Lisa del Giocondo

September 14, 2008 at 8 : 45 211 Kommentaar

Lisa Gherardini is op 15 Junie 1479 in Florence Italië gebore.  Sy was die die dogter van Antonmaria Gherardini en sy derde vrou, Lucrezia del Caccia.  Lisa in na haar pa se eerste vrou vernoem wat dood is terwyl sy geboorte geskenk het.  Haar familie het ‘n bietjie bloubloed gehad, maar hulle het heelwat invloed verloor.  Hulle het van hulle plaas ‘n bestaan gemaak, hulle was doodgewone middelklas mense.

Lisa het op 5 Maart 1495, op 15, Francesco del Giocondo se tweede vrou geword.  Hy was ‘n suksesvolle sy en materiaal handelaar.  Sy het ‘n 1 jarige seuntjie saam met hom gekry en 5 kinders van haar eie gehad.  Francesco het later ‘n staatsamptenaar geword.  Twee van haar dogters het nonne geword.  Een van Lisa se susters was ook ‘n non, maar was uit die klooster geskop nadat sy met 4 mans betrap is. 

Lisa se man was later in sy lewe ‘n politieke gevangene gewees.  Sy vriendskap met die Medici familie het hom tronkstraf en ‘n vet boete op die hals gehaal.  Die Medici familie was bannelinge en daar was gevrees dat hy vir hulle tot hulp sou wees.  Hy is eers ‘n paar maande later vry gelaat nadat die familie teruggekeer het. 

Verder was hulle ‘n gemiddelde gesin.  Hulle het na die beste van hulle vermoë probeer om die land en kerk te dien.  Francesco in 1539 dood.  Dit is onseker wanneer Lisa dood is, dit kon in 1542 (agv plaag) of in 1551 gewees het. 

Vervelig.  Hoekom wy ek ‘n blog aan haar?  Hier is ‘n leidraad uit Francesco se testament:  “Given the affection and love of the testator towards Mona Lisa, his beloved wife; in consideration of the fact that Lisa has always acted with a noble spirit and as a faithful wife; wishing that she shall have all she needs . . .”

500 jaar na haar lewe is Lisa vandag aan ons bekend omdat Francesco Leonardo da Vinci betaal het om sy vrou vir hom te verf.  Dit was in 1503, om sy tweede seun, Andrea, en ‘n nuwe woning te vier.  ‘n Skildery wat da Vinci eers jare later voltooi het.  Hy het die werk in 1503 aanvaar omdat hy op daardie stadium geen inkomste gehad het nie.  Hy het die werk uitgestel oor “Die oorlog van Anghiari” waarvoor hy beter betaal was en in 1505 moes lewer.  In 1506 was die die Mona Lisa nog onvoltooid.  Francesco het geweier om Da Vinci te betaal en so is die skildery saam met hom Frankryk toe.  Dit is vermoedelik eers in 1516 voltooi.

Die Mona Lisa bly vandag in die Louvre in Parys.  Sy het in 1911 beroemd geword nadat ‘n werker van die museum haar gesteel het.  Hy het in werkstyd in ‘n besemkas weggekruip en die skildery na sluitingstyd onder sy jas uitgesmokkel.  Dit is eers twee jaar later weer gekry.  In 2005 het die Universiteit Biblioteek van Heidelberg bevestig dat Lisa wel sitter van die Mona Lisa was.  Die Mona Lisa is in 1962 teen $100 miljoen dollar verseker.  Dit maak dit die derde duurste skildery in die wereld.  As ‘n mens egter inflasie in gedagte neem, is sy vandag omtrent $ 700 miljoen werd en by verre die duurste skildery nog.

Blogvraag:  Lisa se bruidsgeskenk het ‘n plaas ingesluit.  Langs watter bekende kunstenaar was die plaas?

Blogantwoord:  Maxie was reg, Van Wouw was Pierneef se peetpa.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gat in my opvoeding Geld vs Kaarte

211 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  September 15, 2008 om 4 : 01

    Is dit al sover? Ek beter gaan kuier om die mev bok angle te hoor.

  • 2. Olga  |  September 15, 2008 om 4 : 03

    Ek dink dis nog 2 weke voor die vakansie begin.

  • 3. WILLE KJIND Q  |  September 15, 2008 om 4 : 06

    Die skool sluit Vrydag

  • 4. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 08

    Mev Bok to be . . ..

  • 5. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 14

    Is dit al sluitingstyd?

  • 6. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 17

    Lyk my so!!!!

  • 7. poplap  |  September 15, 2008 om 4 : 17

    lo almal

  • 8. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 19

    Haai Poplap

    Hoe gaan dit?

  • 9. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 24

    Julle sal my nie glo nie, maar ons het gister heelwat beter gevaar as vandag.

  • 10. poplap  |  September 15, 2008 om 4 : 25

    a3

    gaan dit daar aan jou kant?

  • 11. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 27

    Dit beteken dat ons nog een dag nodig het om ons volgende mylpaal te behaal.

  • 12. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 30

    Poplap

    Dit gaan amper te wild.

    Ek hol nog die hele dag rond.

  • 13. poplap  |  September 15, 2008 om 4 : 31

    A3

    okay I get the message!!!!

  • 14. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 31

    😦

  • 15. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 32

    Watse boodskap kry jy Poplap?

    Ek het so ‘n idee dat dit iewat verkeerd is.

  • 16. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 32

    ek kloon nie, ek voel net vandag so

  • 17. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 33

    WHAAHAHAHAHAAHAHAHAHAAHAHAHA

    Skroplap!!!!!!

    WHAHAHAHAHAHAHAHAAHA

    Dit is eindlik briljant.

  • 18. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 34

    Skuldige gewete, hmmmmm

    Niemand het jou van ‘n geklonery beskuldig nie.

  • 19. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 34

    Grappies op ‘n stokkie.

    Hoekom voel jy vandag soos ‘n skroplap?

  • 20. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 35

    Skroplap

    Jy het darem nie probleme nie. Olga hou nie van my posts nie. Sy like nie my kommentaar nie. Sy haat my gevreetjie.

  • 21. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 36

    ag somme

  • 22. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 37

    Sommer is nie ‘n rede nie.

    Is jy kwaad vir mnr Beerlap?

  • 23. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 39

    I talk to the walls, but they cannot hear me.

  • 24. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 39

    En daar is almal weer weg.

  • 25. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 41

    Dit is okei.

  • 26. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 42

    Ek kan alleen die 200 merk oorsteek.

  • 27. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 47

    kan ek jou help?

  • 28. WILLE KJIND Q  |  September 15, 2008 om 4 : 47

    My 3ling

    Sorry dat ek jou inni steek laat vandag. Ekke bq besig vandag met die dat die krag af was

  • 29. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 49

    Skroplap

    Asseblief

    3ling

    Jy het darem meer as jou deel gedoen.

  • 30. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 49

    ‘n Blog met minder as 300 comments lyk kaal.

  • 31. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 50

    wat is dorings se meeste?

  • 32. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 52

    ?

  • 33. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 53

    600 en iets. Ek soek voor die einde van die jaar ‘n blog met 1500 en iets comments op.

  • 34. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 54

    22ste Februarie was die dag wat ons die meeste hits gehad het.

  • 35. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 54

    sjoe dis baaaie….maar haalbaar

  • 36. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 56

    Ons doen nie eindlik sleg nie.

    Ons word nie bemark nie en die helfte van ons is nie meer ons nie.

  • 37. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 57

    Skroplap

    Weet jy, saans deur net bog te praat sit ons maklik 100 comments binne ‘n uur op. Dan is dit net ek, Willes en Olga.

  • 38. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 58

    Ek kan natuurlik vir ‘n week lank dieselfde post oplos en dan kyk hoeveel comments sit julle op daardie een blog. 👿

  • 39. Adrie  |  September 15, 2008 om 4 : 59

    Skrop

    Lyk my al die ander het weggehol.

  • 40. skroplap  |  September 15, 2008 om 4 : 59

    ja ek sien hier is min oues en baie nuwes

  • 41. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 00

    Sien ook nie kans vir ‘n uitdaging nie.

  • 42. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 00

    En die nuwes is maar skaam.

    Ek het te veel van die oues afgepis.

  • 43. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 00

    fok nee, ek comment nie baie nie maar lees heel gereeld. baie van die ander blogs waar ek lees los die posts langer as n week op.

  • 44. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 04

    en dan maak hulle nie eers 100 nie…maar nogsteeds flippen goeie blogs

  • 45. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 05

    Poplap

    Wat is jou gunsteling blogs?

  • 46. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 05

    ek gaan vanaand vir dans lesse, maar na n dag soos vandag is ek glad nie lus nie😦

  • 47. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 08

    Watse danslesse?

  • 48. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 09

    Toegegee, ons is nie regtig bloggers nie. Daar kan soos Tilla altyd se net sowel general daarbo staan.

  • 49. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 10

    Dit gaan meer oor die stadige chat.

  • 50. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 10

    ag gewone sokkie en two step

    ek n ou muurblommetjie…..

  • 51. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 10

    En jou gunsteling blogs?

  • 52. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 12

    ek lees gereeld by sonkind, uitdiesielvannboer, dan onlangs vir karin raak gelees.

  • 53. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 13

    Nico en Sonkind het blerrie oulike blogs. Sonkind was die eerste wordpresser wat by my gecomment het.

  • 54. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 14

    ek is maar n browser, lees daar waar dit interesant is…gaan nie altyd na spesifieke plekke toe nie.(behalwe dorings en die boonstes)

  • 55. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 15

    en joune?

  • 56. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 17

    Skrop

    Ek sal my gunstelinge vir jou epos.

  • 57. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 20

    ek is mal oor boekwinkels, kan ure in boekwinkels spandeer

  • 58. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 22

    Ek ook

    En CD en DVD winkels.

    Ek kan nie wag dat Mamma Mia ‘n DVD moet word nie.

  • 59. skroplap  |  September 15, 2008 om 5 : 22

    Vergewe sodat jy kan vergeet maar onthou om te vergeet sodat jy kan vergewe.”

  • 60. aventer  |  September 15, 2008 om 5 : 24

    Ek skryf eksamen daai tyd sussa

  • 61. Adrie  |  September 15, 2008 om 5 : 27

    Aventer

    Is jy nie dan al klaar nie? Wanneer eindig die eindeksamen.

    Skroplap

    As jy nou diep raak?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: