stem aan te pas om vraag, sim, uitroep of komma aan te dui. dit is ook jare lank al uit. of is dit nou yt? nee, wag, ek weet nou, dis eit.

  • 127. Olga  |  September 21, 2008 om 5 : 43

    kan nie meer se die foute is net tikfoute nie. ek kan nie meer sien wat ek tik nie. damn.

  • 128. Olga  |  September 21, 2008 om 6 : 25

    moontlike opvolger vir mbeki tot en met die verkiesing is aangewys. me. mbete. of so iets. voldoen aan al die vereistes. tot rybewys koop in mp. viva.

  • 129. aventer  |  September 21, 2008 om 8 : 56

    ek sal enige dag vir jou stem olga🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: