Gat in my opvoeding

September 13, 2008 at 7 : 19 97 Kommentaar

Ek het vandag in ‘n antieke winkel rondgedwaal.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is glad nie ‘n kunssinnige siel nie.  Ek sien nie die nut van antieke meubels nie, dit is dan tweedehands.  Partykeer is daar iets interessant, soos ‘n lover’s chair, wat ek sal bewonder, maar nie sal koop nie.  Wel, nie op die stadium nie. 

Tussen die skilderye het ek amper op my rug geval.  ‘n Prentjie in ‘n raam van omtrent 15 cm by 45 cm het R120 000 gekos.  Ek is te platvloers om die kuns daarvan te verstaan, dus was die prys ‘n skok.  Ek is darem nie heeltemaal uit ‘n grot uit nie.  Ek weet van Pierneef, Anton van Wouw en Bettie Cilliers-Barnard.  Nadat Frans Claerhout gesterf het, weet ek darem ook van hom.  Ek het besef dat bekende skilderye baie kan kos, maar die R100 000 model van Cilliers-Barnard was groot en glad nie indrukwekkend nie.  Die naam op die klein skildery moet dus beroemd wees.  Tog het ek nog nooit van Otto Klar gehoor nie.

Google het wel al van hom gehoor, maar Wikipedia nie.  Google weet net dat hy in 1908 gebore is en 1994 dood is.  Google verwys ook na van sy skilderye wat te koop is.  Wat nie veel help nie. 

Ek moet my kop in skaamte laat hang.  Ek weet immers van Pablo Picasso, Leornardo Da Vinci en Vincent van Gogh.  Europese kunstenaars, maar ek kan ‘n paar van hulle skilderye by die naam noem.  Tog ken ek net 4 Suid-Afrikaanse skilders en ken glad nie hulle werk nie.  Skilderye is vir my  . . . wel prentjies.  Ek kyk graag as dit voor my ogies land, maar stel gewoonlik nie genoeg belang om na die naam op te let nie.

Daar was ook ‘n skildery wat letterlik ‘n huis se prys gekos het, maar die skilder sy naam het my ontgaan.  Ek was vandag ook bevoorreg om my oë op 3 werke van Pierneef te lê.  Dit kan nie met geld gekoop word nie, ek is ook nie seker dat ek dit sal wil koop nie.  Wel, dit moet seker lekker wees om te sê dat daar ‘n Pierneef teen jou mure hang.  Ek het ook in ‘n De Jongh en ‘n Klaerhout vasgeloop.

Behoort die algemene publiek meer aandag aan Suid-Afrikaanse kunstenaars te gee?  Is ‘n liefde vir skilderye ‘n smaak/aanvoeling wat jy moet aanleer? 

Ek hoop iemand hier kan my vertel wat op aarde maak Otto Klar so spesiaal.

Blogvraag:  Hoe is Pierneef en Van Wouw aan mekaar verbind?

Blogantwoord:  Sao Paulo het die ergste verkeersopeenhoping in die wêreld.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die ongewildste beroep Lisa del Giocondo

97 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  September 13, 2008 om 8 : 42

    Van Wouw was Pierneef se peetpa…
    Ek ken ook nie vir Otto Klar nie😳

  • 2. Olga  |  September 13, 2008 om 9 : 00

    Ek ken nie kuns nie. Punt. Stel ook nie vreeslik belang daarin nie. Pottebakkerswerk, skilderkuns, die venster storie. As dit meen daar is n gat in my opvoeding, druk ek diere kennis daarin. Veral inligting oor hoenders, eende, honde en katte. Dit het ek. Buitendien, my kinders en kleinkinders is mooier as enige ander kunswerk. Dankie tog.

  • 3. Adrie  |  September 13, 2008 om 9 : 10

    Ek weet nie eers of dit klaerhout of claerhout is nie. Kuns is vir my musiek (Pop) of boeke.

  • 4. olga  |  September 13, 2008 om 10 : 57

    Daar praat jy nou van kuns wat ek verstaan juf annie. n mooi blom in my tuin. my makou wyfie met 15 bont kuikens oppad water toe. dammit. self die valk wat opstyg, 1 van my kosbare kuikens in sy poot. n mooi storie, n mooi gedig.

  • 5. Wees kjind q  |  September 13, 2008 om 11 : 12

    Kuns sminch

  • 6. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 9 : 40

    Jip! Voel nogsteeds die selle oor kuns……

  • 7. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 9 : 49

    Ek het gisteraand Jumper gekyk. Dis pis cool om so te kan jump

  • 8. olga  |  September 14, 2008 om 10 : 10

    More, more. klink na pere storie. die laeveld het op die oomblik haar eie pere held. diamond. willeperd wat 2 weke gelede met veldbrand, joernalis en ander perde van haar trop na veiligheid gelei het. enkele ure nadat sy gevul het. sy het vreeslik siek geword aangesien sy moes vlug mep haar kalf voordat die plasenta uit. in vrydag se koerant gelees sy gaan dit darem maak.

  • 9. aventer  |  September 14, 2008 om 10 : 48

    Ek genietmy eie kuns werk😉

    Dis vir my baie lekker om na skilderye te kyk, die plaaslike kunstenaars hierso het baie mooier goed om na te kyk.

    Ek weet nie of jy vir Juf S kan onthou nie, Sussa. Sy’t ook nou begin teken en skilder. Ek’t een van S se werke wat in my kamer pronk. Dis rerg mooi, sal ‘n fototjie neem en hom vir jou pos:)

    Lekker daggie vir almal, ek moet maar nou al die boeke klap vir biologie, wil kyk of ek bo my average kan kom…eish…dit gaan nogals ‘n mission wees hoor…

    hugs vir almal (en koffie ook, of rooiwyn)

  • 10. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 10 : 51

    Goeie more almal.

    Snuif gom sien drogbeelde , verf dit op lap , en jy het kuns, en verkoop dit ten duurste

  • 11. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 10 : 54

    Sterkte met die leer werk

    @}`~~~~~

  • 12. poplap  |  September 14, 2008 om 10 : 57

    hallo almal

    blog ons tot op sondae?

    verslaafdes!!!!!!!!!!!!!!!

  • 13. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 11 : 05

    Hallo Poplap , hoe gaan dit met jou ??

  • 14. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 11 : 07

    Byt net was ons wag net vir n dominee om vir ons n kort preek hier op te sit , dan neem ons kollekte op

  • 15. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 11 : 09

    Dis beter om hier te sit en wonder waaroor die preek gaan, as om in die kerk te sit en te wonder wat word op die blog geskryf😆

  • 16. Adrie  |  September 14, 2008 om 11 : 16

    klip, whahahahahaha!!! Dit is erg as n mens moet wonder wat op die blog aangaan. dit is mos presies die tye wanneer daar iets aangaan!

  • 17. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 11 : 24

    Ek se ook mos so😆

    Hoe gaan dit met jou A3??

  • 18. Adrie  |  September 14, 2008 om 11 : 26

    Klip, ek slaap nog!

  • 19. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 11 : 27

    Meeste mense is seker nou besig om n heerlike sondag maal voor te berei, met poeding , en dan daai sondag middag slapie

  • 20. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 11 : 30

    Hiert , dan is dit tyd om op te staan , die son trek water ……

  • 21. Adrie  |  September 14, 2008 om 11 : 32

    ek is nie lus om optestaan nie.

  • 22. Wipneus!  |  September 14, 2008 om 11 : 49

    Klim uit die bed Adriana! 🙂 Ek het al my hele tuin omgeskoffel.

    Ek hou van antieke stukkie, daar is ‘n siel in daai goed. Alhoewel ek nie vreeslik baie antieke stukke het nie.

    Claerhout is een van my gunsteling skilders. Maar sy werke het nou ongelooflik duur geword! As mens kuns wil koop moet jy maar bereid wees om die sak te skud😛
    Deesdae as jy ‘n Claerhout koop eet jy vir die res van die maand pap en water!

    Sterkte met die studies Aventer!

    Lekker dag verder

  • 23. Adrie  |  September 14, 2008 om 11 : 51

    Gelukkig het ek nie n tuin nie.

  • 24. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 28

    sies juf annie. 11:30 en jy le nog en poep snuif? en dit sonder n man om jou daar te hou? a, hee a. lig jou gat. die son trek water en die bier raak suu-

  • 25. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 29

    kom, kom, kom. my kos raas in in die kbuis. sal net later nutri gravie oorgooi. die boontjies ruik reeds so leke.

  • 26. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 31

    ek dink willekjend het n man wat haar die naweek besig gehou het. wha ha ha ha ha ha ha. die arme ding moet nou al lippe opi klippe wees. hy ga na dese n lang afstand atleet word.

  • 27. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 34

    Praat ek alweer teen die blog mure vas. wipneus, kom sien die rooflesers reg. moenie jou vadoek op hulle mors nie. slaat die goed sommer met jou besem.

  • 28. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 36

    Ag, nee, die wetters lees net. het nie 5c om te gooi nie.

  • 29. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 36

    Olga wat is op die menu???

  • 30. Adrie  |  September 14, 2008 om 12 : 37

    olga, jy is net jaloers.

  • 31. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 38

    Ek het vir ons hier by die werk steak en wors gebraai met pap en sous . Ek het te veel geproe , so nou sal ek maar later eet

  • 32. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 38

    KFC????

  • 33. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 39

    5c

  • 34. Adrie  |  September 14, 2008 om 12 : 40

    ek is lus vir poeding!

  • 35. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 41

    Gebraaide varkrib, aartappels, groenbone, pampoen, bruinrys en sous. met mengelslaai en mocha fudge poeding. en juf annie kry niks.

  • 36. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 42

    Bazaar poeding??

  • 37. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 42

    klip, bessie eet nie kfc nie.

  • 38. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 42

    Ek het laas sulke lekker kos geeet toe ek in die tronk was

  • 39. Adrie  |  September 14, 2008 om 12 : 42

    GRRRR

  • 40. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 43

    bazaar poeding is droe poeding.

  • 41. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 43

    Ek eet ook net KFC as ek rerig niks anders kry om te eet nie.

  • 42. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 45

    5c.

  • 43. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 45

    Salome hulle se kerk bazaar het ek die lekkerste poeding gekry. Ek eet nie warm droe koek vir poeding nie

  • 44. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 46

    eet hulle kfc in die tronk?

  • 45. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 47

    ek hou van lekkerbek poeding. al is dit warm koek met vla oor.

  • 46. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 48

    Die lekkerste braai hoender , maar dan moet dit gesteelde hoenders wees😆

  • 47. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 49

    5c..

  • 48. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 12 : 49

    Jou mense gaan hulle seker knuppel dik eet aan daai lekker kos wat jy gemaak het

  • 49. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 51

    Jy steel net nie my hoenders nie klip. dan is die saak re.

  • 50. olga  |  September 14, 2008 om 12 : 54

    ek beter gaan kyk, of hulle eets alles sonder my. tata. leke dag.

  • 51. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 1 : 05

    Hoes! Hoes! Kug! Kug!

  • 52. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 1 : 07

    Blah! Blah! Blah!

  • 53. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 1 : 21

    En almal is vreetsaam

  • 54. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 08

    Almal het nou lekker gevreet hier by my , so nou moet die skof net kla kom

  • 55. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 09

    ‘n Dogtertjie staan in ‘n haarsalon besig om ‘n koekie te eet.
    Haarkapper: “Meisie jy gaan hare op jou koekie kry”
    Dogtertjie: “Ek weet oom, en tieties ook!”

  • 56. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 11

    Pa: Sies Jannie, jy gedra jou nes ´n otjie!
    Jannie kyk verbaas na sy pa.
    Weet jy wat n otjie is? vra sy pa.
    Ja PA, antwoord Jannie. Dis die seuntjie van ´n vark.

  • 57. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 13

    Jannie het elke oggend met ´n blou oog by die skool aangekom. Die juffrou het vir hom gevra hoekom sy oog blou is. Jannie se response was: hulle bly in ´n klein huisie en hy en sy ma en sy pa slaap in een bed. Elke aand vra sy pa vir hom, “Jannie, slaap jy al?” dan sê Jannie: “Nee, pa.” en dan slaan die pa hom en gee hom ´n blou oog. Die Juffrou sê toe vir Jannie: “As jou pa jou weer vra, dan bly jy doodstil.” Die volgende dag het Jannie nie ´n blou oog nie, toe sê hy vir die Juffrou dat hy stil gebly het. Maar die dag daarna het Jannie weer ´n blou oog. Die juffrou vra toe vir Jannie: “Hoekom het jy dan weer ´n blouoog?” Hy vertel toe vir die Juffrou: Pa het gevra: “Jannie slaap jy?”, maar toe bly ek doodstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed. Toe vra pa vir ma: “Kom jy?” toe sê ma: “Ja… kom jy ook?” toe sê pa “ja”, toe sê ek: “Wag vir my, ek kom ook, ek wil net gou my slippertjies aantrek.”

  • 58. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 14

    Die juffroutjie vra haar klas uit oor hul ouers se eetgewoontes.
    Marie: “Juffrou, ons eet meestal saans ons hoofmaaltyd omdat albei my ouers werk.”
    Gert: “Ons eet in die middae want my ouers is onderwysers.”
    Jannie: “Juffrou, ons eet saan ons hoof ete en daarna eet my pa ‘n kers.”
    Juffrou: “Hoe dan so, Jannie?”
    Jannie: “As ons gaan slaap, hoor ek my pa sê vir my ma: ‘Liefie blaas dood daai kers en gee my ‘n stukkie.'”

  • 59. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 17

    Die skooljaar is weer in volle swang en dis Jannie se tweede dag op skool.
    Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis.
    Waarom is jy nou al terug?” vra sy ma.. “Die meneer en juffrou het gaan braai” vertel Jannie.
    “Gaan braai, op ‘n Dinsdag-oggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit?” vra sy ma.
    “Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huis toe want ek weet hoe lank vat ‘n braai!”

  • 60. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 17

    Die onnie vra vir die aardrykskunde-klas: “Watter deel van die son is die warmste?”
    Jannie antwoord dadelik: “Bladsy 3, juffrou!”

  • 61. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 2 : 19

    Na ete sê die ma vir haar opgeskote twee kinders hulle kan maar elkeen ‘n appel kry.
    Jannie laat nie op hom wag nie en hy gryp dadelik die grootste een.
    Sannie is baie verontwaardig en sê “Jy’s ongeskik!”
    Jannie kyk haar verbaas aan en vra “Nou wat sou jy gedoen het?”
    “Ek sou die kleinste een gevat het, natuurlik.” antwoord sy.
    “Nou ja, jy het mos wat jy wou gehad het!”

  • 62. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 3 : 39

    Ek ga nou dux. Vrek moeg. My oom is inni oggend ure oorlede en hulle het dit glad nie breed nie. As da 1 ding is wat ek haat dan is dit nie blankes wat met hul snaakse kultuur kak gewoontes kom en kak soek. Die huis is vol mense en almal verwag dat jy koffie, tee, koekies en kos aandra. R1000 se koffie, tee, suiker, melk, koekies en vleis is ALLES op gevreet en gesuip! GMPF!

  • 63. olga  |  September 14, 2008 om 3 : 49

    Watse koffie het jy die mense gegee willekjend? ricoffy so frigging doen.

  • 64. olga  |  September 14, 2008 om 3 : 51

    hoekom het die blankes ko kak soek wk? het jy hulle genooi?

  • 65. olga  |  September 14, 2008 om 3 : 52

    in elk geval weeskjend, diepste meegevoel aan jou en die fam.

  • 66. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 3 : 55

    Olga… Ek het gesê NIE blankes, aka Filistyne. Die klomp verwag mos dat jy hulle voer terwyl JY treur oor jou geliefde wat afgesterf het.

  • 67. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 4 : 01

    Eish! My sel hak vas. Willi so lekka werki

  • 68. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 4 : 04

    En nou kan ekki slaapi

  • 69. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 4 : 34

    Testing 1 2 3

  • 70. Olga  |  September 14, 2008 om 4 : 55

    Ja, dit is n lawwe gebruik. Mees wil alleen met jou leed wees. Nie nog luister na die bog wat almal wil praat en beantwoord wil he nie.

  • 71. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 5 : 12

    Innige simpatie met jou wille kjind

  • 72. Rolling Stone  |  September 14, 2008 om 5 : 14

    Almal het seker nou al hulle middag slapie gehad.

    Dink net hoe lekker gaan dit wees om more oggend vroeg op te staan vir werk

  • 73. Wipneus!  |  September 14, 2008 om 5 : 19

    My innige simpatie met julle verlies Wille kjind!

    Klip ek wil nog nie hoor van werk nie😛

  • 74. aventer  |  September 14, 2008 om 5 : 53

    Hallo sussa, was net lus om hierdie te skryf, hoop maar dis mooi:

    Liewe Pappa

    Hoekom is als verkeerd?
    Hoekom is niks goed genoeg nie?
    Hoekom kan ek net nooit
    jou dogtertjie wees nie?

    Ek probeer so hard, maar
    daar is altyd iets tekort
    Ek wil altyd net die beste gee, maar
    daar’s altyd iets wat skort

    Wat moet ek nog doen:
    om goed genoeg te wees
    om perfek te wees
    om jou dogtertjie te wees?

    Ek is rerig lief vir jou,
    ek wil vir altyd
    net jou dogtertjie wees…

  • 75. Olga  |  September 14, 2008 om 6 : 08

    Aventer, moet jy dan die beste op elke gebied wees om jou pa se liefde en respek te kry? Ag, nee! Dit kan ek nie van sopoog glo nie.

  • 76. Olga  |  September 14, 2008 om 6 : 11

    Ek is so kwaad vir my bad box brat. Ek kan hom blylik met n vuis plat slaan. Maar hy bly my brat. As enige een anders hom n dom do….. Noem gaan diu bollie wit sit. Ek noem hom so niemand anders nie. Want, hy is my seun. Groter as ek. Baie groter, maar hy sal altyd my seun wees.

  • 77. aventer  |  September 14, 2008 om 6 : 13

    Ag ek was maar bietjie kwaad gewees, van my broer uit die huis uit is, voel dit net of ek als verkeerd doen

  • 78. Olga  |  September 14, 2008 om 6 : 15

    Dis bad ne. Nou is al die aandag op jou. Voel of jou ouers jou dophou om te sien wanneer jy verkeerd doen!

  • 79. Olga  |  September 14, 2008 om 6 : 20

    A3 sit ook nou in die kerk en wonder wat op die blog aangaan. SIESA wysneus. Aventer, is jy nou besig met rekord eksamen?

  • 80. aventer  |  September 14, 2008 om 6 : 21

    En ander kere voel dit of ek nie vir hulle bestaan nie..😥

  • 81. Olga  |  September 14, 2008 om 6 : 23

    Klip is seker die volgende 4 dae af. Ek hoop hy rus leke.

  • 82. Olga  |  September 14, 2008 om 6 : 27

    Nie regtig nie, aventer. Glo my. Hulle kyk en besef dat jy 1 van die dae voort gaan. Die ou groot wereld in. Dan bly mens stil. Jy as ouer weet dis tot die kind se voordeel. Daarom kyk ons wyd. Dat julle nie met skuldgevoel die wereld ingaan nie.

  • 83. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 6 : 56

    Dankie julle… Eks net bly dat ek die klomp by my oom se huis kan los en na my eie huis toe kan kom

  • 84. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 7 : 03

    Aventer… Ons almal het al (of sal) so gevoel. Dis dood normaal.

  • 85. aventer  |  September 14, 2008 om 7 : 07

    Ek voel afgeskeep teenoor my broer en my ma. Dit klink verskriklik maar dit is rerig so. Mamma en Pappa was nie daar toe ek dirigent was nie…en dit gebeur net eenkeer…

    Mamma was nie daar met die fietstoer nie, ook nie daar met groentjiekonsert of die interhoërdirigente nie…hulle was die minimum by my netbal wedstryde, en swemgala’s en koor optredes. Maar toe boetie rugby gespeel het, het hy elke 4de wedstryd saam my male soontoe gery…ek, wat in die laerskool toe was, moes maar bus soontoe en terugry. Pappa het my belowe hy sal na my netbal kom kyk as ek in die grootskool is maar hy het nogsteeds net kom kyk na tuiswedstryde, wat ook die minimum was.

    Jammer ekke gaan so aan, maar dis hoe ekke voel

  • 86. aventer  |  September 14, 2008 om 7 : 08

    Maar dit voel so selfsugtig willes😥

  • 87. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 7 : 09

    Voel of ek vi nog 10 jaar kan slaap

  • 88. Wille kjind Q  |  September 14, 2008 om 7 : 12

    Aventer… Ouers is partykeer nie bewus daarvan dat hulle kak aanjaag nie. Dit vat ‘n groot skud van hul hok om wakker te skrik

  • 89. Adrie  |  September 14, 2008 om 7 : 31

    Aventer, kan ek dalk prakties wees? Jou ma en pa rig albei sport af. wat dikwels op dieselfde tyd is. kan dit nie wees dat hulle self by n wedstryd betrokke was as jy gespeel het nie?

  • 90. Adrie  |  September 14, 2008 om 7 : 37

    Die nuwe blog is al geskryf, maar kon weens internet probleme nie geplaas word nie. wees asseblief geduldig.

  • 91. Adrie  |  September 14, 2008 om 7 : 41

    En Olga, ek rooflees nie in die kerk nie.

  • 92. Adrie  |  September 14, 2008 om 7 : 42

    sies, julle spul dropers

  • 93. Olga  |  September 14, 2008 om 7 : 58

    Van droppers gepraat, hoe gaan dit?

  • 94. Neil Kroese  |  September 14, 2008 om 8 : 31

    Otto Klar was ‘n Suid Afrikaanse kunstenaar wat sulke blomme en goed geskilder, wel dis al wat ek nog van hom gesien het. R120 000 is effe styf vir sy werk dink ek, maar heelaas hy is reeds dood, so mens weet nooit. Klink vir my bietjie styf!

  • 95. aventer  |  September 14, 2008 om 8 : 56

    Nee sussa, van ek in die grootskool is, het hulle nie meer sport afgerig nie…maar ja, kan nou niks daaraan doen nie, jammer, moes net iewers bietjie afpak

  • 96. Adrie  |  September 14, 2008 om 9 : 13

    Dankie Neil

    Sy skilderye kos gemiddeld so R40000, daar was net een of twee wat oor die R100000 gegaan het.

    Aventer

    Ander se boeke is duister om te lees. Jou gedig is nogal goed gedoen.

  • 97. Nats  |  September 15, 2008 om 8 : 52

    Hello hello!!

    Ek was nooit groot op beroemde skilders nie… maar van dat ek met Manlief uitgaan het, het ek besef dis ‘n belegging.

    Sy pa het ‘n hele paar Klaehouts, het die man ook persoonlik geken en het ‘n Porchie (nou nie seker oor die spelling nie)

    Ek het ook geleer dat Klaerhout van donkies gehou het, en dat dit van die duurste skiderye is. Manlief het twee Klaerhouts wat met houtskool geteken is. Darem het hy hulle gekoop voor Klaerhout ses voet onder was.

    PS: Ek ken ook nie Otto Klar nie, maar sal bietjie uitvind oor hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: